S v Shezi (503/88) [1989] ZASCA 68 (29 May 1989)

50 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Death penalty — Appeal against death sentence for murder — Appellant convicted of murder for killing a 59-year-old woman with 28 stab wounds — No mitigating circumstances found by trial court — Appellant's claims of emotional immaturity and low intelligence rejected — Trial court's consideration of appellant's lack of remorse and the brutality of the murder upheld — Appeal dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1989
>>
[1989] ZASCA 68
|

|

S v Shezi (503/88) [1989] ZASCA 68 (29 May 1989)

Saakno. 503/88
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
ELLIOT MZOTHENI
SHEZI
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM:
HEFER,
VIVIER et EKSTEEN ARR
VERHOOR:
15 Mei 1989
GELEWER:
29 Mei
1989
UITSPRAAK
HEFER, AR
Hierdie appèl is gemik teen die doodvonnis wat die
appellant in die hof
a quo
opgelê is weens sy skuldigbevinding aan
moord, en in besonder teen die bevinding dat daar geen versagtende omstandighede
was
nie.
Uit die voorgelegde getuienis en appellant se
eie
2
erkenning by die verhoor blyk dit dat hy die
oorledene,'n
59-jarige vrou vir wie hy as tuinhulp gewerk het, by haar
huis
om die lewe gebring het terwyl haar man weg waswerk toe.Hy
het die
oorledene 28 steekwonde met 'n jagmes toegedien. Ten minste agt van die wonde
was dodelik; vier daarvan het die skedel tot
in die brein gepenetreer.
Die
bewyslas om versagtende omstandighede te bewys, het natuurlik op die appellant
gerus. (
S v. Theron
1984(2) SA 868 (A)). Sy getuienis was so deurspek met
leuens dat die verhoorhof bevind het dat hy hom nie van die las gekwyt het
nie.
In hierdie hof het appellant se advokaat aangevoer dat die verhoorhof
misgetas het deur twee faktore in aanmerking te neem wat nie
in aanmerking
geneem behoort te gewees het by oorweging van die vraag of daar versagtende
omstandighede was nie. Die eerste is die
feit dat appellant geen berou oor sy
optrede getoon het terwyl hy getuig het nie en die tweede is die grusaamheid van
die moord.
Ek stem nie saam dat die hof se verwysing na
enigeen
3
van hierdie aspekte as 'n mistasting bestempel kan word nie. Na
die gebrek
aan berou is bloot verwys in samehang met die belese
regter se opmerking in sy uitspraak dat
"u optrede in kruisverhoor toon in ons mening nie 'n geestelike onvolwassenheid
nie maar 'n toonbeeld van bravado."
Daarmee is geen
fout te vind nie. En met die verwysing na die
grusaamheid van die moord ook
nie (
S v. McBride
1988(4) SA 10 (A)
op bl 24 A-D).
Appellant se advokaat het verder aangevoer dat
die
kumulatiewe effek van appellant se relatiewe
jeugdigheid,
emosionele onrypheid, lae intelligensie, beperkte opvoedings-
en
kulturele ontwikkeling en die feit dat die moord met
dolus
eventualis
gepleeg is, as versagting aangemerk moes
gewees het.
Hiermee stem ek ook nie saam nie. Appellant was reeds 23
jaar
oud ten tyde van die moord en die verhoorhof het tereg bevind dat
hy
nie onryp of onintelligent was nie. Wat
dolus eventualis
betref, hoef
ek slegs te sê dat appellant meer as gelukkig was
dat
dolus
directus
nie bevind is nie. Te oordeel aan die.
4
beserings wat hy die oorledene toegedien het, kan ek my nie
voorstel dat hy enigiets anders as haar dood gewil het nie. Die verhoorhof
het
al die faktore waarna ons verwys is, oorweeg en verwerp. Daar bestaan geen rede
om met die bevinding in te meng nie.
Die appèl word gevolglik van die hand
gewys.
J J F HEFER, AR
VIVIER, AR EKSTEEN, AR Stem saam