S v Bosman (102/89) [1989] ZASCA 101; [1990] 1 All SA 289 (A) (11 September 1989)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Sentencing — Absence of mitigating circumstances — Appellant convicted of murder and robbery, sentenced to death — Appellant's claim of mitigating factors, including youth and psychological condition, rejected by trial court — Court found actions premeditated and deliberate, with no evidence of impulsivity — Appellant's psychological issues acknowledged but deemed insufficient to mitigate moral culpability — Appeal dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1989
>>
[1989] ZASCA 101
|

|

S v Bosman (102/89) [1989] ZASCA 101; [1990] 1 All SA 289 (A) (11 September 1989)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPèLAFDELING In die saak tussen
WILLEM JACOBUS BOSMAN APPELLANT
en
DIE
STAAT RESPONDENT
CORAM : JOUBERT, HEFER et NESTADT ARR. AANGEHOOR : 24
AUGUSTUS 1939. : 11 SEPTEMBER 1989.
UISPRAAK : J J F HEFER AR.
UITSPRAAK Die appellant is in die hof a quo skuldig bevind aan moord en ter
dood veroordeel. Wat in hierdie appèl ter sprake
is, is die verhoorhof se
bevinding dat daar geen versagtende omstandighede was nie.
Aá.n die
begin van 1987 het die appellant, pas na sy agtiende verjaardag, met sy
militêre diensplig begin. 'n Paar maande
later is hy bevorder tot
onderkorporaal en na Alexandra naby Johannesburg oorgeplaas. Gedurende Augus-tus
of September van dieselfde
jaar is hy egter weens wan-gedrag van sy rang onthef.
Op 11 September 1987 het hy 'n diensgeweer en patrone gesteel en gedros. Hy
het
'n paar dae by sy suster in Potchefstroom vertoef en toe geryloop Kaaptoe waar
sy ouers gewoon het. Omdat sy pa hom vroeër
.../2
2. die huis belet het, het hy egter nie soontoe gegaan nie
maar by ander familielede en vriende tuisgegaan en selfs 'n nag of twee
in 'n
bos naby Bergrivierstasie deurgebring. Op Saterdag 26 September 1987 het hy, met
die gesteeide geweer in 'n drasak versteek,
voetgesiaan na Saldanha. Langs die
pad het Mnr Izak Coetzee hom opgelaai. Nadat hulle 'n end gery het, het hy die
geweer tevoorskyn
gebring en Mnr Coetzee gedwing om om te draai en met die
grondpad na Kerse-fontein af te draai. Langs die grondpad het hy Coetzee
eers
uit die motor en toe te voet na die Bergrivier gedwing. Daar het hy hom
doodgeskiet, die lyk indie rivier gegooi, en met Coetzee
se motor waarin
laasgenoemde sy geld agtergelaat het, na 'n vriend se huis in Belville gery.
Daar het hy die Saterdag-en Sondagnag
geslaap. Maandagoggend het die
/3...........
3. vriend se moeder toevallig 'n radioberig oor Mnr
Coetzee se verdwying gehoor. Omdat die beskrywing in die berig van laasgenoemde
se voertuig ooreengekom het met die motor waarmee die appellant daar aangekom
het, het sy die polisie ontbied en appellant is aangehou.
Aanvanklik het hy 'n
ieuenagtige verduideliking gehad vir sy besit van Coetzee se voertuig maar later
het hy die polisie vertel wat
ge-beur het en hulle na die lyk in die Bergrivier
geneem.
Dit is onnodig om die verduideliking te beskryf wat die appellant by
die verhoor aangevoer het vir sy op-trede. Die verhoorhof het
dit tereg as
leuenagtig verwerp en bevind dat hy iangs die die pad na Saldanha op die uit-kyk
was vir iemand wat hy kon beroof en
met daardie doel voor oë agter by die
oorledene in die motor geklim en later
/4...........
