About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1988
>>
[1988] ZASCA 62
|
|
S v Maseko (179/1987) [1988] ZASCA 62 (27 May 1988)
LL S
aak No 179/1987
In DIE HO
OGGEREGSHOF VAN
S
UID-AFRIKA APP èLAFDELING
Insake die appèl van:
TOM MASEKO Appellant
teen
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: HEFER, VIVIER ARR et VILJOEN WND AR
VERHOORDATUH
: 24
MEI 1988 LEWERINGSDATUM: 27 MEI 1988
UITSPRAAK
/
HEFER AR
...
2.
HEFER AR
:
Die appellant is in 'n streekhof skuldig bevind aan openbare geweld en
veroordeel tot vyf jaar gevangenis-straf. Sy appl teen die
skuldigbevinding en
vonnis na die hof a quo het misluk. Met verlof van daardie hof kom hy nou in
hoër beroep teen die vonnis.
Die voorval waaruit die veroordeling gespruit hot, het op 5 November 1984 in
Tsakane, 'n swart woongebied aan die Oos-Rand, plaasgevind
te midde van wyd
verspreide onluste wat op daardie stadium daar en in dergelike ge-biede olders
in die land ondervind is on gepaard
gegaan het met ernstige geweld wat
grootskaalse skade aan eiendom en die verlies van menselewens tot gevolg gehad
het. Dit is bekend
dat openbare vervoermiddels 'n geliefkoosde skyf van
klipgooiers en brandstigtors in die swart gebiede was met die gevolg dat
vervoordienste
ernstig ontwrig en jn bale gevalle tot totale stilstand gedwing
is.
Die betrokke oggend is passasiersbusse van
die
/munisipaliteit ...
3.
munisipaliteit beskerm deur gewapende personeel wat elke bus in
afsonderlike voertuie op sy roete agtervolg het. Dit was die dag van
'n sg
"wegbly-aksie" d w s inwoners van die gehied is vooraf aangemoedig om daardie
dag nie te gaan werk nie. Appellant was een van
dié wat nie gaan werk het
nie. Teen ongeveer 7.30 die oggend het hy en sowat 20 ander op 'n straathoek
saamgedrom en 'n verbygaande
bus met klippe bestook. Appellant het die eerste
klip gegooi. Toe die beskermingsvoertuig egter op hulle afpyl, het die greep
uitmekaar
gespat. Appel-lant is kort daarna gearresteer deur 'n amptenaar van
die Administrasieraad wat in die voertuig was.
In sy uitspraak oor vonnis het die verhoor-landdros die volgende
opgemerk:
"Dit is ook aan die Hof voorgehou, en dit
is korrek, dat daar net getuienis
is van
een klip wat jy gegooi het. Daar is nie
getuienis van enige
noemenswaardige skade
wat daardeur veroorsaak is aan die betrokke
voertuig
nie
Dit is so, soos reeds genoem dat
beskuldigde
/volgens ...
4.
volgens die getuienis slegs een klip gegooi het. Hy was egter deel van 'n groep
wat saam gedrom het en was hy die eerste of een van
die eerstes wat wel daardie
klip gegooi het. Sy handelinge was deel van 'n groep-handeling wat nie net
daardie dag nie, maar toe
reeds oor 'n tydperk en wel op daardie dag op groot
skaal in Tsakano Swart woonge-bied plaasgevind het en die Hof moet sy op-trede
sien, nie net in die lig van sy enkele klip-gooi daar nie, maar in die lig van
die totale optrede waarby hy gemoeid was en waar-van
hy deel uitgemaak het, saam
met talle andere."
Elders in die uitspraak is
opgemerk:
"Die Hof kan egter nie slegs kyk na die enkel klip wat gegooi is in isolasie
nie, want dit is deel of was deel van 'n optrede waarby
beskuldigde sowel as
talle ander die betrokke dag betrokke was. Dir. was vir die gemeen-skap die
betrokke dag onmoontlik gemaak om
op die gewone wyse vervoer te bekom en so
hulle daaglikse roetine handelinge to kon uit-voer. Hulle kon nie met busse of
ander ver-voermiddels
uit die Swart woongebied uitkom sonder dat daar
polisiebeskerming vir daardie voertuie was nie. Polisiebeskerming om daar-die
mense
te beskerm teen monse wat opgetree hot soos jy. Jou optrede was deel van
'n totale strategie wat daardie dag deur talle mense gevolg
was om 'n algehele
ontwrigting te veroorsaak. Dit het op 'n tydstip gebeur toe daar reeds geweldige
skade as gevo]g van hierdie
/oproere ...
