S v Maseko (145/89) [1989] ZASCA 145; [1990] 1 All SA 532 (A) (20 November 1989)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Conviction based on accomplice testimony — Appellant convicted of murder despite co-accused acquitted — Testimony of key witness, Freddy Mphela, found unreliable and contradictory — Appellant's confessions made under duress — Court held that without the confessions, the State could not prove its case against the appellant — Conviction set aside.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1989
>>
[1989] ZASCA 145
|

|

S v Maseko (145/89) [1989] ZASCA 145; [1990] 1 All SA 532 (A) (20 November 1989)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPèLAFDELING
)
In die saak tussen:
PAULOS MASEKO
Appellant
EN
DIE STAAT
Respondent
Coram
: HOEXTER, MILNE et EKSTEEN, ARR
Verhoor
: 24
Augustus 1989
Gelewer
: 20 November 1989
Uitspraak deur
: J.P.G. EKSTEEN, AR
4
UITSPRAAK
EKSTEEN
, AR :
Die appellant was tesame met agt ander persone aangekla van moord en van
brandstigting. Op die eerste aanklag was dit hulle ten laste
gelê dat
hulle vir Linah Ramasela Mphela op 1 Januarie en te Mamelodi in die dis-trik
Wonderboom vermoor het. Tweedens was
hulle daar-van aangekla dat hulle op
dieselfde tyd en plek die woon-huis van Linah Ramasela Mphela opsetlik en
wederregtelik aan
die brand gesteek het. Aan die einde van die ver-hoor was al
die appellant se medebeskuldigdes onskuldig bevind op albei aanklagtes,
en
ontslaan. Die appellant is ook onskuldig bevind op die aanklag van
brandstigting, maar hy was skuldig bevind aan die moord op
Linah Mphela.
2
Die hof het bevind dat daar geen versagtende omstandig-hede
was nie, en die appellant is gevolglik ter dood ver-oordeel. Hy kom nou.
in
hoër beroep teen beide sy skul-digbevinding en vonnis.
By die verhoor
het die Staat in hoofsaak gesteun op die getuienis van Freddy Mphela, die seun
van die oor-ledene, wat by haar ingewoon
het. Hy het getuig dat beskuldigdes 6
en 7 die oggend van 1 Januarie 1986, met beskuldigde 6 se opgeskote dogter, by
sy moeder se
huis opgedaag het. Hulle het beweer dat die oorledene deur haar
towerkuns die meisie aangehou het en kranksinnig ge-maak het. Hulle
het ook
ge-eis dat die oorledene voor 12 uur daardie oggend die kind gesond moes maak,
anders sou hulle haar verbrand. Freddy sê
dat die oorledene
3
vir die kind medisyne gegee het, en dat hulle toe daar weg is.
Later het al die ander beskuldigdes opgedaag en die oorledene na die
huis van
beskuldigde 6 en 7, wat so-wat drie huise van die oorledene se huis geleë
is, geneem. Daar was dit besluit om die oorledene
te verbrand. Sy was gevolglik
na die straat getrek waar twee motorbuite-bande om haar lyf gesit was, brandstof
oor haar gegooi was,
en sy aan die brand gesteek was. Hy sê dat die
oorledene daarin geslaag het om van die buitebande om haar lyf ont-slae te raak,
en dat sy daarna na haar huis gevlug het. Die huis was toe ook aan die brand
gesteek. Freddy het in sy getuienis al die beskuldigdes
voor die hof by die
gebeurde van daardie dag betrek.
Onder kruisverhoor het dit spoedig geblyk
dat
4
Freddy 'n onbevredigende getuie was. Talle weersprekings en
onwaarskynlikhede is in sy getuienis uitgewys. Die geleerde verhoorregter
was
terdeë bewus van hierdie swak-hede, en hy het hulle breedvoerig in sy
uitspraak behandel. Hy verwys ook na 'n moontlike
motief by Freddy on valse
ge-tuienis af te lê, nl. om vergelding te soek vir die moord op sy moeder.
In die lig van hierdie
oorweginge het die hof besluit dat dit slegs op sy
getuienis sou kon staat-maak waar dit deur ander getuienis gestaaf word, en waar
sodanige stawing die beskuldigdes met die misdaad verbind.
Die Staat het
Freddy se minnares, Jane Lungu, ook as getuie opgeroep. Sy het getuig dat sy op
1 Janua-rie 1986 al die beskuldigdes,
behalwe beskuldigdes 2 en 5, by die
oorledene se huis gesien het en gehoor het dat hulle
5
hul voorneme uitspreek om die oorledene te "brand", om-dat sy 'n kind
"na 'n zombi verander het". Sy sê dat sy toe daar weg
is om vir Freddy "by
die plein" te gaan roep. Sy was nie teenwoordig toe die oorledene later aan die
brand gesteek was nie. Haar
getuienis bots met die van Freddy, en alhoewel dit
nie uitdruklik uit die uitspraak van die geleerde regter a quo blyk nie, wil dit
tog voor-kom dat die hof haar getuienis verwerp het. Geen steun vir enige van
die hof se bevindinge word by haar getuie-nis gesoek
nie.