4. die geweer op hom gerig het. Dit is verder
bevind dat
hy die oorledene na die rivier geneem het "met as een,
indien nie die enigste, van die moontlikhede, om die man
dood te skiet en
uit te wis". Ten slotte is bevind dat
hy die oorledene daarna met direkte
opset doodgeskiet het.
Benewens die moord is hy ook aan roof skuldig
bevind.
Reeds by sy verskyning in die landdroshof is
die
appellant vir waarneming na die Valkenberg hospitaal
verwys. Die psigiaters
wat hom daar ondersoek het, het
bevind dat hy psigopatiese neigings het. Een
van die psi-
giaters, Dr Zabow, het by die verhoor getuig dat, hoewel
die
appellant beskou moet word as "an individual of serious
personality disorder
functioning with psychopathic traits",
hierdie toestand nie primêr
bygedra het tot die appellant
.../5
5. se optrede dïe betrokke dag nie. Impuisiwiteit, het
Dr Zabow verduidelik, is een van die trekke van 'n psigo-paat. Appellant
se
optrede die betrokke dag was geen-sins impulsief nie maar beheerst en berekend.
"There was a controlled behaviour. There wasn't
an impulsive act and then
nothing more. There was a sequence of com-plex behaviour and thought out
actions", het Dr Zabow ge-tuig.
Hy was deeglik bewus van die onregmatigheid van
sy optrede en sy psigopatiese toestand het slegs daartoe bygedra tot die mate
dat
sy egosentrisme en gebrek aan emosie met gepaardgaande gevoelloosheíd
teenoor andere hom in staat gestel het om die oorledene
koelbloedig in eie
belang te vermoor.
Uit die getuienis blyk dit verder dat die
.../6
6.
appellant 'n uiters ongeiukkige jeuglewe gehad het. Daar was
voortdurende struwelinge tussen sy ouers en later tus-sen hom en sy vader
wat
daarop uitgeloop het dat hy sy vader te lyf gegaan het en die huis belet is. Dit
was kort voordat hy met sy dienspiig begin het.
Hy was 'n on-willige en
aggressiewe leerling wat op skool swak presteer het. Uiteindelik het hy in 'n
verbeteringskool beland na-dat
hy iemand ernstig aangerand het. Daar het hy std
8 deurgekom teen die einde van 1986.
By die verhoor is die appeilant se ongelukkige jeugjare, sy psigopatiese
toestand en natuurlik sy jeug-digheid as versagtende omstandighede
aan die
verhoorhof voorgehou. Die hof het egter bevind dat daar geen versag-tende
omstandighede was nie. Wesenlik kom die redes wat
.../7
7. in die uitspraak oor versagtende omstandighede vir
hierdie bevinding aangevoer is daarop neer dat, hoewel die appel-lant se
ongeiukkige
jeugjare enige hof met 'n mate van deer-nis vervul en waarskynlik
bygedra het tot die persoonlik-heidsgebrek waaraan hy tans ly,
daardie gebrek sy
optrede beïnvloed het slegs tot die mate deur Dr Zabow beskryf, en dat sy
jeugdigheid geen rol gespeel het
nie. In die lig van die beweegrede vi r die
moord ( "omdat hy gevoel het dat dit 'n oplossing vir sy probleem is, die
probleem synde.
dat hy .... op daardie stadium reeds misdadig op-getree het met
'n vuurwapen teenoor hierdie man; dat hy in elk geval 'n voortvlugtige
voor die
miliitêfe gesag en die gereg was en dat hy bevrees was dat hierdie man hom
aan die man sou bring" ) en dat dit appellant
se eie
......../8
8.
optrede was wat hom in hierdie situasie laat beland het,
en die weersinwekkende manier waarop hy die oorledene om
die lewe gebring het, was die hof van oordeel dat appel-
lant moreel nie minder verwytbaar is vir sy optrede nie.
