About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1989
>>
[1989] ZASCA 80
|
|
S v Salie (459/88) [1989] ZASCA 80 (1 June 1989)
/wlb Saak No 459/88
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
In die appèl tussen:
MOEGAMAT GANIEF SALIE
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
CORAM
: CORBETT HR, JOUBERT, VAN HEERDEN, MILNE et F H GROSSKOPF
ARR
VERHOORDATUM
: 12 Mei 1989
DATUM VAN UITSPRAAK
: 1 JUNIE 1989
UITSPRAAK
MILNE
AR/
-2-
MILNE
AR:
Die appellant is deur MARAIS R en assessore skuldig bevind aan verkragting en
moord van 'n vierjarige dogtertjie. Op die verkragtingaanklag
is hy 'n vonnis
van 12 jaar gevangenisstraf opgelê. Die hof het bevind dat daar geen
versagtende omstandighede aanwesig was
nie en dié appellant is gevolglik
op die moordaanklag ter dood veroordeel. Met verlof van die verhoorregter kom
die appellant
in hoër beroep teen die bevindïng dat daar geen
versagtende omstandighede was nie.
Die basiese omstandighede waaronder die moord gepleeg is, is nie in geskil
nie. Die oorledene se ouers het drie kinders gehad, die
oudste 'n seun van sewe,
die oorledene en 'n baba dogtertjie. Hulle het in Mitchells Plain gewoon. Die
appellant is 'n kleurder en
was 32 jaar oud toe die misdaad gepleeg is. Hy is
ongetroud en het saam met sy moeder gebly in h
-3-
huis wat betreklik naby die oorledene se huis geleë was. Alhoewel hulle
nie hegte vriende was nie, was die appellant op goeie
voet met die oorledene se
ouers en het hy af en toe 'n
drankie saam met die oorledene se vader geniet.
Dit was amper 'n gewoonte van die appellant dat hy òf skyfies òf
lekkergoed
vir die kinders saambring òf hulle geld daarvoor gee. Die
seuntjie was die appellant se gunsteling. Op 23 Desember 1986 was
die oorledene
se ouers tuis. Die oorledene en die ander kinders was ook tuis. Gedurende die
oggend kom die appellant na die oorledene
se huis en gee hy R1 aan die oorledene
se moeder vir lekkergoed vir die kinders. Hy is toe weg, maar later toe die
oorledene se vader
tuiskom, het die appellant teruggekom en voorgestel dat hy en
die vader iets gaan koop om saam te drink. Oorledene se vader sê
hy is
besig en die appellant is toe weer weg. Die oorledene se vader gee vir die
oorledene en die ander kinders hulle middagete.
Vroeg namiddag kom die appellant
weer na die oorledene se huis terug en sê vir die oorledene sy moet
-4-
hom vergesel om skyfies te gaan koop. Sy het hom toe vergesel.
Die
appellant het haar na 'n bos saamgeneem en hierdie bos is na
skatting so 'n
kwartier se stap vanaf haar huis. Die appellant en
die oorledene is deur een
van die staatsgetuies gesien terwyl
hulle na die bos gestap het en dit het
vir die getuie voorgekom
asof die oorledene teësinnig was om saam met
die appellant te
loop. In die bos het die appellant die oorledene
seksueel
gemolesteer en haar uiteindelik verkrag. Daarna het hy
haar
verskeie kere geslaan, waarskynlik met 'n stuk tuinslang,
en
uiteindelik het hy haar verwurg. Uit die verslag van die dokter
wat die
nadoodse ondersoek uitgevoer het, blyk dit dat die
oorledene die volgende
beserings op haar lyf gehad het:
"Numerous patterned abrasions and contusions were noted on the trunk, the
face, the neck, and both arms. Some of these abrasions were
in the form of tram
lines, 5-6mm apart. There were also scattered abrasions on the legs and the
buccal surface of both lips. There
were
extensive contusions and abrasions round the anus
There were multiple contusions and lacerations within
the soft tissues of the rectum
There were a number of small contusions within the
-5-
musculature of the vagina, and a tear of the left
lateral wall of the vagina. The hymen was torn
Numerous contusions of the scalp, predominantly in the frontal and parietal
regions."
Nadat die appellant die oorledene verwurg
het, het hy haar lyk in 'n swart netsak gesit en die sak gedeeltelik in sand en
blare begrawe.
