Minister van Wet en Orde v Matshoba (102/88) [1989] ZASCA 129; [1990] 1 All SA 425 (A) (29 September 1989)

82 Reportability
Constitutional Law

Brief Summary

Detention — Unlawful detention — Respondent detained under the Internal Security Act and subsequent emergency regulations — Minister's authority to extend detention questioned — Respondent's transfer from one prison to another without proper authorization — Legal issue of whether the detention was lawful and the onus of proof resting on the Minister — Court found that the Minister failed to establish lawful grounds for continued detention, leading to a ruling in favor of the respondent for unlawful detention and costs.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1989
>>
[1989] ZASCA 129
|

|

Minister van Wet en Orde v Matshoba (102/88) [1989] ZASCA 129; [1990] 1 All SA 425 (A) (29 September 1989)

Saakno 102/88
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die
saak tussen:
DIE MINISTER VAN WET EN
ORDE
Appellant
en
SHEPARD MATSHOBA
Respondent
CORAM:
CORBETT, HR, BOTHA, E M GROSSKOPF, MILNE, EKSTEENARR
VERHOOR:
18 Mei 1989
GELEWER:
29 September 1989
UITSPRAAK E M GROSSKOPF, AR
Die respondent (wat ek voortaan die
aangehoudene sal noem) is gedurende die vroee oggend van 12 Junie 1986 ingevolge
artikel 50 van
die Wet op Binnelandse Veiligheid, no. 74 van 1982, in hegtenis
geneem by sy woning te Zwelemtemba, Worcester. Hy is eers na die
Worcesterse
polisiekantoor geneem
2
en daarvandaan na die Worcesterse gevangenis. Op dieselfde dag
(12 Junie 1986) het daar in werking getree 'n stel regulasies uitgereik
deur die
Staatspresident kragtens artikel 3(1)(a) van die Wet op Openbare Veiligheid, no.
3 van 1953. Geriefshalwe sal ek na hierdie
regulasies verwys as die
noodregulasies. Op een of ander tyd ná die inwerkingtreding van die
noodregulasies - dit blyk nie
presies wanneer nie - het luit. Nieuwoudt, die
takbevelvoerder van die Suid-Afrikaanse Polisie se veiligheidstak op Worcester,
die
aangehoudene onthef van aanhouding ingevolge artikel 50(1) van die Wet op
Binnelandse Veiligheid, en hom meegedeel dat hy voortaan
aangehou sou word
ingevolge die bepalings van regulasie 3(1) van die noodregulasies. Hierdie
regulasie, saam met ander relevante
regulasies, word later in hierdie uitspraak
aangehaal. Luit. Nieuwoudt was ook van mening dat die aangehoudene vir langer as
die
14 dae wat deur regulasie 3(1) en 3(2) veroorloof word, aangehou sou moes
word, en het toe 'n kriftelike motivering vir die verdere
aanhouding van die
aangehoudene ingevolge regulasie 3(3) opgestel vir voorlegging
3
aan die appellant, die Minister van Wet en Orde (na wie ek
voortaan sal verwys as die Minister).
Op 23 Junie 1986 het die Minister die
aangehoudene se verdere aanhouding gelas. Die Minister se skriftelike lasgewing
is gerig aan
die Hoof van die Gevangenis, Worcester, en beveel dat die
aangehoudene "wat tans kragtens regulasie 3(1) ... in die Worcester gevangenis
aangehou word, verder aldaar aangehou word" vir solank die noodregulasies van
krag is. Daar is geen aanduiding dat hierdie lasgewing
ooit aan die aangehoudene
getoon is nie.
Die aangehoudene is in die Worcesterse gevangenis aangehou tot 28 Junie 1986,
toe hy oorgeplaas is na die Victor Verster gevangenis
by Paarl. Dit blyk nie uit
die oorkonde wat die rede hiervoor was nie, of kragtens watter magtiging, indien
enige, dit geskied het
nie.
Op 2 Oktober 1986 het die aangehoudene 'n dringende aansoek tot die
Provinsiale Afdeling Kaap die Goeie Hoop gerig teen die Minister,
die Minister
van Justisie, die Kommissaris van
4
Polisie, en die hoof van die Victor Verster
gevangenis.
