S v Windvogel and Others (689/87) [1988] ZASCA 85 (1 September 1988)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Murder — Appeal against death sentence — Appellants convicted of murder and robbery — Claim of duress and intoxication rejected by trial court — Evidence of premeditated violence established — Youth of appellants considered but not sufficient to mitigate culpability — Appeal dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1988
>>
[1988] ZASCA 85
|

|

S v Windvogel and Others (689/87) [1988] ZASCA 85 (1 September 1988)

Saak No 689/87
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
In die saak tussen
FREEK WINDVOGEL
Eerste Appellant
FLIPPIE BOTHA
Tweede Appellant
MTHETHEZI GLADMAN DAYIMANI
Derde Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: HEFER, STEYN ARR et VILJOEN Wrn AR
AANGEHOOR:
26
Augustus 1988
GELEWER
: 1 September 1988
UITSPRAAK HEFER AR:
Die appellante kom in hoër beroep teen die doodvonnis wat hulle in die
hof
a quo
opgelê is weens hulle skuldigbevinding
2. aan moord
sonder versagtende omstandighede. (Afsonderlike vonnisse is opgelê weens
hulle skuldigbevinding op 'n aanklag van
roof met verswarende omstandighede. Die
vonnisse op daardie aanklag is egter nie vir huidige doeleindes ter sake
nie.)
Die skuldigbevinding spruit uit die dood van ene Mnr Hayden wat op 24
Oktober 1985 op 'n plaas naby Port Eliza-beth om die lewe gebring
en beroof is.
By die verhoor het die appellante aanvanklik hulle aandadigheid aan die voorval
ontken en selfs onder eed getuig dat
hulle niks daarmee te doen gehad het nie.
Maar nadat hulle skuldig bevind is, het hulle ter versagting getuig en hulle
aandadigheid
erken hoewel hulle te kenne gegee het dat hulle onder dwang
gehandel het.
Die enigste vraag wat in hierdie hof beredeneer is, is of die
verhoorhof tereg bevind het dat daar nie versagtende omstandighede was
nie.
Volgens appellant se advokaat was daar wel. Die faktore waarna hy in sy betoog
verwys het, is egter ook in die hof
a quo
geopper waar dit oorweeg en
verwerp
/3
3.
is hoofsaaklik omdat die hof nie bereid was om appellante se getuienis ter
versagting te aanvaar nie. Hulle het getuig dat hulle onder
dwang gehandel het.
Die verhoorhof het hier-die getuienis as leuenagtig verwerp. Hulle het verder
beweer dat hulle tydens die voorval
onder die invloed van drank en dagga was.
Die verhoorhof het bevind dat hulle beskrywing van hulle toestand erg oordrewe
was. Appellante
se advokaat het aanvanklik 'n halfhartige poging aangewend om
twyfel te werp op die korrektheid van die verhoorhof se bevindings
maar was
later verplig om toe te gee dat dit volkome geregverdig en kor-rek is. Hierdie
toegewing was onvermydelik. Appellante het
klaarblyklik leuens vertel en daar is
geen rede om te aanvaar dat hulle óf onder dwang gehandel het óf
noemenswaardig
onder die invloed van drank of dagga was nie.
Ewe onaanvaarbaar is hulle advokaat se betoog dat die moord nie vooraf beplan
is nie en dat hulle slegs indi-rekte opset gehad het
om die oorledene te dood.
Hulle is nou wel nie na die plaas met die oorledene se dood as oogmerk
/4
4. nie - hulle doel was om hom te beroof. Maar dat geweld ge-bruik sou
moes word om hom aan hulle wil te onderwerp, was voorsienbaar.
Of hy hom verset
het is onbekend maar wat wel bekend is, is dat hulle inderdaad geweld gebruik
het deur hom o a minstens vyf maal
met 'n onbekende voorwerp in lewensgevaarlike
dele van die liggaam (agter die nek en in die linker borskas) te steek. Minstens
een
van die steek-wonde is toegedien terwyl die oorledene in 'n erg beseerde
toestand hulpeloos op die kombuisvloer gesit het. Daarna
is hy na sy motorhuis
gesleep waar hy sterwend agter 'n voer-tuig versteek is. Daar is klaarblyklik
nie sprake van in-direkte opset
nie.
Al wat oorbly is die appellante se jeugdigheid. Gedagtig aan die manier
waarop die moord gepleeg is, aan die feit dat dit gepleeg
is met roof as motief
en die afwesigheid van beinvloeding deur enigiemand anders, is ek nie bereid om
te verskil van die verhoorhof
se oordeel dat hulle nie minder strafwaardig is
weens hul jeugdigheid nie.
/5
Die appèl word afgewys.
J J F HEFER AR. STEYN
AR VILJOEN Wrn AR