Sersant Moolman was
op 1 Januarie 1986 saam met agt ander polisiemanne in 'n Caspir voertuig op
pa-trollie in die betrokke woonbuurt
toe hy die rook van die oorledene se
brandende huis opgemerk het. Hy het
6
daarheen gery. In die straat voor die huis het sowat 200-250
mense saamgedrom, en moes hy van traanrook ge-bruik maak om hulle uitmekaar
te
laat gaan voordat hy by die huis kon uitkom. Daarna het hy die vlamme met
brandblussers onder beheer gebring en die huis binne-gegaan.
In 'n agterkamer,
onder 'n bed, het hy die oor-ledene gekry. Sy was erg verbrand maar nog by haar
bewussyn. Sersant Moolman sê
dat in die kamer waar sy gevind is daar geen
tekens van 'n brand was nie. Die oorledene moes dus die brandwonde op 'n ander
plek
opge-doen het voordat sy onder die bed ingekruip het. Sy
is van onder
die bed uitgehaal, in 'n kombers toegedraai omdat haar klere van haar lyf
afgebrand was, en in 'n ambulans hospitaal
toe vervoer. Die oorledene het
7
twee dae later, op 3 Januarie 1986, as gevolg van die brandwonde wat sy
opgedoen het, beswyk.
In antwoord op 'n vraag in kruisverhoor het ser-sant
Moolman ontken dat hy persoonlik daarvan kennis ge-dra het dat die oorledene
toorkuns beoefen het, maar, sê hy, dat hy wel "'n sakkie met dolosse in en
snaakse been-tjies en kruie en goed" tussen die
rommel op die oorlede-ne se erf
opgetel het.
Dr. Malan, 'n staatspatoloog te Pretoria, het op 7 Januarie 'n
nadoodse ondersoek op die lyk van die oor-ledene uitgevoer, en tot
die
gevolgtrekking gekom dat haar dood te wyte was aan 'n terughouding van vog in
die longe as 'n komplikasie van brandwonde. Hy
het diep tweede- en derdegraadse
brandwonde oor feitlik die hele romp van die
4 8
oorledene se liggaam gevind, asook aan die boonste en onderste ledemate.
Hierdie brandwonde kon, na sy me-ning, veroorsaak gewees
het deur petrol wat oor
die oor-ledene gegooi en aan die brand gesteek was.
Nog 'n staatsgetuie was Elizabeth Mphela, Freddy se suster. Sy woon op die
plaas Stinkwater in Bophuthatswana. Sy sê dat op
2 Januarie 1986 (d.w.s.
die dag na die oorledene aan die brand gesteek is) die appellant en vyf van sy
medebeskuldigdes by haar huis
te Stinkwater opgedaag het. Hulle het aan haar
gesê dat hulle haar ma doodgemaak het en dat hulle wou hê dat sy
saam
met hulle na haar ouerhuis moes gaan omdat hulle tokkelossies daar gekry
het. Hulle het haar geneem na die oorledene se huis en daar
het hulle na die
9
uitgebrande puin gekyk maar geen tokkelossies gesien nie. Sy sê
dat sy die nag by ene Pop oornag het. Die volgende dag het die
appellant en
dieselfde vyf medebeskuldigdes haar by Pop se huis kom haal en haar oorkant die
spoor-lyn geneem. Daar het hulle haar
geslaan, en haar gevra om te erken dat
haar moeder tokkelossies en mense in haar huis aangehou het.
Later die dag is
sy terug na Stinkwater. Die middag van 2 Januarie sê sy het die appellant
met be-skuldigdes 2, 3 en 8 by haar
huis opgedaag. Uit vrees vir hulle het sy na
die polisiestasie te Hammanskraal in Bophuthatswana gevlug. Daar het sy haar
broer Freddy
gekry. Die polisie het saam met haar na haar huis gegaan en die
appellant en beskuldigdes 3 en 8
10
gearresteer. Beskuldigde 2 het ontvlug. By die arres-tasie, sê sy, het
die appellant probeer weghardloop. Hy was deur die polisie
agternagesit en
gevang. Die polisie het hom hierop geslaan en toe hy op die grond neergeval het,
het hulle hom geskop en geklap.
Speurder-adjudant offisier Zacharia Charlie,
van die Suid-Afrikaanse Polisie, is op 6 Januarie na die Themba polisiestasie in
Bophuthatswana
waar die appellant aan hom oorhandig is. Charlie sê dat
appel-lant se gesig opgeswel was, en dat daar bloed aan sy hemp was.
Die
appellant het hom meegedeel dat dit die ge-volg was van die aanranding op hom by
sy arrestasie. Die appellant was klaarblyklik
bly om vir Charlie te sien.
Charlie sê dat hy die appellant en sy twee medebeskuldig-
11
des saam met hom na die Mamelodi polisiestasie
geneem het, waar hulle aangehou is.
In sy uitspraak meld die geleerde
verhoor-regter dat alhoewel dit aanvaar word dat die appellant te Stinkwater
deur die Bophuthatswana
polisie gearresteer is, die hof nie kan staatmaak op
Elizabeth se getuie-nis oor welke van die beskuldigdes erken het dat hulle die
oorledene doodgemaak het nie. Daar was derhalwe niks in haar getuienis wat enige
van die beskuldigdes pertinent met die moord op
die oorledene verbind het nie.