Geriefshalwe sal ek na hierdie persone gesamentlik verwys as die
respondente. Die substantiewe regshulp wat aangevra is, was bevele
wat verklaar
dat die inhegtenisneming en aanhouding van die aangehoudene onregmatig en nietig
was, en wat die respondente gelas om
hom onmiddellik vry te laat. Die aansoek is
bestry en is verhoor op 3 en 4 Junie 1987 (dit blyk nie uit die stukke waaraan
die vertraging
te wyte was nie). Die hof
a quo
(FRIEDMAN R) het uitspraak
voorbehou. Op 11 Junie 1987 is die aangehoudene vrygelaat. As gevolg hiervan het
die aangevraagde regshulp
weggeval, behalwe vir 'n bevel betreffende regskoste.
Op 14 Oktober 1987 het die hof
a quo
uitspraak ten gunste van die
aangehoudene gegee, en gelas dat die respondente gesamentlik en afsonderlik die
gedingskoste betaal.
Met verlof wat verleen is ná 'n petisie aan die
hoofregter kom die Minister nou in hoër beroep teen hierdie bevel.
Voordat ek die geskilpunte in die saak bespreek is dit wenslik om die
regsagtergrond te skets. Die relevante
5
regulasies lui soos volg:
"3.(1) 'n Lid van 'n Mag kan enige persoon wie se aanhouding na die oordeel van
daardie lid nodig is vir die handhawing van die openbare
orde, of die veiligheid
van die publiek of daardie persoon self, of ter beëindiging van die
noodtoestand, sonder lasbrief arresteer
of laat arresteer, en kan so 'n persoon
by wyse van 'n skriftelike bevel deur enige lid van 'n Mag onderteken, in
bewaring in 'n
gevangenis aanhou, of laat aanhou.
(2) Niemand word ingevolge subregulasie (1) vir 'n tydperk van langer as
veertien dae vanaf die datum van sy aanhouding aangehou
nie, tensy daardie
tydperk deur die Minister kragtens subregulasie (3) verleng word.
(3) Die Minister kan, sonder kennisgewing aan enigiemand en sonder om enigiemand
aan te hoor, by wyse van 'n skriftelike kennisgewing
deur hom onderteken en
gerig aan die hoof van 'n gevangenis, gelas dat 'n persoon wat ingevolge
subregulasie (1) gearresteer is en
aangehou word, verder in daardie gevangenis
aangehou word vir die tydperk in die kennisgewing vermeld, of vir solank hierdie
Regulasies
van krag is.
(4) 'n Persoon wat uit hoofde van 'n bevel bedoel in subregulasie (1), of 'n
kennisgewing bedoel in subregulasie (3), in 'n gevangenis
aangehou word, kan,
indien die Minister of iemand deur hom gemagtig skriftelik aldus gelas, uit
daardie gevangenis in hegtenis verwyder
word vir aanhouding in enige ander
gevangenis, of vir enige ander doeleindes in sodanige lasgewing
vermeld."
Die volgende aspek wat ek
wil noem is die van bewyslas.
In
Minister of Law and Order and Others v. Hurley and Another
6
1986(3) SA 568 (A) het hierdie hof bevind dat die bewyslas om
die
geldigheid van 'n inhegtenisneming ingevolge artikel 29(1) van die
Wet
op Binnelandse Veiligheid te bewys, op die owerheid rus wat
vir die
inhegtenisneming verantwoordelik was. Die rede hiervoor
word as volg gestel
op bl. 589 E:
"An arrest constitutes an interference with the liberty of the individual
concerned, and it therefore seems to be fair and just to
require that the person
who arrested or caused the arrest of another person should bear the
onus
of proving that his action was justified in
law."
Sien ook
Kabinet van die Tussentydse
Regering vir Suidwes-Afrika
en 'n Ander v. Katofa
1987(1) SA 695 (A) op bl. 730 E en bl. 739
H-740 B.
Meer spesifiek met betrekking tot 'n
inhegtenisneming
ingevolge artikel 3(1) van die
noodregulasies, het HEFER AR die
volgende gesê in die meerderheidsuitspraak in
Minister of Law
and
Order and Another v. Dempsey
1988(3) SA 19 (A) op bl. 38 B:
"I accept, of course, that the
onus
to justify an arrest is on the party
who alleges that it was lawfully made and, since an arrest can only be justified
on the
7
basis of statutory authority, that the
onus
can only be discharged by
showing that it was made within the ambit of the relevant statute."
