S v Van Der Merwe (33/89) [1989] ZASCA 33 (30 March 1989)

82 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Plea of non-pathological criminal incapacity — Appellant charged with multiple counts including murder of brother and father — Appellant pleaded not guilty, claiming lack of criminal capacity due to inability to appreciate wrongfulness of actions — Court found appellant guilty on several counts, including murder — Sentence of death imposed for murder of brother, with additional sentences for other charges — Appeal against convictions and sentences — Court held that the appellant's plea of non-pathological incapacity was not substantiated by evidence, affirming the convictions and sentences imposed by the trial court.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1989
>>
[1989] ZASCA 33
|

|

S v Van Der Merwe (33/89) [1989] ZASCA 33 (30 March 1989)

SAFLII
Note:
Certain
personal/private details of parties or witnesses have been
redacted from this document in compliance with the law
and
SAFLII
Policy
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPÉLAFDELING
In die saak tussen:
PETRUS MATHEUS VAN DER MERWE
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
Coram
: JOUBERT, VIVIER et
EKSTEEN ARR.
Datum van verhoor
: 7 Maart
1989
Datum van lewering
: 30
Maart 1939
UITSPRAAK
JOUBERT
AR:
/Die
2
Die appellant is in die
Transvaalse Provinsiale Afdeling deur J.J. STRYDOM R en twee
assessore verhoor op die volgende aanklagte,
nl.
Aanklag 1
: Moord op sy
broer Emanuel.
Aanklag 2
: Moord op sy
vader Petrus Mathewes van der Merwe.
Aanklag
3
: Diefstal van 'n
pistool en ammunisie
asook R1482-48 kontant.
Aanklag 4
: Verkragting van
C.D.L..
Aanklag 5
: Verkragting van
C.D.L.
te Silkaatsnek Reservaat.
Aanklag 6
: Besit van
pistool.
Aanklag 7
: Besit van
ammunisie.
Die misdade waarop aanklagte 1, 2,
3 en 4 betrekking het,
sou
gepleeg gewees het in 'n woonhuis te Penguinlaan 272,
/3....
3
Wierda Park, Pretoria die oggend
van Saterdag 31 Augustus 1985. Die appellant het onskuldig op al die
aanklagte gepleit. Sy verweer
was dat hy wel die handelinge gepleeg
het waarop die aanklagte betrekking het maar dat hy tydens die pleeg
daarvan ontoerekeningsvatbaar
was deurdat hy nie die
onderskeidingsvermoë gehad het om die onregmatigheid van sy
handelinge te besef nie of nie die wilsbeheervermoë
gehad het om
ooreenkomstig 'n besef van die ongeoorloofdheid van sy handelinge op
te tree nie. In die alternatief tot aanklagte
4 en 5 het hy gepleit
dat C. tot die geslagsverkeer toegestem het. Sy verweer is vervat in
Bewysstuk "H" (Band 15 p 1366-1369).
Die appellant is deur
die Verhoorregter en een assessor skuldig bevind op aanklagte 1, 2, 3
en 4 terwyl die Verhoorregter en albei
assessore hom op aanklagte 5,
6 en 7 skuldig bevind het. Die Verhoorhof het bevind dat daar
versagtende omstandighede aanwesig
is ten aansien van
/4....
4
die twee aanklagte van moord
d.w.s. aanklagte 1 en 2. Die Verhoorregter het egter sy diskresie
uitgeoefen en die doodvonnis opgelê
ten aansien van
aanklag
1
(die moord op die appellant se broer Emanuel). Die volgende
vonnisse is die appellant ten aansien van die ander aanklagte opgelê:
Aanklag 2
: 10 jaar
gevangenisstraf.
Aanklaq 3
: 1 jaar
gevangenisstraf.
Aanklag 4
: 8 jaar
gevangenisstraf.
Aanklaq 5
: 3 jaar
gevangenisstraf.
Aanklag 6
: 1 jaar
gevangenisstraf.
Aanklag 7
: 1 jaar
gevangenisstraf.
Dit is gelas dat die vonnisse op
aanklagte 3, 6 en 7 moet saamloop en samelopend uitgedien moet word
met die vonnis wat op aanklag
2 opgelê is. Dit beteken dat 21
jaar effektiewe
gevangenisstraf opgelê is.
Met verlof van die Hoofregter kom die appellant tans in hoër
beroep na hierdie Hof teen
/5...
5
al sy skuldigbevindings sowel as
die opgelegde vonnisse.
Ofskoon adv.
Hertzog
wat vir die appellant verskyn het se geskrewe betoogshoofde in twee
bundels vervat is, het dit tydens sy betoog duidelik geword
dat die
app
è
l eintlik net oor drie
aangeleenthede handel. Ek sal straks aan hulle aandag skenk.
Ek
sal voortaan gerieflikheishalwe na
die vader van appellant as
"van der Merwe sr." verwys.
Op
2 September 1985 het dr. Malan, die
Staatspatoloog,
lykskouings op die lyke van Emanuel en van der Merwe sr. uitgevoer.
Sy bevinding was dat Emanuel
'n
snywond vanaf sy linkeroor om die voorkant van sy nek tot
reg
onder sy regter kaakhoek gehad het. Dit het gestrek
tot aan die nekwerwels met
afsnyding van die nek se weefsels en groot bloedvate. Dit het feitlik
daarop neergekom dat Emanuel se
keel van oor tot oor afgesny is. Daar
kon meer
/6....
6
as een sny gewees het. Die snywond
kon veroorsaak gewees het deur die mes (Bewysstuk 1) wat 'n lem van
ongeveer 1 voet lank het.
Die snywond het 'n belemmering van
asemhaling asook erge bloedverlies teweeggebring. Die oorsaak van
dood was belemmering van asemhaling
as gevolg van die snywond
aan
die nek.
Wat van der Merwe sr. betref, het
dr. Malan vasgestel dat sy lyk verskeie ligte snywonde gehad het,nl
aan die voorkant van die linkerskouer,
aan die linkerkant van die
voorkop van voor na agter asook 'n oppervlakkige snywond aan die nek
vanaf die regteroor na voor en
dan tot onder die
linkerkaak.
Daar was egter 'n steekwond wat deur die linkerlong
en die hoofslagaar gestrek het.
Dit het erge bloeding
veroorsaak.
'n Redelike mate van geweld was nodig om hierdie
steekwond toe
te dien. Die oorsaak van dood was bloedverlies weens hierdie
steekwond in die borskas.
/7....
7
Maandagoggend
26 Augustus 1985 het Emanuel en sy minnares C. (wat op daardie
stadium 'n getroude vrou was) die appellant met sy
motorkar gaan haal
toe die appellant onvoorwaardelik uit die gevangenis vrygelaat is
nadat hy 4 jaar en 10 maande uitgedien het
ten aansien van 'n vonnis
van 6 jaar gevangenisstraf. Hierdie vonnis is hom
in
1981 deur 'n streekshof opgelê vir verkragting van 'n vrou wat
hy met 'n vuurwapen gedreig het en teenoor wie hy geweld
toegepas
het. Die appellant is ook in 1979 te Oudshoorn skuldig bevind aan
diefstal van 'n motorkar asook diefstal van R6 waarvoor
hy 'n vonnis
van 2
½
jaar gevangenisstraf
opgelê
is maar waarvan helfte voorwaardelik vir 5 jaar opgeskort
is.
Toe Emanuel en C. daardie Maandagoggend die appellant na Penguinlaan
272 neem, was die appellant eintlik 'n patetiese mislukkeling.
Hy was
31 jaar oud met 'n ietwat bo gemiddelde intellek maar hy het slegs
standerd 6
/8....
