Coloubrite Skilders en Binnehuis Versierders (Edms) Bpk v Trust and Others (609/1987) [1989] ZASCA 21 (23 March 1989)

44 Reportability
Land and Property Law

Brief Summary

Property Law — Transfer of property — Dispute over ownership and transfer of land — Appellant, the registered owner of a portion of land, sold the remaining portion to a buyer but later transferred it to a different company — Appellant claimed that the transfer was invalid as it did not reflect the original intent to sell the new portion — Court found no evidence of a mutual mistake regarding the sale and upheld the validity of the transfer to the company — Appeal dismissed with costs.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1989
>>
[1989] ZASCA 21
|

|

Coloubrite Skilders en Binnehuis Versierders (Edms) Bpk v Trust and Others (609/1987) [1989] ZASCA 21 (23 March 1989)

LL
Saak No 609/1987
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
Insake die appèl van:
COLOURBRITE SKILDERS EN BINNESHUIS
VERSIERDERS (EDMS) BPK
" Appellant
en
THEO ROOD TRUST
Eerste Respondent
GEORGE ALFRED ROPER
Tweede
Respondent
JACOB JOHANNES-PRINSLOO
Derde Respondent
VILTRA
(EDMS) BPK
Vierde Respondent
DIE REGISTRATEUR VAN AKTES, PRETORIA
Vyfde Respondent
WILLEM JACOBUS JORDAAN
Sesde
Respondent
GRANDELL DU TOIT
Sewende Respondent
CORAM
: BOTHA, VAN HEERDEN, MILNE, EKSTEEN
ARR et F.H. GROSSKOPF Wn AR
VERHOORDATUM
: 9 MAART 1989
LEWERINGSDATUM
: 23 MAART 1989
UITSPRAAK
VAN HEERDEN AR
:
2.
Die appellant het in 1979 die geregistreerde eienaar geword van gedeelte 1
van erf 7 (kortweg die erf genoem) in die dorpsgebied van
Vanderbijlpark. Kort
daarna het hy by wyse van onderverdeling gedeeltes 2, 3, 4, 5, 6 en 8 van die
erf aan verskeie kopers ver-koop
en getransporteer. 'n Verdeling van die toe
oor-blywende gedeelte van die erf ("die ou restant") was vantevore reeds deur
die Landmeter-Generaal
goedgekeur. Dit was verdeel in gedeelte 7 en wat ek "die
nuwe restant" sal noem.
Op 6 Mei 1980 het ene Viljoen kragtens 'n
skriftelike kontrak "die resterende gedeelte" van
die erf van die appellant gekoop. Die appellant beweer dat hy inderdaad bedoel
het
om die nuwe restant te verkoop. Hierna is die ou restant egter in die naam
van 'n maatskappy, die vierde respondent ("Viltra"), getransporteer.
Later het
Viltra die ou restant getransporteer aan die tweede en derde respondente
gesamentlik.
3.
Inmiddels het die appellant gedeelte 7 aan . die sewende
respondent verkoop. Laasgenoemde het dit verkoop aan die sesde respondent.
Hy
het dit op sy beurt weer aan die eerste respondent verkoop. Trans-port.kon egter
nie gegee word nie omdat die ou restant, sover
dit die akteskantoor betref het,
bedoelde gedeel-te ingesluit het, en die ou restant geregistreer was in die naam
van die tweede
en derde respondente.
Die appellant het toe 'n aansoek in die
Trans-vaalse Provinsiale Afdeling aanhangig gemaak. Dit was in wese daarop gerig
om die registrasies
van die trans-porte van die ou restant te verbeter sodat dit
gedeelte 7 sou uitsluit. Die aansoek is deur die tweede en derde respondente
bestry en is met koste afgewys. Met die nodige verlof is die onderhawige
appè teen daardie bevel gerig.
In hierdie hof is in omvangryke
betoogshoofde namens die appellante twee argumente uiteengesit; eerstens dat