Hoewel hierdie passasies slegs verwys na
h
inhegtenisneming - dit was al wat daar in geskil
was - geld
dieselfde beginsel klaarblyklik ook vir die aanhouding van
h
persoon.
Dit bring my dan by die geskilpunte in die saak.
Die
kern van FRIEDMAN R se uitspraak lui soos
volg:
"Respondents rely on an initial arrest and detention under Regulation 3(1) and a
subsequent further detention by the Minister in
terms of Regulation 3(3).
Applicant was at all relevant times since 28 June 1986 held at the Victor
Verster Prison. The only way
in which he c ould be lawfully detained there would
be in terms of a notice issued in terms of Regulation 3(4). By virtue of what
authority he found himself detained at the Victor Verster Prison is not known.
... In view of the lacuna in respondents' evidence
as to how applicant came to
be transferred from Worcester Prison to Victor Verster Prison where he was being
detained when the application
was launched, respondents have not discharged the
onus of establishing that applicant was being lawfully detained at the latter
prison."
Teen hierdie bevinding het Mnr Burger, wat
namens die
Minister verskyn het, 'n tweeledige aanval gerig. Eerstens het
8
hy betoog dat die
lacuna
, waama die geleerde regter
verwys, nie bestaan ten opsigte van enige geskilpunt wat in die mosie-stukke
omskryf was nie. Vanweë
die inhoud van die kennisgewing van mosie en
funderende verklaring was die Minister, so is betoog, nie geroepe om met hierdie
aspek
volledig te handel nie, en was die aangehoudene nie geregtig om die
lacuna
uit te buit in argument nie.
Tweedens is daar betoog dat terwyl daar 'n geldige lasgewing tot verdere
aanhouding ingevolge regulasie 3(3) bestaan, 'n persoon op
wie die lasgewing van
toepassing is nie geregtig kan wees op sy
vrylating
bloot omdat hy
inderdaad nie aangehou word in die gevangenis genoem in die lasgewing nie. 'n
Gepaste regshulp in so 'n geval, so
is betoog, behoort bloot 'n bevel tot
oorplasing na die korrekte gevangenis te wees, of 'n verklarende bevel
betreffende die korrekte
plek van aanhouding.
Ek behandel eers die eerste argument, d.w.s. die argument met betrekking tot
die omvang van die geskilpunte in die mosie-stukke. Hierdie
hof het al dikwels
beslis dat 'n regspunt
9
wat nie pertinent in 'n appellant se aansoek geopper word nie
maar wel uit die bewese feite ontstaan, deur die hof oorweeg mag word
en die
basis van sy uitspraak mag vorm. Sien
van Rensburg v. van Rensburg en
Andere
1963(1) SA 505 (A) op bl. 509 'n tot 510 B;
Sentrale Kunsmis
Korporasie (Edms) Bpk v. N K P Kunsmisverspreiders (Edms) Bpk
1970(3) SA 367
(A) op bl. 404 D-G;
Minister of Justice v. Nationwide Truck Hire (Pty) Ltd
1981(4) SA 826 (A) op bl. 833 G
in fin
; en
Cabinet for the
Territory of South West Africa v. Chikane and Another
1989(1) SA 349 (A) op
bl. 360 F-G. Hierdie beginsel word egter gekwalifiseer deur die voorbehoud dat
die hof alleen so kan optree
as daar geen onbillikheid teenoor die respondent
geskied nie. In die sake word hierdie element gewoonlik uitgedruk deur te vereis
dat alle relevante feite voor die hof moet wees (vgl., bv., die
Sentrale
Kunsmis
-saak,
supra
, op bl. 404 F-G; die
Nationwide Truck
Hire
-saak,
supra
, op bll. 833 'n tot 834 A en
Chikane
se saak,
supra
, op bl. 360 G tot H). Hierdeur word die mees voor die hand liggende
bron van moontlike onbillike
10
benadeling van die respondent uitgeskakel. In die onderhawige
geval gaan dit egter om 'n leemte in die getuienis. Die vraag of die
Minister
onbillik benadeel is deurdat die hof sy uitspraak op hierdie leemte gegrondves
het hang dus nie daarvan af of alle relevante
feite voor die hof was nie -
klaarblyklik was hulle nie - maar of die Minister geroepe was om hierdie leemte
te vul. Hierdie vraag
moet beantwoord word aan die hand van 'n vertolking van
die aangehoudene se stukke in die lig van die toepaslike regsbeginsels.
