Nieuwoudt v Meester van Hooggeregshof en Andere (504/1986) [1988] ZASCA 72; [1988] 2 All SA 556 (A) (1 June 1988)

58 Reportability
Insolvency Law

Brief Summary

Insolvency — Locus standi — Insolvent shareholder's right to object to liquidation account — Appellant, sole shareholder of a liquidated company, had his estate sequestrated — Liquidators submitted liquidation account, to which appellant objected — Master of the High Court ruled appellant lacked locus standi to object due to sequestration — High Court upheld Master's decision, dismissing the application — Appeal granted to determine whether appellant had a legitimate interest in the liquidation process — Court held that an insolvent shareholder does not retain locus standi to object to a liquidation account, as rights have transferred to the curator of the insolvent estate.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1988
>>
[1988] ZASCA 72
|

|

Nieuwoudt v Meester van Hooggeregshof en Andere (504/1986) [1988] ZASCA 72; [1988] 2 All SA 556 (A) (1 June 1988)

LL
Saak No 504/1986
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
Insake die appèl van:
ADRIAAN ALETTUS NIEUWOUDT
Appellant
teen
DIE MEESTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF
,
KAAPSTA
D Eerste
Respondent
J.J. ROUSSEAU N O
Tweede Respondent
J.H.J. VAN
RENSBURG N O
Derde Respondent
D.H. RHEEDER N O
Vierde Respondent
CORAM: CORBETT, VAN HEERDEN, KUMLEBEN ARR
NICHOLAS et BOSHOFF WND ARR
VERHOORDATUM
: 11 MEI 1988
LEWERINGSDATUM
: 1 JUNIE 1988
UITSPRAAK
/
VAN HEERDEN AR
...
2.
VAN HEERDEN AR
:
Die appellant was die enigste aandeelhouer in Kubus Kwekery (Edms) Bpk ("die
maatskappy") wat in Maart 1985 gelikwideer is. In Oktober
van dieselfde jaar is
die boedel van die appellant gesekwestreer. Die tweede, derde en vierde
respondente (hierna kortweg die respon-dente
genoem) is die gesamentlike
likwidateurs van die maatskappy. Gedurende November 1985 het hulle die eerste
likwidasie- en verdelingsrekening
van die gelikwideerde maatskappy ingedien. Op
23 Desember 1985 het die appel-lant se prokureurs 'n skrywe aan die eerste
respondent
("die Meester") gerig. Daarin is 'n beswaar teen die rekening
geopper. Die vernaamste grond van die beswaar was dat vorderings van
sogenaamde
kwekers teen die maat-skappy op n verkeerde grcndslag aanvaar en toegelaat
is.
Op 6 Januarie 1986 het die Meester die appellant se prokureurs by wyse van 'n
skrywe verwittig dat weens die sekwestrasie van die
appellant se boedel hy nie
die nodige
/
locus
...
3.
locus standi
gehad het om teen die rekening beswaar te maak nie.
Gevolglik, aldus die skrywe, was die Meester nie bevoeg om die brief van die
appellant se prokureurs as 'n beswaar ingevolge art 407 (1) van die
Maatskappy-
wet (61 van 1973) in aanmerking te neem nie.
Hierna het die appellant 'n hersieningsaansoek in die Kaapse Provinsiale
Afdeling aanhangig gemaak. Die smeekbedes was primêr
gerig op 'n
tersydestelling van die Meester se genoemde beslissing en 'n terugverwysing van
die aangeleentheid na hom sodat hy die
meriete van die appel-lant se beswaar kon
oorweeg. Koste is teen die Meester aangevra, of teen die respondente indien
hulle die aansoek
sou bestry. In 'n bestrydende verklaring ten behoewe van die
Meester is slegs die smeekbede gerig op 'n kostebevel teen hom bestry.
Wat die
ander smeekbedes betref, het die Meester hom berus by die uitspraak van die
hof.
Die appellant het in sy funderende verklaring beweer dat die kurator van sy
insolvente boedel, ene
/Joubert ...
