About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1988
>>
[1988] ZASCA 57
|
|
Stadsraad van Klerksdorp v Renswyk Slaghuis (Edms) Bpk (493/85) [1988] ZASCA 57; [1988] 4 All SA 596 (AD) (24 May 1988)
DIE STADSRAAD VAN KLERKSDORP
APPELLANT
en
RENSWYK SLAGHUIS (EIENDOMS) BEPERK RESPONDENT
UITSPRAAKDEUR H H NESTADT
SAAK NO 493/85
ccc
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèlAFDELING)
In die saak tussen
DIE STADSRAAD VAN KLERKSDORP
APPELLANT
en
RENSWYK SLAGHUIS (EIENDOMS) BEPERK RESPONDENT
CORAM
: CORBETT, VAN HEERDEN, NESTADT ARR et VILJOEN, NICHOLAS WN
ARR
DATUM GEHOOR
: 14 MAART 1988
DATUM GELEWER
: 24 MEI 1988
UITSPRAAK
NESTADT, AR
:
Hierdie appèl is gerig teen die afwysing
deur/
2.
deur WEYERS R in die Transvaalse Provinsiale Afdeling
van
appellant se eis vir betaling van 'n bedrag van
R11 568,82 synde die balans
van sy gelde gehef vir die
inspeksie, gedurende die tydperk Augustus 1982
tot
en met April 1983, van sekere vleis van respondent.
Die skuldoorsaak,
soos in die dagvaarding uiteengesit,
is 'n beweerde statutêre reg om
sodanige gelde te
hef.
Die feite is nie in geskil nie. Ek
gaan
voort om hulle saam te vat. Terselfdertyd, om
hulle beter te begryp, word
sekere relevante wet-
gewende bepalings aangestip. Respondent bedrywe
'n
groothandel slaghuis te Klerksdorp. Sy voorraad vleis
(vir menslike verbruik) is egter nie afkomstig van vee
wat/
3. wat by appellant se abattoir in Klerksdorp geslag word nie. Vir
redes wat onnodig is om uiteen te sit, het respondent verkies om
gebruik te maak
van die abattoir te Kimberley. Nadat die karkasse daar amptelik ondersoek en
goedgekeur is, word hulle deur respondent
in koeltrokke vervoer na sy
besigheidsperseel in Klerksdorp waar hulle afgelaai en in vrieskaste geberg word
hangende verkoop aan
kleinhandelaars in Klerksdorp en elders. Die huidige
dispuut tussen die partye is tot vleis wat in Klerksdorp verkoop is,
beperk.
Aanvanklik het respondent versuim om sy vleis vir herinspeksie deur
appellant se inspekteurs (ingevolge art 19(1) van die Wet op Higiëne
by
Diere-slag, Vleis en Dierlike Produkte, 87 van 1967, aangestel) teen die
destydse vasgestelde tarief aan te bied. Dit was in stryd
met art 212(a) van die
Eenvormige
Publieke/
4.
Publieke Gesondheidsverordeninge en -Regulasies
van
toepassing op o a die Munisipaliteit van Klerksdorp
soos afgekondig in
Administrateurskennisgewing 148
wat in die Transvaalse Offisiële Koerant
2253 van 21
Februarie 1951 gepubliseer is. Die tersaaklike ge-
deelte van
dié artikel lui:
"212. (a) Iedereen wat vleis of dooie diere, wat bedoel is vir mens-like
verbruik, binne die munisipa-liteit inbring, vervoer of trans-porteer
van enige
plek buite so-danige gebied, moet onverwyld sodanige vleis of dooie diere
voorlê om deur die Raad ondersoek en gebrandmerk
of gestempel te word by
die abattoir of by so-danige ander depôts of plekke as wat die Raad van
tyd tot tyd gelas."