Daar
is nie veel gesag in ons reg oor wat 'n aansoekdoener wat hom oor sy
vryheidsberowing bekla, in sy stukke behoort te beweer nie.
Die analoge geval
van 'n eienaar wat by wyse van 'n
reivindicatio
die besit van sy eiendom
terugvorder het egter heelwat aandag geniet en kan tot 'n mate van hulp wees. In
'n lang reeks sake is daar
beslis dat so 'n eienaar aanvanklik slegs hoef te
beweer dat hy die eienaar van die saak is en dat die verweerder dit hou. Die
bewyslas
is dan op die verweerder om aan te dui kragtens watter reg hy aanspraak
maak op besit van
11
die eiser se saak. Ek wil nie al die beslissings oor hierdie
onderwerp aanhaal nie. Die belangrikste appèlhofbeslissings is
Myaka
v. Havemann and Another
1948(3) SA 457 (A) op bl. 465,
Jeena v. Minister
of Lands
1955(2) SA 380 (A) op bll. 382 F tot 383 B en
Chetty v.
Naidoo
1974(3) SA 13 (A) op bl. 20 C-D.
Die reg op persoonlike vryheid is
meer fundamenteel as eiendomsreg, en daar kan myns insiens geen twyfel bestaan
dat 'n persoon wat
teen sy aanhouding beswaar maak, in eerste instansie niks
meer hoef te beweer as dat hy deur die verweerder of respondent aangehou
word
nie (waarskynlik hoef hy nie eers te beweer dat die aanhouding wederregtelik of
teen sy sin is nie -sien
Chetty v. Naidoo
,
supra
, op bl. 20 D-E).
Die verweerder of respondent dra dan die bewyslas om die aangehoudene se
aanhouding te regverdig.
Maar, natuurlik, dit is 'n applikant of eiser se goeie reg om in sy stukke
erkennings te maak wat 'n uitwerking op die ligging van
die bewyslas het. So,
bv., waar 'n eiser sy eiendom vindikeer, kan hy in sy stukke erken dat hy 'n
besitreg oor die
12
saak aan die verweerder verleen het en dat sodanige besitreg
prima
facie
nog bestaan. Indien die verweerder op hierdie erkende besitreg
staatmaak sal die eiser moet bewys dat dit op een of ander manier
beeïndig
is. Sien die volledige bespreking, met verwysing na vroeëre gesag, in
Chetty v. Naidoo
(
supra
) op bll. 19 D tot 24 A. Waar dit by
beweerde vryheidsberowing kom is dit ook denkbaar dat 'n applikant of eiser
moontlik deur erkennings
die respondent of verweerder se taak kan vergemaklik.
Dit is teen hierdie agtergrond wat die aangehoudene se stukke in die onderhawige
saak beoordeel moet word. Die regshulp wat die aangehoudene aangevra het was,
soos ek reeds gemeld het, 'n bevel wat sy inhegtenisneming
en aanhouding
onwettig en nietig verklaar, en 'n bevel wat die respondente gelas om hom
onmiddellik van aanhouding te bevry. In sy
funderende verklaring sit hy die
verloop van sy inhegtenisneming en aanhouding uiteen tot by sy verskuiwing na
die Victor Verster
gevangenis, waar hy nog was toe hy die verrigtinge ingestel
het. Hierdie relaas, saam met die regshulp wat aangevra is, was
13
genoeg om die respondente te beswaar met die bewyslas om die
aanhouding van die aangehoudene te regverdig.
