About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1989
>>
[1989] ZASCA 15
|
|
S v Eiman (273/88) [1989] ZASCA 15 (21 March 1989)
CG SAAKNOMMER: 273/88
IN DIE HOOGGEREGSIIOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPèLAFDELING
)
In die saak tussen:
GERT JOHANNES EIMAN
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
CORAM:
HEFER, E M GROSSKOPF, et STEYN, ARR.
VERHOOR:
20
FEBRUARIE 1989
GELEWER:
21 MAART 1989
UITSPRAAK STEYN, AR.
2
Appellant kom in hoër beroep teen die doodvonnis vir moord aan hom
opgelê in die Hooggeregshof van Suidwes-Afrika in weerwil
van 'n bevinding
deur die meerderheid van die hof (Hendler, R. en een van die twee assessore) dat
daar versagtende omstandighede
was. Hy het op vier aanklagte tereggestaan, te
wete onsedelike aanranding, moord, roof waarby verswarende omstandighede
teenwoordig
was en ontvlugting ter oortreding van art. 48(1 )(a) van Wet 8 van
1959. Hy het skuldig gepleit op die ontvlugtingsklag en onskuldig
op die ander.
Dit was hom ten laste gelê dat hy op 4 Augustus 1987 te Windhoek Franz
Waldemar Gilge (die oorledene) (i) onsedelik
aangerand het deur sonder sy
toestemming met hom per anum gemeenskap te hou, (ii) vermoor het en (iii) beroof
het van 'n Tedelex
PC 5 TV/bandradio-kombinasie, 'n beursie met 'n onbekende
hoeveelheid kontantgeld daarin, 'n polshorlosie en 'n .22 pistool onder
verswarende omstandighede wat bestaan het uit 'n aanranding met h
3
ysterstaaf en/of ysterbakkie en met 'n mes. Ten aansien van die vierde klag
is dit beweer dat hy gedurende die tydperk 2 tot 3 September
1987 uit die S.W.A.
Polisieselle, Windhoek, waar hy toe aangehou was, ontvlug het.
Appellant is,
soos reeds aangedui, op die moordklag skuldig bevind, maar is op die eerste
aanklag onskuldig bevind en op die roofklag
is hy slegs aan diefstal van die
eerste drie items skuldig bevind. Gepaste vonnisse van gevangenisstraf is aan
hom opgelê vir
die diefstal en ontvlugting.
Die moord en diefstal is
deur appellant gepleeg in die woning van die oorledene te Chronstraat 5(A) op
die aand van Dinsdag, 4 Augustus
1987, tussen 7 en 10 nm. Op die oggend van die
5de Augustus 1989 het die oorledene nie by sy werk opgedaag nie. Hy is deur 'n
medewerker
by sy woning gaan soek. Die voordeur was gesluit. Hy het die polisie
ontbied. Hulle het toegang tot die huis
4
verkry deur die verwydering van 'n vensterruit langs die voordeur en die
oopmaak daarvan deur die venster-opening. Die naakte en bebloede
lyk van die
oorledene is in die sitkamer op die vloer gevind. Hy het op sy rug gelê en
was klaarblyklik al vir 'n geruime tyd
dood. Daar was 38 beserings aan die lyk
o.a. kap- en steekwonde en skeurwonde deur stompgeweld veroorsaak. Wond no 27
was 'n steekwond,
klaarblyklik met 'n groot mes toegedien. Dit het aan die
linker-onderkant van die nek ingegaan, die linker nekslagaar deursny en
10 mm in
die linkerlong ingedring. Hierdie wond sou die dood binne drie minute veroorsaak
het. Die oorledene het doodgebloei. Wond
no 38 was 'n 10 mm lange en 1,5 mm wye
oppervlakkige skeurwond net binne oorledene se anus. Dié besering is
volgens die Windhoekse
distriksgeneesheer, Dr Book, wat die lykskouing op
oorledene uitgevoer het, 'n klassieke teken van anale gemeenskap. Vars manssaad
is ook in oorledene se anus gevind. Al die beserings is toegedien
5
baie kort voor die dood. Dit is duidelik dat sodomie daardie aand met die
oorledene gepleeg is min of meer dieselfde tyd as die aanranding
op hom. Aan sy
kop was baie beserings, meesal kapwonde toegedien met 'n skerpkantlge voorwerp,
en skeurwonde veroorsaak deur 'n stomp
instrument. Daar was geen alkohol of
dwelmmiddels in die oorledene se bloed en urine nie.
