About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1985
>>
[1985] ZASCA 135
|
|
S v Ramovha en 'n Ander (148/85) [1985] ZASCA 135; [1986] 2 All SA 37 (A) (29 November 1985)
260/85
/mb
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPeLAFDELING
)
In die saak tussen:
DAVID BOOI RAMOVHA
EERSTE APPELLANT.
PHILLEMON MAKHUVHA
TWEEDE APPELLANT
en
DIE STAAT
. ... RESPONDENT
Coram
: KOTZe, JOUBERT, HEFER, BOSHOFF, ARR
et NICHOLAS, WAR
Verhoordatum
: 21 NOVEMBER 1985
Leweringsdatum:
29 NOVEMBER
1985
UITSPRAAK
BOSHOFF
, AR
Die twee appellante is in die Hooggeregshof
van Venda deur van Dijkhorst R en twee assessore skuldig
bevind/
2.
bevind aan die moord op Timothy Nyathi. Daar was
geen versagtende omstandighede nie en hulle is ge-
volglik die doodstraf opgelê. Hulle aansoek om
verlof om te appelleer is geweier. Die eerste
appellant het 'n versoekskrif aan die Hoofregter ge-
rig om verlof om te
appelleer en dit is ook geweier.
Daarna, in omstandighede wat nie nou ter-
sake is nie en ook nie
onreëlmatig was nie, het die
polisiedossier van die saak in die hande
van die
advokaat van die tweede appellant gekom en daarin
het hy 'n
verklaring gevind wat 'n belangrike getuie
in die saak, ene Phineas Murovhi,
op 27 Julie 1982
aan 'n magistraat gemaak het. (Die verklaring
heet
kragtens art 217(1) van die Strafproseswet (no 51
van/
3.
van 1977) gemaak te gewees het en openbaar Phineas
se betrokkenheid by die moord. Daarvolgens is hy
ten minste skuldig aan begunstiging by die moord op
Timothy Nyathi en dit verklaar heelwaarskynlik waarom
in die stukke voor die hof na die verklaring verwys
word as 'n
bekentenis). Die bekentenis is gemaak
net na Phineas op dieselfde dag
gearresteer is in
verband met die moord op Timothy Nyathi. Phineas
is
aanvanklik saam met die appellante en drie ander
beskuldigdes aangekla maar
die aanklag is uiteindelik
teen hom en twee ander beskuldigdes teruggetrek
sodat
hulle as staatsgetuies gebruik kon word. In sy uit-
spraak toe hy
die appellante aan moord skuldig bevind
het, het die Verhoorregter Phineas
beskryf as die
belangrikste/
4 .
belangrikste staatsgetuie. Die advokaat was van
oordeel dat die bekentenis in sekere opsigte nie
strook met die getuienis wat Phineas in die saak
afgelê het nie en verder dat die prokureur-generaal
wat in die saak vir die Staat opgetree het die be-
kentenis om daardie rede aan die verdediging beskik-
baar moes gestel het.
Hy het dit beskou as 'n onreël-
matigheid of onwettigheid in verband met
die verhoor.
Beide appellante het bygevolg die verhoorhof kragtens
die
bepalings van art 317(1) van voornoemde Wet ge-
nader om op die oorkonde 'n
spesiale aantekening aan
te bring.
Die aansoek is toegestaan en die volgende
spesiale aantekening is
aangebring:
"Die/
5.
"Die Staat het tydens die verhoor versuim om
die bekentenis van Phineas
Murovhi (aanhang-
sel 1 tot die aansoek) beskikbaar te stel
aan die
verdediging onder omstandighede wat
dit vereis het."
Hierdie
spesiale aantekening maak dit vir
die appellante moontlik, weens art 318(1)
van voor-
noemde Wet, om op grond van die beweerde onreëlmatig-
heid
na hierdie hof te appelleer. Die appellante
appelleer nou dus teen hulle
skuldigbevinding op die
grond dat die versuim van die staatsadvokaat om
die
bekentenis van Phineas aan die verdediging beskikbaar
te stel tydens
die verhoor van die appellante, die
appellante daadwerklik benadeel het in
die voer van
hulle saak op die maniere wat dan uiteengesit word
in die
gronde van appèl.