4 . Joubert, bewus was van sy voorneme om bogenoemde beswaar
te maak en mondelings daartoe toegestem het. In 'n aan-vullende verklaring
is
verwys na 'n skrywe wat Joubert aan die appellant gerig het. Daarin sê
Joubert dat hy en sy mede-kurator oorweging gegee
het aan die appellant se
versoek dat hulle òf as mede-applikante óf as mede-respon-dente
tot die aansoek gevoeg word,
maar dat so 'n voeging geen doel sou dien nie en
slegs kostes onnodiglik sou verhoog. Ook bekragtig Joubert daardie gedeelte van
die funderende verklaring waarna hierbo verwys is.
Die aansoek is bestry deur die respondente en, soos reeds aangedui, tot 'n
beperkte mate deur die Meester. Die hof a
quo
het bevind dat die
appellant inderdaad nie
locus standi
gehad het om ingevolge art 407 (1)
van die Maatskappywet teen die rekening beswaar te maak nie en het gevolglik die
aansoek met koste
afgewys. Daarna is verlof aan die appellant verleen om na
hierdie hof te appelleer.
/Afskrifte ...
5.
Afskrifte van die oorkonde is ingedien na die datum waarop hulle ingevolge A
A reël 5 (4) geliasseer moes gewees het. Dit het
gelei tot 'n aansoek om
kondo-nasie. Die aansoek is aanvanklik deur die respondente bestry, maar by die
verhoor van die appèl
is ooreengekom dat die aansoek toegestaan word en
dat die appellant die koste daarvan betaal. 'n Bevel met hierdie strekking is
toe
gemaak.
In die betoogshoofde van die respondente is aan-gevoer dat die appel as't
ware verval het omdat die ap-pellant dit, insoverre dit
op die Meester
betrekking ge-had het, teruggetrek het. By die verhoor van die appel is egter,
tereg na my mening, nie met hierdie
betoog vol-hard nie.
Art 407 (1) van die Maatskappywet lui soos volg:
'"n Persoon wat 'n belang het in die maatskappy wat gelikwideer word kan te
eniger tyd voor die bekragtiging van 'n rekening 'n beswaar
teen sodanige
rekening met vermelding van die redes vir die beswaar by die Meester
indien."
/Dit ...
6.
Dit volg dus dat die kernvraag in die onderhawige geval is of die appellant
'n persoon is wat 'n belang in die gelikwideerde maatskappy
het. Alvorens ek
dié begrip ontleed, is dit egter nodig om te verwys na gesag waarop die
hof a_
quo
gesteun het. In
Edwards v The Master and Others
1966
(3) SA 661
(R), het 'n insolvent, wat die enigste aandeelhouer in 'n
gelikwideerde maatskappy was, 'n beswaar teen 'n likwidasierekening geopper.
Die
sub-artikel van die destyds geldende Rhodesiese Maatskappywet wat op so 'n
beswaar van toepassing was, het nie noemens-waardig
van art 407 (1) verskil nie.
Toe die insolvent se beswaar deur die Meester afgewys is, het hy 'n aansoek
aanhangig gemaak. Daarin
het hy o a 'n bevel aangevra wat die Meester sou gelas
om sy beswaar te handhaaf. Art 171 (2) (a) van die Rhodesiese wet het bepaal
dat
indien 'n kontribuant insolvent raak "his trustee in insolvency shall represent
him for all the purposes of the winding up, and
shall be a contributory
accordingly." Met 'n
/beroep ...
7 .
beroep op die beslissing van die Engelse Court of Appeal in
Re Cape Breton
Company
19 Ch D 77
, het Goldin R beslis (op pp 663-4) dat die effek van die
bepalings van art 171 (2) (a) was "to make an insolvent a scranger to the
company as from the date upon which it is wound up", en dat "he is therefore
deprived of any right to interfere in regard to the
administration of the
company's affairs in its liquidation". Goldin R het egter bygevoeg dat sodanige
insolvent wel
locus standi
het "to compel a de-faulting trustee to
perform the duties imposed upon him by this section in a proper manner".
Spesifiek wat bogenoemde smeekbede betref, is bevind dat die insolvent nie as
"any person incerested in the winding up of the company"
binne die raamwerk van
art 249 (1) van die Rhodesiese wet beskou kon word nie, en derhalwe nie geregtig
was om beswaar teen 'n likwidasie-rekening
te maak nie. Volgens Goldin R was
hierdie be-vinding 'n onafwendbare uitvloeisel van die bepalings van
/art 171 (2) ...
