About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1989
>>
[1989] ZASCA 72
|
|
S v Makhubo (488/88) [1989] ZASCA 72 (30 May 1989)
Saak Nr 488/88 MC
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING
)
In die saak tussen:
VICTOR MAKHUBO
Appellant
- en -
DIE STAAT
Respondent
Coram:
BOTHA, VIVIER et STEYN ARR.
Verhoor
: 9 MEI 1989.
Gelewer
: 30 MEI 1989.
UITSPRAAK
VIVIER AR.
2.
VIVIER AR:
Die appellant, na wie ek as beskuldigde 2 sal verwys, en Collin Xolani Mawewa
Majola, na wie ek as beskuldigde 1 sal verwys, is in
die Rondgaande Hof op
Springs deur DE KLERK R en twee assessore aan moord skuldig bevind. Op 'n
aanklag dat hulle die oorledene,
wat 'n polisieman was, van sy aanstelling=
sertifikaat beroof het, is die twee beskuldigdes onskuldig bevind. Beskuldigde
1, wat
ten tyde van die pleging van die misdaad 16 jaar en 8 maande oud was, is
tot 12 jaar gevangenisstraf gevonnis. Die Verhoorhof het
bevind dat daar geen
versagtende omstandighede in die geval van beskuldigde 2 aanwesig was nie en hy
is gevolglik ter dood veroordeel.
Met verlof van
3/...
3.
hierdie Hof appelleer beskuldigde 2 slegs teen die bevinding dat daar geen
versagtende omstandighede was nie en die gevolglike doodvonnis
hom opgelê.
Daar is geen appèl deur beskuldigde 1 nie.
Volgens die onbetwiste
getuienis en dié wat deur die Hof
a quo
aanvaar is, is die
oorledene tussen 11 en 12 uur Saterdagaand 22 Augustus 1987 in die woonbuurt
Kwa-Thema naby Springs deur
beskuldigdes
1 en
2 met 'n mes en 'n stukkende bottel aangeval en doodgesteek. Volgens die
lykskouingsverslag het die oorledene 59 steekwonde
opgedoen waarvan 'n groot
aantal die borskas en buik binnegedring en o a die hart, regterlong, regternier
en lewer getref het.
In sy uitspraak sê die Verhoorregter dat die
motief vir die moord nie bekend gemaak is nie en dat dit voorkom asof dit 'n
sinnelose,
onverklaarde
4/...
4.
optrede deur die twee beskuldigdes was.
Kort voordat die oorledene
doodgesteek is, het die twee beskuldigdes die oorledene in die straat teengekom.
Aldrie was onder die invloed
van drank, die oorledene meer so as die twee
beskuldigdes. Hulle het saam verder gestap. Die staatsgetuie Sipho Lawrence
Sengoane, wie se getuienis oor die verdere verloop
van die gebeure deur die Verhoorhof aanvaar is, het
by hulle aangesluit. Sipho het gesien dat beskuldigde 1 die oorledene beetkry
deur sy arm om die oorledene se nek te haak en dat beskuldigde
2 sy hand in die
oorledene se sak sit en iets daar uithaal. Die twee beskuldigdes het die
oorledene na 'n verlate plek by die spoorlyn
geneem waar beskuldigde 1 die
oorledene op die grond laat beland het deur hom te pootjie.
5/...
5.
Beskuldigde 1 het toe die oorledene met 'n mes gesteek terwyl beskuldigde 2
die oorledene met 'n stukkende bottel gesteek het. Beskuldigde
2 het die bottel,
wat nog vol bier was, in sy hand gehad toe hulle by die spoorlyn aankom. Hy het
dit daar gebreek voordat hy die
oorledene daarmee gesteek het. Beskuldigde
1
het daarna die mes oorhandig
aan beskuldigde 2 wat die oorledene herhaaldelik daarmee gesteek het. Hulle het
die oorledene daar gelaat
en huistoe gestap. Op pad het hulle by 'n ashoop verby
geloop waar beskuldigde
2
die oorledene se
aanstellingsertifikaat verbrand het.
Beskuldigde 2
was ten tyde van die pleging van die misdaad 19 jaar en 10 maande oud. Wat sy
jeugdigheid as 'n moontlike versagtende
omstandigheid betref, het sy moeder
getuig dat hy 'n "soet seun" is wat nog nooit
6/...
6.
vantevore in die moeilikheid was nie en dat hy slegs
by uitsondering
drink. Sy het verder getuig dat beskuldigde
2 tot standerd 5 op skool
gevorder het voordat finansiële
redes haar verplig het om hom uit die
skool te neem.
