S v Swarts (26/88) [1989] ZASCA 16 (21 March 1989)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Theft — Sentencing — Appellant convicted of theft of R12016.19 from employer over six months — Sentenced to 3½ years imprisonment, with part of sentence suspended — Appellant's appeal against sentence based on new evidence regarding ability to make restitution — Court a quo refused to consider new evidence post-sentencing — Appeal dismissed; court upheld original sentence, emphasizing the seriousness of the offense and the need to consider community interests.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1989
>>
[1989] ZASCA 16
|

|

S v Swarts (26/88) [1989] ZASCA 16 (21 March 1989)

Saak No 26/88
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPèLAFDELING
In die saak tussen:
CAROL DAWN SWARTS
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
Coram
: HOEXTER, KUMLEBEN
et EKSTEEN, ARR
Verhoor
: 10 Maart 1989
Gelewer
: 21 Maart
1989
2
UITSPRAAK
EKSTEEN
: AR :
Die appellante, 'n 26 jarige vrou, is in 'n
streek-hof daarvan aangekla dat sy oor 'n tydperk van sowat ses maande 'n bedrag
van R12016.19
van verskeie mense gesteel het. Hierop het sy skuldig gepleit en
sy is tereg skuldig bevind.
Uit dit wat die aanklaer, na skuldigbevinding,
aan die landdros meegedeel het blyk dit dat die appellante in diens van 'n firma
Doves
en Kloppers was; dat sy namens die firma van hul klante geld ontvang het,
en dit wederregtelik vir haarself toege-eien het. Doves
en Kloppers het
onder-neem om dié van hulle klante wat as klaers op die klagstaat
verskyn, te vergoed, sodat Doves en Kloppers
vir alle prak-tiese doeleindes as
die enigste klaer beskou kan word.
Die appellante, wat 'n eerste oortreder
was, het geen regsverteenwoordiging voor die landdros gehad nie, en is
skýnbaar slegs
deur haar man in die hof bygestaan. Na
3 skuldigbevinding het die landdros sekere vrae aan haar gestel
wat in die eerste instansie daarop gerig was om uit te vind
wat sy met al
die gesteelde geld gemaak het. Sy het in die
hof vertel dat sy ver van haar
werk gebly het en dat sy
meeste van die geld gebruik het om haar motor te
onderhou.
Wat sy met die res van die geld gemaak het, blyk nie uit
die
oorkonde nie.
Later in die ondervraging vra die landdros aan die
appellante of sy enige rede kon aanvoer waarom hy haar nie
tronk toe moet
stuur nie. Sy antwoord deur te verwys na
haar man en haar twee jong
kindertjies. Haar man is toe
opgeroep en vrae is aan hom gestel klaarblyklik
om uit te
vind of hy en die appellante nie vir Doves en Kloppers
kon
vergoed vir die gesteelde geld nie. Die landdros doen aan
die hand dat
hulle appellante se motor verkoop en dat haar
man geld probeer leen teen
sekuriteit van sy assuransie-
polisse, en die geld dan "kom inbetaal". Die
vrae van die
landdros in dié verband het dit nie duidelik laat blyk, of
4 indien
volle restitusie gedoen sou word, hy noodwendig enige
opgelegde tydperk van gevangenisstraf in sy geheel sou opge-
skort het, of
nie. Die saak is gevolglik van 27 Mei 1987 na
26 Junie 1987 uitgestel ten
einde die appellante en haar man
die geleentheid te bied om die geld bymekaar
te maak.
Toe die verhoor op 26 Junie hervat is, moes die appeliante die hof
meedeel dat ten spyte van al hulle pogings hulle nie daarin kon
slaag om die
geld te bekom nie. Sy sê dat hulle sonder sukses by verskeie banke geld
probeer leen het, en dat hulle ook nie
enige gelde teen die polisse kon leen
nie, daar die afkoopwaarde daarvan te min was. Sy het, soos voorheen, aangebied
om die gesteelde
bedrag teen R100 per maand terug te betaal. Hiermee was die
landdros nie tevrede nie, en vonnis hy haar tot 3 ½ jaar gevangenisstraf.
Borg van R1000 is aan haar toegestaan hangende 'n appèl na die
Transvaalse Provinsiale Afdeling.