8.
art 171 (2) waarvolgens die reg wat die insolvent, as sy boedel nie
gesekwestreer was nie, sou gehad het om beswaar te maak, op sy
kurator oorgegaan
het.
Ek het bedenkinge oor die juistheid van Goldin R se vertolking van art 171
(2), maar om redes wat sal blyk, is dit onnodig om daarby
stil te staan. Om
dieselfde redes hoef nie aandag gegee te word nie aan
Cape Breton
waarin
voorskrifte van die destyds geldende Engelse Maatskappy-wet, met dieselfde
strekking as dié van art 171 (2), ter sprake
was.
Art 110 (2) van ons vorige Maatskappywet (46 van 1926) was gelykluidend met
art 171 (2) van die Rhodesiese wet. Die huidige Maatskappywet
bevat egter nie
ooreen-stemmende bepalings nie. Dit is waarskynlik te wyte aan die feit dat
weens die afskaffing van gedeeltelik
opbetaalde aandele die rede vir die opstel
van 'n lys van kontribuante tot 'n groot mate verval het. Sover dit lede van 'n
maatskappy
aangaan, is dit tans slegs dié van 'n maatskappy
/beperk ...
9.
beperk deur garansie wat nog ingevolge art 337 kontribuante is. Dit volg dus
dat die ratio
decidendi
van Goldin R nie tans hier te lande
oorredingskrag kan hê nie.
Die hof a
quo
was bewus van die feit dat art 110 (2) van Wet 46 van
1926 nie 'n eweknie in Wet 61 van 1973 het nie, maar het bevind dat in die
lig
van die bepalings van art 20 (1) (a) en (2) (a) van die Insolvensiewet (24 van
1936) die appellant nie
locus standi
gehad het om sy voornoemde beswaar
te maak nie. Want, aldus die uitspraak, die appellant se boedel, insluitende sy
aandele in die
maatskappy en sy aanspraak op 'n batige saldo daarin, het op sy
kurators oorgegaan. Netsoos in
Edwards
bevat die uitspraak egter 'n
caveat
: "'n Insolvent is nie sonder 'n remedie nie: Hy kan die kurator
onder gepaste omstandig-hede verplig om beswaar te maak".
Ek kom nou by die vertolking van frases soos "'n belang" of "'n persoon wat
'n belang het". Dit is duidelik dat hulle 'n baie wye
betekenis kan hê en
slegs uitgelê kan
/word ...
10.
word met inagneming van die verband waarin hulle voorkom. Vgl
Gartside and
Another v Inland Revenue Commissioners
1968 (1) All E R 121
(HL) 134;
Re
Roehampton Swimming Pool Ltd
(1968) 3 All E R 661
, 665, en
Bearmans Ltd
and Another v Metropolitan Police District Receiver
(1961) 1 All E R 384
(C
A) 391. In die Hoordeboek van die Afrikaanse Taal word "belang" omskryf as o a
"voordeel", "gewin", "wat iemand raak omdat sy
voordeel daarmee ge-moeid is",
"iets wat aandagtige deelneming, nuuskierigheid, ens. opwek". H A T se
omskrywing sluit in "wat iemand
raak". Die Oxford English Dictionary betrek
onder "interest" o a "the relation of being objectively concerned in something,
by having
a right or title to, a claim upon, or a share in"; "the relation of
being con-cerned or affected in respect of advantage or detriment",
en "the
feeling of one who is concerned or has a personal concern in any thing". Die
woord "belang" het dus 'n genoegsame wye betekenis
om ook "begaandheid" in te
sluit.
/Wanneer ...
11.
