S v Calitz (124/89) [1989] ZASCA 123; [1990] 1 All SA 382 (A) (28 September 1989)

82 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Intention and provocation — Appellant, a police sergeant, attacked and killed the deceased after a verbal altercation regarding damage to ritual poles — Appellant claimed he acted in a fit of rage and was not criminally responsible — Court found sufficient evidence of intent to kill based on the severity of the assault and the appellant's actions — Conviction of murder upheld despite claims of provocation and lack of intent.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1989
>>
[1989] ZASCA 123
|

|

S v Calitz (124/89) [1989] ZASCA 123; [1990] 1 All SA 382 (A) (28 September 1989)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPèLAFDELING
)
In die saak tussen:
DIRK DANIEL JOHANNES CALITZ
Appellant
EN
DIE STAAT
Respondent
Coram: HOEXTER, HEFER
et EKSTEEN, ARR
Verhoor
: 4 September 1989
Gelewer
: 28 September
1989
Uitspraak deur
: J.P.G. EKSTEEN, AR
UITSPRAAK
EKSTEEN
, AR :
Die appellant, 'n sersant in die Suidwes-Afrikaanse
Polisie, was gedurende Augustus 1986 die leier van 'n gemoto-riseerde
gevegsgroep
van die Teen-insurgensie-eenheid (Tin) wat in die Ehoma-wyk in
Owamboland ontplooi het. Sy gevegs-groep het bestaan uit vier gevegsvoertuie
(sogenaamde Wolf-voertuie) en 'n voorraadvoertuig. Die manskappe verbonde aan
die groep was ongeveer 40 swart konstabels en drie
of vier blanke personeel.
Gedurende die middag van 16 Augustus het die appellant in sy voertuig by die
kraal van die oorle-dene stilgehou
om te verneem of die oorledene enige teken
van Swapo-terroriste in die omgewing gewaar het. Met sy aankoms het die
appellant per
abuis twee of drie pale, wat langs die kraalomheining ingeplant
was, omgery. Hierdie
2
pale het skynbaar een of ander rituële betekenis gehad, en die
skending van hierdie "heiligdom" het die oorledene klaarblyklik
ontstel. 'n
Woordewisseling het ontstaan, en as gevolg daarvan het die appellant sy humeur
verloor, en in sy woede oor die kraal
heining gespring, 'n hout paal gegryp en
die oorledene te lyf gegaan. In die loop van die aanval het die appellant sy
greep op die
paal verloor. Hy tel toe 'n ander paal op en sit sy aanval op die
oorledene voort totdat die oorledene, wat al die tyd agteruit beweeg
het,
neergeval en gesterf het. Die appellant is gevolglik aangekla en skuldig bevind
aan moord. Versagtende omstandighede is gevind
en die appellant is gevonnis tot
10 jaar gevangenisstraf. Hy kom nou met verlof van die verhoorhof in hoër
beroep
3
teen beide sy skuldigbevinding en sy vonnis.
Daar is voor ons in die
eerste plek aangevoer dat die appellant ten tyde van die aanranding op die
por-ledene ontoerekeningsvatbaar
was as gevolg van die woede-bui waarin hy
verkeer het. In die alternatief, en selfs al sou die verhoorhof reg gewees het
om te bevind
dat hy wel toerekeningsvatbaar was, dan, so word aangevoer, was
daar nogtans nie voldoende bewys dat die appellant die nodige opset
om te dood
gehad het om hom aan moord skuldig te bevind nie, en moes hy slegs aan strafbare
manslag skuldig bevind gewees het. Voordat
hierdie betoë oorweeg word moet
daar egter nader na die feite gekyk word.
Die appellant het getuig dat teen 16
Augustus
4
hy en sy groep reeds vier dae lank in die bos was. Hy was daarvan oortuig dat
daar wel Swapo terroriste in die omgewing was, maar
hy kon geen spoor van hulle
vind nie. Dit het tot heelwat frustrasie by hom gelei. Om sake te vererger het
hy vroeg daardie oggend
verneem dat daar gedurende die nag 'n aanval met 81 mm
mortiere en B 10-kanonne op die dorp Oshakati geloods was. Dit was die dorp
waar
hulle basis geleë was, en waar sy nooi, aan wie hy later verloof geraak
het, gewoon het. Alhoewel hy deur die radiobeheer
beampte verseker is dat al hul
naas-bestaandes veilig was en dat die skade aan die dorp wesen-lik gering was,
het dit hom nie heeltemal
gerusgestel nie. Hy wou dan ook verlof gehad het om
met sy gevegs-groep by die opvolgaksie aan te sluit, maar dit is hom
5
geweier en hy het opdrag ontvang om aan te gaan met sy
ontplooingsaksie in die Ehoma-wyk.
