About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1985
>>
[1985] ZASCA 127
|
|
Plaaslike Boeredienste (Edms) Bpk. v Chemfos Bpk. (90/83) [1985] ZASCA 127; [1985] 2 All SA 155 (A); [1986] 2 All SA 42 (A) (28 November 1985)
Saak
nommer 90/83
E
du P.
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPèLAFDELING
)
In
die saak tussen:
PLAASLIKE
BOEREDIENSTE (EIENDOMS)
BEPERK
Appellant
En
CHEMFOS
BEPERK
Respondent
Coram
:
RABIE, HR, MILLER, HOEXTER, BOTHA, et VAN HEERDEN, ARR.
Verhoordatum
:
Leweringsdatum
:
9
September 1985. 28 November 1985.
UITSPRAAK
RABIE,
HR
:
Appellant
en respondent het op 24 Februarie 1974 'n skriftelike ooreenkoms met
mekaar aangegaan waarvolgens appellant, teen vergoeding
soos in die
ooreenkoms bepaal, kunsmisstowwe wat deur respondent vervaardig word,
sou vervoer, opberg en op boere se landerye sou
strooi. Die
ooreenkoms is tot 1 November 1972 terugwerkend gemaak en sou op 31
Oktober 1977 verstryk, maar appellant kon dit vir
'n verdere tydperk
van 5 jaar hernu. Volgens die ooreenkoms sou geskille wat tussen die
partye ontstaan by wyse van arbitrasie
ingevolge die bepalings van
die Wet op Arbitrasie, 1965 (Wet no. 42 van 1965) besleg word.
Appellant het die ooreenkoms hernu toe
dit verstryk het. Teen die
einde van November 1977 het appellant beweer dat respondent die
ooreenkoms verbreek het en dat hy (appellant)
as gevolg daarvan skade
gely het. Die geskil is na arbitrasie verwys, en op die dag waarop
die verrigtinge voor die arbiter sou
begin (16 Julie 1979), het
respondent toegegee dat hy die ooreenkoms verbreek het en dat
appellant op die betaling van skadevergoeding
geregtig was. Die
partye het toe met mekaar ooreengekom dat twee rekenmeesters (die een
deur appellant aangewys te word,en die
ander deur respondent) as
skeidsregters ("referees") sou optree om die bedrag van die
skadevergoeding te bepaal en, verder,
dat indien respondent sou
versuim om die bedrag van hulle toekenning binne 14 dae ná die
datum daarvan te betaal, appellant
die toekenning 'n bevel van die
hof kon laat maak. Die skeidsregters het op 7 Desember 1979 'n
toekenning van Rl 542 500-00 gemaak
en verklaar dat die toekenning
geskied het op die grondslag dat die bedrag "constitutes taxable
income in the hands of Plaaslike
Boeredienste (Eiendoms) Beperk".
Appellant het op 15 Januarie 1980 in die Transvaalse Provinsiale
Afdeling aansoek gedoen
om 'n bevel dat die toekenning 'n bevel van
die hof gemaak word. Respondent het die aansoek teengestaan en beweer
dat hy, op gronde
wat later in die uitspraak sal blyk, geregtig was
om die bogemelde ooreenkoms van 24 Februarie 1974, asook die
verwysing van die
geskil na arbitrasie en die toekenning van die
skeidsregters, te verwerp.
Vanweë
die feitegeskille wat uit die stukke voor die hof geblyk het, is die
saak na verhoor verwys. Appellant se aansoek sou
as dagvaarding bly
staan en die verhoor is by ooreenkoms na die Witwatersrandse
Plaaslike Afdeling oorgeplaas. In sy deklarasie
het appellant die hof
gevra om die skeidsregters se toekenning 'n bevel van die hof te maak
en om respondent te gelas om die toegekende
bedrag (Rl 542 500) aan
hom te betaal. Respondent het in sy pleit twee verwere geopper, maar
die hof is by die verhoor deur albei
partye gevra om vir eers net oor
een daarvan te beslis. Dié verweer, waarvan díe
besonder- hede hieronder weergegee
word, is ook die enigste verweer
wat by hierdie appél ter sake is. In 'n teeneis het
respondent, op gronde wat hierha sal
blyk, skadevergoeding ten bedrae
van R117 072-00 (welke bedrag later tot Rll0 870-0C verminder is) van
appellant geëis, asook
'n bevel wat die ooreenkoms van 24
Februarie 1974 en die toekenning van die skeidsregters nietig
verklaar. Die verhoorregter (McEwan,
R.) het appellant se eis met
koste afgewys en respondent se teeneis met koste toegestaan.
Appellant appelleer nou, met die toestemming
van die verhoorhof, teen
die geheel van hierdie bevele.
Respondent
se verweer teen appellant se eis word soos volg in paragraaf 2 van sy
pleit uiteengesit:
"2.
Ad
paragraphs 3,4,5 & 6
(a) (i) In or about
1970 defendant was a subsidiary company of the holding company AMCOR
LIMITED ("AMCOR").
(ii) A company known
as SENTRAMARK LIMITED ("SENTRAMARK") was a subsidiary of
AMCOR in or during 1970 and up to 1975.
(b) The
administrative, secretarial and commercial services for companies in
the AMCOR group were provided by another subsidiary
company called
AMCOR MANAGEMENT SERVICES (PROPRIETARY) LIMITED ('SERVICES').
(c) In or about 1975
AMCOR and SOUTH AFRICAN MANGANESE LIMITED were merged to form SA
MANGANESE AMCOR LIMITED ('SAMANCOR') the holding
company of what
became and is known as the SAMANCOR group of companies and the
defendant became and is a subsidiary thereof.
(i) At all times
material hereto, one THOMAS MOODIE was employed in the AMCOR GROUP
(and in particular by SERVICES after it was
in- corporated on 15
September 1970) as Divisional Marketing Manager of Phosphate Products
from 1st November 1969 until 31st March
1975.
(ii) The said
Moodie's duties were for and on behalf of AMCOR or its subsidiary
companies to procure the sale and distribution of
phosphate products
manufactured, acquired and/or produced by the said AMCOR or its
subsidiary companies.
(e) In or about
August 1970 and at a time when to his knowledge the said Moodie was
employed as aforesaid, one Jacob Hendrik Beyers
commenced and
concluded negotiations with the said Moodie acting in his capacity
aforesaid in order for Beyers to obtain for himself
and/or a company
to be formed by him, a contract for reward for the spreading of
phosphate products for AMCOR and/or its subsidiary
companies.
(f) In or about 1971
the plaintiff was registered with limited liability in accordance
with the company laws of the Republic of
South Africa, the said
Beyers, being the sole or controlling beneficial shareholder and
managing director thereof. One of the objects
of the plaintiff was
and continued to be the spreading of phosphate pursuant to the
negotiations commenced and conducted with the
said Moodie acting as
aforesaid.
(g) (i) From or
about November 1972 the plaintiff, on an informal basis and at the
instance of the said Moodie, still employed as
aforesaid, spread
fertilisers for reward for and on behalf of AMCOR and/or its
subsidiary company SENTRAMARK.
(ii) The said Moodie
was during the period 8 January 1971 to April/May 1975 a director of
SENTRAMARK.
(h) In or about 1972
and August 1973, whilst the said Moodie was still employed as
aforesaid, the said Beyers, with the object of
inducing Moodie to
persuade the AMCOR group and/or one of its subsidiaries to enter into
a formal contract for spreading fertilisers
for a period of time with
the plaintiff, agreed with. Moodie to grant him an option to acquire
within a period of three years from
1 October 1972, 25% of the shares
in the plaintiff together with 50% of the voting rights in the
plaintiff. A copy of the said
contract is annexed hereto marked 'AA'.
(i) The granting of
the said option was a bribe to the said Moodie to exercise his
influence as aforesaid and was accepted by Moodie
secretly and
without the knowledge of SERVICES, the AMCOR group and/or its
subsidiaries, including the defendant and SENTRAMARK.
(j) The said
contract, Annexure 'AA' was dated 3 August 1973 but the option was
granted for a period of three years from 1 October
1972.
(k) The said Moodie
became a director of the defendant on or about 11 October 1972 and
remained a director of the defendant until
22 November 1973, and did
not disclose to the defendant and/or AMCOR group or any of its
subsidiaries including SENTRA- MARK the
existence of the contract
Annexure 'AA'.
(1) Moreover
pursuant to the aforesaid contract Annexure 'AA' and in particular
paragraph 4 thereof, the plaintiff caused the life
of the said Moodie
to be insured on the 1st November 1972 with itself as beneficiary for
a sum of R100 000-00. The benefits under
the said policy were cedable
at the instance of the plaintiff. A copý of the said policy is
attached hereto marked 'BB'.
(m) The said option
and policy were of considerable value to the said Moodie who on or
about the 2nd November 1973, sold the option
back to the said Beyers
for R100 000-00 which was paid and received by the said Moodie as
follows:
R20 000-00 in or
about November 1973
R20 000-00 in or
about 30 January 1974
R50 000-00 in or
about 1 April 1974
R 5 000-00 in or
about 24 October 1974
R 5 000-00 in or
about 21 November 1974.
The defendant is
unaware who paid the first three amounts but states that the last two
amounts of R5 000-00 each were paid by the
plaintiff to the said
Moodie.
(n) The said Moodie
did in fact, pursuant to the bribe referred to above, use his
influence to bring about the agreement which was
entered into between
the plaintif and the defendant and which is annexed to the
Plaintiff's Further Particulars as Annexure 'C'.
(o) The defendant,
SERVICES, AMCOR and SAMANCOR were unaware of the bribe or any of the
matters set out above until the end of 1979
and the beginning of
1980.
(p) In or about
November 1977 the defendant cancelled the said agreement Annexure 'C'
on grounds which were not valid and conceded
this point at
arbitration proceedings which had been instituted by the plaintiff
for which damages were claimed against the defendant
for breach of
this contract.
(q) In the belief
that the said contract Annexure 'C' was binding on the defendant the
defendant entered into the agreement, Annexure
'A' to the
declaration, and agreed to submit the question of damages to the
referees who purported to make a determination pursuant
to the said
agreement.
(r) Had the
defendant been aware of the fraudulent conduct of the said Moodie
and/or the plaintiff referred to above, the defendant
would never
have entered into the agreement Annexure 'C' but would have cancelled
same as it was entitled to do and the matter
would not have been
referred to arbitration as the defendant would/nave consented
thereto.
(s) In the premises
the defendant has cancelled the contract, Annexure 'C', and as such
the agreement entered on the 16th July 1979,
Annexure 'A', and the
purported determination are of no force and effect."
In
antwoord op 'n versoek om nadere besonderhede betreffende die
hierbo/aangehaalde paragraaf 2(n) van sy pleit, het respondent
beweer:
"Moodie being
an employee of Services and a director of Defendant and Sentramark as
well as the Divisional Marketing Manager
of phosphate products abused
his position of trust and it was his influence upon the Defendant
which resulted in the agreement
being entered into between the
Plaintiff and the Defendant."
