Prokureur-General, Noord-Kaap v Hart (248/88) [1989] ZASCA 112; [1990] 1 All SA 352 (A) (22 September 1989)

Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Appeal against sentence — Appellant challenging the substitution of original sentence with a fine and suspended imprisonment — Respondent convicted of possession of cannabis prior to amendment of legislation allowing for fines — Legal principle regarding non-retroactivity of penal laws — Court held that the original sentence was valid and should not have been altered by the court a quo, as the new provisions did not apply to past offences.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1989
>>
[1989] ZASCA 112
|

|

Prokureur-General, Noord-Kaap v Hart (248/88) [1989] ZASCA 112; [1990] 1 All SA 352 (A) (22 September 1989)

DIE PROKUREUR-GENERAAL : NOORD-KAAP
Appellant
en
ALEX
HART
Respondent
Saaknommer 248/88 - mp
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:-
DIE PROKUREUR-GENERAAL : NOORD-KAAP
Appellant
en
ALEX
HART
Respondent
CORAM:
HOEXTER, BOTHA, HEFER, SMALBERGER, ARR
et
FRIEDMAN, Wnd
AR
VERHOOR:
28 Augustus 1989
GELEWER:
22 September 1989
UITSPRAAK
HOEXTER, AR
2
HOEXTER, AR,
Dit is 'n strafappèl
teen vonnis. Die appellant is die Prokureur-generaal van die Noord-Kaap. Die
respondent is 'n dertigjarige
manspersoon wat op 25 Maart 1986 in die
landdroshof te Kimberley aan 'n oortreding van art 2(b) van die Wet op die
Misbruik van Afhanklikheidsvormende
Stowwe en Rehabilitasiesentrums No 41 van
1971 ("Wet 41 van 1971") skuldig bevind is. Die Staat het bewys dat die
respondent dagga
met 'n massa van 3 gram besit het. Op dieselfde datum ("die
datum van vonnis") het die land-dros die respondent 'n vonnis van 12
maande
gevangenisstraf, die helfte waarvan vir 'n tydperk van 5 jaar voorwaardelik
opgeskort is, opgelê.
Teen sy skuldigbevinding en vonnis het die respondent na die Noord-Kaapse
Afdeling van die Hoogge-regshof appèl aangeteken.
'n Hof bestaande uit
VAN RHYN, RP
en
3
en ERASMUS, R het die appèl gedurende Mei 1987 aangehoor.
Die
appèl teen die skuldigbevinding het misluk maar die
hof
a quo
het die vonnis deur die verhoorhof opgelê ("die
oorspronklike vonnis")
vernietig en deur 'n ander vonnis
("die gewysigde vonnis") vervang. Ingevolge die gewysig-
de vonnis is die
respondent 'n boetestraf van R150 (by wan-
betaling waarvan 4 maande
gevangenisstraf), tesame met 'n
verdere 4 maande gevangenisstraf wat vir 'n
tydperk van 5
jaar voorwaardelik opgeskort is, opgelê. Die hof
a
quo
het die oorspronklike vonnis versag omdat hy dit as buiten-
sporig
swaar beskou het. In die loop van die uitspraak
van ERASMUS, R (waarmee VAN
RHYN, RP saamgestem het) word
o a gesê:-
"Onder al die omstandighede is hierdie Hof van
mening dat die vonnis onredelik swaar
is, en is hierdie Hof geregtig om in te gryp
in die vonnis wat gevel is."
Met
4 Met verlof
van die hof
a quo
kom die appellant voor hierdie hof in hoer
beroep.
Op die datum van vonnis was die strafbepalings van Wet 41 van 1971
ten opsigte van die wederregtelike besit van dagga sodanig dat
by
skuldigbevinding daaraan 'n hof verplig was om 'n vonnis van gevangenisstraf op
te lê. 'n Boetestraf daarvoor was destyds
nie 'n bevoegde strafvorm nie.