Ongeveer 2 n.m., in die skroeiende
hitte van die dag, kom die appellant by die kraal van die oorledene aan. Die
ander voertuie van
sy gevegsgroep was verspreid in die omgewing en hy het alleen
met sy voertuig na die kraal gery. Hy het oor die doringtakheining
wat om die
kraal gepak is gery; oor die afgeoesde mahango-land en teenaan die kraalheining
self stilgehou. Hierdie kraal-heining
het bestaan uit 'n kring houtpale wat
teenaan me-kaar ingeplant is om al die hutte in die kraal in te sluit.
Nadat
die appellant, wat self sy Wolf-voertuig bestuur het, by die kraalheining
stilgehou het, het een van sy bemanning in die Kwanjama-taal
met die
oorledene,
6
die hoof van die kraal, begin gesels. Die appellant
was nie
die taal magtig nie, maar hy kon hoor dat die oorledene ontsteld was, en toe hy
navraag doen oor wat aangaan, is dit aan hom
oorgedra dat die oorledene be-weer
dat die appellant sy huis gebreek het. Die appel-lant sê dat hy hom
dadelik vererg het,
opgestaan het ván agter die stuurwiel, en agtertoe
gegaan het om self te gaan kyk wat aangaan. Hy vra toe wat verkeerd is,
en een
van sy bemanning wys vir hom na die agterkant van die voertuig waar sekere pale
platgelê het. In sy hoof-getuienis sê
die appellant dat hy nooit
hierdie pale op-gemerk het toe hy na die kraal gery het nie, maar in
kruisverhoor gee hy toe dat hy hulle
wel kon gesien het. Die appellant het
skynbaar die omry van hierdie pale as
7
'n onbenulligheid beskou want hy sê :
"Ek het vir my mense gesê, maar hulle moet vir die man sê dat hy
moenie hier oor onnodige goed argu-menteer met ons nie,
hy moet die vrae wat die
mense aan hom stel, die moet hy antwoord."
Die appellant sê dat hy kon sien dat die
oor-
ledene baie kwaad vir hulle was, en sy
aangehaalde ver-
maning het niks daartoe bygedra om die oorledene tot
be-
daring te bring nie. Sy antwoord, soos dit aan die
appellant oorgetolk
was, was
"die man sê ek het wel sy huis gebreek, en van die dag wat hy gebore is
ken hy nie Swapo nie, en ons boere moet ons karre vat,
en ons moet 'fokoff' van
sy huis af."
Die appellant vervolg dan :
"Ek het buite myself van woede geword, en ek het hierdie man gesien, en ek wou
hom gaan aanrand."
8
Hy spring toe vanaf die voertuig waarop
hy gestaan het, oor die paal omheining van die kraal, tot binne in die kraal. Hy
beskryf in
sy getuienis hoedat hy eers op die spaarwiel, wat aan die kant van
die voertuig vasge-sit is, getrap het, en toe oor die heining
gespring het. Die
oorledene, sê hy het tussen 'n hut, wat naby die kraalheining gebou was,
en die kraalheining self gestaan.
Die oorledene was nog steeds besig om met die
bemanning van die voertuig te praat, toe die appellant so in die kraal inspring.
Die
appellant sê dat hy voor die oor-ledene te lande gekom het, 'n endjie
verder as 'n arm-lengte van hom. Hy het die oorledene
nie dadelik met sy vuiste
toegetakel nie, of hom probeer vasvat nie, maar, hy sê dat die eerste ding
wat hy gedoen het was
9
om 'n paal te gryp. Hy beskryf hierdie paal as sowat skouerhoogte in
lengte - d.w.s. - 1.5 meter - en so groot en swaar dat hy dit
met altwee sy
hande moes vas-hou. Hy herhaal "Ek wou hierdie man geslaan het" -en hy het hom
ook geslaan. Hy het vir die hof gedemon-streer
presies hoe hy die eerste hou
uitgevoer het, en die oorledene aan die linkerkant van sy lyf oor sy bors-kas
getref het.
