About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1988
>>
[1988] ZASCA 53
|
|
S v Cleophas (55/88) [1988] ZASCA 53 (21 May 1988)
IN DIE HOOGGERGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPèLAFDELlNG
In die saak tussen
A
DRIAAN CLEOPHAS
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: HEFER, STEYN,ARR et VILJOEN Wrn AR.
AANGEHOOR
:16 MEI 1988.
GELEWER
: 21 MEI 1988.
UITSPRAAK
HEFER AR
:
Die appellant is in 'n streekhof skuldig bevind
aan openbare geweld en gevonnis tot vyf jaar gevangenis-
straf waarvan die helfte voorwaardelik opgeskort is. Sy
appèl 2
2.
appèl is slegs teen die vonnis gemik.
Volgens die aanvaarde getuienis het 'n
aantal
polisiemanne die dag waarop die misdaad
gepleeg is, patrol-
liewerk met 'n polisiemotor gedoen in die Belville-suid ge-
bied. Hulle het op 'n skare jeugdiges afgekom wat klippe
in hulle hande gehad het. Die appellant was een van hulle
en klaarblyklik
een van hulle leiers. Hy het 'n klip na
die voertuig gegooi waarop ander
jeugdiges sy voorbeeld ge-
volg het. Slegs die klip wat deur appellant gegooi
is,
het die motor getref en geringe skade aan die enjinkap
aangerig. Twee
van die polisiemanne het uitgespring en
twee traanrookgranate na die skare
gegooi. Dit was genoeg
om die oproeriges op die vlug te laat slaan. Die ap-
pellant is kort daarna weer in die omgewing opgemerk en
ge-
arresteer 3
3. arresteer.
Appellant was tydens die voorval 'n 20 jarige student in sy
eerste jaar aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Tydens die verhoor
het sy
vader egter gesterf met die gevolg dat hy verplig was om sy studies te staak en
werk te gaan soek ten einde sy moeder en familie
te onderhou. Hy was 'n eerste
oortreder.
In hierdie hof is namens appellant aangevoer dat die
verhoorlanddros verskeie mistastings begaan het in sy uitspraak op vonnis. Ek
is
nie van voorneme om die betoog volledig te bespreek nie aangesien, soos ek
aanstons sal aantoon, die opgelegde vonnis in elk geval
nie instand ge-hou kan
word nie.
Die verhoorlanddros het die vraag na 'n gepaste
vonnis 4
4.
vonnis aan die hand van vier faktore benader. Die eerste
was die feit dat
die appellant 'n jeugdige eerste oortreder
was, die tweede dat hy aangebied
het om die skade wat hy
aangerig het te vergoed; die derde was die erns van
die
misdaad en die vierde die belange van die gemeenskap. Wat
die eerste
betref het die landdros opgemerk :
"In u geval gaan die hof die klem baie sterk laat val op die feit dat u jonk
is en dat u gelukkig genoeg tot op hierdie stadium nog
'n skoon blaadjie in die
lewe gehad het. "
Wat die tweede faktor betref, het hy opgemerk :
"'n Ander baie belangrike faktor wat mnr Mar-low aansny is Hiemstra se
houding (en die Hof verstout hom om te sê ook die van
die Howe) dat die
aanbod om vergoeding as straf-
versagtend gehanteer behoort te word. So 'n aanbod gaan dikwels ook hand aan
hand met 'n gevoel van skuld, 'n gevoel van jammerte
en spyt oor wat gedoen
is."
Ten 5
5.
Ten opsigte van.die erns van die misdaad is die volgende
genotuleer:
"Die Hof kom tot die gevolgtrekking dat,waar ernstig 'n relatiewe term is,
die misdaad wat u gepleeg het, potensieël ernstig
was. Die Hof het begrip
vir mnr Marlow se stel-ling dat wanneer 'n mens kyk na die leer van ernstige
misdade en voorvalle en insidente,
hierdie nie 'n besondere ernstige een was
nie. Die Hof gaan die klem met betrekking tot die erns van die misdaad op
hierdie ge-volgtrekking
laat val."
Waarom die misdaad as "potensieel ernstig" beskou is,
blyk uit die volgende passasie:
"Die stelling is gemaak dat lewens nie juis in gevaar was nie. Die Hof vind
dit moei-lik om die Hof se denke met hierdie stelling
te vereenselwig. Wanneer
enkele persone in 'n voertuig in 'n straat is waar 'n groep van tussen twintig
en veertig persone is en
daar-die groep optree soos ander mense normaalweg ten
opsigte van 'n giftige slang optree, word 'n potensiële plofbare situasie
geskep. Om
sonder 6
6.
sonder meer tot die gevolgtrekking te ge-raak dat daar nie
lewensgevaar is nie, is om kort te val met betrekking tot die werk-likhede
van
die situasie. Die Hof gaan hom nie blindstaar teen die potensiële gevaar
waarin die polisie-beamptes was nie. Vanweë
hulle optrede, onder andere,
het dit geluk-kig sover dit menselewens en gesondheid aan-betref,
potensieël gebly.
Dit is dan ook uitsluitlik (as die Hof die getuienis reg verstaan)
vanweë die poli-sie-optrede alleen dat die voorval beëindig
is sonder
dat dit in 'n treurspel ontaard het. Na die oordeel van die Hof sal die Hof
ver-keerd wees as die Hof hierdie voorval heelte-mal
in isolasie beskou. Die Hof
behoort na die oordeel daarvan, dit teen die agtergrond te sien van heersende
landsomstandighede.