Die vertrek waarin die
lyk gelê het, was in wanorde. Daar was bloedspatsels teen die mure; 'n
gebreekte beeldradiotrollie het
plat op die vloer gelê en 'n suierkop wat
gebruik is as 'n asbak het by die trollie gelê. Langs die lyk was 'n
opvoubare
rusbank wat met afslaan van die rugleuning ook as 'n dubbelbed kan
dien. Die rugleuning was bo-op die bank se sitplek gepak. Daar
was
bloedsmeersels en -kolle aan die rugleuning. Op 'n gemakstoel in 'n hoek van
dieselfde vertrek, is oorledene se klere gevind.
Dit was 'n broek, hemp en trui.
Die klere was onbeskadig en behalwe vir 'n paar ligte
6
bloedspatsels op die hemp was daar geen bloed aan die klere nie. Onder die
klere was 'n rooi telefoon met opgerolde koord. Dit was
nie ingeprop nie. Bo-op
die klere was 'n donskombers en 'n wolkombers op mekaar gepak. Albei was met
bloed deurdrenk. Oorledene moes
voor sy dood noodwendig baie gebloei het, maar
op die tapyt onder die lyk was daar slegs 'n paar bloedspatsels. Hy het
klaarblyklik
nie daar lê en bloei nie. Die lyk se bene onderkant die
knieë was bedek met 'n donskombers wat ook bebloed was. Die drumpel
van die
deur wat uit die sitkamer toegang verleen tot die gang na die kombuis en toilet
was bloedbesmeer. Aan die kosyn van daardie
deur was 'n palmafdruk van appeliant
en teen 'n ander deur 'n vingerafdruk van hom. Albei is met bloed gemaak. Die
mes-en-vurk laai
in die kombuis het oopgestaan en daar was 'n bloedsmeersel op
die kasblad net bokant die laai. In die sitkamer langs die gangdeur
het 'n
rusbank gestaan. Aan die rugleuning daarvan was 'n diep steekmerk. Aan die
7
wasbak in die toilet was hare en dowwe bloedspatsels. Dit was hare van die
oorledene en van appellant. In die pakkamer langs die huis
se voordeur het 'n
opgefrommelde en bebloede waslap gelê en op 'n afdak aan die huis se
buitekant 'n blou onderbroek.
Daar was geen ooggetuies van die voorval nie en
niemand het vir appellant by of op die oorledene se perseel gewaar nie. Hy is
egter
tussen 22h00 en 22h30 gevind op die woonperseel van Magrieta Isaacks, 'n
jong dame wat aan hom bekend was. Haar noemnaam is Stella.
Sy het gebly te Van
den Heeverstraat no 2. Dit is volgens die skatting van 'n polisiegetuie,
Speurder Adjudant-Offisier Eben Bergh,
straatlangs ongeveer "800 jaarts" van
oorledene se perseel af. Stella was vergesel van vriendinne, te wete Drieka
Vrieselaar en nog
twee na wie in die getuienis slegs as Katriena en Melodie
verwys is. Toe hulle by Stella se blyplek aankom was appellant besig om
homself
onder 'n stort in 'n buite toilet te was.