Die vraag is dan of daar enige
erkennings in die aangehoudene se stukke was wat die ligging van die bewyslas in
enige opsig geraak
het. In die funderende verklaring dui die aangehoudene aan
wat sy beskouing was omtrent die basis van sy aanhouding. So beweer hy
in
paragraaf 2 dat hy op 12 Junie 1986 by sy woning in hegtenis geneem is ingevolge
artikel 3(1) van die noodregulasies. Dit is inderdaad
'n fout - die respondente
maak staat op 'n inhegtenisneming ingevolge artikel 50 van die Wet op
Binnelandse Veiligheid, soos die
aangehoudene dan self later aandui in paragraaf
9.1 van sy beëdigde verklaring. Die inhegtenisneming ingevolge regulasie
3(1)
het eers later gevolg, soos ek hierbo gemeld het.
Die res van die aangehoudene se funderende verklaring, insoverre dit nie uit
blote relaas bestaan nie, was hoofsaaklik daarop gerig
om aan te toon dat daar
geen regverdiging vir sy inhegtenisneming en aanhouding ingevolge regulasie 3(1)
was nie
14
en dat die polisie dus
mala fide
opgetree het.
As 'n mens die funderende verklaring as geheel lees is dit eerstens duidelik
dat die aangehoudene geen uitdruklike feite-erkennings
maak wat die ligging van
die bewyslas kan raak nie. Dit blyk uit die verklaring dat die aangehoudene
meegedeel is dat hy ingevolge
regulasie 3(1) in hegtenis geneem is. Hy
veronderstel klaarblyklik dat dit die geval is, maar erken nie die regmatigheid
daarvan
nie. Selfs al sou die aangehoudene se verklaring as 'n erkenning kon
dien dat al die formele vereistes van 'n inhegtenisneming ingevolge
regulasie
3(1) nagekom is, sou dit die huidige dispuut nie veel verder voer nie.
Aanhouding ingevolge regulasie 3(1) mag nie langer
as veertien dae duur nie
(sien regulasie 3(2)), en toe die kennisgewing van mosie op 2 Oktober 1986
uitgereik is, was daardie veertien
dae klaarblyklik reeds lank verby. Die
respondente kon dus nie suiwer op hierdie aanvanklike inhegtenisneming staatmaak
nie. Hulle
moes gronde vir 'n verdere aanhouding beweer ten einde die
aangehoudene
15
aanhouding in die Victor Verster gevangenis op 2 Oktober 1986
te regverdig.
Daar is egter voor ons betoog dat die baie pertinente aanval op
die geldigheid van die inhegtenisneming ingevolge regulasie 3(1) tot
gevolg het
dat hierdie die enigste basis vir die aangehoudene se saak is. Die vraag is dan:
Kan die funderende verklaring so gelees
word dat dit slegs een grond vir die
aangevraagde regshulp aanvoer, en alle ander moontlike gronde wat uit die feite
ontstaan, afsweer?
Of, om dit anders te stel, kan die aangehoudene se klem op
die beweerde onreëlmatigheid van sy inhegtenisneming ingevolge regulasie
3(1) beskou word as 'n erkenning by implikasie dat hy geen geldige beswaar teen
enige ander aspekte van sy aanhouding het nie?
Namens die Minister is betoog dat hierdie vrae bevestigend beantwoord moet
word. Daar is veral sterk staatgemaak op die slotparagraaf
van die funderende
beëdigde verklaring wat soos volg lui:
"In the premises, I submit that my arrest and detention
16
in terms of section 3(1) of the Emergency Regulations, is wrongful and unlawful
and I accordingly pray that I be granted the relief
set out in the Notice of
Motion to which this Affidavit is
annexed."
Ter aanvang moet daar myns
insiens aanvaar word dat die
woord "accordingly" in hierdie paragraaf
prima facie
aandui dat
die
aangehoudene slegs op een grond staatmaak, t.w. die beweerde
onregmatigheid
van sy inhegtenisneming en aanhouding ingevolge regulasie 3(1). Hierdie
paragraaf moet egter in samehang met die hele
verklaring gelees word. As dit
gedoen word blyk dit na my mening dat die aangehoudene inderdaad nie sy aansoek
so wou beperk nie.
So is daar byvoorbeeld 'n bewering in paragraaf. 7 "that
there is no reason whatsoever to further extend my detention in terms of
the
said Regulation 3(3)." Hierdie is 'n duidelike aanduiding dat die aangehoudene
se besware verder gestrek het as die optrede ingevolge
regulasie 3(1).
