About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1989
>>
[1989] ZASCA 39
|
|
S v Freeman (416/88) [1989] ZASCA 39 (30 March 1989)
CG SAAKNOMMER: 416/88
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
JACOBUS FREEMAN
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM:
BOTHA, NESTADT, et STEYN, ARR.
VERHOOR:
17 MAART 1989
GELEWER:
30 MAART 1989
UITSPRAAK
STEYN, AR.
2
Appellant en Arrie Titus het onderskeidelik as beskuldigdes 1 en 2 voor
Steenkamp, R. en twee assessore tereggestaan in die Rondgaande
hof te Upington
op 'n eerste aanklag dat hulle op 1 September 1986 op die hoofpad tussen
Upington en Groblershbop 'n kleurlingman,
Pieter Jacobus Jansen (die oorledene)
vermoor het, en 'n tweede aanklag dat hulle op dieselfde datum en plek gepoog
het om die oorledene
van geld te beroof. Albei is op beide klagtes skuldig
bevind. Ten aansien van die moordklag het die Hof bevind dat daar in appellant
se geval geen versagtende omstandighede was nie, maar wel in diê van
Titus. Die verpligte doodvonnis is daarna aan appellant
opgelê en aan
Titus 15 jaar gevangenisstraf, en aan albei 5 jaar gevangenisstraf op die tweede
aanklag. Ten tyde van die pleging
van dié misdade was appellant 28 en
Titus 18 jaar oud. Appellant kom nou met verlof van hierdie Hof in hoër
beroep teen
die bevinding dat daar in sy geval geen versagtende omstandighede
was nie, en ook
3
teen die doodvonnis.
Die feite deur die Verhoorhof op die meriete bevind
is samevattend die volgende. Die oorledene was 61 jaar oud, redelik lank, maar
skraal gebou, met 'n gewig van 55 kg en 'n lengte van 1,68 m. Hy het die
voorkoms gehad van 'n ou man. Hy was 'n taxibestuurder en
het sy beroep bedryf
met sy eie motorkar, 'n 1972 Chevrolet Commando sedan met outomatiese ratkas. Op
Maandagaand, 1 September 1986,
het hy oudergewoonte na die Oranje Hotel in
Upington gegaan teen ongeveer 8 nm om van die kantienwerkers huis toe te vervoer
wanneer
hulle teen daardie tyd van diens afkom. Hy het in die kroeg ingegaan en
een bier daar gedrink. Appellant en Titus was toe ook daar
met sekere van hul
vriende. Op versoek van appellant het oorledene vir hom en Titus vervoer na
Straussburg, 'n kleurling woonbuurt
ongeveer 11 km oos van Upington op die
hoofteerpad na Groblershoop. Appellant het twee drasakke met kruideniersware by
hom gehad
wat in
4
die huurmotor se kattebak gesit is by die hotel. Appellant het die oorledene
R10,00 vir die rit betaal waarmee petrol ingegooi is
voordat hulle vertrek het.
By Straussburg aangekom het aldrie langs die hoofpad uitgeklim en is die
oorledene van agter af deur Titus
vasgevat toe hy die kattebak wou oopmaak sodat
appellant sy kruideniersware kon uithaal. Terwyl hy so vasgehou is„ het
appellant
oorledene se sakke vir geld deursoek maar niks gekry nie. In 'n poging
om hom te dwing om geld aan hulle te gee wat iewers in die
motor deur hom
versteek kon gewees het, het hulle hom toe in die motor teruggedwing. Titus het
langs hom op die agtersitplek stelling
ingeneem en appellant het bestuur in
weerwil daarvan dat hy 'n onervare bestuurder was en geen bestuurderslisensie of
motorvoertuig
had nie. By 'n plek genoem Gifkloof, ongeveer 9 km oos van
Straussburg, het appellant aan die linkerkant van die pad stilgehou. Daar
het
hulle oorledene met dieselfde doel voor oë weer
5
aangerand maar weereens geen geld gekry nie. Hulle het hom toe in die
kattebak van die motor ingeboender en aangery, steeds met dieselfde
doel.
Ongeveer 50 km verder, op pad na Groblershoop, het die motor se petrol opgeraak
by die uitdraaipad na Kalkweg. Appellant en
Titus het die motor na regs uit die
pad gestoot en daar gelos. Albei het beweer dat appellant op pad soontoe van
Gifkloof af uit
die kattebak oor die leuning van die agterste sitplek in die
motor ingekruip het, dat Titus toe na agter oorgeklim het en hom met
verdere
geweld onder bedwang gebring het. Appellant sou aan Titus gesê het hy moet
die oorledene "'n bietjie ' choke'". (Appellant
se bewering dat hy daarmee
bedoel het dat Titus die oorledene "so twee klappe" moes gee, is deur die hof
verwerp.) Titus het hom
toe egter gewurg totdat hy flou geword het. Nadat hulle
die steeds bewustelose oorledene uit die motor gehaal het by die Kalkweg
uitdraai, is hy weer aangerand. Titus het twee of drie
6
keer op sy maag gespring. Die steeds bewustelose oorledene is toe weer in die
kattebak gelaai sodat hy hulle wegkomkanse nie in die
wiele sou kon ry nie.