Appellant/
5. Appellant, begaan oor die gevolglike
verlies aan inkomste, het beswaar
teen respondent se
optrede gemaak. Op 7 Augustus 1981 is respondent
ver-
soek om die ingevoerde karkasse by die plaaslike abattoir
vir
herinspeksie aan te bied. Terselfdertyd het
appellant aansoek by the Minister
van Landbou en visserye
om 'n verhoging van die bestaande herinspeksietarief
ge-
doen. Kragtens 'n brief aan appellant gedateer 6 Oktober
1981 is die
aansoek met ingang 19 Oktober 1981 toege-
staan. Die volgende word daarin
vermeld:
"(D)ie Minister van Landbou en Visserye ... kragtens artikel 21 van die Wet
op die Abattoirbedryf, 1976 (Wet 54 van 1976) (het) goed-
gekeur ... dat die volgende tariewe by u Raad se abattoir ingestel moet word
...
Herinspeksietariewe
/
6.
Herinspeksietariewe Sent per kg.
faktuurmassa
Vleis
en rooi-afval 2,5
Ru-afval 0,25 "
Ek verduidelik aanstons
wat die inhoud en effek van ge-
noemde art 21 is.
Respondent het beswaar gehad teen appellant
se versoek dat herinspeksie by dieKlerksdorp se abattoir
geskied. Sy
houding was dat dit hom wesenlik sou ont-
rief en benadeel. Hy stel toe voor,
so wil dit voor-
kom, dat herinspeksie by sy perseel plaasvind (en
ten
opsigte daarvan word geboekstaaf dat hy "nie onwillig (is)
om aan die
Stadsraad die vasgestelde fooi te betaal nie".)
In Desember 1981 het
appellant die voorstel aanvaar. So
gesê, so gedaan. Herinspeksies is
toe gedurende die
daaropvolgende maande, insluitende die tydperk waarvoor
appellant/
7. appellant tans eis, naamlik Augustus 1982 - April 1983, by
respondent se perseel deur appellant se inspekteurs uitgevoer. Die respondent,
wat aanvanklik wel van tyd tot tyd betalings gemaak het, het egter op 'n stadium
geweier om die gelde (bereken ooreenkomstig die
tarief soos deur die Minister in
Oktober 1981 vasgestel) te betaal, en appellant was genoodsaak om die
onderhawige geding teen respondent
(in Junie 1983) in te stel.
Respondent het
nie appellant se bevoegd-heid om herinspeksie van die betrokke vleis by sy
perseel te doen as sulks betwis nie. Inteendeel,
sy pleit kom daarop neer dat
dit erken word. Dit was ook gemeen-saak dat indien appellant geregtig was om
gelde te hef soos wat gedoen
is, die bedrag soos gevofder
betaalbaar/ ......
8.
betaalbaar sou wees. Respondent se verweer was bloot
dat die tarief
waarna verwys is,beperk is tot herinspeksies wat by appellant se abattoir
plaasvind; met ander woorde, dat dit nie
geld ten opsigte van herinspeksies by
respon-dent se perseel nie; wat sulke inspeksies betref bestaan daar geen tarief
nie en appellant
was nie geregtig op enige betaling daarvoor nie. Trouens,
respondent het betalings wat reeds gemaak is by wyse van 'n teeneis as
indebite
teruggeëis. Later, egter, is dié laat
vaar.
Appellant se saak dat selfs ten aansien van herinspeksies by respondent
se perseei dit wel be-voeg is om die tariewe van gelde te
hef wat die Minister
vasgestel het, het op twee grondslae berus. Die een
was/
9.
was dat art 21 van Wet 54 van 1976 dit op sigself
regverdig.
Hierdie artikel bepaal:
"(1) Die Minister kan, op aanbeveling van die Kommissie of op aansoek van die
eienaar van 'n abattoir en na raadpleging met die Kommissie,
van tyd tot tyd die
tariewe vasstel wat aan die eienaar van 'n abattoir of 'n operateur ten opsigte
van die gebruik van so 'n abattoir
of die verrigting van 'n diens betaalbaar
is.
(2) 'n Tarief ingevolge subartikel (1)
vasgestel, kan verskil ten
opsigte
van verskillende abattoirs, verskillende deur die Minister omskrewe klasse
van abattoirs, verskillende dienste of verskillende soorte
of klasse van diere,
en kan vasgestel word op enige grondslag wat die Minister goedvind.