Eers op 24 September 1986 (d w s ná die datum van vonnis maar alvorens
die respondent se appèl
deur die hof
a quo
bereg is) is by art 1
van Wet No 101 van 1986 ("die 1986 wysigingswet") vir die oplegging van 'n
boetestraf vir die oortreding waaraan
die respondent hom skuldig gemaak het,
voorsiening gemaak. Die vraag wat by hierdie appèl na vore tree, maar wat
ten tyde
van die beredenering van die respondent se appèl in die hof
benede nie aangeroer is nie, is of in die omstandighede hierbo
aangedui die
respondent voor die hof
a quo
'n geldige aanspraak
kon
5
kon maak op die straftemperende bepalings wat ná die datum van vonnis
by die 1986 wysigingswet afgekondig is. Namens die appel-lant
is
áangevoer dat die hof
a quo
nie by magte was om die oor-spronklike
vonnis deur die gewysigde vonnis te vervang nie terwyl die respondent se
advokaat betoog het
dat die hof
a quo
die betrokke wysiging van vonnis
regmatig aangebring het.
By die uitleg van ons wette bestaan daar 'n algemeen
erkende vermoede dat, tensy die teendeel blyk, die wetgewer alleen toekomstige
aangeleenthede wil raak, en nie reeds ver-rigte sake nie. Hierdie vermoede kom
dan ook ter sprake wanneer 'n statutêr-voorgeskrewe
straf wat ten opsigte
van 'n bepaalde misdryf geld, verander word by 'n wysigingswet deur die
wetge-wer afgekondig ná die
datum waarop die misdryf gepleeg is (of
waarop die veroordeelde daaraan skuldig bevind word) maar voor die datum waarcp
die veroordeelde
daarvoor gevonnis word. Ra-kende die trefwydte van dusdanige
wysigingswette maak een van
ons
6
ons ou skrywers 'n duidelike onderskeid tussen strafverskerpende
en
strafverligtende bepalings. Glück,
Pandecten
1 1 par 21
verklaar
(op bl 144):-
"Die Regel, das positive Gesetze nicht auf vorher geschehene, sondern nur auf
zukunftige Handlungen angewendet werden durfen, gehet
ubrigens auch auf
Strafgesetze. Man hat daher bei Bestimmung der Strafe eines begangenen
Ver-brechens darauf zu sehen, was zu der
Zeit, da das Verbrechen begangen wurde,
fur eine Strafe in den Gesetzen bestimmt gewesen, denn nur diese hat der
Missethater eigentlich
verwirkt, nicht aber diejenige, so erst nachher durch ein
neues Gesetz, wenn auch noch vor geendigter Untersuchung, ist eingefuhret
worden.
Es giebt indessen Ausnahmen von unserer Regel.
Hierher gehort,
1 )
2)
3)
4)
(op bl 146)
5) Wenn das neue Gesetz eine Handlung
erlaubt, die das altere
verboten
hatte, oder die Strafe des altern
Gesetzes mildert, so kommt ein
solches
Gesetz auch demjenigen Uebertreter zu
statten, an welchem die
verwirkte
Strafe,
7
Strafe, zur Zeit der Publication des
neuern Gesetzes, noch nicht
vollzogen
war. Das neue Gesetz ist in diesem
Falle gleichsam als eine
allgemeine
Begnadigung anzusehen "
In
R v Mazibuko
1958(4) SA 353 (A) het hierdie hof verwys na
die
algemene reël wat Gluck,
op cit,
op bl 144 verkondig.
In daardie
saak het dit gegaan oor 'n wysiging van die Straf-
proseswet No 56 van 1955
deur die Strafproses-wysigingswet
No 9 van 1958 waarkragtens, indien dit by
skuldigbevinding
aan roof bevind word dat verswarende omstandighede
aanwesig
was, 'n diskresie om die doodstraf op te lê aan die
verhoorhof
verleen word. Mazibuko het gedurende November 1957 roof
gepleeg
en hy is gedurende Mei 1958 tot die dood veroordeel.
