Ellispark Stadion Bpk v Minister van Justisie (158/89) [1989] ZASCA 152 (24 November 1989)

65 Reportability
Administrative Law

Brief Summary

Public gatherings — Prohibition of gatherings — Minister of Justice's authority to prohibit gatherings under section 46(3)(a) of the Internal Security Act 74 of 1982 — Appellant sought permission to hold a concert at Ellis Park Stadium during a statutory prohibition period — Minister denied permission citing public safety concerns based on past incidents at similar events — Appellant challenged the validity of the prohibition and the refusal of permission — Court a quo ruled the concert constituted a "gathering" as defined in the Act and dismissed the application — Appeal upheld, finding the Minister's prohibition was lawful and justified based on the evidence presented regarding potential public disorder.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1989
>>
[1989] ZASCA 152
|

|

Ellispark Stadion Bpk v Minister van Justisie (158/89) [1989] ZASCA 152 (24 November 1989)

Saaknommer 158/89
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
ELLISPARK STADION BEPERK
Appellant
en
DIE MINISTER VAN
JUSTISIE
Respondent
CORAM:
HOEXTER, HEFER, VIVIER, MILNE, ARR et NICHOLAS, Wnd AR
VERHOOR:
5 September 1989
GELEWER:
24 November 1989
UITSPRAAK
HOEXTER, AR
2
HOEXTER, AR,
Kragtens art 46(3)(a) van die Wet op
Binnelandse
Veiligheid, 74 van 1982, en by
Staatskennisgewing No 621
van 1988 ("die kennisgewing") het die Minister van
Justisie
'n verbod geplaas op:-
"...enige byeenkoms in die Republiek gedurende die tydperk 1 April 1988 tot en
met 31 Maart 1989, behalwe enige byeenkoms vir die
doelein-
des van 'n
bona fide
-sportgeleentheid of wat in
'n begraafplaas plaasvind vir die
doeleindes
van 'n begrafnis of wat
binne 'n gebou gehou word..."
Luidens die kennisgewing was gemelde verbod nie van toepas-
sing nie op enige byeenkoms wat die Minister van Justisie
of die landdros van die distrik waarin die byeenkoms gehou staan te word, te
eniger tyd uitdruklik magtig.
Die appellant is 'n maatskappy wat sake doen
onder meer as 'n aanbieder van sportbyeenkomste en allerlei ver-maaklikheid.
Gedurende
Januarie 1989 was die appellant, in
medewerking
3
medewerking met drie ander instansies, van voorneme om op 4 Maart by die
Ellispark-Stadion h musiekfees ("die konsert") wat onder
die naam "The Human
Rainbow Concert in the Park" bekend sou staan, aan te bied. Die konsert sou van
10 vm tot 10 nm duur en in die
loop daarvan sou vele orkeste asook individuele
kunstenaars beur-telings nommers voordra. Een van die appellant se medewerkers
was
die "South African Musicians Alliance" ("SAMA"). Toegangs-kaartjies teen R12
stuk is aan die publiek verkoop en 'n gedeelte van die
toegangsgelde sou ten
bate van SAMA aangewend word met die oog op die stigting van 'n pensioenfonds, h
mediese fonds, en versekering
van sy lede se musiekinstrumente. Gedagtig aan die
verbod in di'e kennisgewing vervat ("die verbod") het die appel-lant geglo dat
magtiging vir die hou van die konsert regtens 'n voorvereiste was; en op 30
Januarie 1989 het die appellant se bestuurder namens
die appellant h brief aan
die hoofland-. dros van Johannesburg gerig waarin magtiging vir die hou van die
konsert aangevra is. Op
21 Februarie 1989 het die
hooflanddros
4
hooflanddros die appellant in kennis gestel dat hy nie bereid was om
magtiging vir die hou van die konsert te verleen nie. Op dieselfde
dag het die
appellant regsadvies ingewin. Deur sy regsadviseurs is die appellant meegedeel
dat die verbod nie die hou van die konsert
raak nie; en dat geen uitdruklike
magtiging daarvoor nodig was nie.
Vervolgens het die appellant 'n dringende
aansoek geloods. By kennisgewing van mosie het die appellant op 23 Februarie
1989 by die
hof
a quo
aangeklop. Teen die Minister van Justisie (as
eerste respondent) en die hoof-landdros van Johannesburg (as die tweede
respondent)
het die appellant o a 'n verklarende bevel aangevra dat die verbod
nie op die konsert van toepassing is nie en dat die hoofland-dros
se weiering om
magtiging te verleen regtens op 'n nietigheid neerkom. Die respondent het die
aansoek bestry. Na aanhoor van argument
het die hof
a quo
(PUCKRIN, Wn
R)
beslis
5
beslis dat die konsert wel 'n "byeenkoms" is soos by art 1 van Wet 74 van
1982 bedoel, en hy het die aansoek met koste van die hand
gewys. Die kostebevel
het die koste van twee advokate ingesluit. Die uitspraak van die hof benede is
sub nom
"
Ellis Park Stadium Ltd v Minister of Justice and Another"
in 1989(3) SA 898 (T) gerapporteer. Met verlof van die hof
a quo
kom die
appellant voor hierdie hof in hoër beroep.
Kort voordat die appellant se aansoek aangehoor is, het die tweede respondent
'n beantwoordende verklaring
ingedien. Die hoofinhoud daarvan kom op die
volgende neer.
Die laaste oortgelyke musiekfees wat in die Ellispark-
Stadion gehou is, het op 11 Januarie 1986, met toestemming
van 'n
voormalige waarnemende hooflanddros van Johannesburg,
plaasgevind. Die tweede
respondent het inligting bekom
dat laasgenoemde musiekfees deur grootskaalse
dwelmmisbruik,
drankmisbruik
6
drankmisbruik, rassekonflik, bakleiery en openbare onrus gekenmerk is. Mense
wat nie toegang tot die stadion kon verkry nie, het buite
die stadion saamgedrom
en by vier geleenthede was dit noodsaaklik om traanrook te gebruik. Na deeglike
oorweging van al die relevante
inligting, aldus die tweede respondent, was hy
bevrees dat die konsert dieselfde of selfs nog 'n groter versteuring van die
openbare
rus tot gevolg sou hê. Na sy mening het die feite daarop gedui
dat by die konsert 'n uiters plofbare situasie sou kon ontstaan
wat selfs die
gevaar van lewensverlies sou inhou. By sy beantwoordende verklaring het die
tweede respondent 'n beëdigde verklaring
van 'n brigadier in die
Suid-Afrikaanse Polisie gevoeg waarin die verklaarder die mening uitgespreek het
dat die hou van die konsert
waarskyn-lik 'n ernstige versteuring van die
openbare rus tot gevolg sou hê. Die appellant het verkies om geen
repliserende
beëdigde
7
beëdigde verklaring ter weerlegging van die bewerings in
die
beantwoordende verklaring vervat, in te dien nie. Hy
het ook nie die
toelaatbaarheid daarvan betwis nie. In
die lig hiervan het PUCKRIN, Wn R die
feite van
die geval soos volg (op 901F) benader:-
"I must emphasise that as a consequence of the aforegoing I am bound to accept
as correct the version of the facts put forward by
the second
respondent."
