About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1985
>>
[1985] ZASCA 20
|
|
S v Maseko (34/85) [1985] ZASCA 20 (30 August 1985)
34/85/AV
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID
AFRIKA
(APPëLAFDELING)
In die saak tussen:
AARON MASEKO
Áppellant
EN
DIE STAAT
Respondent
CORAM: CORBETT, GROSSKOPF
,
BOSHOFF, ARR
VERHOOR: 30 Augustus 1985
GELEWER:
12 September 1985
UITSPRAAK
GROSSKOPF, AR
In hierdie saak is die appellant
skuldig
bevind op twee klagtes van moord,
agt van poging tot
moord
.........
2
moord, een van aanranding met die
opset om ernstig te
beseer en een van gewone
aanranding. Al hierdie
klagtes spruit voort uit 'n
deurlopende reeks gebeure
wat plaasgevind het op Saterdag 28
Januarie 1984.
Hierdie gebeure kan soos volg
opgesom word.
Ongeveer 3 n.m. op die betrokke
Saterdag het
die appellant vir Elizabeth
Mthombeni, een van die klaag-
sters in die klagtes van poging
tot moord, genader buite
die huis waarin sy gewoon het. Die
appellant en
Elizabeth het vantevore, gedurende
1981 en 1982,
verhouding gehad wat in Maart 1982
deur Elizabeth be-
eindig was. Sy besoek in Januarie
1984 was daarop ge-
mik om 'n versoening te
bewerkstellig. Elizabeth was
egter
........
3
egter nie daarvoor te vinde nie.
Die uiteinde van
hul gesprek was dat sy in die huis
xngehardloop het en
hy haar met 'n halwe baksteen
gegooi het - gelukkig mis.
Elizabeth het twee kinders van
ongeveer nege jaar elk
gestuur om hulp te ontbied. Die
appellant het hulle
agternagehardloop en een van hulle
(Elizabeth se dogter
uit 'n ander verbintenis)
aangerand (hiervoor is
hy aán gewone aanranding
skuldig bevind). Hierna het
die appellant weggeloop.
Omtrent 8 n.m. het die appellant
weer sy op-
wagting by Elizabeth gemaak. Sy
was toe binne-in die
huis saam met Tolly Adams (die
eienaar van die huis) en
'n hele aantal ander persone. Van
die aanwesiges het
hom
.......
4
hom verwyt oor die moeilikheid wat
hy vroeër die middag
gemaak het. Hy het verduidelikings
en verskonings
aangebied. Elizabeth se oom,
Willem Mbatha, het haar
gevra wat haar houding teenoor die
appellant was.
Sy het in die teenwoordigheid van
almal gesê dat sy nie
meer lief vir hom was nie. Die
appellant is toe mee-
gedeel dat die polisie ingeroep
sou word as hy weer daar
moeilikheid kom maak. Elizabeth
het bygevoeg dat sy
in elk geval van plan was om by
die polisie te gaan kla
oor die appellant se aanranding op
haar dogter. Die
appellant is toe aangesê om
te loop. Hy was klaarblyk-
lik ontevrede oor sy ontvangs en
het by sy vertrek ge-
dreig dat die persone wat daar
was, nie daardie nag in die
huis
.........
5
huis
sou slaap nie.
Mettertyd het sommige van die
persone in die
huis begin slaap. Die huis het net
uit een kamer met een
buitedeur bestaan. Daar was tien
mense daarin, van wie
drie kinders was. Die getuie
Jeremia Khuma was slegs 'n
besoeker en het besluit dat dit
tyd geword het om húis toe
te gaan. Hy kon egter nie die deur
oopkry nie omdat,
soos dit later geblyk het, die
appellant dit van buite
met draad vasgebind het.
Terwyl
Jeremia nog
besig was om te sukkel met die
deur, wat oud en verweerd
was, het die appellant van buite
petrol gegooi deur
gaatjies in die deur. Onmiddellik
daarna
het die appellant die petrol aan
die brand gesteek
Die
..........
6
Die hele huis was onmiddellik in
ligtelaaie.. Tolly
Adams en 'n helper het die deur
oopgeskop en uitgehardloop
Buitekant het die appellant op
Tolly Adams afgestorm en
met 'n panga na hom gekap. Adams
het gekeer en is op
sy voorarm raakgeslaan. Die
appellant het weggehard-
loop.
Al die persone in die huis het
brandwonde op-
gedoen, party meer ernstig as
ander. Twee persone,
t.w. Elizabeth se tweejarige
dogtertjie en Jorina Roux,
'n volwasse vrou , se wonde was
noodlottig.
Ten
opsigte van laasgenoemde twee
persone is die appellant
skuldig bevind
aan moord, en ten opsigte van die
ander
agt
aan poging tot moord. Die
skuldigbevinding aan aanran-
ding
.........
