Trans-Natal Steenkookorporasie Bpk v Lombard and Another (182/1987) [1988] ZASCA 54 (23 May 1988)

70 Reportability

Brief Summary

Mining Law — Prospecting rights — Renewal of prospecting agreement — Appellant exercised option to renew prospecting agreement by notifying subsequent landowner — Respondents claimed entitlement to payment based on original agreement — Legal question whether notification to subsequent owner sufficed to bind original owners — Court held that original owners retained rights to payment upon proper exercise of option, and notification to subsequent owner did not negate their entitlement.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1988
>>
[1988] ZASCA 54
|

|

Trans-Natal Steenkookorporasie Bpk v Lombard and Another (182/1987) [1988] ZASCA 54 (23 May 1988)

LL
Saak No 182/1987
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
Insake die appèl van:
TRANS-NATAL STEENKOOLKORPORASIE
BEPERK
Appellant
teen
GERTRUIDA MARIA LOMBAARD
Eerste
Respondent
en
CATHARINA ELIZABETH THEUNISSEN
Tweede Respondent
CORAM
: VAN HEERDEN, HEFER, SMALBERGER,
LL STEYN et KUMLEBEN ARR
VERHOORDATUM
: 7 MEI 1988
LEWERINGSDATUM
: 23 MEI 1988
UITSPRAAK
/
VAN HEERDEN AR....
2.
VAN HEERDEN AR
:
Behoudens bepalings wat nie tans ter sake is
nie,
verleen art 12 (1) van die Wet op Mynregte (20 van
1967) aan die eienaar van ongeproklameerde, vervreemde
Staatsgrond die
uitsluitende reg om self of deur sy be-
noemde na enige edelmetaal of onedele
mineraal waarop
die reg vir die Staat voorbehou is, op daardie grond
te
prospekteer mits hy 'n toepaslike prospekteerlisensie van
die
mynkommissaris verkry het. Subartikel (2)maakvoor-
siening vir die uitreiking
van sodanige lisensie aan die
betrokke eienaar, en art 25 (1) (c) vir die
toekenning
van 'n mynhuur ten opsigte van enige edelmetaal of
onedele
mineraal oor grond waarop ingevolge 'n lisensie geprospek-
teer
is. Art 19 (1) lui soos volg:
"'n Notariële akte waarby 'n eienaar van grond aan wie 'n
prospekteerlisensie ingevolge arti-
kel 12 van hierdie Wet ....uitgereik is, aan
sy benoemde die reg verleen om op die grond
waarop die lisensie betrekking het, te pros-pekteer na enige edelmetaal of
ondele mineraal waarop die reg ten opsigte van daardie
grond
/aan ...
3.
aan die Staat voorbehou is, tesame met die reg om 'n mynhuur oor die
grónd as benoemde van die eienaar ingevolge artikel 25
(1) (c) van
hierdie Wet te verkry is, ondanks die be-palings van artikel 12 van hierdie Wet,
by registrasie daarvan in die Mynbriewekantoor
bindend vir die regsopvolgers van
bedoelde eienaar."
Te alle saaklike tye tot 3 November 1980 was G M Lombaard en C E Theunissen
("die eiseresse") die eienaresse van die plaas Lisbellow
geleë in die
graafskap van Kliprivier, Natal. Bedoelde plaas was vervreemde Staatsgrond
waarop bogenoemde statutêre bepalings
van toepassing was, en die
éiseresse was die reghebbendes van 'n prospekteerlisensie wat ingevolge
art 12 ten opsigte van
die plaas uitgereik is. Op 22 Desember 1978 het die
eiseresse en die appellant ("die verweerder") 'n notarieel verlyde
benoemingsooreenkoms
aangegaan. Daarvolgens het die eiseresse aan die verweerder
die reg verleen om op 'n gedeelte van die plaas ("die restant") na edelmetale
en
onedele minerale te prospekteer en om ingevolge art 25 (1)
/(c) ...
4.