Wat betref die aard van die konsert,
die beweegredes van
die musiekliefhebbers wat dit sou wou bywoqn, en die
oogmerke
van die organiseerders, het PUCKRIN, Wn R in billikheid
teenoor
die appellant die volgende aanvaar (op 902I-903A):-
"The second respondent's refusal to grant permission and the effect of my order
are such that it is highly improbable that the concert
will now be held. Not
only have the many musicians who were invited to participate been deprived of an
opportunity to perform at
the concert, but iiterally thousands of
members
of
8
of the public have likewise been dis-appointed. I accept without reservation
that the vast majority of such persons had no motive
other than the entirely
legitimate desire to hear their favourite musicians per- form in a congenial
atmosphere. I also accept without
reservation the argument by Mr
Van Wyk
,
who appeared on behalf of the applicant, that the organisers of the concert
intended to foster harmonious relations between the
various population groups
and not to cause conflict between them."
Die
bepalings van art 46(3) van Wet 74 van 1982 lees soos volg:-
"Die Minister kan, indien hy dit nodig of dienstig ag in die belang van die
veiligheid van die Staat of vir die handhawing van die
openbare rus of ten einde
te voorkom dat vyandiggesindheid tussen verskillende be-volkingsgroepe van die
Republiek veroorsaak, aangemoedig
of aangestook word
-
(a) enige byeenkoms in enige gebied; of
(b) 'n bepaalde byeenkoms of enige byeenkoms van h bepaalde aard, klas of soort
op 'n bepaalde plek
of in 'n bepaalde gebied of waar ook
al in die Republiek, gedurende enige tydperk of op enige dag of gedurende
bepaalde tye of tydperke binne enige
tydperk
9
tydperk verbied op 'n wyse bepaal in subartikel (2)(a), behalwe in die gevalle
wat in die be-trokke verbod deur die Minister bepaal
word, of wat die Minister
of 'n landdros wat ooreenkom-stig die Minister se algemene of spesiale
voor-skrifte optree, te eniger tyd
uitdruklik
magtig."
(In art 1 van die Wet word "Minister" as
die Minister van Wet
en Orde omskryf, maar kragtens sy grondwetlike magte het
die
Staatspresident die Minister van Wet en Orde se bevoegdhede
ingevolge
die Wet aan die eerste respondent toegewys.)
Die relevante gedeelte van die omskrywing
van
"byeenkoms" in art 1 van die Wet lees soos
volg:-
"In hierdie Wet, tensy uit die samehang anders blyk, beteken:-
'byeenkoms', by die toepassing van -
(a) artikels 46(3) (b)
enige byeenkoms, toeloop
of optog van enige getal persone;
(b) 'n ander bepaling van hierdie Wet,
'n byeenkoms, toeloop of optog
van
enige getai persone met 'n gemeen-
skaplike doel, hetsy so 'n doel
wettig
of onwettig is;"
By
10
By oorweging van art 46(3) van die Wet saam met die verbod, is dit duidelik
dat die enger omskrywing van "byeenkoms" soos in (b) van
die definisie hierbo
bedoel, op die onderhawige geval van toepassing is.
Daar is 'n reeks
beslissings van hierdie hof wat pertinent gaan oor die vraag wat by die
onderhawige appèl ter sprake kom.
In 'n weldeurdagte uitspraak in die hof
benede het PUCKRIN, Wn R sy aandag veral toegespits op 'n trilogie van sake wat
in die tydperk
1955-1963 beslis is; en die belese regter het vervolgens op die
vraag ingegaan in hoeverre die standpunte/daarin gestel herbeskouing
verg in die
lig van 'n daaropvolgende beslissing in die jaar 1980. Vir doeleindes van die
onderhawige appèl is dit nodig om
elkeen van hierdie vier gewysdes onder
die loep te neem.
Die drietal gewysdes bestaan uit
R v Kahn
1955(3) SA 177(A);
R v
Lan
1956(2) SA 246(A); en
Dudley v Minister
of
11
of Justice
1963(2) SA 464(A). Elkeen van hierdie drietal was 'n
eenparige beslissing van vyf lede van hierdie hof. Die vierde gewysde is
S v
Zigqolo en Andere
1980(1) SA 49 (A), 'n eenparige beslissing van drie lede
van hierdie hof. In die
Kahn
-saak was die appellant kragtens die
bepalings van Wet 44 van 1950 verbied om vir twee jaar enige byeenkoms in die
land by te woon.
Ter sprake in die saak was die omskrywing van 'n byeen-koms
("gathering") in Wet 44 van 1950 ("enige byeenkoms, toeloop
of optog van
enige aantal persone wat 'n gemeenskaplike doel
voor oë het, hetsy so 'n
doel wettig of onwettig is") welke om-skrywing wesenlik gelykluidend is met die
omskrywing van "byeen-koms"
waaroor dit in die onderhawige saak gaan. In sowel
die
Lan-
saak as die
Dudley
-saak het hierdie hof weer te make met
die vraag of h samesyn van persone neerkom op 'n "byeenkoms" soos by Wet 44 van
1950 bedoel.
In die
Zigqolo
-saak was die Wet op Oproerige Byeenkomste 17
van 1956 ter
sprake
12
sprake, en die vraag was of die appellante 'n "byeenkoms", soos by art 1 van
daardie Wet bedoel, bygewoon het. Weer eens was die omskrywing
van "byeenkoms" -
naamlik: "'n byeenkoms, toeloop of optog van enige getal persone met 'n
gemeenskaplike doel, hetsy so 'n doel wettig
of onwettig is" - wesenlik
gelykluidend met dié in die onder-hawige geval.