Die
opsie waarna daar in paragraaf 2(h) van respondent se pleit verwys
word, is beliggaam in 'n ooreenkoms wat op 3 Augustus 1973
deur
Beyers en Moodie onderteken is. (Beyers word in paragraaf 2(e) van
die pleit genoem. Hy was die enigste aandeelhouer in appellant-
maatskappy en ook die enigste direkteur daarvan. Moodie word in
paragraaf 2(d)(i) van die pleit genoem.) Die ooreenkoms bepaal
dat
Beyers aan Moodie 'n opsie verleen om binne 3 jaar vanaf 10 Oktober
1972 25% van die uitge- reikte aandelekapitaal in appellant
teen pari
(Rl per aandeel) te verkry. (Die gemagtigde aandelekapitaal van
appellant-maatskappy was 4 000 aandele van Rl elk, maar
ten tyde van
die ooreenkoms was daar nog net 2 aandele uitgereik.) Indien Moodie
sou sterf voordat hy die opsie uitgeoefen het,
sou sy dood as 'n
uitoefening van die opsie beskou word, maar sy boedel sou dan verplig
wees om die aandele wat hy bekom het aan
Beyers oor te maak. Volgens
die ooreenkoms sou Beyers en Moodie dieselfde stemkrag in die
maatskappy hê, al sou Beyers ook
drie maal soveel aan- dele as
Moodie hê. ("It is intended", word daar in die
ooreenkoms gesê, "that
on a poll each party shall have the
same number of votes.") Beyers en Moodie sou ook albei geregtig
wees om direkteur van
appellant te wees. In hierdie verband word o.m.
ook bepaal: "In the event that the said Moodie is not employed
by the Company
(d.w.s. appellant) at the time that he exercises this
option, it shall not be necessary for him to hold the appointment of
Director
personally, but he shall be entitled to appoint a nominee in
his place and stead." (Die belangrikheid van hierdie bepaling
sal later blyk.) Nòg Beyers nòg Moodie sou sy regte
ingevolge die ooreenkoms aan enigiemand anders kon sedeer. In
die
ooreenkoms word ook verklaar dat Beyers se lewe vir 'n tydperk van 15
jaar vir R200 000 deur appellant - die begunstigde
onder die
polis – verseker is, en Moodie se lewe vir 'n dergelike tydperk
vir R100 000. Die ooreenkoms bepaal dat indien
enige van die partye
sy aandele in appellant van die hand sou sit, hy geregtig sou wees om
appellant se regte ten opsigte van die
polis oor te neem sonder om
enige vergoeding aan appellant te betaal, en sonder dat appellant
enige bedrag aan hom sou hoef te
betaal. Die aanvangsdatum van die
polis was 1 November 1972. Appellant het nie 'n repliek op respondent
se pleit ingedien nie,
maar het in 'n pleit op respondent se teeneis
op respondent se pleit geantwoord. Besonderhede van die teeneis word
later in die
uitspraak gegee. Appellant het die bewerings in
paragraaf 2(a)-(d) van respondent se pleit (hierbo aangehaal) ontken,
maar dié
bewerings is by die verhoor bewys sonder dat
appellant dit probeer weerlê het. In antwoord op die bewerings
in paragraaf
2(e) van respondent se pleit aangaande die
onderhandelinge wat sedert Augustus 1970 tussen Beyers en Moodie
gevoer is met die oog
daarop om vir Beyers en/of 'n maatskappy wat
deur hom gestig sou word 'n kontrak vir die verspreiding van Amcor
en/of sy filiale
(in paragraaf 2(a)-(d) van respondent se pleit
vermeld) se fosfaat-produkte te verkry, het appellant soos volg
geantwoord:
"
Ad
sub-paragraaf (e)
(i) Die eiser
verklaar dat, in die tydperk 1970 tot 1974, Jacob Hendrik Beyers (wat
ná inlywing van die eiser namens die
eiser opgetree het)
onderhandelings gevoer het met verskeie persone, insluitende Moodie,
welke persone as verteenwoordigers vir
een of meer maatskappye in die
AMCOR groep van maatskappye opgetree het, en dat hierdie
onderhandelings finaal volvoer is deur
die sluiting van 'n
skriftelike ooreenkoms in Februarie 1974
(ii) Behalwe soos
voormeld, ontken die eiser die bewerings in hierdie sub-paragraaf
gemaak."
In
nadere besonderhede het appellant beweer dat in die onderhandelinge
"mnre Moodie, Marshall, De Waal, Rossouw, De Kock en
personeellede van gemelde groep se bemarkings-afdeling wie se name
Eiser tans nie in staat is om te verskaf nie" namens "die
Amcor-groep maatskappye" opgetree het.
Appellant
het erken dat Beyers die gemelde opsie aan Moodie gegee het, maar het
ontken dat dit enigsins omkopery was. Appellant
het ook ontken dat
Moodie vanweë die beweerde omkopery sy invloed by respondent
gebruik het om die ooreenkoms van 24 Februarie
1974 aan te gaan,
asook dat beïnvloeding deur Moodie daartoe gelei het dat
respondent die gemelde ooreenkoms aangegaan het.
Ek haal appellant se
antwoord op paragraaf 2(h) van respondent se pleit met betrekking tot
die gee van die opsie aan:
"
Ad
sub-paragraaf (h)
:
(i) In 1970 het die
vermelde Beyers en Moodie ooreengekom dat eersgenoemde vir
laasgenoemde 'n opsie sou gee om 'n kwart van die
aandele in 'n deur
Beyers te stigte maatskappy (wat in die somer-reënstreek sake
sou doen) te bekom, en hierdie ooreenkoms
is in Augustus 1973, met
wysigings en byvoegings, op skrif gestel, en vorm aanhangsel AA tot
die verweerder se verweerskrif.
(ii) Behalwe soos
voormeld, ontken die eiser die bewerings in hierdie sub-paragraaf
gemaak."
Appellant
het die bewering in paragraaf 2(o) van respondent se pleit dat
respondent eers teen die einde van 1979 of aan die begín
van
1980 van die opsie gehoor het, ontken, asook die bewering in
paragraaf 2(r) van die pleit dat respondent nie die ooreenkoms
van 24
Februarie 1974 sou aangegaan het as hy van die "fraudulent
conduct" van Moodie en/of appellant bewus was nie.
Die bewering
in paragraaf 2(m) van die pleit dat Moodie op 2 November 1973 "sold
the option back to the said Beyers for R100
000", is deur
appellant erken. Appellant het ook erken dat die bedrag van R100 000
aan Moodie betaal is soos deur respondent
beweer, behalwe dat hy sê
dat die eerste bedrag van R20 000 in of ongeveer Januarie 1974 "by
wyse van kwytskelding en
deels by wyse van betaling" vereffen
is. Respondent se bewerings in paragraaf 2(1) van sy pleit
betreffende die polis wat
appellant op die lewe van Moodie en Beyers
uitgeneem het, is ook deur appellant erken. Ek kom nou by respondent
se teeneis. Dit
bestaan uit drie paragrawe. In die eerste daarvan
herhaal respondent die bewerings in sy bogemelde pleit, en in die
besonder dié
in sub-paragrawe (p), (q), (r), (s) en (t) van
paragraaf 2 daarvan. Sub-paragrawe (p), (q), (r) en (s) is hierbo
aangehaal. Sub-paragraaf
(t) het betrekking op die verweer wat nie by
hierdie appêl ter sake is nie. Die tweede en derde paragraaf
van die teeneis
lui soos volg:
"2. As a result
of the said arbitration proceedings on or about 16 July 1979 and the
reference to the umpire and referees for
the determination of the
amount allegedly due to the plaintiff, the defendant incurred legal
and other professional expenses in
an amount of R117 072-00.
3. The said amount
was incurred as a result of the aforesaid unlawful conduct of the
plaintiff and in the premises the defendant
has sustained damages in
that amount, which the plaintiff is liable to pay to the defendant."
Appellant
se pleit op paragraaf 1 van respondent se teeneis is eintlik 'n
repliek op respondent se pleit op appellant se deklarasie.
Die inhoud
daarvan is, vir sover ter sake, hierbo weergegee toe ek aangedui het
wat appellant se antwoord op dié bewerings
in respondent se
pleit was. Appellant se pleit op paragrawe 2 en 3 van die teeneis lui
soos volg:
"2.
Ad
paragraaf 2 van Teeneis
:
Die eiser dra geen
kennis van die bedrag onkostes deur die verweerder aangegaan nie, en
ontken derhalwe dat die verweerder R117
072 of enige bedrag onkostes
aange- gaan het.
3.
Ad paragraaf 3
van Teeneis
:
Die eiser ontken
ieder en elke bewering in hierdie paragraaf gemaak, asof spesifiek
weerlê."
Wat
respondent se verweer betref, het die verhoorregter bevind dat die
gee van die opsie omkopery was deurdat Beyers dit, sonder
die
medewete van respondent, aan Moodie, 'n beampte en direkteur van
respondent, gegee het om hom te oorreed om respondent te beïnvloed
om die ooreenkoms wat op 24 Februarie 1974 gesluit is, met appellant
aan te gaan. Hy het verder bevind dat respondent op grond
van hierdie
handeling van Beyers geregtig was om die ooreenkoms van 24 Februarie
1974, asook diearbitrasie-verrigtinge en die toekenning
van die
skeidsregters wat daaruit voortgevloei het, te verwerp, en dat dit
nie vir respondent nodig was om te bewys dat Moodie
wel vir
respondent beïnvloed het om die ooreenkoms met appellant te
sluit nie. Die geleerde regter het egter ook beslis dat
selfs indien
dit vir respondent nodig was om te bewys dat hy deur Moodie beïnvloed
is om die ooreenkoms aan te gaan, hy dit
wel bewys het. Mnr
Mostert
,
wat sowel in hierdie hof as in die hof a
quo
namens appellant
verskyn het, het in sy betoog voor ons aanvaar dat respondent by
bewys van al die bewerings in sy pleit geregtig
sou wees om die
ooreenkoms van 24 Februarie 1974, asook die arbitrasie-verrigtinge en
die skeidsregters se toekenning, te verwerp.
Hy het egter betoog dat
die verhoorhof verkeerdelik bevind het dat respondent al die
bewerings in sy pleit bewys het. Ek is van
mening dat mnr
Mostert
tereg aanvaar het dat respondent, by bewys van die feitlike bewerings
in sy pleit, geregtig sou wees om die ooreenkoms van 24 Februarie
1974, tesame met die arbitrasie-verrigtinge en die skeidsregters se
toekenning, te repudieer. Die vraag van die regsgrondslag waarop
die
verweer gehandhaaf behoort te word, sal ek later in die uitspraak
bespreek, nadat ek eers mnr
Mostert
se betoog aangaande die
feite van die saak en die verhoorhof se bevindings in verband daarmee
behandel het. Hierdie betoog is onder
die volgende hoofde gelewer:
(A) Die verhoorhof
het verkeerdelik bevind dat die gee van die opsie deur Beyers aan
Moodie 'n omkoopgeskenk ("bribe")
was, in die sin dat
Beyers beoog het om Moodie om te koop; (B) Die gee van die opsie kan
nie as omkopery beskou word nie aangesien
respondent van die bestaan
van die opsie bewus was; (C) Die gee van die opsie kan nie as
omkopery gesien word nie aangesien Beyers
geglo het dat Moodie vir
Amcor (en dus ook respondent) daarvan vertel het; en (D) Selfs indien
die gee van die opsie omkopery was,
is daar nie bewys dat Moodie
respondent beïnvloed het en dat hierdie beïnvloeding tot
die totstandkoming van die ooreenkoms
van 24 Februarie 1974
aanleiding gegee het nie. Ek sal die betoog met verwysing na hierdie
hoofde bespreek.
Ad
(A_):
Die
betoog dat die verhoorhof verkeerdelik
bevind
het dat die gee van die opsie 'n
omkoopgeskenk
was, in die sin dat Beyers
beoog
het om Moodie om te koop
.
Mnr
Mostert
het dit beklemtoon dat, om die ware aard en doel van die opsie van 3
Augustus 1973 te verstaan, 'n mens nie net na die betrokke
dokument
en die omstandighede wat daar geheers het toe dit opgestel is,moet
kyk nie. Hierdie opsie, lui die betoog, is wesenlik
dieselfde as 'n
mondelinge opsie wat Beyers in 1970 aan Moodie gegee het, en 'n mens
moet kyk na die omstandighede waarin, en die
rede waarom, daardie
vroeë opsie gegee is om die opsie van 3 Augustus 1973 in die
regte perspektief te sien. Die relevante
feite en omstandighede, sê
mnr
Mostert
,
kom op die volgende neer. Moodie het Beyers in 1970 opgesoek. Amcor
het in daardie tyd moeilikheid met die bemarking van sy
kunsmis-produkte
ondervind en Moodie het gemeen dat die problem
opgelos sou kon word indien die produkte beter versprei word, Amcor
kon nie die
nodige verspreiding self doen nie. Beyers het in daardie
tyd landboukalk in Wes-Kaapland versprei, en Moodie het gemeen dat
Beyers
die enigste persoon was wat die nodige verspreidingsdiens vir
Amcor kon lewer. Moodie (wat, volgens sy getuienis, in daardie tyd
daaraan gedink het om Amcor se diens te verlaat) en Beyers het toe,
na verskeie samesprekings, besluit om saam sake te doen. Beyers
sou
vir daardie doel 'n maatskappy stig waarby albei van hulle betrokke
sou wees. Beyers sou aan Moodie 'n 25%-belang in die maatskappy
gee
en Moodie sou, ten spyte van sy mindere aandeelhouding, gelyke
stemreg met Beyers hê. Dit was, aldus mnr
Mostert
,
'n heel onskuldige transaksie. Moodie sou niks vir die verkryging van
die belang in die maatskappy hoef te betaal het nie, maar
daar het
niks sinisters in dié feit geskuil nie: daar was in daardie
stadium immers weinig waarvoor geld gevra kon word.