(3) 'n Tarief ingevolge subartikel (1)
vasgestel, word bekend gemaak op
'n
wyse en tree in werking op 'n dag wat
die Minister bepaal.
(4)/
10.
(4) Niemand mag ten opsigte van die
gebruik van 'n
abattoir of die ver-
rigting van 'n diens -
(a)
h ander of 'n hoër of
'n laer tarief vorder as die tarief wat deur die Minister ten opsigte daarvan
vas-gestel is nie; of
(b)
indien geen tarief
ten opsigte daarvan deur die Minister vasgestel is nie, 'n ander of 'n hoër
of 'n laer tarief vorder as die
tarief wat onmiddellik voor die
inwerk-ingtreding van hierdie Wet ten opsigte daarvan gevorder is
nie.
(4A)
(5) "
"Abattoir" en "diens" word soos volg in art 1 omskryf:
1. In hierdie Wet, tensy uit die same-hang anders blyk, beteken
-"
abattoir
" 'n plek waar diere geslag word of wat vir die slag van diere
bestem is, met inbegrip van al die fasili-teite wat normaalweg by so
'n plek
tuishoort of daaraan verbonde is, on-geag of sodanige fasiliteite op dieself-de
plek as so 'n plek geleë is, al dan
nie.
"
diens
"/
11.
"
diens
" 'n handeling wat by 'n abattoir verrig word -
(a) in verband met die ontvangs, hou
of versorging van diere wat
bestem
is om by daardie abattoir geslag
te word;
(b) in verband met die slag van diere
by daardie abattoir;
(c) in verband met die behandeling,
verwerking, hou of verkoop
van
produkte by daardie abattoir;
(d)
deur 'n gemagtigde
operateur in verband met die toepassing van die skema by daardie
abattoir;
(e)
in verband met die bestuur en
dryf van daardie abattoir;"
Dit is deur mnr
Henning
, namens appellant,
aan die hand gedoen dat die herinspeksie
van vleis by
respondent se perseel òf 'n fasiliteit is wat aan sy
abattoir
verbonde is (en in dié verband is dit beklemtoon dat
die
fasiliteit nie op dieselfde plek hoef te wees as waar die
diere/
12.
diere geslag word nie), òf 'n diens kragtens paragrawe (c) en/of (e)
van die omskrywing van "diens".
Ek neem in appellant se guns aan dat die
opdrag in die Minister se brief van 6 Oktober 1981 dat "die volgende tariewe by
u Raad se
abattoir ingestel moet word" nie
per se
die vasgestelde tarief
tot die werk-like gebruik van die abattoir self of dienste wat daar gelewer
word,beperk nie. Tog, na my mening,
moet die betoog verwerp word. "Fasiliteite"
word nie omskryf nie. Sy woordeboek-definisie behels "(i)ets wat gemaklik maak,
ver-gemaklik;
ding of omstandigheid wat 'n mens help of in staat stel om iets te
doen" (
Die Afrikaanse Woordeboek)
. Dit het dus 'n wye betekenis. Soos
gebruik in artikel 1 egter het dit, m i, 'n enger een, nl,iets fisies.
Dit/
13.
Dit is in der waarheid sy grondbetekenis. Aldus omskryf
Black's Law
Dictionary
, 5e uitgawe, "facilities" o a soos
volg:
"That which promotes thé ease of any
action, operation, transaction, or course of conduct. The term normally
denotes inanimate means rather than human agencies, though
it may also include
animate beings such as persons, people and groups thereof."
En wat "facility" betref, word verklaar:
"Something that is built or installed to perform some particular function,
but it also means something that pro-motes the ease of
any action or
course of conduct."
In casu word "fasiliteite" in teenstelling met "diens" gebesig; dit is
derhalwe iets wat van 'n handeling wat verrig word,verskil
(vgl bv ook arts
22(2)(a)(vii) en
(viii)/
14. (viii) en (b)(i) en 26(1) (b) en (f)). En daar word
gepraat van
fasiliteite wat "geleë" is; dit ook is aanduidend van iets anders as 'n
diens (of "toerusting" wat omskryf word as
"'n apparaat, implement of
instrument, van enige aard, wat by die verrigting van 'n diens gebruik word of
daarvoor bestem is"). In
iedere geval, die ver-pligting van respondent om vleis
vir sy rekening te laat ondersoek kan nouliks as 'n "fasiliteit" bestempel
word.