Toe loop hy terug na 'n sjebeen in Mitchells Plain.
In hierdie stadium was die oorledene se ouers reeds bekommerd oor haar
afwesigheid en het hulle na die appellant gesoek omdat hulle
gedink het dat hy
miskien geweet het waar sy was. Oorledene se vader het hom in die sjebeen in
Mitchells Plain gevind en hom gevra
of hý weet waar die oorledene was. Hy
het daarop geantwoord dat hy nie weet nie en uiteindelik ingestem om haar te
gaan help
soek. (Op hierdie stadium het hy 'n stuk tuinslang in sy hand gehad.)
Hy het die oorledene se vader
-6-
vergesel en gesê as hy hom in die hande kry, hy die persoon wat haar
weggeneem het, sou aanrand. Terwyl hy en die oorledene
se vader en ander mense
met die soektog besig was, het die appellant egter verdwyn. Die soektog het deur
die nag voortgegaan en uiteindelik
het die oorledene se vader sy hond gebruik en
die lyk van die oorledene vroeg die volgende oggend gevind.
Die misdade wat die appellant gepleeg het, is afgryslik. Dit is altyd
besonder afskuwelik wanneer misdade teen kinders gepleeg word,
en geweld daarby
betrokke is. In hierdie geval is dit nie moeilik om 'n mens voor te stel die
pyn, skok en vrees wat deur die oorledene
ondervind moes gewees het toe die
appellant, wat sy geken en vertrou het, in die eerste plek haar seksueel
gemolesteer, daarna verkrag,
daarna geslaan en uiteindelik verwurg het. Twee
faktore moet nietemin nie uit die oog verloor word nie. Eerstens, is die
appellant
tot 12 jaar gevangenisstraf gevonnis vir die verkragting en dit kan
natuurlik
-7-
nie in ag geneem word nie as 'n mens die aanwesigheid al dan nie, van
versagtende omstandighede oorweeg. Tweedens is dit duidelik,
soos die appellant
se advokaat dit gestel het, dat "... die afskuwelikheid van die daad nie
versagtende omstandighede
per se
uitwis of neutraliseer nie."
S v
Petrus
1969(4) SA 85 (A) op 95H en
S v McBride
1988(4) SA 10 (A) op
24B-C. Dit is egter duidelik dat die verhoorhof ten volle van hierdie faktore
bewus was en MARAIS R het die
beweerde strafversagtende omstandighede,
afsonderlik en kumulatief, noukeurig oorweeg.
Dit is deur die appellant se advokaat aan die hand gedoen dat die hof die
volgende omstandighede as strafversagtend moes beskou het:
(a) Dat die appellant onder die invloed van drank was toe hy die moord gepleeg
het.
(b) Dat die appellant se emosionele wanbalans, verstandelike onvermoë en
psigiese tekortkominge tot
-8-
gevolg gehad het dat sy optrede met mindere verwyt bejeën behoort te
word. (c) Dat die appellant se optrede tot 'n mate impulsief
was en nie
gekenmerk deur voorbedagte rade nie.
In die uitspraak van die hof waarin die appellant skuldig bevind is, het die
geleerde verhoorregter hom op die eerste punt soos volg
uitgelaat:
"Ons aanvaar dat die beskuldigde tot 'n sekere mate deur drank en moontlik ook
dagga affekteer kon gewees het, maar nie tot so 'n
mate dat hy homself nie kon
beheer nie. Die beskuldigde se eie getuienis in verband met die hoeveelheid
drank wat hy ingeneem het,
is ietwat vaag. Dieselfde geld vir sy gebruik van
dagga daardie dag.
Hoe dit ook al sy, wanneer ons na sy optrede vroeër, gedurende en na die
voorval kyk, en veral na die doelbewustheid daarvan,
en wanneer ons na die
getuienis van die persone wat die beskuldigde gesien het, voor en na die voorval
kyk, is dit vir ons duidelik
dat hy nie tot so 'n mate deur drank en dagga
geaffekteer was dat hy nie toerekeningsvatbaar was nie.
Hy was in staat om stappe te neem om die lyk van die oorledene te bedek en ook
om die oorledene se familielede op 'n dwaalspoor te
probeer plaas toe
hulle
-9-
die oorledene gesoek het. Hy het ook nie vir die getuie Adams beweer dat hy die
misdade gepleeg het omdat hy sy selfbeheer verlopr
het
nie."