Voorts is dit nodig om
elkeen van die hierbo-genoemde beslissings agtereenvolgens breedvoerig te bekyk
en om die
ratio decidendi
van elkeen te probeer bepaal. (1)
DIE
KAHN-SAAK
In die streekhof het die appellant tereggestaan op 'n aanklag
dat hy in stryd met die bepalings van Wet 44 van 1950 'n verbode byeenkoms
bygewoon het. Die streek-landdros het die appellant skuldig bevind en die
appellant se appèl daarteen is deur die Kaapse Provinsiale
Afdeling
afgewys
13
afgewys. Met verlof van laasgenoemde het die appellant na hierdie hof in
hoër beroep gekom. Sy appèl het geslaag en sy
skuldigbevinding is
deur hierdie hof tersyde gestel. Die samesyn van persone waaroor dit in die
Kahn-saak gegaan het, was 'n geselligheid
by 'n private woonhuis in Kaapstad wat
deur ongeveer sestig mense, waaronder ook die appellant, bygewoon is. Die
gasheer en gasvrou
was 'n egpaar. Sommige gaste is mondeling uitgenooi terwyl
ander 'n skriftelike uit-nodiging ontvang het. Laasgenoemde het die plek,
datum
en tyd (8.15 nm) van die "Party" aangedui en melding gemaak van "Dancing" en
"Refreshments". Om 9.15 nm op die betrokke aand
het speurders by die
geselligheid besoek afgelê. By die appellant se verhoor is die speurders
asook drie gaste as staatsgetuies
opgeroep. Die getuienis van die speurders het
nie veel lig op die aard van die verrigtinge gewerp nie. Die strekking van die
getuienis
van die gaste is soos
volg
14
volg deur CENTLIVRES, HR (op 182F/G) opgesom:-
"Their evidence was to the effect that the party was what may be described as an
ordinary social gathering at which the guests conversed
with one another and
par-took of refreshments. One of those wit-nesses stated that there was dancing
after the detectives had left.
There was nothing in their evidence to suggest
that the occasion was used for the purpose of delivering
speeches."
Rakende die begrip "gemeenskaplike doel
voor oë" het
CENTLIVRES, HR in die
Kahn-
saak hom op 184A/C soos
volg
uitgelaat:-
"The words 'common purpose' are well known
in the criminal law and connote that there is a purpose shared by two or more
persons who act in concert to do something. There may
be an express agreement
between such persons to achieve some object or there may be an implied agreement
to the same end. See
Rex v Duma and Another,
1945 A.D. 410
at pp 414 and
415. Directors of a company who call a meeting of shareholders to consider
resolutions affecting the company have a
common purpose and if the appellant
were to
attend
15
attend such a meeting he would be contravening sec 11(f) of the Act. Assassins
who way-lay their intended victim in order to kill
him also have a common
purpose. In these cases the object which the persons concerned have in view is
the purpose which those persons
share in common with one another. It is
interesting to note that the
Shorter Oxford Dictionary
gives as the first
meaning of 'purpose' the following: 'the object which one has in view' and that
the Afrikaans version of the definition
of 'gathering' (the Afrikaans version of
the Act was signed) conveys
the same concept where it uses the words 'n (gemeenskaplike) doel voor oë.'
Consequently if persons assemble in order to achieve
some common object by
concerted action such an assembly would be a gathering within the meaning
assigned to that word in the Act."
By
skuldigbevinding van die appellant in die
Kahn
-saak het
die
streeklanddros hom op die beslissing van hierdie hof in
R v Sachs
1953(1) SA 392 (A) beroep. Met verwysing daarna
het die streeklanddros in sy
redes gesê:-
"If the contention of the defence, namely
that there can be no 'common purpose' unless there is an object to be achieved
by concerted action in the future, is correct, the
attendance
of
16
of the accused, Sachs, could not have been held to fall within the mischief
aimed at by the section, inasmuch as the purpose of the
meeting was merely to
protest. There was no avowed object to be attained in the
future."
Hieromtrent het CENTLIVRES, HR vervolgens
in sy uitspraak
(op 184F/185A) verklaar:-
"I do not agree with the magistrate's reasons.
In
Sachs'
case the common purpose of the
meeting was to protest against the action of
a Minister of State and that meeting was a
gathering within the meaning of the Act because
a number of persons hoped that by their concer-
ted action a resolution of protest would be
passed. That was the object which they had in
view. . In the case of a social gathering
there
is no intention to achieve
anything by concerted
áction. In the present case the Crown failed to prove
that any of those who were present at the party
in the house of the Buntings desired by concer-
ted action to achieve any object. The persons
who were present at the party met together
to
enjoy a social evening and it
cannot be inferred
from the evidence which was led that any of them
hoped
by concerted action to achieve any object.
When a person decides to accept an
invitation
to
17
to a social gathering he does so because he individually desires to attend for
reasons of his own; there may be many different reasons
which induce different
persons to accept and there cannot be said to be an intention on the part of
those present to act in concert.
Every person present is at liberty to please
himself in regard to speaking to others who are
present."
(2)
DIE LAN-SAAK
Kragtens die
bepalings van Wet 44 van 1950 was die appellante, wat die sekretaresse van h
vakunie van werkers in die vissersbedryf
was, verbied om vir twee jaar enige
byeen-koms in die land by te woon. In die landdroshof het die
appellante op
'n aanklag van oortreding van art 11 (h) saamge-
lees met art 9(1)(b) van Wet 44 van 1950 tereggestaan. Voor
die aanvang van die verhoor het die appellante m b t die
klagstaat die volgende nadere besonderhede aangevra:-
"What was the nature of the said gathering and what common purpose did the
gathering have?"
Hierop was die antwoord van die
aanklaer:-
"The
18
"The gathering was held in the open and the audience consisted chiefly of
persons in the fishing industry at Stompneus Bay. The gathering
is alleged to
have been held for the purpose of discussing conditions apper-taining to persons
employed in the fishing industry."
Na afloop van die
verhoor is die appellante skuldig bevind. Sy
het sonder welslae na die Kaapse
Provinsiale Afdeling appèl
aangeteken en haar daaropvolgende
appèl na hierdie hof het ook
misluk. Met 'n beroep op die beslissing
in die
Kahn
-saak het
die appellante se advokaat aangevoer dat die
klagstaat, soos
deur die verstrekte nadere besonderhede aangevul, nie 'n
misdaad
openbaar het nie. Hierdie betoog is in die volgende woorde
deur hoofregter CENTLIVRES afgemaak (op 251A/B):-
"In that case (die
Kahn
-saak) it was held that the Crown had failed to
prove that any of those who were present at the social party 'desired by
concerted
action to achieve any object' (p 184). In the present case the
particulars do not in so many words allege a common purpose but they
do allege
that the gathering was attended chiefly
by
19
by persons employed in the fishing industry at Stompneus Bay and that it was
held for the purpose of discussing conditions appertaining
to persons employed
in the fishing industry. In my opinion it is implicit from the particulars that
the persons attending the gathering
had a common interest and that they had the
common purpose of discussing conditions of employment which applied to
themselves."
Aan die woorde van sy uitspraak wat so
pas hierbo aangehaal is,
het die belese hoofregter egter die volgende
passasie (waarna
verder as "die
Lan
-
dictum
" verwys sal word)
toegevoeg (op 251B):-
"The object which they wished to achieve by their concerted action in attending
the meeting was the discussion of their conditions
of
employment."