Wat betref mnr
Henning
se betoog dat herinspeksie 'n "diens" is, is dit
voldoende om te sê dat alhoewel dalk 'n diens, dit nie by appellant se
abattoir
verrig is nie, en bygevolg nie as sulks kan kwalifiseer nie. In ag
genome dat herinspeksies by respondent se perseel nie "fasiliteite"
uitmaak/
15.
uitmaak nie, kan daar nie op die breë betekenis van "abattoir" staat
gemaak word nie. Daar is geen rede om "diens" in art 21(1)
nie sy omskrewe
betekenis te gee nie.
Die tweede grondslag van appellant se stelling dat die
tarief soos deur die Minister in Oktober 1981 vasgestel van toepassing is op
herinspeksies, selfs by respondent se perseel (wat mnr
Henning
se
hoofbetoog was) het op art 3(1), soos gewysig, van die Abattoir-verordeninge
berus. Hulle is in Administrateurs-kennisgewing 256
bevat wat in Brovinsiale
Koerant 4193 van 3 Maart 1982 gepubliseer is, gelees met
Administrateurs-kennisgewing 1535 soos in Provinsiale
Koerant 4230 van 20
Oktober 1982 afgekondig. Art 3(1) lui:
"Die/
16.
"Die gelde vir die gebruik van die abattoir
en die gelde gehef ten opsigte
van die herinspeksie van slagtersvleis wat vanuit gebiede geleë buite die
munisipale gebied ingebring
word
, is dié wat die Minister van tyd tot
tyd kragtens artikel 21 van die Wet op die Abattoirbedryf, 1976 (Wet 54 van
1976), vasstel,
en wat op die hoof-kennisgewingbord in die kantoor van die
Abattoirsuperintendent by die abattoir vertoon
word."
Die gedeelte wat deur my
onderstreep is,dui aan wat deur
Administrateurskennisgewing 1535 ingevoeg is.
Die ter-
saaklike tarief, nl, dié wat die Minister in sy brief
van
6 Oktober 1981 vasgestel het, is wel op die voorgeskrewe
manier
vertoon.
Namens respondent het mnr
Delport
(m
i,
tereg) aanvaar dat die verwysing na
Wet 54 van 1976 bloot,
gerieflikheidshalwe, 'n inlywing is van die gelde
wat
die/
17.
die Minister van tyd tot tyd vasstel; op dié wyse is
die
gelde wat in art 3(1) genoem word, gekwantifiseer. Hierdie
metode van
wetgewing, nl inkorporasie deur verwysing, is 'n
welbekende en toelaatbare
een (Steyn;
Die Uitleg van Wette
,
5e uitgawe, 181 - 182;
Craies on Statute Law
, 7e uitgawe,
223 - 224). Dit is weliswaar geykte reg dat die liggaam
aan wie
diskresionêre magte verleen is, in die reël nie
daardie magte aan
'n ander persoon of liggaam kan delegeer
nie (Steyn, 222), maar dit het nie
hier gebeur nie.
Die bepaling in art 3(1) dat.die gelde dié is wat
die
Minister vasstel kom nie daarop neer nie. Ter onder-
steuning van
respondent se ontkenning dat die Minister
se tarief wel toepaslik (op
herinspeksies by respondent
se perseel) is, is egter betoog dat by
gebreke
aan/
18.
aan 'n uitdruklike bedoeling tot die teendeel, of 'n uitdruklike
toevoeging daartoe, sal die tariewe wat deur verwysing geïnkorporeer
word
dieselfde inhoud hê as wat dit gehad het in die Wet waaruit dit
geïnkorporeer is; kragtens art 21 kon die Minister
slegs tariewe bepaal
waar die vleis by die abattoir herondersoek is; sou hy tariewe vir herinspeksie
van vleis by respondent se perseel
bepaal,handel hy
ultra vires
en sou
sodanige tariewe nietig wees; verwysing daarna sou nie meebring nie dat daar aan
tariewe wat geen regskrag het nie deur die
blote ver-wysing daarna nou skielik
regskrag verleen word. 'n Soort-gelyke betoog is deur die verhoorhof
gehandhaaf.