Die/
6.
Die vraag waaraan onmiddellike aandag
gegee moet word is of daar wel 'n onreelmatigheid
gepleeg is want die prokureur-generaal van Venda,
mnr D J Visser, wat
namens die Staat verskyn betoog
dat daar geen onreëlmatigheid gepleeg is
nie.
Dit is nou nodig om te kyk na die feite
wat aanleiding gegee het tot
die spesiale aantekening.
Phineas Murovhi het vir die Staat getuig
en was
gewaarsku as 'n medepligtige. Die Verhoor-
regter het hom beskryf as een van
die belangrikste
getuies van die Staat en bevind dat sy getuienis in
alle
wesenlike opsigte betroubaar is en voortgegaan
om hom 'n vrywaring teen
vervolging te gee.
Soos hierbo aangetoon, is hy aanvanklik
aangekla/
7. .
aangekla as 'n medebeskuldigde. Daarna op
2 Januarie 1983 het hy 'n skriftelike verklaring
aan die polisie gemaak. Gedurende die verhoor
van die saak teen die twee
appellante en die
ander twee beskuldigdes het hy onder kruisonder-
vraging
as volg getuig:
"Behalwe die verklaring wat jy aan die landdros
gemaak het in die ope hof en
wat die twee
advokate nou twee keer aan jou voorgelees het,
het jy enige
ander verklaring aan 'n landdros
gemaak wat hy afgeskryf het in sy
kantoor?....
In verband met hierdie saak? Dit was 'n
verklaring aan die polisie, U Edele.
Wat hulle afgeskryf het? Ja.
MNR VISSER
: (Spreek die Hof toe heeltemal
weg van die mikrofoon
af).
HOF
: Die Prokureur-generaal deel die Hof mee
dat daar wel 'n
verklaring aan 'n magistraat
gemaak is Ja, dit is waar, U Edele.
Dit het my net ontgaan. Ek het 'n tweede
verklaring/
8.
verklaring aan die magistraat gemaak.
Jou verklaring aan die polisie, was dit ten tye
van die uitwysing, net
voor of net na die
uitwysing aan die polisie op die toneel? ....
Die
verklaring wat op skrif gestel is was
gemaak na die uitwysings.
Is wat jy uitgewys het aan die polisie ook
vervat in daardie verklaring? Ja, U
Edele, omdat die persoon wat die foto's ge-
neem het het ook op die papier
geskryf.
Is wat jy uitgewys het, is dit, soos wat jy
dit in diê Hof vertel
het? Ja.
Dan beteken dit mos dat jy op die 9de - omtrent
die 9de Augustus 1982
uitwysing aan die
polisie aan die polisie gedoen het en die hele
verhaal
aan die polisie vertel het, en toe jy
later in die hof kom het jy gesê
jy weet niks
daarvan nie? U Edele, die verklaring wat
ek by die hof
gemaak het voor die magistraat
het ek sommer gepraat want ek was bang dat
die
mense my sou doodmaak as ek die waarheid praat.
Nou die verklaring aan die magistraat wat jy
in sy kantoor gemaak het en wat hy afgeskryf
het, is dit voor of nadat jy in die hof verskyn
het en in die ope hof gepraat het? .... Ek het met
die een by die
kantóor begin, dit is die eerste
verklaring aan die magistraat.
Voor hy in die hof gepraat het? Ja.
Daardie/.......
9.
Daardie verklaring aan die magistraat, het
dit ooreengestem met wat jy aan
die polisie
vertel het, of het dit ooreengestem met wat
jy later in die
hof vir die magistraat vertel
het? My verklaring in die magistraat se
kantoor het ooreengekom met dit wat ek aan
die polisie vertel
het."
Nadat Phineas getuienis afgelê het is hy
teruggeroep om te bepaal of daar 'n rede gegee was
deur die beskuldigdes vir die moord wat gepleeg was.
Volgens hom was daar
geen rede verstrek nie en nadat
hy klaar getuig het is sy polisieverklaring
op ver-
soek aan die verdediging beskikbaar gestel. Uit
die
polisieverklaring het dit egter geblyk dat daar wel
'n rede gegee was.