(c) 'n mynhuur te verkry ten opsigte van sodanige metale en minerale. Die
ooreenkoms sou voortduur vir 'n tydperk van vyf jaar vanaf
9 November 1977 maar
die verweerder kon dit voor verstryking vir 'n "ewigdurende tydperk" ver-leng.
Indien die verweerder 'n mynhuur
sou verkry ge-durende die aanvanklike
prospekteertydperk, of indien hy bogenoemde opsie sou uitoefen, sou 'n bedrag
van R250 per
hektaar aan die eiseresse betaalbaar word.
Die benoemingsooreenkoms is in die Mynbriewe-kantoor geregistreer en daarna
het die eiseresse die plaas aan ene Michau verkoop. Transport
het op 3 Novem-ber
1980 geskied, en die akte het 'n verwysing na die be-noemingsooreenkoms bevat.
'n Addendum tot die koopkontrak
het dan ook bepaal dat indien die verweerder
voornoemde opsie sou uitoefen, die betaalbare vergoeding die eiseresse. sou
toeval.
Hierna het Michau die plaas aan ene Grobbelaar verkoop en in April 1981 is
transport aan laasgênoemde
/gegee —
5.
gegee. Die betrokke akte het ook 'n verwysing na die benoemingsooreenkoms
bevat, maar die koopkontrak het geen melding daarvan gemaak
nie. In besonder is
nie beding dat indien die verweerder die opsie sou uitoefen die ver-goeding die
eiseresse (of Michau) sou toekom
nie.
Die verweerder het nie gedurende die oorspronk-like prospekteertermyn 'n
mynhuur verkry nie maar het op 8 November 1982 'n skrywe
aan Grobbelaar (wat toe
nog die eienaar van die plaas was) gerig. Hierin is met verwys-ing na die
benoemingsooreenkoms die volgende
gesê:
"Hierdie dien as kennisgewing ingevolge
klousule 2.1 van Notariële Benoemingsoor-
eenkoms nr. 40/79 geregistreer in die
Myn-
briewekantoor te Johannesburg op
4 Mei
1979 dat hierdie maatskappy sy reg uitoefen
om voormelde ooreenkoms ewigdurend te ver-
leng.
Ingevolge klousule 3.2 van gemelde ooreen-koms is 'n bedrag van R110 780,30 (Een
Hon-derd en Tien Duisend Sewe Honderd en Tagtig
Rand en dertig sent) aan u betaalbaar (welke tjek hierby aangeheg word)."
Die ingeslote tjek is deur Grobbelaar'aanvaar
/en
...
6.
en die bedrag is aan hom uitbetaal. Hierna het hy en die verweerder
beëdigde verklarings onderteken waarin bevestig is dat die
opsie verleen
deur die benoemingsooreenkoms deur bogenoemde skrywe uitgeoefen is, en het die
Registra-teur van Mynbriewe op sterkte
van die verklarings 'n endos-sement op
die benoemingsooreenkoms aangebring. Dit lui dat die ooreenkoms ewigdurend hernu
is.
Op 12 September 1984 het die eiseresse se pro-kureurs 'n skrywe aan die
verweerder gerig waarin betaling van die som van RllO 780,30
gevorder is. Daarin
is aan-gevoer dat dié bedrag aan die eiseresse betaalbaar geword het
weens die uitoefening van die opsie
vervat in die verweerder se voornoemde
skrywe van 8 November 1972 aan Grobbelaar. Die verweerder se reaksie was dat die
opsie teenoor
die geregistreerde eienaar van die restant uitge-oefen is. In 'n
vorige skrywe het die verweerder egter
gemeld dat dit nie bewus was nie van die addendum tot die koopkontrak tussen
die eiseresse en Michau.
/Nadat ...
7.
Nadat die eiseresse aksie teen die verweerder in die Transvaalse
Provinsialê Afdeling ingestel het, is 'n gestelde saak ingevolge
die
bepalings van Hofreël 33 voorgelê. Daarin is bogenoemde feite
uiteengesit en die
partye se stellings en die tersaaklike regsvraag soos volg
geformuleer:
"B.
EISERESSE SE STELLINGS
:
1.