Ek kan met die betoog nie saamstem nie. Die feit dat die Minister se
bevoegdhede deur art 21
beperk/
19.
beperk is, doen nie afbreuk nie aan appellant se wyer
bevoegdheid om van die Minister se syfers gebruik te maak vir ander doeleindes,
nl, om herinspeksietariewe by plekke wat nie tot sy abattoir beperk word nie vas
te stel. Daar is niks wat appellant verhoed het
om die gelde wat die Minister
vasgestel het toe te pas op omstandighede wat binne sy bevoegdhede val, maar wat
verder strek as dié
ten opsigte waarvan die Minister tariewe kon vasstel.
En, weens die betekenis van art 21 (en veral dat herinspeksies by respondent
se
perseel nòg die gebruik van appellant se abattoir nòg die
verrigting van 'n diens daarstel) word art 3(1) nie deur
art 21(4) geraak
nie.
Appellant/
20.
Appellant was wel gemagtig om gelde
vas
te stel vir herinspeksie van vleis
al het dit by
respondent se perseel plaasgevind. Die bron van
sulke
magtiging is art 132(11) van die Ordonnansie op Plaaslike
Bestuur,
17 van 1939(T). Vanaf 1958, as gevolg van
wysigings deur art 11(b) van
Ordonnansie 16 van 1955, art
5 van Ordonnansie 17 van 1955 en art 1 van Ordonnansie 17
van 1958
teweeggebring, het dit gelui:
"132. Die raad kan van tyd tot tyd verordeninge opstel, verander en intrek vir
alle of enige van die volgende doeleindes,naamlik
-
(11) om die vertoning aan die
raad
van alle vleis of geslagte diere bestem vir menslike verbruik of om verkoop
te word wat in die munisipale gebied gebring of vervoer
word deur die eienare of
ontvangers daarvan, en op hulle koste, te verplig en te reël, sodat sulke
vleis of
geslagte/
21.
geslagte diere deur die raad geïnspekteer of goedgekeur kan word, om die
brandmerk of stempel van sulke vleis of geslagte diere
te reël en om die
verkoop of gebruik te belet van sulke vleis of geslagte diere totdat dit deur
die raad geïnspekteer en
goedgekeur is en om die gelde vas te stel wat
betaal moet word ten opsigte van so-danige inspeksie, brandmerk of stempel; Met
dien
verstande dat waar die vleis van enige dier aan 'n inspeksie vir
gesondheidsdoeleindes ingevolge hierdie subartikel of enige ander
wet onderwerp
is, geen inspeksie-gelde ten opsigte van 'n tweede of latere inspeksie van
sodanige vleis betaalbáar is nie
tensy -(a) sodanige dier geslag is op 'n
plek wat verder as vyf-en-sewentig myl is van die plek af waar sodanige tweede
of latere
inspeksie uitgevoer word; of
(b)/
22.
(b) sodanige vleis per spoor ver-voer is te eniger tyd na
so-danige inspeksie vir gesond-
heidsdoeleindes
wat sodanige tweede of latere
inspeksie onmiddellik voorafgegaan het: Voorts met dien verstande dat ondanks
andersluidende bepalings
in hierdie Ordonnansie of in enige ander wet vervat,
die Administrateur enige geldetarief wat ingevolge hierdie subartikel deur die
raad vasgestel is, kan wysig, en by kennisgewing in die
Offisiele Koerant van
die Provinsie
gee hy gevolg aan sodanige wysiging."
(Onlangs, ingevolge art 11 van Ordonnansie 16 van 1986 is
bogemelde
voorbehoudsbepalings geskrap). Die bevoegdheid
om kragtens art 132(11)
verordeninge op te stel ten opsigte
van die "vertoning" en "inspeksie" van
vleis kan klaarblyklik
nie beperk word tot dié wat by 'n raad se
abattoir geskiednie.
Om/
23.
