S v Lambrecht (51/89) [1989] ZASCA 51 (9 May 1989)

58 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Dolus eventualis — Appellant convicted of murder after shooting her husband during a domestic altercation — Appellant claimed the shooting was accidental and a reflex action — Legal issue centered on whether the appellant had the intention to kill — Court found that the appellant acted with dolus eventualis, as she knowingly handled the firearm and discharged it in the direction of her husband, despite her claims of lack of intent — Appeal against conviction dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1989
>>
[1989] ZASCA 51
|

|

S v Lambrecht (51/89) [1989] ZASCA 51 (9 May 1989)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
(
APPèL-AFDELING
)
In die appèl van:
YVONNE MAREE LAMBRECHT
appellant
teen
DIE STAAT
. respondent
CORAM
: CORBETT
HR, HOEXTER et E M GROSSKOPF ARR.
DATUM VAN VERHOOR
: 16 Maart 1989
DATUM VAN UITSPRAAK
: 9 Mei 1989
UITSPRAAK CORBETT
HR:
Die appellante het voor Regter Berman en
as-sessore in die Kaap die Goeie Hoop Provinsiale Afdeling tereggestaan op die
aanklag dat
sy haar man, Schalk Willem Lambrecht, op 29 Maart 1986 vermoor het
deur hom met 'n vuurwapen te skiet. Appellante het onskuldig gepleit,
maar is
skuldig aan moord met versagtende om-standighede bevind en gevonnis tot tien
jaar gevange-
2
nisstraf, waarvan ses jaar opgeskort is vir vyf jaar op die gebruiklike
voorwaardes. Met verlof van die verhoorregter kom appellante
nou in hoër
beroep teen haar skuldigbevinding en vonnis.
By die aanvang van die verhoor
het appellante se advokaat, namens haar, 'n skriftelike verklaring ter
verduideliking van haar pleit,
ingevolge art 115 van die Strafproseswet no 51
van 1977, aan die hof voorge-lê. Die tersaaklike gedeelte van hierdie
verklaring
lui soos volg:
"2. Die grondslag van my verweer is die
volgende:
2.1
Ek en die oorledene was 14 jaar met mekaar getroud gewees, en ons
pri-vaat lewe was vertroebel deur die oorledene se misbruik van
sterk drank
asook sy aanrandings op my;
2.2
Op die
betrokke aand het ons beide drank gedrink terwyl ons kuiergaste gehad
het;
2.3 Nadat die gaste die huis
verlaat
3
het, het oorledene 'n brom-brom houding openbaar en hy was kwaad en aggresief
gewees toe ek later in die bed wou klim;
2.4 Later het oorledene my fisies uit
die bed uit geskop, en ek het-op
die
vloer geval en my kop teen 'n
bedkassie gestamp. Hy het opge-staan en met die verbyloop het hy my weer geskop,
en by die deur uit-gegaan;
2.5 Ek het gehoor hy kom terug kamer
toe en hy het gevloek soos hy
nader
gekom het;
2.6 Ek het sy polisie vuurwapen gehad
en ek het gedink hy gaan my
verder
aanrand;
2.7 Toe hy by die deur ingebars het,
het ek die pistool op
dieselfde
oomblik in 'n refleksbeweging opge-
ruk en een skoot het
afgegaan;
2.8 Oorledene is later as gevolg van
'n skietwond van die hart
oorlede.
3. Ek het nie die opset gehad om oorledene
te dood nie.
4. Die erkennings kan as erkennings ingevol-
ge Artikel 220 van Wet 51 van
1977 genotuleer
4
word."
Dit is dus gemene saak dat toe die oorledene
geskiet is appellante die betrokke vuurwapen op hom
gerig het. Sy ontken egter dat sy die opset gehad het
om die oorledene te
dood en op appèl het haar advokaat
aan die hand gedoen dat sy slegs aan strafbare manslag
spruitende uit die nalatige hantering van die vuur-
wapen - skuldig bevind
moes gewees het. Die
kerngeskil is dus of die appellante die bedoeling
gehad
het om die oorledene te dood al dan nie.