(3) DIE
DUDLEY-SAAK
Die appellant was 'n deeltydse dosent in wiskunde
aan
die Kaapse Tegniese Kollege. Kragtens die
bepalings van Wet 44
van 1950 was hy verbied om vir 'n tydperk van vyf jaar
enige
byeenkoms in die land by te woon. In die Kaapse Provinsiale
Afdeling
het die appellant sonder sukses 'n verklarende bevel
aangevra
20
aangevra dat gemelde verbod nie sy bywoning belet het nie van
(a)
byeenkomste van die kollege
se studente wat byeengekom het om van die appellant onderrig te ontvang; en (b)
bestuursver-gaderings
rakendé die kollege se sake waarby die kollege se
dosente teenwoordig is. Die Provinsiale Afdeling het beslis dat luidens
Wet 44
vah 1950 sowel samekomste (a) as samekomste
(b)
as "byeenkomste" aangemerk moet word. Teen die afwysing van sy
aansoek het die appellant hom tot hierdie hof gewend. Sy appèl
het
gedeeltelik geslaag. Met betrekking tot die samekomste onder (b) hierbo genoem,
was hierdie hof van oordeel
dat die antwoord op die
vraag of enige bepaalde bestuursverga-
dering van personeellede luidens Wet 44 van 1950 op 'n "byeen-
koms", soos by Wet 44 van 1950 bedoel, neerkom, van die beson-
dere
verrigtinge by die vergadering sou afhang; en dat geen
verklarende bevel ten
opsigte daarvan sou deug nie.
Wat betref die samekomste onder (a) hierbo genoem, het die
appèl
21
appèl egter geslaag. Die bevel van die hof benede is gewysig
deur die verlening van 'n verklarende bevel ten opsigte van (a).
By
formulering van die toepaslike toets in die
Dudley
-saak het hoofregter
STEYN (op 467H/468A) die vol-gende gesê:-
"In
Kahn's
case (at p 184) the Court
allowed the appeal because it had not been shown
that any of those present at the social gathering there in question 'desired by
con-certed
action to achieve any object'. This
ratio decidendi
was
accepted and applied in
Lan's
case, and was not questioned by counsel for
the respondent in the present appeal. It was common cause that the test to be
applied
is whether the persons gathered together, or 'some of them, have a
common object which they intend or desire to achieve by concerted
action."
Hierby aansluitend het STEYN, HR die begrip van gesamentlike
optrede en
die onontbeerlikheid van die bestaan van 'n oor-
saaklike verband tussen die verwesenliking van die gemeen-
skaplike
22
skaplike oogmerk en die gesamentlike optrede ondersoek,
en daarop gewys
dat die
Lan
-
dictum
logies aanvegbaar is.
Op 468A/E hêt
die belese hoofregter soos volg opgemerk:-
"In terms of the definition, the common purpose required, is the common purpose
of those who constitute the gathering. It is what
they have in mind when they
are gathered together. Their minds must at that stage be directed towards a
common object and they must
contemplate its achievement by concerted action,
i.e. concerted action in a causal relation-ship to the achievement of the common
object. In
Lan's
case, which dealt with a meeting of employees called to
discuss their conditions of employment, there is the following passage (at
p
251):
'The object which they wished to achieve by
their concerted action in attending the meeting was the discussion of their
conditions
of employment.'
As expressing the application of the recog-nized test to the facts, this passage
is somewhat confusing and in my opinion the reference
to concerted action in
attending the
meeting
23
meeting is clearly incorrect. As the concerted action is something which those
forming the gathering must have in mind, their attendance
as such cannot be the
concerted action, except where they intend to achieve something, such as the
obstruction of traffic, by the
mere act of congregating.
Lan's
was not
such a case. The discussions were, presumably, intended to serve some purpose,
and the intended concerted action to achieve
that purpose, whatever it was,
could, I venture to think, more appropriately have been found in the
discussions."
STEYN, HR het vervolgens (op 468E/H)
die implikasies wat die
samekoms in (a) hierbo genoem (studente in die
lesingsaal
wat van die appellant onderrig ontvang) inhou, bespreek. Hy
het
daarop gewys dat dit die oogmerk van elke sodanige student
is om dieselfde onderrig van dieselfde dosent op dieselfde plek
en tyd en d m v dieselfde lesing te ontvang. Voorts het die
belese hoofregter (op 468H/469A) verklaar:-
"I consider, therefore, that the students assembled in the classroom must be
taken to be there with a common object.
But
24
But that, according to the decisions mentioned (die
Kahn
-saak en die
Lan
-saak), is not enough. It is also necessary that they should be there
with the intention of receiving instruction by their concerted
action. That
means that their minds must be consciously directed to concerted action,
deliberately adopted or accepted by them as
a means of achieving the object of
re-ceiving instruction or acquiring knowledge. If, apart from simultaneous
attendance, they have
no such action in mind, they have no common purpose in the
sense contemplated by the Act."
In die
Dudley
-saak het die stukke geen aanduiding bevat dat
die
onderwysmetodes in die kollege se klasse aangewend enige
ge-
samentlike optrede behels het nie. In die veronderstelling
dat die
studente ter verwerwing van kennis gedurende hul klasse
nie doelbewus enige
gesamentlike optrede vooropgestel het nie,
het STEYN, HR die mening
uitgespreek (op 469A/D) dat die hof
nie aan studente wat in die lesingsaal
byeengekom het, enige
gemeenskaplike oogmerk, soos by Wet 44 van 1950 bedoei,
kon
toereken nie.
Met
25
Met die oog op die feite in die onderhawige geval
is
dit dienstig om te let op 'n verdere aspek wat in
die uitspraak
in die
Dudley
-saak aangesny is. Die respondent se
advokaat in
daardie saak het ter oorweging gegee dat die oogmerk en
die
voorgenome gemeenskaplike optrede nie soseer in die gemoeds-
toestand
van die studente wat die klas bywoon, gesoek moet
word nie, maar eerder in
die gemoedstoestande van die studente
en die dosent tesaam. Die studente wat
kennis nastreef sou
dan die gemeenskaplike oogmerk koester en (aldus die
argument)
die gemeenskaplike optrede sou dan te vinde wees in die
oor-
drag van kennis deur die dosent aan die studente. Hierdie
betoog het
om verskillende redes nie by die hof ingang gevind
nie. In verband daarmee
het STEYN, HR (op 469E/H) opgemerk:-
"But even if the receiving of instruction could pass as action for present
purposes - which would depend upon some activity on the
part of the students,
other than mental effort alone - such a construction would bring within the
scope of the
definition
26
definition a large variety of daily transactions at which the provisions of
the Act could hardly have been aimed. In its ultimate
analysis such a
construction would be based upon the relationship of the lecturer to each
student. Such a rela-tionship is one which
is of necessity of a supple-mentary
nature, in the sense that the imparting of knowledge would be impossible without
the re-ceiving,
and
vice versa.