Op die stadium toe hy die vraag van
versagtende omstandighede al
dan nie oorweeg, sê die verhoorregter:
"Eerstens is daar die drankinname en die uitwerking daarvan op die beskuldigde.
Ek het reeds in die hoofuitspraak wat gelewer is,
gesê waarom ons nie
oortuig is dat die beskuldigde tot 'n wesentlike mate deur drank beïnvloed
was toe hy hierdie moord
gepleeg het nie. Ek sal dit nie herhaal nie. Hy het nie
daarin geslaag om ons te oortuig dat sy inname van drank, en dieselfde geld
vir
sy gebruik van dagga, hom tot so 'n mate beïnvloed het dat dit die pleging
van die wandaad moreel minder laakbaar gemaak
het
nie."
Dit is namens die appellant betoog dat die
verhoorhof nie 'n duidelike onderskeid gemaak het tussen twee afsonderlike vrae
nie, naamlik:
(a) of die appellant as gevolg van die inname van drank ontoerekeningsvatbaar
was en
(b)
of sy optrede as gevolg van die inname van drank
moreel
-10-
minder laakbaar was.
Álhoewel die verhoorhof hierdie punt baie kortliks behandel het, is ek
die mening toegedaan dat dit glad nie gesê kan
word dat die hof die
genoemde onderskeid nie gemaak het nie 6f die vraag enigsins op 'n inkorrekte
wyse benader het nie. Betreffende
die feite dink ek ook nie dat enige kapsie
teen die bevinding van die verhoorhof gemaak kan word nie. Die appellant het
self in sy
getuienis gesê dat hy niks verder gedrink het nadat hy die
oorledene se huis vir die tweede keer verlaat het nie. Volgens die
getuienis van
beide die ouers van die oorledene, was appellant nie onder die invloed van drank
toe hulle hom gesien het nie. Hierdie
getuienis is aangeval op grond daarvan dat
volgens hulle persepsie iemand eers onder die invloed van drank is wanneer hy
omval, en
verder dat oorledene se vader self drank ingehad het toe hy na die
polisie is om die afwesigheid van die oorledene te rapporteer.
Dit is reg,
maar
-11-
dit was ook hulle getuienis dat die appellánt 'n man was wat nie sy
drank kan vat nie, dat hy slegs twee biere hoef te gedrink
het en dan was hy
ooglopend onder die invloed van drank. Dit was eers na die oorledene saam met
die appellant weggestap het dat die
oorledene se vader daardie dag gedrink
het.
Die appellant se advokaat het ook daarop probeer staatmaak dat die onvolkome
wyse waarop die appellant die lyk van die oorledene begrawe
het en die feit dat
haar klere oop en bloot daar rondgelê het, 'n aanduiding is van die feit
dat hy onder die invloed van drank
moes gewees het. Dit is waar dat sers. Cloete
in sy getuienis gesê het dat die lyk van die oorledene: "... halfpad
uitgesteek"
het en slegs gedeeltelik toegemaak was. Nogtans was dit slegs met
behulp van sy hond dat die oorledene se vader haar lyk gevind het.
Daarna het hy
die plek aan sers. Cloete uitgewys en laasgenoemde het getuig: "Met aankoms op
die toneel het hy aan my 'n hopie onder
'n bos uitgewys. Edelagbare,
-12-
ek moes onder die bosse inkruip, waar ek toe 'n swart sak aangetref het." Dit
is dus duidelik dat appellant die lyk versteek het.
Die appellant se eie weergawe van wat hy op die betrokke dag sou gedrink het,
was vol weersprekings en glad nie bevredigend nie. Onder
al dié
omstandighede bestaan daar dus geen rede om dié bevinding van die
verhoorhof in hierdie opsig te kritiseer nie.
Ek behandel nou die vermeende "... emosionele wanbalans en ontoereikende
persoonlikheid ..." van die appellant asook sy lae intelligensie.
In hierdie
opsig is daar staatgemaak op die getuienis van dr. Quail, 'n psigiater, wat saam
met dr. Zabow die appellant vir die doeleindes
van artikels 77 en 78 van die
Strafproseswet ondersoek het. In hulle verslag maak hulle melding van die feit
dat:
-13-
"He (appellant) exhibited behávioural problems in childhood in relation
to peer group activities ... Abuse of alcohol and
dagga is reported ... He is of
low-normal intelligence by psychometrics ..."
