About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1989
>>
[1989] ZASCA 122
|
|
S v Greyling (247/88) [1989] ZASCA 122 (28 September 1989)
1
Saak nr 247/88 /MC
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA (APPÉLAFDELING)
In die saak tussen
C. M. GREYLING
Appellant
- en -
DIE STAAT
Respondent
CORAM:
HOEXTER et BOTHA ARR et
FRIEDMAN Wn AR.
VERHOOR:
18 September 1989
GELEWER:
28
September 1989
UITSPRAAK
FRIEDMAN Wn AR.
2/...
2
FRIEDMAN Wn AR:
Dit is 'n appèl teen vonnis. Die appellant het in die Streekhof te
Roodepoort (Suid-Transvaal Afdeling) op 'n
aanklag van strafbare manslag
tereggestaan. Die aanklag het voortgespruit uit 'n motorongeluk op 1 Augustus
1987 waarin vier tienderjarige
meisies wat passasiers was agter op 'n oop bakkie
wat deur appellant bestuur is, op slag gedood is en 'n vyfde baie ernstige
permanente
beserings opgedoen het.
Die appellant, wat 'n eerste oortreder is,
het skuldig gepleit en 'n skriftelike verklaring ingevolge art 112(2) van die
Strafproseswet,
Wet 51 van 1977, is namens hom deur sy prokureur ingedien. Die
Staat het geen getuienis aangebied nie en die appellant is op die
basis van sy
verklaring deur die Streeklanddros skuldig
3/...
3
bevind.
Nadat die appellant en sy vader ter versagting van vonnis getuig
het, het die aanklaer die getuienis van Mitsie de Kock, die meisie
wat die
ongeluk oorleef het, asook dié van ene Tiedt. wat in die nabyheid van die
ongelukstoneel gewoon het, aangebied. Na
aanhoor van al hierdie getuienis, het
die Streeklanddros die appellant gevonnis tot vyf jaar gevangenisstraf waarvan
die helfte vir
vyf jaar opgeskort is op voorwaarde dat hy nie skuldig bevind
word aan strafbare manslag gepleeg gedurende die tydperk van opskorting
nie.
Daarbenewens is die appellant se bestuurderslisensie ingevolge art 146 van
Ordonnansie nr 21 van 1966(T) vir vier jaar, bereken
vanaf die datum van
skuldigbevinding, nl 8 Oktober 1987, opgeskort.
Die appellant se appèl
teen sy vonnis is deur die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling afgewys. Verlof
om
4/...
4
teen die opgelegde vonnis na hierdie Hof te appèlleer, is egter deur
die Hof a
quo
toegestaan.
Die tersaaklike dele van die appellant se
verklaring ingevolge art 112(2) van die Strafproseswet, waarin hy erken het dat
hy aan strafbare
manslag as gevolg van die dood van die vier meisies, skuldig
is, lui soos volg:
" 2. Dat hy die motorvoertuig bestuur het op gemelde openbare pad teen 'n
snelheid van ongeveer 100 k.p.u. welke spoed hy erken,
inaggenome die feit dat
die pad 'n draai na regs maak, en inaggenome sy bestuurderservaring gevaarlik
was. Dat hierdie optrede wederregtelik
en nalatig was. 3. Dat net toe hy op die
punt gekom het waar die pad weer in 'n reguit lyn loop, en waarskynlik as gevolg
van die
feit dat die linker voorband op daardie stadium besig was om pap te
word, saamgeneem met die snelheid waarteen hy beweeg het, het
die voertuig met
die randsteen aan sy
5/...
5
linkerkant gebots, en daarna teen die sypaadjie opbeweeg en met 'n betonheining
gebots langs die sypaadjie. Beskuldigde erken dat
nadat hy met die randsteen
gebots het, hy beheer oor die voertuig verloor het as gevolg van die snelheid
waarteen hy gery het."
Nadat hierdie verklaring
ingedien is, het die aanklaer aan die hof te kenne gegee dat hy "niks (het) om
verder by te voeg nie".
