S v Khoza (48/88) [1989] ZASCA 34 (30 March 1989)

52 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Possession of cannabis — Appeal against sentence — Appellant convicted of possession of 5 grams of cannabis and sentenced to 9 months' imprisonment — Appellant's previous conviction for similar offence considered — Court finds that the magistrate misapplied the significance of the previous conviction and the time elapsed since it — Sentence modified to a suspended sentence of 5 years, conditional on no further offences under the relevant statute during the suspension period.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1989
>>
[1989] ZASCA 34
|

|

S v Khoza (48/88) [1989] ZASCA 34 (30 March 1989)

Saak No 48/88
BERNARD KHOZA APPELLANT
en
DIE STAAT RESPONDENT
J J F HEFER
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
APPèLAFDELING In die saak
tussen
BERNARD KHOZA APPELLANT
en
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM : JOUBERT, VAN HEERDEN et HEFER
ARR. AANGEHOOR : 22 MAART 1989 GELEWER : 30 MAART 1989
UITSPRAK
_________ :
Hierdie appèl is gemik teen die vonnis van 9 maande
gevangenisstraf wat die appellant in die landdroshof van
Amsterdam
opgelê is weens sy skuldigbevinding aan die besit,
.../2
2.
strydig met die bepalings van art 2(b) van Wet 41 van
1971, van 5 gram dagga. Die vonnis is gehandhaaf in 'n
appèl na die
Transvaalse Provinsiaie Afdeling.
Die landdros het die volgende redes vir die vonnis
verskaf:
"Hierdie distrik is 'n grensdistrik met Swaziland, Diepdal en Fernie
tuislande en veral besit van dagga in klein hoeveelhede het'n
probleem geword.
Volgens die beskuldigde se vorige veroordelings is dit duidelik dat hy volhard
daarin om van dagga gebruik te maak
en die opgeskorte vonnis het hom nie
afgeskrik nie.
Aangesien die wetgewer volgens artikel l(iv)(bb) (ii) wet 41/77 'n hoë
strafbepaling daarstel aan die besondere misdaad het die
hof gereken dat
ge-vangenisstraf van 9 (Nege) maande wat opgelê is as 'n afskrikmiddel vir
andere moet dien en dat dit nie
buitensporig in hierdie omstandighede was nie.
Die hoeveelheid dagga naamlik 5 gram en die beskuldigde se persoonlike
omstandighede
was in ag geneemmet die oplegging van vonnis."
.../3
3.
in hierdie hof het die advokaat vir die Staat toege-gee dat
die landdros misgetas het wat die effek van die vorige veroordeling betref.
Die
appellant het een vorige veroordeling: gedurende Februarie 1980 is hy skuldig
bevind aan die onwettige besit van dagga en veroordeel
tot 4 maande
gevangenisstraf wat voorwaardelik opgeskort is vir 4 jaar. Die huidige
oortreding is gedurende Januarie 1987 gepleeg
d w s bykans 3 jaar na verstryking
van die opskortingstermyn, en 7 jaar na die vorige een. Dit kan dus nie
gesê word dat die
appellant volhard het in die gebruik van dagga of dat
die vorige opgeskorte vonnis hom nie afgeskrik het nie.
In die lig van hierdie mistasting is dit nou die
taak van hierdie hof om opnuut 'n gepaste vonnis te oorweeg.
Wat in hierdie verband van belang is, is die geringe
.../4
4.
hoeveelheid dagga wat die appellant besit het en dat hy
dit vir eie gebruik besit het. Gedagtig hieraan en aan
die iang tydperk wat sedert die vorige veroordeling ver-
loop het, is ek van mening dat dit gepas is om sy huidige
vonnis ook op te skort ten spyte van die ander oorwegings
wat in die
landdros se redes genoem is.
Die appèl slaag dus tot die mate dat die vonnis wat
die landdros opgelê het, gewysig word deur by te voeg:
" wat opgeskort word vir 5 jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie skuldig
bevind word aan 'n oor-treding van art 2(b) van Wet
41 van 1971 gepleeg
gedurende die opskortingstermyn nie."
J F HEFER AR
JOUBERT AR )
STEM SAAM.
VAN HEERDEN AR )