Wanneer die woord egter in 'n statutêre bepaling voorkom,
word
normaalweg daaraan die enger betekenis geheg van 'n
reg met betrekking tot,
of a geldwaardige belang in, dit
waarop die woord slaan. Vgl
Pretoria Bill
Posting Co v
Hess
1911 TPD 360
, 363, waarna met klaarblyklike
goedkeur-
ing verwys is in
National Trading Co Ltd v Commissioner
for Inland Revenue
1943 AD 496
, 504. In
casu
was dit
dan ook
uiteindelik gemene saak dat die begrip "'n persoon
wat 'n belang het in die
maatskappy wat gelikwideer word"
in art 407 (1) nie 'n persoon met 'n etiese
of morele belang
insluit nie, maar aan die ander kant nie beperk is tot
'n
persoon wat 'n reg met betrekking tot die maatskappy het
nie. Kortweg,
die begrip sluit ook in 'n persoon wat 'n
geldwaardige belang in die
gelikwideerde maatskappy het; |
dus moontlik ook 'n borg vir die likwidateur
(vgl
General
Accident, Fire and Life Association Ltd v Insolvent
Estate
Wiese
1924 CPD 410).
Wat 'n maatskappy in likwidasie betref, is belang-
/hebbende ...
12 .
hebbende persone vir die doeleindes van art 407 (1) nor-maalweg lede van die
maatskappy of skuldeisers. Die bekragtiging van 'n likwidasierekening
mag hulle
regte, veral dié van skuldeisers, raak, maar in baie gevalle sal 'n
beswaar bloot daarop berus dat dit 'n aandeelhouer
of skuldeiser se
vermoënsbelange kan tref. Dit sal bv die geval wees indien een skuldeiser
aanvoer dat 'n ander se vordering
verminder moet word of dat hy nie 'n
versekerde skuldeiser is nie. Immers, hoe minder die oorskot van laste oor die
waarde van die
bates van die maatskappy, of hoe minder die omvang van versekerde
skulde, hoe groter die konkurrente dividend wat onversekerde skuld-eisers
toekom. En wat lede betref, kan bv die afwysing van vorderings teen die
maatskappy meebring dat hulle uit-eindelik in 'n batige saldo
kan deel.
Dit is egter onjuis om te konkludeer dat omdat skuldeisers of lede by 'n
beswaar kan baat, hulle in alle gevalle as belanghebbendes
beskou moet word. Na
my mening
/is ...
13.
is dit implisiet dat die belang waaroor art 407 (1) dit het met die beswaar
verband moet hou. Dit word bevestig deur art 407 (4) wat
bepaal dat die
likwidateur of 'n persoon wat veronreg voel deur 'n opdrag van die Meester
kragtens art 407 (3) of deur die weiering
van die Meester om 'n beswaar
ingevolge subartikel (1) te handhaaf, by 'n hof aansoek kan doen om
tersydestelling van die Meester
se beslissing. Dit is nouliks denkbaar dat die
wetgewer kon beoog het dat in-dien '
n belanghebbende
se beswaar nie
gehandhaaf word nie, hy nie sonder meer kragtens art 407 (4) kan optree nie.
(Vgl
The Ritz Hotel Ltd v Charles of the Ritz and The Re
-
gistrar of
Trade Marks
(appèl 17/88.) Aan die ander kant kan 'n persoon wat 'n
beswaar gemaak het nie veronreg voel indien hy nie nadelig deur die
Meester se
beslissing getref word nie. Vgl
Ealing Borough Council v Jones
(1959) 1
All E R 286
, 289. Weens die samehang van die twee subartikels volg dit dan dat
'n persoon as 'n belanghebbende vir die doeleindes van art 407
(1) beskou kan
word slegs indien handhawing van sy beswaar hom sal bevoordeel.
/Neem ...
14. Neem bv die geval van 'n maatskappy in likwidasie wat tien
konkurrente skuldeisers het en slegs een wat op 'n sekuriteit staatmaak.
Gestel
dat in die likwidasiereken-ing laasgenoemde ook as 'n konkurrente skuldeiser
aangemerk word. Ongetwyfeld sou hy die nodige
belang hê om beswaar te
maak, maar nie een van die ander tien skuldeisers nie. Indien so 'n skuldeiser
beswaar sou maak op
die grond dat die elfde skuldeiser inderdaad 'n versekerde
skuldeiser is, kan handhawing van die beswaar tog nie eersgenoemde se
vermoënsposisie verbeter nie, en hy sou dus as't ware ten behoewe van die
"versekerde" skuldeiser trag op te tree. Hieruit blyk
dat 'n persoon nie 'n
belanghebbende is bloot omdat hy 'n skuldeiser van die maatskappy is nie. Vgl
Muller N 0 v Trust Bank of Africa Ltd and Another
1981 (2) SA 117
(N)
129. In bogenoemde voorbeeld sou 'n lid ook nie as belanghebbende die genoemde
beswaar kon opper nie bloot omdat hy as aandeelhouer
regte teenoor die
maatskappy het en derhalwe 'n belang daarin het.