8
skoolopleiding gehad. Hy was nie
geskool vir enige nering nie. Hy het ongeveer 26 baantjies gehad
voordat hy die 6 jaar gevangenisstraf
opgelê is. Hy is kort van
gestalte maar is fris gebou. Sy selfbeeld was egter swak. Hy
het
'n pankop en geen botande nie. Hy het dagga gerook,
hy
was semi-potent, hy het nooit goeie verhoudings met persone
van
die teenoorgestelde geslag gehad nie en hy het nog sy bed natgemaak.
Hy het slegs R43 by hom gehad.
Die
verhouding tussen die appellant en
van der Merwe sr. was nooit
goed nie. Van der Merwe sr. het ontken dat die appellant sy kind was.
Die appellant het toe totdat hy
7 na 8 jaar oud was by sy oom Lion
Fourie en sy tante (sy moeder se suster) gewoon. Daarna het hy
'n deel van sy jeugjare in die
destydse Rhodesië deurgebring waar sy ouers gewoon het. Vir die
afgelope 14 jaar voordat
hy die
vonnis van 6 jaar gevangenisstraf opgelê is, was hy
/9.....
9
nooit langer as 'n paar weke of
maande by sy ouers aan huis nie. Van der Merwe sr. was 'n moeilike ou
man. Hy was suinig en wou
hê sy kinders moes swaar kry sodat
hulle geld kon waardeer. Emanuel was 'n verkoopsman. Ofskoon hy met
die binnekant van
'n gevangenis kennis gemaak het, was hy
'n suksesvolle sakeman. Hy het die
huis te Penguinlaan 272 gekoop en ter beskikking van sy ouers gestel
om daarin te woon. Soos
verwag kon word, was Emanuel die oogappel van
van der Merwe sr. Emanuel was geskei en sy seuntjie (Emanuel jr.) het
saam met die
familie in die huis gewoon. Johannes sy jonger broer,
het ook daar gewoon. Daarbenewens het
die
13 jarige Cathy Jansen en haar twee broertjies, Brian
en Troy,
ook in die huis gewoon. Hulle was die kinders van 'n oorlede suster
van die appellant.
Gedurende
die loop van daardie week sedert
die terugkoms van die
appellant het daar konflikte tussen
/10.....
10
hom en van der Merwe sr. ontstaan.
Laasgenoemde het die appellant verwyt dat hy nie 'n werk het om geld
te verdien nie. Sy moeder
het beskermend teenoor die appellant
opgetree
soos sy altyd geneigd
was om te doen. Daar was by tye spanning
tussen die appellant
en van der Merwe sr. maar wanneer laasgenoemde hom vloek, het die
appellant nie teruggepraat nie maar weggestap.
Die appellant was
saggeaard en nie aggressief nie. Hy het veral goed oor die weg gekom
met sy oorlede suster se kinders. Van der
Merwe sr. het die
appellant
se plan om 'n rotstuintjie aan te lê, kras veroordeel.
Daar
was ook gemoedelike oomblikke tussen hulle soos bv toe
van
der Merwe' sr. hom sy nuwe vuurwapen gewys het. So
ook toe
hulle saam winkel toe gestap het en appellant vir die gesin lekkers
gaan koop het.
Bewysstuk "F" (band 15
p.1361) is 'n sketsplan
van die huis te Penguinlaan 272.
Aan die regterkant onder
/11.....
11
is
die slaapkamer van die appellant en Troy Jansen. Links daarvan is die
sitkamer terwyl die kombuis links van die sitkamer
is.
Links van die kombuis is die badkamer, en 'n toilet.
Aan die
regterkant bokant die appellant en Troy Jansen se
slaapkamer
is die slaapkamer van Johannes en Brian Jansen.
Links van
laasgenoemde slaapkamer is die eetkamer gevolg van regs na links deur
Emanuel se slaapkamer, Cathy en Emanuel jr. se slaapkamer
en dan die
hoofslaapkamer van die appellant
se
ouers. Vanuit die eetkamer loop 'n gang na die
hoofslaapkamer.
Die
strekking van die aanvaarbare getuienis
van die appellant se
moeder, Cathy Jansen en C. wat vir die Staat getuig het oor die
tragiese gebeurtenisse vroeg die oggend van
Saterdag 31 Augustus 1985
was kortliks soos volg. Tussen 10 en 10.30 nm. het die appellant se
ouers
in die hoofslaapkamer gaan
slaap. Cathy het tot na 12 nm.
/12.....
12
in die sitkamer na televisie
gekyk. Daarna is sy na haar slaapkamer waar sy en Emanuel jr. gesels
het totdat hulle aan die slaap
geraak het. Die ganglig het die hele
nag gebrand. Sy kon tot in die kombuis sien. Sy het die appellant
gesien toe hy uit Emanuel
se slaapkamer kom en na
die
kombuis gaan waar hy 'n bier geneem het. Die appellant is eers na sy
slaapkamer en toe terug na Emanuel se slaapkamer.
Sowat 5 minute later kom hy uit
Emanuel se slaapkamer en gaan na die kombuis. Hy staan langs die
yskas en kyk na haar slaapkamer.
Sy hoor hoe 'n laai van die messekas
oopgemaak
word, iets daaruit geneem word en
weer toegemaak word.
Die appellant het die kombuis
verlaat en na sy slaapkamer gegaan terwyl hy iets aan sy regtersy
gehou het 'n Rukkie later gewaar
sy die appellant toe hy haar
slaapkamer betree.
Hy het 'n handdoek om sy middellyf
gedra. Hy het gesê Emanuel
jr.
het net so 'n groot mond soos sy pa. Hy is toe na die
/13......
13
badkamer. Sy het toe aan die slaap
geraak. Cathy se getuienis is belangrik met die oog op die appellant
se getuienis oor die "rock
of fool's gold" waarvan ek nog
melding sal maak.
C. se relaas is dat die appellant
die Vrydagaand 30 Augustus 1985 by haar en Emanuel in laasgenoemde se
slaapkamer was. Hulle het
gesit en gesels.
Die
appellant het 'n "dumpy" bier gedrink. Hy het 'n klein
plastiese sakkie dagga gaan haal en toe 'n daggasigaret
gedraai wat hulle gerook het. Emanuel het vaak gevoel. Die appellant
was
egter nie vaak nie. Hy wou gesels. Hy was baie rusteloos en
opgewonde. Sy wou slaap en toe verlaat die appellant die slaapkamer.

Sy en Emanuel het in dieselfde
bed
geslaap.
Die volgende gebeurtenis is toe C.
wakker word as gevolg van 'n roggelgeluid van Emanuel. Sy
/14....
14
sien die appellant sit op die bed
by Emanuel en was besig
om
Emanuel se keel met 'n lang vleismes (Bewysstuk 2) af te
sny.
Emanuel het die lamp van die tafeltjie gegryp en dit teen die muur
gestamp. Sy het geskree, opgespring en die lig aangeskakel.
Die
appellant hardloop om die bed en stamp haar met die mes se hef in
haar mond om op te hou om te gil. Die goudvulsel uit haar
tand het
uitgeval. Die appellant se ouers het toe die kamer binnegekom. Die
appellant sê toe vir hulle: "Don't worry,
it is only
Emanuel, he does not feel well." Sy het padgegee na die gang en
later toe sien sy van der Merwe sr. lê op
die vloer in die gang
en roggel terwyl daar bloed agter sy skouer was.
Dit was gemene saak dat die
appellant
'n pet op sy kop gedra
het toe hy die misdade in die huis gepleeg
het. Mev. van der
Merwe en van der Merwe sr. het as gevolg
van
'n geskree wat net C. s'n kon wees, opgespring
/15....
15
en na Emanuel se slaapkamer
gehaas. In die slaapkamer het Emanuel op die bed gelê. Die
appellant het langs die bed gestaan
en C. het by die lig gestaan. Dit
het vir haar gelyk of Emanuel se keel afgesny is. Die appellant het
opgemerk: "Emanuel got
hurt, we must get help." Sy het toe
na die kombuis gehardloop. Sy kon nie die kombuisdeur oopmaak nie.