Daar was in
daardie tyd, betoog mnr Mostert, geen rede waarom Beyers vir Moodie
sou wou omgekoop het nie, want, soos Beyers getuig
het, Amcor was oor
hom "verlee" en nie hy oor Amcor nie. Die rede waarom hy
die opsie aan Moodie gegee het, sê
Beyers, was dat Moodie "by
die maatskappy op 'n voltydse basis sou aansluit".
Moodie
sou, volgens Beyers, "'n direkteur wees sowel as 'n
aandeelhouer." Die mondelinge opsie is (aldus Beyers) in
ongeveer
November 1971 op skrif gestel. (Die betrokkedokument het,
volgens sowel Moodie as Beyers, verlore geraak.) Die plan om 'n
maatskappy
te stig, soos hierbo genoem, is nie uitgevoer nie.
Appellant (vroeër 'n dormante maatskappy met 'n ander naam as
wat dit tans
het) het die nodige verspreidingsdiens gelewer en met
verloop van tyd het die omvang van die sake wat hy en Amcor (eintlik
Sentramark,'n
filiaal van Amcor) met mekaar gedoen het, aansienlik
toegeneem. Toe die opsie van 3 Augustus 1973 verleen is, was dit,
volgens
Beyers, eintlik maar net 'n "bevestiging" van die
vroeëre opsie. Hierdie opsie van 1973 is, volgens Beyers, met
dieselfde doel gegee as die vroeëre opsie. Die doel was, sê
hy, dat "Moodie sou aansluit by die maatskappy."
In
die lig van die bogemelde omstandighede, betoog mnr
Mostert,
kan die gee van die opsie hoogstens as 'n poging tot sg. "executive
poaching" beskou word, d.w.s. 'n daad wat daarop
gerig was om
Moodie te oorreed om Amcor se diens te verlaat en hom heeltyds by
Beyers se maatskappy (appellant) aan te sluit. Hierdie
betoog kan nie
aanvaar word nie. Appellant en Sentramark het ná 1970 steeds
groter sake met mekaar gedoen, en teen die tyd
toe die opsie in
Augustus 1973 gegee is, was die omvang daarvan aansienlik.' Die sake
wat appellant met Sentramark gedoen het,
het, volgens Beyers se eie
getuiehis, naderhand ruim 90%, en selfs meer, van appellant se
besigheidsaktiwiteite uitgemaak. In hierdie
omstandighede is dit
hoogs waarskynlik dat die voortsetting van sy besigheid met
Sentramark en die verkryging van 'n kontrak wat
oor 'n aantal jare
sou strek, belangrike oorwegings by appellant sou gewees het. Moodie
was in staat om appellant te help om so
'n kontrak te verkry, en
Beyers se getuienis dat die gee van die opsie, wat in daardie tyd 'n
waardevolle reg was, en die kans
om so 'n kontrak te verkry niks met
mekaar te doen gehad het nie, is so onwaarskynlik dat dit geensins
aanvaarbaar is nie.
Beyers
het by herhaling gesê dat die enigste doel van die opsie was
dat Moodie hom heeltyds by appellant sou aansluit. Daar
is egter
getuienis waaruit na my mening duidelik blyk dat dit nie inderdaad
Beyers se oogmerk met die opsie was nie. Dit blyk in
die eerste plek
uit wat namens appellant aan die versekeringsmaatskappy gesê is
toe appellant om die hierbo vermelde polis
op die lewe van Moodie
aansoek gedoen het. In 'n brief van 1 November 1972, wat deur Beyers
onderteken is, word naamlik gesê:
"We wish to
take out a policy for R100 000-00 on the life of Mr T. Moodie,
because he is an executive director of Sentramark
Ltd., which company
is closely associated with our business activities. Mr Moodie's
premature death could endanger our financial
stability."
Die
verhoorregter het die volgende bevinding in verband met hierdie brief
gemaak:
"I agree with
the argument that whatever protestations may have been made by Beyers
to the effect that the option was designed
solely to.induce Moodie to
join the service of Boeredienste, the documents now mentioned in
connection with the insurance policy
show that it was considered of
vital importance to the business of Boeredienste that Moodie should
continue to occupy the position
of executive director of
Sentramark...".
Dit
is 'n geregverdigde bevinding. Beyers het hierdie brief probeer
wegpraat deur te sê dat dit nie deur hom opgestel is nie,
maar
deur sy versekeringsmakelaar, ene Sinclair, en dat hy (Beyers) dit
onderteken het sonder om dit te lees aangesien hy Engels
nie goed
magtig was nie. Die bewering dat Sinclair die brief opgestel het, is
nie 'n aanvaarbare verduideliking nie. As Sinclair
dit opgestel het,
moes hy sy inligting by Beyers (of Moodie, of albei) gekry het.
Verder, dit het in die loop van die verhoor duidelik
geblyk dat
Beyers Engels goed magtig was. Die rede wat hy gegee het oor waarom
hy die brief onder- teken het sonder om dit te lees,
is dus onwaar.
Daar is ook ander oorwegings wat toon dat dit nie werklik Beyers se
bedoeling met die opsie was dat Moodie in die
diens van appellant sou
tree nie. Volgens Beyers het die verlening van die opsie "wrywing
tot gevolg gehad" en het Moodie
by hom "die indruk gelaat
dat hy nie meer geneë is om aan te sluit nie." (Wat hierdie
bewerings betref, moet daarop
gelet word dat in die opsie-ooreenkoms
voorsien is dat Moodie moontlik nie in appellant se diens sou tree
nie. Dit blyk uit die
sin in die oor- eenkoms wat ek hierbo aangehaal
het.) In daardie tyd, sê Beyers, het appellant "probleme"
met "kontantvloei"
gehad en sy vader, mnr H.P. Beyers, was
toe bereid om aan hom geld te leen op voorwaarde dat "slegs
Beyerse die maatskappy
moet beheer en besit." Hy (Beyers) het
toe besluit "om van Moodie ontslae te raak uit hierdie kontrak
uit." Hy het
toe met Moodie ooreengekom dat Moodie 'n opsie op
sy opsie aan Beyers se vader sou gee. Beyers het toe 'n dokument
opgestel wat
die transaksie beliggaam en Moodie het dit onderteken.
Dit lui soos volg:
"Hiermee
bevestig ek, Thomas Moodie, dat die aandele opsie ten opsigte van 25%
aandele tesame met 'n 50% stemkrag in Plaaslike
Boeredienste (Edms)
Beperk, kragtens 'n bestaande ooreenkoms tussen J.H. Beyers en myself
aangebied word aan Hendrik Phillipus
Beyers teen die volgende
voorwaardes –
Hy verkry 'n opsie
op bostaande aandele en stemkrag vir 'n periode van drie maande vanaf
datum teen R100 000. Indien die opsie uitgeoefen
word, sal 'n
skuldbewys tot bevrediging van Moodie uitgereik word betaalbaar 2
November 1974, rentevry. 'n Assuransiepolis vir
R100 000 op Moodie se
lewe sal dan op 2 November 1974 ingevolge die opsie ooreenkoms met J.
H. Beyers oorgedra word na Moodie.
Aanvaarding van hierdie opsie moet
voor 31 Januarie 1974 skriftelik uitgeoefen en deur Moodie skriftelik
van ontvangs erken word.
Aldus gedoen, Vrydag, 2 November 1973.
T. Moodie."
Hoewel
hierdie opsie, volgens die bewoording daarvan, aan Beyers se vader
verleen is, het Beyers dit self uitgeoefen - binne 'n
dag of twee
nadat dit verleen is. Verder, hoewel die R100 000 nie voor 2 November
1974 betaalbaar was nie, het Beyers lank voor
daardie tyd begin om
die bedrag te betaal. (Besonderhede van die betalings blyk uit
paragraaf 2(m) van respondent se pleit, hierbo
aangehaal.) Beyers het
nog verder gegaan om Moodie ter wille te wees. Dit blyk naamlik
duidelik uit die getuienis dat hy met Moodie
(wat glo gevrees het dat
die R100 000 belasbaar sou wees) saamgespan het om die tjeks wat ter
betaling van die bedrag afgegee is
op so 'n wyse uit te maak dat die
Ontvanger van Inkomste nie moes agterkom dat die betalings aan Moodie
gemaak is nie.
Soos
reeds gesê is, het Beyers getuig dat die opsie aan Moodie gegee
is met die oog daarop dat Moodie die diens van Amcor
sou verlaat en
in appellant se diens sou tree. Moodie het die opsie ook op hierdie
grondslag van Beyers ontvang, hoewel hy in die
loop van sy getuienis
te kenne gegee het dat sy eintiike bedoeling was om die opsie aan
Amcor oor te dra. Toe Moodie nou, volgens
Beyers, laat blyk het dat
hy nie meer in appellant se diens wou tree nie, het die hele
grondslag waarop die opsie aan Moodie gegee
is, en waarop Moodie dit
ontvang het, weggeval. Beyers moes ongetwyfeld geweet het dat Moodie
toe nie meer geregtig sou gewees
het om die opsie uit te oefen nie,
en die feit dat hy daarna nogtans R100 000 aan Moodie betaal het, kan
kwalik enige ander gevolgtrekking
regverdig as dat die betaling
vergoeding was vir wat Moodie vir hom met betrekking tot die
ooreenkoms wat in Februarie 1974 onderteken
sou word, gedoen het. In
hierdie verband moet daarop gelet word dat Amcor, wat die ooreenkoms
tussen appellant en respondent moes
goedkeur, op 27 September 1973 op
'n direksievergadering besluit het dat respondent die ooreenkoms kon
aangaan. Moodie het ongetwyfeld
van hierdie goedkeuring geweet.
Beyers het getuig dat hy nie daarvan geweet het nie. Dit is egter
ondenkbaar dat Moodie hom nie
daarvan sou vertel het nie, en daar kan
dus na my mening met veiligheid aanvaar word dat hy van die
goedkeuring van die ooreenkoms
geweet het toe hy in November 1973
onderneem het om R100 000 aan Moodie te betaal.
Uit
hoofde van die voorgaande is ek van mening dat die verhoorhof tereg
bevind het dat Beyers die opsie aan Moodie gegee het om
hom te beweeg
om respondent te beïnvloed om die ooreenkoms wat op 24 Februarie
1974 onderteken is, met appellant aan te gaan.
Ad
(B
):
Die
betoog dat die gee van die opsie
nie
as omkopery beskou kan word nie
aangesien
respondent van die bestaan
van
die opsie bewus was.
Moodie
het getuig dat hy beamptes van respondent by drie geleenthede vertel
het van die opsie wat aan hom gegee is: die eerste keer
in 1970, aan
mnr Bernard Marshall; die tweede keer in die middel van 1972, aan Dr.
J.P. Kearney; en die derde keer in Augustus,
September of Oktober
1973, aan Dr. Kearney, mnr N.F. Britten en mnr T. Ramage. (Marshall
was die bestuurder van Amcor se fosfaatprodukte-afdeling.
Hy is in
1970 deur Moodie in hierdie pos opgevolg. Kearney was die voorsitter
en besturende direkteur van Amcor. Hy was van Julie
1971 af ook die
voorsitter van Sentramark, wat in 1970 gestig is. Britten het in
Julie 1970 administratiewe bestuurder van Amcor
geword. Hy was 'n
direkteur van respondent, wat in Maart 1970 ingelyf is. Ramage was
sedert Augustus 1970 die sekretaris en regsadviseur
van die
Amcor-groep.) Volgens die verhoorregter se uitspraak het mnr
Mostert
in die hpf a
quo
nie op hierdie getuienis van Moodie, wat deur die hof as 'n
onbetroubare getuie beskou is, gesteun nie. Mnr
Mostert
beroep hom egter op hierdie getuienis in sy skriftelike betoogpunte
in hierdie hof, hoewel dit terselfdertyd blyk dat hy dit nie
met veel
vertroue doen nie. Ek sal die getuienis dus net kortliks behandel.
Volgens Moodie het hy Marshall teen die middel van
1970 van die
mondelinge opsie vertel. Dit blyk egter uit die getuienis dat
Marshall, wat later oorlede is, teen daardie tyd siek
was en nie op
kantoor was nie, en dat hy ook nie weer na sy werk teruggekeer het
nie. Wat die beweerde bekendmaking van die opsie
aan Kearney in die
middel van 1972 betref, het Moodie getuig dat hy Kearney om sy
toestemming om 'n kunsgalery te koop, gaan vra
het; dat hy Kearney
toe ook van sy opsie vertel het, en dat hy die opsie aan Kearney
(namens Amcor) aangebied het. In kruisverhoor
het Moodie sy getuienis
dat hy die opsie aan Kearney aangebied het, weerspreek: hy het toe
gesê dat hy die opsie nie aan
Kearney aangebied het nie, maar
hom daarvan vertel het. Toe hy op die weerspreking gewys is, het hy
dit probeer verduidelik deur
te sê dat sy mededeling aan
Kearney dat hy die opsie het op 'n aanbieding daarvan aan Kearney
"neerkom". Kearney
het ontken dat Moodie hom ooit van die
opsie vertel het en het bygevoeg dat hy in 1974 vir die eerste maal
van Moodie se kunsgalery
gehoor het toe Uritten hom daarvan vertel
het.