Om dié rede is 'n saak soos
Germiston Municipality
vs
Rand Cold Storage Co Ltd
1913 T P A 530 onderskeibaar;
Het appellant egter kragtens art
132(11)
opgetree? Of is art3(l) opgrond
van art 80(22) van
Ordonnansie 17 van 1939 uitgevaardig (soos wat mnr
Delport
in sy aanvullende betoogpunte aangevoer het)?
Nog
Administrateurskennisgewing 256 nòg
Administrateurs-
kennisgewing 1535 dui aan wat hulle magtigende
bepaiing
is. Art 80(22), in die mate wat dit ter sake is, bepaal:
"80. Die raad kan van tyd tot tyd veror-deninge uitvaardig, verander en herroep
vir alle of enige van die volgende doel-eindes, naamlik
-
(22) om die gebruik en bestuur te
reël van munisipale slaghuise en depôts vir die inspeksie van melk en
geslagte vleis
en in
verband/
24. verband daarmee gelde te hef
Ek sal, ten gunste van respondent, veronderstel dat dit nie appellant magtig
om gelde te hef vir handelinge, soos 'n herinspeksie,
wat nie by die abattoir
plaasvind nie. Ek veronderstel ook dat appellant se aanvanklike
abattoirverordeninge ingevolge art 80(22)
opgestel is. Maar dit volg nie dat die
wysiging van art 3(1) nie krag-tens art 132(11) uitgevaardig kon gewees het nie.
Dit is dalk
'n buitengewone verskynsel maar in beginsel kan daar, m i, geen
beswaar wees teen die gebruik van een magtigende bevoegdheid om 'n
stuk
gedelegeerde wet-gewing uit te vaardig en die gebruik van 'n ander om dit te
wysig. In die onderhawige geval, om die
redes/
25.
redes wat volg is ek tevrede dat die invoeging in art 3(1)
van "en die gelde gehef ten opsigte van die her-inspeksie van slagtersvleis
wat
vanuit gebiede geleë buite die munisipale gebied ingebring word" ingevolge
art 132(11) moes geskied het.
Op 'n behoorlike uitleg van art 3(1) is ek die
mening toegedaan dat "herinspeksie", soos daarin gebruik, nie betrekking slegs
op dié
wat by appellant se abattoir plaasvind,het nie; dit behels ook
ondersoeke by ander plekke (bv respondent se perseel). Enige ander
vertolking
sou neerkom op 'n onnodige beperking van die gewone betekenis van die woord. Dit
is nie dubbelsinnig nie. En die feit
dat appellant bewus moes gewees het
van/
26.
van die Minister se beperkte bevoegdhede kragtens art 21(1)
is niksbeduidend nie.
Non constat
dat appellant in art 3(1) bedoel het om
voorsiening te maak vir soort-gelyke beperkte gelde. Soos sal blyk, was sy
bedoeling eerder
die teenoorgestelde. Selfs as hierdie tipe herinspeksietariewe
as 'n las beskou word (in verband waarmee kyk Steyn, 272) is daar
geen ruimte
vir 'n beperkende uitleg nie.
Daar is in iedere geval aanduidings of
hulpmiddele wat teen so 'n uitleg indruis. Omringende omstandighede kan gebruik
word om lig
te werp op die betekenis van 'n wet (Steyn, 155 - 157). Een van
hulle is die stand van die vorige wetgewing. Ek het alreeds
aangedui/
27.
aangedui wat die ongewysigde bewoording van art 3(1)
was.
Dit het geen uitdruklike voorsiening vir herin-speksietariewe bevat nie.
Vermoedelik was appellant se houding om op dié
wat die Minister, kragtens
art 21, vasstel, staat te maak. Maar soos alreeds bevind, sou sodanige gelde
slegs betrekking gehad het
op herin-speksies by appellant se abattoir. Toe is
art 3(1) ge-wysig tot sy huidige bewoording. Dit wil voorkom asof dit daarop
gemik
is om ook herinspeksies buite appellant se abattoir te dek. Hierdie
slotsom word versterk deur die volgehde oorweging. Die herinspeksie
waarna
verwys word in art 3(1), is ten opsigte van vleis "wat vanuit gebiede gelee
buite die munisipale gebied inge-bring word".