/'n ...
15. 'n Verdere konklusie is dat 'n lid nie 'n beswaar teen 'n
likwidasierekening kan maak bloot omdat handhawing daarvan die maatskappy
se
vermoënsposisie sal bevoordeel nie. Tensy dit tot gevolg het dat die
maatskappy 'n oor-skot toon, kan die beswaar, indien
gegrond, tog slegs
skuldeisers ten goede kom. (Dit mag anders wees indien 'n kompromis oorweeg
word, maar dit is nouliks denkbaar
dat dit die geval sal wees wanneer 'n
likwidasierekening reeds ingedien is.) Omdat 'n lid slegs in 'n oorskot kan
deel, sal hy gevolglik
slegs beswaar kan maak indien handhawing daarvan sou
meebring dat alle vorderings (insluitende likwidasiekoste) bevredig word en
'n
batige saldo oorbly. Daarom is 'n lid nie 'n belanghebbende nie as sy beswaar,
indien gegrond, slegs kan meebring dat die tekort
van die maatskappy van R100
000 na, sê, R90 000 verminder.
Dit beteken nie dat die Meester eers die geldig-heid van die beswaar moet
oorweeg alvorens hy kan bepaal of die beswaarmaker 'n belanghebbende
persoon is
nie. Hy hoef slegs vas te stel of, in die veronderstelling dat
/die ...
16.
die beswaar wel gegrond is, 'n belang soos hierbo uitge-stippel wel
blyk.
Dit is so dat my benadering kan meebring dat eers geoordeel kan word
dat 'n beswaarmaker wel 'n belang het, en dat dit dan uit die
verwerping van die
meriete van die be-swaar kan blyk dat hy dit inderdaad nie het nie. Hierdie
moontlikheid bestaan egter selfs indien
aan "belang" die enger betekenis van 'n
reg gegee word. So bv kan 'n beswaar-maker wat beweer dat hy 'n skuldeiser is
wel
locus standi
hê, maar indien sy beswaar afgewys word omdat hy
op 'n nie-tige kontrak met die maatskappy steun, volg dit vanself dat hy nooit
'n skuldeiser, en derhalwe ook nie 'n belanghebbende, was nie. Art 407 (1)
vereis dus twee ondersoeke; die eerste een of die beswaarmaker
formeel 'n
belanghebbende kan wees, en die tweede of hy dit materieel wel is omdat sy
be-swaar gegrond is.
Ek oorweeg vervolgens die posisie van 'n insolvente lid van 'n gelikwideerde
maatskappy. Ingevolge die bepalings van
/die ...
17.
die Insolvensiewet gaan die regte wat 'n insolvente aan-deelhouer vanwee sy
aandeelhouding het, oor op sy kurator. Laasgenoemde kan
dus 'n beswaar teen 'n
likwidasierekening opper onder dieselfde omstandighede waarin die insolvent, as
dit nie vir die sekwestrasie
van sy boedel was nie, dit sou kon gedoen het. Die
uiteindelike vraag is der-halwe of, benewens die kurator, die insolvent ook 'n
belang in die gelikwideerde maatskappy kan hê.
Reeds sedert die vorige eeu word hier te lande sonder teenspraak aanvaar dat
'n insolvent 'n resterende belang in sy insolvente boedel
het. Daarom kan hy
stappe neem ter inwinning van 'n bate, bestryding van 'n vordering, ensomeer
indien die kurator dit nie wil doen
nie. Ge-woonlik word egter vereis dat die
kurator as party gevoeg moet word. Ook kan die insolvent die kurator aanspreek
op grond
van wanadministrasie van die boedel. Sien
Mars, The Law of
Insolvency in South Africa
, 7de uitgawe, para 15.2. Die
locus
classicus
in hierdie verband is
/die ...