Moodie
se getuienis kan klaarblykiik nie voor dié van Kearney aanvaar
word nie. Wat die derde beweerde bekend-making van
die opsie betref,
het Moodie getuig dat hy in Augustus of September, of dalk in
Oktober, 1973 vir Kearney, Britten en Ramage v.an
die opsie vertel
het. Dit het gebeur, sê hy, by 'n byeenkoms waar hy en die drie
here die ooreenkoms wat appellant en respondent
in Februarie 1974 sou
sluit, "deurgewerk" het. Hy het toe ook aan hulle gesê,
het hy getuig, dat dit in Amcor se
belang was dat "ons hierdie
opsie uitoefen". Hierdie getuienis van Moodie is nie in
kruisverhoor aan Kearney gestel nie.
Dit is ook nie aan Ramage gestel
nie. Aan Britten is bloot die volgende algemene stelling gemaak: "Mr
Britten, Mr Moodie will
give evidence later in this trial and he will
tell his Lordship that you knew full well of the option. You deny
that of course?"
Die antwoord was: "I deny that."
Afgesien van die feit dat die getuienis wat Moodie sou gee nie
behoorlik aan die getuies
gestel is nie, is daar die verdere
oorweging dat dit hoogs onwaarskynlik is dat Moodie die drie here in
die tyd deur hom beweer
van die opsie sou vertel het, en ook dat
hulle, soos deur hom getuig, niks sou gesê het nie oor sy
bewering dat hy 'n opsie
het om 'n belang te verkry in die maatskappy
met wie respondent op die punt gestaan het om die ooreenkoms waaraan
hulle gewerk
het, aan te gaan.
Hoewel
mnr
Mostert
,
soos hierbo gesê, blykbaar die nie veel vertroue in/bogemelde
getuienis van Moodie het nie, steun hy sterk op die getuienis
wat ene
Van Wyk gegee het oor 'n geleentheid in November 1971 toe hy, as
Beyers se prokureur, saam met Beyers en Moodie in Johannesburg
met
Kearney en 'n paar ander beamptes van Amcor samesprekings gevoer het.
Die samesprekings, wat in Moodie se kantoor plaasgevind
het, het
betrekking gehad op 'n konsep van 'n ooreenkoms wat appellant en
Sentramark met mekaar sou sluit en wat o.m. daarvoor
voorsiening
gemaak het dat Amcor 51% van die aandele in appellant, of in 'n
maatskappy wat Beyers sou stig (die getuienis hieroor
is nie duidelik
nie), sou verkry. Beyers (of Moodie), het Van Wyk gesê, het aan
hom 'n dokument gegee waaruit geblyk het
dat Beyers aan Moodie 'n
opsie verleen het om 25% van die aandele in die betrokke maatskappy
op te neem. Hy (Van Wyk) kon toe,
volgens sy getuienis, nie verstaan
hoe Beyers 25% van die aandele aan Moodie kon aanbied nie, want, as
die opsie uitgeoefen sou
word, sou dit Beyers met net 'n klein
persentasie van die aandele in die maatskappy laat. Hy het. toe,
tydens die samesprekings,
na die opsie verwys om helderheid oor die
saak te verkry. Toe hy van die opsie praat, het Van Wyk getuig, het
Moodie en Kearney
"betekenisvol" na mekaar gekyk en Moodie
het toe gesê dat hy (Van Wyk) maar van die opsie kan vergeet
aangesien
dit nie ter sake is nie. Hy het die "indruk"
gekry, sê Van Wyk, "dat die Amcor-verteenwoordigers bewus
was
van die een of ander opsie-reëling met betrekking tot
Moodie". Op grond van hierdie getuienis van Van Wyk, betoog mnr
Mostert
,
moet bevind word dat Amcor (en dus ook respondent) van die opsie
geweet het. Die verhoorhof het bedenkinge oor die getuienis van
Van
Wyk gehad en het verder bevind dat dit in ieder geval so vaag is dat
dit nie as bewys van die beweerde openbaring van die opsie
aan
respondent kan dien nie. Na my mening is daar verskeie oorwegings wak
toon dat Van Wyk se getuienis nie aanvaarbaar is nie.
Moodie, wat
volgens Van Wyk sou gesê het dat die opsie nie ter sake is nie,
kon hom die insident nie herinner nie. Beyers,
wat volgens Van Wyk
teenwoordig was toe van die opsie gepraat is, kon ook nie so iets
onthou nie. Kearney het ontken dat hy van
'n opsie vertel is. Die
getuienis dat Moodie en Kearney "betekenisvol" na mekaar
gekyk het en die indruk gewek het dat
hulle van die opsie weet, kan
kwalik enige waarde hê, want volgens Moodie het hy Kearney nie
voor die middel van 1972 vertel
van die opsie wat aan hom gegee is
nie. Verder is daar na my mening ook sterk twyfel oor die vraag of
daar in November 1971 'n
opsie-dokument bestaan het. Ten tyde van die
verhoor het daar nie so 'n dokument bestaan nie. Volgens Beyers en
Moodie het dit
verlore geraak. In die verrigtinge voor die
skeidsregters het hulle niks van so 'n opsie gesê nie. In die
mosie-verrigtinge
het hulle ook nie van dié opsie gepraat nie.
In appellant se pleit op respondent se teeneis word gepraat van 'n
mondelinge
opsie van 1970, en dan word gesê dat dit in 1973 op
skrif gestel is. Dit was eers by die verhoor dat vir die eerste maal
van 'n skriftelike opsie van 1971 gepraat is.
'n
Verdere punt wat ek wil noem, is die volgende: Van Wyk het 'n paar
maal gesê dat dit 'n opsie was om aandele in appellant
te
verkry, maar toe hy daarop gewys is dat dit volgens Moodie en Beyers
nie 'n opsie was om aandele in appellant te verkry nie,
maar'wel in
'n maatskappy wat Beyers sou stig, het dit geblyk dat hy nie seker
van sy saak was nie. Hy het toe gesê: "Ek
kan nie sê
dat dit Plaaslike Boeredienste was nie...".
Uit
hoofde van die voorgaande kan m.i. nie gesê word dat die
verhoorhof verkeerdelik bevind het dat respondent nie van die
bestaan
van die opsie bewus was nie.
Ad
(C):
Die
betoog dat die gee van die opsie
nie
as omkopery beskou kan word nie
aangesien
Beyers geglo het dat Amcor
van
die opsie geweet het
.
Daar
is namens appellant betoog dat Beyers geglo het dat Moodie Amcor van
die opsie vertel het; dat daar dus nie 'n korruptiewe
oogmerk by
Beyers aanwesig was nie, en dat die gee van die opsie gevolglik nie
as omkopery gesien kan word nie. Die verhoorhof,
lui die betoog, het
verkeerdelik bevind dat Beyers nie so 'n geloof gehad het nie.
Beyers
het getuig dat Moodie aan hom gesê het dat Amcor van die opsie
weet en dat hy (Beyers) dit geglo het. Die verhoorregter
het, op
grond van oorwegings wat hy in sy uitspraak uiteensit, bevind dat
Beyers nie 'n betroubare en eerlike getuie was nie en
het sy
getuienis dat hy geglo het dat Moodie sy werkgewer van die opsie
vertel het, nie geglo nie. Ek is geensins daarvan oortuig
dat die
geleerde regter se bevinding nie geregverdig was nie, en ek vind dit
nie nodig om die redes vir sy beslissing hier te herhaal
nie. Hy het
bevind dat ook Moodie 'n onbevredigende en onbetroubare getuie was,
en ook hierdie bevinding kan na my mening nie as
verkeerd beskou word
nie. Dit is hoogs onwaarskynlik, het die hof bevind, dat Moodie so
onversigtig sou gewees het om aan Beyers
te sê dat hy Amcor van
die opsie vertel het, aangesien hy sou geweet het dat, as hy dit
doen, daar altyd die gevaar sou bestaan
dat Beyers dalk met 'n
beampte van Amcor oor die opsie kon praat en daardeur vir hom
(Moodie) in die moeilikheid kon laat beland.
Met
betrekking tot die betoog dat Beyers geglo het dat Moodie vir Amcor
van die opsie vertel het, het mnr
Mostert
ook gesteun op
getuienis wat Van Wyk gelewer het in verband met die geleentheid
(hierbo genoem) toe hy in November 1971 na Johannesburg
toe gegaan
het om Beyers in samesprekings met beamptes van Amcor te verteen-
woordig. Van Wyk het o.m. getuig dat terwyl hulle
in 'n motor van die
lughawe af na Johannesburg toe gery het, hy vir Beyers gevra het of
Amcor "bewus is van die opsie"
en dat Beyers "ja"
geantwoord het. Moodie, het Van Wyk in kruisondervraging gesê,
"het ook so bevestig".
Kort nadat hy hierdie antwoord met
betrekking tot Moodie gegee het, kon Van Wyk in verdere
kruisondervraging nie sê of hulle
in die motor was toe Moodie
Beyers se antwoord "bevestig" het nie. Dit kon, het hy toe
gesê, "met die aankoms,
of tydens die onderhandelinge"
gebeur het. Ook wat betref die vraag wanneer Beyers aan hom gesê
het dat Amcor van die
opsie weet, het Van Wyk se getuienis nie
deurgaans dieselfde gebly nie, soos uit die volgende passasie in sy
kruisondervraging
blyk:
"Het mnr Beyers
u gevra wat is hierdie dokument? Ek het hom gevra of dit ter sake is
in hulle besprekings en of Amcor se mense
weet van die opsie en toe
sê hy ja.
Wanneer het jy hom
gevra? - Dit was tydens die onderhandelinge want ek wou die dokumente
uitbring.
Toe hy dit aan u
oorhandig, het u hom gevra wat is hierdie dokument? - Ek kon sien dit
is 'n opsie-dokument.
My vraag is, het jy
hom gevra? - Nie miskien in die motor nie, maar ek het hom definitief
gevra, òf in die motor, òf
in die kantoor, maar ek het
hom gevra. Want hy het absoluut niks daarvan gesê in die
getuiebank nie. - Ek kan nie daar help
nie....".
Die
getuienis van Van Wyk oor wat Beyers en Moodie aan hom sou gesê
het, is na my mening nie oortuigend nie. Daar is ook nog
die volgende
oorweging: al sou Beyers en Moodie ook aan Van Wyk gesê het dat
Amcor van die opsie weet, beteken dit nog nie
dat hulle vir hom die
waarheid vertel het of dat hulle geglo het wat hulle aan hom vertel
het nie. Hulle was, soos die verhoorhof
bevind het, onbetroubare
getuies, en indien hulle wel aan Van Wyk gesê het dat Amcor van
die opsie weet, kon hulle dit gedoen
het (soos namens respondent
betoog is) om die waarheid vir Van Wyk, wat 'n prokureur is, te
verberg.
Met
betrekking tot Beyers se getuienis dat Moodie hom vertel het dat
Amcor van die opsie weet, het die verhoorhof ook beslis dat,
al sou
Beyers geglo het wat Moodie aan hom gesê het, sy geloof regtens
irrelevant sou wees indien Amcor inderdaad nie van
die opsie geweet
het nie. Die geleerde regter het tot hierdie bevinding geraak op
grond van wat in sekere Engelse beslissings gesê
is, o.a. in
Grant v. The Gold
Exploration and Development Syndicate
Ltd
,
(1900) 1 Q.B. 233
, op bl. 248,waar Collins, L.J., die
volgende gesê het in 'n passasie wat in die uitspraak van die
hof a
quo
aangehaal word:
"In my opinion,
if a vendor pays a commission to a buyer's agent in order to secure
his help in bringing about the sale, and
does not inform the buyer of
the fact, he cannot defend the transaction if impeached by the buyer,
who has, in fact, had no notice,
by proving that hebelieved that the
agent had disclosed the circumstances to his principal. I think it is
clearly established that
in such circumstances the buyer would be
entitled to rescind the purchase...".