Die verhoorregter
het die hof se sienswyse soos volg ge-
formuleer:
"In agternabeskouing op die waarskynlikhede van alles, is dit vir ons duidelik
dat die beskul-digde daar gestaan en wag het vir die
regte per-soon om op te
daag sodat hy hom kon beroof. Om hierdie man dan onder bedreiging van 'n geweer
in sy eie motor te neem en
vir myle te laat ry tot by 'n afgeleë plek, hom
te laat uitklim en dan amper 'n kilometer ver deur moerasgebied aan te jaag
tot
in die afgeleë dele van die rivierval-lei en hom daar koelbloedig dood te
skiet sodat die man hom nie later kan identifiseer
nie. Die geheelbeeld en
omstandighede en onderliggende motiewe aan die moord, kom ons in ons
waarde-bepaling van die morele aspekte
van hierdie mis-dryf so weersinwekkend en
aaklig voor dat ons
.../9
9.
die feit dat hy tot 'n mate deur sy psigopatiese gebreke in die posisie geplaas
is waarin hy hier-die ding begin en beëindig
het, dat ons dit nie
as versagting kan sien nie Jeugdigheid
of onvolwassenheid is 'n faktor wat ons baie deeg-lík oorweeg het, maar
ons kom tot die gevolgtrek-king dat sy jeugdigheid
in hierdie geval hoege-naamd
geen verband hou met die pleging van hier-die misdryf nie. Daar was geen druk op
hom ge-plaas óf
deur omstandighede óf deur ander persone wat
vanweë sy jeugdigheid en onervarenheid, hom hierdie misdrywe laat pleeg
het
nie. Hy het op sy eie hieroor besin. Hy het dit gedoen omdat hy geld nodig gehad
het, omdat hy waarskyniik ook 'n motor nodig
gehad het ommee rond te ry. Sy
jeugdigheid of onvolwassenheid het in hierdie besluit om hierdie misdrywe te
pleeg ten einde dit te
bekom, in ons oordeel geen rol gespeel nie."
Appellant se advokaat in hierdie hoí kon
geen
mistasting in die verhoorhof se redenasie aan
ons uitwys
nie en ek kan ook geen mistasting daarin vind nie. Uit
beslissings soos dié in S_v_Ne__ 1968(2) S A 576 (A) op
.../10
10. 580 G-H en S v Pieterse 1982(3) S A 678 (A) op 683 'n
-684 C blyk dit dat 'n psigopatiese persoonlikheidsgebrek van 'n moordenaar
nie
noodwendig sy optrede minder laak-baar maak nie en dat dit in elke geval die
taak van die verhoorhof is om die laakbaarheid van
sy optrede te beoor-deel in
die lig van die feite. By hierdie beoordeling speel die graad van die gebrek en
die mate waartoe dit
die optrede beïnvloed het klaarblyklik 'n belangrike
rol. In die onderhawige geval was die appellant ten spyte van sy gebrek,
in
staat tot volkome wiisbeheersing en om die onregmatigheid van sy optrede ten
volle te besef. Sy optrede die besondere dag openbaar
geeh teken van
impul-siwiteit nie; alle aanduidings is, inteendeel, dat hy met kille berekening
te werk gegaan het. Met die ver-
... 11
11.
hoorhof se bevinding oor die beperkte rol wat appellant se
persoonlikheidsgebrek gespeel het, kan nie fout gevind word nie. Dieselfde
geld
vir die bevinding dat sy jeug-digheid geen rol gespeel het nie. In sy evaluering
van die morele laakbaarheid van appeilant se
optrede het die verhoorhof tereg sy
beweegrede en die weersinwekkenheid van sy daad in aanmerking geneem (S v M
cBride 1988(4) 10
( A ) op 24 B-D). By gebrek aan enige mistasting sal hierdie
hof nie met die verhoorhof se evaluering inmeng nie tensy dit een is
wat geen
redelike hof kon gemaak het nie (S v Nell (supra) op 580 C, S v McBride
(supra)op 19 A-B). Van die bevinding in hierdie
geval kan dit hoe-genaamd nie
gesê word nie en daar bestaan dus geen rede vir inmenging nie.
.../12
12. Die appèl word van die hand gewys.
J J F HEFER AR.
JOUBERT AR
STEM SAAM.
NESTADT AR