S v Simbaranda (67/89) [1989] ZASCA 107 (19 September 1989)

57 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Sentencing — Appellant convicted of multiple murders and robbery, sentenced to death — Appeal against finding of no mitigating circumstances and imposition of death penalty — Appellant and accomplice, posing as police officers, executed a violent robbery resulting in the deaths of four individuals — Court found appellant actively participated in the crimes and was complicit in the murders — No mitigating factors established, and the court upheld the death sentences.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1989
>>
[1989] ZASCA 107
|

|

S v Simbaranda (67/89) [1989] ZASCA 107 (19 September 1989)

Saak nr 67/89 /MC
PETRUS SIMBARANDA
- en -
DIE STAAT
VIVIER AR
1.
Saak nr 67/89 /MC
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen
PETRUS SIMBARANDA
Appellant
- en -
DIE
STAAT
Respondent
CORAM:
VAN HEERDEN, VIVIER et
STEYN ARR.
VERHOOR:
18 September 1989.
GELEWER:
18
September 1989.
REDES INGEDIEN
: 19 September 1989.
REDES VIR UITSPRAAK.
VIVIER AR.
2/...
2.
VIVIER AR:
Die appellant is in die Hooggeregshof van Suidwes-Afrika deur HENDLER R en
twee assessore skuldig bevind op 'n aanklag dat hy hom
as 'n lid van
Suidwes-Afrika se polisiemag voorgedoen het (klagte 1), 'n aanklag van roof met
verswarende omstandighede (klagte 2),
vier aanklagte van moord (klagtes 3, 4, 5
en 6), een aanklag van diefstal (klagte 7) en een aanklag van ontvlugting uit
aanhouding
(klagte 8). Die Verhoorhof het ten opsigte van elkeen van die vier
aanklagte van moord bevind dat daar geen versagtende omstandighede
aanwesig was
nie en die appellant is gevolglik op elkeen van hierdie aanklagte ter dood
veroordeel. Op die aanklag van roof is hy
ook die doodstraf opgelê. Op
klagte 1 is hy tot 12 maande gevangenisstraf, op
3/...
3.
klagte 7 tot 6 maande gevangenisstraf en op klagte 8 tot een jaar
gevangenisstraf gevonnis. Met verlof van die Hof a
quo
appelleer die
appellant na hierdie Hof teen die bevindings dat daar by die vier klagtes van
moord geen versagtende omstandighede
was nie en die gevolglike doodvonnisse hom
opgelê, sowel as teen die doodvonnis wat hom weens roof opgelê
is.
Die ter saaklike feite wat nie tans in geskil is nie, is die volgende:
Gedurende die nag van Sondag 21 Februarie 1988 het die appellant
en ene
Timotheus Kandjama Moshell na die huis van Josef Sindimba Sipumbu by 'n plekkie
bekend as Myl 30 langs die hoofpad tussen
Rundu en Grootfontein gegaan, waar
Josef, sy vrou Maria, hulle 15-maande oue seuntjie, Mbambo, Maria se broer,
Abraham,en ene Agatius
Sipumbu geslaap het. Die appellant en Moshell was beide
in uniforms van die polisie geklee
4/...
4.
alhoewel geeneen lid van die mag was nie, en was met 'n gelaaide R4
outomatiese geweer gewapen. Hulle het die inwoners van die huis
met die
vuurwapen gedreig en Josef met geweld uit sy huis geneem. Hulle het aan hom
gesê dat hulle lede van die polisiemag
is en dat hulle hom arresteer en na
Grootfontein neem omdat hy verkeerde dinge sou gedoen het. Josef se ouers,
Sipumbu Haupindi en
Aluisa Mavanza, wat naby Josef bly en wat intussen deur
Maria ontbied is, het onraad vermoed en het daarop aangedring om saam te
gaan.
Al die lede van die familie, met die uitsondering van Agatius, wat weggehardloop
het, het toe saam met die appellant en Moshell
in Josef se twee voertuie, 'n BMW
motor en 'n Ford bakkie, wat die betrokke nag buite sy huis geparkeer was,
vertrek. In die BMW,
bestuur deur Moshell, was Maria en Mbambo, terwyl die
ander
5/...
5.
in die Ford was wat voor gery het en bestuur is deur die appellant. Ongeveer
30 km verder in die rigting van Grootfontein, in die
omgewing van 'n plekkie
bekend as Nambeyo, het die voertuie van die hoofpad afgedraai en in die veld
gestop. Na beraadslaging tussen
die appellant en Moshell het laasgenoemde met
Maria en haar kind in die BMW vertrek en later teruggekeer met R2 000-00 wat
hulle
in Josef se huis gaan haal het. Beide voertuie het verder in die rigting
van Grootfontein gery. Hulle het later weer in die veld
gestop waar die
appellant en Moshell weer beraadslaag het. Die appellant het daarna Josef se
ouers in die kajuit van die Ford toegesluit
en hy en Moshell het die ander in
die BMW teruggeneem na Josef se huis waar nog sowat R10 000-00 gevind en aan hom
en Moshell oorhandig
is. Hulle het daarna teruggekeer tot waar hulle die
Ford
6/...
6.
in die veld gelaat het. Josef se ouers het intussen daaraan gedink om die
ruite van die kajuit af te draai en by die vensters uit
te klim en so te
ontvlug. In die omgewing waar hulle gestop het, is Josef, Abraham, Maria en
Mbambo daarna die een na die ander om