Ewe-eens het die getuienis van Moolman, Malan en Charlie ook nie enige van die
beskuldigdes . in.
die ten laste gelegde misdaad betrek nie, en dit het dus geen
stawing vir Freddy se getuienis gebied nie. Om hierdie
12
rede was al die appellant se medebeskuldigdes
onskuldig bevind en ontslaan. Die appellant het homself egter in 'n ietwat ander
posisie
bevind as sy medebeskuldigdes uit hoofde van sekere erkennings wat hy op
6 Januarie 1986 aan luitenant Theron gemaak het. Soos later
sal blyk het die
appellant getuig dat hy hierdie erkennings uit vrees gemaak het, en nie
vrywillig nie. Sonder die erkennings kon
die Staat nie sy saak teen die
appellant bewys nie. Dit sal dus nodig wees om die getuienis hieromtrent
noukeurig te ontleed.
Luitenant Theron was destyds verbonde aan die
huisbraak-tak van die polisie te Pretoria Sentraal. Sy getuienis kan soos volg
opgesom
word. Hy het hoegenaamd niks met die ondersoek van die onderhawige saak
te doen
13
gehad nie. Hy is op 6 Januarie gevra om na Mamelodi te gaan.
Daar het hy die appellant in speurder-sersant Buys se kantoor ontmoet,
en
sersant Buys het hom meegedeel dat die appellant sekere uitwysings wou doen in
verband met "die necklace moord van 'n swart vrou
in Mamelodi Oos." Luitenant
Theron is versoek om die appellant te vergesel by hierdie uitwysings.
Speurder-konstabel Masegela van
die Mamelodi polisiestasie het as tolk opgetree.
Luitenant Theron sê dat hy die appellant behoorlik ingelig het oor sy
regte,
en aan hom verduidelik het dat dit nie nodig was om enige punte uit te
wys of om enigiets te sê as hy nie wou nie. Die appellant
het egter
vrywillig ge-sê dat hy "die plek" wou gaan uitwys, en ook ander
uitwys-ings wou doen. Gevolglik is die appellant,
luitenant
14
Theron, en konstabel Masegela in 'n polisievoertuig van die
Mamelodi polisiestasie weg. Die appellant het vir die luitenant beduie
hoe om te
ry, en hulle na huis no. 15978, d.w.s na die huis van beskuldigde 6 wat, soos ek
reeds gesê het, omtrent drie huise
van die oorl dene se huis geleë
was. Uit die notas wat luitenant Theron by dié geleentheid gemaak het
blyk dit dat die
appellant erken het dat hy teenwoordig was toe die oorledene
aan die brand gesteek is. Hy het egter aangevoer dat hy nie besef het
dat die
oor-ledene sou sterf as sy aan die brand gesteek word nie.
15
Luitenant Theron sê dat hy opgemerk het dat die
appellant se gesig geswel was en dat daar bloed aan sy hemp was. Sersant Buys
het egter vertel van die aanranding op die appellant deur die polisie van
Bophuthatswana, en hy het die ap-pellant gevolglik nie
daaroor uitgevra
nie.
Konstabel Masegela het ook getuig en lui-tenant Theron in alle wesenlike
opsigte gestaaf.
Die appellant het in sy getuienis ontken dat hy enigsins
gemoeid was met die moord op die oorle-dene. Hy ontken ook dat hy enigsins
teenwoordig was by die gebeurde, en sê dat daar soveel mense in die
16
straat om die huis van die oorledene saamgedrom
het dat hy nie nader as drie of vier huise van die oorledene se huis kon kom
nie,
en dat hy niks kon sien wat daar aangaan nie. In kruisverhoor sê hy
dat hy nie nader as drie of vier blokke van die oorledene
se huis kon kom
nie.
Hy sê dat op die oggend van 4 Januarie 'n groep sogenaamde
"comrades" na sy huis gekom heten hom verplig het om saam met hulle
na
Stinkwater te ry om vir Elizabeth Mphela te gaan haal, sodat sy die tokkelossie
"in haar ma se goed" kon gaan uitwys. Teen wil
en dank moes hy met hulle
saamgaan. Met hulle aankoms te Stinkwater, sê hy, is hy tesame met
beskuldigdes 3 en 8 deur die Bophuthatswana
polisie
17
gearresteer. Hulle is in 'n vangwa gelaai en sonder enige rede
met stokke geslaan.
Op 6 Januarie het speurder-adjudant-offisier Charlie
hulle kom haal en hulle na die Mamelodi polisie-stasie geneem. Daardie selfde
nag, sê hy, is hy uit die selle geneem en deur polisiebeamptes Schultz,
Mnisi en Kekana aangerand. Dit was 'n langdurige en
ernstige aanranding, en
weereens is geen rede daar-voor aangevoer nie. Hy sê dat hy aan sy
linker-elm-boog, sy linker-hak en
sy linker-knie sodanig beseer is dat hy mank
geloop het.
