About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1988
>>
[1988] ZASCA 78
|
|
Administateur-General vir Gebied van Suidwes-Afrika v Clifford Harris (South West) (Pty) Ltd. (78/88) [1988] ZASCA 78 (1 June 1988)
/mb
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING
)
In die saak tussen:
DIE ADMINISTRATEUR-GENERAAL VIR DIE
GEBIED V
AN
SUIDWES-AFRIKA
APPELLANT
en
CLIFFORD HARRIS (SOUTH WEST) (PTY) LTD
RESPONDENT
CORAM
: VILJOEN, HOEXTER, SMALBERGER, STEYN,
ARR et KUMLEBEN, WAR
VEHOORDATUM
: 1 MAART 1538
LEWERINGEDATUM
: 1 JUNIE 1988
UITSPRAAK
VILJOEN
, AR/
1.
VILJOEN
, AR
Die respondent (na wie ek sal verwys as die eiser) het kontraktueel onderneem
om vir die appellant (na wie ek sal verwys as die verweerder)
'n teerpad te bou
tussen Mariental en Maltahohe, Suidwes-Afrika, 'n
afstand van ongeveer 110
km, waar daar voorheen 'n grond-pad bestaan het. Hierdie pad sluit weerskante
aan by 'n brug oor die Visrivier.
Ten aansien van die uitvoering van hierdie
kontrak het heelwat geskille tussen die partye ontstaan waaroor daar voor aparte
Regzers
in SHA geprosedeer is. Die geskil wat deur die Hof a
quo
besleg
is en wat nou in hierdie Hof 'n nasleep het, was of die eiser
"rotsbe-skermingswerk" ooreenkomstig die spesifikasies wat deel
van die kontrak
tussen die partye was, aan die syhellings
van
2. van die pad gedoen het wat hom geregtig maak op betaling
teen die tarief wat vir sodanige werk in die hoeveelheids-
lyste, 'n ander deel van die kontrak, bepaal is, dan wel
of dit wat gedoen
is werk van 'n ander aard was wat teen
'n mindere tarief vergoedbaar was. Vir
die werk wat wel
gedoen is, is 'n bedrag van R22 047,66, op 'n grondslag
wat
ek later meer volledig op terugkom, betaal. Die Hof a quo
het egter
die eiser gelyk gegee dar hy "rotsbeskermings-
werk" soos bedoel in die
spesifikasies verrig het en het
ten gunste van die eiser gelas dat die verweerder se inge-
nieurs 'n sertifikaat moet uitreik vir die bedrag van
R800 641,74 (d w s 'n bedrag van R822 689,40 teen die ta-
rief waarteen eiser vir die werk geëis het minus die bedrag
van R22 047,66 wat vir die werk ooreenkomstig 'n ander
tarief/
3. tarief betaal is.) Die eiser het ook 'n bedrag ten aan-
sien van eskalasie van koste geëis. Hierdie eis is egter
deur die
Verhoorregter verwerp. Verlof is deur die Hof
a
quo
aan die verweerder
verleen om na hierdie Hof te
appelleer teen die bevel wat teen hom uitgereik
is en aan
die eiser is verlof verleen om teen die eskalasie-beslissing
te
appelleer. Voor die aanhoor van hierdie appèl is hier-
die Hof egter
in kennis gestel dat die eiser nie voortgaan
met laasgenoemde appèl
nie.
3ia kontrak tussen die partye wat op 9
Februarie
1978 op Windhoek gesluit is en bekend
staan as kontrak
320/1977, het uit 'n aantal dokumente bestaan naamlik die
algemene
kontrakvoorwaardes (waarna in stukke en in die
getuienis verwys is as AKV),
die spesifikasies, die spe-
siale kontrakvoorwaardes (SK), hoeveelheidslyste,
die
cencer-vorm/....
4.
tender-vorm en tekeninge en sekere ander dokumente. Wat
van
belang is in die huidige saak, is egter net die AKV,die
SK, die spesifikasies en die hoeveelheidslyste.
Die eiser beweer dat hy al sy verpligtinge
ingevolge
die kontrak nagekom het wat insluit rotsbesker-
mingswerk wat hy in opdrag
van die verweerder se ingenieur
gedoen het en dat hy geregtig is op die betaling soos geëis.
Hy steun in sy pleitstukke op die volgende bepalings in
die kontrak:
(a) Scesifikasie 11.3.12.1 bepaal:
"Die Ingenieur mag ook die Kontrakteur gelas om opvullings en/of
deurgrawings-hellings teen erosie te beskerm deur middel van klipbestrating,
rotsbeskerming of massa klip-werk soos in Afdeling 20 (Klipwerk en
Ero-siebestryding) van die Spesifikasies beskryf of hy mag die
Kontrakteur
opdrag gee om goedgekeurde bogrond teen sodanige hellings te plaas sodat die
groei van gras bevorder
kan/
5.
'n word. Betaling vir bogrond sal geskied volgens Klousule 7.15 van
hierdie Afdeling en betaling vir klip of dergelike maat-reëls
volgens die
voorskrifte van Afóeling 20 (Klipwerk en Erosiebestryding)."
(b) Spesifikasie 20.3.7:
"Na konstruksie van rotsgevulde slote, mure, plaat heiwerk of sodanige ander
beskerming wat benodig word vir die kante van rotsbe-skermingswerke
en nadat
enige vereiste fil-treerlae geplaas is, moet rots gestort word en moet dit
oopgesprei word met grondver-skuiwings- of ander
toerusting of op 'n ander
goedgekeurde wyse sodat die minimum lugtussen-ruimtes verkry word. Plaaslike
ongelykhede
nie driehonderd millimeter (300 mm; oorskry nie."
(c) Spesifikasie 20.3.1:
"Die kritiese individuele klipmassa moet soos volg wees:
(i) Waar die beskerming beskrywe word as 'lig':- vyf-en-twintig kilogram (25
Kg)
(ii).
6.
(ii) Waar die beskerming beskrywe word as 'swaar':-
eenhonderd-en-tagtig kilo-gram (180 Kg)"
(Mer "kritiese" neem ek aan word "kricieke" bedoel)
(d) Die
hoeveelheidslyste wat 'n tarief van R64,00 per kubieke meter vir ligte ge-storte
rotsbeskerming en R69,00 per ku-.bieke meter
vir swaar gestorte rotsbe-skerming
bepaal.
Die eiser beweer dat verweerder se
ingenieur
gedurende of omstreeks April 1978 vir hom
in geskrif
opdrag gegee het om addisionele ligte en swaar rotsbe-
skerming aan te bring tussen kettingmetings 107 - 4 30
en 110 + 200 ten
aansien waarvan die tarief uiteengesit
in paragraaf (d) hierbo gegeld het.
Die geskrif, beweer
die eiser, het bestaan uit opdragte uitgereik tydens
terreinbyeenkoms 3, item 13,9 en terreinbyeenkoms 6,
item 7.7,gelees met terrein-brief MM 101 en MM 77. Hier-
die/
7. die opdragte het hy uitgevoer, beweer die eiser,en is
gevolglik geregtig op betaling teen die gemelde tarief
ten aansien van 8
439 kubieke meter ligte gestorte rots-
beskerming en 4 095 kubieke meter
swaar gestorte rots-
beskerming wat 'n bedrag van R822 689,40 beloop. Die
in-
genieur, so word verder beweer, het verkeerdelik slegs
betaling ten
bedrae van R22 047,66 gesertifiseer in plaas
van die bedrag van R822
689,40.