Dit moes 'n baie harde hou gewees het want dr. Botha, die hoof
staatspatoloog te Windhoek, wat die regs-geneeskundige lykskouing op
die
oorledene se lyk uitge-voer het, het gevind dat daar 'n fraktuur was van ribbes
4-12 aan die linkerkant. Na sy mening was al
die frak-ture deur een hou
veroorsaak. So erg was die geweld
10
van hierdie hou dat dit nie net al hierdie ribbes ge-breek het nie,
maar ook bloeding tussen die ribbes, in die omliggende spiere,
en in die sagte
weefsel van die borskas veroorsaak het. Daar was ook kneusing van die linker
long. Nadat die oorledene hierdie wond
opgedoen het sou hy, na die mening van
dr. Botha, swaar asemge-haal het, baie pyn verduur het, en met groot moeite
be-weeg het.
Die appellant kan onthou dat vandat hy in die kraal gespring
het, en die paal opgetel het, die oorle-dene agteruit begin beweeg het,
en dit
wil uit die ge-tuienis voorkom dat hy deurgaans geretireer het totdat die aanval
op hom beëindig was. Die plek waar hy
uit-eindelik neergevel is, is
ongeveer 20 meter vanaf die
11
plek waar die aanval begin het.
Die
appellant sê dat nadat hy die oorledene die eerste hou teen sy ribbekas
geslaan het, die oorledene
die paal op een of ander manier "beetgekry" het,
en uit sy hande geruk het. Hy het dadelik 'n ander paal gegryp en die aanval
voortgesit.
Dit was 'n dunner paal as die eerste een en hy het dit met slegs een
hand vasgehou. Die oorledene het steeds bly retireer en die
appellant het
aangehou om hom te slaan. Uiteindelik onthou hy hoedat hy die oorledene op die
kop raakgeslaan het, en hoedat die oorledene
agteruit gesteier het en geval het.
Hy het gesien hoe die oorledene se oë "omdop in sy kop", en hy hortend
asemhaal. Toe eers
kom hy weer tot ver-haal, en besef hy wat hy gedoen het. Hy
sê dat hy
12
daarna probeer het om die oorledene te help. Hy het
ge-
dink dat die oorledene bewusteloos was en het na sy man-
skappe geroep om water te bring. Hy het die water oor
die oorledene gegooi
in 'n poging om hom by te kry maar
sonder enige sukses. Hy probeer toe om die oorledene
se bors te masseer om sy hortende asemhaling te normali-
seer, en sê
terselfdertyd sy manskappe aan om die ander
voertuie van die gevegsgroep in
te roep en om die mediese
tas te bring. Teen die tyd dat die mediese tas na
hom
gebring is het hy besef dat die man reeds dood was.
In sy
hoofgetuienis sê hy :
"ek het net besef dat ek .... , hier gaan vir my groot probleme kom, dit is 'n
onskuldige man wat dood is, ek het geen manier hoe
ek dit vir my kan
verontskuldig nie"
en in kruisverhoor sê hy :
13
"Ek het besef dat ek gaan in groot probleme kom en ek sal iets moet doen om dit
te probeer verdoesel of iets."
Dit is dan ook wat hy gedoen het.
Hy het sy manne by-
mekaar geroep en gesê dat hy die man doodgeslaan
het
maar dat hy vir sy owerhede gaan sê dat die oorledene
uit 'n hut
gekom het met 'n pistool wat hy op die appel-
lant gerig het, en dat hy hy hom toe in noodweer doodge-
slaan het. Hy het
vir hulle aangesê om dieselfde
storie te vertel. Om geloofwaardigheid
aan hierdie
verdigsel te verleen het hy vir een van sy blanke kon-
stabels
aangesê om 'n Libiese uniform, 'n RPG 7 vuurpyl
en 'n handgranaat, wat
hulle in een van die voertuie
saamgebring het, in die takheining om die kraal
te gaan
versteek. Daarna het hy twee vrouens en twee kinders,
14
wat hulle toevallig in die mahangoland gekry het, na die takheining
geneem en hulle beveel om die versteekte voor-werpe uit te haal.
Hy het ook per
radio met sy basis te Oshakati in verbinding getree en vertel dat hy een van die
vyand doodgemaak het en dat hy die
lyk vir uitken-ning inbring.
Dit het hy
ook gedoen, en in die voorvalle boek by sy basis 'n inskrywing gemaak waarin hy
beweer dat hy die "vyandelike voorraad"-
(d.w.s. die uniform, die vuur-pyl en
die handgranaat) asook 'n pistool, by die kraal ge-kry het. Hierdie voorwerpe,
tesame het 'n
Tokarev pistool, wat hy in sy besit gehad het, het hy as
bewysstukke inge-handig.