Die
geleerde regter het verder gesê dat na sy mening "the rule
is based on sound common sense", want -
"If it were
otherwise, and the briber could avoid the consequences of the bribe
by saying that he was informed by the agent
that the payment or other
benefit had been disclosed to the principal, it would be almost
impossible from a practical point of
view for the complaining party
to prove collusion and so to obtain redress, because he normally
would have no knowledge of the
communications that had passed between
the two."
In
die lig van wat ek hierbo in verband met Beyers en Moodie se
getuienis gesê het, vind ek dit nie nodig om respondent se
betoog dat die verhoorregter se bevinding betreffende die reg
verkeerd is, te bespreek nie.
Ad
(D)
:
Die
betoog dat, selfs indien die gee
van
die opsie omkopery was, daar nie
bewys
is dat Moodie respondent beïnvloed
het
en hierdie beïnvloeding tot die totstandkoming van die
ooreenkoms van 24
Februarie
1974 aanleiding gegee het nie
.
Ek
het vroeër in die uitspraak daarop gewys dat die verhoorregter
beslis het dat die gee van die opsie deur Beyers aan Moodie
omkopery
daargestel het en dat respondent op grond daarvan geregtig was om die
ooreenkoms van 24 Februarie 1974 te repudieer, en
dat dit nie vir
respondent nodig was om te bewys dat Moodie hom beïnvloed het om
die ooreenkoms te sluit nie. Ek het ook daarop
gewys dat die geleerde
regter ook bevind het dat selfs indien dit vir respondent nodig was
om te bewys dat Moodie hom beïnvloed
het om die ooreenkoms aan
te gaan, hy dit wel bewys het. Die verhoorhof het die eerste
bevinding, d.w.s., dat, by/bewys van die
omkopery, respondent die
ooreenkoms kon repudieer sonder om te bewys dat hy deur Moodie
beïnvloed is om die ooreenkoms aan
te gaan, gegrond op Engelse
beslissings waarin gesê is dat waar 'n agent 'n ooreenkoms
namens sy prinsipaal met 'n derde
sluit en dit bewys word dat die
derde omkoopgeld aan die agent gegee het, die prinsipaal die
ooreenkoms kan verwerp sonder dat
hy hoef te bewys dat die agent deur
die omkoopgeld beïnvloed is. Sodanige bewys is, volgens dié
beslissings, onnodig
omdat daar onweerlegbaar vermoed word dat die
agent beïnvloed is deur die omkoopgeld wat aan hom gegee is.
Daar is in twee
Suid-Afrikaanse sake, nl.
Davies v. Donald
,
1923 C.P.D. 295
en
Mangold Bros. Ltd v, Minnaar and Minnaar,
1936 T.P.D. 48
, na sommige van hierdie Engelse beslissings verwys. In
laasgenoemde saak het De Wet, R., bv. op die volgende passasie in die
uitspraak
van Romer, L.J., in die saak
Hovenden & Sons v.
Millhoff
,
83 L.T. 41
gewys:
"If a bribe be
once established to the Court's satisfaction, then certain rules
apply. Amongst them the following are now established,
and, in my
opinion, rightly established. in the interests of morality with the
view of discouraging the practice of bribery. First,
the Court will
not inquire into the donor's motive in giving the bribe, nor allow
evidence to be gone into as to the motive. Secondly,
the Court will
presume in favour of the principal and as against the briber and the
agent bribed, that the agent was influenced
by the bribe; and this
presumption is irrebuttable."
(Hierdie
woorde van Romer, L.J., is met goedkeuring aangehaal in die betreklik
onlangse sake
Industries
&
General
Mortgage Co. Ltd v. Lewis
,
(1949) 2 All E.R. 573
(K.B.D.) en
Taylor
v. Walker and Others
,
(1958) 1 Lloyd's List Law Reports 490.) McEwan, R., wys in sy
uitspraak daarop dat daar blykbaar nie 'n Engelse saak is waarin
gesê
word dat waar 'n prinsipaal self 'n ooreenkoms sluit en dit dan wil
repudieer omdat sy agent omgekoop is, hy nie hoef
te bewys dat hy
deur die agent beïnvloed is om die ooreenkoms aan te gaan nie.
Die geleerde regter het beslis dat die sake
wat sê dat dit nie
nodig is om te bewys dat 'n omkoopgeskenk aan 'n agent hom beïnvloed
het toe hy namens sy prinsipaal
'n ooreenkoms gesluit het nie
aangesien sodanige beïnvloeding onweerlegbaar vermoed word, die
gevolgtrekking regverdig dat
'n prinsipaal wat self 'n ooreenkoms
sluit ook nie hoef te bewys dat hy onder die invloed van die agent
gehandel het toe hy die
ooreenkoms gesluit het nie.
Mnr
Mostert
het betoog dat die reel wat in die Engelse sake genoem word dat 'n
prinsipaal 'n ooreenkoms kan verwerp op grond daarvan dat aan
sy
agent omkoopgeld gegee is, beperk is tót die geval waar die
agent die ooreenkoms namens sy prinsipaal gesluit het, en
dat dit nie
geld waar die prinsipaal self - soos in die onderhawige geval - die
ooreenkoms aangegaan het nie. Waar die prinsipaal
self die ooreenkoms
aangegaan het, lui die betoog, moet hy bewys dat hy deur die agent
aan wie omkoopgeld betáal is, beïnvloed
is om die
ooreenkoms aan te gaan.
Sodanige
bewys is noodsaaklik, lui die betoog, aangesien dit bv. denkbaar is
dat 'n agent omkoopgeld kan aanneem en niks doen om
enige invloed op
sy prinsipaal uit te oefen wanneer hy 'n ooreenkoms met die omkoper
sluit nie. In so 'n geval, sê mnr
Mostert
,
sou die betaling van die omkoopgeld irrelevant wees wat die
totstandkoming van die ooreenkoms betref en dus nie as grond vir die
repudiëring van die ooreenkoms kan dien nie. Daar is verder
betoog dat indien daar nie van 'n prinsipaal verlang word om te
bewys
dat hy deur sy agent aan wie daar omkoopgeld betaal is, beïnvloed
is om 'n ooreenkoms te sluit nie, dit sal beteken
dat hy 'n mindere
bewyslas sal dra as iemand wat op grond van bedrieglike
wanvoorstellings wat daar aan hom gemaak sou gewees het,
uit 'n
ooreenkoms wil tree. Vir so 'n verskil in die bewyslas in die twee
gevalle is daar, aldus die betoog, nie regverdiging nie.
Ek
vind dit nie nodig om te beslis oor die juistheid van die betoog dat
die verhoorhof regtens fouteer het deur te bevind dat dit
nie vir
respondent nodig was om te bewys dat hy deur Moodie beïnvloed is
om die ooreenkoms aan te gaan nie, aangesien ek van
oordeel is dat
die hof tereg bevind het dat daar bewys is dat beïnvloeding deur
Moodie tot die totstand- koming van die ooreenkoms
aanleiding gegee
het. (Ek sal later in die uitspraak weer na die Engelse reg en die
kwessie van die repudiëring van ooreenkomste
op grond van
omkopery terugkeer.) Die feite spreek myns insiens so duidelik van
sodanige beïnvloeding dat dit nie nodig is
om die aangeleentheid
enigsins in besonderhede te behandel nie. Moodie het Amcor van die
begin af probeer oortuig dat hy die bemarking
van sy kunsmisprodukte
konverbeter deur van appellant se verspreidingsdiens gebruik te maak.
Sy pogings het geslaag en albei partye
het daarby gebaat. Hy het oor
'n tydperk van 2-3 jaar gereël, sonder dat enige skriftelike
kontrak opgestel is, dat Amcor
(eintlik Sentramark) van appellant se
diens gebruik maak, en met die onderhandelinge wat uiteindelik op die
sluit van die ooreenkoms
van 24 Februarie 1974 uitgeloop het, was hy,
tot heel aan die einde, die vernaamste skakel tussen appellant en
Amcor. Amcor het
op 'n raadsvergadering op 27 September 1973 besluit
dat respondent die ooreenkoms met appellant sou aangaan.Op daardie
vergadering
is twee dokumente oorweeg voordat die besluit geneem is.
Die een was 'n verslag van Moodie, en die ander 'n memorandum wat
deur
Ramage opgestel is. In Moodie se verslag word o.m. die volgende
gesê oor die sukses wat Sentramark behaal het deur van
appellant
se diens gebruik te maak:
"Die
belangrikste sukses lê egter daarin opgesluit dat Sentramark
vir die eerste maal in die Suid-Afrikaanse landbou
dienste kon vestig
wat misstowwe werklik grootskaals in massa hanteer. Hierdie diens
word allerweë deur die boerderysektor
aangeprys en skep gedurig
nuwe besigheid. Op hierdie terrein het Sentramark 'n voorsprong
opgebou wat AMCOR se bedingingskrag en
markposisie baie versterk
het."
Ramage
se memorandum het 'n kort uiteensetting gegee van die "understanding"
wat daar sedert 1970 tussen appellant en
Sentramark bestaan het,
asook van die bepalings van die ooreenkoms wat deur appellant en
respondent gesluit sou word. Ramage het
getuig dat sy memorandum
gegrond was op inligting wat hy van Moodie gekry het, en dit is nie
betwis nie. Daar is namens appellant
betoog dat Kearney self graag
wou gehad het dat die ooreenkoms gesluit moes word aangesien hy
gemeen het dat dit vir Amcor voordelig
sou wees. Kearney het dit nie
ontken nie, maar hy het getuig dat sy mening gegrond was op wat
Moodie aan hom gesê het en
dat hy Moodie vertrou het. Die
verhoorhof het Kearney geglo en na my mening kan nie gesê word
dat die hof fouteer het nie.
Wat
die kwessie van beïnvloeding deur Moodie betref, het mnr
Mostert
ook betoog dat dit nie as 'n aanleidende oorsaak van die ooreenkoms
beskou kan word nie aangesien Amcor die ooreenkoms sou goedgekeur
het
selfs indien hy van die opsie geweet het. Die betoog is dat
respondent se getuienis op hierdie punt verwerp moet word. Kearney
het getuig dat indien hy tydens die onderhandelinge wat die
ooreenkoms voorafgegaan het van die opsie geweet het, "I would
have stopped negotiations immediately and fired Mr Moodie", en
hy het die suggestie ontken dat hy die ooreenkoms as so voordelig
vir
Amcor (of respondent) beskou het dat hy dit sou goedgekeur het selfs
as hy van die opsie of die betaling van R100 000 aan Moodie
geweet
het. Mnr
Mostert
se betoog is dat die ooreenkoms baie voordelig vir Amcor (en
respondent) was, dat Amcor se besigheidsmoraal hoofsaaklik deur
'oorwegings
van geldelike gewin bepaal word, en dat kennis van die
opsie hom nie van die sluit van die ooreenkoms sou weerhou het nie.
Volgens
die betoog is daar drie dinge wat van hierdie besigheidsmoraal van
respondent getuig. Al drie punte is ook voor die verhoorhof
geopper.
Die eerste hiervan is die vvyse waarop respondent hom van die
ooreenkoms wat op 24 Februarie 1974 aangegaan is, probeer
losmaak
het. Die geleerde regter behandel die aangeleentheid soos volg in sy
uitspraak:
"The contract
included as Annexure 'A' a schedule of the products to which it
applied. Clause l(a) contained a provision that
Chemfos should have
the right to amend the products listed in Annexure 'A' from time to
time. As I understand the position the
repudiation was effected by
means of a notice deleting all the items in the schedule. At the
commencement of the arbitration it
was conceded that that amounted in
effect to a wrongful repudiation and that the defendant (as then
advised) was liable for damages.
According to the evidence, when the
supply of fertilisers was proving to be unprofitable, the defendant
made approaches to Boeredienste
to terminate the contract, but
without success. It then received legal advice (which proved to be
wrong) that it was entitled in
terms of the contract to terminate it
in the way in which it did. It does not appear to me to be
justifiable to describe the fact
that it acted upon such advice as a
'robust business practice'".
Ek
meen nie dat gesê kan word dat dit 'n verkeerdesiening van die
saak is nie. Die tweede aangeleentheid waarna mnr
Mostert
verwys het, is die stelsel van sg. "vooruit-fakturering"
wat in een stadium deur Sentramark gevolg is en wat daartoe
gelei het
dat die subsidiebetalings ten opsigte van kunsmis wat verkoop is
vanaf 'n vroeëre datum as waarop die kunsmis gelewer
is, geëis
is. Dit is nie nodig om besonderhede van die praktyk hier weer te gee
nie. Dit is inderdaad so dat die praktyk onreëlmatig
was. Daar
moet egter terselfdertyd gesê word dat toe Amcor van die
onreëlmatigheid bewus geword het, hy die saak laat
ondersoek het
en, nadat hy regsadvies ingewin het, die stelsel gewysig het. Mnr
Mostert
het aangevoer dat die gewysigde reëling ook nie van
onreëlmatigheid vry te spreek is nie, maar selfs indien dit so
sou
wees, kan dit Amcor, wat volgens regsadvies opgetree het, nouliks
ten kwade gereken word. Die verhoorhof het bevind dat Amcor behoorlik
opgetree het nadat hy van die onreëlmatige praktyk bewus geword
het, en na my mening kan nie gese word dat hierdie bevinding
verkeerd
is nie.