1.1 Die Eiseresse voer aan dat:
1.1.1 Die Verweerder die opsie vervat in
klousule 3.2 van die
benoemingsoor-
eenkoms Aanhangsel "B" hierby aange-
heg uitgeoefen het
deur skriftelike
kennis daarvan aan Grobbelaar te gee,
en/of dat die
Eiseresse stilswyend
afstand gedoen het van enige verplig-
ting op die
Verweerder om aan die
Eiseresse kennis te gee deurdat hulle
die grond
verkoop en transporteer het,
alternatiewelik, deur betaling te eis
van die
bedrag van RllO 780,30 soos
uiteengesit in Aanhangsel "J4",
alter-
natiewelik deur die uitreiking van
dagvaarding.
1.1.2 Die benoemingsooreenkoms ewigdurend hernu
is;
1.1.3 Hulle geregtig is op betaling van die
/bedrag
...
8.
bedrag van RllO 780,30 vanaf die Ver-weerder uit hoofde van die bepalinge van
die benoemingsooreenkoms.
C.
VERWEERDER SE STELLINGS
:
1. 1.1 Die Verweerder voer aan dat:
1.1.1 Die benoemingsooreenkoms slegs deur skriftelike kennis aan die Eiseresse
voor of op die 8ste November 1982 hernu kon word;
1.1.2 geen sodanige kennis aan die Eiseresse gegee is nie;
1.1.3 die Eiseresse derhalwe nie geregtig geword het op betaling van die bedrag
van RllO 780,30 vanaf die Verweerder nie.
D.
REGSVRAAG
: Of
die Eiseresse in die lig
van die voormelde feite geregtig is, uit
hoofde
van die bepalings van die benoem-
ingsooreenkoms, op betaling van die
bedrag
van R110 780,30 vanaf die Verweerder, al
dan nie."
(Na instelling van die aksie is die eerste eiseres oorlede en het die
eksekutrise van haar boedel, wat die-selfde naam dra, in haar
plek getree.)
Die hof a
quo
het die regsvraag ten gunste van die eiseresse beslis en
die verweerder gevolglik gelas om
/die ...
9
die som van Rll0 780,30 tesame met rente aan die eiseresse te betaal.
Die motivering vir die beslissing kan soos volg saamgevat word:
Vanweë die
bepalings van art 19 van die Wet op Mynregte het die registrasie van die
be-noemingsooreenkoms in die Mynbriewekantoor
"die regte van die eiseresse en
dié van die verweerder teenoor Michau en teenoor Grobbelaar voldoende
beskerm." Gevolglik
was laasgenoemde twee persone verplig om die bepalings van
die benoemingsooreenkoms te duld en was dit onnodig om die addendum tot
die
koopkontrak tussen die eiseresse en Michau aan te gaan (of om soortgelyke
bepalings in die koopkontrak tussen Michau en Grobbelaar
te inkorporeer).
Grobbelaar kon geen regte met betrekking tot prospektering op die restant aan
die verweerder verleen het op die
datum waárop die opsie uitgeoefen is
nie, en die enigste sodanige regte waaroor die verweerder beskik het, het
voortgevloei
uit die ooreenkoms met die eiseresse. Die verweerder , het dan ook
bedoel om die opsie waarvoor die ooreenkoms
/voorsiening ...
10.
voorsiening maak, uit te oefen. Kennis van uitoefening van die opsie is
weliswaar aan Grobbelaar gegee, maar aan-gesien die eiseresse
hul steeds op die
standpunt gestel het dat hulle geregtig op betaling van die opsiebedrag was, is
die enigste redelike afleiding
dat hulle afstand gedoen het van "hulle reg om
die kennisgewing te ontvang".
Met verlof van die hof a
quo
is die onderhawige appèl gerig
teen die bevel wat op bostaande bevindings gefundeer was. In hierdie hof was die
enigste betoog
van die eiseresse se advokaat egter dat die verweerder verplig
geword het om voornoemde bedrag aan hulle te be-taal toe sy skrywe
van 8
November 1982 Grobbelaar bereik het, en dat 'n afstanddoening aan die kant van
die eiseresse derhalwe onnodig was. As ek die
betoog reg verstaan, kom dit
daarop neer dat kennis van die uitoefening van die opsie juis aan Grobbelaar, en
nie aan die eiseresse
nie, gegee moes word. In hierdie verband is uitsluitlik 'n beroep op die
bepalings van art 19 van die Wet op Myn-
/regte.....