Appellant het sy kruideniersware uit die kattebak gehaal, die sleutels van die
motor in die kattebak gegooi
en die deksel daarvan toegeslaan. Dit kon nie
sonder die sleutels oopgemaak word nie. Daarna het appellant en Titus. 'n
geleentheid
huis toe gekry met 'n verbygaande vragmotor.
Die volgende dag,
Dinsdag 2 September, is die oorledene deur sy skoonseun, Cornelius Raatz, wat
van Prieska af op pad terug was na
Upington, dood aangetref in die motor se
kattebak by die Kalkweg afdraai. Hy moes die rugleuning van die agterste sitplek
losmaak
om die oorledene in die kattebak te bereik. Dié leuning is met
twee hake aan die bakwerk gekoppel. Raatz het gevind dat slegs
een haak vas was
maar hy moes dit nogtans ook ontkoppel om in die kattebak te kon inkom. 'n Toets
wat
7
tydens die verhoor in diê Hof se teenwoordigheid uitgevoer is, het
getoon dat niemand vanuit die kattebak in die motor kan inkruip
indien die
rugleuning selfs met net een haak vasgemaak is nie. Die beskuldigdes se bewering
dat die oorledene dit gedoen het is verwerp.
Op Woensdag, 3 September, is
oorledene se hoed gevind op 'n padpaaltjie by Gifkloof. Daar was ook stoei- of
skuifelmerke by daardie
plek.
Uitwendig het die oorledene 39 afsonderlike
kneusings en skaafmerke gehad aan sy kop, gesig (o.a. aan sy linker bo-lip en
alkante
van sy neus), skouers, rug, regter borswand en buikwand, albei bene en
regter enkel. Sy lewer en milt had groot skeure; sy 3de, 8ste
en 10de ribbes was
gebreek; sy brein was geswel en het lig gebloei; daar was ook bloeding om die
regter nier en bynier. Die hoofoorsaak
van sy dood was bloedverlies en skok
weens die gebarste lewer en milt; die breinbesering was 'n bydraende oorsaak.
Die gebreekte
ribbes en
8
gebarste lewer en milt is na die oordeel van die Upingtonse
distriksgeneesheer, Dr Eksteen, wat die post mortem ondersoek op oorledene
gedoen het, veroorsaak toe iemand op die oorledene gespring het of hom getrap en
geskop het terwyl hy op die grond gelê het.
Al dié beserings was
ewe oud en was kort voor dood toegedien. Dr Eksteen het getuig dat die oorledene
moontlik gewurg kon
gewees het maar dat hy geen tekens daarvan of enige
beserings aan sy nek gevind het nie. Na sy mening was dit 'n baie ernstige
aanranding
op oorledene wat "net aangehou en aangehou" het, dat 'n baie groot
mate van geweld gebesig was en dat soveel geweld definitief nie
nodig was om die
oorledene te onderwerp nie. Daar was 0,08 gram per 100 ml alkohol in oorledene
se bloed, maar hy sou nog 'n voertuig
met veiligheid kon bestuur het. Titus het
beweer dat sekere van die beserings deur oorledene opgedoen is toe hy by
Gifkloof geval
en teen die padskouer afgerol het toe hy probeer ontvlug het.
9
(Dit is volgens die polisiegetuienis die gewone gruis padskouer en grond
opvulling met 'n helling van ongeveer 45° en 'n wydte
van 2 meter.) Dr
Eksteen het getuig dat dit nie redelik moontlik is dat enige van die beserings
deur so 'n val of afrol veroorsaak
kon gewees het nie, en appellant het getuig
dat hy dit nie sien gebeur het nie omdat dit donker was. Die Hof het Titus se
bewering
dat oorledene so geval en afgerol het, verwerp.
Appellant en Titus
het albei op die meriete getuig en het erken dat hulle inderdaad vir oorledene
aangerand het om hom te beroof.
Titus het egter beweer dat appellant hom met 'n
vuurwapen gedreig het en gedwing het om dit te doen. Appellant het dit ontken en
Titus se bewering is deur die Hof verwerp. Albei het ontken dat hulle bedoel het
om die oorledene te dood of voorsien het dat hy
aan sy beserings kon beswyk.