That would mean that, two persons being
sufficient for a gathering in terms of the Act, no two people could come
together to conclude
any bilateral transaction, in a shop or elsewhere, without
forming such a gathering. In every such case it could be said that the
object of
the parties is to conclude a transaction, and that they intend doing so by the
concerted supple-mentary actions required,
in the case of a sale, for instance,
by buying and selling and tendering and accepting delivery. That, I conceive,
could not have
been the intention. Such supplementary actions cannot in
themselves be the concerted action required for a common purpose in terms
of the
definition."
Tot sover die
Dudley
- saak. Alvorens die
Zigqolo
-saak in
oënskou geneem word, is dit in hierdie stadium nuttig om die redes wat aan
die beslissings in die sake van
Kahn, Lan
en
Dudley
27
Dudley
ten grondslag iê, kortliks aan te stip. Samevattend, so
kom dit my voor, kan gesê word dat met daardie drietal beslissings
(maar
miskien meer in besonder die
Dudley
-saak) hierdie hof die volgende
grondstellings verkondig het:
(a)
Die wesenskenmerk van 'n
"byeenkoms" soos by Wet 44 van 1950 bedoel, word gevind in die bedoeling of
begeerte van die persone wat
byeenkom om deur gemeenskaplike optrede 'n
gemeenskaplike oogmerk te bereik.
(b)
Die
bedoeling of begeerte van die aanwesiges moet gerig wees op 'n gemeenskaplike
optrede ás die middel of werktuig vir die
verwesen-liking van die
gemeenskaplike oogmerk.
(c)
Algemeen gesproke
(maar onderhewig aan die uitsonderingsgeval wat in die
Dudley
-saak op
468D genoem word) kan die bedoeling
of
begeerte......
28
begeerte van die aanwesiges om deur 'n gemeenskaplike optrede 'n doel te
bereik nie uit die blote feit van samekoms afgelei word nie.
(d) Ten einde nie
buite die
ratio
van Wet 44 van 1950 te gaan nie, en meer te verbied as
wat die Wetgewer self wou verbied het, moet "byeenkoms" inkortend uitgelê
word. (4)
DIE ZIGQOLO-SAAK
Kragtens die Wet op Oproerige Byeenkomste
17 van 1956 het die Minister van Justisie van 1 Oktober 1977 tot en met 31 Maart
1978 enige
byeenkoms in die Republiek verbied. (Die verbod is onderhewig aan
sekere uitsonderings wat nie by die beslissing in die
Zigqolo
-saak ter
sprake kom nie.) In die vroeë oggendure van
1978 het ongeveer 150 - 200
Swart jeugdiges by die huis van wyle Robert Sobukwe in Graaf-Reinet 'n lykwaak
vir die oorledene byge-woon.
Die lyk van die oorledene sou teen 6 of 7 vm by die
huis aangekom het. Onder die aanwesiges was die 14 appellante, algar inwoners
van Port Elizabeth. In die landdroshof het die appellante tereggestaan op 'n
aanklag dat hulle in stryd met
die
29
die bepalings van Wet 17 van 1956 'n byeenkoms bygewoon het. Die appellante
is soos aangekla skuldig bevind. Hulle appèl na
die Oos-Kaapse Afdeling
het nie geslaag nie. Met verlof van daardie Afdeling het die appellant voor
hierdie Hof in hoër beroep
gekom. Die appèl is afgewys.
By die
verhoor in die
Zigqolo
-saak het 'n adjudant-offisier in die
Suid-Afrikaanse Polisie wat Xhosa magtig is namens die Staat getuig. Hy was lid
van 'n polisie-span
wat op die lykwaak toegeslaan het. Die aanwesiges is
omsingel en diegene wat van Port Elizabeth gekom het, is in hegtenis geneem.
Toe
die polisie op die toneel verskyn het, het die aanwesiges in die Xhosa-taal
liedere gesing. Volgens die staatsgetuie was hierdie
liedere egter nie lofsange
of troos-liedere nie maar veglustige vryheidsliedere wat die getuie as "erg
opruiend en opswepend" bestempel
het. Voordat die polisie daar weg is, het Swart
vroue die gearresteerdes soos
volg
30
volg toegesihg: "We are the mighty Blacks, we will kill the Whites." Die
verweer sou wees dat die lykwaak nie luidens Wet 17 van 1956
'n "byeenkoms" was
nie. Na afloop van die staatsaak het nie een van die appellante getuienis
afgelê nie, maar is h man wat
as huurder in Sobukwe se huis gewoon het, as
verdedigingsgetuie opgeroep. Hy het getuig dat die jongmense wat die vorige nag
voor
die huis byeengekom het, aan hom vertel het dat hulle gekom het om 'n
lykwaak by te woon. Die singery het om 8.30 nm,begin maar die
getuie het gaan
slaap en eers weer wakker geword toe die polisie hul opwagting gemaak het. Die
singery wat hy wel gehoor het, was
lofliedere ter ere van die oorledene.
In
sy redes vir uitspraak het die landdros verwys na die feit dat die appellante
almal van Port Elizabeth gekom het met die doel om
die lykwaak by te woon; en
daaraan het hy toegevoeg (kyk op 55G/H in die verslag van die
Zigqolo
-saak):-
"Die
31
"Die hof is tevrede dat daar wel 'n gemeenskap-like doel was. Die hof sê
nie dat dit die enigste doel was nie. Die appellante
is almal jong persone;
hulle het almal blykbaar sonder hul ouers na die begrafnis van 'n man van 54
jaar oud gekom. Daar is vryheidsliedere
gesing en dit is moontlik dat hulle 'n
verdere gemeenskaplike doel kon gehad het, bv, om die ander persone op te
sweep."
In sy uitspraak was die Oos-Kaapse Afdeing
die mening toege-
daan dat die blote samekoms om die lykwaak te hou, nie
afdoende
bewys van die bestaan van 'n gemeenskaplike doel gelewer het
nie. In die loop van sy uitspraak (kyk op 56A in die verslag
van die
Zigqolo
-saak) het die Provinsiale Afdeling gesê:-
"The magistrate was incorrect, in my view,
in finding that the appellants attended a pro-hibited meeting merely because
they met with others to hold a wake and to await the
arrival of the body of the
late Robert Sobukwe. They had a common intention in so doing of showing respect
for the deceased, but
by so doing, without more, their minds were not directed
to the achievement of a common object by concer-ted action. Their 'attendance
as
such cannot be the concerted action.'"