Die kinders van die oorledene het blykbaar
by
15
die Distrikskommissaris op Ondangwa gaan
kla, en hy het die aangeleentheid by die Polisie aanhangig gemaak. Toe die saak
op die lappe
kom, sê die appellant, het hy besef dat hy nie met sy leuens
kon voortgaan nie, en het hy uit-gekom met die relaas wat hy aan
die hof
voorgehou het. Die twee seuns van die oorledene wat dié dag by die kraal
was het ook oor die voorval getuig. Hul-le
weergawe van wat gebeur het, het
heelwat verskil van dié van appellant. Volgens hulle getuienis sou die
appellant die oorledene
eers weggelei het van die plek waar hy in die kraal
ingespring het, by sekere hutte verby, voordat hy hom begin slaan het. Hulle
sê dat hulle ook geen gesprek oor Swapo gehoor het nie. Hierdie getuienis
is deur die verhoorhof as onwaarskynlik
16
bestempel, en die hof het verkies om die relaas van die appellant en
dié van Simon Theophilus (die manskap wat vir hom getolk
het) as
grondslag vir hulle beslissing te aanvaar.
Theophilus se getuienis in
hoofverhoor het in sekere belangrike opsigte van die van die appellant sh
verskil, maar in kruisverhoor
het hy wesenlik ingestem met die relaas van die
gebeure wat die appellant vir die hof voorgehou het. Ek ag dit derhalwe nie
nodig
om Theophilus se getuienis hier te herhaal nie.
Om die appellant se
verweer van ontoerekenings-vatbaarheid te ondersteun het sy advokaat by die
verhoor twee psigiaters, dr. A.H.
Potgieter en dr. A.J. Plomp, geroep. Die
strekking van hulle getuienis was dat op 'n
17
aanvaarding van die feite wat die appellant in konsulta-sie aan hulle
oorgedra het, hulle die opinie gevorm het dat toe die appellart
in sy woede die
oorledene te lyf gegaan het, hy aan 'n tydelike verstandelike beneweling gely
het. Dr. Potgieter het dit as '"n tydelike
bewus-synsvernouing of beneweling"
beskryf "met 'n totale ver-lies van beheer, wat alle redelike denkvermoë of
oordeel uitgesluit
het." Dr. Potgieter sê dat die appellant "eilande van
geheue" kon gehad het tydens sy aanval op die oorledene waarin hy fragmentariese
herinneringe van die gebeure sou kon herroep. Hy gee egter toe dat indien die
appellant 'n spesifieke gedetailleerde relaas van wat
gebeur het kon gee, dit
nie by sy teorie sou in-pas nie. Die appellant se beskrywing van die gebeure
18
is in kruisverhoor aan Dr. Potgieter voorgehou ên hy het die
besonderhede wat die appellant genoem het, as "aflei-dings" afgemaak.
Hy
sê dat die appellant nooit, tydens sy konsultasie met hom, spesifiek
aangetoon het hoe hy die oorledene oor die ribbekas'geslaan
het nie. Hy gee toe
dat in sy getuienis die appellant wel spesifiek gewys het hoe hy die hou
uitgevoer het. Hy gee ook toe dat die
appellant se beskrywing van hoe hy op die
spaarwiel van die Wolf-voertuig getrap het voordat hy in die kraal ingespring
het, as 'n
"detail-aspek" gesien kan word.
Ander detail waaroor die appellant
getuig het versoen dr. Potgieter met die "kollerige geheue" wat hy sou ver-wag
van iemand wat in
'n tydelike verstandelike benewe-ling verkeer.
19
Dr. Plomp het in sy getuienis probeer omskryf wat hy onder die begrip
"tydelike verstandelike benewe-ling" verstaan. Hy het dit beskryf
as 'n toestand
waar-in 'n oorweldigende emosie so prominent is dat dit die rasionele denke,
oordeel en geheue heeltemal oorskadu,
en byna geheel en al uitsluit. 'n Persoon
in so 'n toestand sou egter willekeurig kon optree, en tot 'n sekere beperk-te
mate onderskei
tussen reg en verkeerd. Soos dr. Pot-gieter het hy ook heelwat
van die appellant se relaas van die gebeure afgemaak as afleidings
of as
"rekonstruksie". Aan die anderkant, gee hy toe, kon dit 'n werklike her-innering
wees. Sommige van die detail wat die appellant
beweer hy onthou het, word deur
dr. Plomp as "growwe detail" beskryf, wat nie wesenlik afbreuk sou doen aan
20
sy teorie van tydelike verstandelike beneweling nie. Hy gee ook toe dat die
appellant se beskrywing van die lengte van die paal, wat
hy aanvanklik opgetel
het, as 'n fyner detail gesien kan word. Hy moes ook toegee dat die feit dat die
appellant nog 'n paal geneem
het nadat hy die eerste een verloor het, op 'n
effens meer ingewikkelde of komplek-se denkproses dui as wat hy voorheen
moontlik
gehad het. Die feit dat die appellant die oorledene nie met die vuis
toegetakel het nie, maar verkies het om hom met 'n paal te slaan,
was ook iets
wat vir dr. Plomp probleme geskep het.