Na die aanranding is hy oor die dood van die oorledene uitgevra
en het hulle hom 'n verklaring laat teken. Die volgende dag, d.w.s.
die 7de
Januarie het
18
dieselfde drie polisiebeamptes wat hom die vorige aand
aangerand het, na hom toe gekom en vir hom gesê dat 'n "groot baas van
die
polisie" daardie dag sou kom en dat daardie baas "slaan". Kort daarna daag
luitenant Theron daar op, en hy is saam met die luite-nant
en konstabel Masegela
per motor na die omgewing voor die huis van die oorledene. Hy erken dat hy
plekke aan luitenant Theron uitgewys
het, en hom dinge vertel het, maar sê
dat dit sommer dinge was wat hy self daar en dan uitgedink het. Dit het hy
gedoen, sê
hy, uit vrees dat luitenant Theron hom sou slaan as hy nie
gepraat het nie. Hy gee toe dat luitenant Theron hom geensins gedreig
het, of
enige druk hoege-naamd op hom uitgeoefen het nie. Daarna is hulle
19
terug na die polisiestasie. Hy ontken dat konstabel Masegela
as tolk opgetree het, en sê dat sy gesprek met luitenant Theron
deurgaans
in Afrikaans gevoer is. Hy ontken ook dat die luitenant ooit die verklaring weer
aan hom oorgelees het, of dat hy dit bevestig
het, soos wat luitenant Theron
getuig het. Dit is gemene saak dat hy nie die verklaring onderteken het
nie.
By 'n blote deurlees van die appellant se getuienis blyk dit dat hy
geensins 'n bevredigende ge-tuie was nie. Sy hele relaas van die
aanranding wat
by die polisiestasie te Mamelodi op hom sou ge-pleeg gewees het,klink
onwaarskynlik en yergesog. Daarbenewens gee
hy toe dat hy op Saterdag 4 Januarie
te Stinkwater in hegtenis geneem is, en op Maandag
20
6 Januarie deur adjudant-offisier Charlie na
Mamelodi ge-bring is. Daardie selfde aand, sê hy, het die aan-randing, wat
aanleiding
gegee het tot sy bereidwillig-heid om die erkennings aan luitenant
Theron te maak, plaasgevind. Luitenant Theron getuig egter dat
hy en die
appellant reeds om 13.35 h op 6 Januarie vanaf die Mamelodi polisiestasie
vertrek het na die toneel van die misdaad - d.w.s.
voordat die aanranding
vol-gens die appellant se relaas,kon plaasgevind het. Toe dit onder sy aandag
gebring is gedurende kruis-verhoor,
het hy beweer dat Charlie hom reeds die
Son-dag 5 Januarie kom haal het. Sy advokaat deel hier-op die hof mee dat
appellant gedurende
die teepouse
21
hom opdrag gegee het dat Charlie hom nie die
Sondag kom haal het nie, maar wel die Saterdag - d.w.s. 4 Januarie. Niks hiervan
is aan
Charlie in kruisver-hoor gestel nie.
Voorts blykdit uit sy getuienis
dat hy hom-self op verskeie geleenthede weerspreek het, en deurgaans probeer het
om pertinente vrae
te ontwyk. Sy hele voor-drag in die getuiebank het blykbaar
ook die geduld van die geleerde regter beproef want by twee geleenthede
word die
appellant deur hom gemaan om nie metsy rug na die regbank te staan nie. Al
hierdie faktore het aan-leiding daartoe gegee
dat die verhoorregter tot die
ondervraging van die appellant toegetree het op so 'n manier dat daar aan die
einde van die appellant
se
22
saak 'n aansoek van die rekusering van die regter ge-bring is.
Die aansoek is deur hom van die hand ge-wys, en dit maak een van appellant
se
gronde van ap-pèl voor ons uit. Appellant voer aan dat die
skul-digbevinding nie kan bly staan nie weens die oënskyn-like
partydigheid
van die hof a
quo
ten gunste van die Staat, en die vooroordeel wat die
regter tydens die verhoor teen die appellant laat blyk het, wat die indruk gewek
het dat die hof, voor uitspraak, reeds oor sy lot beslis het. Om hierdie beswaar
behoorlik te oorweeg moet daar nader gekyk word
na die verhoor-regter se houding
teenoor die appellant in die getuie-bank.
Uit die oorkonde blyk dit dat die geleerde
23
regter vanaf die aanvang van die appellant se hoof-
verhoor tot die ondervraging toegetree het tot n meer-
dere of mindere
mate. Ek wil nie voorgee dat enige
van hierdie aanvanklike toetredes
onreëlmatig of oor-
drewe was nie. Baie daarvan was om onduidelike
as-
pekte van sy getuienis op te klaar, of om die appel-
lant te maan om harder te praat, of nie met sy rug na
die regbank te staan
nie. Algaande, egter, het die
geleerde regter se toenemende ongeduld in sy
vrae begin
deurskemer. So byvoorbeeld verskyn daar die volgende
passasie
gedurende die appellant se hoofverhoor op p.
267-271 van die oorkonde:
"
Mnr. Hoof
: En kan jy net vir die hof sê wat die rede is volgens
jou, waarom die mense wat na Stink-water toe gegaan het om die oorledene
se
dogter te
24
gaan haal. Hoekom het hulle vir jou saamgevat?