11.
regte gedoen. Omdat die geregistreerde benoemingsooreen-koms Grobbelaar, as
'n verwyderde regsopvolger van die eiseresse, gebind het,
so is aangevoer, moes
hy kennis van die uitoefening van die opsie gekry het want dit het
meegebring dat hy aan die verlengde benoemingsooreenkoms gebonde was.
Die eiseresse se advokaat het ook verwys na be-palings van die ooreenkoms
waarvolgens die "eienaars" on-derneem het om "geen oorheersende
regte oor die
regte hierin toegestaan te verleen nie", en om, indien die ver-weerder aansoek
wou doen vir die verkryging van 'n mynhuur,
op versoek van die verweerder hul
titelbewyse beskikbaar te stel vir daardie doel. Hoewel die "eienaars" as die
oorspronklike eiseresse
omskryf is, is betoog dat bo-. genoemde verpligtings op
Michau, en later op Grobbelaar, oorgegaan het, en dat laasgenoemde uiteindelik
die enigste persoon was wie se verpligtings deur die opsie geraak was.
In wese kom die betoog dus daarop neer dat al
/die ...
12.
die eiseresse se verpligtinge ingevolge die ooreenkoms eers op Michau en
later op Grobbelaar,
qua
nuwe eienaar, oorgegaan het, en dat aangesien
uitoefening van die opsie verdere verpligtings vir Grobbelaar geskep het, kennis
daarvan
aan hom gegee moes word. Die eiseresse se regte het egter nie ook aldus
oorgegaan nie, en hulle het dus op betaling van die opsiebedrag
geregtig geword
toe die opsie wel behoorlik uitgeoefen is.
Art 19 bepaal slegs dat 'n geregistreerde be-noemingsooreenkoms die
regsopvolger van 'n eienaar bind. Dit spreek dus vanself dat laasgenoemde
'n
uitoefening van die benoemde se regte moet duld. Wat nie so duidelik is nie, is
of al die eienaar se verpligtinge op die regsop-volger
oorgaan. Volgens algemene
beginsels sou 'n dele-gasie hiervoor nodig wees, netsoos 'n oordrag van die
eienaar se regte 'n sessie
sou behoef. Die bepalings van die ooreenkoms waarop
die respondent se advokaat ge-steun het, bring 'n mens niks nader aan 'n
oplossing
nie
/want ...
13.
want 'n dulding van die appellant se basiese regte, nl om te prospekteer en
om 'n mynhuur te verkry, hou uiteraard in dat 'n regsopvolger
geen strydige
regte aan 'n derde kan verleen nie en dat hy moet. meewerk ter behoorlike
benut-ting van bedoelde regte.
Die enigste geval waarin 'n regsopvolger volle-dig in die skoene van 'n
voormalige eienaar tree, selfs in die afwesigheid van 'n sessie
en 'n delegasie,
doen hom voor by toepassing van die reël "huur gaat voor koop". Indien die
eienaar sy verhuurde grond aan 'n
derde oordra en die huurkontrak laasgenoemde
bind, tree hy as nuwe eienaar in die plek van die voormalige eienaar. Hy word
dus o
a geregtig op betaling van huurgeld maar is ook gebonde aan al die
voormalige eienaar se verpligtinge, of altans dié waarvan
die huurder se
gebruiksregte die keer-sy is:
Kessoopersadh en 'n Ander v Essop en 'n
Ander
1970 (1) SA 265
(A) 283.
/Indien ..
14.