Die appellant het in
die kombuis gekom en haar gewaarsku om nie iets
te probeer nie anders maak hy haar dood. Hy het haar in die gang
geneem en digby
Cathy se slaapkamer het van der Merwe sr. na hulle
gestap. Toe sy haar hande na laasgenoemde uitsteek, waarsku die
appellant haar:
"Don't touch the dog." Van der Merwe sr.
het toe in die gang geval en bly lê. Sy het bloed agter sy rug
gesien.
Intussen
het Cathy wakker geword. Sy
het vanuit haar slaapkamer gesien
hoe die appellant in die
/16....
16
gang vir van der Merwe sr. in sy
rug steek. Sy het geskree.
Van
der Merwe sr. hardloop haar kamer binne. Na 'n rukkie
het van
der Merwe sr. weer na die gang gegaan waar hy neergeval het. Die
appellant en mev. van der Merwe het nader gestap in die
gang. Sy hoor
die appellant sê vir mev. van der Merwe: "Don't touch that
dog." Die appellant het Cathy gewaarsku
om stil te bly anders
maak hy haar dood. Daarna het die appellant vir mev. van der Merwe
sowel as C. na Cathy se slaapkamer gebring.
Emanuel jr. het geslaap.
Terwyl mev. van der Merwe, C. En
Cathy in laasgenoemde se slaapkamer was, het die appellant by sy
moeder die sleutels van sy vader
se kas in die hoofslaapkamer gekry.
Hy het teruggekom met sy vader se vuurwapen en 'n paar handboeie. Hy
het C. en Cathy met toue
vasgemaak. Hy het sy vader se lyk in Cathy
se slaapkamer ingesleep. Daarna het hy sy moeder, C.
/17....
17
en Cathy na die hoofslaapkamer
geneem. Hy het gesê: "Time is running out."
Die gebeurtenis in die
hoofslaapkamer kan baie kortliks vermeld word. Mev. van der Merwe se
hande is geboei en sy is beveel om op
die bed te lê en na die
venster te kyk. C. moes op die vloer lê en Cathy moes by
haar
kniel. Die appellant het die vuurwapen, 'n groot mes
en twee
knuppels by hom gehad. Hy het gedreig om 'n knuppel in C. se private
dele te steek. Hy het haar toe verkrag. Hy het haar
ook gedreig om
haar dood te maak indien sy private orgaan weer uit haar glip. Sy was
bang en het versoek dat
hy haar
hande' lossny. Hy het dit gedoen en sy het hom tot 'n
mate
gehelp maar sy het nie toegestem nie. Hy het met haar volle
gemeenskap gehad terwyl Cathy haar moes soen.
Daarna het hy die boeie van sy
moeder se hande losgemaak. Dit was toe tien minute voor ses-uur. Die
appellant was
/18....
18
kalmer maar nog gespanne. Hy het
telkens die gordyne oopgemaak om na buite te kyk. Sy moeder het hom
daarop gewys dat hy reeds twee
persone gedood het en dat hy nie meer
persone moes doodmaak nie. Die appellant was spyt dat hy Emanuel
gedood het maar nie dat
hy van der Merwe sr. gedood het nie. Hy het
gesê hy sal gehang word. Hy het toe met sy moeder oor
assuransiepolisse vir haar
onderhoud gepraat. Hy was onseker of hy
homself om die lewe moes bring of nie. Sy het hom daarop gewys dat sy
die polisie moes
gaan vertel wat gebeur het. Sy het hom aangeraai om
Rl 700 kontant van van der Merwe sr. uit die kas te neem en weg te
gaan. Sy
het toe
vir Johannes
ontbyt gemaak en daarin geslaag om met Cathy,
Brian en Troy
die huis te verlaat en na die polisie te gaan.
Die appellant het Emanuel se
motorkar geneem en C. gedwing om saam met hom te gaan. Hulle het na
Silkaatsnek Reservaat gery. Hy
het steeds die vuurwapen
/19.....
19
by hom gehad. Hy het dit teen haar
kop gehou terwyl hy weer met haar geslagsverkeer in die motorkar
gehad het. C. het gehuil en
nie toegestem nie. Toe hulle terugry, het
hulle die polisie in Danville teengekom. Die appellant wou van haar
weet of hy homself
moes doodskiet of oorgee.
Sy het hom aangeraai om homself
oor te gee. Hy het haar die vuurwapen gegee. Sy het daarmee
uitgespring en gehardloop. Die appellant
is gearresteer. Die
vuurwapen (Bewysstuk 3) en die ammunisie (Bewysstuk 10) is beslag op
gelê. In die appellant se besit
is R1 482-43 gevind. C.
was
in 'n erge geskokte toestand volgens luitenant de Bruin.
Die
appellant het baie senuweeagtig en bang vir hom voorgekom. In sy
hoofgetuienis het de Bruin soos volg getuig nadat hy die twee
klagtes
van moord en twee klagtes van verkragting aan die appellant gestel
het:
/20....
20
"Die beskuldigde deel my mee
dat hy wel aanspreeklik is vir die dood van sy vader en sy broer. Hy
het sy vader gehaat omdat
sy vader hom van kleinsaf gehaat het. Ek
het hom gevra om watter rede hy sy broer se keel afgesny het. Hy het
geen antwoord daarop
gehad nie. Hy kon ook
geen
rede gegee het hoekom hy die klaagster,
mev. L., aangerand en
haar verkrag het nie." (Band 4 p. 296).
Hy het die appellant na
Penguinlaan 272 geneem waar die appellant
aan
hom die stompie van 'n daggasigaret in 'n snippermandjie
in
Emanuel se slaapkamer gewys het asook die messe, knopkieries en toue
wat as bewysstukke ingehandig is.
Daar sal bemerk word dat daar in
die
getuienis vir die Staat 'n
lacuna
is vanaf die tydstip na
middernag toe Cathy aan die
slaapgeraak het totdat C. die appellant gesien het terwyl hy besig
was om Emanuel se
/21......
21
keel af te sny.
Vrydag 30
Augustus 1985 terwyl Emanuel gewerk het, het die appellant en C.
heelwat tyd in mekaar se geselskap deurgebring. Die appellant
het
selfs by haar toenadering gesoek maar sy het hom afgewys. Wat
vir
hom as 'n besonder sensitiewe persoon diep getref het,
was
haar vraag aan hom: "What is wrong with you ?" Hierdie
vraag het as tema gedien vir die geskrif (Bewysstuk L 1 A)
wat hom
tot introspeksie gedwing het omdat hy dit as "a kick between the
legs" opgeneem het. "So mentally, physically
and
spiritually
I
am
ruined." Hy spreek die dreigement uit teenoor C.: "I'll for
once in my life truly rape her!" Hy verlang na die
dood en is
van voorneme om daarin te slaag om homself te dood. Dit was 'n brief
aan homself. Bewysstuk
L
1 B is 'n brief wat hy aan Emanuel geskryf het maar nooit
aan
Emanuel oorhandig het nie. Daarin verwys hy na dieselfde
/22.....
22
tema: "Your
broad surely told me off today." Verder: "Mentally,
spiritually and physically
I
have
something wrong with me." En ook: "Through & through
l'm a failure 1"
Hy
is 'n lafaard en wil 'n einde aan sy lewe maak.
Die appellant het getuig dat hy
Bewysstuk L 1 A en B gedurende Vrydagoggend 30 Augustus 1985 geskryf
het terwyl die Verhoorhof geneë
was om te aanvaar dat hy genoeg
tyd gehad het om die twee geskrifte te skryf gedurende die tydperk
vroeg Saterdagoggend waarna
ek as die
lacuna
verwys het. Al
wat met sekerheid aanvaar kan word, is dat hy
die twee geskrifte geskryf het
nadat hy die gesprek met C.
die Vrydagoggend gehad het en
voordat hy begin het om Emanuel
te dood.
In sy getuienis het die appellant
verduidelik
hoe hy hom besig gehou het
gedurende die tydperk van die
lacuna
.