Die verweerder het in sy verweerskrif verwys
na
sekere opdragre war tydens terrein-vergaderings deur
die verweerder se
resident-ingenieur gegee is en na brief-
wisseling tussen die partye. Hy gaan
dan voort om te
pleit dat die eiser na aanleiding van die opdragte
werk
gelykstaande aan onverdigte opvulling of terugstoot van
klas/
8. klas B alternatiewelik Klas A en B materiaal gedoen het
en nie rotsbeskerming soos beoog deur afdeling 20.2
en 20.3 van die
spesifikasies nie. Verweerder ontken
uitdruklik dat eiser enige rotsbeskerming soos gedefi-
niëer in
afdeling 20, 2 en 3 van die spesifikasies ge-
doen het. In besonder pleit die
verweerder dat:
"(i) rots nie gestort is nie;
(ii) rots nie met grondverskuiwinc
of ancer toerusting oopgesprei is nie op so 'n wyse dat die
minimumlugtussenruimtes verkry is nie;
(iii) plaaslike onceiykhece in cie opperviak 300 mm oorskry;
(iv) die kritieke individuele klipmassa nie aan die voorgeskrewe vereistes
voldoen nie;
(v) die oppervlak voor plasing van die materiaal nie netjies afgewerk is nie
en hellings is nie uniform afgeskuins nie;
(vi) Die kante van cie werke is nie beskerm oí gestut nie."
Eiser/....
9. Eiser het in sy replikasie in geding getree
met
die verweerder en het origens soos volg gepleit:
"In the event of the above Honourable Court finding that the work executed by
the Plain-tiff did not comply with Clauses 2 and 3
of section 20 of the
Specification in any one or more of the respects set out in paragraphs (f) (i)
to (vi) (all of which are denied)
then Plaintiff states that such work deviated
from the aforesaid Specifícation as a result of the Engineer's
instructions
as provided for in clauses 1 and 3 of Section 20 of the
Spe-cification, and accordingly that the wcrk complied with the requirements
of
the Specifi-cation and that such work constituted rock
Die
betrokke pad is in kettingreekse verdeel. Die kettingreekse word aangedui vanaf
Maltahohe wat O is tot aan die einde van die pad
naby Mariental (by die
Mariental-Keetmanshoop-kruising) wat aangedui word as
110 + 220. (Die syEers verwys na kilometers en meters.)
Die
10.
Die gedeelte van die pad wat in gedrang is van Malta-
hohe
se kant (d w s die westekant) gesien, strek vanaf
kettingreeks (in Engels
"stake value" of "chainage")
107 + 400 tot by die brug by 107 + 960 en weer aan die
oostekant in die
rigting van Mariental vanaf die brug
tussen kettingreeks 108 + 320 en 110 +
220. Die spesi-
fikasies was in dié opsig nie volledig nie maar dit is
gemene saak
dat van die eiser vereis is om oor die ge-
noemde afstande waar die opgevulde
oppervlak geteer en
wyer gemaak mces word die bestaande hellings van die
pad af te skuins deur opvulling. Die helling van 'n
opgevulde pad moet altyd teen uitkalwing en erosie deur
rotsbeskermingswerk beskerm word. Dit was veral nodig,
so dui die getuienis aan, waar die pad die Visrivier-brug
nader./...
11.
nader. Waar die voorheen-bestaande opvulling
versteur is of vanweë die afskuinsing addisionele opvulling aan-gebring is,
was
dit nodig om opnuut aandag te skenk aan die rotsbeskerming. Daar is wel
aandag daaraan geskenk maar volgens die verweerder het die
remediërende
maat-reëls nie neergekom op rotsbeskerming nie, terwyl die eiser beweer dat
dit wel rotsbeskerming was.
Soos die pad strek van Maltahdhe in die rigring
van Mariental is daar, hoewel nie heeltemal akkuraat vol-gens die windstreke
nie,
in die geruienis gepraat van die suide- en noordekant van die pad waar
bedoel is die regter-en linkerkant onderskeidelik.
Die persoon wat van tyd tot tyd opdragte gegee
het aan veral ingenieur Paterson, die terrein-verteen-
woordiger van die eiser, was Polzin, die resident-inge-
nieur. ....
12. nieur van die verweerder. Aangesien daar nie voorsien
is dat enige of noemenswaardige rotsbeskerming nodig
sou wees nie, en
rotsbeskerming nie uitvoerig in die
spesifikasies aangedui is of elders,byvoorbeeld in planne,
voorkom nie,
het klousule 1.16.7 van die spesifikasies,
wat soos volg lui, gegeld:
"
Slegs prys'-items
Waar daar in die Hoeveelheidslys geen
hoeveel-heid aangedui word nie maar slegs 'n prys ver-lang word, moet die
Kontrakteur 'n tarief
of prys invul wat die betaling sal wees vir enige werk war
onder so 'n item gedoen mag word. So 'n'slegs prys'-item word gebruik
waar dit
be-raam word dat min of geen werk onder die item gedoen sal word nie, of waar
die item beskou moet word as 'n alternatief
vir 'n ander item waar 'n
hoeveelheid gegee is, of vir afwykings in die aanwendingskoerse of
mengverhoudings waar betaling vir sodanige
afwykings gespesi-fiseer is."
Die belangrikste bepalings van die kontrak
wat/
13. wat in hierdie saak ter sprake kom, is aangehaal in
die besonderhede van eis van die eiser. Na sodanige
ander bepalings as wat
van belang mag wees, sal ek
verwys in die loop van die relaas van die
geskiedenis
van die uitvoering van die kontrak wat in hierdie
saak in geskil is. Ek gaan dus vervolgens daartoe
oor om die geskiedenis
te verhaal.
Op 26 Januarie 1978 het die appellant se in-
genieurs Sennett en Wessels
(hierna Hessels genoem)
van Pretoria samesprekings wat gehou is met die
Direk-
teur van Paaie van die appellant bevestig. Onder die
aangeleenthede
wat bevestig is was die aanstelling van
Mnr R W Polzin (hierna Polzin genoem)
as die resident-
ingenieur wat vir Wessels op die terrein moes verteen-
woordig/
14. woordig en 'n ooreenkoms dat terrein-vergaderings
met die respondent een keer per maand gehou moes word.
Wat die opvullings
betref, is die volgende gekonsta-
teer:
"Die kanthellings van die opvullings by die Visrivierbrug moet op 1 : 2 ontwerp
word en die klippe vir die bestaande rots-beskerming
moet benut word op so 'n
wyse dat die rotsbeskerming op nuwe kanthellings so hoog as moontlik
kom."
Op 5 April 1978 het die terrein-verteenwoordiger
Lawrence Williams, blykbaar ook 'n ingenieur, die be-
staande pad geinspekteer en onder andere gekyk na die
bestaande rotsbeskerming op die hellings van die Vis-
rivier-aanlope wat die ingenieurs gemeen het platter
gemaak moes word. Die ingenieurs was bekommerd oor
die/
15.
die materiaal wat vir die bestaande opvulling gebruik
was. Dit was 'n slikkerige ("silty") materiaal. Daar
is toe besluit dat daar addisionele werk gedoen moet word.
[le kontrakteur moes die toe-bestaande rotsbeskerming
op die seksie van
die pad van 107 + 4 00 tot ongeveer
107 + 960 en weer van 108 + 320 tot 110 plus 220 aan
beide kante van die pad verwyder en sekere opdragte is
aan Paterson gegee wat in 'n geskrif (MM2) deur Polzin
op 18 April 1978 bevestig is. Hierdie opdrag het die
volgende ingesluit:
"I) Existing fill slopes either side of the Vis River to be flattened to a
slope of 1,2 by using a better class of fill mate-rial
and benching the new fill
well into existing fill. Payment as per section 11-3.6.5.
II) Salvage stones at existing toes for future pitching works. No special
payment."