Ondanks hierdie teenstrydigheid
in die polisieverklaring en sy getuienis het
die
verdediging nie gevra dat hy vir verdere kruisonder-
vraging/
10.
vraging herroep word nie.
Die grondslag waarop die aansoek om 'n
spesiale aantekening gebring was,
was dat daar 'n
wesenlike verskil tussen Phineas se polisieverkla-
ring en
sy getuienis by die verhoor was asook tussen
sy verklaring aan die magistraat
en sy getuienis
by die verhoor.
Ten opsigte van die eerste punt het
die
Verhoorregter as volg verwys na 'n probleem wat die
applikant het:
"Dit is dat daar nie deur sy advokaat gevra
is dat die getuie Phineas Murovhi
herroep
moet word nadat hy getuig het nie. Die
verklaring is beskikbaar
gestel toe die ge-
tuie uit die getuiebank was en waarskynlik
uit die hof
vertrek maar nog nie uit die
hofgebou nie. Daar is geen aansoek gedoen
vir
'n herroeping nie. Daar is nooit, nie
eers/
11.
eers in die betoog, aan die Hof gemeld dat
die getuienis bots met die verklaring van
die getuie aan die polisie nie, indien daar
dan 'n botsing sou wees. Indien dit gemeld
was dan kon die Hof hom herroep het sodat
die verklaring aan hom gestel kon wees.
Al was hy verskoon was hy nog beskikbaar.
Myns insiens is hier geen onreëlmatigheid
gepleeg nie. Die advokaat het die polisie-
verklaring gehad en weens 'n oorsig nie daar-
op gekruisvra nie. Dit is duidelik dat die
verklaring aan hom oorhandig is onmiddellik
nadat 'n antwoord deur Phineas Murovhi gegee
is wat moontlik in stryd is met die ver-
klaring wat die prokureur-generaal gehad het.
Wat betref die polisieverklaring dus kan dit
geen rol speel' by óf 'n spesiale aantekening,
óf die oorweging van 'n spesiale aantekening
nie."
Wat'die tweede punt betref het die ge-
leerde Verhoorregter homself die vraag gevra of die
bekentenis geopenbaar
moes gewees het om die ver-
dediging die geleentheid te gegee het om
Phineas
te kruisvra oor die afwykings tussen die bekentenis
en/
12.
en sy getuienis in die hof. Hy het tot die slot-
som gekom dat volgens die toets wat neergelê is
in
S v Xaba
1983(3) SA 717(A) naamlik, of daar 'n ,
wesenlike moontlikheid bestaan het dat die appli-
kante in die voer van hulle verdediging kon be-
nadeel gewees het, dit
duidelik was dat die
spesiale aantekening gemaak moes word.
Die fundamentele vraag wat
beantwoord
moet word is of die versuim van die Staat om die
bekentenis aan
die verdediging beskikbaar te stel
neerkom op 'n onreëlmatigheid in die
verrigtinge
vir doeleindes van art 317(1) van voornoemde Wet.
In
S v
Mofokeng
1962(3) SA 551 (A) op
bladsy 557 het Williamson AR gesê
dat art 364(1)
van/
13.
van Wet 56 van 1955, soos sy voorganger
"must be read as conferring a right
to apply for a special entry only in
relation to any irregular or illegal
departure from those formalities,
rules and principles or procedure
in accordance with which the law
requires a criminal trial to be
conducted."
Kyk ook
S v Alexander & Others
(1) 1965(2)
SA 796 (A)
op bladsy 809 C - D. Die posisie is soortgelyk onder
art 317
van die Strafproseswet (no 51 van 1977).
In die saak van
S v Xaba
waarna die ge-
leerde Verhoorregter verwys het,is die beslissing in
R v Steyn
1954(1) SA 324 (A) toegepas. In laasge-
noemde saak moes die hof beslis of 'n
verhoorhof
reelmatig opgetree het deur te weier om, nadat ge-
tuies
getuienis afgelê het, te beveel dat die ver-
klarings/
14.
klarings wat hulle aan die polisie gemaak het voor die
verhoor, aan die
verdediging beskikbaar gestel word.
