About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Johannesburg Labour Court, Johannesburg
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Johannesburg Labour Court, Johannesburg
>>
2002
>>
[2002] ZALCJHB 22
|
|
Gous v KVBA and Others (JR 386/01) [2002] ZALCJHB 22 (7 August 2002)
IN DIE ARBEIDSHOF VAN
SUID-AFRIKA
GEHOU TE JOHANNESBURG
Datum
aangehoor: 7 Augustus 2002
Saak
No: JR 386/01
In die saak tussen:
HSH
GOUS
.................................................................................................................................
Applikant
en
KVBA
...............................................................................................................................
1ste
Respondent
MS
SEEDAT
NO
..............................................................................................................
2de
Respondent
INFORMATION
TRUST
CORPORATION
.................................................................
3de
Respondent
UITSPRAAK
Gelewer
op 13 Augustus 2002
REVELAS R:
1. Die applikant, ‘n
voormalige werknemer van die derde respondent, is ontslaan na dertien
jaar diens. Die applikant is op
1 September 2000 deur die derde
respondent ontslaan tydens ‘n disiplinêre verhoor waar sy
aangekla is en skuldig bevind
is van sekere klagtes van beweerde
oneerlikheid, nepotisme en versuim om haar bestuursdiskresie
behoorlik uit te oefen.
2. Die applikant het teen
die voorsitter se beslissing geappèlleer. Haar ontslag is op
17 Oktober 2000 deur die appèlvoorsitter
bekragtig.
3. Op 24 Oktober 2000 is
die getikte appèluitspraak, gedateer 17 Oktober 2000, aan die
applikant per faks gestuur. Op dieselfde
dag, 24 Oktober 2000, het
die applikant ‘n dispuut verwys na die Kommissie vir
Versoenning Bemiddeling en Arbitrasie (“die
KVBA”). Die
applikant het beweer dat haar ontslag onbillik was. Sy was van mening
dat die klagtes teen haar ongegrond, gefabriseerd
en dupliserend van
aard was.
4. Die eerste respondent
(die “KBVA”) se personeel het aan die applikant
verduidelik dat sy ‘n kondonasie aansoek
moes bring, aangesien
sy reeds op 1 September 2000 ontslaan is en haar verwysing derhalwe
nie binne die voorgeskrewe 30 dae periode,
soos in artikel 191(1) van
die Wet op Arbeidsverhoudinge, 66 van 1995 (“die Wet”)
bedoel, gebring was nie.
5. Op 30 Oktober 2000 het
die applikant haar verwysing en haar aansoek vir kondonasie op die
derde respondent beteken, wat daarop
gereageer het met ‘n
opponerende eedsverklaring. Die applikant beweer dat hierdie beëdigde
verklaring deurspek is met
leuens. Sy het egter nie daarop geantwoord
nie, want volgens haar, het sy nie geweet dat sy die reg gehad het om
daarop te antwoord
nie.
6. Op 1 Februarie 2001 het
die applikant die tweede respondent se beslissing gedateer 28
November 2000, in die kondonasie aansoek
ontvang. Kondonasie is nie
toegestaan nie, en dit is hierdie beslissing wat die applikant van
voorneme is om te hersien in terme
van Artikel 158(1)(g).
7. Die applikant voer aan
dat die vraag rakende die jurisdiksie van die eerste respondent om
haar aansoek om versoenning te bewerkstellig,
verkeerdelik deur die
derde respondent bevraagteken was. Die applikant voer verder aan dat
die tweede respondent in spryd met die
neergelegde beleid van die
eerste respondent ‘n jurisdiksionele beswaar in die
versoenningsstadium van die geskil besleg
het en dat hy hierdie
beswaar besleg het sonder om behoorlike ondersoek om die aard en
meriete van die beswaar vas te stel. Sy
voer aan dat deur sy optrede
het hy grof en nalatig opgetree deur sy diskresie onbehoorlik uit te
oefen en sy is onreg aangedoen
deurdat sy ontneem is van ‘n
billike en regverdige beslegting van die geskil.
8. Die tweede respondent
het in sy beslissing bevind dat:
“
The
employee lodged her dispute with the CCMA 29 days beyond the 30 day
period prescribed by Section 191(1) of the Labour Relations
Act, 66
of 1995 (“the Act”). The reason for the late referral is
that she was waiting for the outcome for the appeal
hearing
.”
9.
Die
Arbeidsappèlhof het in beslis in
Edgars Stores Ltd v
SACAWU (1998) 19 ILJ 771 (LAC)
dat ‘n ontslag dispuut
ontstaan op die datum toe die aanvanklike beslissing om te ontslaan,
aan die werknemer gekommunikeer
was, of binne die werknemer se kennis
gekom het. Hierdie benadering is weer gevolg in
SACAWU v
Shakoane (2000) 21 IlJ 1963 (LAC)
. Die tweede respondent het
op hierdie twee uitsprake gesteun en beslis dat “
the
finalization of the appeal hearing does not extend the date of
dismissal. The employee also does not give any reasons for the
delay
between 17 October 2000 when she was told that her dismissal was
upheld and 30 October 2000 when the CCMA received the Form
7.11.
The
explanation for the delay is not efficient. The Labour Appeal Court
has on many occasions held that where the reasons given
for the delay
are unacceptable, this in itself would justify the refusal to grant
condonation (
Mziya v Putco Ltd
[1999] BLLR 103
(LAC)
-
Waverley Blankets Ltd v Ndima
[1999] 11 BLLR 1143
(LAC)
-
Rustenburg Traditional Local Council v Siele
[1999] 12 BLLR
1341
(LC)
)
.