Wat die gebeure van die betrokke aand betref, is dit
duidelik uit die getuienis van Sipho dat beskuldigde
1
die voortou geneem het: hy
het die oorledene gegryp en na die treinspoor gedwing, hy het hom daar op die
grond laat beland en hy het
die eerste houe gesteek. Inderdaad het Sipho getuig
dat beskuldigde 1 'n aggressiewe en bakleierige persoon was en dat hy en
beskuldigde
2
vir beskuldigde 1 bang was. In
sy uitspraak oor versagting sê die Verhoorregter dat beskuldigde 1 die
voorbok was.
Die Hof
a quo
het bevind dat
beskuldigde 2 se jeugdigheid nie as versagting dien nie omdat hy
7/...
7.
die misdaad uit inherente boosheid gepleeg het. In
sy uitspraak oor die vraag van versagtende omstandighede
sê die Verhoorregter dat die daad so afskuwelik is
dat dit slegs
gepleeg kon word deur iemand wat inherent
boos is en dat dit ondenkbaar is
dat beskuldigde 2
so 'n daad sou kon gepleeg het as hy nie inherent boos
was nie.
Wat
beskuldigde 2 se gebruik van drank op die betrokke aand as 'n moontlike
versagtende omstandigheid betref, sê die Verhoorregter
in sy uitspraak dat
omdat beskuldigde 2 so 'n duidelike herinnering het van die gebeure en geweet
het wat hy doen, daar nie bevind
kan word dat sy self-dissipline en insig tot so
'n mate verminder was dat sy optrede minder laakbaar was nie. Beskuldigde 2 het
wel
'n verontskuldigende relaas vol besonderhede van hoe die misdaad gepleeg is,
in sy
8/...
6.
getuienis voor sy skuldigbevinding gegee (hy het nie
ter versagting getuig nie) maar daardie relaas is as.
vals deur die
Verhoorhof verwerp.
Wat beskuldigde 2 se jeugdigheid as 'n moontlike
versagtende omstandigheid betref, het die Verhoorhof bloot op grond van die aard
van die daad bevind dat beskuldigde 2 uit inherente boosheid gehandel het. Ander
moontlike redes vir die sinnelose en afskuwelike
daad, soos bv dronkenskap, is
gladnie oorweeg nie. Na my mening het die Verhoorhof homself wanvoorgelig deur
te bevind dat die aard
van die daad slegs een afleiding regverdig, naamlik dat
beskuldigde 2 inherent boos is.. . Gevólglik het die Verhoorhof versuim
om ander relevante faktore soos beskuldigde 2 se persoonlikheid te oorweeg by
die vasstelling van die vraag of hy inherent boos is.
9/...
9.
Die Verhoorhof se gevolgtrekking dat beskuldigde 2 se drankmisbruik nie as
versagting dien nie, is gebaseer op beskuldigde 2 se getuienis
alleen. Van sy
selfverklaarde goeie geheue van die gebeure en van die feit dat hy, volgens
homself, geweet het wat hy doen, lei die
Verhoorhof af dat hy nie tot enige
wesenlike mate deur drank beïnvloed was nie. Die afleiding is in die eerste
plek nie geregverdig
nie omdat beskuldigde 2 se relaas as vals deur die
Verhoorhof verwerp is. Verder was die Verhoorhof verplig om die vraag van die
bestaan al dan nie van versagtende omstandighede op al die getuienis, en nie net
dié van die beskuldigde nie, te beslis (
S v Felix and Another
1980(4) SA 604(A) op 609 E-F;
S v Shoba
1982(1) SA 36(A) op 40 F-G). Dit
het die Verhoorhof nie gedoen nie, en gevolglik, is Sipho se getuienis dat
beskuldigde 2 dronk was
oor die hoof gesien.
10/...
10.
Die kwessie van versagtende omstandighede moet gevolglik opnuut oorweeg word.
Wat beskuldigde 2 se jeugdigheid betref, is ek nie daarvan
oortuig, wanneer na
al die tersaaklike faktore gekyk word, dat hy uit inherente boosheid gehandel
het nie. Dit kom my as meer waarskynlik
voor dat die rede vir sy optrede in sy
dronkenskap te vinde is. Volgens Sipho se getuienis kan met veiligheid aanvaar
word dat beskuldigde
2 erg deur drank beïnvloed was en dat sy optrede
daardeur met minder verwyt bejeen moet word.
Ek is gevolglik van mening dat
beskuldigde 2 se jeug en sy dronkenskap wel as versagtende omstandighede in die
huidige saak dien.
Ek is verder oortuig daarvan dat die oplegging van die
doodvonnis in die huidige geval onvanpas was.
Die appèl slaag gevolglik. Die
bevinding
11/...
11.
van die Verhoorhof word verander na een van skuldig
aan moord met versagtende omstandighede. Die doodvonnis
word vervang met 'n vonnis van 12 jaar gevangenisstraf.
W. VIVIER AR.
BOTHA AR)
Stem saam. STEYN AR)