Albei het ook beweer dat hulle daardie Maandagmiddag baie gedrink het en dat
hulle tydens die voorval
dronk was. Appellant het beweer
10
dat hy "baie dronk" was en Titus dat hy self "slingerdronk" was. Appellant
het beweer dat hy 'n vyf-liter "ses-man" kan soet rooiwyn
gekoop het en dat hy
en Titus om ongeveer 3 nm na die blyplek van 'n vriend, Jan Abrahams, gegaan het
daardie middag waar hulle drie
aan die kan begin drink het en dit reeds feitlik
leeggedrink het toe nog 'n vriend, "Wikus", wie se regte naam Gert Tities is, by
hulle aangesluit het om ongeveer 6 nm. Titus het toe nog 'n bottel soet rooiwyn
en 'n half bottel anysbrandewyn gaan koop wat hulle
vier toe uitgedrink het.
Daarna het hulle kort na 7 nm die ongeveer 1 km na die Oranje Hotel geloop en
het hy, appellant, 'n bier
daar gedrink. Titus het egter getuig dat hy, sy
"oompie", appellant en dié se broer, die oggend reeds by die hotel 'n
bottel
soetwyn gedrink het, dat hulle om ongeveer 1 nm hul bus na Straussburg
verpas het en die middag saam met Jan Abrahams en 'n vriend,
Klaas, 'n "ses-kan"
soetwyn van 4,5 liter, nog 'n bottel soetwyn en twee half-bottels
11
anysbrandewyn gedrink het, maar dat hulle dié drank om ongeveer 3 nm
reeds alles verorber het en daarna niks verder gedrink
het nie. Jan Abrahams het
namens die Staat op die meriete getuig. Volgens hom het appellant en Titus
daardie Maandagmiddag eers om
ongeveer 5 nm by hom opgedaag met 'n vol 5-liter
kan droë "Vaalwyn" - nie "die rooie" nie. Hulle drie het dit gedrink. Teen
sononder was dit op. Wikus het toe daar aangekom. Die vier van hulle het na die
Oranje hotel geloop. Hy kon egter nie onthou dat
hulle ook 'n bottel soetwyn en
'n halfbottel anysbrahdewyn uitgedrink het nie - miskien omdat hy toe so dronk
was. Hy het nietemin
onthou dat hy die oorledene in die kroeg ontmoet het en
gesien het dat hy 'n bier daar drink. Hy het ook onthou dat die twee
beskuldigdes
toe erg dronk was, maar "nie vallend" nie, en dat hulle met
oorledene in sy taxi van die hotel af vertrek het. Gert Tities het namens
appellant op die meriete getuig. Hy het beweer dat hy om ongeveer 5.30 nm
12
by Jan Abrahams se blyplek aangedoen het. Abrahams en die twee beskuldigdes
was daar. Hulle was "slinger-dronk". Hulle drie was aan
die gesels. Hy het egter
geen drank daar gesien nie en niks is deur hulle gedrink terwyl hy daar was nie.
"Net voor donker" is die
vier van hulle te voet na die Oranje Hotel. Dit was
reeds donker toe hulle daar arriveer het om ongeveer 8 nm. Die beskuldigdes was
toe nog steeds slingerdronk. Hulle vier het by die hotel elk 'n bier gedrink.
Daarna het die twee beskuldigdes met oorledene na Straussburg
vertrek.
Volgens appellant se eie getuienis op die meriete moes hy ongeveer
1½ liters plus 'n ¼ bottel soetwyn en ongeveer 2 tot
3 doppe
anysbrandewyn en ook "'n bier" daardie middag en aand uitgedrink het. Maar
volgens Dr Eksteen sou 'n persoon wat slegs 'n
liter soetwyn gedrink het na 'n
uur nog heeltemal bedwelm wees en onkapabel om enigiets te doen, selfs om nog te
kan drink. (Hy het
in dié verband die uitdrukkings
13
"'paralytic' dronk" en "uit" gebruik.)
Appellant en Titus het albei
verklarings voor landdroste gemaak. Hulle is bekentenisse van 'n poging tot roof
maar verontskuldigend
ten aansien van moord. Dié verklarings is met
toestemming van die verdediging ingehandig as bewysstukke F en G onderskeidelik.
Geen melding van drank of dronkenskap is daarin gemaak nie. Die notule van die
verrigtinge in die landdroshof ingevolge art 119 van
die Strafproseswet is deur
die Staat ingehandig as bewysstuk E. Die korrektheid daarvan is deur die
verdediging erken. Albei beskuldigdes
het daar inderdaad vrae beantwoord maar
geen melding van drank gemaak nie. 'n Geskrewe pleitverduideliking deur
appellant ingevolge
art 115 van die Strafproseswet is ingehandig as bewysstuk A.