Indien hierdie reël ook in
casu
van toepassing sou wees, sou bes
moontlik gekonkludeer kon word dat ken-nis van die uitoefening van die opsie aan
Grobbelaar, as
volledige regsopvolger van die eiseresse ten aansien van die
benoemingsooreenkoms, gegee moes word. Maar dan sou Grobbelaar ook op
betaling
van die opsiesom geregtig ge-word het. Weliswaar het die eiseresse teenoor
Michau die reg voorbehou om betaling van bedoelde
som te ontvang, maar die
verweerder was nie daarvan bewus nie en bowendien het geen sodanige voorbehoud
teenoor Grobbelaar geskied
nie. Dit volg dus dat dit die eiseresse geensins baat
nie indien veronderstel word dat die genoemde reël 'n uit-vloeisel van
art
19 is.
Ek is nie bewus van enige ander grondslag waar-volgens die nuwe eienaar se
verpligting tot dulding,inge-volge art 19, kan meebring
dat die bepalings van 'n
be- noemingsooreenkoms 'n metamorfose kan ondergaan nie. In die besonder kan ek
nie insien hoe dit tot gevolg
kan hê
/dat ...
15.
dat die nuwe eienaar as skuldenaar volledig in die skoene van die ou eienaar
tree nie. Maar in elk geval is daar in
casu
ten opsigte van die
uitoefening van die opsie nie sprake van 'n verpligting van die ou eienaar wat
op die nuwe eienaar kan oorgaan
nie. 'n Geldige uitoefening sou weliswaar vir
Grobbelaar bind, maar hy was nooit verplig om die uitoefening te "aanvaar" nie;
net
so min as wat die eiseresse ooit so 'n verpligting gehad het. Vanweë
die verlening van die opsie kon die eiseresse nie regtens
die bedingde aanbod om
die ooreenkoms te hernu, herroep nie, maar geen medewerking van hulle kant was
nodig om uitoefening van die
opsie moontlik te maak nie. Die verweerder se reg
om die aanbod te aanvaar het dus nie as teenoorgestelde pool 'n verpligting vir
die eiseresse ge-skep nie, behalwe in die oneigentlike sin om nie die
uit-oefeningshandeling te fnuik nie.
Die eiseresse se advokaat moes toegee dat sy betoog, indien gegrond, inhou
dat indien die verweerder die
/opsie ...
16.
opsie teenoor hulle uitgeoefen het nadat hulle transport van die plaas aan
Michau gegee het, die ooreenkoms nie geldiglik verleng
sou gewees het nie. Dit
is na my mening 'n absurde konsekwensie. Nie net bepaal die oor-eenkoms dat die
opsie deur kennisgewing aan
die eiseresse uitgeoefen moet word nie, maar dit
maak voorsiening dat o a kennisgewings"vir die doeleindes van en in verband met"
die ooreenkoms aan omskrewe adresse gegee kan word. As die opsie uiteindelik
slegs teenoor Grobbelaar uitge-oefen kon word, sou die
verweerder dus ontneem
wees van die bevoegdheid om sy kennisgewing na bedoelde adresse te stuur of daar
af te lewer; ook onder omstandighede
waarin Grobbelaar nie gevind kan word
nie.
In die alternatief is betoog dat die kennis-gewing onder bespreking aan
òf die eiseresse òf Grobbelaar gegee kon word.
Hierdie betoog is
egter nie deur enige motivering onderskraag nie en is klaarblyklik
onhoudbaar.
Hoewel die eiseresse se advokaat nie getrag het
/om ...
17.
om die benadering van die hof a
quo
ten aansien van af-standdoening te
ondersteun nie, is dit nodig om dit kortliks te behandel. My eerste probleem is
dat die verweerder
nooit beoog het om 'n verdere regsband tussen hom en die
eiseresse tot stand te bring nie. Die ooreenkoms het in soveel woorde
gestipuleer
dat dit gedurende die oorspronk-like termyn daarvan met skriftelike
kennisgewing aan die eiseresse hernu kan word. Anders as wat
die hof a
quo
bevind het, sou sodanige kennisgewing, en nie betaling van die opsiegeld
nie, 'n verlenging meebring. Die verweer-der het dus 'n reg
verkry om 'n
bedingde aanbod tot ver-lenging op die voorgeskrewe wyse te aanvaar. Hierdie
aánbod is deur die eiseresse gemaak
en aanvaarding moes dus teenoor hulle
geskied. Dit is egter duidelik dat die appellant nie bedoel het om deur die
kennisgewing wat
aan Grobbelaar gerig was 'n ooreenkoms met die eiseresse aan te
gaan nie. Die appellant was naamlik klaarblyklik onder die indruk
dat Grobbelaar
die eiseresse as kontraks-
/party ....