Dit is nou eenmaal so dat 'n vuurhoutjie wat getrek word, opsigself seker nie
gevaar-lik is nie, maar wanneer dit by 'n kruitvat gebring
word, verander die
omstandighede dramaties."
Wat die belange van die gemeenskap betref, is opgemerk:
"In die finale fase van vonnisoorweging
bly 7
7.
bly die Hof steeds gedagtig daaraan dat dit tradisioneel die houding van die
Howe is om gemeenskapsbelange nie so skerp in fokus te
draai nie en dat die
belange van die beskul-digde baie sterk op die voorgrond moet tree. Die Hof trag
om presies dit te doen."
Met geeneen van hierdie opmerkings is enigsins
fout te vind nie. Word die verhoorlanddros se slotop-
merkings daaraan
toegevoeg, word die leemte in die uit-
spraak egter geopenbaar. Dit lui soos
volg:
"Die Hof het baie ernstig nagedink oor die gevolge wat effektiewe
gevangenisstraf vir u sal hê. Dit is duidelik uit wat u in
getuienis aan
die Hof voorgehou het dat direkte gevangenisstraf nie net vir u nie, maar ook
veral vir u gesin waarvan u nou
broodwinner is, sal tref .
Nadat die Hof na die oordeel van die Hof niks buite rekening gelaat het nie,
meen die Hof dat die volgende 'n gepaste
straf is
Die vonnis is een van
VYF (5) JAAR
GEVANGENISSTRAF
...8
8.
GEVANGENISSTRA
F. Na 'n rype beraad skort die Hof daarvan twee en 'n
half jaar gevangenis-straf vir vyf jaar op. Die voorwaarde is---
Wat dadelik opval is dat geen werklike redes ver-strek is vir die besluit om
die appellant vir 'n aansien-like tyd na die gevangenis
te stuur nie.
Vroeër in die uitspraak is te kenne gegee dat dit 'n geval is waarin sterk
klem gelê moet word op die beskuldigde
se jeugdig-heid en op die feit dat
hy 'n eerste oortreder is, en waarin sy belange voorrang moet geniet bo
dié van die gemeenskap.
Dit was die verhoorhof se eie beskouing net soos
wat dit die hof se eie beskouing was dat die aanbod om die aangerigte skade te
vergoed
(waaraan gevolg gegee is in die opskortingsvoorwaardes) 'n "baie
belangrike
faktor" 9
9. faktor" is. En dit was ook die
verhoorhof se eie be-skouing dat die misdaad slegs "potensieël ernstig" was
en geen werklike
ernstige gevolge gehad het nie. Waar-om nogtans besluit is om
die appellant enigsins na die gevangenis te stuur, word nie in die
uitspraak
vermeld nie. 'n Vonnis van 2 1/2 jaar effektiewe gevangenisstraf is boonop
sekerlik nie 'n ligte een nie en vra 'n mens
jou-self af waarom dit opgelê
is nieteenstaande al die (vir die appellant) gunstige bevindings blyk die
antwoord nie uit die
aangevoerde redes nie. Die hof het nie te kenne gegee dat
die erns van die misdaad so'n vonnis reg-verdig nie - trouens, die trant
van die
uitspraak is dat dit nié ás besonder ernstig beskou is nie. Daar
is dus geen denkbare rede waarom dit opgelê
is nie en die gevolg-
trekking 10
10.
trekking is onvermydelik dat die landdros sy diskresie by vonnisoplegging nie
redelik of behoorlik uitgeoefen het nie.
Waar dit derhalwe nou die taak van
hierdie hof is om 'n gepaste vonnis op te lê, kan die verhoorhof se
beskouing dat die misdaad
nie besonder ernstig was nie, nie buite rekening
gelaat word nie. Op basis daarvan en van die appellant se persoonlike
omstandighede
waarop ek dit nie nodig ag om uit te wei nie, meen ek dat hy die
keuse van 'n boete gelaat moet word maar dat 'n opgeskorte termyn
gevangenisstraf daáraan toegevoeg behoort te word.
Die appèl
word gehandhaaf tot die mate dat die opgelegde vonnis tersyde gestel word en
vervang word met die volgende:
"Die 11
11.
"Die beskuldigde word gevonnis tot 'n boete van R750 (betaalbaar voor of op
30 Junie 1988) of 1 jaar gevangenisstraf, plus 'n verdere
3 jaar gevangenisstraf
wat vir 5 jaar opgeskort word op voorwaarde
1. dat die beskuldigde 'n bedrag
van R50 by wyse van vergoeding voor of op 30 Junie 1988 aan die Suid-Afrikaanse
Polisie te Bel-ville betaal (indien hy dit nie reeds
betaal het nie)
en
2. dat hy nie skuldig bevind word
aan openbare geweld of enige an-der misdaad wat geweld teenoor die persoon of
goedere van 'n ander as element het en ten op-sigte
waarvan hy gevonnis word tot
minstens 12 maande gevange-nisstraf sonder die keuse van 'n
boete nie."
J J F HEFER AR. STEYN AR VILJOEN Wrn
AR.