Soos blyk uit die pleitverduideliking, was
oorledene
en appellante man en vrou. Oorledene was
ten tyde van sy dood 'n adjudant-offisier in die Suid-
Afrikaanse Polisie
en was te Paarl gestasioneer, waar
hy lid was van die speurtak. Hy en die appellante het
'n huis in Jan Smutslaan, Paarl, bewoon. Daar was een
kind van die huwelik, 'n seuntjie Johan, wat ietwat ver-
traagd was en 'n spesiale klas moes bywoon.
5 Voor oorledene se dood was
daar 'n jarelange huwelikskonflik tussen hom en die appellante weens, volgens
appellante, sy uithuisigheid
en drankmisbruik. Sy het getuig dat hy soms
aangenaam was by die huis, maar dat hy die meeste van die tyd besope by die huis
aangekom
het en dan aggressief, kortgebonde en onbeskof teenoor haar opgetree
het. Dit het gelei tot stryery en soms het hy haar aangerand.
Dit moet egter
gemeld word dat appellante agt jaar ouer as die oorledene was en volgens getuies
'n sterk persoonlikheid gehad het.
By die verhoor was appellante die enigste
ooggetuie van die skietery. Haar weergawe kom hierop neer: Op die aand van 29
Maart het
hulle kuiergaste by die huis gehad. Daar is geëet en gedrink.
Appel-lante self het oor 'n tydperk van ongeveer vier ure vyf
of ses
dubbelbrandewyne gedrink. Die oorledene het reeds iets gehad om te drink voordat
hy huis toe gekom het. Nadat die gaste weg
is, het oorledene aggressief
6
geraak. Hy was van mening dat hulle gaste te laat ge-bly het en was kwaad
daaroor. Appellante het reeds gelê toe hy in die bed
klim. Hy het toe
rusie gemaak oor die feit dat sy te veel ruimte in die bed inneem en uiteindelik
het hy haar "geheel en al" uit
die bed "geskop" sodat sy met haar kop teen die
bedkassie geval het. Oorledene is toe uit die kamer in die rigting van die
kombuis.
Appellante het opgestaan. Haar oog het geval op die oorledene se 7,65
mm kaliber dienspistool wat in 'n laai langs die bed gelê
het. Sy het
kwaad en vernederd gevoel. Sy het verder in hoofgetuienis verklaar:
"... toe ek sien toe het ek die pistool in my hand... Ek wou hom skrik gemaak
het daarmee dat hy nie vir my so aanme-kaar moes geslaan
het nie... Ek het
on-Uewustelik het ek - ek het die veilig-heidsknippie gedruk, afgedruk en toe
het ek aan die ander kant van die
bed bly staan.... Toe het ek besef wat ek in
my hande het, toe dink ek nee, dit is nie iets waarmee 'n mens moet staan en lol
nie....
Ek het met hom so gestaan, toe
7
wys sy loop-af na die bed toe en toe kom hy met 'n vreeslike lawaai in die gang
terug na die kamer toe.... hy het geloop en vloek
en skel nog al die tyd oor die
feit dat hy nou nog moet slaap en more
moet gaan werk En toe, met sy uit-
gaan het hy ook so teen die deur
gestamp. Die deur het so effentjies toegegaan en toe hy nou terugkom toe stamp
hy die deur oop en toe gaan die skoot af. So, ek het
die pistool seker opgeruk
en toe gaan die skoot net af. Ek het nie eers geweet daar is 'n
patroon
in die loop nie Ek het
verskriklik
geskrik want soos ek sê, ek het nie geweet daar is 'n patroon in die loop
nie
want ek het hom nie oorgehaal nie
hy (d i die oorledene) was kwaad gewees. Hy wás woedend kwaad gewees...
Ek het gedink daar gaan hy vir my
aanrand."
Die appellante het verder vertel hoe, nadat
die
skoot afgegaan het, oorledêne weer agter die deur
verdwyn het. Sy het
vir 'n paar sekondes daar gestaan
en toe uit die slaapkamer uitgehardloop.
Buite in die
gang het oorledene op sy hurke gesit met sy kop teen
die
vloer. Bloed het by sy bene afgeloop. Appellante
het na die telefoon
gehardloop, die pistool op die te-
8
lefoontafeltjie neergesit en die noodnommer geskakel. Sy het geen
antwoord gekry nie en toe het sy die aan-klagkantoor by die plaaslike
polisiestasie geskakel.