5.
oproere in die Swart woongebied gepleeg was en talle probleme vir die owerhede
reeds daaruit voortgevloei het."
Wat die appellant
se persoonlike omstandighede betref, verskyn die volgende in die uitspraak:
"Beskuldigde jy is tans 23 jaar oud. Ten tye van die pleging van die misdaad was
jy 21 jaar. Dit is aan die Hof voorgehou dat jy
in 1981 gematrikuleer het en dat
jy daarna toe jy weens finansiële probleme nie jou stu-dies kon voortsit
nie, jy gewerk het
as 'n klerk. Jy is ongetroud, maar is die vader van 'n
tweejarige seun vir wie se onderhoud jy verantwoordelik is. En jy help ook
met
die onderhoud van jou ouers.
Dit is aan die Hof voorgehou dat jy 'n
intclligente persoon is en die Hof
moet dit
so aanvaar. Maar juis in daardie geval sou
die Hof verwag het dat
jy verstandiger opgetree
het as om deel te neem aan die
gewelddadige
oproer wat op die betrokke dag in Brakpan Swart
woongebied
geheers het
Beskuldigde is weliswaar nie 'n skolier op
hierdie stadium nie. Hy is ook nie
'n jonge-
ling nie, hy is redelik jonk, maar met sy op-
voeding en
agtergrond moet die Hof aanvaar dat
hy beter behoort te geweet het as jonger
kinders
wat maklik opgesweep raak
Die Hof neem jou persoonlike omstandighede in aanmerking, maar dit is nie
sodanig dat dit noemenswaardig versagtond kan inwerk nie
en
/word ...
6.
word jy in die omstandighode gevonnis tot VYF
JAAR
GEVANGENISSTRAF
."
In hierdie hof is namens die
appellant aangevoed dat die verhoorlanddros in verskeie opsigte misgetas het.
Aangesien ek van mening
is dat daar in elk geval met die vonnis ingemeng moet
word,is ek egter nie van voorneme om die beuselagtige gronde vir hierdie betoog
te bespreek nie. Ek volstaan deur te sê dat daar niks in die betoog steek
nie.
Te oordeel aan die opgelegde straf hct die
land-
dros die oortreding in 'n ernstige lig beskou.
In die
uitspraak oor vonnis het hy verwys na die
ongerapporteerde
beslissing in
S v Madimabe
(CA 110/78 (T)) waarin
Margo
R
opgemerk het dat
" acts of public violence call for a
severe deterrent sentence in general. It is the duty of the courts to assist in
the maintenance of law and order and while it may
be unfortunate for individuals
to suffer the consequences of those sentences, the requirements of public policy
are such that they
will have to suffer for their
misdeeds
/in ...
7.
in this particular category."
Sonder om be kenne te
gee dat alle gevalle van openbare geweld ewe swaar gestraf moet word, stem ek
volmondig saam met hierdie sienswyse.
Die misdaad is inderdaad van so 'n aard
dat die openbare belang streng optrede van die howe verg.
Ek is dit ook met die landdros eens dat die ap-pellant se optrede nie in
isolasie beskou moet word vir doeleindes van strafoplegging
nie maar teen die
agter-grond van die omstandighede wat destyds geheers het. Die enkele klip wat
die appellant gegooi het, was een
van duisende wat destyds na busse wat werkers
vervoer, ge-slinger is. Die gebeure van die dag het 'n bekende patroon gevolg.
Eers
word die inwoners van 'n gebied gemaan deur diegene wie se belange blykbaar
daardeur bevorder word, om van hulle werk weg te bly
en dan word diegene wat die
vermaniny ignoreer, gewelddadig geïntimideer deur dit vir hulle gevaarlik
of selfs onmoontlik to
maak om die openbare
/vervoerdienste ...