Die
opsomming was soos volg:
"1. Clinical Diagnosis: NOT MENTALLY ILL 2. He is not certifiable in terms of
the Mental Health Act. He is fit to stand trial in
terms of Section 77(i). He
has the capacity to appreciate the wrongfulness of the act in question and to
act accordingly. He was
not at time of the alleged offence affected by mental
illness or defect."
Dr. Quail is egter as getuie
deur die appellant se advokaat
geroep en die volgende beskrywing van die
appellant se
persoonlikheid kom in die getuienis van dr. Quail voor:
"Our findings on the accused included a diagnosis, obviously not of mental
illness but of a personality problem not amounting to
that of a disorder in
which the dominant traits were those of inadequacy and paranoia, not paranoia of
a psychotic nature but a mistrustful,
isolated individual who has difficulty
relating to people, lives his life largely in isolation and takes his enjoyment
largely on
his own, usually in the company of alcohol. It also became apparent
that his sexual maturation was inadequate, that he had great
problems relating
sexually to his peers. His
only
-14-
successful sexual relationships were with much oider females and also only
when he was intoxicated. He was unable to form any meaningful
relationship with
someone of his own age and also to sustain that relationship. It also became
apparent that he related very well
to children, was popular with children and
this is a situation which often arises in the inadequate type of personality
which we
found to be present in the accused."
Hy het verder gesê:
"As I have said earlier it has become apparent that we have an insecure
somewhat ineffective individual who sought most of his company
in alcohol. His
relationships with, at least his heterosexual relationships, were completely
inadequate. He did not function to any
extent at a heterosexual level in an
adult fashion and given a significant level of intoxication this, in our
opinion, explained
to a large extent why this particular offence or how this
particular offence developed and took place and the factors of a personality
problem of the inadequate type, sexual inadequacy, and in our opinion
significant alcohol intoxication were the three which we took
into account to
explain this particular behaviour pattern."
"Hierdie getuienis is egter in 'n wesenlike mate afgewater toe die
hof die volgende vraag aan hom gestel het:
-15-
"Doctor, having listened to him describe what he says he can remember of what
occurred and the steps that he took subsequently, do
I understand you to be
saying that his behaviour at the time doesn't suggest a very high degree of
alcoholic intoxication?"
waarop die dokter soos volg
geantwoord het:
"I would believe that, my Lord. He has given us varying accounts of the amount
of alcohol consumed. He is reportedly observed as
being intoxicated at 11 in the
morning and very intoxicated later that night. The latter intoxication obviously
might well have taken
place after the offence in question and according to the
account he gave on several occasions during the observation period and his
evidence this morning, I think that intoxication could at least in part explain
this behaviour pattern but his account is pretty
clear, his actions are goal
directed and rational, given the situation in which he found 'n imself and would
not suggest a high degree
of intoxication, no."
In
hierdie verband het die verhoorhof bevind dat hierdie persoonlikheidsprobleme
van die appellant meer te doen het met die verkragting
wat hy gepleeg het en
alhoewel hulle ook tersaaklik was in die sin dat die moord 'n direkte gevolg van
die verkragting was:
-16-
"... glo ons nie dat hulle dit so moeilik vir die beskuldigde gemaak het om sy
seksuele drang te beteuel of om op 'n ander wyse te
bevredig, dat hy met minder
morele verwytbaarheid bejeen behoort te word nie. Wat sy lae intelligensie
aanbetref, bly die feit staan
dat hy 33 jaar oud is en soos reeds in die
hoofuitspraak gemeld, het lae intelligensie op sigself weining te doen met
selfbeheer
nie."
Wat die intelligensie van die
appellant betref, was die getuienis
soos volg:
"With regard to the intelligence, the full scale IQ of the accused was measured
at 72 which places him in the border-line intellectual
level of intelligence
between 70 and 79. This particular range indicates that he is below normal
intelligence although he is not
mentally
defective."
Nieteenstaande sy lae IK het appellant
egter 'n vaste betrekking
gehad wat hom van 'n goeie inkomste voorsien
het, en in die
gemeenskap is hy klaarblyklik nie as
enigsins swaksinnig
beskou nie.
Ek kom nou by die aangevoerde afwesigheid van voorafbeplanning. In hierdie
opsig sê die geleerde verhoorregter:
-17-
"Dit is waar dat daar geen getuienis is om aan te dui dat die pleging van
hierdie misdaad dae vantevore beplan was nie. Maar die
moord was ook nie
impulsief in die ware sin van die woord nie.