Ook daarin is geen melding van drank of beskonkenheid gemaak nie. Titus
het in
sy pleitverduideliking egter wel te kenne gegee dat hy op die betrokke dag "erg
onder die invloed" van drank was
14
maar dat hy nogtans geweet het wat hy doen.
Appellant se getuienis aangaande die
hoeveelheid drank wat hy daardie Maandag gedrink het en
oor sy toestand
van beskonkenheid is nie deur die
verhoorhof aanvaar nie. Dit is bevind dat
hy die
hoeyeelheid drank wat hy sou gedrink het, oordryf het.
Gert Tities
se getuienis aangaande die toestand van
appellant en Titus is as leuenagtig
verwerp. Oor Jan
Abrahams is die volgende in die uitspraak op die
meriete
gesê:
"Jan Abrahams se geheue het hom plek-plek in die steek gelaat en die Hof is
oortuig daarvan dat dit uiters onwaarskynlik is dat hy
en die beskuldigdes
soveel drank daardie dag kon verorber het. Die Hof is tevrede dat die
hoeveelheid drank wat deur die beskuldigdes
en die getuie Jan Abrahams en
blykbaar deur Klaas ingeneem is, oordryf is. In die algemeen het die getuie ook
nie 'n goeie indruk
op die Hof gemaak nie. Die Hof sal egter aanvaar dat hy en
die beskuldigdes wel 'n hoeveelheid drank daardie dag ingeneem
het."
Die volgende is in hierdie opsig ook oor Titus
gesê:
15
"Die Hof is tevrede dat beskuldigde nr 2 saam met beskuldigde nr 1 en Jan
Abrahams gedrink het, maar is ook van mening dat die drank
in alle opsigte
oordryf word."
Dr Eksteen se getuienis is in die
geheel aanvaar.
Appellant het ook getuig tydens die ondersoek
na die
bestaan al dan nie van versagtende omstandighede.
Net hy het toe getuig. Hy
het ten aansien van die drank-
aspek in wese sy getuienis op die meriete
herhaal. Hy
het egter toe meer spesifiek getuig oor die hoeveelheid
drank
wat hy sou gedrink het. Hy het beweer dat hy
ongeveer 2 ½ bottels
soetwyn - "Castle Old Rooi Port", 4
"dubbele totte" anysbrandewyn en 'n bier
gedrink het. Hy
het dit gedrink van 3 nm af tot tussen 6 en 7 nm. By
die
hotel was hy steeds "slingerend dronk". Tydens
hoofverhoor het hy
beweer dat hy egter reeds "bietjie
nugterder" was toe hy in die taxi geklim het. Maar
tydens kruisondervraging het hy gesê dat hy eers na die
voorval
"begin beter voel" het. Hy drink gewoonlik
16
"omtrent 'n bottel brandewyn" en 6 biere elke twee weke
wanneer hy betaal
word. Drank maak hom gewoonlik vaak
maar daardie aand was hy tydens die
voorval nie vaak nie
"omdat hy op die pad was" en nie tuis nie. Hy het
toegegee dat dit "'n redelike moeilike pad is met draaie
en bulte" waarop
hy die oorledene se motorkar daardie
aand bestuur het. Hy het voorts beweer
dat hy nie
daaraan gedink het om aan die landdros te vertel dat hy
sterk onder die invloed van drank was nie maar het ook
getuig dat die
voorval aan sy beskonkenheid te wyte is.
Die Hof het appellant se verdere getuienis oor
sy drankinname en dronkenskap ook verwerp. Die redes
daarvoor is só
deur Steenkamp, R. in die bevinding ten
aansien van versagtende omstandighede
uiteengesit:
"Wat drank betref het beskuldigde nr 1 weer eens getuienis gegee. Hy het vir die
Hof hier vertel dat hy persoonlik daardie namiddag
van 3 namiddag 2 ½
bottel soetwyn gedrink het. Die soetwyn is Castle rooi Old Port. Daarbenewens
het hy vier dubbele likeurbrandewyne
gedrink. Volgens hom was hy slinger dronk
toe hy by die
17
hotel aangekom het en selfs toe hy nog daar buitekant in die voertuig geklim
het. Hy beweer eers dat hy 'n bietjie minder dronk was
toe hy bestuur het, later
sê hy eintlik 'n
bietjie meer nugter geword toe hy op pad terug
was.