8.
vervoerdienste te gebruik waarvan die meerderheid van hulle afhanklik is. Die
landdros se beskrywing van die appellant se optrede
as deel van 'n totale
strategie gemik op algehele ontwrigting is nie onvanpas nie. So gesien, verkry
sy optrede 'n veel ernstiger
dimensie as wat by die eerste blik mag blyk.
Die feit dat die misdaad gepleeg is gedurende 'n tydperk van wyd verspreide
onluste wat gelei het tot 'n toestand van bykans onbeheerbare
geweldpleging in
die swart woongebiede, en die bloedige en skadelike gevolge daarvan, kan
natuurlik ook nie buite rekening gelaat
word nie. En so ook nie die feit dat die
optrede van die ap-pellant en sy trawante op sigself ernstige gevolge kon gehad
het nie.
Dat die bestuurder van die bewegende bus of van sy passasiers blykbaar
nie raakgegooi is nie, is bloot toevallig.
Huewel dit derhalwe vanselfsprekend is dat 'n stewige vonnis in hierdie geval
nie onvanpas is nie meen
/ek ...
9. ek nogtans dat die vyf jaar gevangenisstraf wat opgelê
is, buitensporig swaar is. Ek is bewus daarvan dat die-selfde vonnis
in ander
gevalle van openbare geweld opgelê en deur sommige provinsiale afdelings
bekragtig is. In ander gevalle is egter veel
ligter vonnisse opgelê. Elke
geval is klaarblyklik op eie meriete behandel en, juis omdat dit die geval is,
is dit nie lonend
om na ander ge-valle te verwys om in die vonnisse wat daarin
opgelê is 'n maatstaf vir die onderhawige geval te probeer vind
nie.
By die oorweging van 'n gepaste vonnis vir 'n geval soos die onderhawige is
daar een aspek waarop be-sondere aandag gevestig moet
word. Uit blyk uit 'n
be-spreking van vonnisse in die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Strafregpleging
(1988 Vol 1 op 173) waar verwys
word na enkele gerapporteerde beslissings oor
die vonnisse van jeugdiges wat hulle gedurende die onluste skuldig gemaak het
aan openbare
geweld en waar opgemerk is dat
"... it must be asked whether such sentences
/do ...
10.
do not often reflect an over-reaction by the courts" to public violence, with
general deterrence being over-emphasised in the interests
of the state while
insufficient or no weight is given to considerations such as the degree of the
offender's partici-pation and his
personal
circumstances."
Hierdie opmerking behoort as tydige
waarskuwing aan die howe to dien om die delikate balans tussen die belange van
die gemeenskap,
enersyds, en die belange van die beskuldig-de, andersyds, nie
uit die oog te verloor by vonnisopleg-ging nie. By hierdie soort oortreding
kom
die belange van die gemeenskap natuurlik sterk na vore en, waar die howe
mede-verantwoordelik is vir die handhawing van die goeie
orde in belang van die
gemeenskap, bestaan daar 'n sterk moontlikheid dat die belange van die
beskuldigde, bewustelik of andersins,
tot ongeregverdigde mate op die agtergrond
geskuif wag word. Diegene wat gemoeid is met die regspleging behoort steeds
bewus te wees
van hierdie moontlikheid en voortdurend daarteen te waak.
In die omstandighede van hierdie saak moen ek
/dat
...
11.
dat dit gepas is om die appellant effektief vir 2½ jaar na die
gevangenis be stuur en om hom by wyse van 'n op-geskorte vonnis
daarna van
dergelike optrede in die toe-koms te probeer weerhou.
Die appèl slaag dus tot die mate dat die opge-legde vonnis gewysig
word deur 2½ jaar daarvan vir 5 jaar op te skort op
voorwaarde dat die
beskuldigde nie skuldig bevind word aan openbare geweld gepleeg gedurende die
tydperk van opskorting nie.
J
. J.F. HEFER A
R
VIVIER A
R
STEM SAAN VILJOEN WND AR