Die
derde punt wat geopper is, is dat Amcor, nadat hy van die opsie
gehoor het (volgens respondent was dit teen die einde van 1979),
voortgegaan het om sake te doen met 'n maatskappy waarvan Beyers en
sy broer die aandeelhouers en direkteure was. Hierdie optrede
toon,
lui die betoog, dat goeie besigheid vir Amcor swaarder as morele
oorwegings weeg. Die verhoorhof het die aangeleentheid soos
volg in
sy uitspraak behandel:
"It appears
that the defendant has continued to do business with a company or
companies of which Beyers and his brother are
directors. That fact
was said to give the lie to Dr Kearney's evidence to the effect that
Amcor, if it had known of the bribe,
would not have been prepared to
do business with a person or persons who turned out to be bribers.
The force of this
point, however, is lost, in my view, when the nature of the
continuing business is examined. Amcor has continued
to sell
fertilisers to one or more of Beyers' companies against a banker's
guarantee for payment. In other words the transactions
are
straight-forward sales, without any reliance having to be placed upon
the good faith of the Beyers company concerned. That
is a very
different case from that where the person bribed (Moodie) was the
executive director of Sentramark (the defendant's selling
organisation) and was going to be directly in charge of the operation
of the spreading contract, which involved the continuous
rendering of
services. Further- more, the contract involved placing Boeredienste
in possession of stockpiles of the defendant's
fertilisers over a
period of ten years, for which Boeredienste had to account. That
involved placing considerable trust in Boeredienste
and it seems by
no means far-fetched to say that one would not place that sort of
trust in a person who turned out to be bribing
one's employee behind
one's back."
Mnr
Mostert
het aangevoer dat die geleerde regter se redenasie foutief is
aangesien nie een van respondent se getuies te kenne gegee het dat
hulle weens bedenkinge oor appellant se kredietwaardigheid nie met
hom sou sake gedoen het as hulle van die opsie geweet het nie.
Ek
meen egter nie dat die geleerde regter te kenne gegee het dat
respondent oor appellant se kredietwaardigheid bedenkinge gehad
het
nie. Hy het van "good faith" en "trust", d.w.s.
vertroue in 'n persoon, gepraat. Ek moet sê dat dit
vir my
ietwat vreemd voorkom dat Amcor aangehou het om met Beyers sake te
doen, maar ek is terselfdertyd nie bereid om te sê
dat die
verhooregter se siening van die aangeleentheid nie geregverdig is
nie. Ek is in ieder geval, in die lig van al die getuienis,
geensins
daarvan oortuig dat die verhoorhof verdeerdelik bevind het dat
respondent nie die ooreenkoms sou aangegaan het as hy van
die opsie
geweet het nie.
Uit
hoofde van wat hierbo gesê is, is ek van mening dat appellant
se aanval op die verhoorhof se feitebevindings nie kan slaag
nie.
Hieruit volg dat bevind moet word dat respondent die feitlike
bewerings in paragraaf 2 van sy pleit op appellant se eis bewys
het.
Voordat
ek verder gaan, wil ek daarop wys dat wanneer ek sê dat
respondent die feitlike bewerings in paragraaf 2 van sy pleit
op
appellant se eis bewys het, ek nie daarmee te kenne gee dat dit my
bevinding is dat respondent die las gedra het om al daardie
bewerings
te bewys nie. Soos reeds hierbo in die loop van my bespreking van
appellant se betoog oor die verhoorhof se feitebevindings
aangedui
is, is die posisie in die Engelse reg dat, wanneer daar bewys word
dat die een party by 'n ooreenkoms 'n omkoopgeskenk
aan die agent van
die ander party gegee het, daar ten gunste van die agent se
prinsipaal, en teen die omkoper en die agent, onweerlegbaar
vermoed
word dat die agent deur die geskenk beïnvloed is. Hierdie
vermoede berus, volgens wat in sekere beslissings gesê
word, op
praktiese oorwegings rakende bewyslewering en op oorwegings van
openbare belang. "A contrary doctrine", het
Chitty, L.J.,
in
Shipway
v. Broadwood
,
(1899) 1 O.B.D. 369 gesê, "would be most dangerous, for it
would be almost impossible to ascertain what had.been the
effect of
the bribe", en in
Hovenden
& Sons v. Millhoff
,
supra
,
het Romer, L.J., gesê die vermoede word "in the interests
of morality with the view of discouraging the practice of
bribery"
deur die howe aanvaar. Ons reg ken nie 'n vermoede soos die bogemelde
nie, maar oorwegings van die aard wat tot die
aanvaarding daarvan in
die Engelse reg gelei het, sou m.i. moontlik in ons reg regverdiging
kon bied vir die beskouing dat, waar
dit blyk dat een party by 'n
ooreenkoms 'n omkoopgeskenk aan die agent van die ander party gegee
het, hy die las behoort te dra
om te bewys dat sy omkopery nie die
beoogde beïnvloeding van die agent en sy prinsipaal
bewerkstellig het nie. Dit is egter
nie nodig om in hierdie saak 'n
beslissing oor hiérdie vraag te gee nie. Mnr
Mostert
het, soos hierbo gesê, na my mening tereg aanvaar dat indien
daar bewys van die bewerings in paragraaf 2 van respondent se
pleit
gelewer word, respondent se verweer moet slaag. Ek bespreek
vervolgens die vraag van die regs- grondslag waarop die verweer
in
ons reg gehandhaaf kan word. Omkopery in die siviele reg bestaan in
die praktyk meesal daarin dat iemand 'n geskenk of vergoeding
aan
sonder aan die agent van 'n ander persoon gee, of beloof,/dat daardie
ander persoon (d.w.s. die agent se prinsipaal) daarvan
weet, met die
doel om die agent te beïnvloed om met betrekking tot die sake
van sy prinsipaal 'n voordeel vir die skenker
te verkry. Die woord
"agent" in hierdie verband het.'n wye betekenis en is nie
beperk tot iemand wat die bevoegdheid
het om 'n ooreenkoms namens 'n
ander aan te gaan nie. In
Mangold
Bros. Ltd v. Minnaar and
Minnaar
;
1936 T.P.D. 48
, waarna reeds hierbo verwys is, is bv. bevind dat die
respondente, wat 'n trekker en dorsmasjien van die appellant gekoop
het,
geregtig was om die ooreenkoms te repudieer omdat daar
omkoopgeld betaal is aan 'n persoon wat deur hulle gevra was om die
trekker
en dorsmasjien te ondcrsoek en hulle dan te adviseer oor die
vraag of hulle dit moes koop. Kyk ook die Engelse saak
Alexander
v. Webber
,
(1922) l.K.B. 642, waar die eiser 'n gebruikte motor op advies van sy
chauffeur gekoop het en toegelaat is om die ooreenkoms te
verwerp
nadat dit aan die lig gekom het dat die verkoper heimlik vergoeding
aan die chauffeur betaal het.
Om
terug te keer na die vraag wat omkopery behels. In
Davies v.
Donald
,
1923 C.P.D. 295
, waarna ek reeds hierbo verwys het, het
Watermeyer, R., in hierdie verband gesê (op bl. 299.):
"The cases
quoted by Mr
Centlivres
(
Shipway v. Broadwood
, 1898, 1
Q.B.;
Panama
Telegraph Co. v. India Rubber Telegraph
Works Co
.
10 Ch 515
;
Hovenden & Sons v.
Millhoff
,
83 L.T. 43)
seem to lay down a broad general rule that any secret
benefit given by one contracting party to the agent of another with
the intention
of influencing his mind in favour of the donor is a
bribe, which entitles the other contracting party to certain remedies
against
the agent and the donor ".
(Die
verwysing na
Shipway
v. Broadwood
,
1898, 1 O.B. is nie korrek nie. Die saak is in (1899) 1 O.B. 369
gedierapporteer. Die verslag van/
Panama
Telegraph Co.
-saak
is in (1875) 10 Ch. App. te vind.)
In
Manqold Bros. Ltd
.
v. Minnaar and Minnaar
,
supra
,
op bl. 55, het De Wet, R., die volgende passasie in die uitspraak van
Romer, L.J., in die saak
Hovenden & Sons v. Millhoff
,
supra
, met be- trekking tot die vraag wat 'n "bribe"
is, aangehaal:
"It may,
therefore, be well to point out what is a bribe in the eyes of the
law. Without attempting an exhaustive definition
I may say that the
following is one statement of what constitutes a bribe. If a gift be
made to a confidential agent with the view
of inducing the agent in
favour of the donor in relation to transactions between the donor and
the agent's principal and that gift
is secret as between the donor
and the agent - that is to say, without the knowledge and consent of
the principal - then the gift
is a bribe in the view of the law."
In
Industrial and General Mortgage Co. Ltd. v. Lewis
,
(1949) 2
All E.R. 573
het Slade, R., die volgende gesê (op bl. 575 G):
"For the
purposes of the civil law a bribe means the payment of a secret
commission, which only means (i) that the person making
the payment
makes it to the agent of the other person with whom he is dealing;
(ii) that he makes it to that person knowing that
that person is
acting as the agent of the other person with whom he is dealing; and
(iii) that he fails to disclose to the other
person with whom he is
dealing that he has made that payment to the person whom he knows to
be the other person's agent."
Slade,
R., het verder gesê dat "proof of corruptness or corrupt
motive is unnecessary in a civil action." Hy het
dit gesê
op grond van die woorde van Romer, L.J., in
Hovenden
& Sons v. Millhoff
,
supra
,
dat "If a bribe be established to the Court's satisfaction the
Court will not inquire into the donor's motive in giving the
bribe,
nor allow evidence to be gone into as to the motive." Volgens
Slade, R., het Romer, L.J., met hierdie woorde te kenne
gegee dat
"once the bribe is established, there is an irrebuttable
presumption that it was given with an intention to induce
the agent
to act favourably to the payer....". Dit is m.i. egtcr 'n vraag
of Romer, L.J., so iets te kenne wou gegee het.
Hy
het 'n "bribe" omskryf as "a gift ... made .... with
the view of inducing the agent to act in favour of the donor
....",
en gevolglik is dit nie duidelik dat hy bedoel het dat wanneer daar
van 'n "bribe" bewys gelewer is, daar
vermoed word dat "it
was given vvith an intention to induce the agent to act favourably to
the payer....".
Hierdie
vraag kan egter daargelaat word, aangesien daar in die geval voor ons
bewys gelewer is van omkopery soos omskryf deur Romer,
L.J., in die
passasie in
Hovenden & Sons v. Millhoff
wat hierbo
aangehaal is. In die onderhawige saak is daar bewys dat die gee van
die opsie deur Beyers aan respondent se werknemer,
Moodie, 'n geskenk
was wat bedoel was om Moodie te beweeg om respondent te beïnvloed
om die ooreenkoms van 24 Februarie 1974
met appellant aan te gaan, en
dat Moodie respondent beïnvloed het om die ooreenkoms met
appellant te sluit. Volgens die reëls
van die Engelse reg sou
respondent die ooreenkoms kon verwerp, en ek is van oordeel dat hy
dit volgens ons reg ook kan doen. Volgens
die Engelse reg, soos
hierbo aangedui, sou appellant skynbaar die ooreenkoms kon verwerp
sonder dat bewys hoef te word dat Moodie
deur die omkoopgeskenk
beïnvloed is, of dat respondent deur Moodie beïnvloed is om
die ooreenkoms aan te gaan. Wat die
posisie in ons reg sou wees in 'n
geval waar dit nie blyk dat die agent deur die omkoopgeskenk
beïnvloed is nie, of nie blyk
dat die prinsipaal deur die agent
beïnvloed is nie, is vrae wat nie in die onderhawige saak
ontstaan nie en wat gevolglik
nie beantwoord hoef te word nie. In
sowel
Davies v. Donald
as
Mangold Uros. Ltd v. Minnaar
and Minnaar
, hierbo genoem, wil ek hier kortliks sê, het
die hof verwys na die Engelsregtelike reël dat waar 'n
omkoopgeskenk aan
'n party se agent gegee is, die party die
ooreenkoms op grond daarvan kan verwerp en dat dit nie saak maak of
die agent deur die
geskenk beïnvloed is nie. Dit blyk egter dat
in albei hierdie sake die agent aan wie die geskenk gegee is daardeur
beïnvloed
is en, verder, dat die prinsipaal deur die agent
beïnvloed is. In hierdie omstandighede sou ek hierdie sake nie
beskou as
'n erkenning van die bestaan in ons reg van 'n reël
soos die pas gemelde reël wat in die Engelse reg geld nie. Die
grondslag
waarop die Engelse reg toelaat dat 'n party by 'n
ooreenkoms aan wie se agent daar deur die ander party 'n
omkoopgeskenk gegee
is die ooreenkoms kan repudieer, is dat die gee
van die geskenk "fraud" teenoor die eersgenoemde party is.