die lewe gebring. Eers het Moshell,
volgens die appellant, aangedui dat hy Josef wou ondervra en Moshell het toe vir
Josef gedwing
om in die bakkie te klim. Hulle het 'n entjie weggery tot waar
Moshell gestop en Josef met die geweer doodgeskiet het. Daarna het
Moshell,
volgens die appellant, gesê dat hy met Abraham wou praat. Moshell het 'n
lang jagmes uit die BMW geneem, Abraham uit
die BMW gedwing en hom 'n aantal
dodelike steekwonde in die nek en bors toegedien. Volgens die appellant het
Moshell hom daarna gevra
om Maria dood te maak. Hy het geweier en Moshell het
toe vir
7/...
7.
Maria met die geweerkolf oor die agterkop op die grond
neergevel en haar
daarna nie minder nie as 27 steekwonde
oor die boonste gedeelte van haar
liggaam toegedien.
'n Aantal van die wonde aan haar bors en nek was
noodlottig.
Moshell het die appellant daarna versoek om Mbambo
dood te
maak. Hy het weer geweier en Moshell het toe
self die kind se keel met die
mes afgesny, waarna die
appellant die lykie opgetel en tussen die bosse
ingegooi
het. Die appellant en Moshell het toe in die twee
voertuie na
Windhoek vertrek waar beide voertuie vervreem is
en die appellant ongeveer R3
000-00 as sy deel van
die buit ontvang het. Twee dae later, op Dinsdag
23 Februarie 1988, het Moshell die appellant op Grootfontein
afgelaai en
self verder na Rundu gereis. Hy is egter
dieselfde nag gearresteer nadat hy
in 'n padblokkade
voorgekeer is. Die appellant is kort daarna gearresteer.
8/...
8.
Moshell het voor die verhoor uit aanhouding ontvlug en sy lyk is later uit
die Kavango-rivier gehaal waar hy blykbaar verdrink het.
Die appellant het ook
ontvlug en klagtes 7 en 8 hou met daardie voorval verband.
Die Verhoorhof het
in sy uitspraak oor die meriete bevind dat die appellant en Moshell die betrokke
aand na Josef se huis gegaan het
met die gemeenskaplike opset om Josef te beroof
en dat die appellant die dood van die oorledenes voorsien en hom daarmee versoen
het. Josef het vir die maatskappy Consolidated Diamond Mines gewerk en was 'n
vermoënde man wat hulle vermoed het waarskynlik
geld by hom sou hê.
Die appellant se getuienis tot die teendeel is verwerp en die Hof a
quo
het hom 'n leuenagtige getuie bevind.
Die appellant het nie weer by die
verhoor getuig toe die vraag van versagtende omstandighede
9/...
9.
ter sprake gekom het nie. Namens hom is wel betoog dat die afwesigheid van
die direkte opset om te dood sowel as die feit dat hy 'n
passiewe rol gespeel
het by die moorde, sy morele verwytbaarheid verminder het. Die meerderheid van
die Hof a
quo
het bevind dat hierdie twee faktore nie die appellant se
morele verwytbaarheid verminder het nie, terwyl een van die lede van die
Verhoorhof bevind het dat dit wel die geval was en dat versagtende omstandighede
gevolglik aanwesig was.
Alhoewel die appellant nie self die oorledenes
doodgemaak het nie, kan sy rol, na my mening, glad nie as passief bestempel word
nie.
Hy het die orige drie slagoffers opgepas terwyl Moshell vir Josef om die
lewe gebring het. Volgens die appellant het Moshell by sy
terugkeer, nadat hy
vir Josef doodgeskiet het, aan hom gesê wat hy gedoen het. Toe Moshell
daarna
10/...
10.
die jagmes uit die BMW gaan haal en vir Abraham wegneem, kon daar geen twyfel
by die appellant oor Moshell se voornemens bestaan het
nie. Weer eens, egter,
aanvaar die appellant sy rol om Maria en haar kind op te pas terwyl Abraham
doodgemaak word. Die appellant
het geen beswaar gemaak nie, ook nie toe Maria en
Mbambo daarna om die lewe gebring is nadat Moshell die appellant uitdruklik
vooraf
van sy voornemens verwittig het nie. Inderdaad het hy gehelp om van
laasgenoemde se lyk -ontslae te raak. Dit is duidelik dat die
appellant aktief
meegedoen het aandie moorde en hom ten volle daarmee vereenselwig het. Gevolglik
kan geeneen van die twee faktore
wat hierbo genoem is, as versagtende
omstandighede beskou word nie.
Wanneer na al die omstandighede van die saak gekyk word, was dit 'n goed
beplande roof wat gewelddadig
11/...
11.
en meedoënloos uitgevoer is om die maksimum bedrag geld te roof ongeag
die lot van 'n hele aantal onskuldige mense, waarna die
vier oorledenes op 'n
genadelose en koelbloedige wyse vermoor is. Daar is, na my mening,
geen.regverdiging om met die bevinding van
die meerderheid van die Verhoorhof
ten opsigte van versagtende omstandighede, of met die oplegging van die
doodstraf deur die Verhoorregter
vir die roof, in te meng nie. Die advokaat wat
namens die appellant voor ons verskyn het, kon ook geen rede aanvoer waarom
hierdie
Hof moet inmeng nie.
Vir bogemelde redes is die appèl op 18 September 1989 afgewys,
W. VIVIER AR.
H.J.O. VAN HEERDEN AR.
M.T. STEYN AR.