Van/
16.
Van belang vir doeleindes van hierdie saak is
die
opdrag in paragraaf II dat die klippe van bestaan-
de tone vir toekomstige
bestrating of klippakking be-
waar moet word. Waar die helling van die pad
met die
natuurlike oppervlakte in aanraking kom,word daarna
verwys as die
toon van die helling. Gewoonlik bestaan
die rotsbeskerming by die toon daarin
dat daar by die
hoek gevorm deur die helling en die grondcppervlakte
'n sloot gegrawe word
wat dan met klippe gevul word sodat
die helling goed kan vasskcp en die opvulmateriaal nie
afwerk of afskuif nie. Die toon word dan bowendien met
klippe beskerm. Aan hierdie opdrag is gevolg gegee en
die klippe is in hope aan die onderpunt van die hellings
gepak.
Op 25 April is daar 'n terrein-byeenkoms (SM 3)
gehou/
17. gehou waarby daar sekere sake bespreek is. Skriftelik
is daarna in notule bevestig dat die kontrakteur die
werk verbonde aan die
herstel van die aanlope na die
bestaande Visrivierbrug as addisionele en nie
ekstra
werk beskou nie. Daar is ook qenotuleer dat. "die rots-
beskerming
moet weer teruggeplaas word op die sye van
die voltooide opvulling.
Filtermateriaal sal nie nodig
wees nie." Filtermateriaal is h laag spesiale
materiaal
wat somtyds tussen die opvulmateriaal en die rotsbesker-
ming
geplaas word om dreinering te bevorder. Volgens die
eiser se getuienis berus
die plasing van filtermateriaal
in die diskresie van die ingenieur. Die terugplasing van
die
rotsbeskerming, getuig Paterson, het nie dadelik ge-
skied nie. Daar was 'n vertraging. Op 23 Mei 1978 word
daar/
18.
daar in die terrein-notule aangeteken dat die werk aan
die
verbreding van die opvulling "km 110 tot km 105" bevredigend vorder.
Op 1
Augustus 1978 het Polzin skriftelik be-vestig (MM 39) dat hy mondeling opdrag
gegee het dat die opvulling tussen km 108,24 (d
w s oos van die brug) tot 108,55
aan die linkerkant en 109,05 tot 109,26 ook aan die linkerkant wyer gemaak moes
word soos daar oor
die ander seksies gedoen is. Die seksie tussen-in, naam-lik
108,55 tot 109,05 aan die linkerkant kon bly soos dit was onderworpe
aan n
finale besluit deur hoofkantoor d w s die kantoor van Wessels in Pretoria.
By 'n terreinsamespreking wat gehou is op 29 Augus
tus 1978 (SM 6) is daar onder andere die volgende opdrag
gegee:
"7.7/
19.
"7.7
Verbreding van opvulling
:
Voltooi suidekant van brug
(km 108,2) tot by km 110.
Voltooi noordekant van km 108,6 tot by km 110.
Opvuiling aan westekant van Visrivierbrug is beide kante voltooi. Noordekant
vanaf brug (km 108,2) tot by km 108,6 is die opvulling
wyd genoeg om
fondamentlae van pad te neem en die bestaande rotsbeskerming is nog stabiel.
Hierdie seksie hoef nie herbou te word nie, maar die toon van die bestaande
rotsbesker-ming moet afgerond en beskerm word met groter
klippe wat afkomstig is
van groewe. Op die dele van die opvulling wat reeds wyer gemaak is moet die
rotsbeskerming wat voor wyer-making
verwyder is, weer teruggeplaas word teen die
toon van die opvulling. By in- en uitlate van kleiner kasduikers moet
klip-pakking gedoen
word."
Hierdie paragraaf behels dus die suide- of
regterkant van die pad van die
brug (108,2 tot by km 110)
en ook die noorde- of die linkerkant van die pad
vanaf 'n
punt/
20.
punt by 108,6 aan die ooste- of Mariental-kant van die
pad
tot naby die end van die pad (110) waar dit aansluit
by die
Mariental-Keetmanshoop-pad. Dit blyk verder daar-
uit dat op 'n gedeelte van ongeveer vier kilometer van
die aanloop na die
brug die opvulling wyd genoeg is en
dat die bestaande "rotsbeskerming" nog
stabiel is. Hier-
die seksie sou nie herbou hoef te word nie maar die
toon
van die bestaande "rotsbeskerming" moes afgerond en be-
skerm word
met groter klippe wat afkomstig is van groewe.
Die betrokke leengroef was
volgens die getuienis by km 105
d w s ongeveer 3 kilometer wes van die brug
(na Maltahohe
se kant). Op die dele van die opvulling wat reeds
wyer
gemaak was, moes die "rotsbeskerming" wat voor wyermaking
verwyder
is, weer teruggeplaas word teen die toon van
die opvulling. Die eiser se
getuienis dui aan dat met
hierdie/
21. hierdie opdrag daardie dele aan beide die linker- en
regterkant van die pad oos van die brug (d w s in die
rigting van Mariental) so ver as km 109 + 260 en weer
beide linker- en regterkant van km 190 + 260 tot by
110 + 220 (d w s die hele ent pad oos van die brug tot
by die Mariental-Keetmanshoop-kruising) betrek is. Hier-
die opdrag het,
volgens die eiser se getuienis, die vorige
opdrag verander. Waar die vorige opdrag was dat die
voorheen-bestaande rotsbeskerming op die hellings terug-
geplaas moes word, was die cpdrag nou cm rorsbeskerming
aan te bring aan die tone van die hellings nadat hulle
wyer gemaak is.
Paterson beweer dat hy en Polzin op hierdie
stadium begin argumenteer hec. Sy standpunt was dat
die eiser rotsbeskerming doen. Polzin het gemeen dit
is/
22.
is nie rotsbeskerming nie. Die tyd het aangebreek waar-
op Paterson namens die eiser, wat geld nodig gehad het,
'n periodieke
betaling geëis het. Daar is toe tussen
hom en Polzin ooreengekom dat die
eiser, as 'n tydelike
maatreël totdat die geskil later besleg sou word,
be-
taling sou eis vir die werk gedoen as onverdigte opvul-
ling ingevolge item 11 van die hoeveelheidslys. Hierdie
item moet saamgelees word met klousule 11 van die spesi-
fikasies wat voorsiening maak vir die vorming van die
padbodem.
Sub voce
"Omvang" in klousule 11.1.1 word dit
onder andere bepaal:
"Hierdie afdeling dek alle werk in verband met die bou van deurgrawings en
opvullings binne die padprisma insluitende syvore, aansluitings,
die verwydering
en weggooi van ongeskikte ma-teriaal; bou en verdigting van opvullings met
gebruikmaking van gekeurde deurgrawingsmateriaal
vanuit die padprisma of van
leenmateriaal vanuit
goedgekeurde/
23.
goedgekeurde leengroewe; verdigting van die padbodem; bou van sy-opvullings waar
nodig, en die afwerking van deurgrawings en opvul-lings
tot by die stadium waar
die formasie gereed is vir die bou van die stutlaag en/of kroonlaag en
skouers."