In
32
In die lig van die aangevoerde getuienis was die Provinsiale
Afdeling
egter tevrede (kyk op 56B/C in die verslag van die
Zigqolo
-saak) dat
die aanwesiges, of sommige onder hulle, die
bedoeling gehad het om deur
gemeenskaplike optrede 'n gemeen-
skaplike doel te bereik:
"However, on the evidence mentioned above (die sing van vryheidsliedere), and in
the absence of any explanation from the appellants,
I am satisfied that the
inference that the appellants and those gathered with them, or some of them,
intended to achieve a common
object by their concerted action may justifiably be
drawn ánd that, in the circumstances of the case, it is the only
inference
which reasonably can be drawn. What is, perhaps, not easy to define,
is the exact common object that those gathered intended to achieve
by their
concerted action in singing these songs. In my view it can best be said to be an
intention to arouse the emotions of and
to give expression to the political
aspirations of those present while awaiting the body of one who had espoused
such aspirations."
Met betrekking tot die wydlopige
omskrywing van "byeenkoms"
in Wet 17 van 1956 het hoofregter RUMPFF in die
Ziqqolo
-saak
(op 57S/H)
33
(op 57D/H) dle vogende gesê:-
"In die onderhawige geval het mens nie met dubbelsinnigheid te doen nie. Die
woorde 'byeenkoms van persone met 'n gemeenskaplike
doel', is nie dubbelsinnig
nie. Dit is net gewel-dig wyd. Ek moet my onmag erken om 'n bepaalde
restriktiewe vertolking aan die hand
te doen wat sou blyk uit die doel of
samehang van die Wet, en wat as toetssteen in alle gevalle ge-bruik kah word. En
tog moet 'n
restriktiewe vertolking toegepas word of anders word resul-tate
bereik wat die Wetgewer nooit kon bedoel het nie. As 'n man en 'n
vrou 'n kind
wil verwek en die natuurlike proses toepas om dit te doen, is daar 'n byeenkoms
van twee persone met 'n gemeenskaplike
doel en daar is ook h gemeen-skaplike
optrede om die doel te bereik. Net so goed is 'n trio met drie verskillende
in-strumente wat
een komposisie speel, 'n byeenkoms van persone met 'n
gemeenskaplike doel. Volgens hierdie Hof (die
Dudley
-saak te 470) is h
byeen-koms van h groep onderwysers wat 'n vergadering hou 'to achieve some
common object by discussion or by some
other form of concerted action' 'n
byeenkoms van persone met h gemeenskaplike doel luidens Wet 44 van 1950. 'n
Byeenkoms van mense
wat h diskussie wou aanhoor deur lede van h vakbond in
verband met vakbondsake is volgens die
Lan
-saak
supra
'n byeenkoms
met 'n gesamentlike doel. Waar moet die lyn getrek word? Na
my
mening
34
mening moet die hof na die beste van sy vermoë
oordeel of die byeenkoms
van so 'n aard was dat,
nieteenstaandê die wye strekking van die
woorde,
tog, weens die werklike oogmerke wat uit die
Wette blyk, dit
onmoontlik die bedoeling van die
Wetgewer kon gewees het om so 'n byeenkoms
te laat
belet. In so 'n geval sou die Wette nie geld nie,
al is die
byeenkoms een van persone met 'n gemeen-
skaplike doel. Van toepassing hier
is die
bekende saak van
Venter v R
1907 TS 910
"
In die loop van sy uitspraak in die
Zigqolo
-saak het RUMPFF, HR
(op 58D/G) die redenering van STEYN, HR in die
Dudley
-saak
ondersoek en bespreek. Daarna het die belese hoofregter
etlike
menings uitgespreek oor die trefwydte van "byeenkoms" soos in
Wet
17 van 1956 omskrywe; en het hy 'n aantal voorbeelde genoem
van samekomste
van persone wat na sy oordeel klaarblyklik binne
die kader'daarvan sou
val:-
"Na my mening is 'n skoolklas 'n byeenkoms van leerlinge wat wel 'n
gemeenskaplike doel het, nl om gemeenskaplike onderrig te ontvang.
Die doel van
die leerlinge is nie om indivi-dueel onderrig te ontvang nie. Hulle
weet
dat hulle gesamentlik gaan
luister "
(op 58G/H)
en
35
en weer:
"Na my mening is 'n byeenkoms van persone wat gesamentlik wil luister, sing, bid
of oor 'n bepaalde onderwerp praat, 'n byeenkoms
van mense met 'n gemeenskaplike
doel luidens Wet 17 van 1956. Dergelike byeenkomste is byeenkomste van mense met
die doel om ge-samentlik
iets te doen buite en behalwe die blote
byeenkoms."
(op 59A/B)
en weer:
"'n Byeenkoms van mense om h toespraak aan te hoor of iemand te verwelkom is m i
by uitstek voorbeelde van byeenkomste wat wel bedoel
is om deur h verbod getref
te word. Die 'concer-ted action' is die gesamentlike luister. Net so goed as om
te kyk h handeling is,
is om te luister 'n handeling. Die handeling word nog
duideliker as daar gepraat word van 'afloer' en 'afluister'." (op
59G/H)
In die slotparagraaf van sy uitspraak (op
59G/60A) het
RUMPFF, HR hom soos volg uitgelaat:-
"Al sou in die onderhawige saak die appellante byeengekom het net om geeste-like
liedere te sing, sou daar na my
mening
36
mening 'n byeenkoms gewees het van mense
met.
'n gemeenskaplike doel luidens
die bepaling
van Wet 17 van 1956. Die appèl word
afgewys."
In die hof
a quo
het PUCKRIN, Wn R
dit lastig gevind om die
Zigqolo-
uitspraak met die beslissings in die
voorafgaande
sake van
Kahn, Lan
en
Dudley
te versoen. Die
belese
regter het (op 908G) tot die volgende gevolgtrekking geraak:-
"In my view it is an inescapable conclusion
that RUMPFF, CJ, impliedly at least, overruled the
rationes
of the
earlier three judgments mentioned and that the interpretation placed on the
definition of 'gathering' in
Ziggolo's
case
supra
is therefore
binding on me."
Bygevolg het PUCKRIN Wn R in die
eerste plek op die
Zigqolo
-
saak gesteun vir sy bevinding dat luidens art 1 van Wet 74
van 1982 die konsert op 'n "byeenkoms" neerkom. Die hof
a quo
het
egter verder gegaan en bevind dat selfs by toepassing van
die toetse in die
sake van
Kahn, Lan
en
Dudley
voorgeskryf die
konsert deur die
verbod geraak word. In dié verband het die
hof
37
hof
a quo
(op 9091/91OB) die volgende redes aangevoer:-
"Even if I am incorrect in my interpretation of the judgment in
Zigqolo's
case,
supra
, I am of the view that the concert in issue constitutes a
'gathering' of persons with a 'common purpose' on the basis of the
interpre-tation
placed on these phrases in the
Dudley, Kahn
and
Lan
cases
supra
. It appears to me that the persons who would have
attended the concert would have had the common purpose, at least, of raising
money
for the fund to be
established for the South African Musicians' Alliance. Furthermore, the
musicians would clearly have had the common purpose of provi-ding
entertainment
for their audience."
