About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Labour Appeal Court
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Labour Appeal Court
>>
1998
>>
[1998] ZALAC 25
|
|
Lubbe v Absa Bank Beperk (JA116/97) [1998] ZALAC 25 (22 December 1998)
IN DIE ARBEIDSAPP
Ä
LHOF
VAN SUID AFRIKA
GEHOU TE JOHANNESBURG
Saak nommer: JA 116/97
In die saak tussen:
ANDR
Ä
GEORGE LUBBE Appellant
en
ABSA BANK BEPERK Respondent
UITSPRAAK
FRONEMAN ARP.
[1] Die appellant was sedert Junie 1995 die
takbestuurder van die Germiston-tak van
Volkskas Bank,
ân bank in die ABSA- groep. Hy was klaarblyklik ân bestuurder
wat die behoeftes van sy kliënte sterk
op die hart gedra het, in
die sin dat hy sy bes gedoen het om te verseker dat die bank aan hul
kredietvereistes voldoen. Dit het
hom in konflik gebring met die
streekbestuurder van die bank en die hoofkantoor krediet- afdeling.
Hierdie instansies moes goedkeuring
verskaf vir aansoeke om krediet
wat die appellant se perke van goedkeuring as takbestuurder oorskry
het. Die appellant het die druk
wat hy as gevolg van hierdie konflik
ervaar het, so erg gevind dat hy op 30 Junie 1996 sy bedanking
ingedien het. Dit sou op 31
Julie 1996 in werking tree. Op 4 Julie
het ân senior beampte van die bank, Mnr Scholtz, die appellant
probeer oorreed om sy bedanking
terug te trek deur verskeie opsies om
sy griewe op te los aan hom voor te stel. Dit was vergeefs. Op 31
Julie 1996 het die appellant
die bank se diens verlaat.
[2] Gegewe hierdie
feite is dit ietwat verbasend om te vind dat die appellant, na
onsuksesvolle pogings tot versoening ingevolge die
Wet op
Arbeidsverhoudinge, no 28 van 1956 (âdie Wetâ), sy lot verder
bekla het in die nywerheidshof op die grondslag dat hy âkonstruktiefâ
ontslaan is. Die respondent daarenteen, het die punt ge-opper dat
appellant vrywillig bedank het, dat hy dus nie ân âwerknemerâ
in terme van die Wet was nie en dat die nywerheidshof nie jurisdiksie
gehad het om die aangeleentheid te bereg nie. Die voorsittende
beampte het respondent gelyk gegee en appellant se aansoek ingevolge
art. 46(9) van die Wet gevolglik afgewys. Geen koste bevel
is
gemaak nie. Teen hierdie bevinding kom die appellant nou in hoër
beroep.
[3] Vir doeleindes van
die app
Ä
l is dit nie
nodig om in diepte op die feite in te gaan nie. Selfs al word die
appellant getuienis oor die geldigheid van sy griewe
aanvaar, kan dit
nie die gevolgtrekking regverdig dat hy, objektief gesproke, genoop
was om sy goed te vat en te loop nie.
[4] Wat aanleiding
gegee het tot die appellant se bedanking was ân ongunstige verslag
deur sekere kredietinspekteurs oor die kredietbeheer
by die tak van
die bank. Hieroor het die appellant ân skriftelike memorandum op
27 Junie 1996 aan Scholtz oorhandig. Daar was
geen geldige rede om
te aanvaar dat Scholtz nie behoorlik aandag sou skenk aan besware
vervat in hierdie memorandum nie. Voordat
hy die geleentheid gegun is
om dit te doen het appellant egter sy bedanking ingedien. Indien
appellant die memorandum as deel van
die bank se griewe-prosedure
beskou het, kon hy, indien hy die houding ingeneem het dat Scholtz te
lank neem met ân antwoord, die
saak verder in die hiërargie
opgeneem het ingevolge die voorskrewe griewe-prosedure. Hy het dit
nie gedoen nie.
[5] Die nadelige
bevinding oor kredietbeheer het nie noodwendig die appellant se pos,
of di
Ä
van die ander
werknemers by die taak, in gevaar gestel nie. Die krediet-beheer
afdeling was nie deel van die lynbeheerfunksie oor
die appellant se
werksaamhede, of di
Ä
van die ander werknemers, nie. Dit was die taak van Scholtz. Geen
dissiplin
Ä
re stappe is
teen die appellant oorweeg nie. Inteendeel, Scholtz se houding was
dat appellant ân uiters waardevolle werknemer was
wat goed sou
inpas by die bank se nuwe benadering tot kliëntediens.