Hy het op die vensterbank in sy
kamer 'n "rock of fool's gold"
/23......
23
met
'n deursnit van ongeveer 6 duim in die maanlig sien glinster.
Dit
het hom gefassineer. Hy het die gedagte gekry om almal in die huis te
dood, die huis af te brand en homself om die lewe te bring.
Hy het
die klip geneem en na sy broer Johannes se slaapkamer gegaan maar hy
kon nóg Johannes nog Brian Jansen daarmee aanrand.
So ook vir
Troy Jansen in sy eie slaapkamer. Hy is toe met die klip na die
hoofslaapkamer om sy vader daarmee te dood en selfs
sy moeder indien
sy wakker word. Hy kon egter nie die doodslag pleeg nie. Hy kon
homself nie daartoe kry om Cathy se slaapkamer
te betree nie. Hy het
Emanuel se slaapkamer binnegegaan maar kon geen doodslag pleeg nie.
y
is 'n tweede keer na Johannes se slaapkamer. Daar het
hy die
kombers oor Brian Jansen se kop getrek om nie te sien nie maar hy kon
nie die aanrandingsdaad pleeg nie. Daarna het hy 'n
knuppel in die
eetkamer gekry. In die kombuis het hy twee messe geneem. Met hierdie
wapens het hy Johannes
/24.....
24
se slaapkamer en die
hoofslaapkamer betree sonder om iets te verrig. Hy is met die skerp
mes na Emanuel se slaapkamer. In kruisondervraging
het hy verklaar
dat hy Emanuel se slaapkamer
betree
het met die bedoeling om hom dood te maak (Band 7 p.
574). In
die slaapkamer het hy oorweeg om te steek of te sny. Hy het moeg
gevoel en het lus gehad om te gaan slaap. Emanuel het
op daardie
stadium in sy slaap omgedraai en gehyg. Toe het hy begin om Emanuel
aan sy keel te sny. Hy het geen bloed gesien nie.
Émanuel
skree: "You did it, why ? No." Hy het voortgegaan om
Emanuel aan sy keel te sny.
Hy weet nie hoeveel snye nie. In
kruisondervraging het die appellant toegegee dat hy stap vir stap kon
verduidelik wat in Emanuel
se slaapkamer gebeur het (Band 6 p. 574).
Desnietemin kon hy nie verduidelik waarom hy Emanuel se keel gesny
het nie (Band 6 pp.
520,522, Band 7 p. 592). Hy het ontken dat hy dit
gedoen het omdat Emanuel sy vader se oogappel
/25.....
25
was (Band 7 p. 592).
Toe sy ouers die slaapkamer van
Emanuel binnekom, het die appellant gesien dat sy vader niks in sy
hande gehad het nie (Band 7 p.
575). Hy het wel daaraan gedink dat sy
vader sy vuurwapen by hom kon gehad het (Band 6 p. 543). Iemand het
opgemerk dat Emanuel
dood is.
Toe sy vader
omdraai na hom het hy sy vader aan sy keel gesny maar hy weet nie
waarom nie. In die kamerdeur of in die gang het hy
sy vader in sy rug
met die mes gesteek. Hy het ook beweer dat toe sy vader in die gang
val, het hy na hom gehaas
en by hom gekniel
om te sien wat verkeerd is
(Band
6 p. 526, Band 7 p. 576). Hierdie bewering word
nie
deur die ander ooggetuies gestaaf nie en moet as onwaar verwerp word
veral in die lig van die appellant se haat teenoor van
der Merwe sr.
Insgelyks moet sy ontkenning dat hy ooit sou gesê het: "Don't
touch the dog" as onwaar verwerp word.
/26
26
Hy het ook verduidelik dat hy die
lyk van van der Merwe sr. vanuit die gang na Cathy se slaapkamer
geneem het sodat dit nie gesien
word deur ander lede van die gesin
wanneer hulle wakker word om na die toilet te gaan nie (Band 6 p.
527).
Behalwe
vir die feit dat hy van voorneme
was
om 'n seksorgie in die hoofslaapkamer te hou toe hy sy
moeder,
C. en Cathy daarheen geneem het en dat hy ook na pornografiese fotos
gekyk het, het sy getuienis niks noemenswaardig van
betekenis oor die
gebeure in die hoofslaapkamer opgelewer nie. Ek sal straks met die
twee beweerde verkragtings van C. handel.
Na sy arrestasie het die appellant
Bewysstukke L
2
, L
3
, L
4
, L
5
en L
6
geskryf. Hulle was 'n
koningsdis vir psigiaters. Bewysstuk L
4
het as konsep vir sy getuienis in die verhoor gedien. Daarin het hy
vir die
/27.....
27
eerste
keer melding van sy optrede met die "rock of fool's
gold"
gemaak. Na my oordeel het die Verhoorhof tereg sy getuienis oor die
"rock of fool's gold" verwerp. Dit is onteenseglik
'n
verdigsel wat in pure fantasie omhul is. Die appellant het geen
vermelding daarvan aan de Bruin gemaak nie. Toe hy de Bruin
na
Penguinlaan 272 vergesel het om die toneel en bewysstukke uit te wys,
het hy ook nie melding van die "rock of fool's gold"
gemaak
nie. Insgelyks het die appellant toe hy op 2 September 1985 sy pleit
van skuldig in terme van art. 112 van Strafproseswet
51 van 1977 voor
'n
landdros besonderhede verstrek het van die misdade hom ten laste gelê
sonder om enige melding van die "rock of fool's
gold" te
maak. Raadpleeg Bewysstuk B (Band 14 p.1321-1324). Bowendien sou die
appellant met die "rock of fool's gold"
van kamer na kamcr
beweeg het
voordat
hy die twee messe in die kombuis geneem
het. Dog Cathy het gehoor toe hy iets
/28.......
28
in die kombuis neem. Gevolglik was
sy nog wakker en moes sy hom gesien het toe hy met die "rock of
fool's gold" in die
gang geloop het (volgens sy relaas) maar sy
het geen melding
daarvan gemaak nie. Dit is ook nie
in kruisondervraging aan haar gestel nie. Ek het ook reeds gewys op
ander aspekte van die appellant
se getuienis wat onwaar is. Hierdie
aspekte
was ook vervat in Bewysstuk L
4
. Ongelukkig het die psigiatriese deskundiges hul bevindinge gebaseer
op sy ongekwalifiseerde getuienis in Bewysstuk L
4
voordat
die Verhoorhof uitspraak oor die meriete gegee het.
As eerste aangeleentheid wat voor
hierdie Hof geargumehteer is, behandel ek die toerekeningsvatbaarheid
van die appellant ten tyde
van die pleeg van die misdade.
Daar
is 'n weerlegbare vermoede dat elke persoon wat sy geestes-
vermoëns
betref, normaal is. Derhalwe rus die bewyslas
op
'n beskudigde om op 'n oorwig van waarskynlikhede te bewys
/29......
29
dat
hy ten tyde van die pleeg van die misdaad aan 'n
qeestesongesteldheid
of 'n
geestesgebrek
gely het sodat hy
ontoerekeningsvatbaar was. Dit is erkende
reg. Raadpleeg
Rex v Kennedy
, 1951(4) SA 431 (A) op p. 435
E-G,
Rex v Harris
, 1965(2) SA 340 (A) op pp. 345 G-H, 364 C.
Daar word onderskei tussen drie soorte funksies van 'n persoon se
geestesvermoëns,
nl.
1.
die
kognitiewe funksie (
cognitive function
) slaan op
'n persoon se
intellek
wat
hom in staat stel om waar te neem, te dink, te begryp, insig te hê.
Dit is n
onderskeidingsvermoë
om die regmatigheid of onregmatig-
heid van sy handeling in te sien.
Hy kan tussen reg en verkeerd onderskei sodat hy kan besef dat hy
weder-regtelik optree.