Die appellant se getuienis ter versagting het
hoofsaaklik gegaan oor sy persoonlike omstandighede. Uit sy getuienis, asook
dié
van sy vader, het die volgende aan die lig gekom: Die appellant was
ten tyde van die ongeluk 19 jaar oud. Hy het op skool tot standerd
VIII gevorder
en daarna die N3 sertifikaat, wat gelykstaande is aan matriek, by 'n tegniese
kollege verwerf. Ten tyde van die pleging
van die misdaad was die appellant 'n
nasionale dienspligtige
6/...
6
in die Weermag. Hy wou van die Weermag sy loopbaan maak en was van voorneme
om by die Staande Mag aansoek te doen ten einde sy vakmanskap
as
elektrisiën te voltooi. Sy inkomste ten tyde van die misdaad was R160-00
per maand. Hy het slegs sedert 6 Januarie 1985 'n
bestuurderslisensie
gehad.
Die appellant het getuig dat hy bitter jammer en spyt was oor wat
gebeur het en het ook sy berou aan die ouers, families en vriende
van die
oorledenes oorgedra.
Sy vader het getuig dat die appellant die derde oudste
van vyf seuns is en dat hy 'n goeie seun is wat aan streng dissipline gewoond
is. Volgens die appellant se vader het die voorval die appellant tot so 'n mate
geraak dat hy ten tyde van die verhoor op 8 Oktober
1987, steeds sielkundige
behandeling in die Weermag ontvang het.
Wat die ongeluk betref, het die appellant getuig
7/...
7
dat daar vyf meisies agterop die bakkie was en twee manspersone benewens
homself in die kajuit. Die vier oorledenes was almal vriendinne
van hom en hy
was op pad om hulle by hul huise te gaan aflaai toe die ongeluk plaasgevind het.
In antwoord op 'n vraag onder kruisondervraging
of hy deur die passasiers
versoek is om stadiger te ry, het die appellant eers geantwoord "nie waarvan ek
weet nie" en later "nie
wat ek kan onthou nie". Hy het egter toegegee dat hy
geweet het dat die spoedgrens 60 kilometer per uur was. Hy het getuig dat hy
die
betrokke pad gereeld gebruik het en dat hy met die draai in die pad bekend was.
Hy het erken dat nadat hy die betonmuur getref
het, die voertuig heeltemal
oorgegaan het na die ander kant van die pad, waar hy met 'n ander voertuig wat
agter die bakkie gery
het, gebots het.
Mitsie de Kock is 'n 16-jarige dogter. Sy het
8/...
8
getuig dat sy en die ander vier dogters, een waarvan haar suster was, die
appellant en sy twee metgeselle vroeër die dag ontmoet
het en dat die
appellant aangebied het om hulle 'n geleentheid te gee na die winkel waar Coca
Cola gekoop is. Daarna is hulle na
'n huis waar sterk drank in hul Coca Cola
gegooi is. Dit het sy vasgestel deur self daarvan te proe. Daarvandaan het hulle
na 'n
ander vriend se huis gegaan waar sy in die kombuis "'n Klipdrift bottel
met bier bottels" gesien het. Sy het ook gesien dat die appellant
en die ander
twee mans kort-kort na die kombuis gegaan het, maar sy kon nie sê of hulle
enige sterk drank daar gebruik het
nie. Voorts het sy getuig dat almal in 'n
gesellige luim was en dat toe dit laat word en die dogters huis toe wou gaan,
die appellant
ingewillig het om hulle met die bakkie huis toe te neem. Op pad
huis toe, het die ongeluk plaasgevind.
9/...
9
Mitsie de Kock het getuig dat die appellant vinnig gery het, dat die meisies
agterop die bakkie paniekbevange geraak het en dat hulle
geskreeu het dat hy
stadiger moet ry. Sy kon egter nie sê of die appellant hulle gehoor het
nie. Sy kon ook nie spesifiek sê
teen watter spoed die appellant gery het
nie, maar sy het getuig dat dit "baie vinnig" was. Die spoed was inderdaad
sodanig en die
wind as gevolg daarvan so sterk dat nie een van die meisies
vorentoe kon kyk nie; hulle moes almal hulle gesigte vir die wind
wegdraai.
Die laaste wat sy onthou is dat hulle geskreeu het dat die
appellant stadiger moet ry. Weens die beserings wat sy opgedoen het, moes
sy 'n
maand en agtien dae in die hospitaal deurbring. Sy het onder andere verskeie
frakture opgedoen en daarbenewens is haar een
voet afgesit.