Die Hof het hierdie getuienis van beskuldigde nr 1 sorgvuldig oorweeg teen
die agtergrond van sy getuienis oor hoe hierdie gebeure
plaasgevind het. Hoe
noukeurig hy vir die Hof beskryf het hoe alles plaasgevind het. Die beeld wat hy
van die gebeure skep stem nie
ooreen met die gebeure wat 'n dronk man vir die
Hof sou geskep het nie. Die gebeure wat hy skep is dat hulle presies geweet het
wat
hulle gedoen het. Hulle het die oorledene planmatig aangerand en verder het
hulle hom daar gelos in 'n kattebak wat toegesluit is,
omdat hulle geredeneer
het, as die oorledene hulle sal sien as hy bykom dan sal hy vir die polisie kan
sê dat dit hulle is
wat hom aangerand en probeer beroof het.
Beskuldigde nr 1 se getuienis in verband met sy dronkenskap rym volgens
hierdie Hof se eenparige mening nie met die beeld wat hy in
die Hof geskep het,
oor hoe hierdie misdaad gepleeg is nie. Die Hof is tevrede dat die beskuldigde
vir die Hof leuens vertel het,
doelbewuste leuens vertel het, om hom so dronk as
moontlik te maak om daardeur vir die Hof te oortuig om versagtende omstandighede
te bevind. Die Hof verwerp sy getuienis maar dan sit die Hof met 'n lugleegte
aangesien die Hof bevind
18
het dat beskuldigde nr 1 wel drank ingehad het. Die Hof weet egter nie hoedanig
hierdie drank die beskuldigde se geestesvermoë
aangetas het nie. Uit die
getuienis blyk dit dat hy die voertuig vir 60 of 70 kilometers bestuur het en
dat dit 'n pad is wat baie
draaie het. Die beskuldigde is 'n onervare bestuurder
sonder 'n lisensie en hy het geen ongeluk gemaak nie.
Hy onthou ook om sy kruideniersware uit die motor te neem. Alles dui daarop dat
beskuldigde nr 1 presies geweet het wat aangegaan
het. Dit is nie die beeld van
'n persoon wat 2 ½ bottels rooiwyn en 4 dubbele brandewyne gedrink het nie.
Die Hof is hoegenaamd
nie met 'n oorwig van waarskynlikhede oortuig dat die
drank beskuldigde nr 1 se geestesvermoë sodanig beinvloed het, dat sy
geestelike instinkte daardeur afgestomp is nie of dat sy selfdissipline daardeur
verbreek is nie. Diê Hof kan derhalwe nie
drank as 'n versagtende
omstandigheid bevind nie, omdat die Hof nie met 'n oorwig van waarskynlikhede
oortuig is dat dit wel 'n versagtende
omstandigheid in hierdie saak is
nie."
Oor die vraag of dolus eventualis in die
besondere
omstandighede van hierdie geval as 'n versagtende
omstandigheid
beskou kan word, is die volgende bevind:
"Wat dolus eventualis as 'n versagtende omstandigheid betref, het hierdie Hof
alreeds bevind dat daar 'n sterk argument is dat
daar
19
dolus directus bestaan het, maar die Hof het die beskuldigdes die voordeel van
die twyfel gegee. Maar deur die oorledene daardie
tyd van die aand in 'n
bewustelose toestand te laat en in 'n kattebak toe te sluit, moet die
beskuldigdes inderdaad die dood as 'n
byna sekerheid voorsien het en is hulle
vorm van opset baie naby aan dolus directus. Die Hof moet al die omstandighede
in hierdie
saak in aanmerking neem aangesien die Hof 'n diskresie het wat
regterlik uitgeoefen moet word om te bevind of dolus eventualis 'n
versagtende
omstandigheid is. Die Hof het hierdie aangeleentheid met groot versigtigheid,
met groot verantwoordelikheid van alle
kante beredeneer ten einde te besluit of
die Hof versagtende omstandighede kan bevind.
Na baie sorgvuldigde oorweging het hierdie Hof eenparig tot die bevinding geraak
dat daar GEEN VERSAGTENDE OMSTANDIGHEDE wat die
MOORDAANKLAG betref vir
beskuldigde nr 1 aanwesig is nie."
Die versagtende
omstandighede wat in die geval van Titus
bevind is, was sy jeugdige destydse
ouderdom van 18 jaar
en dat hy "tot 'n mate leiding van beskuldigde nr 1
gekry
het".