By aanhoor van die appèl in die hof
a.
quo
is 'n aansoek om verdere getuienis in die saak aan te voer
namens
5 die appellante gedoen, en in hierdie verband is die
beëdigde
verklarings deur die appellante, haar prokureur, haar man en
haar vader
voor die hof a
quo
geplaas. In haar beëdigde
verklaring het die
appellante beweer dat voor haar
vonnisoplegging sy en haar man by vyf
verskillende
bankinstellings - wat sy by name noem - aansoek gedoen het
om
persoonlike lenings, teen sekuriteit van assuransiepolisse,
maar dat al
hul aansoeke afgekeur is. Omdat sy skaam was
vir wat sy gedoen het, het sy
vir geeneen van haar
familielede van haar penarie vertel nie. Nadat sy
gevonnis
is, egter, het haar man vir haar vader daarvan vertel, en
dié
het onmiddellik reëlings getref om R10000 te bekom wat
inderdaad by haar prokureurs in trust inbetaal is. Die hof
a
quo
het die aansoek om toelating van verdere getuienis van
die hand gewys, en
wel
"om die eenvoudige rede dat omstandighede wat na vonnisoplegging ontstaan nie
deur 'n hof van appèl in ag geneem kan word
nie. Sien
R v Verster
1952 (2) SA 231
;
S v Hobson
1953 (4) SA 464
(A);
R v Kruger
1959
(2) SA 223
(T)."
6 Die hof het hierop
voortgegaan om die meriete te
oorweeg, en tot die gevolgtrekking gekom dat in die lig van
die feit dat
sy geen vorige veroordelings het nie, sy slegs
26 jaar oud is, sy twee jong kindertjies het wat 'n ernstige
knou sou kry
indien hul moeder 'n lang termyn gevangenisstraf
sou moes ondergaan, dat sy en haar man dit klaarblyklik nie
breed gehad het nie, en dat sy geredelik haar misstap erken
het en haar
bereidwilligheid verklaar het om die geld teen
R100 per maand terug te
betaal, 'n gedeelte van die landdros
se vonnis opgeskort moes gewees het.
Hulle het bygevolg die
vonnis van 3 ½ jaar gevangenisstraf bekragtig
maar beveel
dat 2 ½ jaar daarvan opgeskort word vir 5 jaar op
voorwaarde
dat die appellante nie skuldig bevind word aan
diefstal
gedurende die tydperk van opskorting gepleeg nie. Met
verlof van
die hof a
quo
kom die appellante nou in verdere
hoer beroep teen haar
vonnis.
Op appèl is dit voor ons aangevoer dat die hof a
quo
fouteer het deur nie die feite in die beedigde
7 verklarings wat appellante voorgelê het in aanmerking te
geneem het by oorweging van die appèl nie. In die verband
is gesteun op die uitsprake van
R v Zindoga
1980 (2) SA 991
(R.A.), en
S v Drummond
1979 (1) SA 565
(R.A.). Albei
hierdie gewysdes is uitsprake van die destydse Rhodesiese
Hof. Wat ons eie howe betref is dit duidelik in
Verster
se
saak (
supra
) gestel dat
"'n Uitspraak is reg of verkeerd volgens die feite wat ten tyde van die
uitspraak bestaan, nie volgens nuwe omstandighede wat later
ontstaan nie. Indien
sulke latere omstandighede 'n vonnis wat in 'n straf-saak opgelê is,
onuitvoerbaar maak, of die uitvoer-ing
daarvan onwenslik maak, is dit 'n saak
vir voor-legging aan, en oorweging deur, die uitvoerende ge-sag van die Staat -
die Gevangenisraad,
of die Minister van Justisie, of die Goewerneur-generaal; en
'n appèl is nie die gepaste manier om hierin 'n remedie te soek
nie" (per
Fagan
AR op p. 236).
Vergelyk
ook
S v Hobson
(
supra
).
In die saak van
Goodrich v Botha and Others
1954 (2) SA 540
(A) wys
Schreiner
AR (op p. 546 A-B) daarop dat die geleerde Regters in
Verster
en
Hobson
se sake in die
8 algemeen gepraat
het, en sluit hy nie die moontlikheid uit
dat daar tog uitsonderlike gevalle kan wees waar 'n hof van
appêl
geregtig sou wees om later ingetrede feite in
aanmerking te nêem, soos
bv waar sulke feite onbetwis is, of
waar die partye daartoe instem.
In
S v Immelman
1978 (3) SA 726
(A) verwys
Corbett
AR op p. 730 G-H weereens na
"the general rule that this Court must decide the guestion of sentence according
to the facts in existence at the time when the sentence
was imposed and not
according to new circumstances which came into existence afterwards (
R v
Hobson
1953 (4) SA 464
(A) at 466 A)
en vervolg
hy dat
"even if there are exceptions to this ruie (see
Goodrich v Botha and
Others
1954 (2) SA 540
(A) at 546 A-C), this case does not appear to
constitute such an exception."
In
S
v Marx
1989 (1 ) SA 222 (A), het hierdie Hof
9 wel 'n later ongetrede feit in aanmerking geneem by oorweging
van 'n appèl teen vonnis. Daar is twee persone saam aangekla
van
bedrog. Hulle het aanvanklik albei skuldig gepleit,
maar, nadat die appellant
sy pleit na een van skuldig
verander het, is hy skuldig bevind en gevonnis.