10/...
10
Tiedt het getuig dat hy en sy vrou en vriende televisie gekyk het toe hulle
'n motorvoertuig hoor aankom. Aan die dreuning van die
enjin kon hy hoor dat dit
teen "'n abnormale bonatuurlike spoed" gery het. Sy vrou het geskreeu dat hulle
moet uitgaan want "hy gaan
dit nie maak nie". Toe sy vrou so skreeu hardloop hy
uit na die balkon maar op daardie stadium kon hy net die agterkant van die
bakkie
sien verbygaan. Hy het egter die "paniekbevange geskreeu" van die meisies
gehoor wat hy as 'n "gegil" beskryf het. Tiedt was nie
in staat om 'n skatting
van die spoed waarteen die bakkie gery het, te gee nie. Hy het egter getuig dat
"die dreun van die enjin
(hom) 'n aanduiding gegee (het) dat hy baie vinnig ry".
Hy het egter onder kruisondervraging die mening uitgespreek dat 'n ervare
bestuurder met 'n voertuig wat in 'n goeie toestand is, teen 'n spoed van 100 k
p u met veiligheid daardie
11/...
11
betrokke draai in die pad kon maak.
In sy uitspraak ten opsigte van vonnis
het die Streeklanddros met betrekking tot die spoed waarteen die appellant gery
het, na die
appellant se erkenning dat hy ongeveer 100 k p u gery het, verwys.
Voorts het hy na Tiedt se getuienis, wat hy gesê het "ook
vir die Hof van
belang is", verwys en daarop gewys dat:
"Volgens hom (Tiedt) het die voertuig meer as 100 kilometer per uur
gery."
Hierdie stelling is nie deur die getuienis geregverdig nie. Tiedt was tydens
kruisondervraging gevra of hy sou kon betwis dat die
appellant se snelheid in
die omgewing van 100 k p u was. Darop het hy weliswaar geantwoord:
"Ek sal sê hy was hoër
gewees."
12/...
12
Hy het egter onmiddellik daarna bygevoeg dat hy hom nie kon uitlaat oor die
spoed nie. Hy het in elk geval net die agterkant van die
bakkie gesien verbygaan
en kon hom slegs op die gedreun van die enjin verlaat vir sy skatting van die
spoed waarteen die voertuig
gery het.
Die appellant se verklaring dat sy
spoed "ongeveer 100 k p u" was, is nooit deur die aanklaer in twyfel getrek nie
en die appellant
is inderdaad nie daaroor gekruisvra nie.
Myns insiens het
die Streeklanddros misgetas om op grond van die enkele aangehaalde sin uit Tiedt
se getuienis te kenne te gee dat
Tiedt se getuienis was dat die spoed waarteen
die appellant gery het, hoër was as die skatting wat hy in sy
pleitverduideliking
aangebied het.
'n Verdere probleem met die Streeklanddros se
13/...
13
uitspraak is die wyse waarop hy die appellant se verklaring ten opsigte van
die band wat besig was om pap te word, behandel het. Appellant
het in paragraaf
3 van sy pleitverduideliking verklaar dat sy voertuig met die randsteen gebots
het o a "waarskynlik as gevolg van
die feit dat die linker voorband op daardie
stadium besig was om pap te word". In verband hiermee laat die Streeklanddros
homself
soos volg uit :
"Aan die Hof is voorgehou dat die band waarskynlik pap geword het en daarom het
beskuldigde beheer oor die voertuig verloor. Dit
blyk uit die feite wat hier
voor die Hof gelê is dat die band eerder pap geword het nadat dit teen die
randsteen gebots het.
Dit lyk 'n meer logiese gevolgtrekking om te
maak."
Die vraag of die band inderdaad pap geword
het en indien wel, wat die oorsaak daarvan was, is nooit tydens die
14/...
14
verhoor ,ondersoek nie. Die appellant is nie daaroor uitgevra nie en die
Staat het geen gétuienis daaromtrent aangebied nie.