Mnr Botha het namens appellant betoog dat
die
verhoorhof wesenlike mistastings begaan het in
die
20
bevinding dat daar geen versagtende omstandighede in appellant se geval was
nie, dat hierdie Hof gevolglik daardie bevinding behoort
ter syde te stel en te
bevind dat daar inderdaad versagtende omstandighede teenwoordig was. Die
mistastings wat hy aanvoer ïs
die volgende: (i) Dat appellant "die leidende
persoon was en dat hy 'n meer aktiewe rol in die aangeleentheid gespeel het as
wat
hy voorgee hy gespeel het". (Mnr Botha het in hierdie verband hoofsaaklik
gesteun op die getuienis van die beskuldigdes ten aansien
van die meriete, en
die bevinding wat hy aanval vorm deel van die uitspraak op die meriete.) (ii)
Dat drank nie 'n wesenlike rol
in die pleging van
die moord gespeel het nie; (iii) Dat die afwesigheid van 'n direkte opset om
te dood nie in die omstandighede van die onderhawige
geval 'n versagtende
omstandigheid was nie; en
21
(iv) Dat die verhoorhof nie die kumulatiewe effek van
die beïnvloeding deur die tweede beskuldigde,
drank en dolus eventualis in ag geneem het nie.
Mnr Botha het destyds sy
betoog ten aansien van
versagtende omstandighede egter slegs op die
beweerde
mistastings (ii) en (iii) gegrond. Die verhoorhof het
hom ook so
verstaan, soos blyk uit die volgende passasie
in die uitspraak op versagtende omstandighede:
"In hierdie saak het
mnr
. Botha namens beskuldigde nr 1 aangevoer dat
daar versagtende omstandighede op twee gronde is, naamlik drank en op die tweede
grond
dat die hof dolus eventualis as 'n opsetvorm bevind het."
Ek kom later hierop terug.
Dit is 'n gevestigde reël van ons strafproses dat
hierdie Hof slegs
'n beperkte bevoegdheid het om in te
meng met 'n verhoorhof se bevinding dat
daar geen
versagtende omstandighede was nie, en dit in die
afwesigheid van
wesenlike wanvoorligting of
onreëlmatigheid nie sal doen tensy geen
redelike Hof tot
22
só 'n bevinding kon geraak het nie.
S v McBRIDE
1988 (4) SA 10
(A) op 18J-19C.
Die eerste beweerde mistasting deur Mnr Botha aangevoer, kom,
soos reeds genoem, slegs voor in die verhoorhof se uitspraak op die
meriete.
Alhoewel dit nie tydens die ondersoek na versagting geopper is nie, meen ek
egter tog dat appellant nie daardeur belet is
om dit voor hierdie Hof te opper
nie. Om vas te stel of daar wel versagtende omstandighede was, is die hele
corpus van gelewerde
getuienis en die feitebevindings daaromtrent ter sake. 'n
Besondere, gegronde, faset mag tydens die betoog op en oorweging van versagting
misgekyk word, maar dit verander nie die aard en inslag daarvan nie. Dit bly op
appèl steeds geld en behoort deur hierdie
Hof oorweeg te word.
Mnr
Botha het betoog dat die verhoorhof die getuienis van Titus misgekyk het en dat
dit volgens daardie getuienis duidelik is dat
dit hy was wat die
23
leidende rol gespeel het en die grootste aandeel had in
die hele
aangeleentheid en nie appellant nie. Mnr Botha
het daarop gewys dat Titus
beweer het dat dit hy was wat
die oorledene aanvanklik vasgegryp het, en dat
dit ook hy
was wat die voertuig deursoek het vir geld, die oorledene
met
die vuis in die gesig geslaan en gewurg het, dat dit
hy was wat die oorledene
gaan terughaal het by Gifkloof
nadat hy probeer ontvlug het en toe geval en
by die
padwal afgerol het en dat dit hy was wat by die Kalkweg
uitdraai op
oorledene gespring het en hom geskop het.
Die verhoorhof se bevinding was by
oorweging van die
meriete gerig op appellant se geloofwaardigheid
en
derhalwe van belang by die bepaling van sy skuld of
onskuld. Dit lui
só:
"Die Hof is van mening dat beskuldigde nr 1 'n ouer en sterker persoon is en
daardie dag nie instruksies van.beskuldigde nr 2 sou
geneem het nie, maar dat hy
die leidende persoon was en dat hy 'n meer aktiewe rol in die aangeleentheid
gespeel het as wat hy voorgee
hy gespeel
het."
24
Daar is geen appèl teen die skuldigbevinding nie en hierdie Hof se
bevoegdheid om met voormelde bevinding in te meng moet op
daardie grondslag
beoordeel word. Vgl:
S v BOWERS
1971 (4) SA 646
(A) 651 van heelbo tot B;
S v VONTSTEEN
1972 (4) SA 551
(A) op 558 B-E en
S v SEPHUTI
1985
(1) SA 9
(A) op 18 E-H. Ek sal egter ten gunste van appellant aanvaar, aan die
hand van die besondere omstandighede van die onderhawige geval,
dat wanneer daar
nou op appél besluit moet word of daar inderdaad versagtende
omstandighede was in weerwil van die verhoorhof
se beslissing tot die teendeel,
hierdie Hof die bevoegdheid het om in te meng met die gewraakte feitebevinding
indien dit oortuig
is dat diê bevinding verkeerd is. Ek is geensins
oortuig dat die feitebevinding hier ter sprake verkeerd is nie. Selfs al word
dit ten gunste van appellant aanvaar dat Titus die oorledene aangerand het soos
deur hom beweer, is die
25
beserings wat daardeur aan die oorledene toegedien kon gewees het, minder as
die helfte van dié wat aan die lyk gevind is.