Die Staat het ook 'n psigiater, dr. J.
Fourie, geroep. Volgens sy mening kon die appellant tydens die gebeure by die
oorledene se
kraal tussen reg en verkeerd
21
onderskei en daarvolgens handel. Dr. Fourie het egter sy
mening in hoofsaak gegrond op die aanvaarding van die getuienis van die
oorledene
se twee seuns - getuienis wat die hof as onwaarskynlik verwerp het vir
doeleindes van sy uitspraak. Die appellant het nog nie in
die ver-hoor getuig
toe dr. Fourie sy getuienis afgelê het nie, en hy het die hoop uitgespreek
dat hy die geleentheid sou kry
om kommentaar te lewer op sodanige getuienis. Die
geleentheid is hom ongelukkig nie gegun nie. Dit blyk dat dr. Fourie vooraf
insae
gehad het in dr. Plomp se verslag en dat hy ook 'n onderhoud met die
appellant ge-voer het. Hy spreek dan ook die mening uit dat
selfs al sou hy
aanvaar dat die appellant sy humeur verloor het, ditna sy mening hom nie sy
onderskeidingsvermoë of sy
22.
oordeelsvermoë sou ontneem nie. Na sy mening het die appellant
willekeurig gehandel, en doelgerigte en kom-plekse handelinge
uitgevoer. In sy
onderhoud met die appellant het hy gevind dat daar periodes was waar hy goed kon
onthou wat gebeur het, en ander
periodes waar hy minder goed kon onthou. Dr.
Fourie meen ook dat die provokasie waaraan die appellant blootgestel was, nie
van so
'n aard was om hom sy rasionele denke in so 'n mate te ontneem dat hy 'n
tydelike verstandelike beneweling sou beleef het nie. Wat
die sogenaamde
"fragmentariese" aard van die appellant se geheue van die voorval self betref,
was dr. Fourie van mening dat wanneer
iemand gewoonweg kwaad word en in woede
optree hy nie al die fyn detail, of al die fynere besonderhede van sy optrede
sal
23
kan onthou nie.
Om die appellant in die onderhawige saak
aan-
spreeklik vir sy dade te hou moet die Staat
o.a. bewys dat
hy toerekeningsvatbaar was. Die kenmerke van
toereke-
ningsvatbaarheid word deur Joubert AR in
S v
Laubscher
1988 (1) SA 163
(A) op 166 'n - 167 B soos volg gestel:
"1. Die vermoë om tussen reg en verkeerd te onder-skei. Die dader het die
onderskeidingsver-moë om die regmatigheid of
onregmatigheid van sy
handeling in te sien. Met ander woorde, hy het die vermoë om te besef dat
hy weder-regtelik optree. 2.
Die vermoë om ooreenkomstig daardie
onderskei-
dingsvermoë te handel deurdat hy die weerstands-krag
(wilsbeheervermoë) het om die versoeking om wederregtelik te handel,
te
weerstaan. Met ander woorde, hy het die vermoë tot vrye keuse om regmatig
of onregmatig te handel, onder-worpe aan sy wil.
Ontbreek een van hierdie twee
psigologiese kenmerke dan is die dader ontoerekeningsvatbaar, bv. waar hy
24
nie die onderskeidingsvermoë het om die ongeoorloofd-heid van sy handeling
te besef nie. Insgelyks is die dader ten spyte daarvan
dat hy wel die
onderskei-dingsvermoë het tog ontoerekeningsvatbaar waar sy
geestesvermoë sodanig is dat hy nie die weerstands-krag
het
nie."
Die geleerde regter wys voorts (op 167 D - F) daarop dat
die ontoerekeningsvatbaarheid te wyte kan wees aan 'n sieklike of patologiese
versteuring van die gees-tesvermoëns van 'n permanente of 'n tydelike aard,
of aan 'n nie patologiese ontoerekeningsvatbaarheid
van 'n tyde-like
aard.