Hy het geappelleer en
hierdie hof moes oorweeg of dit die
verhoorhof vrygestaan het om die
doodvonnis op te lê vir 'n roof
wat voor die inwerkingtreding van die
betrokke wysigings-
wet gepleeg is. Sy appèl het geslaag. Die hof het
beslis
dat
8
dat die betrokke wysigingswet nie bedoel is om terugwerkend
van toepassing
te wees nie. Bygevolg is die straf ver-
nietig en die saak na die verhoorhof
vir oplegging van h
ander straf terugverwys. STEYN, AR, wat die
uitspraak
van die hof gelewer het, het 'n onderskeid getref
tussen
wetsbepalings betreffende die strafmaat en
prosesregtelike
bepalings wat gewoonweg alle daaropvolgende prosesse
raak.
Met verwysing na Gudelinus,
de Jure Novissimo,
5,2 bl
215,
het STEYN, AR verklaar (op 356F/H):-
"Volgens
Gudelinus
sou 'n hof dus by bepaling van die toelaatbare
strafmaat of strafsoort ag moet slaan op die wetsbepalings wat tydens die pleeg
van
die misdaad van krag was. Hier-voor is bevestiging te vind in Voet, Ad
Pandectas
1.3.17. Hy sê nl. in verband met die reël teen
terugwerkendheid dat indien 'n straf opgelê moet word vir 'n misdryf
wat
ge-pleeg is voor 'n nuwe wet wat die strawwe verskerp, dan moet die dwangmiddel
nie luidens die voorskrif van die nuwe daaropvolgende
wet toegemeet word nie,
maar luidens dié van die vroeëre wet. Glück,
Pandecten
1.1 par 21 bl 144,
spreek
\ m
9
spreek in 'n dergelike verband dieselfde siens wyse uit. Die reël, sê
hy, dat positiewe wette nie op reeds verrigte maar
slegs op toe-komstige
handelinge aangewend kan word, slaan ook op strafwette. Daarom moet by die
bepalings van die straf vir 'n begane
oortreding daarop gelet word welke straf
in die tyd toe die oor-treding begaan was, in die wette bepaal was, want eintlik
het die
misdadiger hom slegs dié straf op die hals gehaal, en nie die
straf wat eers later, al is dit dan nog voor die end van die
ondersoek, deur 'n
nuwe wet ingevoer is nie."
Die belese regter het
voorts verwys na
Dig
48.19.1 pr.,
(op 356
in fin
/357A.) en Brunneman (op 357 A/C). Daarna,
en rakende
"die onderliggende beginsel dat waar 'n verskil
in straf verband hou met die onderskeie tye waarop die
misdaad gepleeg en
bereg word, die tydstip van die misdaad
die deurslag moet gee" (op 357 B/C),
het hy verder gesê (op
357C):-
"Dit skyn in ons reg veral die geval by 'n strafverhoging te wees. By 'n
strafvermin-dering word ander oorwegings erken wat tot 'n
ander gevolgtrekking
kan lei."
In
10
In die loop van sy uitspraak het STEYN, AR (op 357 E/F) verder
die volgende opmerkings gemaak:-
"Hoewel ons strafwette veelal lui dat die oor-treder by skuldigbevinding binne
die perke van 'n aangewese maksimum strafbaar sal
wees, is dit nie die
skuldigbevinding nie maar die mis-dryf waaruit bedoelde strafbaarheid ontstaan.
Sodra die misdryf gepleeg is,
is die dader aanspreeklik nie slegs vir die
sivielregtelike gevolge van sy daad nie maar ook vir die strafregtelike. Hy word
onmiddellik
aanspreek-lik vir 'n straf binne die perke van die strafsoort of
strafsoorte waarmee sy daad alsdan beteuel word."