Die eerste lid van die polisie wat by die toneel
opgedaag het was sers Van Staden. Hy is later gevolg deur ander lede van die
polisiemag,
o a kol Gel-denhuys en majoor Kemp. Hulle het almal getuienis by die
verhoor afgelê. Toe Kemp by die huis aankom, was die oorledene
reeds dood.
(Mediese getuienis het be-wys dat die oorsaak van dood 'n skietwond was wat die
regter atrium van die hart en die mediaal-posterior.
deel van die linker long
gepenetreer het.) Die appel-lant was toe besig om haar hande in die kombuis te
was. Sy het later skottelgoed
begin was. Sy het ook sekere verduidelikings aan
die polisie gegee waarna ek later sal verwys.
Die appellante se relaas van die skietery -soos blyk uit haar getuienis in
hoofverhoor, saamgelees
9
met haar pleitverduideliking - was dus dat sy die pis-tool opgetel het
om dit as afskrikmiddel teen haar man te gebruik; dat sy die
veiligheidsknip
onbewus afgedruk het; dat sy nie geweet het dat daar 'n patroon in die pistool
se loop was nie; dat toe hy terugkom
en die deur oopstamp, sy die pistool in 'n
refleksbeweging "opgeruk" het; en dat 'n skoot toe afgegaan het wat haar man
getref het.
Sy het nie bedoel om haar man te skiet nie: dit was 'n ongeluk en/of
'n onbewuste optrede gewees.
Hierdie relaas, en veral die verweer van 'n
ongeluk, is deur die verhoorhof verwerp. Die hof het bevind dat appellante met
dolus eventualis
opgetree het en dus aan moord.skuldig was. Op
appèl het appellante se advokaat betoog dat hierdie bevinding foutief was
en
dat appellante haar slegs aan strafbare manslag skuldig gemaak het.
Die eenvoudige vraag is dus of die Staat bo
10
redelike twyfel bewys het dat die appellante opsetlik
in die rigting van haar man geskiet het al dan nie.
Indien wel, ly dit geen twyfel dat, op die minste,
appellant geskiet het
wel wetende dat die skoot haar
man moontlik sou tref en sy dood sou
veroorsaak; en
dat die opsetvorm
dolus eventualis
bewys is.
Hoewel
die getuienis aandui dat appellante daardie aand heelwat te drink gehad het -
trouens 'n bloedmonster wat ongeveer 'n uur na
die skietery geneem is, het
getoon dat die konsentrasie alkohol in appel-lante se bloed 0,26 gram per 100
milliliter was - is daar
geen sprake dat die invloed van hierdie sterk drank
toerekeningsvatbaarheid aan haar kant uitgeskakel het nie. Inteendeel,
appellante
het self erken dat sy by haar volle positiewe was; en dit strook ook
met die getuienis van die polisie-offisiere wat haar kort na
die skietery
waargeneem het.
'n Belangrike faktor by die beoordeling van
11
appellante se getuienis aangaande haar gemoedstoestand toe die pistool gevuur
is, is die feit dat sy 'n deeg-like kennis van vuurwapens
gehad het en bedrewe
was in die hantering daarvan. Sy het vir ongeveer 'n jaar aan
'n skietklub behoort en het "'n paar bekertjies" in skietkompetisies gewen.
Sy was ook ten volle vertroud met die oorledene se dienspistool:
die oorledene
het haar geleer om die wapen te hanteer en ook hoe om dit uitmekaar te
haal.
Dit is nie in geskil dat appellante die pis-tool doelbewus uit die laai
geneem het nie. Haar ver-duideliking is natuurlik dat sy haar
man wou skrik
maak. Dit blyk ook uit die getuienis dat die pistool toe in 'n holster.was en
dat sy dit uit die holster ge-neem het.
Haar daaropvolgende handeling was om die
veiligheidsknip af te druk. In haar hoofgetuienis het sy beweer dat sy dit
onbewus gedoen
het; dat dit 'n refleksaksie was. Hierdie bewering is in
kruisonder-
12
vraging getoets.
"...Nou toe u nou die pistool in die
hande het, hoekom druk u die
veiligheidsknip op? Hoekom maak u 'n
aksie? En dit is 'n aksie om u in staat
te stel om die wapen te kan vuur nè.