Appèlregter Greenberg het beslis
dat sulke polisie-
verklarings deur privilegie beskerm word en
nie
beskikbaar gestel hoef te word nie. Nadat die ge- leerde
Appèlregter tot hierdie slotsom gekom het,
het hy as volg
verklaar:
"One other matter remains to be mentioned.
In his reasons the learned Chief Justice said:
'Disclosure must
be left to the dis-
cretion of the Attorney-General or his
deputy. The
prosecutor stands in a
special relation to the Court, and,
where there is
a serious discrepancy
between the proof of a Crown Witness
and what he
says on oath at the trial,
the Court has the right to expect that
the
prosecutor will, of his own mo-
tion, direct attention to the fact
and,
unless there is special and cogent
reason to the contrary, make the
state-
ment available for cross-examination.
I may say that this is the
almost in-
variable practice of prosecutors in
this Colony.'
A passage to the same effect appears in the reasons
of Beadle, J, and my
impression is that the same
applies in the courts of the Union. In my
opinion,
the proper administration of justice requires that
this practice
should be invariable, and not "al-
most invariable" and I say this in the
hope that
the dxxxxo observe it will be carried out by
every
15.
In
S v Xaba
(supra), op bladsye 728
tot 729, het Botha AR, nadat hy verwys het na
die voorgaande passasie, as volg verklaar:
"It is clear, therefore, that when a State
witness gives evidence from which
a serious
discrepancy emerges between that evidence
and a prior statement
made by the witness
to the police, the prosecutor has no choice:
he is
obliged to disclose that fact and,
apart from special circumstances which
are
not relevant here, to make the statement
available to the defence for
the purposes
of cross-examination of the witness. It
is equally clear that
a prosecutor's duty
of disclosure in these circumstances is
one of the
rules or principles of procedure
which must be adhered to in a
criminal
trial in order to ensure that the accused
has a fair trial and
that justice is done.
It follows that the failure of a prosecutor
to observe this duty is an irregularity in
the proceedings for the purposes of s 317(1)
of the
Act."
Die/...
16.
Die strekking van die uitsprake in die
twee laasgenoemde
sake is dat dit die plig van die
Staat is, in die omstandighede daarin
vermeld, om afstand te doen van die privilegie en om die be-
skermde stuk te
openbaar.
In die huidige saak het ons nie te doen
met 'n geprivilegeerde
verklaring nie, maar met 'n
bekentenis aan 'n magistraat wat nie onder
privilegie
in die hande van die Staat beskerm word nie. Die
beginsel wat
in die laasgenoemde twee sake genoem
word is dus nie van toepassing nie.
Dit volg egter nie hieruit nie dat 'n
staatsaanklaer nie 'n plig tot openbaring van nie-
geprivilegeerde verklarings wat in sy besit mag wees,
het/
17.
het nie. Of hy sodanige plig het sal afhang van
die besondere omstandighede van elke geval.
In die onderhawige saak was die prokureur-
generaal wel onder 'n verpligting om aan die hof
mee te deel dat Phineas
ook 'n verklaring aan 'n
magistraat gemaak het, toe Phineas te kenne gegee
het dat hy slegs aan die polisie 'n verklaring ge-
maak het. Daardie plig
het hy nagekom. Na my oor-
deel was hy nie onder 'n verpligting om enige
iets
meer te doen nie. Dit was vir die verdediging om
vir die bekentenis
te vra as hulle insae daarin wou gehad
het, en die prokureur-generaal sou dit
ongetwyfeld
beskikbaar gestel het soos hy gedoen het met
die
polisieverklaring. Die feit dat die verdediging
versuim/
18.
versuim het om daarvoor vir insae te vra, of dit
nou 'n oorsig was of tewyte was aan gebrek aan
ervaring, of wat ook al die geval mag wees, kom
nie neer op 'n onreëlmatigheid soos bedoel word in
die saak van
Mofokeng nie.
Die slotsom is dat daar nie 'n onreël-
matigheid
gepleeg was in die opsig gemeld in die
spesiale aantekeningnie.
Die appèl word dus van die hand gewys.
APPèLREGTER
KOTZé AR)
JOUBERT AR) STEM SAAM
HEFER AR)
NICHOLAS WAR)