R v Mazibuko
(
supra
) was 'n geval van 'n
misdaad
gepleeg voordat 'n strafverskerpende
wysiging in werking
getree het. Kort daarna, in
R v Sillas
1959(4) 305
(A),
het hierdie hof aandag geskenk aan die geval van 'n straf-
temperende
wysiging wat ná pleging van die betrokke misdaad
in werking getree
het. Gedurende Maart 1959 het die beskuldigde
verkragting gepleeg. Die
straftemperende bepaling het in
werking getree op 1 September 1959, die dag
waarop die be-
skuldigde
11
skuldigde skuldig bevind is; en drie dae voor hy gevonnis is. Die beskuldigde
se vorige veroordelings was sodanig dat inge-volge die
bepalings van die
Strafproseswet 56 van 1955, soos dit gelui het op die datum van die pleging van
die misdaad, die hof se verklaring
van die beskuldigde tot gewoontemisda-diger
verpligtend was. Was die wysiging egter op die beskuldigde van toepassing, sou
die verklaring
tot gewoonte-misdadiger nie verpligtend gewees het nie; en die
verhoorregter het aangedui dat hy in daardie geval die beskuldigde
slegs 'n
vonnis van gevangenisstraf en lyfstraf sou opgelê het. Die verhoorregter
het tot die slotsom geraak dat die datum
van pleging van die misdaad
deurslaggewend was. Hy het die be-skuldigde derhalwe tot gewoontemisdadiger
verklaar, maar uit eie beweging
die regspunt betreffende die korrekte wetsuitleg
vir beslissing deur hierdie hof voorbehou. Hierdie hof het
eenparig
12
eenparig die regspunt ten gunste van die beskuldigde uitgewys
en beslis
dat die vonnis van die beskuldigde ooreenkomstig
die bepalings van die
Strafproseswet, soos op 1 September
1959 gewysig, bepaal moes gewees het.
Sowel SCHREINER, AR as BOTHA, Wn AR het
uitsprake
gelewer. Die ander drie lede van die hof
het met albei
uitsprake saamgestem. In sy uitspraak het SCHREINER, AR
(wat 'n lid van die hof in
R v Mazibuko
(
supra)
was)
dit
dienstig geag om aan te dui presies waarop die
ratio
decidendi
van die beslissing in
R v Mazibuko (supra)
neerkom.
Op
311 C/H het hy hom as volg uitgelaat:-
"It was suggested that the whole basis of the decision was that in our law the
date of the offence fixes the punishment because the
accused at that date has
incurred the then applicable penalty and no other. Unless, therefore, the later
legislation clearly makes
the new penalty applicable to past offences the old
one must be applied, irrespective of the factor of severity.
No
doubt
13
doubt the view that in our law the position at the date of the offence fixes
by a kind of logic the penalty to be suffered was important
to the reasoning,
but it was not decided that it must always be looked at to the exclusion of
other considerations. On the contrary,
it is clear from p.357 that other
considerations which may lead to a different result are taken into account when
the new provision
reduces the penalty. The
ratio decidendi
of the
judgment is accordingly not simply that the crime logically and necessarily
carries its fixed penalty when it is committed
but that, where the penalty is
increased the accused is entitled to be treated on the basis of the penalty
existing at the date of
the offence. The whole of the
ratio decidendi
was
that a penalty cannot without express words or clear implication, be increased
against a wrongdoer after the commission of the
offence.
I have consulted the authorities mentioned in the judgment in
Mazibuko's
case and those referred to in
Voet
1.3.17. They do not
in general deal with the reduction of a penalty. The language of
Voet,
however, in the passage cited shows that, in saying
(Gane's
translation
I, p 47):
'If a penalty has to be imposed for wrongdoing committed before a
new
law.
14
law which perhaps sharpens the penal-ties, then it must be inflicted according
to the terms of the old and not of the succeeding
new
law'
he had in mind primarily the case, which is un-fortunately the commonest, of an
increased penalty. There appears at least to be no
authority supporting the view
that past offences are presumed to be excluded from the operation of a new law
which reduces the penalty."