Daar word dus voorsiening gemaak vir die
gebruik op
ander plekke van materiaal wat op sekere
plekke uitgegrawe of weggewerk word,
onder andere vir
opvullingdoeleindes, en vir die weggooi van
oortollige
materiaal wat nie benodig word nie. Gewoonlik, so dui
eiser se
getuienis aan, word die materiaal in groewe
waar materiaal wat vir
padboudoeleindes uitgegrawe word
en dan 'n holte in die grond laat,
weggegooi. Van hierdie
weggooi-materiaal kan miskien later, in opdrag van
die
ingenieur, weer gebruik word vir ander doeleindes. Vir
die verwydering en
weggooi van die materiaal word die
kontrakteur/
24.
kontrakteur betaal en ook vir die gebruik van
sodanige
materiaal nadat dit weggegooi is. Materiaal wat aan-getref word by
die uitgrawing van deurgrawings en syvore, en die uitgrawing van
oortollige
en/of ongeskikte ma-teriaal word, volgens die aard daarvan, geklassifiseer
as
klas A of klas B materiaal. Klas A materiaal is
indiwiduele rotsblokke van 'n half kubieke meter (½ m
3
)
of meer. Alle ander materiaal word as klas B materiaal
beskou. Klousule
11.3.5 van die spesifikasies bepaal
dat die ingenieur mag gelas dat die
oortollige materiaal
vanuit uitgrawings gebruik word om opvullings wyer
te
maak of om hellings platter te maak. Die gebruik van
weggooimateriaal
vir die verbreding van opvullings of
plattermaak van hellings gee nie die
kontrakteur enige
reg/
25.
reg vir ekstra betaling anders as vir onverdigte
op-
vulling nie.
Dit is aan Paterson gestel dat Polzin se opdrag aan hom
was om weggooi-rotse bo-op die bestaande rotsbeskerming te plaas om sodoende
die
helling platter te maak ("slope correction"). Paterson het ontken dat dit die
opdrag was. Die opdrag, sê hy, was om rotsbe-skerming
te doen. Om egter
betaling van die eis nie te vertraag nie, het hy voorlopig sy eis ingeklee
ooreen-komstig item 11 van die hoeveelheidslys
vir onverdigte opvulling. Maar
selfs wat die eis betref was daar 'n verskil van mening. Polzin se standpunt was
dat die eiser dubbel
eis.
Op 9 November 1978 skryf Polzin 'n brief aan
die/
26.
die terrein-ingenieur van die respondent (Paterson)
nadat 'n sertifikaat vir betaling aangevra is.
"CERTIFICATE 8 - PAYMENTS FOR PROTECTION OF FILL
KM 108,2 to 110,2 AND KM
107,4 TO 107,92
We are not in agreement with your payment request for the stone protection work
as carried out on above section. As per our letter
MM2 you were instructed to
salvage the existing stones on the above fill slopes for pitching. This was
done. The request for pitching
was changed to a dozer-pushed
stone-toe-protection. This was done. Initially it was suggested that due to the
change of construction
the following payments should be
made:
A)
For the
removal of the stones from the slopes Rl,60 per M under
11.a.
B)
For the pushing back of the stone
Rl,38 per M under ll-c(l). We considered this payment request not to be too
unreasonable. Your latest
payment request Rl,60 and Rl,38 for removal of stones
and then once more Rl,60 + Rl,38 per M
3
for the pushing back oE the
stones - we consider to be
fairly
unreasonable./
27.
unreasonable. We are not in the position to support this payment request and as
a tem-porary settlement we will pay as laid down
under A) and B)
above."
Polzin bevestig dus dat die opdrag om klippe
op die
hellings te bewaar, gedoen is. Die opdrag om
die klippe later te gebruik vir
bestrating is verander tot
'n skraper-gestote klipbeskerming van die toon van
die
helling ("dozer-pushed stone protection"). Dit, bevestig
Polzin, is
gedoen. Die getuienis van die eiser is dat,
afgesien van die bewoording wat
daar gebruik is naamlik
"
protection
of fill" (my onderstreping) in die opskrif,
"stone protection work" en"dozer-pushed stone protection"
in die eerste
paragraaf, was die werk self rotsbeskerming
soos gespesifiseer in klousule 20
van die spesifikasies.
Wat die swaar gestorte rotsbeskerming betref, het
die
rotse/
28.
rotse wat gebruik is beantwoord aan die vereiste
gestel
in die spesifikasies want die rotse was groter as 180 kilo-gram soos
vereis deur klousule 20.3.1, getuig Harris (na wie hierna verwys
word) namens
die eiser. Wat die ligte gestorte rotsbeskerming betref, is dit toegegee dat die
materiaal in die algemeen nie voldoen
het aan die ver-eiste gestel nie, naamlik,
swaarder as 25 kilogram, maar die eiser se standpunt is dat dit nie saak maak
nie want
dieselfde materiaal wat voorheen vir rotsbeskermingsdoel-eindes gebruik
is, is ingevolge die opdrag van die inge-nieur verwyder en
weer gebruik as
rotsbeskerming.
Die ligte gestorte rotsbeskerming is volgens eiser se getuies
gedurende Oktober 1978 voltooi. Dit was met 'n stootskraper oopgesprei.
Die
swaar gestorte rots-
beskerming/
29.
beskerming is voltooi in November 1978. Wat Polzin
se
brief MM77 van 9 November 1978, betref, het Paterson
getuig dat hy nie
saamstem nie met die sinsnede: "Ini-
tially it was suggested that due to the
change of con-
struction the following payments were made", as dit
vertolk sou word dat
hy ingestem het om betaling te aan-
vaar asof die werk onverdigte vulling was
ingevolge item
11 (a) en ll(c)(i) van die hoeveelheidslys. Hy beweer
dat hy deurgaans die
standpunt teenoor Polzin gehuldig
het dat dit rotsbeskerming is, maar as 'n
tydelike maat-
reël het hy,vanweë Polzin se standpunt, betaling geëis
en
aanvaar kragtens item 11(a) en 11(c)(i) van die hoe-
veelheidslys.
Tydens November 1978 het n senior bourekenaar,
ene Fagan, van Kaapstad gekom om vir Paterson te help
met/
30.
met die opmeting van die werk wat gedoen is.
Paterson
en Fagan het met Polzin die klipwerk bespreek en die standpunt
gestel dat wat gedoen is rotsbeskerming is. Polzin het geweier om vir
die werk
as rotsbeskerming te betaal en aan hulle gesê dat hulle die saak moes
opneem met Wessels by hoofkantoor.
In Desember 1978 het Harris (na wie
voorheen verwys is), 'n gekwalifiseerde ingenieur, op die terrein aangekom. Hy
het destyds 'n
belang gehad in die eiser wat deur sy vader gestig is, maar wat
sedertdien verkoop is. Hy is gestuur om vir Paterson te help en veral
om die
dokumentasie en skryfwerk op te knap. Hy het 'n antwoord op MM77 van 9 No-vember
1978 opgestel. Die antwoord is gedateer 31
Januarie 1979 en is geteken deur
Paterson. In die antwoord verwys hy
onder andere/
31.
onder andere na MM2 van 18 April 1978 en MM77 van
9
November 1978 asook na notules van terreinbyeenkomste
en vervolg:
"... we are entitled to payment f or this ope-ration as
follows:
1) For the removal of and the stockpiling of
the
existing Rock Protection material as
included in your letter Ref. MM2,
payment
is to be made under item lla, uncompacted
fill.
2) For replacing 8432,6m
3
of stockpiled existing
rock
protection material as instructed by
item 13,9 of the minutes of site meeting
No.
3, payment is to be made under item 20.f.(vi)a. Light dumped rock
protection.
39 For the addition of rock protection material to the existing rock
protection as instructed by item 7.7 of the minutes of site meeting
No. 6,
payment is to be made for 3681,Om
3
under item 20 f.(vi)b, Heavy
dumped rock protection."
Die volgende antwoord (MM101) daarop gedateer
8 Februarie 1979/...
32.
8 Februarie 1979 word van Polzin ontvang:
"with each month that has been passing the stone work on above section shows
inflatory increases in payment requests put forward
by your office. We do not
agree to the payment requests as set out under Sections 1) + 2) and 3) in your
letter.