2.
die
konatiewe funksie (
conative or volitional function
)
het
betrekking op 'n persoon se
wil
. Dit is die vermoë
/30.......
30
om 'n wilsbesluit te neem deur 'n
vrye keuse te maak om regmatig of onregmatig te handel onderworpe aan
sy wil (
wilsbeheervermoë
). Dit word ook
weerstandsvermoë
genoem omdat dit die vermoë insluit om weerstand te bied
teen die versoeking om wederregtelik te handel. 3. die affektiewe
funksie (
affective function
) het be-trekking op 'n persoon se
emosies
of gevoelslewe, soos haat, woede, jaloesie ens.
Vergelyk Snyman, S
trafreg
,
2e uitgawe, p. 172-173. Waar hierdie drie funksies harmonieus en
geïntegreerd in 'n persoon
funksioneer,
het ons te doen met psigiese normaliteit.
So 'n persoon is regtens normaal
en dus toerekeningsvatbaar. Ontoerekeningsvatbaarheid word deur die
Wetgewer in art. 78(1) van
die Strafproseswet 51 van 1977
soos
volg gereël:
"Iemand
wat 'n
handeling verrig wat 'n misdryf
/31.....
31
uitmaak, en wat ten tyde van so 'n
verrigting aan 'n geestesongesteldheid
of
geestesgebrek ly wat tot gevolg het
dat hy nie oor die vermoë
beskik
om
die ongeoorloofdheid van sy handeling
te
besef nie; of
om
ooreenkomstig 'n besef van die
ongeoorloofdheid
van sy handeling
op te
tree nie,
is
nie vir so 'n handeling strafregtelik
toerekenbaar nie."
Art 78(1)(a) het betrekking op die
kognitiewe funksie, d.w.s. op die onderskeidingsvermoë, terwyl
art 78(1)(b) op die konatiewe
fuhksie, d.w.s. op die wilsbeheervermoë
(of weerstandsvermoë), dui waar die betrokke persoon aan 'n
geestesongesteldheid
of geestesgebrek ten tyde van die verrigting van
die betrokke handeling ly. Dit is opvallend dat die Wetgewer die
affektiewe funksie
geheel en al negeer by die toetse vir
ontoerekeningsvatbaarheid. Sedertdien is daar
/32......
32
'n neiging in die moderne
psigiatrie te bespeur wat 'n groter rol aan die affektiewe funksie by
die toetse vir ontoerekeningsvatbaarheid
wil toeken.
Weliswaar omskryf die Wetgewer nie
die begrippe 'geesteson-gesteldheid' of 'geestesgebrek' nie maar
volgens ons regspraak dui dit
op 'n
sieklike of patologiese
versteuring van die geestes-vermoëns
wat van 'n permanente
of tydelike aard kan wees. Raadpleeg
S v Mahlinza
, 1967(1) SA
408 (A) op p. 417 D-E. Bevind 'n verhoorhof dat 'n beskuldigde ten
tyde van die pleeg van die misdaad vanweë geestesongesteldheid

of geestesgebrek ontoerekeningsvatbaar was dan word hy in terme van
art 78(6) van die Strafproseswet 51 van 1977 tot 'n pasient
van die
Staatspresident verklaar. 'n Verklaring tot pasient van die
Staatspresident moet egter nie verwar word met sertifiseerbaarheid

ingevolge die Wet op Geestesgesondheid
/33.....
33
18 van 1973 nie. Raadpleeg
S v
Mnyanda
, 1976(2) SA 751
(A) op p. 764 F.
Dit is ook moontlik dat 'n
beskuldigde
ten tyde van die
pleeg van 'n misdaad ontoerekeningsvatbaar was weens 'n
nie-patologiese toestand van 'n tydelike aard.
In so 'n geval
het hy weens 'n nie-patologiese toestand nie onderskeidingsvermoë
of wilsbeheervermoë (of weerstandsvermoe)
gehad nie. Hy was dan
tydelik ontoerekeningsvatbaar ofskoon dit nie aan 'n patologiese
geestesongesteldheid ofgeestesgebrek gewyt
kan word nie. Raadpleeg
S
v Laubscher
, 1988(1) SA 163 (A) op p. 167 F-G. Die afwesigheid
van 'n patologiese geestesongesteldheid of geestesgebrek bring mee
dat hy nie
in terme van art. 78 (6) van die Strafproseswet 51 van
1977 tot 'n pasient van die Staatspresident verklaar kan word nie.
/34....
34
In
die onderhawige geval is die appellant
op
2 September 1985 deur 'n landdros in terme van art. 78(2)
van
die Strafproseswet 51 van 1977 na Weskoppies Hospitaal verwys vir
observasie en ondersoek na sy geestestoestand ten tyde van
die
beweerde misdade. Op 30 September 1985 het dr. Verster (Hofpsigiater)
en dr. le Roux (Staatspsigiater) ingevolge art. 79(1)(b)
'n eerste
psigiatriese verslag (Bewysstuk A band 14 p. 1305-1306) uitgebring.
Hul psigiatriese diagnose van die appellant was antisosiale

persoonlikheidsversteuring met ook skisosïede en paranoïede
trekke. Volgens hulle was die appellant in staat om hofverrigtinge
te
volg en na behore tot sy verdediging mee te werk. Hulle het verder
die volgende bevind:
"Ten tyde van die beweerde
misdrywe was hy volgens die beskikbare informasie nie
deur
'n geestesversteuring dermate versteurd
/35
35
gewees, dat hy nie die
ongeoorloofdheid van sy handelinge kon besef nie. As bogenoemde
persoonlikheidsversteuring, sy omstandighede
en die moontlikheid dat
hy onder die invloed van dagga was, in
ag
geneem word, was hy waarskynlik minder in
staat
om volgens genoemde besef te
handel."
Op
8 April 1986 het dr. Porten, psigiater
vir die appellant, sy
eerste psigiatriese verslag (Bewystuk D , band 14 p. 1330-1333)
uitgebring. Sy diagnose van die
appellant was : "Schizotypal
and borderline personality disorder (borderline símple,
latent, pseudoneurotic schizophrenia.)
Dagga intoxication." Die
schizophrenia het hy bestempel as synde "of the least malignant
end of the spectrum." Die
appellant se antisosiale gedrag het
hy nie aan "anti-social
personality" toegeskryf nie maar
/36
36
aan "the consequence of his
illness." Sy mening was die volgende: "He has disturbances
of perception, cognition,
affect, conation and volition." Sy
gevolgtrekking was:
"1. The possibility exists
that the accused will not be able to conduct his defence rationally.
2. At the time of the alleged
crime the
accused most probably was not
responsible
for his actions as the result of
mental illness."
Toe die verhoor aanvanklik voor
ESSELEN R en twee assessore op 16 April 1986 gedien het, het adv.
Hertzog
beweer dat hy geen samehangende instruksies van die
appellant kon kry nie. Daar het ook reeds 8 maande verloop sedert dr.
Verster
en dr. le Roux hul verslag opgestel het. ESSELEN R het die
verhoor uitgestel en die appellant verwys na Weskoppies Hospitaal vir

observasie en ondersoek ingevolge
/37
37
arts. 77(1) en 78(2) van die
Strafproseswet 51 van 1977 deur die Geneeskundige Superintendent van
Weskoppies Hospitaal, dr. Verster
en dr. Porten ten einde hul
psigiatriese verslae oor die geestestoestand van die appellant so gou
as moontlik uit te bring.
Op 19 Mei 1986 is 'n tweede
psigiatriese verslag (Bewysstuk C, band 14 p. 1328-1329) deur dr.
Verster en dr. le Roux uitgebring.