Net soos in
R v Sillas
(
supra)
gaan dit in die
onder-
hawige geval oor 'n straftemperende wysiging
wat ná pleging
van die betrokke misdaad in werking getree het. Anders
as
R v Sillas
(
supra
), egter, is die posisie hier dat die
wysi-
ging ná die datum waarop die veroordeelde skuldig bevind
en
gevonnis is in werking getree het. Met die oog op laasge-
noemde het
die appellant se advokaat sterk gesteun op 'n
dictum van RABIE, AR in die
saak van
S v Crawford and Another
1979(2) SA 48 (A) wat later in
S v Smith
(2) 1987(4) SA 768 (A)
op
771 A/F met instemming aangehaal is. In
S v Crawford
(
supra)
15
(
supra
) is die beskuldigdes gedurende 1977 in die landdros-hof
ingevolge art 2(a) van Wet 41 van 1971 aan handel in dagga skuldig bevind
en is
elkeen tot 5 jaar gevangenisstraf gevonnis. Op appèl na die Oranje
Vrystaatse Provinsiale Afdeling is die skuldigbevindinge
verander na
skuldigbevin-dinge aan oortreding van art 2(b) van Wet 41 van
1971
(wederregtelike besit van dagga); en dientengevolge is die vonnisse
verminder na gevangenisstraf van 2 jaar in geheel voorwaardelik
opgeskort. In 'n
verdere appèl (deur die Prokureur-generaal) na hierdie hof is die
oorspronklike skuldigbevindinge en vonnisse
soos deur die landdros aangeteken en
opgelê weer herstel. Ten tyde van die verhoor in die landdroshof was howe
by 'n oortreding
van art 2(a) van Wet 41 van 1971 aan 'n minimum vonnis gebonde.
Kragtens Wet No 76 van 1978 ("die 1978 wysigingswet") wat op 9 Junie
1978 in
werking getree het, was die minimum verpligte vonnisse nie
meer ..'
16
meer van toepassing op dagga-oortredings ingevolge Wet 41
van 1971 nie.
Die appèl na hierdie hof is in November 1978
aangehoor. In die loop
van hul betoë het die advokate aan
beide kante hierdie hof gevra om
oorweging te skenk aan die
vraag of die 1978 wysigingswet nie 'n ligter straf
as die
opgelegde vonnis van 5 jaar gevangenisstraf kon regverdig
nie.
Hieromtrent het RABIE, AR (wat die uitspraak van die hof
gelewer het)
hom soos volg uitgelaat (op 56 B/C):-
"Counsel drew our attention to the fact that in terms of an amendment introduced
by s 1 of Act 76 of 1978 a court is no longer obliged
to impose a sentence of
five years imprisonment for a contravention of s 2(a) of the Act if such
contravention relates to dagga only.
Counsel for both parties suggested that a
lesser sentence than the one imposed by the magistrate would meet the justice of
the present
case and that consideration should be given to the question whether
the amending provision is applicable to the present case. It
seems to be clear,
however, that the provision is not of application to the present case, and this
Court cannot on appeal impose
a
17
a sentence which would at the time of the respondents' conviction not have been
a competent sentence for the magistrate to
impose."
(In
S v Smith
(
supra)
het dit
gegaan oor die 1986 wysigingswet.
Die appellant in daardie saak is meer as 'n
jaar voor die in-
werkingtreding van die wysiging in die landdroshof
ingevolge
Wet 41 van 1971 skuldig bevind en gevangenisstraf
opgelê;
en op appèl na die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling
is
die appèl sowel teen die skuldigbevinding as die vonnis
afge-
wys. Voor hierdie hof is die geldigheid van die vonnis deur
die
landdros opgelê nie aangeveg nie.)
Die beroep wat die appellant se advokaat op die
dictum
in
S v Crawford (supra)
hierbo
aangehaal, gedoen het, is m i mis-
plaas. Dit verloor uit die oog die
noodwendige regsgevolge in die
onderhawige geval van die hof
a quo
se
inmenging in die oorspronk-
like vonnis. By vernietiging van die oorspronklike vonnis, so
kom
18
kom dit my voor, moet die status van die respondent in/daardie^: stadium van
die strafregtelike verrigtinge juridies gesproke as dié
van 'n
ongevonnisde veroordeelde aangemerk word. Hierdie toedrag van sake bied 'n
aanknopingspunt met een van die voor-beelde wat
Gluck,
op cit,
in sy
vyfde uitsonderingsgeval op bl 146 noem: 'n straftemperende wysiging toegepas
tot voor-deel van 'n misdadiger wat 'n straf
op die hals gehaal het wat by
afkondiging van die wysiging egter nog nie voltrek is nie. Toe die hof
a
quo
die oorspronklike vonnis vernietig het, was die posisie van die
respondent na my oordeel wesenlik dieselfde-as wat dit sou gewees
het indien die
verhoorhof op 25 Maart 1986 onmiddellik na die skuldigbevinding die verhoor van
die respon-dent tot 'n datum later
as 24 September 1986 sou uitgestel het.