Hierdie "fraud"
bestaan daarin dat die omkoper inbreuk maak
op die vertrouensverhouding wat daar tussen 'n prinsipaal en sy agent
bestaan deurdat
hy die agent in 'n posisie plaas waar sy eie belange
in stryd met sy plig teenoor sy prinsipaal kom. In
Davies v.
Donald
,
supra
, het Watermeyer, R., met verwysing na sekere
Engelse sake en die reël dat 'n prinsipaal 'n ooreenkoms kan
verwerp as daar
'n omkoopgeskenk aan sy agent gegee is, gesê
(op bl. 300):
"The reason f
or the rule seems to me to be founded upon the general principle that
an agent is never allowed to act in a matter,
where his duty to his
principal confiicts with his own interest, and if one contracting
party knowingly places the agent of the
other contracting party in a
position, where his ciuty and his interest are in conflict, he
commits a fraud upon the other contracting
party, if the other
contracting party is ignorant of the arrangement."
In
die
Panama Telesraph Co
.-saak hierbo genoem, het Sir W.M.
James,. L.J., gesê (op bl. 526):
"... I take it
to be clear that any surreptitious dealing between one principal and
the agent of the other principal is a fraud
on such other principal,
cognizable in this Court. That I take to be a clear proposition, and
I take it, according to my view,
to be equally clear that the
defrauded principal, if he comes in time, is entitled, at his option,
to have the contract rescinded,
or, if he elects not to have it
rescinded,to have such other adequate relief as the Court may think
right to give him."
Dat
"fraud" in die Engelse reg as die grondslag beskou word van
'n prinsipaal se reg om 'n ooreenkoms te repudieer as
daar 'n
omkoopgeskenk aan sy agent gegee is, blyk ook uit
In re A Debtor
,
(1927) 2 Ch. D. 367
, op bl. 376, waar Scrutton, L.J., o.m. gesê
het:
"A man who is
the agent of A. in a transaction between A. and B., and who also acts
secretly for B. in the same trasaction,
is presumed to act corruptly.
Common law authorities require the Court to hold that that is a
corrupt practice, and, in my opinion,
the Court ought to presume
fraud in such circumstances."
En
ook, op bl. 377, met betrekking tot die ooreenkoms wat in daardie
saak ter sprake was:
"I feel
therefore that there is no difficulty in holding that there was here
fraud by which the contract sued on was secured."
Kyk
ook
Alexander v. Webber
, hierbo genoem, waarna daar in
Mangold
Bros. Ltd. v. Minnaar and Minnaar
,
supra
, op bl. 57 verwys
word. Dit is duidelik dat die "fraud" waarvan daar in
hierdie Engelse sake gepraat word as die grond
waarop 'n prinsipaal
aan wie se agent 'n omkoopgeskenk gegee is, uit 'n ooreenkoms kan
tree, nie dieselfde inhoud het as die bedrog
waarmee 'n mens
gewooniik in ons reg te doen het wanneer een party by 'n kontrak
toegelaat word om weens die bedrog van die ander
party ui t 'n
ooreenkoms te tree nie, d.w.s., bedrog wat daarin bestaan dat 'n
party as gevolg van bedrieglike wanvoorstellings
wat daar aan hom
gemaak is, beweeg is om 'n ooreenkoms aan te gaan wat hy andersins
nie sou aangegaan het nie. (Kyk bv.
Karroo
& Eastern
Board of Executors & Trust Co. v. Farr and
Others
,
1921 A.D. 413
;
Frost v. Leslie
,
1923 A.D. 276.)
"Fraud"
kan blykbaar 'n baie wye betekenis in die Engelse reg hê, soos
in die volgende passasie in
Kerr on the Law
of Fraud and
Mistake
(7de uitg., bl. 1) aangedui word:
"It is not easy
to give a definition of what constitutes fraud in the extensive
signification in which that term is understood
by Civil Courts of
Justice .... Fraud, in the contemplation of a Civil Court of Justice,
may be said to include properly all acts,
omissions, and concealments
which involve a breach of legal or equitable duty, trust or
confidence, justly reposed, and are injurious
to another, or by which
an undue or unconscientious advantage is taken of another. All
surprise, trick, cunning, dissembling and
other unfair way that is
used to cheat anyone is considered as fraud."
'n
Ontleding van die Engelse beslissihgs oor die onderhawige onderwerp
toon m.i. dat die werklike grondslag van die reg wat 'n party
het om
die ooreenkoms te repudieer indien daar aan sy agent 'n omkoopgeskenk
deur die ander party gegee is, daarin bestaan dat
die reg omkopery as
'n immorele en ongeoorloofde handeling beskou en derhalwe nie toelaat
dat die omkoper die ooreenkoms kan afdwing,
of dat die ander party
daaraan gebonde gehou moet word nie. In die lig van wat hierbo gesê
is, meen ek dat, wat ons reg betref,
dit nie juis is om, soos in
Davies
v.
Donald
,
supra
,
en
Mangold
Bros. Ltd v. Minnaar and
Minnaar
,
supra
,
in navolging van Engelse sake gedoen is, die reg van 'n prinsipaal om
'n ooreenkoms wat deur die omkoop van sy agent verkry is,
te
repudieer op bedrog ("fraud") te gron nie. 'n Mens moet sê,
meen ek, altans wat 'n geval soos die onderhawige
betref, dat die
prinsipaal se reg om die ooreenkoms te verwerp, gegrond is op die
ongeoorloofdheid van die metode, nl. omkopery,
waarvan die ander
party gebruik gemaak het om hom te beïnvloed om die ooreenkoms
aan te gaan. Wat betref die partye wat die
omkoopgeskenk aan die
agent van die ander party gegee het, moet om 'n mens m.i. sê
dat die reg hom nie toelaat/teen die wil
van die ander party 'n
ooreenkoms af te dwing wat hy deur middel van ongeoorloofde gedrag,
nl. omkopery, verkry het nie.
Dit
is in hierdie verband ook nuttig om op die bepalings van die Wet op
die Voorkoming van Korrupsie, No. 6 van 1958, te let. Art.
2 van die
Wet (wat wesenlik dieselfde bepalings as diá van sy
voorganger, die Korruptie Verhinderings Wet, No. 4 van 1918,
bevat)
bepaal o.m.:
"(2) Iemand wat
–
(a) in die geval van
'n agent, op korrupte wyse van iemand anders 'n geskenk of vergoeding
ontvang of verkry of tot die ontvangs
daarvan instem of dit probeer
verkry, hetsy vir homself of vir 'n ander persoon, by wyse van
aansporing of beloning vir die verrig
of nalaat van 'n handeling met
betrekking tot die sake of besigheid van sy prinsipaal... ; of
(b) op korrupte wyse
'n geskenk of vergoeding aan 'n agent gee of instem om dit te gee of
dit aanbied, by wyse van aansporing of
beloning om 'n handeling met
betrekking tot sy prinsipaal se sake of besigheid te verrig of na te
laat .... ; of
(c) is aan 'n
misdryf skuldig en by skuldigbevinding strafbaar met die strawwe wat
regtens vir die misdryf omkopery opgelê
is."
(Die
"misdryf omkopery" waarna hier verwys word, is die
gemeenregtelike misdaad omkopery. Die straf wat genoem word, is
deur
art. 1 van Wet No. 43 van 1982 ingevoer. Vóór dié
wysiging was die voorgeskrewe straf 'n boete van hoogstens
R2 000 of
gevangenisstraf vir hoogstens 5 jaar, of beide sodanige boete of
gevangenisstraf.) Volgens art. 1 van die wet beteken
"agent"
o.m. "iemand wat by 'n ander in diens is of vir hom optree",
en "vergoeding" beteken "ook
waardevolle vergoeding
van watter aard ook al."
Daar
kan weinig twyfel bestaan dat Moodie en Beyers se gedrag binne die
bepalings van onderskeidelik sub-art. (a) en sub-art. (b)
van art. 2
van die bg. wet val. Indien in ag geneem word dat Beyers 'n
omkoopgeskenk aan Moodie gegee het en dat Moodie, soos deur
Beyers
beoog, respondent beweeg het om die ooreenkoms van 24 Februarie 1974
met appellant aan te gaan, beteken dit dat gedrag wat
'n oortreding
van art. 2(a) en (b) van die bg. wet uitmaak, tot die sluit van die
ooreenkoms gelei het. Die reg kan, na my mening,
weens oorwegings van
openbare belang, appellant(ten behoewe van wie Beyers opgetree het)
nie toelaat om 'n ooreenkoms wat op so
'n wyse tot stand gekom het,
teenoor respondent af te dwing indien hy besluit om dit te verwerp
nie.
Ek
kom nou by die appèl teen die verhoorhof se handhawing van
respondent se teeneis. Die relevante paragrawe van die teeneis
en
appellant se pleit daarop is hierbo aangehaal. Die partye het vóór
die aanvang van die verhoor ooreengekom dat
respondent se regs- en
ander professionele koste R110 870-00 bedra het. Paragraaf 3 van die
teeneis, wat soos volg lui (ek herhaal
dit geriefshalwe) -
"3. The said
amount was incurred as a result of the aforesaid unlawful conduct of
the plaintiff and in the premises the defendant
has sustained damages
in that amount, which the plaintiff is liable to pay to the
defendant.", is in paragraaf 3 van appellant
se pleit op die
teeneis ontken. Die ontkenning lui soos volg:
"3. Die eiser
ontken ieder en elke bewering in hierdie paragraaf gemaak, asof
spesifiek weerlê."
Mnr
M
ostert
het aan die einde van die verhoor in die hof a
quo
betoog dat, selfs indien respondent se verweer op appellant se eis
sou slaag, respondent nie opskadevergoeding geregtig sou wees
nie
aangesien hy nie bewys het dat hy RllO 870-00,of enige ander bedrag,
skade gely het nie. Sy betoog was - net soos in hierdie
hof - dat die
teeneis 'n eis ex
delicto
is; dat by so 'n eis die eiser kan eis dat die delikpleger hom in die
posisie moet plaas waarin hy sou gewees het as die delik
nie gepleeg
was nie; dat die ooreenkoms van 24 Februarie 1974 respondent in 'n
beter finansiële posisie geplaas het as waarin
hy vóór
die aangaan van die ooreenkoms was, en dat die omvang van respondent
se skade nie bepaal kan word as daar
nie rekening gehou word met die
winste wat hy vanweë die bestaan van die ooreenkoms gemaak het
nie. Respondent, is daar aangevoer,
het nie aangetoon welke winste
die ooreenkoms vir hom meegebring het nie en gevolglik het hy nie
bewys dat hy skade gely het nie,
of, indien hy wel skade gely het,
wat die skade beloop het nie. Die verhoorhof het hierdie betoog
vanweë verskeie oorwegings
nie aanvaar nie. Die eerste hiervan
is dat die ooreenkoms net vir die vervoer, opberg en strooi van
kunsmis voorsiening maak en
dat dit twyfelagtig is of gesê kan
word dat winste wat respondent met die verkoop van kunsmis gemaak het
deur die ooreenkoms
meegebring is.
Die
tweede is dat die moontlikheid dat die ooreenkoms wel vir respondent
voordelig was vanweë die groter hoeveelheid kunsmis
wat hy
verkoop het, "too remote" was "to be taken into
account in assessing the diminution of the defendant's patrimony
resulting from the plaintiff's unlawful conduct." Die derde
oorweging is dat appellant nie gepleit het dat: respondent sy
skade
op 'n verkeerde manier bereken het deurdat hy nie die voordeel wat hy
vanweë die bestaan van die ooreenkoms behaal het,
in ag geneem
het nie.