Die aanklaer het
inderdaad, nadat appellant se verklaring ingevolge art 112 van die
Strafproseswet ingehandig was, soos vroeer gemeld,
gesê dat hy niks het om
by te voeg nie. Daardeur het die aanklaer te kenne gegee dat die Staat die
grondslag waarop appellant
skuldig gepleit het, aanvaar. Vgl
S v Swarts
1983(3) SA 261 (K) op 263. Dit sou derhalwe 'n mistasting wees om die vonnis op
'n ander grondslag te bepaal. (Sien
S v Soci
1986(2) SA 14(A) op 18-19.)
Hoe dit ook al sy, daar was geen getuienis voor die Streeklanddros geplaas wat
hom in staat gestel het
om die gevolgtrekking waartoe hy geraak het met
betrekking tot die stadium waarop die band pap geword het, te maak nie. In
dié
opsig het die Streeklanddros dus 'n verdere mistasting begaan.
15/...
15
Inaggenome die Streeklanddros se wanvoorligtings soos hierbo vermeld, beide
waarvan van 'n wesenlike aard was, staan dit hierdie Hof
vry om sy eie oordeel
te laat geld en opnuut 'n gepaste vonnis te vel.
Soos blyk uit wat
vroeër in hierdie uitspraak gesê is, bestaan daar leemtes in die wyse
waarop hierdie saak aan die verhoorhof
voorgelê is. In dié verband
is dit slegs nodig om twee voorbeelde te noem. Eerstens, met betrekking tot die
vraag of
die band pap geword het, is daar geensins gepoog om die verhoorhof in
te lig of die voertuig onmiddellik na die ongeluk ondersoek
is en of die linker
voorwiel inderdaad pap was nie. Tweedens, die foto wat die aanklaer aan Tiedt
getoon het ten einde aan te dui
waar sy huis geleë is met betrekking tot
die ongelukstoneel, dui verskeie punte aan wat gemerk is van A tot J. Twee
polisiemanne
asook ander persone staan op die
16/...
16
toneel. Daarbenewens word sekere vaste punte aangetoon. Die afleiding is
duidelik, nl dat daar 'n polisie-ondersoek uitgevoer is,
dat 'n sketsplan tesame
met 'n sleutel daartoe voorberei is en dat die punte wat op die foto gemerk is,
ooreenstem met dié
op die sketsplan. Indien daardie plan ingehandig en 'n
behoorlike verduideliking daarvan voor die hof geplaas sou gewees het, sou
die
verhoorhof seer sekerlik beter daartoe in staat gewees het om te bepaal hoe en
presies waar die ongeluk plaasgevind het. In die
afwesigheid van sodanige
getuienis moes die verhoorhof, en moet hierdie Hof nou, poog om uit die karige
gegewens voor hom geplaas,
vas te stel wat die oorsake van die ongeluk was en
tot watter mate die appellant nalatig was.
Die Streeklanddros het bevind dat die appellant "redelik grof nalatig was,
eintlik baie grof nalatig".
17/...
17
Hierdie bevinding was inderdaad die grondslag van sy beslissing dat
gevangenisstraf "geregverdig is en inderdaad die enigste gepaste
vonnis
is".
Waar 'n beskuldigde, in 'n geval soos die onderhawige, aan roekeloosheid
of growwe nalatigheid skuldig is, is direkte gevangenisstraf,
selfs in die geval
van 'n jeugdige eerste oortreder, nie op sigself onvanpas nie. Sien
S v
Viljoen
1971(3) SA 483(A). Voordat gevangenisstraf egter opgelê word,
is dit noodsaaklik dat daar 'n deeglike analise van die getuienis
gemaak word
ten einde vas te stel presies hoe die ongeluk gebeur het, aangesien die
beskuldigde se verwytbaarheid en die graad van
sy nalatigheid daarvan afhang. In
Rex v Swanepoel
1945 AD 444
het DAVIS WN AR dit soos volg gestel op
449:
"It seems to me quite evident that, before a Court can find
that it has been proved that an
18/...
18
accused person has acted with such reckless disregard of the rights of others,
or even with such gross negligence, as to merit imprisonment,
it must first very
carefully analyse the evidence and arrive at some precise and accurate
conclusion as to what has been proved to
have
occurred."
Sien ook
R v Bredell
1960(3) SA
558(A) op 561 A.