Hulle het ook gebruik gemaak van
die appellant se handgeskrewe notas soos vervat in Bewysstukke L
2
tot L
6
. Raadpleeg band 1 p. 57. Die inhoud van Bewysstuk
C was in werklikheid presies dieselfde as bewysstuk A s'n behalwe vir
'n klein
verandering in bewoording. Waar daar in Bewysstuk A verwys
is na die appellant se anti-sosiale persoonlikheidsversteuring met
ook
skisoïede en paranoïede trekke is dit in Bewysstuk C
vervang deur persoonlikheids-
/38
38
versteuring van gemengde aard met
o.a. anti-sosiale, skisoïede en paranoïede trekke. Hierdie
verandering is eintlik gedoen,
soos dr. Verster in sy getuienis
verduidelik het, om aan te pas by die terminologie van die D S M 111
(Diagnostic and Statistical
Manual of Medical Disorders, uitgegee
deur die Amerikaanse Psigiatriese Vereniging) wat tans algemeen deur
psigiaters in Suid-Afrika
gebruik word. Verder is die
persoonlikheidsversteuring wat Bewysstukke A en C meld nie 'n
patologiese geestesongesteldheid of geestesgebrek
waarna
arts. 77, 78 en 79 van die
Strafproseswet 51 van 1977 verwys nie (Band 1 p. 30). Die appellant
toon trekke asof hy psigoties is
maar in werklikheid is hy dit nie
(Band 1 p.
31,33). (Psigoties beteken om aan
'n patologiese geestesongesteldheid of geestesgebrek te ly.
Psigotiese toestand het 'n dienooreenkomstige
betekenis). Die slotsom
/39
39
was dat die appellant wel in staat
was om hofverrigtinge te volg en om na behore tot sy eie verdediging
mee te werk.
Die appellant het
onderskeidingsvermoë om tussen reg en verkeerd te onderskei ten
tyde van die pleeg van die misdade.
Dr. Porten het op 30 Mei 1986 sy
tweede psigiatriese verslag (Bewysstuk D , band 14 p. 1334)
uitgebring wat in samehang met sy eerste
psigiatriese verslag
(Bewysstuk D , band 14 p 1330-1333) gelees moet word. Hy handhaaf sy
vroeëre diagnose en kom tot die
volgende gevolgtrekke:
"1. If it is acceptable to
the Court that the accused can follow the factual proceedings and can
give to the Court the concrete
details of the alleged crimes then the
accused can stand trial. 2. At the time of the alleged crime, the
accused could not appreciate the
wrongfulness of his action and/or could not act in
/40
40
accordance with such
appreciation."
Hy
het dus 'n gekwalifiseerde opvatting gehuldig oor die vraag
of
die appellant in staat was om hofverrigtinge te volg en om na behore
tot sy eie verdediging mee te werk. Verder het hy tot die
slotsom
gekom dat die appellant ten tyde van die pleeg van die misdade nie
die onderskeidingsvermoë en/of die wilsbeheervermoë
gehad
het nie. Volgens hom was die appellant derhalwe
ontoerekeningsvatbaar.
Die appellant het by die aanvang
van die verhoor op 11 Augustus 1986 voor STRYDOM R en twee assessore
aangedui dat hy verstaan wat
in die Hof aangaan. Die Verhoorhof het
na oorweging van die psigiatriese verslae asook die getuienis van dr.
Verster en dr. Porten
tereg tot die eenparige bevinding gekom dat die
appellant wel oor die vermoe beskik om die hofverrigtinge dermate te
begryp dat
hy sy
/41
41
verdediging na behore kan voer.
Trouens dit blyk uit die lang oorkonde van die verhoor wat bykans
drie weke geduur het dat die appellant
telkens in staat was om adv.
Hertzog
instruksies te gee. Adv.
Hertzog
het dan ook
tereg sy skriftelike submissie dat die Verhoorhof in sy genoemde
bevinding fouteer het, laat vaar.
Wat betref die appellant se
geestestoestand ten tyde van die pleeg van die misdade, het dr.
Verster en
dr. le Roux op
versoek van die Verhoorhof 'n verkorte gesamentlike
psigiatriese
verslag (Bewysstuk P band 17 p. 1584-1587) uitgebring. Ongelukkig is
dit opgestel voordat die aanklaer, adv.
de Beer
, die appellant
onder kruisondervraging geneem het. Ek verkies derhalwe om te verwys
na die psigiatriese diagnose deur dr. Verster
en dr. le Roux, soos
blyk uit hul
/42
42
getuienis wat afgelê is
nadat die appellant en sy getuies getuig het. Ek vind dit net jammer
dat die Verhoorregter en die
advokate nie die feit voor oë gehou
het nie dat die 'geestesongesteldheid' of 'geestesgebrek' waarna art
78(1)(a) van die
Strafproseswet 51 van 1977 verwys 'n sieklike of
patologiese versteuring van die geestesvermoëns van 'n
permanente of tydelike
aard is, soos ek
supra
aangetoon het.
Dr. Verster het as hofpsigiater
getuig dat die appellant ten tyde van die pleeg van die misdade wel
sy kognitiewe en konatiewe funksies
gehad het sodat hy wel
onderskeidingsvermoë sowel as wilsbeheervermoë gehad het.
Die appellant het wel sekere persoonlikheidsafwykings
of
persoonlikheidsversteurings getoon, soos vermeld in Bewysstukke A en
C, maar hulle kom nie neer op 'n geestesversteuring nie
sodat die
appellant nie psigoties was nie. Die appellant
/43
43
was
derhalwe nie ontoerekeningsvatbaar nie. Hy kon nie tot 'n pasient van
die Staatspresident verklaar word nie. Dit is duidelik
af te lei uit
dr. Verster se getuienis dat volgens sy psigiatriese diagnose die
appellant ten tyde van die pleeg van die misdade
nie aan 'n
patologiese geestesgebrek of geestesongesteldheid gely het nie sodat
die appellant wel toerekeningsvatbaar was. Dr.
Verster het ook getuig
dat die appellant tot 'n mate verminderd toerekeningsvatbaar was ten
tyde van die pleeg van die misdade
deurdat daar 'n vermindering in sy
vermoë was om sy wil te beheer (d.w.s sy wilsbeheerver'moe)
weens emosïonele aspekte
(d.w.s. affektiewe aspekte) soos
sy gevoelens, sy frustasies, sy interpersoonlike
verhoudings (Band 8 p. 697; band 9 pp. 765, 812, 818, 819; band 10 p.
932). Hierdie
verminderde toerekeningsvatbaarheid was nie die gevolg
van 'n geestesongesteldheid of 'n geestesgebrek
/44
44
nie (Band 9 p. 772).
In haar getuienis as
staatspsigiatriese van Weskoppies Hospitaal het dr. le Roux met die
bevindinge en diagnose deur dr. Verster
ten aansien van die appellant
saamgestem. Sy het die toegewing gemaak dat daar, soos dr. Porten
beweer, skisotipiese "borderline",
paranoïede,
anti-sosiale skisoiede karaktertrekke by die appellant teenwoordig is
(Band 10 pp. 914, 915, 920). Die feit bly
egter dat sy en dr. Verster
daardie karaktertrekke genoem het wat vir hulle die mees prominente
was terwyl dr. Porten
dié genoem hét wat
vir hom die mees prominente was (Band 10
p. 919). Háar en dr.
Verster se diagnose bly 'n persoonlik-heidsversteuring van 'n
gemengde aard met verskillende karaktertrekke,
soos in hul
gesamentlike psigiatriese verslae aan die Hof vermeld (Band 10 p.
919). Volgens haar was
/45
45
die appellant nie psigoties ten
tyde van die pleeg van die
misdade
nie (Band 10 p. 927). Vir haar is 'n persoon psigoties
indien
hy uit kontak met die realiteit is (Band 10 p. 917). Sy meen egter
dat daar wel 'n mate van vermindêring van sy vermoë
om
homself te weerhou, was (Band 10 p. 927). (Dit beteken dat daar 'n
mate van vermindering van sy weerstandsvermoë was).
Dr.