Ek
is daarvan oortuig, soos hieronder nader aangedui word, dat
appellant, in die lig van sy pleit op die teeneis, en ook in die
lig
van wat sy advokaat in die loop van die verhoor aan die verhoorregter
gesê het toe daar namens respondent teen sekere
kruisondervraging van die getuie Britten beswaar gemaak is, nie kan
betoog dat respondent nie sy skade bewys het nie. Ek vind dit
gevolglik nie nodig om op die ander oorwegings wat by die verhoorhof
gegeld het, in te gaan nie. Paragraaf 2 van die pleit op die
teeneis
bevat 'n ontkenning van die bedrag van respondent se regskoste, maar
daar is later - vóór die verhoor - ooreengekom
dat die
koste Rll0 870-00 beloop het. Paragraaf 3 van die pleit bevat 'n
ontkenning van die bewerings in paragraaf 3 van die teeneis.
Dié
bewerings is (i) dat die onkoste as gevolg van appellant se
onregmatige gedrag aangegaan is, en (ii) dat respondent
daardie
bedrag skade gely het. Paragraaf 3 van die pleit bevat m.i. geen
aanduiding van 'n verweer dat daar, bo en behalwe appellant
se
ontkenning van die onregmatige optrede waarvan hy deur respondent
beskuldig word, nog 'n ander rede bestaan waarom respondent
nie op
betaling van die'geëiste bedrag geregtig is nie. Om dit anders
te stel: daar is niks in paragraaf 3 van die pleit wat
aandui dat
appellant die verweer opper dat selfs indien hy hom aan die beweerde
onregmatige optrede skuldig gemaak het, en selfs
indien respondent
onkoste as gevolg van daardie onregmatige optrede aangegaan het, hy
(appellant) nogtans nie verplig is om respondent
vir dié
onkoste te vergoed nie. As appellant beoog het om so 'n verweer te
opper moes hy dit in duidelike taal gepleit het.
Daar
is nog 'n verdere oorweging. In die loop van die kruisondervraging
van Britten is hy in 'n stadium ondervra oor voordele wat
die
ooreenkoms vir respondent meegebring het en oor profyte wat
respondent met die verkoop van kunsmis gemaak het. Mnr
Maisels
,
namens respondent, het teen hierdie vrae beswaar gemaak en aan die
hof gesê:
"M'lord, before
my learned friend continues cross-examination of this witness, I wish
to raise a point. M'lord, my learned
friend, your lordship will
recall, was cross-examining the witness on a document Exhibit 'G'
which was handed in yesterday, which
I assume was intended to show, I
am not quite clear what it was intended to show, that there was a
profit .... (Witness Dritten
requested to leave the Court.) M'lord,
if this cross-examination ... your lordship will recall the document
was headed 'opsomming'
and if this cross-examination was directed to
show that the Defendant thought that the association with the
Plaintiff would be
profitable or that it was profitable and that
therefore as a matter of probability, the – Moodie would have
told certain
persons in the Defendant's employ, or directors, of this
arrangement he had with Mn Beyers, then of course there is no
objection
to that course of cross-examination, that line of
cross-examination at all, that would tend, as I understand it, ....
(inaudible)
... of probabilities. Your lordship would have observed
from the pleadings, that as far as we've been able to ascertain,
where
there is only one defence raised, and that is that it wasn't a
bribe because inter alia, it wasn't a bribe or the option, or the
buying of the option and the insurance policy, there weren't bribes
at all, because the defendants or certain of his officials
and
directors, knew of the fact that Mr. Moodie had an option to acquire
those shares, to acquire an interest in the Plaintiff
company. M'lord
that appears quite clearly from the pleadings ".
En:
So, ... on the
pleadings as they stand, the issues as we have understood them, are,
was there a bribe in the sense not that the
option to take up the
shares was not given, not that the policy was not given, not that the
R100 000 was not paid, but was there
a bribe which was not known to
the Defendant. That is the issue of the pleadings and M'lord if one
looks at the application papers
that was the defence raised ".
En
ook:
"M'lord that
was the defence. Now m'lord, insofar as my learned friend seeks to
break down our claim that we did not know by
showing that this was a
profitable, or may have been profitable or was a profitable
transaction or was a good thing, from our point
of view, I have no
objection whatsoever to the cross-examination. It's perfectly
legitimate, but if there is some other purpose,
some other legal
defence of which we are unaware, then m'lord that's not been pleaded
and if my learned friend intends making any
use of it, then m'lord
our submission is, if there is some other legal ground, I don't know
of it, then that must have been pleaded,
and m'lord I ínvite
my learned friend to tell us if he stands by his pleadings as they
are."
Hierop
het mnr
Mostert
soos volg geantwoord:
"To answer my
learned friend's last question first, we stand by our pleadings as
they are. On the relevancy m'lord of this
cross-examination the
limits allowed the cross-examiner generally, may I refer your
lordship to page 355 of the latest issue of
Hoffmann, 3rd Edition
Although it's under the title '
Cross-examination
to credit
',
m'lord, the principle applies universally in our submission."
Mnr
Mostert
het toe die volgende passasie uit Hoffmann en Zeffert,
South African Law of Evidence
, 3de uitg, bl. 355, aangehaal.
(Ek haal die passasie aan soos dit in die boek verskyn, met weglating
van die advokaat se kommentaar
tussenin terwyl hy die passasie gelees
het.):
"Relevance
to credit is a very elastic concept. A witness's credit means not
only his honesty but also his powers of perception,
his memory and
his accuracy of narration. Judges have frequently emphasised that the
parties and their representatives should be
allowed a wide latitude
in asking questions which may be relevant to any of these matters.
Thus Trollip J A in
Shatz
Investments (Pty) Ltd
v.
Kalovyrnas
(1976 (2) S.A. 545
(A) at 560), in commenting on the fact that there
had been an inordinately long cross-examination that appeared to be
irrelevant,
remarked that 'one should bear in mind that usually a
wide latitude should be afforded a defendant in presenting his
defence, especially
when he is confronted with a substantial claim
for damages'. The cross-examiner should be allowed as far as possible
to question
the witness without interruption from the Court. It
should not be necessary for him to indicate in advance the possible
relevance
of each question, since the cross-examiner may not wish to
disclose this to the witness until after he has committed himself to
an answer."
Mnr
Mostert
het verder o.m. gesê:
".... I give
your lordship the assurance ..... that the questions that I am asking
of this witness, are relevant and I do so
in the full knowledge that
I will be called upon to justify this later to your lordship when I
address you in counsel's address
I ask your lordship to allow me to
continue on the basis indicated and on the assurance that the
questions are relevant to issues
in this case."
Hierna
het mnr
Mostert
voortgegaan en vrae van dieselfde aard as dié waarteen mnr
Maisels
beswaar gemaak het, gevra. Dit blyk dat mnr
Maisels
van mening was dat vrae oor die voordeligheid van die ooreenkoms
toelaatbaar kon wees met betrekking tot die vraag of respondent
die
ooreenkoms sou verwerp het as hy van die opsie geweet het (soos hy
beweer het dat hy sou gedoen het), maar nie, gesien appellant
se
pleit, vir 'n ander doel nie. Dit moes vir mnr
Mostert
ook duidelik gewees het hoe mnr
Maisels
die aangeleentheid verstaan het. In al die omstandighede moes daar na
my mening 'n duidelike, open-hartige antwoord aan die hof
gegee
gewees het oor wat, volgens appellant, die relevantheid van die vrae
van sy advokaat was. Die eerste drie sinne van die passasie
wat mnr
Mostert
uit Hoffmann en Zeffert se werk aangehaal het, het klaarblyklik nie
betrekking op die geval voor die hof gehad nie. Die verwysing
na
Shatz
se saak in die aangehaalde passasie was ook nie ván toepassing
op die saak nie. Die woorde van Trollip, A.R., wat in die
passasie
verskyn, is gebesig met betrekking tot kruisondervraging oor 'n som
geld wat die huurder van 'n sakeperseel aan "fixtures
and
fittings" sou bestee het. Die bedrag was 'n item wat in geskil
was tussen die partye, en die lang kruisondervraging waarvan
die
geleerde regter gepraat het,was dus kruisondervraging in verband met
'n punt wat ter sake was - al het dit dan ook geblyk dat
sommige vrae
wat gevra is nie relevant was nie. In die onderhawige geval het 'n
mens met iets anders te doen, nl. kruisondervraging
oor 'n punt wat
nie behoorlik in appellant se pleit op die teeneis geopper is nie.
Uit
die voorgaande volg dat ek van mening is dat die appél teen
die verhoorhof se bevinding oor respondent se teeneis nie
kan slaag
nie. Uit hoofde van/die voorgaande is ek van mening dat die appèl
in sy geheel afgewys moet word. Wat die koste
van die appèl
betref, het respondent aangevoer dat indien die appèl afgewys
word, appellant gelas moet word om respondent
se koste op 'n
prokureur-en-kliënt-basis te betaal, insluitende die koste van
drie advokate.
Met
betrekking tot die betoog aangaande prokureur-en-kliënt-koste,
blyk dit uit die verhoorregter se uitspraak dat hy dit op
grond van
veral twee oorwegings ernstig oorweeg het om so 'n bevel teen
appellant te gee.
Hy
het in hierdie verband gesê:
"What has
concerned me mainly in this connection is plaintiff's argument based
on :
(1) the allegation
that the defendant was so keen on the spreading contract that it
would have overlooked the/fact that Moodie had
been bribed, if it had
discovered that; and
(2) the allegation
that the defendant's own robust business practices were such that it
would have tolerated a little amount of
non-disclosure by Beyers and
Moodie, if it had found out about it; so that there was no necessity
to disclose the bribe.These arguments,
in my view, border on the
impudent; and an enormous amount of time was consumed with the
evidence led in an attempt to substantiate
them. These considerations
have almost persuaded me that costs on the attorney and client scale
should be awarded."
Die
geleerde regter het egter besluit om nie so 'n koste-bevel te gee nie
en het gesê:
"However, after
consideration of the case as a whole, I have come to the conclusion
that this is not a case where the court's
disapproval should be
marked by an order for attorney and client costs. The trial was
conducted at times with a certain degree
of acrimony and on occasion
exaggerated language may have been used. Issues were raised which
occupied a considerable amount of
time, but later turned out to be
unsuccessful. It would, however, in my view, be unjustified to
stigmatise the conduct of the case
as having been improper. The costs
will therefore be confined to costs on the party and party scale."
Respondent
het voor ons betoog dat hierdie hof, ten spyte van die bevinding van
die verhoorhof, sy misnoeë met die feit dat
appellant na hierdie
hof geappelleer het, moet te kenne gee deur die appêl met
prokureur-en-kliënt-koste af te wys.
Ek het hierdie betoog
ernstig oorweeg, maar vind my nie bereid om daaraan gehoor te gee
nie. Die verhoorregter, wat al die getuienis
in die saak aangehoor
het en persoonlik waargeneem het op welke wyse en in welke gees die
saak voor hom gevoer is, het, ten spyte
van oorwegings wat hom byna
beweeg het om appellant met 'n bevel van prokureur-en-kliënt-koste
te straf, ná ernstige
oorweging besluit om dit nie te doen
nie, en ek is nie daarvan oortuig dat hierdie hof nou, vanweë
die feit dat appellant
geappelleer het, verder moet gaan as wat die
verhoorregter bereid was om te gaan nie.
Met
betrekking tot die betoog dat respondent die koste van drie advokate
toegelaat moet word, blyk dit dat albei partye by die verhoor
deur
drie advokate verteenwoordig is; dat albei partye van mening was dat
die party wat slaag die koste van drie advokate toege-
laat moet
word, en dat die verhoorregter van oordeel was dat die saak vanweë
sy "complexity" die gebruik van die
dienste van drie
advokate geregverdig het. Appellant, wat in hierdie hof deur net twee
advokate verteenwoordig is, het betoog dat
'n bevel wat die koste van
drie advokate toelaat, nie geregverdig sou wees nie. Ek stem hiermee
saam. Die saak het by die verhoor,
wat etlike dae geduur het, 'n veel
groter omvang as in hierdie hof gehad. Die appèl is in één
dag af-gehandel,
en by oorweging van respondent se skriftelike
betoogpunte en sy mondelinge betoog in hierdie hof is ek geensins
daarvan oortuig
dat 'n bevel wat die koste van drie advokate toelaat,
geregverdig sou wees nie.
Die
appèl word met koste afgewys, insluitende die koste van twee
advokate.
P
J RABIE
HOOFREGTER.
MILLER,
AR.
HOEXTER,
AR.
Stem
saam.
BOTHA,
AR.
VAN
HEERDEN, AR.