18.
die volgende
dictum
van Innes HR in
Mears v Rissik and Others
1905 TS 303
, 305:
"Now, no doubt the general rule is that an unrehabilitated insolvent cannot,
over the head of his trustee, bring actions connected
with his estate. ... The
reason of the rule is that his estate has been taken out of him and vested in
his trustee; and that therefore
the person to deal with that estate, to
administer it, to sue in respect of it, and to defend actions concerning it, is
the trustee,
and not the insolvent. But from the fact that the insolvent is
under this disability, it does not follow that he has no rights whatever
re-garding the estate. In my opinion he has a very real reversionary interest in
it. The law provides that if there is any residue
after paying the debts it is
to be handed to the in-solvent. Not only so, but it is to his interest that as
many assets as possible
shall be brought into the estate, and the debts reduced
to their proper limits. He has an interest in seeing that that is done. An
asset
may suddenly be-come valuable which has been considered worth-less, or he may
have a legacy left to him which may enable him
to clear off all his liabilities.
Apart from that it is to the interests of the insolvent that his assets should
be increased and
his liabilities reduced, because in that way the stigma of
insolvency rests less heavily upon him; and when he applies for his
rehabili-tation
he is in a better position than if he had a very large margin of
unpaid debts. There-
/fore ...
19.
fore from whatever standpoint we regard it the insolvent has a very real
interest in the administration of his estate.
As I have said, generally the trustee is the person to take action in matters
connected with the estate; but if the trustee will not
do so, or whether
boná fide
or
malâ fide
does not see his way to take
action, is the insol-vent on that ground to be without remedy? I should say upon
general principles
he ought not to be; the law should provide some remedy."
Dit is eienaardig dat hierdie hof, sover ek kan nagaan, hom nog nooit
pertinent oor die al of nie juist-heid van hierdie opvatting
uitgespreek het
nie. In
Dean v Estate Dean
1938 AD 577
, 580-1, was die bevoegd-heid van
'n insolvent om sy kurator op grond van wanadmini-strasie van die boedel aan te
spreek, weliswaar
indirek ter sprake, maar uiteindelik is slegs veronderstel dat
hy dit wel kon doen.
Na my mening is daar egter geen fout te vind met die aanvaarde opvatting dat
'n insolvent'n resterende be-lang in die bereddering
van sy insolvente boedel
het nie.
/Dit ...
20.
Dit kom my dan ook voor dat die bestaan van hierdie belang deur die wetgewer
erken is, want art 111 (1) van die In-solvensiewet bepaal
dat o a die insolvent
'n beswaar teen bekragtiging van h kurarorsrekenmg kan voorlê. En reeds
voordat hierdie artikel of sy
voorganger op die wetboek geplaas is, is beslis
dat afgesien van statutêre magtiging 'n insolvent vanweë sy
resterence
belang wel
locus standi
het om so 'n beswaar te maak. Sien
In re Insolvent Estate W. Storm and Sons
1909 N L R 98
, 100-2.
In die verbygaan moet ek egter meld dat ek be-denkinge het of die
vermindering van die stigma waaroor Innes HR dit in die hierbo aangehaalde
dictum
het, 'n be-lang in h regsin aan die insolvent verleen. Dit is
egter nie ter sake nie want, afgesien van die klaarblyk-like voordeel
wat n
insolvent verkry indien sy boedel uiteindelik 'n batige saldo toon, is dit vir
hom ongetwyfeld van belang dat die tekort so
klein moontlik is. Die om-vang van
h verdere dividend wat hy by rehabilitasie gelas
/mag ...
21. mag word om aan sy skuldeisers te betaal, hou immers ver-band
met die tekort in sy boedel.
Dit volg dus dat indien 'n insolvent beweer dat A 'n skuldenaar van die
insolvente boedel is, en sy kurator nie akkoord gaan nie en
dus weier om stappe
teen A te neem, die insolvent uit hoofde van sy resterende belang self teen A
kan ageer. (Of hy sy kurator as
mede-verweerder moet voeg, of kan volstaan deur
te beweer, en indien nodig te bewys, dat sy kurator nie wil ootree nie, kan
daarge-laat
word.) En indien A se boedel ook gesekwesrreer is, kan die insolvent
teen
eersgenoemde
se kurator optree. As dit
so is, val dit nie in te sien waarom die insolvent nie ook ingevolge art 111 (1)
van die Insolvensiewet'n
beswaar teen 'n kuratorsrekening in A se insolvente
boedel kan opper nie. Sy resterende belang ten opsigte van die invordering van
die skuld bly immers voortbestaan ongeag of A se boedel al of nie gesekwestreer
word nie.