Die verweer van "tydelike verstandelike bene-weling" ressorteer onder
laasgenoemde kategorie, en die bewyslas in dié verband,
anders as by 'n
patologiese ver-steuring, rus op die Staat. (
S v Mahlinza
1967 (1) SA
25
408 (A) op 419 A - C, en
S v Campher
1987 (1) SA 940
(A) op 966 F - I.)
In die onderhawige saak het die appellant gepoog om sy verweer van
ontoerekeningsvatbaarheid te onderskraag
deur die psigiatriese getuienis van
dr_ Potgieter en dr. Plomp. Hierteenoor het die Staat die getuienis van Dr.
Fourie voor die hof
geplaas. Waar die hof met twee botsende psigiatriese menings
te make het, kan dit kwalik van die hof verwag word om die een bo die
ander te
verkies. Op stuk van sake is die hof 'n leek op die gebied van psigiatrie, en
kan hom dus nie gesaghebbend uitspreek oor
botsende psigiatriese teorië
nie. Die juiste benadering word soos volg deur Ogilvie Thompson AR in
R v
Harris
1965 (2) SA 340
(A) op 365 B - C gestel:
26
"In the ultimate analysis, the crucial issue of appel-lant's criminal
responsibility for his actions at the relevant time is a matter
to be
determined, not by psychiatrists, but by the Court itself. In deter-mining that
issue the Court - initially, the trial Court;
and, on appeal, this Court - must
of necessi-ty-have regard not only to the expert medical evi-dence but also to
all the other facts
of the case, including the reliability of appellant as a
witness and the nature of his proved actions throughout the relevant
period."
In
S v Laubscher
(
supra
) op
172 A - F word daar-
op gewys dat waar die hof te make het met 'n geestesonge-
steldheid of geestesgebrek in die vorm van 'n patologiese
versteuring ten
tyde van die pleeg van 'n misdaad, die
psigiatriese getuienis 'n onmisbare
funksie vervul, maar
waar dit oor 'n nie-patologiese toestand van die
appellant
ten tyde van die pleeg van 'n misdaad gaan, soos in
die
onderhawige geval, die psigiatriese getuienis nie so 'n
27
onmisbare funksie vervul nie, omdat die verhoorhof aan die hand van die
aanvaarde feite self in staat is om te besluit of die aangevoerde
verweer op al
die getuienis uitgemaak is. Dit geld m.i. ook hier ten opsigte van die begrip
van "tydelike verstandelike beneweling."
Dit is dan ook in wese wat die
verhoorhof ge-doen het. Die hof het bevind dat waar die appellant oor sekere
besonderhede getuig het,
drs. Potgieter en Plomp dit ten onregte as afleidings
of rekonstruksie probeer afmaak het, en waar hulle sekere ander besonderhede
wat
die appellant oor getuig het as "newelig" en "non-spesifiek" bestempel het dit
nie deur die appellant se getuienis ge-stand gedoen
kon word nie. Die hof het
uiteindelik tot die gevolgtrekking gekom dat die appellant nie geglo kon
word
28
waar hy beweer dat hy alle selfbeheer verloor het nie, en dat
dit nie aanvaar kan word dat hy in 'n toestand van tydelike verstandelike
beneweling was tydens die aanval op die oorledene, en as sulks
ontoerekeningsvatbaar nie. Die hof het bevind dat alhoewel die appellant
geprovokeer was, "en selfs kwaad kon gewees het, hy steeds kon onder-skei tussen
en reg en verkeerd en ook homself volgens hierdie
besef kon inrig."
Mnr.
van Deventer
, wat namens die appellant beide in die verhoorhof en voor
ons opgetree het, het toegegee dat die appellant te alle tye in staat was
om
tussen reg en verkeerd te onderskei. Hy het sy verweer gegrond op die
onvermoë van die appellant om ooreenkomstig sy besef
van wat reg en
verkeerd was te handel as gevolg van sy
29
onbeheerste woede.
Volgens die getuienis van die psigiaters sou 'n mens
nie van iemand wat in so 'n toestand verkeer het ver-wag om 'n deurlopende
gedetailleerde
relaas van die gebeure tydens so 'n episode te kan verstrek nie.