Hulle het aan my gesê dat die oorledene se dogter moet die oorledene se
tokoloshe gaan uithaal en baie ander goed.
HOF
: Nou wat het jy daarmee te doen? Hulle was mos mans genoeg? Hulle
was twee motorvoertuie, hulle kon haar mos gaan haal het. Wat het
jy
daarmee te doen? Hulle het dwang beoefen op
daardie stadium.
Maar waarvoor moet hulle jou saamvat? Hoe-kom 'pick' hulle op jou? Daar is
mos honderde duisende mense daar in Mamelodi wat hulle
kon saam-
gevat het? Ek kan nie sê hoekom hulle my kom
haal het nie. Ek was
verbaas en is nog steeds verbaas.
Jy ken hulle glad nie eens nie? Nee,
hulle was aan my
onbekend.
MNR. HOPF
: Was dit in die tyd van die onluste?
Ja, dit
was gedurende die tyd van die onluste. Hulle was ernstig gewees. Hulle het 'n
persoon gedwing. As hulle 'n persoon gekry het
dan het hulle daardie persoon
saamgeneem.
HOF
: Nou wil ek dit aan jou stel - ek moet dit aan jou stel
want dit is 'n afleiding wat kan ge-maak word, dat jy het saamgery met hulle
omdat julle vir Elizabeth ook wou gebrand het. Julle het haar gaan haal om haar
te verbrand en toe het
25
die polisie julle gelukkig daar gevang. Dit is
waarom jy daar was? Nee, hulle het my gedwing
om daarheen te gaan.
En toe julle daar stilhou, wat het hulle
ge-
doen daar by Elizabeth se huis? Daar het niks
gebeur want ons was op daardie stadium gearresteer.
Nee man kyk, voor jy nou gearresteer was -Elizabeth moes tog na die
polisiestasie gegaan het.
Betwis jy dit? Ek weet nie omdat ek haar nie
gesien het nie.
Ja presies, sy het vir die hof vertel sy het julle gesien en toe hardloop sy na
die polisie-stasie toe want sy was bang gewees vir
julle. Toe het die polisie
gekom. So jy het baie tyd
gehad om weg te hardloop van hierdie mense af.
Dit het skaars twee minute geneem vandat ons daar opgedaag het, het die polisie
opgedaag."
Die verhoorregter se ongeduld het algaande
met die
kruisverhoor van die appellant oënskynlik ver-
der toegeneem, en laat hy
vrae waarin sy ongeduld weer-
spieël word, hom ontval soos
byvoorbeeld:
"Nee jy luister nie na die vraag wat ek jou vra nie. Luister nou hoor, ek het
nie tyd om te mors met
26
jou nie. Wanneer het jy gehoor dat die oorlede-
ne is verbrand?"
en
"Nee man kyk, moet nou nie onsin praat nie, luister na die vraag ....
"
Laer af op dieselfde bladsy verskyn die
volgende:
"
HOF
: Maar jy kon vir hom gesê het 'Man jy lieg. Ek was nooit daar
gewees nie, ek het nie jou ma ver-
bránd nie'? Nee ek was nie in staat om met hom
te stry nie want ek het pyne gehad.
Ag nee, jy het so pyn gehad dat jy nie kon
praat
nie? Is dit wat jy sê? Ja ek het pyne ge-
had, maar ....
Ek vra vir jou, het jy so pyn gehad dat jy
nie eers kon praat met hom nie? Ek kon
praat, maar ek het nie met hom gepraat nie.
Nou hoekom praat jy sulke nonsens dat jy
so-
veel pyn gehad het? Ek het pyne gehad. Ek
was bang dat hulle my sou slaan."
En dan,om mee af te sluit, verskyn die volgen-
de,
nog steeds tydens kruisverhoor, op p. 305 van die
27
oorkonde:
"HOF: Ekskuus, Het jy luitenant Theron gesê
van die aanranding? Nee, ek het hom nie ge-
sê nie.
Hoekom nie? Jy was mos op 'n verskriklike
wyse aangerand. Jy kon nie asemhaal
nie, jy was
byna dood? Ek was bang om hom te
vertel.
Ek sê jy was byna dood gewees, was jy nie?
Ja.
En jy vertel nie vir hom nie? Nee.
Hy het jou vertel hy is 'n vrederegter, is
dit
nie? Theron het my nie vertel nie. Ek het
net gehoor toe die ander mense my gesê het.
HOF
: Ek sal jou
sê, ek moet dit aan jou stel
waarom jy Theron nie vertel het nie is
omdat hier-
die aanranding daar bloot 'n versinsel aan jou kant
is. Nee,
dit is nie 'n versinsel.
Het jy jou advokaat vertel van hierdie ver-skriklike aanrandings? Voor die
staatsaak 'n
aanvang geneem het? Ek het gepraat en hul-
le het gesê dat hulle my X-strale by Kalafong sal gaan haal.