In die onderhawige geval blyk dit uit paragraaf 2 van die
appellant se verklaring dat die appellant teen 'n spoed van "ongeveer 100
k p u"
gery het wat hy erken het gevaarlik was, inaggenome die feit dat die pad 'n
draai na regs gemaak het asook sy gebrek aan bestuurderservaring.
In paragraaf 3
van sy pleitverduideliking sê die appellant dat sy voertuig met die
randsteen gebots het "net toe hy op die
punt gekom het waar die pad weer in 'n
reguit lyn loop". Op sigself blyk dit uit wat hy hier sê dat hy alreeds
deur
19/...
19
die draai beweeg het toe hy met die randsteen gebots het. Indien dit die
geval is, ontstaan die vraag of die feit dat die pad 'n draai
na regs gemaak
het, enigsins 'n relevante faktor was. Word sy verklaring egter in die geheel
gelees word, blyk dit dat die feit dat
die pad 'n draai na regs gemaak het, tog
relevant was aangesien sy erkenning daarop neerkom dat met sy gebrek aan
bestuurderservaring,
die spoed waarteen hy
die draai
geneem het, nie
alleen gevaarlik, maar ook wederregtelik en nalatig was.
Voorts behandel die
appellant, in sy verklaring, die redes waarom sy voertuig met die randsteen
gebots het. Hy meld as een van die
redes, dat sy linker voorband in daardie
stadium besig was om pap te word. Soos hierbo daarop gewys, was daar geen
getuienis voor
die verhoorhof om hierdie "waarskynlikheid" te weerspreek nie, en
moet dit dus, vir doeleindes van bepaling van hoe die ongeluk
20/...
20
gebeur het, aanvaar word. Die respondent se advokaat het betoog dat aangesien
die appellant slegs gesê het dat dit "waarskynlik"
die geval is, dit
beteken dat die appellant dit nie as 'n feit kon aanbied nie en dat die hof
derhalwe geen ag daarop moet slaan
nie. Ek stem nie met hierdie betoog saam nie.
Die waarskynlikheid waarna die appellant verwys het, was klaarblyklik 'n
afleiding
wat hy uit die f eite wat aan hom bekend was, gemaak het en in die
afwesigheid van enige suggestie dat dit nie 'n gegronde afleiding
was nie, moet
dit inderdaad by die bepaling van wat tot die ongeluk aanleiding gegee het, in
ag geneem word.
Die appellant het nie aan die hand gedoen dat die feit dat
die band waarskynlik besig was om pap te word, die enigste rede vir die
botsing
met die randsteen was nie. In sy verklaring koppel hy dit aan die
21/...
21
snelheid waarteen hy gery het en hy erken dat nadat hy met die randsteen
gebots het, hy beheer oor die voertuig verloor het juis as
gevolg van die
snelheid waarteen hy gery het.
Wat wel buite rekening gelaat moet word, is
die suggestie in Mitsie de Kock se getuienis dat die appellant
vóór die
ongeluk sterk drank gedrink het. Haar getuienis in die
verband is, om die minste te sê, vaag en onoortuigend. Daarbenewens
was
dit nie deel van die Staatsaak dat die appellant onder die invloed van sterk
drank was nie of dat drank enige rol in hierdie
ongeluk gespeel het nie. Indien
die Staat daardie aantyging teen die appellant wou gemaak het, sou daar seer
sekerlik getuienis van
'n meer direkte aard voorgelê gewees het.
Om saam te vat, is dit moontlik om uit die tersaaklike getuienis te bepaal
dat die appellant se
22/...
22
nalatigheid daaruit bestaan het dat hy teen 'n snelheid van ongeveer 100 k p
u gery het, wat 'n gevaarlike spoed was, inaggenome die
draai na regs en sy
gebrek aan bestuurderservaring. Die snelheid waarteen hy gery het, saamgeneem
met die feit dat sy linker voorband
waarskynlik besig was om pap te word, het
daartoe aanleiding gegee dat hy met die randsteen aan die linkerkant van die pad
gebots
het en as gevolg daarvan beheer oor die voertuig verloor het.