Uit bostaande volg dat n insolvent wat lid van 'n
/gelikwideerde ...
22.
gelikwideerde maatskappy is wel 'n geldwaardige belang in die maatskappy kan
hê. Dit is die geval indien die maat-skappy 'n
surplus van waarde van
bates bo laste (insluit-ende likwidasiekoste) het. Die surplus,of a deel daarvan
kom immers sy insolvente
boedel toe met die meegaande voordele waarna reeds
verwys is. Indien handhawing van 'n beswaar wat hy teen 'n likwidasierekening
opper sou meebring dat so 'n sur-plus ontstaan of groter word, kom dit my dus
voor dat hy wel beskik oor die belang vereis deur art
407 (1) van die
Maatskappywet.
'n Teenargument is dat omdat die insolvent se kurator vanweë die
bepalings van art 20 van die Insolvensie-wet die reghebbende
ten opsigte van die
aandele word, die insolvent se voormalige belang verval. Hierdie argument sou
geldig gewees het indien "belang"
in art 407 (1) van die Maatskappywet beperk
was tot 'n reg met betrekking tot die maatskappy. Soos reeds aangetoon, is'n
geldwaardige
belang egter voldoende. 'n Kurator word ook eienaar van
/o a ...
23.
o a al die roerende bates van 'n insolvent, maar dit bring nie mee dat
laasgenoemde nie meer 'n belang - weliswaar resterend maar
daarom nie minder
reëel nie - in sulke bates as deel van sy boedel het nie. Dit is juis
daar-om dat die insolvent 'n bate in
die hande van 'n derde kan opvorder indien
sy kurator dit nie wil doen nie. Al het die regte met betrekking tot die aandele
op die
kurator oorgegaan, het die insolventdus nog steeds 'n resterende be-lang
daarin.
Geóurende die verhoor van die appèl is die moontlikheid geopper
dat die kurator die aandele mag ver-koop (wat nouliks
sal gebeur indien, soos
gewoonlik die geval is, die maatskappy gelikwideer is weens 'n onvermoë om
sy skulde te betaal). In
so 'n geval sal die insol-vente boedel egter
klaarblyklik nie meer reghebbende van die aandele wees nie en daarom sal die
insolvent
se resterende belang ook verval. Immers, geen bedrag kan dan die
insolvente boedel uit die maatskappy toekom nie.
/Die ...
24.
Die advokaat vir die respondente het egter betoog dat art 407(1) 'n direkte
belang vereis, en dat die appel-lant nie so 'n belang
in die gelikwideerde
maatskappy het nie. Want, so is aangevoer, die appellant kan nie direk op 'n
surplus in die maatskappy aanspraak
maak nie maar slegs indirek bevoordeel word
via
sy eie insolvente boedel. Na my mening omsluit die frase "'n persoon
wat 'n belang het" in die gelikwideerde maatskappy na woordlui
enige
vermoëns-belang, en dus ook 'n "indirekte" een in bogenoemde sin. Volgens
normale spraakgebruik het'n insolvent tog 'n
geld-waardige belang daarin dat die
maatskappy 'n surplus, of groter surplus, toon. Ook in die hierbo gepostuleerde
voorbeeld het
die insolvent slegs h "indirekte" belang in A se insolvente
boedel, maar dit bring nie mee dat hy nie as belanghebbende "n beswaar
teen 'n
kuratorsrekening in A se boedel kan voorlê indien sy (d i die insolvent
se) kurator dit nie wel doen nie.
Op die keper beskou, slaan die woord "belang"
/na ...