Ek vra jou nou weer. Het jy jou regsver-teenwoordiger vertel voor hierdie saak
'n aanvang geneem het, van die verskriklike aanranding
wat
28
by Mamelodi plaasgevind het? Ek het aan
hom gesê dat ek aangerand is."
Dit is hoofsaaklik op hierdie passasies
in die
getuienis dat die appellant se advokaat ge-
steun het in sy aansoek aan die verhoorregter dat
hy homself moes
rekuseer. Uit die oorkonde blyk
dit duidelik dat die verhoorregter deur
hierdie aan-
soek verras is. Volgens die oorkonde meld hy dat
dit die eerste keer in sy
hele loopbaan as 'n regter
was dat hy gevra word om hom te rekuseer. Hy
het
die submissie dat hy deur sy vrae 'n vooroordeel ten
gunste van die
Staat getoon het as "die grootste
29
onsin wat ek nog gehoor het" bestempel. Hy kon hom
dit ook glad nie voorstel dat hy dit aan die appel-
lant gestel het dat sy bewerings van aanranding 'n
"blote versinsel" was
nie.
In 'n heel kort uitspraak waarin hy die
aansoek van die hand gewys het, het die verhoorreg-
ter die hele aansoek as "absoluut vergesog" afge-
maak en verder daaraan toegevoeg
" .... daar steek geen waarheid in die bewering dat ek alreeds besluit het
oor die skuld van die beskuldigde nie. Nog minder kan dit
afge-lei word van die
vrae wat ek aan beskuldigde nr. 1 of sy vrou of een van die staatsgetuies gestel
het."
Mnr. Hopf, wat die appèl namens die appèl
30 30
namens die appellant beredeneer het, het sy betoog op die grondslag gevoer
nie soseer dat die verhoor-regter inderdaad bevooroordeeld
teen die appellant
was nie, maar eerder dat sy uitlatings die skyn ge-wek het.
'n Sterk aanduiding dat die verhoorregter nie inderdaad bevooroordeeld was
teen die beskuldigde nie, blyk uit die volgende feite.
Die advokaat wat na-mens
die appellant se mede-beskuldigdes verskyn het, het haar vereenselwig met die
aansoek om rekusering wat
die appellant se advokaat geloods het. Sy het
aangevoer dat haar kliënte, uit hoofde van die verhoorregter se houding
teenoor
die appellant, bevrees
31
is dat hulle getuienis, wat met dié van die appellant
ooreenstem, ook summier deur die hof verwerp sou word.
Hulle aansoek om rekusering is insgelyks van die hand
gewys. Wat egter
opval is dat aan die einde van die
saak, die hof bevind het dat die Staat se getuienis
so onbevredigend was dat dit onvoldoende was om 'n
skuldigbevinding van
die appellant se medebeskuldigdes
te regverdig. Bygevolg is die
medebeskuldigdes op
albei aanklagtes onskuldig bevind en ontslaan. Daar
is
ook niks in die geleerde regter se uitspraak op die
meriete wat op
daadwerklike partydigheid teenoor die
een of die ander kant dui nie.
Die juiste benadering tot die hele aange-
leentheid
van rekusering is al telkemale in ons reg-spraak oorweeg en toegelig. Die
grondliggende
32
beginsel is dat die regspleging te alle tye sonder enige
sweem van suspisie moet geskied. Nie alleen moet die
voorsittende regspreker die saak voor hom onpartydig, on-
bevooroordeeld en met 'n oop gemoed benader nie, maar daar
moet ook niks
in sy optrede of verbintenisse met ander
wees wat 'n redelike persoon
aanleiding kan gee om te dink
dat reg en geregtigheid nie in sy hof geskied
het nie.
Om die woorde te gebruik van Rumpff, H.R. in
Dairy
Board
v Imperial Cold Storage and Supply Co. Ltd
. 1977 (3) SA
659 (A) op 669 B
"In die onderhawige saak gaan dit oor die uiterlike beeld van onpartydigheid of
onbevooroordeeld."
Vgl. ook wat Trollip,. Wn. AR. gesê het
in
S v Rall
1982
(1) SA 828 (A) op 831 H - 832 A:
33
"According to the abovequoted
dictum
of Centlivres
J.A. the Judge must ensure that 'justice is done'. It is equally important, I
think, that he should also ensure that justice is seen
to be done. After all,
that is a fundamental principle of our law and public policy. He should
therefore so conduct the'trial that
his open-mindedness, his impartiality and
his fairness are manifest to all those who are concerned in the trial and its
out-come,
especially the accused
." (Ek
onderstreep.)
Sekere fasette van die gemeenregtelike grond-
slae
van hierdie beginsel word in
S v Radebe
1973 (1)
SA 796 (A) en S
outh African Motor Acceptance Corporation
(Edms.) Bpk. v Oberholzer
1974 (4) SA 808
(T) aangeraak.
In
S v Herbst
1980 (3) SA (O.K.A.) 1026 word die toets
wat
aangelê moet word op p. 1035 E-F soos volg geformu-
leer:
"It is not necessary to go to the extent of showing that the magistrate was in
fact biased against the
34
applicant, nor was this seriously suggested before us, but when sufficient facts
are shown to exïst which indicate that a reasonable
lay litigant or a
reasonable lay observer might think that he was, that will be sufficient to
warrant his recusal."