18.
party vervang het. Gevolglik het hy beoog om deur be-doelde kennisgewing 'n
nuwe ooreenkoms met Grobbelaar aan te gaan. En ek vind
dit moeilik om in te sien
hoe h "aanname" teenoor C van h aanbod wat A aan B gemaak het, tot gevolg kan
hê dat h kontrak tussen
A en B tot stand kom. In so h geval is dit nie net
h kwessie van 'n kennisgewing wat aan h verkeerde adres gerig is nie, maar ook
van gebreke aan wilsooreenstemming.
Indien egter ten gunste van die eiseresse ver-onderstel word dat hulle
afstand kon gedoen het van hulle "reg" om kennis van die uitoefening
van die
opsie te kry, stuit hulle voor verdere probleme. Ek wys slegs op een daarvan.
Die opsie moes voor h bepaalde datum uitgeoefen
word. By ontstentenis daarvan
sou die bedingde aanbod tot verlenging outomaties verval. Daar sou dus nie meer
h reg kon wees waarvan
die eiseresse afstand kon doen nie. Kortom, die eiseresse
se "verpligting" om nie die aanbod te herroep nie en die verweerder se
ooreenstemmende
/reg ...
19.
reg om dit te aanvaar, sou uitgewerk gewees het. Ge-volglik kon h gepoogde
afstanddoening na die sperdatum nie herlewing van die verpligting
en die reg tot
gevolg gehad het nie.
h Analogiese posisie geld indien h kontrak onderhewig gestel word aan 'n
opskortende voorwaarde dat iets voor of op 'n bepaalde datum
moet plaasvind;
soos bv dat die koper h lening moet bekom. In 'n aantal Trans-vaalse gewysdes is
die houding ingeneem dat indien
so 'n bepaling ten gunste van slegs een party
verly is, hy ook na die sperdatum van die voordeel daarvan afstand kan doen. In
die
tagtigerjare is egter in drie uitsprake bevind dat h latere afstanddoening
nie tot herlewing van die kontrak kan lei nie:
Phillips v Townsend
1983
(3) SA 403
(K);
Meyerv.Barnardo and Another
1984 (2) SA 580
(N), en
Mekwa Nominees v Roberts
1985 (2) SA 498
(W). Ek hoef slegs te sê
dat ek ten volle saamstem met die ge-volgtrekkings wat in hierdie drie sake
bereik is.
/
In
....
20.
In casu
het die eiseresse in die gestelde saak in eerste instansie
gesteun op 'n afstanddoening wat tot stand sou gekom het deurdat hulle
die plaas
verkoop en getransporteer het. Tereg is nie in die hof a
quo
getrag om
daarop peil te trek nie. In tweede instansie is aangevoer dat die eiseresse se
aandrang op betaling van die opsie-geld
'n afstanddoening gekonstitueer het. Dit
het egter lank na die sperdatum gebeur.
In die verbygaan kan daarop gewys word dat hier-die hof in
Laws v
Rutherfurd
1924 AD 261
, blykbaar aan-vaar het dat 'n aanbieder afstand kan
doen van die reg om in kennis gestel te word van die uitoefening van 'n opsie.
In daardie saak het die gedraginge waarop gesteun is egter geskied voor die
laaste dag waarop die opsie uitgeoefen kon word.
Dit volg dus dat al sou die eiseresse afstand van voornoemde reg kon gedoen
het, 'n gepoogde afstanddoening na die sperdatum sonder
regsgevolge was.
/Die ...
21.
Die appèl slaag derhalwe met koste en die bevel van die hof a
quo
word gewysig om te lui:
"Die eiseresse se vordering word met koste
afgewys."
H.J.O. VAN HEERDEN AR
HEFER AR
SMALBERGER
STEM SAAM
STEYN AR
KUMLEBEN AR