Art 212(a) maak voorsiening vir
sodanige
herinspeksie/
28.
herinspeksie "by sodanige ... plekke as wat die Raad ...
gelas". Dit moet aangeneem word dat appellant bewus was, toe art 3(1) gewysig
is, van sy breë be-voegdhede kragtens art 212(a) asook dat in die praktyk
herinspeksies by plekke anders as sy abattoir plaasvind.
Dit is 'n verdere
aanduiding dat wat in art 3(1) beoog is, is om gelde vas te stel ten opsigte van
alle her-inspeksies waar ook al
hulle (in appellant se gebied) gedoen word. En
die artikel moet gelees word sodat dit onderhewig is aan voorvereistes (a) en
(b)
van die voorbehoudsbepaling van art 132(11). In die huidige geval was dit
(ten opsigte van (a)) gemeensaak dat die abattoir te Kimberley
meer as 75 myl
(of sy ekwivalent
29.
in kilometers) vanaf respondent se perseel is. Art 2 van
appellant se Abattoirverordeninge bepaal dat ingeval hulle strydig is met
Wet 87
van 1967 of die regulasies wat kragtens die Wet by Goewermentskennisgewing R
3505 van 9 Oktober 1969 afgekondig is, die wet
en regulasies geldig is. Ons is
nie verwys na enige sodanige teenstry-digheid nie.
Om op te som, ek is van
mening dat op grond van art 3(1) van appellant se Abattoirverordeninge, soos
gewysig, appellant bevoeg is
om vir herinspeksie van vleis, bedoel vir menslike
gebruik, wat binne sy gebied ingebring word, die tariewe te hef wat die Minister
van Landbou en Visserye kragtens sy brief
gedateer/.
30.
gedateer 6 Oktober 1981 vasgestel het, ongeag of so-danige
herinspeksie by appellant se abattoir plaasge-
vind het al dannie; dat appellant bygevolg geregtig is op betaling deur
respondent van die bedrag van Rll 568,82; en dat die hof a
quo
verkeerdelik appellant se eis afgewys het.
Met die aanvang van die appèl is twee aansoeke (kragtens 'n
Kennisgewing van Mosie gedateer 22 Julie 1987) namens appellant
gedoen. Die een
was om die naam van respondent te wysig vanaf Renswyk (Eiendoms) Beperk tot
"Renswyk Slaghuis (Eiendoms) Beperk".
Dit is toegestaan. Die tweede was vir
regstelling van, soos dit gestel is, 'n moontlik gebrekkige kennisgewing
van/
31. van appèl. Dit rig die appèl "teen die uitspraak
in geheel". Dit wil voorkom asof sodanige kennisgewing genoegsame
nakoming van
Appèlafdeling Reël 5(2) is (
Holland vs Deysel
1970(1) S A
90(A)). Namens re-spondent is toegegee dat geen regstelling van die
kennis-gewing nodig is nie. Appellant moet egter
die koste van die aansoeke
betaal (soos wat hy ook aangebied het om te doen). Nog een verdere punt wat
koste betref. Appellant is
m i, geregtig op die fooie van twee advokate. Dit is
blykbaar 'n toetssaak hierdie wat van belang vir die partye is; en dit was ook
nie oninge-. wikkeld nie (soos die verskil van mening onder my Kollegas
aantoon).
Ek maakdie volgende bevel:
32.
(1) Behoudens die bevel gemaak in paragraaf (2), word
die appèl met koste, insluitende die koste van twee advokate,
gehandhaaf;
(2)
Die koste verbonde aan die
Kennisgewing van Mosie gedateer 22 Julie 1987 word deur appellant
betaal;
(3)
Die bevel van die Verhoorhof word
tersyde gestel en met die volgende
vervang:
"Die verweerder word gelas
tot betaling van:
(a) die bedrag van Rll
568,82;
(b) rente teen 11% p a vanaf die datum van betekening van die dagvaarding tot
datum van betaling;
(c) koste van die geding."
H H NESTADT,
AR
CORBETT, AR STEM SAAM