Dieselfde toets het weer ter sprake gekom
in
Stadsraad van Vanderbijlpark v Administrateur,
Transvaal
and Others
1982 (3) SA 166
(T) op 186 H - 188 B. McEwan
R
(met wie Franklin R saamgestem het) het hom op 187 H -
188 A soos volg uitgelaat:
"As I read the reference to the Roman-Dutch law at 812 of
Radebe
's case
the principles applicable in
our law are similar to those of the English law (see especially at 812 B),
subject however, to the proviso that trivial or foolish
reasons for sus-picion
should not be considered."
Wanneer die benadering in bovermelde
gewysdes
aangedui, by die feite van die onderhawige
saak aangewend
35
word, kan die kernvraag wat hom hier voordoen soos volg gestel word: "Kan die
verhoorregter se wyse van onder-vraging van die appellant
by 'n regdenkende
bystander of gedingvoerder die indruk laat dat die appellant nie reg-verdig
verhoor is nie?"
Voorts dien veral daarop gelet te word dat die geskilpunt
waarom 'n belangrike deel van hierdie onder-vraging van die appellant deur
die
verhoorregter gewentel het, van deurslaggewende belang is in die hele saak,
naamlik die vrywilligheid al dan nie van die erkennings
wat die appellant aan
luitenant Theron gemaak het.
Is die antwoord op die vraag hierbo gestel
be-vestigend, kom die onbehoorlike ondervraging dan
per
se neer op 'n
onreëlmatigheid wat die hele verhoor ongeldig
36
maak; en is dit onnodig om die skuld van die appellant in die
lig van al die getuienis te oorweeg. (
S v Moodie
1961 (4) SA 752
(A) op
758 G en
S v Mushimba en Andere
1977 (2) SA 829
(A) op 884 G - H.)
'n
Verhoórregter is geregtig, en dikwels ver-plig, om tydens 'n verhoor vrae
aan 'n getuie te stel. Hy kan ook leidende vrae
aan 'n getuie stel (
S v
Rall
(
supra
) op 831 A - F). Hy moet egter deurentyd waak teen enige
optrede wat die indruk kan skep dat hy tot die strydperk neerdaal. Sodanige
optrede kan die verdere indruk wek dat hy partydig is, en dat hy geskilpunte wat
eers aan die einde van die verhoor beslis moet word,
vooruit beoordeel het.
(
Greenfield Manufacturers (Temba) (Pty.) Ltd. v Royton Electrical Engineering
(Pty.) Ltd
.
1976 (2) SA
37
565 (A) op 570 E - F.
In die onderhawige saak het die
verhoorregter dikwels met vrae tussenbei getree tydens die hoofverhoor van die
appellant en ook tydens
die kruisverhoor, maar ek kan nie sê dat dit
insigself 'n oormatige tussenbeitrede was in die lig van al die omstandighede
nie. In hierdie opsig wil dit voorkom dat dit nie vergelyk kan word met
dié in sake soos
R v Roopsingh
1956 (4) SA 509
(A), of
S v
Meyer
1972 (3) SA 480
(A), of selfs met
S v Rall
(
supra
) nie.
Die kritiek teen die verhoorregter se op-trede lê eerder opgesluit in die
toenemende ongeduld wat uit sommige van sy
opmerkings straal, en die ongelukkige
stellings wat hy by twee geleenthede aan die appellant ge-maak het.
38
Ek het goeie begrip vir die gevoel van irritasie en ongeduld wat soms by 'n
verhoorregter oplaai waar 'n getuie tydens 'n lang verhoor,
onnosele of
onlogiese ant-woorde op vrae gee, of 'n irriterende houding in die ge-tuiebank
aanslaan. Soos blyk uit die oorkonde was
van die appellant se antwoorde aan die
advokate onduidelik of onhoorbaar deur die tolk aan die verhoorregter opgedra,
en moes hy
vra wat die getuienis is. Die appellant moes ook gemaan word om
harder te praat sodat sy medebeskuldig-des ook kon hoor wat hy sê.
En dan
het die appellant blyk-baar die irriterende gewoonte gehad om sy rug op die
reg-bank te keer, en moes hy by meer as een geleentheid
ge-maan word om dit nie
te doen nie. Al hierdie dinge moes 'n beproewing vir die verhoorregter se geduld
gewees
39
het. Dit kan egter nie 'n verskoning bied vir die blyke van
ongeduld en irritasie wat uit die verhoorregter se uit-latings na vore
gekom het
nie. Uitlatings soos "Het jy dit vir jou advokaat vertel"; "Nou kyk, wil jy vir
my vertel .... " en "Ek vra jou nou weer
.... " tydens die appellant se
hoofverhoor, is ongevraagd en kan intimide-rend voorkom. So ook om tydens
kruisverhoor uitdruk-kings
soos " .... ek het nie tyd om te mors met jou" en
"Nee man kyk moet nou nie onsin praat nie" te gebruik, is nie alleen die
regtersamp
onwaardig nie, maar skep dit ook die indruk dat die verhoorregter
alreeds die getuie-nis van die appellant as onaanvaarbaar verwerp
het.