8
Toe hy klaar gestort het, het hy net 'n blou oorpakbroek aangetrek en was
steeds kaal bolyf. Hy het Stella versoek om "asseblief nie
te raas nie" en het
verduidelik dat Ovambo's hom aangeval het by 'n motorhawe terwyl hy na Rehoboth
geryloop het en dat hy homself
net daar kom was het. Hy het aan Drieka gevra of
daar nog enige bloedmerke aan hom was. Sy het "effense krapmerke" aan sy neus en
nek opgemerk maar geen ander beserings nie en ook geen bloed nie. Appellant het
vir haar "h bietjie senuweeagtig" voorgekom. Hy het
twee drasakke by hom gehad,
een met klere en in die ander, "'n mooi, splinternuwe rooi seilsak," was 'n
voorwerp wat vir Drieka na
'n bandopnemer gelyk het. Sy wou hê dat
appellant dit vir hulle moet speel maar hy het gesê dit is 'n "TV-tape"
sonder
battery. Appellant het egter die meisies 'n bietjie whisky laat drink uit
'n miniatuur botteltjie wat hy te voorskyn gebring het.
Hy het aangebied om nog
drank vir hulle te gaan kry maar hulle wou nie meer hê
9
nie. Hy het Stella toe gevra of hy die twee sakke oornag by haar kon laat. Sy
het die versoek geweier omdat Katriena haar gewaarsku
het dat daar moontlik
gesteelde goed in die sakke is. Appellant is toe vort met die sakke en het
gegaan na Kornerstraat no 9, waar
hy voorheen in 'n buitekamer saam met ene
Usiel Schumann en dié se vrou loseer het. Hy het die slapende Schumann
opgeklop,
sy kombers wat nog daar was, van hom gekry en buite in die agterplaas
gaan oornag. Die volgende oggend het appellant sy rooi tas
met klere in 'n
asdrom op die perseel versteek en sy blou oorpakbaadjie in die Schumanns se
wasgoedmandjie gesit. Later daardie dag
het hy die TV/Bandradio kombinasie en
polshorlosie vir R87,00 verkoop. Op 11 Augustus 1987 is hy in Windhoek
gearresteer op 'n bus
wat op die punt gestaan het om na Rehoboth te
vertrek.
Appellant het op die meriete getuig. Sy weergawe was samevattend
soos volg. Op die betrokke
10
Dinsdag was hy op soek na verblyfplek omdat die Schumanns hom nie langer by
hulle wou laat bly nie. Hy was platsak. Na 6 nm het hy
agter op die erf waar die
Schumanns gewoon het, 'n mengsel van dagga en mandrax gerook. Hy was verslaaf
aan dié middels en
moes 'n "redelike hoeveelheid" daarvan inneem voordat
dit hom kon "bedwelm.". Maar hy was toe nietemin onder die invloed daarvan.
Hy
het nogtans voortgegaan met sy soeke na blyplek. Hy het 'n rooi drasak,
bewysstuk 4, by hom gehad. Sy klere was daarin en toevallig
ook 'n ysterpyp wat
hy wou gebruik om pap bande van wielvellings mee af te trek. In die loop van sy
soektog het hy om ongeveer 19h00-19h30
by die oorledene, wat in sy blomtuin was,
verbygeloop. Hulle het aan die gesels geraak. Appellant sê hy soek na
verblyfplek
in 'n buitekamer. Op oorledene se uitnodiging het hulle sy woning
binnegegaan en hy sê dat appellant by hom kan oornag. Hy
sou die volgende
dag plan maak met sy vol pakkamer. Hulle het in die sitkamer
11
langs mekaar op 'n bank gaan sit en na die beeldradio gekyk. Die oorledene
het gesê dit is net hulle twee wat in die huis is
en dat hulle die aand
saam kan geniet. Toe vat hy aan appellant se been en sê dat dit 'n mooi
been is. Appellant het die afleiding
gemaak dat die oorledene met hom sodomie
wou pleeg. Hy het soiets nog nooit gedoen nie en het laat blyk dat hy nie van
oorledene
se toenadering gehou het nie. Hy het oorledene versoek om die voordeur
te gaan oopmaak sodat hy kon vertrek. Oorledene het hom toe
gevra of hy nie eers
wou bad nie. Omdat hy "baie vuil" was het appellant bevestigend geantwoord.