Veral waar dit gaan om 'n party se vryheid, sal 'n hof nie maklik aanvaar dat
so 'n party by implikasie belangrike elemente van sy
teenparty se saak erken het
nie. Daarby moet
17
'n mens onthou dat die aangehoudene se erkenning, as daar een
was, sou gegaan het oor feite waarvan die bewyslas nie alleen op die
respondente
was nie, maar wat ook feitlik uitsluitlik binne die respondente se kennis geval
het. Hoewel die aangehoudene in die passasie
wat ek hierbo aangehaal het uit
paragraaf 7 van sy funderende verklaring aandui dat hy bewus was van die
moontlikheid dat 'n bevel
vir sy verdere aanhouding ingevolge regulasie 3(3)
uitgereik kon gewees het, is daar niks om aan te dui dat hy enige werklike
kennis
omtrent die betrokke lasgewing, sy terme, of die redes vir sy uitreiking
gehad het nie. Verder verwys hy na sy oorplasing na die
Victor Verster
gevangenis, maar sonder enige kommentaar. Ook hier sou hy waarskyniik nie bewus
gewees het van die prosedures wat
gevolg is of die redes daarvoor nie. Onder
hierdie omstandighede sou ek nie maklik aanvaar dat die aangehoudene bedoel het
om die
respondente te verlig van.die bewyslas om ook in opsigte anders as die
reëlmatigheid van sy inhegtenisneming, die regmatigheid
van sy aanhouding
te bewys nie. Alles in ag genome meen ek dat die stukke as geheel onder
18
die omstandighede van die saak aantoon dat die aangehoudene se klagte nie
beperk was tot die beweerde onregmatigheid van sy inhegtenisneming
en aanhouding
ingevolge regulasie 3(1) nie.
Dat daar nie onbillik teen die respondente
opgetree word deur te bevind dat die geskilpunte nie so eng was as betoog word
nie, blyk
ook uit die feit dat die respondente self duidelik aanvaar het dat
daar 'n wyer bewyslas op hulle gerus het. Bestrydende verklarings
is geliasseer
waarin die Minister en sekere polisie-amptenare die stappe wat gedoen is met
betrekking tot die aangehoudene se inhegtenisneming
en aanhouding uiteengesit
het met die gronde daarvoor. Hulle het hulself nie beperk tot die aangehoudene
se aanval op sy inhegtenisneming
en aanhouding ingevolge regulasie 3(1) nie.
Klaarblyklik het die respondente en, in besonder, ook die Minister, aanvaar dat
hulle
die bewyslas gedra het om die regmatigheid van die aangehoudene se
aanhouding ten tyde van die instel van die verrigtinge te bewys.
Die hof
a
quo
het dan ook soos volg bevind:
"Although the thrust of his (d.w.s. die aangehoudene
19
se) complaint in terms of the notice of motion was that the police and first
respondent (die Minister) had no grounds for arresting
and detaining him,
applicant's attack could also be construed as one against his arrest and
detention generally."
Geen kapsie is teen hierdie bevinding gemaak in
die
aansoek om verlof om te appelleer, hetsy in. die
hof
a quo
, hetsy in die petisie aan die Hoofregter nie. Dit is myns
insiens 'n
verdere aanduiding dat die respondente aanvanklik ook die saak in dieselfde
lig gesien het as die regter
a quo
.
Uit die voorgaande volg dit na my mening dat die respondente se bewyslas om
die regmatigheid van die aangehoudene se aanhouding te
bewys nie deur die stukke
beperk is nie. Hieruit volg natuurlik nie dat die respondente elke moontlike
aanval op die regmatigheid
van die aanhouding moes vooruitloop nie. In
Dempsey
se saak (
supra
) op bl. 38 G-I is daar bevind dat waar
beweer word dat 'n opinie, wat 'n voorvereiste vir 'n inhegtenisneming is,
onbehoorlik gevorm
is, die bewyslas om die onbehoorlikheid te bewys op die
aangehoudene is. In so 'n geval sal 'n applikant wat teen sy aanhouding beswaar
maak klaarblyklik
20
in 'n gepaste stadium in sy stukke vollediger met die saak moet
handel as
om bloot staat te maak op die
prima facie
wederregtelikheid van sy
vryheidsontneming. - Sien
Dempsey
se saak,
supra
, op bll. 37 I, 40
H-J en 41 G-H - passasies waarop Mnr Burger sterk gesteun het maar wat myns
insiens nie ter sake is nie omdat die
bewyslas, volgens die hof se bevinding,
daar op die applikant gerus het. Die hof kon miskien dieselfde resultaat bereik
het deur
te bevind dat, nadat die owerheid
prima facie
aangedui het dat
die inhegtenisneming regmatig was, daar
'n weerleggingslas op die
aangehoudene rus (vgl.