Hoe
ongeduldig 'n regterlike beampte ookal mag raak, is dit sy dure plig om terwille
van die onbesproken-
40
heid van die regspraak wat hy moet bewaar, nie op die regbank
uiting aan sy ongeduld te gee nie. Openlike tekens van ongeduld is altyd
'n
vergryp teen die vlekke-lose onpartydigheid wat van hom wat die weegskaal van
geregtigheid tussen gedingvoerende partye moet bewaar,
verwag word.
Die mees
ernstige beswaar is egter teen die stellings wat die verhoorregter aan die
appellant gemaak het - een tydens sy hoofverhoor
en een in kruisverhoor. In ons
howe is dit die gebruik dat die advokaat van die teenparty 'n getuie se
getuienis sal aanval deur
dit aan
hom te stel dat wat hy getuig het nie waar
is nie en dat 'n ander toedrag van sake inderdaad die waarheid is. Dit is
trouens 'n erkende
en toelaatbare vorm van kruisverhoor
41
veral waar die geloofwaardigheid van 'n getuie aangeval word.
Maar waar so 'n aanvallende stelling uit die mond van die voorsittende
verhoorregter kom, betree hy nie slegs die strydperk van die gedingvoerderis
nie, maar skep hy die indruk dat hy as kruisvraer optree;
en dat hy nie die
getuienis van die getuie aanvaar nie maar wel die juistheid van die feite wat hy
aan hom stel - d.w.s. die feite
waarop die teenparty steun. Dit is waar dat die
geleerde verhoorregter in albei gevalle waar hy sulke stellings aan die
appellant
gemaak het, dit gekwalifiseer het met die woorde "ek moet dit aan jou
stel", en by die eerste geleenthëid daarby gevoeg het
"want dit is 'n
af-leiding wat kan gemaak word". Selfs hierdie kwalifika-sies kan m.i. nie die
kruisverhorende stempel van "Ek
42
wil dit aan jou stel .... " uitwis nie. Die geheel-indruk wat deur so 'n
stelling redelikerwyse gelaat word is dat die verhoorregter
nou as kruisvraer
optree en hom vereenselwig met die Staat se saak teen die appellant.
Soos ek reeds daarop gewys het, is dit nie voor ons betoog dat die
verhoorregter inderdaad partydig vir die Staat en teen die beskuldigdes
was nie.
Dit word geredelik aanvaar. Ongelukkig kan ek nie ontkom aan die gevolgtrekking
dat hierdie stellings by 'n redelike aan-hoorder
die indruk kan laat dat die
verhoorregter die getuienis van die appellant reeds verwerp het en sy ge-dagtes
gesluit het vir sy moontlike
onskuld. Die be-ginsel wat hier geld, word deur
Lord Denning M.R. in
Metropolitan Properties Co. (F.G.C.) Ltd. v Lannon
and
43
and Others
;
Regina v London Rent Assessment Panel
Commit
-
tee, Ex parte Metropolitan Properties Co. (F.G.C.) Ltd
.
(1969) 1 Q.B. 577
op 599 C - P pertinent soos volg gestel:
"The court looks at the impression which would be given to other people. Even if
he was as impartial as he could be, nevertheless
if right-minded persons would
think that, in the circumstances, there was a real likelihood of bias on his
part, then he should
not sit
The court will not inquire whether he did, ih fact, favour one side unfairly.
Suffice it that reason-able people might think he did.
The reason is plain
enough. Justice must be rooted in confidence: and confidence is destroyed when
right-minded people go away thinking:
'The judge was
biased.'"
Waar die optrede van die verhoorregter in hier-
die
opsig saamgeneem word met die ongelukkige openbaring
van sy stygende ongeduld
waarna ek reeds verwys het,
meen ek dat die verrigtinge nie voldoen het aan
die ver-
eistes wat deur ons howe gestel word vir 'n billike en
44
regverdige verhoor nie - 'n verhoor waar reg en geregtig-heid nie slegs
geskied het nie, maar waar dit ook vir enige aanhoorder daarvan
moes geblyk het
dat dit wel ge-skied het. Die openbare beleid vereis dat dit as 'n
onreëlmatigheid bestempel moet word wat
per
se die ver-rigtinge
ongeldig maak. Dit is derhalwe onnodig om die meriete van die saak enigsins te
oorweeg en die appellant kan dus
ingevolge die bepalings van Artikel 324 van die
Strafproseswet weer aangkla word (
S v Naidoo
1962 (4) SA 348
(A) op 354 D
- F).
Hierdie gevolgtrekking waartoe ek geraak het is nie ligtelik bereik nie
maar eers na sorgvuldige en noukeurige oorweging van al die
omstandighede. Die
fundamentele vereiste dat die bron van onpartydige en
45
regverdige regspraak te alle tye suiwer en onbevlek be-waar word, dwing my
egter daartoe.
Om bostaande redes kan die skuldigbevinding
en vonnis nie bly staan nie.
Die appèl slaag en die skuldigbevinding en vonnis word ter syde
gestel.
J.P.G. EKSTEEN, AR
HOEXTER, AR )
stem saam MILNE, AR )