S v Khaisane (528/88) [1989] ZASCA 108 (21 September 1989)

55 Reportability
Criminal Procedure

Brief Summary

Criminal Procedure — Appeal — Application for leave to appeal — Validity of application — Appellant convicted of murder and illegal possession of a firearm — No formal application for leave to appeal filed within prescribed time — Informal request to Minister of Justice misconstrued as application for leave — Court finds that leave to appeal was improperly granted — Appeal dismissed on merits as sentence deemed appropriate.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1989
>>
[1989] ZASCA 108
|

|

S v Khaisane (528/88) [1989] ZASCA 108 (21 September 1989)

Saak nr 528/88 /MC
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen
FRANCIS KHAISANE
Appellant
- en -
DIE
STAAT
Respondent
CORAM:
SMALBERGER, VIVIER ARR et
FRIEDMAN Wnd AR.
VERHOOR:
21 September 1989
GELEWER:
21
September 1989
UITSPRAAK.
FRIEDMAN Wnd AR.
2/....
2
FRIEDMAN Wnd AR:
Dit is 'n strafappèl teen vonnis wat voor hierdie Hof onder ietwat
buitengewone omstandighede dien. Die appellant is op 20
Januarie 1987 in die
Rondgaande Hof te Vanderbijlpark deur SPOELSTRA R en twee assessore skuldig
bevind aan moord met versagtende
omstandighede asook op 'n aanklag van onwettige
besit van 'n vuurwapen sowel as 'n aanklag van onwettige besit van ammunisie. Op
die aanklag van moord is hy tien jaar gevangenisstraf opgelê terwyl die
ander twee aanklagte saamgeneem is vir doeleindes van
vonnis en hy tot twee jaar
gevangenisstraf daarop gevonnis is. Dit is egter gelas dat laasgenoemde vonnis
met die vonnis wat op die
moord-aanklag opgelê is, moet saamloop sodat
effektiewelik tien
3/...
3
jaar gevangenisstraf uitgedien moet word.
Daar is in geen stadium na
afloop van die verhoor aansoek gedoen om verlof om teen die opgelegde vonnis te
appelleer nie. Op 13 Julie
1988, egter, d w s na verloop van ongeveer agtien
maande, het ene Elias Mpempe 'n skrywe aan die Minister van Justisie gerig
waarin
versoek is dat die appellant se vonnis verminder word. Dit blyk nie uit
die brief dat dit namens appellant geskryf is nie; die skrywer
verwys slegs na
appellant as "my ex-evangelist", wat aandui dat hulle lede van dieselfde
gemeente is. Hierdie skrywe het sy weg gevind
na SPOELSTRA R wat dit
klaarblyklik as 'n
aansoek om verlof om te appelleer beskou het, sodat hy by
wyse van 'n skrywe aan die Griffier van die Transvaalse Provinsiale Afdeling,
verlof aan appellant verleen het om na hierdie Hof teen sy vonnis te appelleer.
In sy
4/...
4
skrywe meld SPOELSTRA R dat 'n ander hof moontlik mag bevind
dat die vonnis van tien jaar gevangenisstraf "in die lig van die liefdesdriehoek
wat tot die moord aanleiding gegee het, te swaar is".
Die respondent se
advokaat het in sy betooghoofde die Hof se aandag daarop gevestig dat die
prosedure wat gevolg is en die wyse waarop
verlof om te appelleer verkry is, tot
so 'n mate onreëlmatig is dat daar inderwaarheid geen behoorlike
appèl voor hierdie
Hof is nie. Hy het in die eerste plek daarop gewys dat
daar geen aansoek om verlof om te appelleer ingedien is nie aangesien die
skrywe
van appellant se vriend aan die Minister slegs 'n administratiewe aksie ter
vermindering van vonnis beoog het. Tweedens het
hy betoog dat selfs al sou die
skrywe as 'n geldige aansoek om verlof om te appelleer beskou word, dit nie
binne die tydperk van
5/...
5
veertien dae wat in art 316(1) van Wet 51 van 1977 voorgeskryf word, geloods