'n Mens kan hom nie vuur sonder om die
veiligheidsknip af te haal nie, nê?—
Dit is korrek.
Hoekom het u dit
gedoen? Weer eens
kan ek net vir u sê dit was 'n refleks-reaksie gewees seker as gevolg van
die feit dat ek wel vuurwapens ken dat ek dit onbewustelik
ook gedoen het. Maar
nie met 'n spesifieke doel nie.
Mevrou, die enigste doel wat daar is om 'n vuurwapen se veiligheidsknip af te
haal om hom in die vuurposisie te plaas, die doel daarmee
is om jou in staat te
stel om te kan skiet. Stem u daarmee
saam? Dit is korrek.
Hoekom het u dit dan gedoen?
Ek
weet nie, ek kan dit nie onthou
nie.
Kan u dit nie onthou dat u dit
gedoen
het nie? Ek kan onthou dat ek dit
gedoen het, maar ek kan nie onthou hoe-kom ek dit gedoen het nie.
U kan onthou dat u dit gedoen het. Hoekom het u getuig dit was
onbewustelik? Ek kan net weer vir
u sê ek weet
nie."
Hierdie getuienis is, m i, alles behalwe oor-
13
tuigend. Ek wil ook daarop wys dat toe appellante aan
majoor Kemp en kol
Geldenhuys verduidelik het wat ge-
beur het, sy nooit melding gemaak het van
'n
refleksbeweging of van die feit dat sy onbewus die
veiligheidknip afgedruk
het nie. Verder, haar
opmerking in hoofverhoor (hierbo aangehaal), nadat
sy
die knippie afgedruk het -
"Toe het ek besef wat ek in my hand het, toe dink ek nee, dit is nie iets
waarmee 'n mens moet staan en lol nie"
-
is, na my mening, 'n sterk aanduiding
dat sy wel besef
het wat sy gedoen het.
Appellante beweer dat sy nie die pistool oor-
gehaal het nie en nie geweet het dat daar 'n patroon in
die loop was nie.
Die getuienis dui aan dat die wapen
aanvanklik oorgehaal moet word om 'n
patroon in die loop
te bring, maar daarna (as daar patrone in die magasyn
is) sal die pistool outomaties herlaai elke keer dat
dit afgevuur word. Al
aanvaar 'n mens dat appellante
14
nie die pistool oorgehaal het nie, moet, m.i.onvermy-
delik afgelei word
dat appellante gedink het dat daar
waarskynlik 'n patroon in die loop was.
Waarom anders
het sy oomblikke daarna die pistool na die oorledene
gemik en die sneller getrek?
Haar verduideliking is natuurlik dat toe oor-
ledene by die deur inbars sy die pistool "in 'n refleks-
beweging opgeruk"
en die sneller getrek het. Sy is
in die hof deur die aanklaer gevra om hierdie beweging
te demonstreer.
Haar getuienis in dié verband lui:
"....U het nou gedemonstreer dat toe die
deur oopgaan of oopbars, volgens u,
het
u u stywe arm reguit opgelig in 'n effen-
se links beweging na die
rigting van die
deur toe. Korrek? Dit is korrek.
Maar u het met 'n stywe opswaai van
die arm gewys? Ja.
Meer van u regterkant na u linker-
kant? Dit is
korrek.
In 'n vuurposisie? Dit is reg.
En u sê die skoot het toe
afgegaan?-Die skoot het toe afgegaan.
Mevrou, hoe het die skoot afgegaan?-Ek weet nie.
15
Mevrou, hoe het die skoot afgegaan?- Ek weet
nie.
Maar ons weet ook nie mevrou. Kan
u nie asseblief vir ons probeer
help
nie? Ek het net die sneller
getrek.
U het die sneller getrek? Ja.
Ek moes hom getrek het dat die koeël kan - anders sou hy mos nie gevuur het
nie.
Reg. Maar ek is nie bewus
daar-
van dat ek hom getrek het
nie.
Maar hoekom was u nie daarvan
bewus
nie? Omdat ek geskrik het toe hy
nou so hard in die kamer inkom."