In
verband met die geskilpunt wat in die onder-hawige appèl opduik kan
verder met nut gekyk word na die benadering aangedui
in twee beslissings van die
Kaapse
Provinsiale
19
Provinsiale Afdeling. Die eerste beslissing is
S v Innes
1979(1) SA
783 (K). In daardie geval het 'n landdros gedurende Mei 1978 die beskuldigde aan
'n oortreding van art 2(a) van Wet 41
van 1971 (handeldryf in dagga) skuldig
bevind en hom die toentertyd voorgeskrewe minimum vonnis van 5 jaar
gevangenisstraf opgelê.
By hersiening is die skuldigbevinding bekragtig
maar omdat daar oor die ouderdom van die beskuldigde twyfel bestaan het, het die
hersienings-regter die vonnis ter syde gestel en die saak na die landdros terug
verwys. Inmiddels het die 1978 wysigings-wet op 9
Junie 1978 in werking getree.
In Augustus 1978, en nadat bevind is dat die beskuldigde 23 jaar oud was, moes
die landdros opnuut
vonnis oplê. Die landdros was van oordeel dat die
beskuldigde nie deur die 1978 wy-sigingswet geraak is nie en hy het hom
andermaal
tot 5 jaar gevangenisstraf gevonnis. Toe die saak weer op
hersiening.
20
hersiening deurgestuur is, het 'n voltallige regbank die
landdros met sy beskouing dat die 1978 wysigingswet nie
van toepassing op
die beskuldigde was nie in die ongelyk
gestel. Die vonnis deur die landdros
opgelê, is vernietig
en met 'n vonnis van 6 maande gevangenisstraf wat
voorwaar-
delik opgeskort is, vervang. In sy uitspraak haal die
hof aan
(op 784 G) die vyfde uitsondering wat Glück,
op cit
, bl 146,
noem; en word die beslissings van hierdie
hof in
R v Mazibuko
(
supra)
en
R v Sillas
(
supra
) op
785 C/F bespreek. Op
787 A/C verklaar BURGER, R:-
"Die Wetgewer het dit in die openbare belang geag dat die Howe bevoeg sal wees
om straf minder as vyf jaar gevangenisstraf op te
lê. Dit is klaarblyklik
in die openbare belang om nie hierdie bevoegdheid tot be-skuldigdes wat nog nie
veroordeel is te beperk
nie, maar dit tot alle ongevonnisdes uit te brei,
behalwe as daar 'n besondere rede tot die teendeel is.
Waar die wysigende Wet die straf verminder
of..
21
of die howe 'n wyer diskresie gee dan is daar twee beginsels albei ten gunste
daarvan dat die wysiging so wyd moontlik toegepas moet
word; nie alleen is dit
in die openbare belang nie maar ook die beginsel dat in straf-sake daar 'n
vermoede ten gunste van die onderdaan
is in geval van
twyfel."
Kyk verder:
S v Thekiso
1978(4) SA
646 (0); en
S v Williams
1979(3) SA 1270 (K).
Tweedens verwys ek na
die beslissing in
S v Mpendokana
1987(3) SA 20 (K). 'n Landdros het die
beskul-digde skuldig bevind aan 'n oortreding van art 2(a) van Wet 41 van 1971
en hom tot
2 jaar gevangenisstraf, waarvan die helfte voorwaardelik opgeskort
is, gevonnis. Teen sy vonnis het die beskuldigde na die Kaapse
Provinsiale
Afdeling appèl aangeteken. Na aanhoor van die appèl is uitspraak
voorbehou, en terwyl die hof nog besig
was om oor die aangeleentheid te besin,
het die 1986 wysigingswet in werking getree. Op 23 Oktober 1986 het die hof 'n
uitspraak
gelewer waarvolgens
hy
22
hy die opgelegde vonnis vernietig en vervang het deur 'n
boetestraf van
R200, by wanbetaling waarvan 12 maande ge-
vangenisstraf, en 'n verdere 12
maande gevangenisstraf wat
vir 3 jaar voorwaardellik opgeskort is.