In die getuie-nis van die appellant, is daar egter 'n aansienlike
mate van
redelike fyn detail van die verloop van die aanval. Dit is verder voor die hand
liggend, soos dr. Fourie ook getuig het,
dat waar iemand normaalweg baie kwaad
is sonder dat hy in sy onbeheerstheid in 'n verstandelike beneweling verkeer, hy
nie elke fyne
besonderheid van die gebeure sal kan onthou nie.Met dié
mate van bewustheid van wat om hom aangegaan het, en van sy handeling
tydens die
aanval, wat die appellant in sy getuienis kon weergee,
30
was die verhoorhof, na my mening, geregtig gewees om tot die gevolgtrekking
te kom dat die appellant nie in 'n tyde-like verstandelike
beneweling verkeer
het nie, en dat hy wel toerekeningsvatbaar was.
In sy alternatiewe argument
het mnr. van Deventer aangevoer dat die hof, ondanks so 'n bevinding, die
appellant slegs aan strafbare
manslag skuldig moes bevind het, en nie aan moord
nie.
Dit wil uit die uitspraak van die verhoorregter voorkom dat die hof a
quo
nie bevind het dat die appellant met oogmerkopset of
dolus
directus
gehandel het nie, maar eerder met opset by moontlikheidsbewussyn of
dolus eventual
-
is
. Die hof het bevind dat die appellant "ten
minste besef het dat sy optrede gevaarlik was en dat dit die dood van
31
die oorledene tot gevolg kon hê" maar dat hy hom met hier-die
moontlikheid versoen het en die aanval desnieteen-staande geloods
en voortgesit
het,totdat die oorledene neergevel was. Die toets of die appellant hierdie opset
gehad het is 'n subjektiewe een, nl.
of die appellant sub-jektief die
moontlikheid voorsien het dat sy handeling kon uitloop op die dood van die
oorledene, en dat hy
hom daar-mee versoen het (
S v Swanepoel
1983 (1) SA
434
(A) op 456 A - B). Hierdie subjektiewe beskouing van die appellant kan slegs
afgelei word van al die omliggende omstandighede wat
voor, tydens, en moontlik
ook na die aanval op die oor-ledene,geheers het. Voordat so 'n afleiding in 'n
straf-saak gemaak kan word
moet dit bestaanbaar met al die be-wese feite wees,
en moet dit die enigste redelike
32
afleiding wees. (
R v Blom
1939 A.A. 188 op 202-3;
S v
Dlodlo
1966 (2) SA 401
(A) op 405 H; 5 v P
1972 (3) SA 412
(A) op 416 C -
D.) By oorweging van die vraag of die appellant die moontlikheid kon voorsien
het dat sy handelinge op die dood van
die oorledene kon uitloop, is die woedebui
waarin hy verkeer het, en die mate waarin dit sy selfbeheersing uitgeskakel het,
'n pertinente
oorwe-ging. Die provokasie wat die oorledene hom gebied het was
nie van 'n besondere ernstige aard nie, maar dan, aan die ander kant,

dr. Plomp dat die appellant se "frus-trasie-drempel" as gevolg van al die ander
faktore wat gedurende daardie dag op hom
ingewerk het, baie laag was teen die
tyd wat hy by die oorledene se kraal aangekom het. Daar moet dus nie, in hierdie
geval, soseer
na die
33
provokasie self gekyk word nie maar na die mate wat die woede waarin die
appellant gehandel het sy toerekenings-vatbaarheid verminder
het.
Soos ek
reeds aangedui het is dit gemene saak dat die appellant deurgaans kon onderskei
tussen reg en verkeerd. Dit is ook reeds bevind
dat hy toe-rekeningsvatbaar was
ten tyde van die aanval op die oor-ledene. Dit beteken dat hy die vermoë
gehad het om ooreenkomstig
daardie onderskeidingsvermoë te handel deur die
versoeking om wederregtelik op te tree te weer-staan. Hy het by meer as een
geleentheid in sy getuie-nis gesê dat hy die oorledene wou aanrand of
slaan, en hy het besef deur dit te doen hy wederregtelik
wou optree. Op die
feite voor die hof het die appellant hom
34
bewapen met 'n lang paal wat so groot en swaar was dat hy dit
met albei hande moes vashou, en hy het doelbewus die oorledene so hard
op sy
linkersy geslaan dat hy nege van sy ribbes afgeslaan het, gepaardgaande bloeding
in die omliggende weefsel veroorsaak het,
en sy linker long gekneus het. Daarna
het hy hierdie swaar paal verloor. Dit skyn vir my ietwat onwaarskynlik dat die
oorledene,
in die gehawende toestand waarin hy, op die getuienis van dr. Botha,
moes verkeer het nadat hy die hou oor sy ribbekas gekry het,
hierdie swaar paal
uit die appellant se greep kon geruk het, soos die appellant beweer het. Hoe dit
ookal sy, die appellant sê
dat hy hom daarna met 'n ander paal bewapen het
en die aanval voortgesit het. Die feit dat die oorledene, in sy beseerde
toestand,
35
oor 'n afstand van ongeveer 20 treë geretireer het voor-dat die
laaste noodlpttige hou op sy kop toegedien is, dui daarop dat
die aanranding oor
'n aansienlike tydperk moes gestrek het. Dit was dus nie 'n kortstondige en
impulsiewe reaksie van die appellant
op die aanmerking van die oorledene nie.