A. Discussions regarding the widening of the above fill
and the pushing back of stones go back as far as 28-29/8/78. On those two
days
the fill widening over above sec-tions was discussed between your Mr. Walker and
our Mr. Wessels after some detailed checks
carried out on the section between km
108,2 to 109,2 it was established that the formation was wide enough,only the
slopes on the
LHS were steeper than 1 : 2. It was a proposal by your Mr. Walker
that the fill on this section did not require widening, instead
the slopes
should be corrected and flattened by tipping rock waste along the boe line. This
proposal was accepted. Class B material
could not be used because it could not
be properly compacted.
We wish to clarify this point very strongly - the rock waste tipped was not
to be "rock
protection"/
33.
protection" (even so this description is been used several times) but slope
correc-tion. All material used along the LHS toe between
km 108,2 to 109,2 is
rock waste which does not meet the specifications sec-tion 20 - 3.1 f or rock
protection material. The payments
we have made up to date under the items 11(a)
and ll-c(i) for uncompacted rock spoil are therefore correct in terms of the
work carried
out and requested.
B. The stones pushed back on the widened fill between km 108,2 - 110,2 RHS
and 109,2 to 110,2 LHS and 107,4 - 107,9 LHS & RHS
was discussed several
times. On 10/8/78 we carried out some checks on the slopes of the above fill. It
was established that the slopes
were flatter than 1 : 2 i.e. be-tween 1 : 2 to 1
: 3.
It was agreed on 29/8/78 that
due to the flatter slop
e pitching was no
longer required and a more economical and money saving method would be to push
back the stones.Considering this
aspect we did agree to "pushing the stones
back" on the slopes rather than pitching. First requests by your site engineer
Mr. Pater-son
suggested payments as set out in our letter MM 77. We considered
this to be fair and havc paid you for this work accordingly.
We/
34.
We have also paid you for the increase in fill due to the latter slopes - from 1
: 2 to 1 : 25 - as otherwise on the steeper 1 :
2 slope pitching would have
become ne-cessary.
We have inspected the stones and established that the larger amount if not more
than 70% of the stones weigh less than the specifi-
cation lay down in section 20-3.1. We are therefore unable to agree to your
payment request. Further correspondence in this con-nection
should be forwarded
to our Pretoria office."
Dit is korrek, getuig Paterson, toe die
inhoud
van hierdie brief aan hom gestel is, dat die wyer-
making van die
opvulling en die terugplasing van
klippe bespreek is op die twee dae 28 en 29
Augustus
1978. By daardie geleentheid, sê hy, het hy en die
eiser se
kontrakbestuurder Walker die eiser verteen-
woordig. Van die verweerder se
kant was daar twee
here/
35.
here Diercks en De Klerk en die verweerder se twee
in-
genieurs Wessels en Polzin teenwoordig. Hy ontken
egter dat Walker
voorgestel het dat die hellings platter
gemaak moes word deur
rots-weggooimateriaal langs die
toonlyn te plaas. Wat besluit is, sê
hy, was dat die
hellings stabiel genoeg was maar die toon van die
hellings
beskerm moes word. Hy het terugverwys na die notule SM6
gedateer
29 Augustus 1978 waarna hierbo verwys is - die
relevante gedeelte waarom ek
hier herhaal. Dié notule,
sê hy, is deur Wessels opgestel en die
betrokke gedeelte
lui:
"... opvulling wyd genoeg om fondamentlae van pad te neem en die bestaande
rotsbeskerming is nog stabiel. Hierdie seksie hoef nie
her-bou te word nie maar
die toon van die bestaan-de rotsbeskerming moet afgerond en beskerm word met
groter klippe wat afkomstig
is van groewe. Op die dele van die opvulling
wat
reeds/
36.
reeds wyer gemaak is moet die rotsbeskerming
wat voor wyermaking verwyder is, weer terug-geplaas word teen die toon van die
opvulling."
Daar is geen voorstel deur Walker gemaak nie,
beweer
hy. Die aangeleentheid is bespreek en daar is
so besluit soos wat genotuleer
is. Wat gedoen is,was geen
helling-korreksie nie. Hulle is opdrag gegee om
groot
rotse in die leengroewe wat weggegooi is ("spoiled"),te
soek en dit
teen die toon te stort. Niemand het by ge-
leentheid van daardie terrein-inspeksie beweer dat werk
wat hulle opgedra
is om te doen, nie rotsbeskerming is
nie. Wat wel bespreek is, sê hy,
is dat dit n makliker
manier sou wees om die klippe met 'n skraper teen
die
helling te plaas as om hulle te straat. Paterson ontken
ook dat hy aan
die hand gedoen het dat becaling geskied
soos/
36.(a)
soos uiteengesit in Polzin se brief MM77 van 9
September
1978. Hy het, soos hy reeds getuig het, betaling op
daardie basis as 'h
tydelike maatreël geëis omdat die
eiser geld nodig gehad het en
sodat die betaling nie as
gevolg van 'n dispuut vertraag sou word nie.
Paterson
het terugverwys na 'n brief van Polzin gedateer 1 Augustus
1978 (MM39) waarin hy geskryf het:
"The section 108,55 to 109,05 LHS may be left as it is at present depending on
final decision by head office."
Die finale besluit is toe geneem,
sê Paterson,
tydens die gemelde samespreking op 28 en 29 Augustus 1978.
Dit is die seksie, getuig hy, waarop die swaar rotse ge-
stort is.
Na aanleiding van Polzin se standpunt in die
laaste
sin van MM101 het die sekretaris van die eiser
aan/
37. aan Wessels in Pretoria soos volg op 23 Maart 1979 geskryf:
"ROCK PROTECTION TO PARTIALLY COMPLETED SECTION,
km 108,2 to km 110,2 and km
107,4 to km 107,9
Further to your letters Ref. MM2 of the 18th April
1978 and MM77 of the 9th November 1978, as well as
the minutes of site meeting no 3 of the 25th April
1978 item 13.9 and site meeting no 6 of the Ist
September 1978 item 7.7 in terms of the Specifica-
tion, we are entitled to
payment for this operation
as
follows:
1)
For the
removal of and the stockpiling of the existing Rock Protection material as
inszructed in your lettcr ref. MM2, payment is
to be made under item lla,
uncompacted fill.
2)
For replacing 8439.6
M
3
of stockpiled exis-ting Rock Protection material as instructed by
item 13.9 of the minutes of site meeting no 3, payment is to be
made under item
20.f.(vi)a, light dumped rock protection.
3)
For the addition of Rock Protection material to the existing Rock
Protection as instruc-ted by item 7.7 of the minutes of site meeting
No. 6,
payment is to be made for 3681.0 m
3
under item 20.f (vi)b, heavy
dum-
ped/
38. ped rock protection."
In antwoord
het die eiser die volgende brief
gedateer 5 April 1979 van Wessels ontvang:
"KONTRAK 320/77, MARIENTAL - MALTAHoHE : VER-
BREDING VAN OPVULLING km 108,
2
TOT 110
,2 EN
km
107,
4 TOT 107
,9
Ons verwys na u brief HW/CM van 23 Maart 1979. Nadat die kontrak aan u toegeken
was, is u ge-vra om die brugaanlope van die Visrivíer
te ver-breed. Die
verbreding het tot gevolg gehad dat rotswerk wat teen die sye van die bestaande
op-vulling was, eers verwyder moes
word en nadat die verbreding voltooi is, weer
teruggeplaas moes word. Tydens inspeksies op die terrein is oor-eengekom met u
dat
die rots slegs teruggestoot sou word met 'n stootskraper, aangesien die rots
andersins verlore sou gaan en mee weggedoen sou word.