South Cape Corporation (Pty) Ltd v. Engineering
Management Services (Pty) Ltd
1977(3) SA 534 (A) op bl. 548 A-C). Hoe dit
ook al sy, dit is nie vir my nodig om verder hierop in te gaan nie. Waar 'n
aangehoudene
hom bloot oor sy vryheidsontneming bekla, moet die owerheid wat
daarvoor verantwoordelik is myns insiens minstens aandui dat die
owerheid al die
formele vereistes van die magtigende wetsbepaling waarop hy staatmaak, nagekom
het.
In die onderhawige geval moes die respondente ten einde
21
te slaag dus aantoon dat hulle alle stappe gedoen het wat van regsweë
nodig was om 'n regmatige aanhouding van die aangehoudene
in die Victor Verster
gevangenis te bewerkstellig. Gevolglik was die aangehoudene myns insiens ten
volle geregtig om in enige stadium
van die verrigtinge die regspunt te opper dat
die bevel tot verdere aanhouding nie sy aanhouding in die Victor Verster
gevangenis
magtig nie. Mnr Burger se eerste argument kan myns insiens dus nie
aanvaar word nie.
Dit bring my dan by Mnr Burger se tweede aanvalsgrond wat, kort gestel,
behels dat die verhoorhof nie 'n bevel vir die vrylating van
die aangehoudene
kon verleen het nie, maar eerder 'n ander bevel wat die regmatigheid van die
Minister se verdere aanhoudingsbevel
sou erken. Ek moet onmiddellik beken dat ek
die logika van die regter
a quo
se beredenering oor hierdie aspek
aantreklik vind. Die aangehoudene bekla hom oor 'n aanhouding in die Victor
Verster gevangenis.
Die enigste gepoogde regverdiging wat die respondente vir
hierdie aanhouding aanbied, is die verdere aanhoudingsbevel gedateer 23
Junie
1986,
22
waarkragtens die aangehoudene in die Worcesterse gevangenis aangehou mag word
vir solank die noodregulasies van krag is. Dit blyk
uit die regulasies dat die
verwysing na die Worcesterse gevangenis in die aanhoudingsbevel nie toevallig of
onbelangrik is nie. Ingevolge
regulasies 3(3) en 3(4) mag die aangehoudene nie
in enige ander gevangenis aangehou word tensy die voorgeskrewe stappe ingevolge
regulasie 3(4) gedoen is nie. Dit is dus duidelik dat die verdere
aanhoudingsbevel van 23 Junie' 1986 nie as regverdigingsgrond kan
dien vir die
aanhouding waaroor die aangehoudene kla nie. Vir die doeleindes van die
aangehoudene se aansoek is dit regtens irrelevant.
As 'n kwessie van logika is
daar dus geen verweer teen die aansoek nie en behoort dit te slaag.
Mnr Burger se betoog dat die hof eerder 'n bevel tot oorplasing na die
korrekte gevangenis of 'n verklarende bevel betreffende die
korrrekte plek van
aanhouding moes verleen het, gaan ook nie op nie. Daar was geen
lis
tusseh die partye oor wat die korrekte plek van aanhouding vir die aangehoudene
was
23
nie, en geen party het 'n bevel in hierdie verband aangevra nie. As die
omstandighede was dat die aangehoudene regmatiglik aangehou
was maar om een of
ander rede in 'n ogemagtigde gevangenis was, sou die respondente dit kon beweer
het en gepaste regshulp aangevra
het. Dit het hulle nie gedoen nie. Hul versuim
om getuienis te lei oor hoe dit gekom het dat die aangehoudene in die Victor
Verster
gevangenis aangehou word, het daartoe gelei dat die hof eenvoudig nie
weet wat die juiste posisie is nie. Onder hierdie omstandighede,
meen ek, het
die hof
a quo
die korrekte weg gevolg deur bloot te bevind dat die
respondente hul nie van die bewyslas gekwyt het nie. Ek stem dus ook saam met
die uitspraak van HARMS R in die ongerapporteerde saak van
Hlahla and Another
v. Minister of Law and Order and Others
(TPA - saak 13679/86 gelewer 4.8.86)
waarin die hof onder soortgelyke omstandighede tot dieselfde gevolgtrekking
gekom het. Mnr Burger
het gesteun op 'n uitspraak van OLIVIER R in
Sokutu v.