25.
na woordlui op o a 'n geldwaardige belang, hetsy 'n direkte, hetsy 'n
indirekte een. Indien 'n persoon as gevolg van die handhawing
van 'n beswaar
geldelik bevoordeel kan word, is dit onwesentlik of die voordeel hom regstreeks
of onreg-streeks toekom. Vgl
Commissioner for Inland Revenue v Rhodesia
Railways Ltd
1943 CPD 481
;
Re Consumers' Gas Co and Public Utilities
Board
18 D L R (3d) 749.
Die respondent se advokaat het ook betoog dat erkenning van so 'n indirekte
belang tot absurde gevolge kan lei: so bv sou enige skuldeiser
van die appellant
beswaar teen 'n likwidasierekening van die maatskappy kon maak bloot omdat,
indien die beswaar gehandhaaf word,
hy 'n voordeel via die insolvente boedel mag
bekom. In eerste instansie volg dit nie noodwendig dat n insolvent en sy
skuldeisers
in die onderhawige verband gelykgestel moet word nie. Die kurator
van 'n insolvente boedel tree primêr in belang van skuldeisers
op en is in
die reël verplig om hul aanwysings te volg. Hulle kan hom dus
/opdrag ...
26.
opdrag gee om beswaar teen 'n likwidasierekening te maak. Hierteenoor
is die kurator nie verplig om aan die wense van die insolvent
gehoor te gee nie.
In tweede instansie, en selfs indien veronderstel word dat my bevinding
mee-bring dat 'n skuldeiser van die appellant
ook bevoeg is om beswaar te maak,
meen ek nie dat dit tot absurde gevolge aanleiding gee nie. Ook so 'n skuldeiser
kan net bevoor-deel
word indien handhawing van sy beswaar daartoe lei dat die
gelikwideerde maatskappy 'n surplus, of groter surplus, toon. Dit sal in
die
praktyk uiters selde die geval wees. Bowendien gaan dit net om die bevoegdheid
om 'n beswaar te maak wat deur die Weesheer oorweeg
moet word. Hoe meer persone
locus standi
het, hoe groter mag die Meester se administratiewe las wees,
maar dit sal nie addisionele koste meebring nie. En die Meester sal
geen
probleme ondervind om 'n klaarblyklik ongegronde beswaar te verwerp nie.
Onthou sal word dat beide die hof a
quo
en
/Goldin R ...
27.
Goldin R in
Edwards
van mening was dat 'n insolvent in gepaste gevalle
sy kurator kan dwing om 'n beswaar teen 'n likwidasierekening te opper. Hierdie
"oplossing" sal die insolvent egter niks baat nie indien die rekening be-kragtig
word alvorens hy die nodige stappe teen sy kurator
kan neem. Bowendien word in
ander gevalle nie vereis dat 'n insolvent teen sy kurator moet optree ten einde
hom te verplig om stappe
teen iemand te neem nie; bv om 'n bate wat na bewering
die insolvente boedel toekom, op te vorder. Vanweë sy resterende belang
in
sy boedel - en gevolglik in die bate - kan die insolvent regstreeks teen die
besit-ter optree. Die vernaamste beswaar teen bogenoemde
oplos-sing is dan ook
dat dit juis voorveronderstel dat die insolvent wel 'n belang daarby kan
hê dat ingevolge art 407 (1)
opgetree word.
Ek is derhalwe van mening dat die appellant wel die nodige
locus
standi
sou gehad het indien handhawing van sy beswaar sou meebring dat 'n
surplus tot voordeel van
/sy ...
28.
sy insolvente boedel beskikbaar is. Die appellant se advokaat het toegegee
dat dit uit 'n beswaar moet blyk dat die beswaarmaker wel'n
belanghebbende is,
en het aanvank-lik ook toegegee dat dit nie uit die appellant se beswaar blyk
dat, indien gehandhaaf, dit 'n surplus
tot gevolg sal hê nie. Later het hy
laasgenoemde toegewing teruggetrek, maar hy kon nie aantoon dat handhawing van
die appellant
se beswaar, gelees met die likwidasierekening, tot so 'n surplus
sal lei nie. Ek vind dit onnodig om die beswaar en die rekening
in besonderhede
te ontleed. Nie net blyk dit nie uit die beswaar dat 'n surplus kan ontstaan
nie, maar op sy beste vir die appellant
sal daar nog steeds 'n tekort wees al
sou die beswaar gegrond wees. Gevolglik het die appellant nie 'n belang binne
die raam-werk
van art 407 (1) gehad nie, en het die Meester, weliswaar om 'n
verkeerde rede, tot die regte beslissing gekom.
/Die ...
Die appel word met koste afgewys.
H.J.O. VAN HEERDEN AR
CORBETT AR
STEM SAAM