Die idee was nooit om
"klipbestrating" of
"rotsbeskerming" soos omskryf in Afd. 20, klou-sules 2 en 3, aan te bring nie en
u is ook nooit gevra om die werk volgens die voorskrifte
van hierdie klousules
uit te voer nie. Aangesien u gevra was om die klip wat teen die sye van die
opvulling bestaan het, af te skraap
na voorraad-hope en later weer terug te
plaas deur dit bloot met 'n stootskraper op te stoot, kan ons nie
saam-
stem dat hierdie werk wat u gedoen het, rotsbe-
skerming/
39.
skerming is waarvoor betaal moet word onder items 20.f (vi)(a) en 20.f
(vi)(b) nie. Die feit dat die woord 'rotsbeskerming' gebruik
is in die notules
van 25 April 1978 en 1 September 1978, moet nie vertolk word as 'n weergawe van
die werk wat u gedoen het en waarvoor
u betaling eis nie, en moet bloot beskou
word as termino-logie wat streng gesproke nie korrek gebruik is nie. Woorde soos
'rotswerk',
'klipwerk', 'rots-opvulling', 'massaklipwerk', 'rotsbekleding' ens.
sou byvoorbeeld dieselfde bedoeling hê by die no-culering
van die
samesprekings. Die werk wat in werklikheid gedoen was, is slegs vergelykbaar met
die werk verbonde aan onverdigte opvulling
van klas B materiaal, aangesien die
klippe wat op die sye van die opvulling bestaan her, nie soliede rots was nie en
bestaan het
uit rotspartikels wat deurgaans kleiner is as 0,5m
3
(Sien
Afd. 11, klou-sule 2.2(a) van die Spesifikasies).
'n Ander moontlikheid sou wees om die werk in sy geheel te beskou as
massaklipwerk soos beskryf in klousule 6 van Afdeling 20, in
welke geval daar
geen tarief in die hoeveelheidslys bestaan nie en u dus 'n tarief vir ekstra
werk sou moes voorlê.
Die Resident Ingenieur het in sy brief MM77, van 1978-11-09 u oorspronklike
versoek van betaling van Rl-60/m vir die verwydering van
ophoping van
die/
40.
die bestaande klipwerk onder item 11(a) plus 'n tarief van Rl-38/m onder item
11(c) as rede-lik aanvaar. Daarna het u gevra dat daar
betaal word vir die
verwydering van die klip @ Rl-60 onder item ll-(a) plus Rl-38 onder item ll-(c)
en dat dieselfde tariewe weer
betaal word vir die terugstoot van die
materiaal.
In lig van bogaande is ons bereid om betaling van die werk teen die volgende
tariewe te magtig:
1) vir die verwydering en ophoping van die be-
staande klipwerk teen die tarief vir onver-
3 digte opvulling in
item 11 (a) naamlik Rl-60/m .
2)
Vir die terugstoot van die
opgehoopte materiaal en die byvoeging van addisionele materiaal teen die toon en
sye van die opvulling
teen die ta-rief van onverdigte opvulling in item 11 (a)
naamlik Rl-60/m
3
3)
'n Ekstra oor
betaling teen die tarief van Rl-38/m vir klas A materiaal soos in item ll-c(l)
slegs
waar rotsstukke groter as 0,5m
3
voorsien en op-
gestoot is.
As alternatief, indien hierdie tariewe nie aanvaar-baar is nie, is ons bereid
om betaling volgens klou-sules 55(b) en (c) van die
Algemene Voorwaardes te
oorweeg, in welke geval u onmiddellik die nodige state en opgawes wat vereis
word in klousule 55(c),
moet/
41.
moet voorlê.
Die werk wat reeds gedoen is en waarvoor u aanspraak maak op betaling as
rotsbesker-ming kragtens Afdeling 20 van die Spesifi-kasies,
voldoen hoegenaamd
nie aan enige vereistes van die betrokke spesifikasies nie en u aanspraak op
betaling teen items 20.f (vi)(a)
en 20.f (vi)(b) soos uiteen-gesit in punte (2)
en (3) van u brief, kan dus nie aanvaar word nie. Betaling sal dus slegs geskied
teen
die tariewe soos hierbo uiteengesit as volle vergoeding vir die werk wat u
versoek was om te doen en wat u wel gedoen het."
Die rotswerk wat
verwyder moes word waarvan Wessels melding maak in die eerste paragraaf was
rots-beskerming gewees. Die terugplasing
kon dus ook niks
anders/
42. anders wees as rotsbeskermingswerk wat op die ver-
brede opvulling aangebring moes word nie. Die oor-
spronklike opdrag dat
dit by wyse van klipbestrating
teruggeplaas moes word, is 'n bevestiging
daarvan dat
dit rotsbeskermingswerk was. Dit blyk vir die eerste
keer uit
Polzin se brief MM101 van 8 Februarie 1979
dat op die verandering na
terugstoot met 'n stootskraper
besluit is omdat rotsbeskerming nie meer nodig was op daardie seksies nie.
Daar is niks in die terrein-notules en korrespondensie
wat 'n afleiding
regverdig dat die klippe teruggeplaas moes word bloot om die op-gehoopte klippe
uit die weg te kry nie. Daar is
ook
nooit/
43. nooit spesifiek skriftelik aangedui dat toe die eiser
opdrag gegee is om die klippe met 'n stootskraper op
te stoot in plaas van
klipbestrating te doen, die doel
van die werk verander het van rotsbeskerming
na iets
anders nie. Dat hierdie sienswyse ook deurgaans die
standpunt van
die eiser was, blyk uit 'n brief gedateer
21 April 1979 wat die eiser se sekretaris aan Wessels
geskryf het in
antwoord op laasgenoemde se brief van
5 April 1979. Die brief lui:
"CONTRACT 320/77 : MARIENTAL - MALTAHoHE : ROCK
PROTECTION TO PARTIALLY
COMPLETED SECTION KM
108,2 TO KM 110,2 AND KM 107,4 TO KM 107,9
Further to your letter Ref. SW/1/P(K) Vol. 1, of 5th April, 1979, we cannot
accept your attempt to pay at a reduced rate for work
instructed and performed
as defined by a section of the Specifi-cation by theoretically fragmenting the
work into other non-relevant
sections of the Specification.
Furthermore, for it now to be maintained that it was not the idea or
intention for rock protection work
as/
44.
as detailed in Section 20 to be undertaken, is both incorrect and
unacceptable. The same applies to the attempt of hiding behind a
cloak of
seman-tics by stating that the use of certain other descriptions would have had
the same meaning.
It is obvious that the intention was for the exis-ting rock protection to be
replaced as rock pro-tection as defined under Section
20 of the Speci-fication,
after the flattening of the fill batters had been completed.
The fills in question were constructed by the South West African
Administration with light dumped rock protection placed at the toe
of the
fill.
Your minutes of Meeting No.3 on the 25th April, 1978, Item 13.9 and Meeting
No. 6 on the 29th August, 1978 Item 7.7, clearly confLrm
this.
In Site letter MM2 of the 18th April, 1978, we were instructed to remove and
stockpile the existing rock protection material that
had been provided by the
S.W.A. Administration at the toe of the fills, for future use and, to flatten
the fill batters with a better
class of fill material.
At Meeting No. 3 on the 25th April, 1978, as re-corded under Item 13.9, we
were instructed to re-place the existing rock protection
material at the
toe/
45.
toe of the fills after the flattening of the batters had been completed.
Furthermore, we were informed that filter material would
not be required. This
instruction is strictly in accordance with Section 20.3.7 "Dumped Rock
Protection", and is confirmed in the
Minutes of Meeting No. 6 on the 29th
August, 1978 under Item 7.7.