Porten, die verdediging se psigiater,
het met die kliniese
sielkundige, dr. Carnie, 'n gesamentlike verslag (Bewysstuk Q Band 17
p. 1588-1591) opgestel. Daarin was hul
diagnose van die appellant
volgens D S M 111 se terme "Schizotypal Personality Disorder"
en "Borderline Personality
Disorder" terwyl "Schizotypal"
sinoniem met "Simple Schizophrenia" was. In sy getuienis
het hy die volgende
verduideliking gegee:
/46
46
"Now in schizoid and
borderline personality disorder a person hovering between darkness
and light, between psychosis, between
insanity, and sanity, and that
is a very grey area, where even at the best person is malfunctioning
in life, but it is very often
due to susceptibility of such person to
the stresses, with this person moving further for a short while from
this borderline between
sanity and insanity deeper into insanity."
(Band 10 p. 937).
Ofskoon hy basies met dieselfde
simptone as dr. Verster en dr. le Roux handel, verskil sy diagnose
van hul sh. Vir hom is 'n persoon
psigoties indien hy uit kontak met
die realiteit
is (Band 10 p. 945 - 946). Volgens
hom was die appellant vanaf die middel van Vrydag 30 Augustus 1985
tot sy arrestasie op Saterdag
31 Augustus 1985 tydelik psigoties
(Band 10 p.946). In kruïsondervraging het hy dit gestel vanaf
Vrydag 9 nm.
/47
47
tot Saterdag na die eerste
verkragting (Band 11 pp.1000, 1012, 1044) sodat hy nie meer psigoties
was toe die tweede verkragting
plaasgevind het nie (Band 11 pp. 1001,
1032, 1046). Die appellant was matig psigoties met matige
versteurings van al sy funksies
toe hy die misdade gepleeg het met
uitsondering van die tweede verkragting (Band 11 pp.1000, 1024,
1045). Die appellant het nie
die vermoë gehad om tussen reg en
verkeerd te onderskei nie (Band 11 pp. 996,
989,
991). Dit beteken dat die appellant vanweë 'n patologiese
geestesongesteldheid of geestesgebrek nie onderskeidingsvermoë
gehad het nie. Insgelyks het die appellant nie die "capacity
for
control" en "for full appreciation" gehad nie d.w.s.
die wilsbeheervermoë het ontbreek (Band 10 pp. 938,
939, Band 11
p. 1016). Volgens hom was die appellant derhalwe tydelik
ontoerekeningsvatbaar behalwe tydens die pleeg van
/48
48
die tweede verkragting.
Dr.
Carnie het op 14 April 1986 'n verslag
oor die appellant
opgestel (Bewysstuk M Band 17 p. 1556 -
1572). In sy getuienis het hy die
bevindings en kommentaar van dr. Porten onderskryf (Band 12 p. 1072).
Volgens hom
het die appellant
nie 'n onderskeidingsvermoë gehad nie (Band
12 p. 1072).
Die appellant het ook nie die wilsbeheervermoë gehad nie (Band
12 pp. 1075, 1082, 1116). Die gevolg is dat die
appellant tydelik
ontoerekeningsvatbaar was. Dit is interessant dat hy die moontlikheid
insien dat die appellant
die
twee geskrifte, bekend as Bewysstuk L
1
, kon geskryf
het voordat hy Saterdagoggend die moorde gepleeg
het (Band 12 pp. 1087, 1091 - 1092).
Die Verhoorhof het homself in die
posisie bevind dat die appellant ten tyde van die pleeg van die
misdade
/49
49
volgens dr. Verster en dr. le Roux
toerekeningsvatbaar was terwyl hy volgens die getuienis van dr.
Porten, gesteun deur dr. Carnie,
tydelik ontoerekeningsvatbaar was
(behalwe toe die tweede verkragting gepleeg is volgens dr. Porten).
Volkome tereg het die Verhoorhof
die standpunt ingeneem dat dit vir
hom nie moontlik was om aan die hand van die deskundige getuienis die
geskilpunt oor die toerekeningsvatbarheid
of
ontoerekenings-vatbaarheid van die appellant te beslis nie (Band 13
pp. 1191, 1192). Die Verhoorhof was nie in staat om te oordeel
watter
psigiatriese of sielkundige getuienis aanvaarbaar is nie. Met ander
woorde, dit was nie in staat om die tweespalt tussen
die psigiaters
en kliniese sielkundige getuies op te
los
nie. 'n Geregshof is nie 'n hof van psigiatrie om
psigiatriese
probleme op te los nie. Hoe nuttig psigiatriese getuienis i.v.m. 'n
beskuldigde se geestestoestand soms ookal
/50
50
mag wees, is 'n geregshof nie
verplig om dit te aanvaar nie. Art. 78 (4) van die Strafproseswet 51
van 1977 bepaal dan ook uitdruklik
dat waar die bevinding van 'n
paneeï van psigiaters nie eenparig is nie, of waar die bevinding
bestry word, die hof die aangeleentheid
i.v.m.
ontoerekenings-vatbaarheid na die aanhoor van getuienis moet beslis.
Raadpleeg
R v Harris
, 1965(2) SA 340 (A)
per
OGILVIE
THOMPSON AR op p. 365 B - C:
" it must be borne in mind
that
in the ultimate analysis, the
crucial
issue of appellant's
criminal responsibility
for his actions at the relevant
time is
a matter to be determined, not by
the psychiatrists, but by the Court itself. In determining that issue
the Court -
initially the trial
Court; and, on appeal,
this Court - must of necessity have
regard
not only to the expert
medical evidence
but also to all the other facts of the
/51
51
case,
including the reliability of appellant
as a witness and the
nature of his proved actions throughout the relevant period."
Verder in dieselfde trant:
S v
Mnqomezulu
, 1972(1) SA 797 (A) op p. 798 G - 799 A,
S v
Laubscher
,
supra
, p. 171 J - 172 F. Dit was dan die taak
van die Verhoorhof in die onderhawige geval om aan die hand van die
aanvaarbare getuienis,
hetsy leke getuienis, hetsy
omstandigheidsgetuienis, te beslis of die appellant ten tyde van die
pleeg van die misdade
vanweë
'n patologiese geestesongesteldheid of geestesgebrek
ontoerekeningsvatbaar was al dan nie. Die bewyslas om
ontoerekeningsvatbaarheid aan te
toon op 'n oorwig van
waarskynlikhede het op die appellant
gerus, soos ek
supra
vermeld
het.
Ek het reeds
supra
verwys
na dié aspekte van die appellant se getuienis wat na my
oordeel tereg deur
/52
52
die Verhoorhof as onaanvaarbaar
verwerp is.
Uit die aanvaarbare getuienis blyk
die volgende oor die geestestoestand van die appellant ten tyde van
die pleeg van die misdade:
1.
Die
appellant was in staat om logies stap vir stap te getuig hoe hy die
misdade gepleeg het. Hy het alles
onthou omdat hy geweet het
wat gebeur het. Hy het
later aan
de Bruin alles op die moordtoneel gaan uitwys.
2.
Toe
die appellant die twee vleismesse in die kombuis geneem het, het hy
hulle lemme bevoel om vas te stel of hul skerp was en of
hul geskik
was vir wat hy met hulle wou doen. Hy was in staat om 'n beslissing
oor die moord-wapen te neem.
3.
Die
appellant was selektief toe hy Emanuel as sy eerste slagoffer om te
dood, gekies het. Hier was hy ook
/53
53
in
staat om 'n beslissing te neem. Daar was geen sprake
daarvan
dat hy die hele gesin wou vermoor en die huis afbrand nie. Toe hy in
Cathy se slaapkamer was en met Emanuel jr. gepraat
het, was hy kalm.
Hy het toe reeds die kombuis besoek waar hy die laai van die messekas
oopgemaak het en die messe geneem het.