MARAIS, R (met wie se uitspraak BURGER, R
saam-
gestem het) het die hof se handelswyse soos
volg gemotiveer
(op 23 A/G):-
"Ek besef dat 'n Appèlhof seer sekerlik nie 'n vonnis kan of sal verander
bloot omdat 'n nuwe en meer gepaste vonnis as gevolg
van 'n wysiging moontlik
geword het nie. As die landdros se vonnis 'n gepaste een was met inagneming van
die keuses wat destyds bestaan
het of, soos in
5 v Crawford and Another
1979(2) SA 48(A) en
S v Loate
1983(3) SA 400(T), die enigste
moontlike straf, kan 'n Hof van appèl dit natuurlik nie met 'n vonnis
vervang wat destyds nie
bestaan het nie. Hierdie geval is egter nie so 'n geval
nie. Dit is 'n geval waar die opgelegde vonnis onvanpas was selfs met inagneming
van die meer be-perkte keuses wat destyds bestaan het, en die enigste
oorblywende vraag was watter van die alternatiewe strafmaatreëls
gebruik
moes word.
As
23
As die keuse deur 'n wysiging intussen uitgebrei of vergroot
is, meen ek dat die Hof geregtig is om die nuwe strafmaatreël in
aanmerking
te neem. Die Appèlhof se magte kan nie meer beperk wees as die verhoorhof
s'n wanneer dit by vonnis-oplegging kom
nie. Indien die hof
a quo
se
aanvanklike vonnis geheel en al ongeoorloofd sou gewees het, sou die opgelegde
vonnis in wese 'n nulliteit gewees het. Met ander
woorde, die beskuldigde se
posisie sou soort-gelyk aan die van 'n beskuldigde wees wat nog nie gevonnis is
nie. Die beginsel neergelê
in
Innes
se saak sou van toepassing wees
en 'n strafmaatreël wat sedert die aanvanklike 'vonnisoplegging' beskikbaar
geword het, sou
opgelê kon word. Waarom sou dit anders moet wees slegs
omdat die aanvanklike vonnis, hoewel onvanpas, 'n geoorloofde vonnis
was? Ek glo
nie dat die Wetgewer ietwat kunsmatige onder-skeidings van hierdie aard beoog
het nie.
Na my mening is 'n Hof van appèl nie genoop om 'n minder paslike
vonnis op te lê slegs omdat dit nie bestaan het ten
tye van die
aanvanklike vonnis-oplegging nie. As hierdie Hof die saak na die landdros sou
terugverwys het vir vonnisoplegging opnuut,
sou die landdros geregtig gewees het
om van die nuwe vonnis gebruik te maak. Myns insiens sou dit absurd wees om te
bevind dat 'n
Hof van appèl nie self van die nuwe strafmaatreël
gebruik gebruik kan maak nie en dat die enige wyse waar-
volgens
24
volgens so 'n resultaat bereik sou kon word, sou wees om die saak na die hof
a quo
terug. te verwys vir vonnisoplegging
opnuut."
Ek volstaan deur te sê dat bostaande
redenasie na my beskeie mening suiwer is, en ten volle versoenbaar met die
grondbeginsels
van ons reëls van wetsuitleg betreffende straftemperende
wysingingswette.
Die slotsom is derhalwe dat die hof
a quo
regtens
bevoeg was om die oorspronklike vonnis deur sy gewysigde vonnis te vervang. Die
appèl word afgewys.
G G HOEXTER, AR
BOTHA, AR )
HEFER, AR )
SMALBERGER, AR ) Stem saam
FRIEDMAN, Wnd AR )