By beoordeling
van die appèl teen die bevel van die
hof
a quo
ontstaan allereers die vraag of hy korrek was by
sy bevinding dat die
Zigqolo
-saak die beslissings van hierdie hof in
voormelde drie sake omvergewerp het. Na my beskeie oordeel is dusdanige
bevinding onjuis.
Dat daar in die
Zigqolo
-saak uitlatings voorkom wat op
die oog af met die beslissings in gemelde drietal gewysdes teenstrydig is,
staan
vas
38
vas. Dit beteken egter nie sonder meer dat die gesag van die drietal gewysdes
ongedaan gemaak is nie. Dit is oorbe-kend dat hierdie
hof homself aan sy vorige
beslissings gebonde beskou tensy die gewraakte beslissing of beslissings op 'n
klaarblyklike vergissing
berus of duidelik verkeerd blyk te wees. Kyk:
Bloemfontein Town Council v Richter
1938 AD 195
op 232. Uiteraard bring
dit mee dat omverwerping deur groot omsigtigheid gekenmerk word. Dit lê
eweseer voor die hand dat,
wanneer 'n vorige beslissing omvergewerp word dit
gewoonweg onomwonde en in onmiskenbare woorde gekonstateer word. Nou val dit
onmid-dellik
op dat die uitspraak in die
Zigqolo
-saak nêrens
uitdruk-lik voorgee om enigeen van die voorafgaande drie beslissings omver te
werp nie.
Daar is egter 'n verdere faktor in die saak wat op sigself
lotsbepalend is. PUCKRIN, Wn R het weliswaar bevind dat in die
Ziqqolo
-saak RUMPFF, HR -
" impliedly
39
"....impliedly at least, overruled the rationes of the three judgments
mentioned."
Maar om 'n grondige rede, so meen ek,
kan daar hier in alle
geval nouliks enige sprake van selfs versweë
omverwerping
wees. Daardie uitlatings in die
Zigqolo
-saak wat met
die
drietal gewysdes (en meer in besonder die
Dudley
-saak) onbe-
staanbaar skyn te wees, is menings wat
obiter
uitgespreek
is.
Gesien die feite in die
Zigqolo
-saak was die geskilpunt
vir
beslegting of 'n samekoms van persone wat opruiende liedere
gesing het
om die veglus aan te wakker deur die omskrywing
van "byeenkoms" in Wet 17 van
1956 getref is. Vir die doel-
eindes van sodanige beslissing, so meen ek, was
elkeen van
die menings uitgespreek oor hipotetiese samekomste bloot terloop-
se opmerkings wat met die afwysing van die appel nie regstreeks
verband gehou het nie; en wat nie as deel van die
ratio decidendi
aangemerk kan word nie. Onder die rubriek van
obiter dicta
ressorteer
40
ressorteer na my oordeel die volgende stellings in die
Zigqolo
-saak
wat nie op die wesenlike feite van die besondere geval baseer is nie: die
menings betreffende 'n skoolklas (op 58G/H); 'n samekoms
van persone wat
gesamentlik wil luister, sing, bid of oor 'n bepaalde onderwerp praat (op
59A/B); 'n samekoms om 'n toespraak aan
te hoor of iemand te verwelkom (op
59G/H); en 'n lykwaak waarby die aanwesiges net geestelike liedere sing (op
59G/60A). Bovermelde
stellings is na my eerbiedige oordeel bloot oorredend en
nie gesaghebbend nie. Op die eerste vraag wat by die appèl ontstaan,
is
die slotsom derhalwe
dat die hof
a quo
aan die toetse aangedui in die
sake van
Kahn,
Lan
en
Dudley
gebonde was.
Ten slotte moet oorweeg word of die hof
a quo
gelyk
het in sy bevinding dat selfs by toepassing
van gemelde toetse
die konsert deur die verbod geraak word. Wat betref
aspirant-konsertgangers het PUCKRIN, WnR as standpunt gestel dat hulle
die
41
die konsert sou bywoon ten minste met die gesamentlike oogmerk om
geldinsameling ten bate van SAMA te bevorder. Realisties beskou,
so wil dit my
voorkom, sou geldinsameling (ten bate van wie ookal) eerder h dryfveer by die
aanbieders van die konsert as by aspirant-konsertgangers
wees. Maar selfs in die
veronderstelling dat konsertgangers 'n gemeenskaplike oogmerk sou koester om
SAMA geldelik te ondersteun,
sou daardie oogmerk reeds by betaling van
toegangskaartjies verwesenlik word. Bywoning van die konsert geskied eers na
sodanige betaling.
Die voor die hand liggende oogmerk van h musieklief-hebber
wat 'n musiek-konsert bywoon, is om na musiek te luister. Die verwesenliking
van
daardie oogmerk sou na my mening egter nie op enige gesamentlike optrede aan die
kant van die gehoor by die konsert aangewese
of gerig wees nie. Die byeengekome
konsertgangers luister wel saam na die musiek wat aangebied . word, maar die
oorheersende feit
bly nietemin dat elke lid van
die
42
die gehoor op sy eie luister. In hierdie verband is daar 'n verdere vraag wat
na vore tree. Of vir doeleindes van die onderhawige
ondersoek die aanhoor van
musiek hoegenaamd as h "handeling" aangemerk kan word, val m i te betwyfel. Vgl
die reeds-aangehaalde opmerkings
van STEYN, HR m b t "the receiving of
instruction" in die
Dudley
-saak op 469 E/H. Maar selfs in die
veronderstelling dat die luister na musiek wel op h "handeling" neerkom, kan die
hele gehoor se
luister na musiek na my mening nie aan h gesamentlike optrede
gelykgestel word nie. Die behae wat elke lid van die gehoor in die
musiek skep,
vloei
uit sy eie eh afsonderlike gewaarwording van klankgolwe. Die
vermenigvuldiging van sodanige individuele en onafhanklikê
handelinge kan hulle nie tot h gesamentlike optrede verhef nie.
Om
bostaande redes is ek van mening dat ten opsigte van die
lede van die gehoor by die konsert die onmisbare element van
gesamentlike
optrede ontbreek.
Dit
43
Dit is egter onnodig om hieroor verder uit te wei. Die hof
a quo
se
bevinding dat, selfs by aanwending van die toetse in die sake van
Kahn,
Lan
en
Dudley
aangedui, die konsert deur die verbod getref word, is
na my mening uit hoofde van die hiernagenoemde oorwegings aanvegbaar. PUCKRIN,
Wnd R het tot daardie gevolgtrekking geraak nadat hy die be-doelings of
begeertes (a) van die gehoor en (b) van die kun-stenaars,
afsonderlik en los van
mekaar beoordêel het. Langs hierdie weg het die belese regter beslis dat
een besondere gemeenskaplike
oogmerk (geldinsameling ten bate van SAMA) by die
gehoor sou bestaan, terwyl 'n ander besondere gemeenskaplike oogmerk (omdie
gehoor
te vermaak) by die kunstenaars aanwesig sou wees. Inbegrepe by dusdanige
benadering is 'n veronder-stelling, so kom dit my voor,
dat die hof
in
casu
eintlik met twee afsonderlike samekomste van persone te make het. Na my
oordeel is gemelde veronderstelling ongegrond en onjuis.
