S v Letshabu and Others (133/89) [1989] ZASCA 133 (29 September 1989)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Joint enterprise — Appellants found guilty of murder despite conflicting accounts of involvement in fatal attack — Evidence established dolus eventualis — No mitigating circumstances found to warrant deviation from death sentence. Appellants, having conspired to rob an elderly man, attacked him in his home, resulting in his death from multiple stab wounds. Each appellant denied being the actual perpetrator of the fatal injuries, yet all were convicted based on their collective participation in the assault. The trial court's findings on mitigating factors were upheld, and the appeal against the death sentence was dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1989
>>
[1989] ZASCA 133
|

|

S v Letshabu and Others (133/89) [1989] ZASCA 133 (29 September 1989)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
APPèLAFDELING
In die saak tussen
JOSEPH LETSHABU EERSTE APPELLANT
DAVID MARELETSI TWEEDE APPELLANT
JOHN MELATO DERDE APPELLANT
en
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM : CORBETT HR, VAN HEERDEN et HEFER ARR. AANGEHOOR : 1 SEPTEMBER 1989.
GELEWER : 29 SEPTEMBER 1989.
UITSPRAAK DEUR J J F HEFER AR
UITSPRAAK
HEFERAR :
Tot die datum van sy dood gedurende die nag van 22 Junie 1988
het die 80-jarige Mnr Adolph Claassens al-leen op 'n kieinhoewe in dïe
Potchefstroom-distrik gewoon. Daardie dag het die drie appellante mekaar op
Carleton-ville ontmoet en afgespreek omMnr Claassens
te gaan be-roof. Derde
appellant het vroeër vir hom gewerk. Toe hulle die aand by die kleinhoewe
opgedaag het, was daar nog
lig in die huis. Hulle het gewag totdat Mnr
Claas-sens gaan slaap het en toe die agterdeur oopgemaak met behulp van twee
skêre
wat hulle blykbaar op die stoep gevind het. Met die skêre in
hulle besit is hulle die huis binne en reguit na die kamer waar
Mnr Claassens
ge-slaap het. Laasgenoemde het wakker geword en 'n gestoei
/2
2. het tussen hom en die appellante ontstaan waartydens hy
herhaaldelik met een van of albei die skêre gesteek is en ernstige
hoofbeserings opgedoen het. Nadat hy oor-rompel en sy hande agter sy rug
vasgemaak is, het die appellante 'n aantal artikels uit
die huis verwyder. Die
volgende dag is eerste en tweede appellante gearresteer nadat hulle 'n swart
meisie elders in die omgewing
ver-krag het. Die goed wat hulle uit die huis
gesteel het, was nog steeds in hulle besit. Tweede appellant het die polisie
gaan wys
waar hulle dit gesteel het. In die huis is Mnr Claassens dood op sy bed
aangetreí. Later is 'n nadoodse ondersoek op sy liggaam
uitgevoer en is
ge-vind dat hy nie minder nie as vyftien steekwonde in die borskas toegedien is,
een waarvan die linkerlong gepenetreer
/3
3. het. Die lykskouer het sy dood toegeskryf aan die
bloedíng in die bors wat deur hierdie wond veroorsaak is en
brein-bloeding
wat veroorsaak is deur die hoofbeserings waarna reeds verwys
is.
By hulle iatere verhoor in die hof a quo waar hulle voor HARTZENBERG R en
assessore tereggestaan het op aanklagte van huisbraak met
die opset om te roof
en roof met verswarende omstandighede (aanklag 1) en moord (aan-klag 2),(en
eerste en tweede appellante op 'n
verdere aan-klag van verkragting (aanklag
3)),het elke appellant sy eie weergawe gehad van die gebeure in die oorledene se
huis die
aand van sy dood. Elkeen het erken dat hy op een of ander manier
betrokke was by die stoeiery maar nie een van hulle wou erken dat
dit hy was wat
die oorledene
/4
4. gesteek of die hoofbeserings toegedien het
nie. Volgens eerste appellant was dit die ander twee appellante wat hom met die
skêr
gesteek het; volgens tweede appellant was dit derde appellant en
volgens laasgenoemde was dit tweede ap-peilant wat gesteek het.
Wat die
hoofbeserings betref, was hulle dit ook nie eens nie: volgens eerste appellant
het derde appeliant die oorledene aan die
voete getrek en het die oorledene op
'n trap by die bed geval; tweede ap-pellant beaam dit maar beweer ook dat eerste
appellant die
oorledene geskop het; volgens derde appellant het eerste appellant
die oorledene op die grond langs die bed laat vai en toe op sy
oog getrap.
Hoewel die verhoorhof in die lig van hierdie botsende weergawes nie in staat
was om te bepaal wie van
/5
5.
die appellante die oorledene die beserings toegedien het
waaraan hy gesterf het nie, is al drie nogtans skuldig be-vind aan moord
weens
huiie gesamentlike deelname aan die aanval wat, volgens elkeen se subjektiewe
besef, noodlot-tig kon wees. Die hof het bevind
dat die opsetvorm wat bewys is,
dolus eventualis is. Geen versagtende omstan-dighede is bevind nie en op aanklag
2 is aldrie appellante
die doodvonnis opgelê. Die verhoorregter het egter
ver-lof aan die appellante verieen om te appelleer teen die bevinding dat
daar
nie versagtende omstandighede was nie en die doodvonnis wat gevolglik op die
tweede aanklag op-gelê is.
Die benadering tot 'n appèl soos
hierdie is wei-bekend en dit is slegs nodíg om te konstateer dat met
die
/6
6. verhoorhof se bevinding oor versagtende omstandighede slegs
ingemeng sal word indien die hof misgetas het of indien dit 'n bevinding
is
waartoe geen redelike hof kon
geraak het nie. Al drie appellante se advokate
het aan-gevoer dat die verhoorhof misgetas het maar, aangesien hulle betoë
in
hierdie verband so klaarblyklik ongegrond is, is ek nie van voorneme om dit
te bespreek nie. Wat as versagtende omstandighede aan
hierdie hof voorgehou is,
is dat die moord nie vooraf beplan is nie, dat die bewese opsetvorm dolus
eventualis is en dat sommige
ap-peliante 'n minderwaardige rol in die aanval
gespeel het. In die geval van tweede appellant is ook op sy jeugdig-heid gesteun
(hy was 19 jaar en 7 maande oud ten tyde van die voorval). Al hierdie faktore is
deur die verhoorhof
/7
7. oorweeg en in die verwerping daarvan is geen mistasting
begaan nie. Ek meen ook nie dat die bevinding onredelik in bogenoemde sin
is
nie. Wat tweede appellant betref, is dit natuurlik so dat 'n tienderjarige,
selfs weens moord, nie ligtelik die doodvonnis opgelê
word nie. Maar dit
blyk nie dat tweede appellant se jeugdigheid enige rol ge-speel het nie en daar
bestaan geen rede om die verhoorhof
se beskouing te betwyfel dat hy in al die
omstandighede van die saak net so strafwaardig is as die ander appellante
nie.
Die appèl word van die hand gewys.
J J F HEFER AR.
CORBETT HR )
STEM SAAM. VAN HEERDEN )