was nie. Derdens was daar geen aansoek om kondonasie
voor die hof a
quo
geplaas om die versuim te verduidelik nie. Laastens is die Staat nie die
geleentheid gebied om 'n betoog in dié verband voor
të lê nie.
Inderdaad het die Staat geen kennis gedra dat verlof versoek is of toegestaan is
nie.
By die aanhoor van die appèl het mnr Roberts wat namens die Staat
opgetree het, egter die billike houding ingeneem dat ten
spyte van bogemelde
onreëlmatighede, hierdie Hof die apèl op die meriete moet afhandel
in die belang van geregtigheid.
Die feite van die aangeleentheid kan kortliks
soos volg saamgevat word: Appellant is 'n getroude man met drie kinders. Ten
tyde van
die pleging van hierdie misdade was hy ongeveer 37 jaar oud. Hy is in
1976
6/...
6
getroud. In 1980 het hy daarvan bewus geword dat sy vrou 'n
verhouding met die oorledene gehad het. Hy en sy vrou is as gevolg daarvan
uitmekaar maar is later weer versoen. Op 14 Januarie 1985 het appellant gehoor
dat die verhouding steeds voortduur. Oorledene het
tussen 9 en 10 vm na
appellant se huis geskakel om met appellant se vrou te praat en hy het daarna
met appellant self gepraat. Hy
het appellant gewaarsku om nie sy vrou aan te
rand nie en het gedreig dat hy appellant se woning met appellant daarbinne, sou
afbrand.
Dieselfde aand het die appellant sy pistool by sy werkplek gaan haal,
homself vermom en na oorledene se huis gegaan waar hy vyf skote
op die oorledene
gevuur het. Twee van die skote het oorledene getref, een in sy bors en die ander
in sy bo-arm. Eersgenoemde was
die noodlottige wond.
Uit die appellant se getuienis ten opsigte van
7/...
7
versagting blyk dit dat hy 'n suksesvolle sakeman was wat 'n
droogskoonmaakonderneming bedryf het waaruit hy ongeveer R900 per week
verdien
het.
Dit is deur appellant se advokaat betoog dat die vonnis van tien jaar
gevangenisstraf buitensporig hoog is. Hy het eerstens betoog
dat die Verhoorhof
die appellant se persoonlike omstandighede onderbeklemtoon het terwyl die erns
van die misdaad oorbeklemtoon was.
Tweedens het hy betoog dat die Verhoorhof nie
genoegsame gewig geheg het aan die feit dat oorledene homself ingemeng het in
die appellant
se huwelik nie. Dit het die appellant geprovokeer en daartoe
aanleiding gegee dat hy opgetree het soos hy wel gedoen het. Derdens
is betoog
dat onvoldoende gewig geheg is aan die feit dat oorledene gedreig het dat hy
appellant se woning sou afbrand. Laastens
is betoog dat die bykomende nadeel
8/...
8
wat gevangenisstraf van so 'n lang tydperk vir appellant teweeg
sou bring, nl dat sy besigheid tot niet sou gaan, nie genoeg gewig
by die
Verhoorhof gedra het nie.
Ek kan nie met hierdie betoog akkoord gaan nie.
Elkeen van die punte wat appellant se advokaat in sy betoog geopper het, is deur
die
Verhoorhof behandel. Dit is onnodig om die tersaaklike dele van die
uitspraak oor vonnis aan te haal. Dit is genoeg om te sê
dat dit 'n
gebalanseerde uitspraak is wat, na my oordeel, nie enige aspek oorbeklemtoon of
onderbeklemtoon nie. Alle relevante feite
is behoorlik in aanmerking geneem. Na
my mening was die opgelegde vonnis in al die omstandighede 'n gepaste een en is
daar geen rede
om daarmee in te meng nie.
Ek moet byvoeg dat verlof nooit
toegestaan moes gewees het om na hierdie Hof te appelleer nie omdat dit
9/...
9
nie 'n saak is wat die aandag van hierdie Hof verg nie. Die appèl word
afgewys.
G. FRIEDMAN Wnd AR.
SMALBERGER AR) VIVIER AR)
10/...