Site letter MM77 confirms that:
a)
Rock protection work was
carried out by us.
b) The recovery and stockpiling of the existing rock protection material was
carried out by us.
c) The replacement of the existing rock protection material was instructed by
you and carried out by us in accordance with the method
as de-tailed under
Section 20.3.7. of the Specifica-
tion.
At meeting No. 6 on the 29th August, 1978, we were
instructed to protect the existing light rock pro-tection over the length of a
certain section of the fill with heavy rock protection. This was done.
We therefore require immediate payment to be made for this work under the
pertinent sections oc the
Specification/
46.
Specification as detailed in our letter of the 23rd March,
1979."
Daarna, op 21 en 22 Mei 1979, is daar 'n
same-
spreking gehou waarop verskeie van die eiser
se eise,wat
in geskil was,bespreek is. Teenwoordig was onder andere
sekere
verteenwoordigers van die verweerders, Ilse, Harris
en Walker wat die eiser
verteenwoordig het en Wessels en
Polzin, die verweerder se ingenieurs. 'n
Opsomming van
die samespreking is aan die eiser verstrek in 'n brief
van
Wessels gedateer 30 Mei 1979. Wat die eis vir rots-
beskerming betref,
verskyn die volgende in die brief:
"
ROTSBESKERMING
Die Kontrakteur grond sy eis daarop dat die meting gedoen is, dat daar 'n tarief
is en eis dienoor-eenkomstig betaling. Punte wat
in vorige korres-pondensie
aangehaal is word weer bespreek.
Die Kontrakteur eis vergoeding vir gestorte rots-beskerming soos beskrywe in
klousule 20/3.7, en
verklaar/
47.
verklaar dat dit gedoen is in ooreenstemming met notules van
terreinvergaderings. Die Raadgewende Ingenieur wys daarop dat dit oorspronklik
wel die bedoeling was dat die klip teruggeplaas moes word soos wat dit was maar
dat die instruksies op terrein verander is ná
die ge-noemde
terreinvergaderings en voordat die werk uitgevoer is. Op terrein is by daardie
geleent-heid met die Kontrakteur ooreengekom
dat rots-beskerming nie meer nodig
sou wees nie as gevolg van die platter kanthellings van die opvulling en dat die
opgehoopte klip
bloot teen die toon van die opvulling teruggestoot moet word om
te voor-kom dat die klip vermors word. Dit is dan ook soos die werk
uitgevoer
is. Die betaling vir hier-die werk is soos oorspronklik ooreengekom tussen die
Resident Ingenieur en die Terreinagent en
word nog steeds beskou as billik en
redelik.
Die Resident Ingenieur wys daarop dat die groter
rotsblokke wat van elders ingebring is, nie uit
leengroewe gehaal is nie maar dat hy met die
Voorman gereël het dat
materiaal wat rondgelê het
en buitendien verwyder moes word, teen die
toon
van die opvulling afgelaai sou word.
Die Kontrakteur stem nie saam nie en hou vol dat hy geregtig is op betaling
vir gestorte rotsbe-skerming. Die Direkteur voel dat die
Kontrakteur
vergoed/
48.
vergoed behoort te word vir werk wat hy werklik gedoen
het.
Besluit
: Die Ingenieur en die Kontrakteur moet die
aangeleentheid weer op die terrein bespreek en afhandel. 'n Finale uitwy-sing
word dus
nie nou gegee nie."
Wat opmerklik is, is dat Paterson, aan wie
die opdragte gegee is en met
wie die beweerde ooreenkoms
aangegaan is, nie teenwoordig was nie. Uit die
aard van
die saak sou Harris en Walker weet wat tussen Polzin en
Paterson
ooreengekom is en sou eersgenoemde twee here,
neem ek aan, die standpunt
gestel het wat deur Paterson
aan hulle oorgedra is. Dit was egter 'n
belangrike ge-
skilpunt of dit ooreengekom is tussen Polzin en Paterson
datrotsbeskerming
nie meer nodig sou wees vanweë die
platter/
49.
platter kanthelling nie, dat die opgehoopte klip bloot teen
die toon van die opvulling teruggestoot moes word om te voorkom dat die
klip
vermors word en dat op betaling vir die werk ooreengekom is deur Pa-terson en
Polzin. Paterson se getuienis, soos ek hier-bo
daarop gewys het, was dat so 'n
ooreenkoms nooit tussen hom en Polzin aangegaan is nie. Die verweerder het geen
getuienis tot die
teendeel gelei nie. Wat die inbring van die groter rotsblokke
betref, het Paterson getuig dat die oorgrote meerderheid verkry is
uit 'n
leengroef by ongeveer 105 km, dit is in die sek-sie wes van die brug in die
rigting van Maltahöhe.
Daar was verdere samesprekings onder andere in Wessels se kantoor op 10 Julie
1979 tussen Ilse en
Harris/
50. Harris wat die eiser verteenwoordig het en Loedolff
en Wessels van Wessels se firma. Wat rotsbeskerming
betref, herhaal
Loedolff namens Wessels in h brief
gedateer 12 Julie 1979, die vorige
weergawe van wat
daar gebeur het tussen Polzin en Harris, soos volg:
"
ROCK PROTECTION
(Widening of Fish River bridge approaches)
We reiterate that it had been decided on site at the time of construction to
merely push back the rock removed from the existing
fill in or-der to save time,
effort and cost and that in the spirit of that decision it was agreed that the
contractor will be compensated
for the work actually carried out (e.g. under
rates for un-compacted fill etc. originally agreed to be-tween the Resident
Engineer
and Site Agent). It was only afterwards that a claim was sub-mitted for
payment under another item of the Schedule of Quantities.
The matter will again
be discussed between Messrs. Harris and Wessels at the next site
meeting."
Op/
51. Op 7 Augustus 1979 het Wessels in 'n brief aan
die eiser na samesprekings wat gehou is by Wessels se
kantoor tussen
Harris en Paterson wat die eiser ver-
teenwoordig het en Wessels, Loedolff en
Polzin van
Wessels se firma verwys. In paragraaf 3 van die brief
is daar sv "
Verbreding van Visrivieraanlope : Rotswerk
"
soos volg
geskryf:
"Die aangeleentheid is tevore by verskeie ge-leenthede bespreek en dit dien geen
nut om al die argumente weer te herhaal nie. Die
Raad-gewende Ingenieur bepaal
dat betaling soos volg sal
geskied-
a)
Afstoot
van die bestaande klipbestrating teen Rl-60/m (Item 11(a) in die
Hoeveel-heidslys).
b)
Terugstoot van die
betrokke materiaal teen Rl-60/m
3
(item 11(a) in die
Hoeveelheids-lys)
c)
Leen van groter
rotsblokke teen Rl-60/m . (Item 11(a)) plus bykomende trek indien van toepassing
plus Rl-38m
3
(Item 11 (c)
in/
52.
in die Hoeveelheidslys).
Oor die hoeveelhede wat betrokke is, is reeds ooreengekom.
U neem kennis van die beslissing.
Die beslissing van die Ingenieur word bevestig
deur die Direkteur en dit word dus beskou as die finale
besluit."
Na verstryking van 'n periode waarin dit van
die
eiser verlang is om sekere uitstaande werk te vol-
tooi, het die Sekretaris
van Vervoer namens die ver-
weerder onder dekking van die volgende brief,
gedateer
11 November 1986, 'n finale sertifikaat van aanvaarding
van die werk en
bevredigende uitvoering van die kontrak,
uitgereik:
"CONTRACT 320/77 : MR 34 MARIENTAL - MALTAHöHE MAINTENANCE CERTIFICATE
A Einal inspection of the above contract was held on 21 May 1982 and was
attended by your Mr. Blo-
merus/
53.
merus together with Messrs. Wessels and Wieffering from Sennett & Wessels
and Messrs. Detering and Poolman from this department.