Die appellant het geduldig
gewag totdat die hele gesin slaap voordat hy sy grusame doodslag van
Emanuel gepleeg het. 4. Die appellant
het nooit die Verhoorhof in sy
vertroue geneem wat sy motief was om Emanuel te dood nie. Sy
lakonieke antwoord was elke keer:
"I
don't know." Materiële gewin was
dit beslis nie. Met sy groot minderwaardigheidsgevoel en besef dat sy
hele lewe
'n
mislukking was en dat hy 'n lafaard was, kon dit dalk wees omdat hy
homself wou oortuig dat hy tog 'n
/54
54
man van die daad kon wees. Dit kon
selfs wees dat hy
'n grief teen
Emanuel as jonger broer gehad het weens
Emanuel se sukses in
die sakelewe en in sy omgang met vroumense. Dit bly egter spekulasie
om sy motief te probeer vasstel. Sy motief
kon dalk lig werp op sy
geestestoestand. Vir skuldigbevinding aan moord is motief egter nie
'n vereiste nie.
5.
Die
appellant het in kruisondervraging erken dat hy die slaapkamer van
Emanuel betree het met die opset om hom
te
dood (Band 7 p. 574).
6.
Volgens
die appellant sou die feit dat Emanuel in sy bed
omgedraai
en gehyg het as't ware 'n impuls gewees het
vir hom om 'n
aanvang met die doodslag te maak. Na my oordeel was die appellant net
besig om te wag dat Emanuel reg lê sodat
hy 'n aanvang met die
doodslag kon maak.
/55
55
Dit
was nie omdat die appellant besluiteloos was nie.
Hy
het reeds klaar besluit om Emanuel te dood voordat
hy die
slaapkamer betree het.
7.
Die
appellant het getuig dat hy geen bloed gesien het nadat hy begin het
om Emanuel se keel te sny nie. Hy was volkome bewus van
wat hy besig
was om te doen. Hy het doelgerig voortgegaan en deur etlike snye
Emanuel se keel op 'n grusame wyse afgesny. Toe C.
wakker word en
gil, het hy haar dadelik gedreig sodat sy nie alarm moes maak nie. Hy
het geweet wat hy gedoen
het
verkeerd was.
8.
Toe
sy ouers Emanuel se slaapkamer binnekom, het die appellant hulle
probeer flous dat Emanuel nie wel voel nie ten einde sy moordaanslag

te probeer verberg. Hy het geweet wat hy aan Emanuel gedoen het.
/56
56
Reeds die vorige Maandag het van
der Merwe sr. sy nuwe pistool aan die appellant gewys. Dit is van
groot betekenis dat die appellant
gekyk het of sy vader gewapen was
toe laasgenoemde Emanuel se slaapkamer binnegekom het. Toe iemand
opmerk dat Emanuel dood is,
het die appellant dadelik met sy aanval
op sy vader begin. Hy het hom eers aan sy keel gesny en toe in die
gang in sy rug gesteek.
Die appellant was in staat om bewustelik en
doelgerig sy aggressiewe moordslag te pleeg.
Die appellant het die lyk van
sy vader in Cathy se slaapkamer ingedra en die bloed in die gang met
'n mat bedek sodat ander lede
van die gesin nie onraad bemerk
wanneer hulle wakker word en opstaan nie. Dit toon nie alleen dat hy
volkome bewus was van die
moord op sy vader nie maar ook dat hy
realisties kon dink en besluit
/57
57
om die spore van sy moord te
verwyder en te bedek.
In
die hoofslaapkamer het hy berou getoon oor die doodslag
van
Emanuel maar nie van sy vader nie. Hy het ook te kenne gegee dat hy
daarvoor gehang sou word. Hy het besef dat hy verkeerd
opgetree het.
In
Bewysstuk L
1
A (Band 15 p. 1381 - 1384) het hy die
voorneme
om C. te verkrag, uitgespreek:
"I'll for once in my life
truly rape her " Hy weet wat verkragting regtens is. In die
hoofslaapkamer was hy volkome bewus
van die feit dat hy
geslagsverkeer met
C. gehad het. Sy optrede was
doelgerig. Hy het C. met die dood gedreig indien sy private orgaan
weer uit haar glip. Toe hy die tweede
keer met C. in die motprkar
geslagsverkeer gehad het, het hy ook geweet wat hy doen en sy optrede
was doelgerig.
/58
58
Na my oordeel het die Verhoorhof
volkome tereg bevind dat die appellant ten tyde van die pleeg van die
misdade toerekeningsvatbaar
was. Dit blyk na my oordeel bo redelike
twyfel uit die aanvaarbare getuienis soos ek
supra
ontleed
het. Dit blyk daaruit bo redelike twyfel dat die appellant
onderskeidingsvermoë sowel as wilsbeheervermoë gehad
het
toe hy die misdade gepleeg het. Daar is geen meriete in die appellant
se verweer as sou hy tydelik ontoerekenings-vatbaar ten
tyde van die
pleeg van die misdade gewees het nie.
Ek behandel nou die tweede
aangeleentheid
wat
voor hierdie Hof geopper is, nl. dat C. toegestem
het toe die
appellant twee keer met haar geslagsverkeer gehad
het.
In die Verhoorhof is 'n striemende aanval deur die
verdediging
op C. se geloofwaardigheid en karakter
/59
59
geloods, nl. dat sy dranksugtig
was, dat sy dagga gerook het en dat sy sedelik losbandig was. Die
onomstootlike feit is egter dat
sy Vrydag die appellant se
toenadering afgewys het. Indien sy geslagsverkeer met die appellant
wou gehad het, was daar Vrydag by
die huis baie geleentheid daarvoor.
Desnietemin was sy nie bereid nie omdat sy Emanuel se minnares was.
In die hoofslaapkamer was
sy met toue vasgemaak en die appellant wat
pas twee moorde gepleeg het, was tot die tande gewapen. Onder dwang
het sy die appellant
gehelp om in sy doel te slaag. Wat die tweede
insident betref, het die appellant die pistool teen haar kop gehou
terwyl hy met
haar in die motorkar geslagsverkeer gehad het. Na my
oordeel het die Staat bo redelike twyfel bewys dat C. nie toegestem
het toe
die appellant twee keer met haar
geslagsverkeer
gehad het nie. Sy was 'n geloofwaardige getuie
/60
60
wat nie haar getuienis teen die
appellant aangedik het nie.
Na
my oordeel is die appellant tereg skuldig
bevind deur die
Verhoorhof aan die misdade waarvan hy aangekla is. Hy het die twee
moorde met
dolus directus
gepleeg. Die Verhoorhof het bevind
dat daar versagtende omstandighede was by die pleeg van die twee
moorde.
Die derde aangeleentheid wat voor
hierdie Hof geopper is, is die diskresionêre oplegging van die
doodvonnis deur die Verhoorregter
t.o.v. aanklag 1, d.w.s. die moord
op Emanuel. Die Vërhoorregter het by die oorweging van sy
diskresie al die belangrikste
relevante aspekte oorweeg soos o.a. die
appellant se vermindering in verwytbaarheid uiters gering is, sy
vorige veroordeling op
27 Februarie 1981 vir verkagting waarvoor hy 6
jaar gevangenisstraf opgelê is, die pleeg van hierdie misdade 5
dae na sy
ontslag uit
/61
61
die gevangenis, langtermyn
gevangenisstraf is oorweeg maar sy prognose vir rehabilitasie is nie
goed nie, die afskuwelikheid en
wreedheid van sy daad en die belange
van die gemeenskap. Alles in ag geneem, is ek van oordeel dat die
Verhoorregter sy diskresie
redelikerwyse uitgeoefen het toe hy die
appellant op aanklag 1 die doodvonnis opgelê het. Vergelyk
S
v Pieters
,
1987 (3) SA 717
(A) op p. 734 E - F.
Die
resultaat is dat die app
è
l
teen al
die skuldigbevindings en
vonnisse afgewys word.
C. P. JOUBERT AR.
VIVIER AR)
EKSTEEN AR) Stem saam.
/62