7
ding met die
opset om ernstig te beseer spruit uit die
aanval
met 'n panga op Adams. Die verhoorhof
(COETZEE
R en assessore in die rondgaande hof te Springs)
het
bevind dat daar geen versagtende omstandighede by
die moorde
aanwesig was nie, en die doodvonnis is dus
hiervoor
opgelê. Dit is slegs teen hierdie bevinding
wat
die appellant nou, met verlof van die verhoorregter,
in
hoër béroep kom.
Daar
is dus geen app
è
l
teen
enige van die ander vonnisse of
teen enige van die skul-
digbevindinge nie.
Die vraag vir beslissing is dus
bloot of die
verhoorhof se bevinding oor versagtende
omstandighede
aangeveg kan word. Mej. Revelas, wat namens die ap-
pellant
8
pellant verskyn het, het betoog
dat daar twee moontlike
versagtende omstandighede was,
t.w. die appellant se gees-
tesgesteldheid weens Elizabeth se
verwerping van hom en díe
vernederende manier waarop hy by
haar woning behandel is.
en sy drankinname. Wat albei
hierdie faktore betref word
die appellant gekniehalter deur
die feit dat sy eie ge-
tuienis oor die gebeure deur die
verhoorhof verwerp is (te-
reg, na my mening) en dat hy in
elk geval geen feitebasis
voor die hof geplaas het waarop sy
advokaat se betoog ge-
grond kan word nie.
Die gebrek aan 'n feitebasis is na
my mening be-
slissend veral ten opsigte van die
betoog dat die appellant
onder die invloed van drank was.
Hy self het nie te dien
effekte
........
9
effekte
getuig nie. Al wat in hierdie verband uit die
staatsgetuienis blyk is dat die
appellant daardie middag.
voor sy eerste besoek aan
Elizabeth, twee liters sorghum-
bier saam met Tolly Adams en
Willem Mbatha gedrink het, en
dat hy by sy tweede besoek (d.w.s.
ongeveer 8 n.m.) sy
vroeëre gedrag probeer
verskoon het deur onder meer te
sê dat hy dronk was. Daar is
egter geen getuienis
dat hy inderdaad by enige van die
drie geleenthede wat
hy by Tolly Adams se huis was,
tekens van drankinname
getoon het nie. Dit is nie
duidelik bepaalbaar pre~
sies hoeveel drank hy die middag
saam met Adams en
Mbatha gedrink het nie, maar dit
was klaarblyklik te min
om nog enige invloed op hom te
gehad het teen die laat
aand
.........
10
aand toe hy die huis aan die brand
gesteek het. Ek
stem dus met die verhoorhof saam dat drankgebruik
nie
as 'n versagtende omstandigheid in hierdie saak aangemerk
kan
word nie.
Ek kom dan by die appellant se
geestesge-
sindheid ontstaande uit sy mislukte pogings om 'n
ver-
soening met Elizabeth te bewerkstellig en die gebeure
rondom
hierdie pogings. Sy verhouding met haar was
reeds in Maart 1982
verbreek. Daar kan myns insiens
aanvaar word dat hy weer
betrekkinge wou hervat en dat
hy gegrief gevoel het oor haar
weiering asook oor die ma-
nier waarop hy summier aangesê
was om die huis te verlaat
Daarná het hy egter op 'n
berekende manier petrol, dr.aad
en ........
11
en 'n panga gaan haal om 'n
aanslag te loods, nie alleen
op die persone teen wie hy 'n
grief gehad het nie, raaar
sommer teen almal in die huis,
kinders inkluis.
Myns insiens kan die uitwerking op
sy gemoed van sy vroeëre
verhouding met Elizabeth en van
die voorafgaande gebeure
op die betrokke Saterdag kwalik as
'n versagtende omstan
digheid met betrekking tot hierdie
daad beskou word.
Die vroeëre gebeure mag
moontlik 'n verduideliking bied
vir sy optrede, maar hulle kan dit
na my mening nie min-
der laakbaar maak nie.
Die bogemelde faktore wat voor
hierdie hof
geopper is as moontlike
versagtende omstandighede is
ook deur die verhoorhof oorweeg.
Dit is- oorbekend
dat
..........
12
dat hierdie ho£ slegs op
beperkte gronde 'n verhoorhof
se bevinding oor versagtende
omstandighede kan omverwerp
Ek hoef egter nie op hierdie aspek
uit te brei nie aan-
gesien ek met die
verhoorhof
se gevolgtrekking saamstem
Daar kan dus uiteraard na my
mening geen gronde vir in-
gryping wees nie
Die appêl word van die hand
gewys
E M GROSSKOPF,
AR
CORBETT, AR )
Stem
saam
BOSHOFF, AR )