State President and Others
(OK -ongerapporteer, saak 1452/86, gelewer
16.10.86). In hierdie
24
saak was die appellant in die Livingstone hospïtáal,
Port
Elizabeth, toe daar op 24 Junie 1986 ingevolge regulasie 3(3)
'n
bevel vir sy verdere aanhouding in die St. Albans gevangenis
aldaar
uitgereik is. Hy het aansoek gedoen om 'n bevel wat sy
aanhouding onwettig
verklaar en sy vrylating gelas. OLIVIER R
het bevind dat sy aanhouding in die
hospitaal wettig was en het
dus die aansoek afgewys. Die passasie waarop Mnr
Burger
staatmaak verskyn in die inleidende deel van die uitspraak en lui
soos volg:
"Applicant did not attack .... the validity of his
original arrest, nor did he attack the validity of the Second Respondent's order
of 24th June 1986. It follows that Applicant's detention
in St Albans prison
would have be en lawful. If his detention in Livingstone Hospital is contrary to
the terms of the order and unlawful,
the correct order of this Court should not
be his release, but his removal to St Albans prison - see Regulation 13.
On this basis alone the relief sought by the Applicant should not be
granted."
Regulasie 13, waarna verwys word, skep 'n
aantal
misdrywe, en ek is nie heeltemal seker wat
die geleerde Regter
25
met hierdie verwysing in gedagte gehad het nie. Hoe dit ook al sy, dit is
duidelik dat die aangehaalde passasie heeltemal
obiter
was. Die uitspraak
is, soos reeds opgemerk, op ander gronde beslis. Daarbenewens meen ek dat die
saak waarskynlik onderskeibaar is
van die huidige. In
Sokutu
se saak was
daar, blykens die uitspraak, getuienis dat, terwyl die appellant in aanhouding
was, hy vir noodsaaklike mediese behandeling
na die hospitaal geneem was. Dit
wil dus voorkom dat die volle feite met betrekking tot sy aanhouding in die
hospitaal, en die redes
daarvoor, waarskynlik voor die hof was. Indien dit so
was, sou die hof, in ooreenstemming met die beginsels wat ek hierbo uiteengesit
het, 'n gepaste bevel daaromtrent kon uitgereik het indien 'n party hom daartoe
versoek het. Dit is in teenstelling met die onderhawige
geval waar daar geen
getuienis hoegenaamd is oor die gronde vir die aangehoudene se aanhouding in die
Victor Verster gevangenis nie.
As
Sokutu
se saak nie op hierdie manier
onderskei kan word nie, stem ek met eerbied nie saam met die aangehaalde
passasie nie.
26
Ek meen dus dat Mnr Burger se tweede argument ook nie aanvaar kan word nie.
Voordat ek van hierdie punt afstap is daar egter een verdere
opmerking wat ek
wil maak. Mnr Burger se argument berus tot groot hoogte op die veronderstelling
dat die hof
a guo
se bevel behels dat daar geen gronde vir die aanhouding
van die aangehoudene op enige plek bestaan nie. Dit is nie so nie. Al wat
die
hof beslis het is dat die aanhouding waaroor die aangehoudene hom bekla het, nie
geregverdig was nie, en dat hy daarvan bevry
moes word. Oor die regmatigheid van
sy moontlike aanhouding op ander plekke het die hof hom nie uitgelaat nie. Dit
was nie ter sake
nie.
Weens die voorgaande stem ek saam met die hof
a
quo
se gevolgtrekking.
Die appèl word afgewys met koste,
insluitende die koste ontstaande uit die aansoeke om verlof om te appelleer in
hierdie hof
en die hof
a quo
.
CORBETT,HR )
MILNE, JA ) Stem saam
E M GROSSKOPF, AR