eiendomsreg van gedeelte
7 nooit op enige
4. van die kopers van die ou
restant oorgegaan het nie of, alternatiewelik, dat die kennisleer toepassing
vind en dat die appellant
op grond daarvan transport van gedeelte 7 kan vorder.
Uit die staanspoor is dit egter duidelik dat nie een van dié argumente
oorweging verg nie tensy dit blyk dat 'n gemeenskaplike fout begaan is toe die
ou restant aan Viltra verkoop en getrahsporteer is.
Mnr Schwartzman, wat namens
die appellant in hierdie Hof opgetree het, kon nie anders as om dit toe te gee
nie, maar hy het aangevoer
dat bedoelde feit, ten spyte van die karige gegewens
in die stukke, tog daaruit afgelei kan word. Dié betoog is om die
volgende
redes onaanvaarbaar.
Ek het reeds verwys na die oorspronklike
ver-koping aan Viljoen. Volgens daardie koopkontrak is "die resterende gedeelte"
van die
erf verkoop vir R28 500. Ten gunste van die appellant veronderstel ek
egter dat dit die kontrakspartye se gemeenskaplike bedoeling
was om die nuwe
restant te verkoop, d w s die
5. ou restant minus gedeelte 7. Transport
is egter nie aan Viljoen gegee nie, maar wel aan Viltra. Uit die transportakte
waarkragtens
die ou restant deur die appellant aan Viltra oorgedra is, blyk dit
dat die oor-drag geskied het uit hoofde van 'n koopkontrak wat
deur die
appellant en Viltra aangegaan is op 6 Augustus 1980 en waarvolgens die ou
restant aan Viltra verkoop is vir R18 500. Hieruit
volg dat die koopkontrak
tussen die appellant en Viljoen gekanselleer moes gewees het en dat die
appellant en Viltra daarna 'n nuwe
koopkontrak ten opsigte van die ou restant
moes aangegaan het. Daardie kontrak was nie by enige van die beëdigde
verklarings
aangeheg nie. Wat wel blyk, is dat die koopkontrak aangegaan is
sowat 3 maande nadat die grond aan Viljoen verkoop was en teen 'n
heelwat laer
koopprys as wat laasgenoemde sou moes betaal het.
Uit bogenoemde voorvereiste
vir die oorweging van die argumente volg ook dat Viltra subjektief moes beoog
het om slegs die nuwe restant
te koop en
6. transport daarvan te verkry. Geen
woord oor Viltra se bedoeling verskyn in die stukke nie, behalwe 'n blote
konklusie van die appellant
dat bogenoemde inderdaad Viltra se bedoeling was.
Waarop hierdie konklusie berus, is totaal duister. Veral word nie gesê wie
namens Viltra opgetree het toe die koopkontrak aangegaan is nie.
Die enigste
ander aspek waarop namens die appellant peil getrek is, is dat Viljoen - wat
geweet het dat die appellant slegs die nuwe
restant wou ver-koop - 'n direkteur
van Viltra was. Dit was egter die posisie voordat die koopkontrak met Viltra
aangegaan is en
toe Viljoen nog in eie naam onderhandel het. Of hy op die
kritieke latere stadium nog direkteur was, en, indien wel, of Viltra meerdere
direkteure gehad het, weet 'n mens nie. Ewemin weet 'n mens of Viljoen die
persoon was wat die koopkontrak tussen die appellant en
Viltra namens
laasgenoemde onderteken het. Daar kan ook geen afleiding gemaak word uit die
feit dat Viltra
7. nie die aansoek bestry het nie, ondermeer omdat geen
resgshulp teen Viltra aangevra is nie. Gevolglik is nie bewys nie dat Viltra
beoog het om slegs die nuwe restant aan te koop.
Die appèl word met
koste afgewys, insluitende die koste van twee advokate.
H.J.O. VAN HEERDEN AR
BOTHA AR
MILNE AR
STEM SAAM
EKSTEEN AR
GROSSKOPF Wn AR