Wat egter ook in die weegskaal geplaas moet word by die bepaling van die
graad van die appellant se nalatigheid, is die feit dat daar
vyf passasiers
agter op die oop bakkie was en dat hy hulle, deur die snelheid waarteen hy gery
het, aan lewensgevaar blootgestel
het selfs indien sodanige gevaar nie
noodwendig aan sy eie optrede te wy te sou gewees het nie. Daar was geen
23/...
23
sitplekke agter op die bakkie nie en die jong meisies moes derhalwe vashou
waar hulle kon. Dit blyk uit die getuienis, en veral die
foto wat deur die Staat
ingehandig is, dat die ongeluk in 'n beboude gebied plaasgevind het. Indien dit
nodig sou geword het om vir
'n ander voertuig of 'n voetganger, of selfs 'n
hond, skielik rem te trap of om van rigting te verander, sou die passasiers
agter
op die oop bakkie die risiko geloop het dat hulle uitgegooi sou gewees het
met moontlike noodlottige gevolge.
Daarbenewens moet ook in gedagte gehou
word dat die ongeluk nie te wyte was aan 'n skielike oordeelsfout wat die
appellant op die
ingewing van die oomblik begaan het nie. Ofskoon dit nie
moontlik is om te bepaal presies hoe lank die appellant op hierdie gevaarlike
wyse bestuur het nie, is dit nogtans duidelik dat hy oor 'n aansienlike afstand
so gery het. Uit Mitsie de Kock se getuienis kom
24/...
24
dit voor dat lank voor die ongelukstoneel bereik is, hulle paniekbevange
geraak het en begin skreeu het dat die appellant stadiger
moet ry.
Sonder om
'n etiket op die nalatigheid wat bewys is, te plaas, wil dit my voorkom dat die
appellant se nalatigheid sonder twyfel as
ernstig beskou moet word.
Die
appellant se advokaat het aangevoer dat alhoewel strafbare manslag 'n
gevolgsmisdaad is en vier persone die lewe gelaat het en
een baie ernstig beseer
is, hierdie gevolge nie oorbeklemtoon moet word nie. Dit is inderdaad so dat
aangesien selfs 'n ligte graad
van nalatigheid afgryslike gevolge kan hê,
terwyl growwe nalatigheid soms heel onbenullige gevolge kan hê, die
gevolge
van 'n beskuldigde se nalatigheid nie by straftoemeting oorbeklemtoon
behoort te word nie. Sien
S v Hougaard
1972(3) SA 748(A) op 758 F-G.
25/...
25
Die feit dat 'n beskuldigde se nalatigheid lewensverlies tot gevolg gehad
het, is egter 'n faktor wat by straftoemeting in ag geneem
kan en behoort te
word. In
S v Ngcobo
1962(2) SA 333(N) het MILLER R op 337 A-B aangedui
dat die rede hiervoor is
" not so much for its purely punitive effect
on the
culprit, who may not deserve severe punishment, but for its deterrent effect in
emphasising 'the sanctity of human life' and
in warning motorists that
negligence on the highways may well result in the death of innocent persons and
in severe penalties being
imposed upon those responsible therefor." (Sien ook
S v Barnardo
1960(3) 552(A) op 557 D.)
Die gevolge van die appellant se nalatigheid was
afgryslik en tragies en kan nie buite rekening gelaat word
wanneer dit by
die bepaling van 'n gepaste vonnis kom nie.
Selfs met inagneming van appellant se jeugdigheid en die
26/...
26
feit dat hy 'n eerste oortreder is, verg die omstandighede -indien die
appellant se persoonlike omstandighede, die erns van die misdaad
en die belange
van die gemeenskap behoorlik teenoor mekaar opgeweeg word - die oplegging van
direkte gevangenisstraf. Na my mening
sou 'n gepaste vonnis twaalf maande
gevangenisstraf wees. Met die opskorting van die appellant se
bestuurderslisensie sou ek nie
inmeng nie.
Gevolglik slaag die appèl
gedeeltelik en word die vonnis deur die Streeklanddros opgelê, behalwe die
opskorting van die
appellant se bestuurderslisensie, deurgehaal en met die
volgende vervang :
"12 (twaalf) maande gevangenisstraf".
G. PRIEDMAN
Wn AR.
HOEXTER AR)
BOTHA AR) Stem saam.