En
verder:
"Nou, toe hy inkom wou u die wapen
gebruik vir selfverdediging of nie?
Daarvan is ek onbewus want dit was ge-heel' en al refleksbeweging, reken ek,
aangesien ek nog die pistool in my hand gehad het. Om
hom skrik te maak dat
hy nou nie met my moet verder kom
Sou dit nie meer van 'n refleksbe-weging gewees het om u hande in die lug
te gooi nie? (Geen hoorbare ant-
woord).
U sien, wat ek so eienaardig vind aan u refleksbeweging is die feit dat u die
vuurwapen opswaai van u regterkant, waar dit hang langs
u sy, in 'n reguit
lyn,
soos 'n mens 'n vuurwapen hanteer as jy
wil skiet. U swaai dit op na waar u man
was. Korrek? Hy was daar? Kor-
rek.
17
geskram word deur te praat van onbewuste bewegings
en refleksaksies nie.
Na my mening het die verhoorhof
tereg die appellante se relaas van haar
gemoedstoestand
ten tyde-van die skietery verwerp en haar aan moord
skuldig bevind.
Appellante se advokaat het ook betoog dat
hierdie
hof behoort in te meng met die vonnis wat die
verhoorregter opgelê het
en die vonnis in sy geheei
moet opskort. Dit is aangevoer dat die geleerde
reg-
ter een belangrike aspek nie behoorlik oorweeg het nie,
nl wat van
die vertraagde kind sou word as appellante
tronk Loe moet gaan. Ek kan nie
met hierdie kritiek
saamstem nie. In sy uitspraak t o v vonnis het hy ge-
sê:
"U was 'n eggenote an moeder vir meer as 14 of 15 jaar. 'n Eensame, middelklas
vroa. Ek aanvaar dat u nie 'n misdadiger is soos ons
aldag hier in die
beskuldigdebank sien nie. U is nie 'n tipiese krimineel nie. Ek neem die feit
dat u ook die moeder van 'n
tienderjarige kind is en dat hy 'n spesiale
18
klas bywoon, in aanmerking. Ek neem ook dien feit in ag dat u daardie aand tot
'n mate
onder die invloed van sterk drank was en dat die oorledene ook ondar die invloed
was en dat hy u oor 'n lang tydperk mishandel het.
Inderdaad neem ek alles wat mnr
Slabbert
in u guns gesê het in
aanmerking. Mnr
Slabbert
het gevra vir 'n opgeskorte vonnis of vir 'n
vonnis gekoppel met 'n boete. Volgens my mening is 'n boete alleen of gekoppel
nie 'n
gepaste vonnis nie. Dit geld ook vir periodieke gevangenisstraf. Dit is
naweektronkstraf. Verder, 'n vonnis wat geheel opgeskort
is, is buite die
kwessie. My pligsgevoel maak so 'n vonnis onmoontlik. Ek aanvaar dat ons hier
met 'n uiters tragiese geval te doen
het en ek is dus bereid om 'n
deel van die vonnis, die grootste deel, op te skort, maar u behoort tronkstraf
selfs vir
'n beperkte termyn uit te dien. Ek is bereid, met die oog op u ouderdom en alles
wat in u guns tel, om 'n groot mate van genade te
betoon en die ligste vonnis
wat in die omstandighede moontlik is, op te
lê."
Die regter het dus klaarblyklik die feite
in verband
met Johan, saam met appeliante se ander
persoonlike
omstandighede, in aanmerking geneem maar het besluit
dat die erns van die misdaad 'n swaarder vonnis as
gevangenisstraf, in sy
geheel opgeskort, verg.
19
Dit is ook aangevoer dat die verhoorregter nie genoegsame gewig aan die
"langdurige aanrandings" en vernederings wat appellante moes
verduur,geheg het
nie. Hierdie feite het natuurlik bygedra tot die be-vinding dat versagtende
omstandighede aanwesig was; en ek is
nie oortuig dat die verhoorregter hulle
onder-skat het, of enigsins in hierdie verband misgetas het by oplegging van
vonnis nie.
Die appèl teen vonnis kan, na my mening, nie gehandhaaf word
nie.
Die appèl word afgewys.
M M CORBETT
HOEXTER AR) STEM SAAM E M GROSSKOPF AR)