Die ware beeld van wat
werklik gebeur het is gevolglik nie in Titus se getuienis te vinde nie, en ook
nie in dié van appellant
nie. Maar appellant was 10 jaar ouer en groter
en sterker as Titus, en hy was op albei die beskuldigdes se getuienis die
persoon
wat die vervoer met die oorledene gereël het en daarvoor betaal
het, die opdrag om die oorledene te "choke" gegee het (wat deur
Titus uitgevoer
is) en die voertuig bestuur het vanaf Straussburg. Daar was dus na my mening
genoegsame gronde vir die verhoorhof
se bevinding. Daar is gevolglik geen
regverdiging om nou daarmee in te meng nie. Maar selfs as ek verkeerd is, sal
dit appellant
nogtans nie baat nie. Indien daardie bevinding tersyde gestel word
sal daar geen bevinding wees oor wie van die twee beskuldigdes
die ander
beïnvloed het nie. Dit is slegs indien bevind sou kon word dat Titus die
leidende rol
26
gespeel het en appellant ten kwade beïnvloed het dat dit as 'n
versagtende omstandigheid in sy geval beskou sou kon word. Daar
is geen
regverdiging vir só 'n bevinding nie. Appellant het dit geensins in sy
getuienis ter versagting geopper nie en het
hom trouens toe net by die kwessie
van drank bepaal. Die getuienis van die beskuldigdes op die meriete oor die aard
en omvang van
hul aanranding op die oorledene is nie vereenselwigbaar met die
omvang van sy beserings nie. Hulle het klaarblyklik die erns van
die aanranding
valslik tot eie voordeel probeer minimaliseer. Wat die tweede beweerde
mistasting betref, het appellant in sy getuienis
aangaande versagtende
omstandighede eintlik maar net sy vorige weergawe op die meriete wesenlik
herhaal, behalwe deur te beweer dat
hy heelwat meer soetwyn (2 ½ bottels)
en anysbrandewyn (4 "dubbele totte") gedrink.het as wat hy voorheen te kenne
gegee het.
Hierdie aanvulling was egter teen-produktief omdat dit nog minder met
Dr Eksteen se getuienis
27
vereenselwigbaar is as sy vroeëre, reeds verwerpte, getuienis. As hy
inderdaad binne die bestek van 3 tot 4 ure soveel soetwyn
en anysbrandewyn
gedrink het, moes hy volgens die geneesheer se onbetwiste mening daardie aand
totaal bedwelm gewees het. Hy het
weereens klaarblyklik sy drankinname grof
oordryf. Die beskuldigdes se voortsetting van die reis met die oorledene na die
Gifkloof
voorval is na my mening geen genoegsame aanduiding dat dit aan die
irrasionaliteit van beskonkenheid te wyte was nie. Dit kan net
so wel wees dat
hulle by Gifkloof in 'n vertwyfeling beland het oor wat om met die beseerde
oorledene te doen. Om toe met hom na
Straussburg of Upington terug te keer sou
vir hulle klaarblyklik uiters gevaarlik gewees het. Hulle kon ook oorweeg het om
die motor
te steel en die oorledene êrens agter. te laat. Dit sou blote
bespiegeling wees om daardie verdere tog aan hul drankinname
toe te skryf. In
die verhoorhof se redes vir
28
die verwerping van appellant se bykomende getuienis op
die drankaspek is
daar na my mening geen mistasting
begaan nie en word hulle inderwaarheid
versterk deur Dr
Eksteen se getuienis. Daar is trouens niks in appellant
se bykomende getuienis wat die verhborhof se bevinding
hieroor op die
meriete aanvul of temper nie.
By die oorweging van die vraag of die
afwesigheid van 'n direkte opset om te dood in appellant
se geval as 'n versagtende omstandigheid beskou moet word,
het die
verhoorhof klaarblyklik die wyse waarop die moord
gepleeg is in ag geneem.