The work is accepted as being satisfactorily completed and maintained and in
terms of clauses 53 and 62 of the General Conditions
of Contract the maintenance
certificate may now be released and is attached hereto.
In terms of clause 17 of the General Condi-tions the surety bond may now be
released and is attached.
The retention money has already been approved for payment according to clause
61."
Dus, hoewel die geskil ten aansien van betaling bly bestaan
het, is die werk wat gedoen is goedgekeur en aanvaar.
Soos ek reeds daarop gewys het, het verweerder
geen getuienis aangevoer nie. Herhaaldelik is daar, in die loop van
kruisondervraging deur verweerder se.advokaat,aan Paterson gestel
dat hy Polzin
as getuie gaan oproep
om/
54. om die getuienis van Paterson teen te spreek dat laas-
genoemde deurgaans die standpunt gehandhaaf het dat
wat eiser doen
rotsbeskerming is en dat hy alleen as
n tydelike maatreël bereid was om
betaling vir die werk
as onverdigte opvulling te aanvaar. Verder is dit
in
kruisondervraging voorgehou dat Polzin sou getuig, eer-
stens, dat die opdrag om die ligte klippe te bewaar om
later bestrating (wat rotsbeskerming is) daarmee te
doen,verander is omdat rotsbeskerming nie meer nodig
geag is nie en die terugstoot slegs gedoen is om ontslae
te raak van die opgehoopte klippe en om die verweerder
geld te bespaar; tweedens, dat die toon van die hellings
met klippe bedek is om helling-korreksie ("slope correc-
tion") te doen en nie om rotsbeskerming te doen nie.
Behalwe vaé sinspelings in die korrespondensie wat be-
staanbaar/
55.
staanbaar is met die saak van die verweerder op
die
geskilpunt of Paterson wel met Polzin ooreengekom het dat betaling
volgens klousule 11 van die spesifikasies sou geskied, of nie,
is daar niks in
enige skriftelike stuk wat opgestel is ten tyde van die beweerde ooreenkoms wat
dit onomwonde bevestig nie. Polzin
se getuienis is nie ter bevestiging aangebied
nie. Wat die ander ge-skilpunte betref, is daar geen getuienis van die
ver-weerder
se kant nie. Daar is ook niks in die vroeëre korrespondensie en
geskrifte, soos terrein-notules en briewe, wat as bevestiging
dien nie. Soos
blyk uit die geskrewe stukke waarna ek hierbo verwys het, is die bewerings eers
op 'n laat stadium gemaak en wek dit
die indruk van 'n uitvlug waaraan later
eers gedink is.
Soos ek hierbo aangedui het toe ek na die bewerings
in/
56.
in die pleitstukke verwys het, het die
verweerder spe- sifiek ontken dat eiser enige rotsbeskerming soos ge-definieer
in klousules
2 en 3 van afdeling 20 van die spesifikasies gedoen het. Daar is
onder andere ge-pleit dat die kritieke individuele klipmassa nie
aan die
voorgeskrewe vereistes voldoen nie. Soos blyk uit spe-sifikasie 20.3.1 waarna in
die eiser se besonderhede van eis verwys
word en wat hierbo aangehaal word,moet
die klippe wat gebruik word vir ligte gestorte rotsbesker-ming ten minste 25 kg
elk weeg en
is die vereiste vir swaar gestorte rotsbeskerming 180 kg. Volgens
die eiser se getuienis het die swaar gestorte rotsbeskerming wel
aan die
vereiste voldoen. Wat die ligte rotsbeskerming betref, was die opdrag van die
ingenieur om dieselfde
klippe/
57.
klippe te gebruik wat voorheen as rotsbeskerming ge-
dien
het en dit is gedoen. Ten aansien van die ver-
eiste van
minimumlugtussenruimtes, het Harris toegegee
dat daar areas mag wees wat nie
daaraan voldoen nie
maar hy beweer dat dit moeilik is om die plaaslike
on-
gelykhede onder 300 mm te handhaaf omdat die rotse wat
volgens die
opdrag van Polzin gebruik moes word tot n
half kubieke meter groot en soms
groter was. Harris en
Paterson het getuig dat die werk wat hulle
gedoen
het,aanvaar is en dat hulle daarom geregtig is op be-
taling vir
rotsbeskermingswerk wat hulle gedoen het.
Die verweerder het in die Hof a guo, soos ook
in hierdie Hof, egter betoog dat wat uiteindelik aan-
vaar is, is, juis
vanweë die nie-nakoming van die ver-
eistes/....
58.
eistes van afdeling 20 van die spesifikasies, nie
rots-
beskerming nie. Die betoog is dat Wessels dit nooit as rotsbeskerming
beskou het nie en die werk ook nie as rotsbeskermingswerk aanvaar
en goedgekeur
het nie.
Alhoewel die ingenieurs van die verweerder nie die werk as
rotsbeskermingswerk geag het nie - Polzin, wat betaling betref, van die
begin
(hoewel hy opdrag gegee het dat die eiser rotsbeskermingswerk moes doen) en
Wessels later - is die werk later goedgekeur. Die
goedkeuring het geskied, nie
op die basis dat iets anders as wat opgedra is, gedoen is nie, maar juis op die
basis dat wat opgedra
is bevredigend afgehandel is.
Ek kan nie saamstem met
die betoog dat, omdat die werk van die verweerder nie stiptelik voldoen aan
die/
59.
die presiese voorskrifte van die spesifikasies, die
eiser
se eis daarom nie kan slaag nie. Die spesifi-
kasies is een van die
kontraksdokumente tussen die partye. Soos blyk uit die aanhef "algemeen" is die
be-doeling van die partye met
klipbeskermingwerke om uit-kalwing en erosie
van,onder andere,padopvullings te voorkom. Dit is wat die eiser beweer gedoen
is. Daar
is talle bepalings in die kontrakdokumente waarin dit duidelik gemaak
word dat die betrokke ingenieur kan afwyk van die rigiede vereistes
van die
spesifikasies. Dit is wat Polzin, volgens die eiser se getuies, gedoen het. Dit
is ook wat die eiser in sy replikasie gepleit
het. Hy het, na my oordeel, nie 'n
ander saak gestel in sy replikasie nie. Ek kan die verweerder nie gelyk gee,
soos/
60. soos betoog is, dat die eiser 'n "baster-estoppel" ge-
pleit het in sy replikasie nie.
'n Deskundige op die gebied van ingenieurskon-
trakte, professor Hugo, het
getuig, nie alleen dat rots-
beskerming, ( "rock protection", woorde wat
oorvloedig
deur Polzin gebruik is) in ingenieurskontrakte 'n teg-
niese
betekenis het nie, maar ook dat die werk wat werk-
lik gedoen is rotsbeskerming is. Professor Hugo het,
wat die gehalte van
die werk,wat hy self besigtig het,
betref, sekere kritiek gehad, maar soos hy
tereg getuig
het, was die verweerder se regsmiddel om, voordat die
werk
finaal goedgekeur is, te eis dat die werk behoorlik
gedoen word. Ondanks die
gebreke is die werk egter
goedgekeur.
Die/
61. Die appèl word gevolglik afgewys, met koste, wat insluit
die koste van twee advokate. Die advokate het ooreengekom dat
die koste van die
teenappèl koste in die appèl sal wees.
APPèLREGTER
HOEXTER, AR) SMALBERGER, AR) STEYN, AR) Stem
saam
KUMLEBEN, WAR)