Die afleiding skyn onvermydelik te wees dat dit eerder 'n bewuste en doelgerigte
aanval
was, waarin die appellant nie slegs die onregmatigheid van sy optrede
besef het nie, maar ook die moontlikheid dat die oorledene
as gevolg daarvan kon
ster, ingesien het. Die appellant se optrede kort nadat hy besef het dat hy die
oorledene doodgeslaan het om
sy wandaad te probeer "verdoesel" deur die valse
voorwendsel van 'n vyandige aanval op hom te probeer vergestalt, en sy
36
manskappe aangesê het om die waarheid te verberg en 'n leuen voor te
hou, is ook 'n aspek wat na my mening in aanmerking geneem
kan word. Dit is
kwalik versoen-baar met 'n verwardheid in sy gemoed.
In al die omstandighede,
dus, meen ek dat die verhoorhof geregtig was om tot die gevolgtrekking te kom
dat die appellant tenminste
subjektief die moontlik-heid dat die dood van die
oorledene kon intree as ge-volg van sy handeling, ingesien het, en hom met
hierdie
moontlikheid versoen het. Die woedebui waarin hy ver-keer het ten tyde
van die aanval kon wel sy wilsbeheer-vermoë verminder
het, sodat daar 'n
verminderde toere-keningsvatbaarheid aan hom toegeskryf kon word.
37
Dit sou egter nie 'n oorweging wees by die bepaling van. strafregtelike
aanspreeklikheid nie maar slegs by die oor-weging van die
bestaan van
versagtende omstandighede en by vonnisoplegging. (
S v Mokonto
1971 (2) SA
319
(A) op 326 D - 'n en
S v Laubscher
(
supra
) op 168 A - C.) Dit
volg dus dat die appèl teen die skuldigbevinding aan moord nie kan slaag
nie.
Die verhoorhof het gevind dat daar versag-tende omstandighede bestaan
het, en het die appellant daar-na tot tien jaar gevangenisstraf
gevonnis. Daar
word ook teen hierdie vonnis geappelleer.
By oorweging van vonnis met 'n hof
van appèl altyd in gedagte hou dat vonnis by uitstek 'n saak is wat binne
die diskresie
van die verhoorhof berus, en dat
38
daar nie ligtelik daarmee ingemeng sal word nie in die afwesigheid van
onreëlmatigheid of wanvoorligting, of waar die vonnis
so onredelik is dat
daar gevind kan word dat die reg nie geskied het nie. (
S v Anderson
1964
(3) SA 494
(A) op 495 F - H, en
S v Rabi
e
1975 (4) SA 855
(A) op 857 D -
F.)
In die onderhawige saak is dit nie voor ons aangetoon dat die geleerde
verhoorregter homself wanvoor-gelig het nie, of dat hy onreëlmatig
opgetree
het nie. Die vonnis is wel 'n swaar vonnis, maar die misdaad is in sig-self 'n
ernstige een. Daarbenewens moet die belange
van die gemeenskap in hierdie geval
ook swaar weeg. Dit was die verpligting van die teeninsurgensie eenheid van die
Suidwes-Afrikaanse
Polisie, waaraan die appellant
39
verbonde was, om die burgerlike bevolking te verdedig en te beskerm teen
vyandige aanvalle, en die oorledene was geregtig om na hulle
op te sien as die
beskermer van
sy belange. Dit is derhalwe 'n saak van wesenlike belang vir
die hele gemeenskap as 'n lid van so 'n een-heid homself so te buite
gaan dat hy
'n lid van daardie gemeenskap om die lewe bring. In al die omstandighede van
hierdie saak kan ek nie sê dat die
vonnis so onrede-lik swaar is dat
hierdie hof geroepe is om daarmee in te meng nie. Bygevolg kan die appèl
teen die vonnis
ook nie slaag nie.
Die appèl word van die hand gewys.
J.P.G.
EKSTEEN, AR
HOEXTER, AR )
stem saam HEFER, AR )