Die getuienis dui aan dat dit waarskynlik is dat die beskuldigde die oorledene
met hom saamgeneem het na die stasie toe en daarna
na die bos toe, met die doel
om haar te molesteer. Die beskuldigde het nie daarin geslaag om ons te oortuig
op 'n balans van waarskynlikhede
dat hy, eers nadat hy haar verkrag het, besluit
het om haar dood te maak nie. Hy kon dit veel eerder beplan
het."
Ek stem saam dat die appellant die oorledene
saam met hom geneem
het met die doel om haar te molesteer. Myns insiens is
daar
heelwat te sê vir die standpunt dat die appellant eers hadat
hy
die oorledene verkrag het, besluit het om haar dood te maak.
Daar
bestaan egter geen rede om op hierdie grond met die bevinding van
die
verhoorhof in te meng nie want die geleerde verhoorregter het
heeltemal tereg
opgemerk:
"Maar selfs as dit so is dat dit iets was waarop hy impulsief besluit het nadat
hy haar verkrag het, bly die feit staan dat dit gedoen
is juis om homself van
die gevolge daarvan te beskerm. Ons meen derhalwe nie dat dit sy morele skuld
verminder nie."
-18-
Wat 'n mens in hierdie saak eintlik pla, is die feit dat hierdie misdade haas
onverklaarbaar is. Die appellant het geen vorige veroordelings
nie, hy het 'n
vaste betrekking met 'n goeie inkomste en hierdie misdade is so te sê uit
die bloute uit gepleeg. Die appellant
se advokaat het tereg na die verhouding
verwys wat bestaan het tussen appellant en die oorledene en haar gesinslede. Die
appellant
was oor 'n lang tydperk 'n gereelde kuiergas aan huis van die
oorledene se ouers. Soos reeds gemeld, het hy gereeld vir die kinders
versnaperinge gekoop en hulle het hom dikwels vergesel na òf die kafee
òf die sogenaamde "mobile" waar hy dan vir hulle
iets sou koop. Dit het
oor 'n lang tydperk gestrek en daar is gevolglik geen sprake van 'n bedoeling om
die kinders daardeur weg
te lok nie. Daar was 'n vertrouensverhouding tussen die
appellant en die kinders, tot so 'n mate, dat die oorledene se vader getuig
het
dat hy gedink het die oorledene dalk by appellant was, want: "Die kinders sal
nie saam met iemand anders loop nie, as met hom
nie." Sy verskriklike gedrag toe
hy hierdie
-19-
misdade pleeg, was dus duidelik atipies. Die verhoorregter het hierdie
faktore heel moontlik in gedagte gehou toe hy hom aan die einde
van die saak
soos volg uitlaat:
"Dit is net menslik om jammer te voel vir 'n persoon wat aan
persoonlikheidsprobleme ly en nie so begaafd is wat intelligensie aan
betref as
andere mag wees nie, maar na sorgvuldige oorweging van al die faktore wat
moontlik as versagtende omstandighede kan dien,
is dit die eenparige mening van
die Hof dat selfs kumulatief beskou soos hulle moet wees, die faktore waarna
verwys is, nie versagtende
omstandighede daarstel
nie."
Soos dit baie duidelik in
S v McBride
supra
op p19A gestel is:
"... the decision as to the existence or otherwise of extenuating
circumstances is, in the first instance, essentially one for the
trial Court;
and in the absence of any misdirection or irregularity this Court will not
interfere on appeal with the trial Court's
finding as to the non-existence of
extenuating circumstances unless that finding is one to which no reasonable
Court could have come.
This Court cannot substitute its view on the question of
extenuating . circumstances merely because it disagrees with the view of
the
trial Court. Nor, in the absence of good grounds for interference with the
finding of the trial Court, does this Court express
any view as to whether the
trial Court could or should have found extenuating circumstances."
-20-
In die lig van hierdie beginsels volstaan Ek om te sê dat daar myns
insiens geen mistasting deur die verhoorhof begaan is nie
en dat dit nie
gesê kan word dat geen redelike hof tot dieselfde gevolgtrekking kon gekom
het nie. Die appèl word gevolglik
afgewys.
A J MILNE
CORBETT HR ]
JOUBERT AR ]
VAN HEERDEN AR ]
F H GROSSKOPF AR ]