[6] Daarvan getuig
Scholtz se optrede op 4 Julie 1996. Hy het appellant gaan sien om
hom te oorreed om nie sy werk te verlaat nie.
Om appellant se griewe
te besweer het hy voorgestel dat appellant oorweeg om verplaas te
word, of dat ân forum geskep word om
griewe te bespreek en op te
los. Appellant se getuienis was dat laasgenoemde voorstel afhanklik
daarvan was dat hy in elk geval
uit die bank se diens moes tree.
Scholtz het dit ontken en sy ontkenning dra gewig. Hy was ân
opvallend eerlike getuie. Dit
is op die oog af uiters onwaarskynlik
dat hy die appellant se besware sou probeer hanteer deur ân forum
te skep waar dit bespreek
sou word, maar dan alleen op voorwaarde dat
appellant die bank se diens sou verlaat! Die feite is dat Scholtz
appellant gaan spreek
het met die doel om hom terug te lok na sy
werk. Hy het redelike voorstelle in hierdie verband gemaak.
Appellant het dit verwerp.
Twee verdere vergaderings is later in die
maand gereël deur Scholtz om appellant die geleentheid te gee om sy
saak op hoër vlak
te stel. Appellant het, sonder om ân rede te
gee, nie by die vergaderings opgedaag nie. Hierdie gedrag van die
appellant het
ân bespotting gemaak van die rede wat hy in sy
getuienis gegee het vir sy bedanking, naamlik dat sy bedanking sou
verseker dat
hy ân geleentheid sou kry om dit wat aan hom gedoen
is, met iemand te bepreek en dat daar ân oplossing daarvoor gevind
sou word.
[7] Tydens argument is sterk gesteun op ân
passasie in die uitspraak van Nicholson, AR in
Pretoria Society
for the Care of the Retarded v Loots
[1997] 18 ILJ 981 (LAC);
[1997] 6 BLLR 721
(LAC). Die betoog steun op die wanopvatting dat
die passasie ân subjektiewe toets (aan die kant van die werknemer)
daarstel om
te bepaal of ân bedanking op ân âkonstruktiewe
ontslagâ neerkom al dan nie. Dit is nie die geval nie. Op 639A-B
(ILJ);
724E-G (BLLR) s
Ä
Nicholson AR die volgende:
â When an employee resigns or terminates
the contract as a result of constructive dismissal such employee is
in fact indicating
that the situation has become so unbearable that
the employee cannot fulfil what is the employeeâs most important
function, namely
to work. The employee is in fact saying that he or
she would have carried on working indefinitely had the unbearable
situation not
been created. She does so on the basis that she does
not believe that the employer will ever reform or abandon the pattern
of creating
an unbearable work enviroment.
If she is wrong in
this assumption and the employer proves that her fears were unfounded
then she has not been constructively dismissed
and her conduct poves
that she has in fact resigned.â
[8] In hierdie geval was die appellant se
subjektiewe vrese ongegrond. Die onus was op die appellant om te
bewys, nie alleen dat
sy bedanking nie bedoel was om die
werksverhouding met die respondent tot ân einde te bring nie, maar
ook dat die respondent se
optrede, objektief beoordeel, sodanig was
dat hy nie kon voortgaan om te werk nie ( Jooste v Transnet Ltd t/a
SA Airways (1995) 16
ILJ 629 (LAC) te 638B-639A; Moser Industries
(Pty) Ltd v Venn
[1997] 11 BLLR 1402
(LAC) te 1405I - 1407G; Van der
Riet v Leisurenet Ltd t/a Health and Racquet Club
[1998] 5 BLLR 471
(LAC) paras. 13 en 14). Die respondent het ân griewe-prosedure
gehad wat die appellant kon gevolg het. Hy het nie hierdie normale
kanaal vir die lug van sy griewe gevolg nie. Daar is niks op die
oorkonde wat aandui dat hy nie behoorlike aandag vir sy griewe
op
daardie wyse sou ontvang het nie. Hy het ook nie ag geslaan op
Scholtz se simpatieke voorstelle nie. Daardeur het die appellant
sy
eie graf gegrawe. Daar is geen meriete in die app
Ä
l
nie.
[9] Die app
Ä
l
word met koste van die hand gewys.
JC FRONEMAN ARP.
Ek stem saam.
JF MYBURGH RP.
Ek stem saam.
E CAMERON AR.
VERSKYNINGS
Appellant: Adv. Haycock in opdrag van Coetzer &
Vennote
Respondent : Adv Van As
in opdrag van Hofmeyer Herbsein Gihwala & Cluver Ing.
Hierdie uitspraak is
beskikbaar op die INTERNET op website:
http://www.law.wits.ac.za/labourcrt
Date of Judgment: 22
December 1998