Daarna het
die verhoor teen sy medebeskuldigde voortgegaan. Hy is
later
ook skuldig bevind en gevonnis. Sy vonnis was egter
heelwat ligter as
dié van die appellant. Hierdie feit het
dan ook die grondslag gevorm
van sy appèl na hierdie Hof, en
is sy vonnis dienooreenkomstig versag.
In sy uitspraak sê
Smalberqer
AR (op p. 226 B-E):
"Vonnis word bepaal na aanleiding van feite en om-standighede wat ten tyde van
vonnisoplegging bekend is. Slegs in uitsonderlike
gevalle kan feite wat eers na
vonnisoplegging bekend word op appèl in aanmerking geneem word. Waar
gelyke misdadigers in aparte
verhore verskillend gevonnis word, is dit
vanselfsprekend dat die vroeëre vonnis bekend sal wees wanneer die latere
vonnis opgelê
word. Daar kan dus behoorlik daarop ag geslaan word, ook
later op appèl. Wat gebeur egter as die eerste vonnis die swaarder
vonnis
is? Kan die latere, ligter vonnis in aanmerking geneem word by die aanhoor
van
10
die appèl teen die vroeëre, swaarder vonnis? Logies en in beginsel
blyk daar geen grondige rede te wees waarom dit nie
gedoen kan word nie.
Trou-ens, dit sou afwykend wees, en tot onbillikheid lei sou dit nie die geval
wees nie. Dit is ook reeds in
vorige sake gedoen (vgl
S v Shadaya
1977
(4) SA 108
(R.A.))."
Diè uitspraak in
Marx
se saak bied dus nou gesag vir die beginsel dat hierdie Hof wel in
uitsonderlike gevalle feite wat na vonnisoplegging ingetree het
op appèl
in aanmerking kan neem. Dit blyk ook uit opmerkings van
Steyn
AR in
S
v V en 'n Ander
1989 (1) SA 532
(A) op pp. 544 D -545 H. Soos uit albei
hierdie gewysdes blyk, moet dit egter beklemtoon word dat 'n hof slegs in heel
uitsonderlike
omstandighede waar die belange van geregtigheid dit gebiedend
maak, geregtig sou wees om feite wat na oplegging van vonnis ingetree
het in
aanmerking te neem op appèl. Die algemeen geldende reël bly nog dat
sulke feite nie ontvanklik is vir oorweging
nie.
Mnr
Jordaan
, wat namens die appellante voor
ons
11
opgetree het, het 'n tweërlei betoog aan ons voorgehou. In die eerste
plek het hy betoog dat alhoewel beide die appellante en
die landdros by
vonnisoplegging van mening was dat die appellante nie oor die vermoë beskik
het om restitusie te doen nie, hulle
inderwaarheid verkeerd was, omdat, indien
die appellante se vader voor vonnisoplegging van die gebeure sou geweet het, hy
die geld
dadelik aan haar beskikbaar sou gestel het. So gesien, aldus die
betoog, was haar vermoë om restitusie te doen nie 'n later
ingetrede feit
nie, maar een wat reeds voor vonnis bestaan het, en dus behoort sy die
geleentheid gegun te word om hierdie feite
voor die hof te plaas. Tweedens voer
hy aan dat, selfs al sou hierdie Hof daardie feite as later ingetrede beskou, is
die onderhawige
geval so uitsonderlik dat die hof dit in elk geval in aanmerking
sal neem.
Dit skyn vir my onnodig te wees om hierdie betoe te oorweeg want
selfs in die veronderstelling (a) dat die hof hier wel met 'n later
ingetrede
omstandigheid te make het en
12
(b) dat in al die omstandighede hierdie geval as 'n
uitsonderlike geval
aangemerk kan word, soos in die aangehaalde beslissings bedoel, is ek egter van
oordeel dat 'n hof kwalik 'n ligter
vonnis kon opgelê het as wat die hof a
quo
gedoen het nie. Die appellante se oortreding was 'n vry ernstige een.
Sy het 'n groot bedrag geld stelselmatig oor 'n tydperk van
ses maande van haar
werkgewer gesteel. Die hof. a
quo
het volle gewig verleen aan al die
versagtende aspekte wat die appellante persoonlik raak, en 'n groot deel van die
vonnis wat die
landdros opgelê het voorwaardelik opgeskort. Waar hierdie
Hof dan ook die belange van die gemeenskap in gedagte moet hou meen
ek nie dat
ons geregtig sou wees om die opgelegde vonnis enigsins verder te versag nie.
Die appèl word bygevolg van die hand
gewys.
HOEXTER, AR ) J.P.G. EKSTEEN, AR
KUMLEBEN,
AR )