In
any event, if the case was of great importance to her, the employee
would not have been as dilatory as she was on following up
upon her
dispute
.”
10. Wat die tweede
respondent se interpretasie van die bestaande reg betref, het die
applikant se regsverteenwoordiger gesê
gesteun op die uitspraak
van RP Zondo in die aangeleentheid van
Fidelity Guards Holdings
(Pty) Ltd v Epstein (2000) 21 ILJ 2382 (LAC)
op p.2389 I waar
hy die volgende gesê het:
“
It
is also ridiculous in my view, for an applicant to have to proceed
against his employer in the CCMA while an appeal is pending
or the
result thereof is awaited, when to do so may well sour the
relationship and/or affect the result of the appeal. The Act
prescribes the date of dismissal (Section 190). The absurd
consequence may be a procedural requisite in cases such as the
present
one. Condonation in such a case must inevitably be granted
and, furthermore, it is perfectly reasonable for the employee to
believe
that the date the dispute arose is the date he is finally
told that his appeal against his dismissal has been refused
.”
11. Hierdie opmerkings van
RP Zondo is sterk kriteik maar is slegs
obiter dictum geuiter
.
RP Zondo het nie so ver gegaan as om te bevind dat die
meerderheidsbeslissing in die
Shakoane
saak (
supra
)
en die eenparige beslissing in
Edgars Stores
aangeleentheid, duidelik verkeerd was nie. Die tweede respondent kan
dus nie gekritiseer word omdat hy nie die
obiter dictum
in die
Epstein
-aangeleentheid gevolg het nie. In elk geval sal
‘n verkeerde interpretasie van die reg, nie noodwendig daartoe
lei dat ‘n
beslissing van ‘n kommissaris hersienbaar is
nie.
Sien:
Carephone (Pty) Ltd v Marcus N.O. and Others (1998) 19 ILJ 1425
(LAC)
Shoprite
Checkers (Pty) Ltd v Ramdaw and Others (2001) 22 ILJ 1603 (LAC)
12. Die kwessie van die
interpretasie wat die tweede respondent aan die regsposisie gee, is
die eerste keer geopper in die applikant
se verteenwoordiger se
hoofde van betoog.
13. In haar kennisgewing
van mosie beweer die applikant dat die kommissaris nie al die
korrekte feite voor hom gehad het nie.
14. Die tweede respondent
het nie ‘n bevinding gemaak oor die applikant se redelike kanse
op sukses aangaande die saak nie.
Hy het hom net bepaal by die
gemeensaaklike feite aangaande die datums van die ontslag en appèl,
en die afwesigheid van
‘n redelike verduideliking deur die
applikant waarom sy nie onmiddellik haar dispuut verwys het toe die
appèlbeslissing
onder haar aandag gekom het nie. Die
appliklant se aansoek was 29 dae buite tyd wat nie ‘n
onredelike tydperk was nie. Hierdie
feit is ook nie oorweeg nie.
15. In die bekende
Melane
v SANTAM Insurance Company Ltd
1962 (4) SA 531
(AA)
, die
locus classicus
betreffende kondonasie is beslis op 531 C - D
dat:
“
In
deciding whether sufficient cause has been shown, the basic principle
is that the Court has a discretion, to be exercised judicially
upon a
consideration of all the facts, and in essence it is a matter of
fairness to both sides. Among the facts usually relevant
are the
degree of lateness, the explanation therefore, the prospects of
success, and the importance of the case. Ordinarily these
facts are
interrelated: they are not individually decisive, for that would be a
piecemeal approach incompatible with a true discretion,
save of
course that if there are no prospects of success there would be no
point in granting condonation. Any attempt to formulate
a rule of
thumb would only serve to harden the arteries of what should be a
flexible discretion. What is needed is an objective
conspectus of all
the facts. Thus a slight delay and a good explanation may help to
compensate for prospects of success which are
not stong
.”
16. Die tweede respondent
het ‘n lang weergawe van die derde respondent ten aansien van
die meriete voor hom gehad in die
vorm van ‘n beëdigde
verklaring. Dit blyk asof hy hierdie weergawe net so aanvaar het of
glad nie die vraag oor die
applikant se kanse op sukses oorweeg het,
soos hy duidelik moes gedoen het nie.
17. Die tweede respondent
se bevinding dat indien die saak vir haar belangrik was, sy nie “as
dilatory” opgetree het
nie. Ek lei af dat hy hierdeur bevind
het dat die graad van “lateness” soos bedoel in die
Melane
saak erg was. Die tweede respondent verduidelik
geensins hoekom hy die 29 dae, veral gesien in die lig van die
omringende feite,
as so ernstig beskou nie.
18. Soos Holmes AR in die
bogenoemde aanhaling sê: “
in essence it is a
matter of fairness to the parties
”
19. Na my mening is die
tweede respondent se nalate om die beginsels te oorweeg soos hierbo
uiteengesit, genoegsaam om in te meng
met sy beslissing en dit word
tersyde gestel met koste.
________________
E.
Revelas
Namens
die applikant: Adv. SR van Jaarsveld
In
opdrag van Du Plessis Prokureurs
Namens
die respondent: Adv. B.R. Leech
In
opdrag van Horwitz Inc.