Afgesien.
44 Afgesien van statutêre omskrywings wat in ons wette
voorkom, is "byeenkoms" in gewone taal h woord met 'n breë begripsinhoud.
Ofskoon die bestaan van selfstandige sub-groepe binne die kader van 'n enkele
"byeenkoms" konsepsueel goed denkbaar is, omvat die
woord "byeenkoms" nietemin
intrin-siek 'n eenheidsbegrip. Vir doeleindes van die ondersoek na die bestaan
van h gemeenskaplike oogmerk
by die persone wat in die onderhawige geval die
konsert sou bywoon, is dit na my beskeie mening sowel kunsmatig as logies
verkeerd
om ener-syds die gehoor en andersyds die kunstenaars as
opsigself-
staande onderdele van die byeenkoms te beskou. By nasporing
van
'n gemeenskaplike oogmerk, soos by art 1 van Wet 74 van 1982 bedoel, behoort die
konsert m i vir h enkele en ondeel-bare samekoms
aangesien te word. Wat hier
onder die vergroot-glas geplaas moet word, so meen ek, is die bedoelings en
begeertes van h mensemassa
waarin die gehoor en die kunstenaars
onafskeidelik
45
onafskeidelik aan mekaar verbonde is. By sodanige ondersoek
moet 'n
hof verder gedagtig wees aan die vermaning van,
STEYN, HR in die
Dudley
-saak (op 469H) dat bedrywighede
wat bloot 'n bykomstige of
ondergeskikte rol vertolk
("supplementary actions") -
"...cannot in themselves be the concerted action required for a common purpose
in terms of the definition."
By bostaande benadering verloor ek nie uit die
oog
nie die toets soos in die
Dudley
-saak (op
468A) geformuleer -
" whether the persons gathered together,
or some of them,
have a common object which they intend or desire to
achieve by concerted áction." (My
onderstreping)
Met die onderstreepte woorde in die
aanhaling hierbo sou
hoofregter STEYN, na my eerbiedige mening, nouliks te
kenne
wou gegee het dat by aanwending van die toets die aard en
wese van
die betrokke samekoms misken mag word. Die
onderstreepte
46
onderstreepte woorde dui hoofsaaklik daarop, so meen ek,
dat vir die
bestaan van h gemeenskaplike oogmerk by die
persone wat byeenkom daar nie as
voorvereiste gestel word
dat ieder en elke aanwesige gemelde oogmerk moet
deel nie.
In die geval van 'n verbode byeenkoms is dit trouens onnodig
dat
die beskuldigde self die vereiste gemeenskaplike
oogmerk moet deel.
Dienaangaande het hoofregter
CENTLIVRES hom in die
Kahn-
saak (op
183F/G) soos volg
uitgelaat:-
"All that the Crown need prove is that the gathering falls within the statutory
defini-tion and that the accused attended the gathering.
If, for instance, the
accused attended such a gathering with no fixed purpose of his own but merely
out of idle curiosity he would
nevertheless be guilty of a contravention of sec.
11(f) and it would make no différence whether the common purpose of those
present were lawful or unlawful."
In
47 In die
onderhawige geval is dit na my mening nodig om die hele mensemassa wat die
konsert sou daarstel oorkoepe-lend te beskou;
en om eers daarna in die lig van
al die heersende omstandighede die vraag te stel of die aanwesiges as 'n
groepsentiteit 'n gemeenskaplike
oogmerk sou deel. Wat betref die kunstenaars as
een samestellende element van die konsert, kan geredelik aanvaar word dat al die
lede van die orkeste 'n gemeenskaplike oogmerk sou deel om vermaak te verskaf;
en insgelyks dat daardie oogmerk deur gesamentlike
optrede by die voordrag van
musiekstukke verwesenlik sou word. Sodanige gemeenskaplike oogmerk en
gesamentlike optrede, is egter
nie die oogmerk en optrede van die konsert nie.
Dat die wesensaard van die samekoms, as geheel gesien, van kardinale belang is,
kan
met byhaal van 'n menigte denk-beeldige situasies tuisgebring word. Hier kan
met 'n enkele voorbeeld volstaan word. Veronderstel
die hou van 'n
geselligheid
48
geselligheid van dieselfde aard en wese as dié waaroor dit in die
Kahn
-saak gegaán het. Veronderstel daarby'ook die volgende: dat
drie van die genooide gaste vooraf saamspan om by die geselligheid
van hul
gasvrou se silwer tafelgerei te steel; en dat speurders wat op die geselligheid
toeslaan die drie diewe op heterdaad betrap.
Hier behoef dit na my mening geen
betoog dat die gemeenskaplike oogmerk en die gesamentlike optrede van die drie
diewe nouliks tot
gevolg het dat die byeenkoms deur die bepalings van Wet 44 van
1950 getref word. In weerwil van die diewe se gemeenskaplike oogmerk
en
gesamentlike optrede behou die byeenkoms sy essen-siële en onmiskenbare
aard as blote geselligheid. Om 'n ander siening na
te hou, so kom dit my voor,
sou 'n potsierlike uitleg van "byeenkoms" meebring wat in die woorde van STEYN,
HR in die
Dudley
-saak (op 469F):-
"......would
49
"....would bring within the scope of the
definition a large variety of daily transac-tions at which the provisions of the
Act could hardly have been aimed."
Die feite wat die
regter in die hof
a quo
vir doeleindes van die aansoek aanvaar het, bied
na my beskeie oordeel geen behoorlike ruimte vir enige bevinding dat die
aanwesiges
by die konsert, d w s die gehoor en die kunstenaars tesame as
eenheidsgroep beoordeel, enige bepaalde gemeenskaplike oogmerk sou
koester nie.
PUCKRIN, Wnd R het hom dan ook van enige sodanige bevinding weerhou. By
ontstentenis van sodanige bevinding het die
hof
a quo
na my mening
tên onregte beslis dat die konsert deur die verbod geraak word.
Die
appèl slaag met koste, welke koste dié van twee advokate insluit.
Die bevel van die hof
a quo
word deur die volgende bevel vervang:-
"The
50
"The application succeeds with costs, such costs to include the costs conseguent
upon the employment of two counsel. A declaratory
order is granted in terms of
paragraph 2.1 of the applicant's notice of motion dated 23 February
1989."
G G HOEXTER, AR
MILNE, AR ) NICHOLAS, Wnd AR ) Stem saam