Die Hof was geregtig om dit te
doen. In
S v McBRIDE
, supra, het
Corbett, AR., soos hy
toe was, die volgende daaromtrent gesê op 24 A-D:
"I shall now endeavour to sum up the present state of the law on this aspect of
extenuating circumstances. The nature of the murder
(and here I would include
the identity of the deceased and the relationship, if any, between the accused
and the deceased) and the
manner of its commission are factors which, while they
cannot be regarded as per se excluding extenuation, are nevertheless relevant
to
the
29
general enquiry as to extenuation. They may be relevant to the factual enquiry
as to whether an alleged extenuating circumstance
in truth existed or as to
whether it actually influenced the accused; or they may be relevant as part of
the web of circumstances
associated with the crime which must be considered by
the Court when it passes its moral judgment and decides whether there exist
circumstances which in the minds of reasonable men diminish the accused's moral
blameworthiness."
Dit was 'n
genadelose aanranding wat in Dr
Eksteen se woorde "aangehou en aangehou" het en waarvan
die omvang onnodig
was om die oorledene te onderwerp.
Daardie aanranding het oor 'n geografiese
dimensie van
bykans 60 km en 'n tydsduur van nie minder nie as 'n
uur
gestrek. (As appellant se bewering aanvaar word dat hy
teen slegs
50-60 km/h bestuur het, kon die rit, met
inbegrip van die oponthoud by
Gifkloof, nie minder as h
uur geneem het om die 59 km tussen Straussburg en
die
Kalkweg afdraai af te lê.nie.) Daar was ongetwyfeld 'n
groot
mate van onnodige wreedheid en geweld by die
aanranding betrokke in weerwil
daarvan dat dit by
30
Gifkloof al vir appellant en sy genoot redelik duidelik moes gewees het dat
die oorledene geen geld by hom het nie. 'n Vroeëre
aanduiding daarvan was
dat hy sy R10,00 fooi terstond gebruik het om petrol te verkry. En toe sy motor
by die Kalkweg afdraai gaan
staan moes die twee booswigte besef het dat hy
hoogswaarskynlik net die R10,00 had vir brandstof. Die wyse waarop hulle die
bejaarde,
reeds bewustelose en ernstig beseerde oorledene toe op daardie
afgesonderde plek verder aangerand het en in die nag agtergelaat het
in die
geslote kattebak beklemtoon hul wrede gevoelloosheid. Onder hierdie
omstandighede is die feit dat appellant se opsetvorm dolus
eventualis was nie 'n
versagtende omstandigheid nie. Vgl:
S v RAPITSI
1987 (4) SA 351
(A).
Mnr Botha se betoog ten aansien van die vierde beweerde mistasting het
niks om die lyf nie. Dit is na my mening duidelik dat die verhoorhof
inderdaad
die kumulatiewe effek van al die moontlike versagtende
31
faktore in ag geneem het. In die uitspraak ten aansien
van versagtende
omstandighede het Steenkamp, R. die
volgende gesê:
"Die Hof moet
al die omstandiqhede
in hierdie saak in aanmerking neem
aangesien die Hof 'n diskresie het wat regterlik uitgeoefen moet word om te vind
of dolus eventualis
'n versagtende omstandigheid is. Die Hof het hierdie
aangeleentheid met groot versigtigheid, met groot verantwoordelikheid
van
alle kante beredeneer
ten einde te besluit of die Hof versagtende
omstandighede kan bevind." (My kursivering.)
(Ek
neem aan dat die geleerde Regter met die opmerking
dat "die Hof 'n diskresie
het wat regterlik uitgeoefen
moet word" bedoel het dat die Hof 'n oordeel
moet vorm op
die bewese feite.) Soos reeds vermeld, was net twee
faktore ter sprake voor die verhoorhof, te wete drank en
dolus eventualis.
Daarom het Steenkamp, R. in sy
uitspraak op verlof om te, appelleer uitdruklik gesê dat
die vêrhoorhof "die twee gemelde faktore se kumulatiewe effek" oorweeg
het. Een van die omstandighede wat die
32
verhoorhof in Titus (2de beskuldigde) se geval as versagtend bevind het was,
soos reeds vermeld, egter die feit "dat hy tot 'n mate
leiding van beskuldigde
nr 1 gekry het". Titus het inderdaad deurgaans beweer dat appellant die leidende
rol in die hele aangeleentheid
gespeel het. (Miskien het hy as gevolg daarvan sy
weg oopgesien om te erken dat hy ook die oorledene fisies aangerand het.) Die
verhoorhof
het weliswaar sy bewering van dwang verwerp maar nogtans in sy guns
bevind dat hy "tot 'n mate" onder appellant se leiding opgetree
het. Ten aansien
van appellant was daar in hierdie opsig geen moontlik versagtende omstandigheid
wat deur die verhoorhof misgekyk
is nie.
Daar kan gevolglik nie ingemeng word
met die verhoorhof se bevinding dat daar geen versagtende omstandighede was
nie.
Die appél word afgewys. M T STEYN,AR
BOTHA,
AR.) NESTADT, AR.)