Terwyl die oorledene besig was om
die badwater in te laat het appellant gepoog
om by die voordeur uit te glip maar kon die yale-slot nie oopmaak nie. Hy het
toe gaan
bad en sy rooi drasak in die sitkamer agtergelaat Toe hy weer in die
sitkamer terugkom het die oorledene reeds 'n dubbelbed daarin
opgemaak vir twee
mense op 'n oopgevoude rusbank. Daar
12
was "drie komberse en twee kussings" op die bed. "Die onderste kombers, die
gewone kombers, was oopgegooi soos 'n laken en ... die
twee donskomberse is
opgevou by die voetent gelaat op die bed." Oorledene het appellant herhaaldelik
gevra of hy hom "ordentelik
gewas het". Hy het sy klere toe uitgetrek en netjies
oor die rugleuning van 'n stoel gehang. (Dit is die stoel waarop oorledene se
klere deur die polisie onder die komberse gevind is.) Met net 'n onderbroek aan
het oorledene weer langs appellant gaan sit en weer
gesê dat hulle die
aand kan geniet. Hy het weer badkamer toe gegaan. Toe hy uitkom was hy
"poedelnakend" en het hy appellant
se ysterpyp en 'n lap in sy hande gehad.
Daarmee het hy op appellant afgestorm en na hom geslaan met die pyp. Appellant
het die hou
ontwyk en hom in selfverweer teengesit. 'n Woeste, halfuur-lange
tweestryd het gevolg, in die loop waarvan die oorledene appellant
herhaaldelik
met die pyp misgeslaan het en hom net een keer rakelings op die bors
13
daarmee getref het wat net 'n klein skrapie veroorsaak het. (Oorledene was
"baie lomp" en appellant rats.) Hulle het gestoei en appellant
het oorledene met
die suierkop-asbak misgegooi. Appellant het hom herhaaldelik gesteek met 'n mes
wat hy in die kombuis uit die messelaai
gaan haal het. Hy het later die mes
verloor maar die ysterpyp in die hande gekry en oorledene daarmee teen die
agterkop raakgeslaan.
Tot appellant se verbasing het oorledene na daardie hou
omgedraai, "op sy gemak na die bed gestap" en daarop plat op sy maag op die
komberse gaan lê met sy kop op die kussing en met sy hande voor sy kop
gevou.
Appellant het toe sy dra-tas en die mes gevat, die reedsgemelde
besittings van oorledene bymekaar gemaak en weer probeer om die voordeur
oop te
kry sodat hy hom uit die voete kon maak; maar omdat sy hande "baie vol bloed" en
sweterig was, kon hy die slot nie oopmaak
nie. Hy het toe sy gesig en hande met
'n waslap in die toilet
14
se wasbak gaan afwas en sy vingerafdrukke op die deurslot met die lap gaan
afvee. Hy het die deur oopgekry en die waslap "in die portaal"
weggegooi. Hy is
toe vort met die voornoemde goed en het die voordeur oopgelos en die ysterpyp in
die huis agtergelaat. Met sy vertrek
het die oorledene nog steeds op die bed
gelê soos hierbo beskryf. Hy het "uit walging" die mes in twee gebreek en
weggegooi
terwyl hy aan die wegbeweeg was van oorledene se huis af. Hy het alle
kennis van die onderbroek op die afdak ontken maar die getuienis
van Stella
Isaacks, Drieka Vrieselaar en Usiel Schumann wesenlik beaam. Die bogaande
beskrywing van sy bewegings en optrede vandat
hy sy kombers daardie nag by
Schumann gekry het totdat hy arresteer is, is hoofsaaklik ook aan sy getuienis
ontleen. Die hof het
sy bewering dat hy in selfverdediging opgetree het
verwerp.
Appellant het nie self ter versagting getuig nie maar 'n kliniese sielkundige
van Windhoek, Dr 'n A
15
Raath, het namens hom oor sy geestes- en gemoedstoestand
tydens die pleging van die moord getuig. Na psigo-
diagnostiese onderhoude
van ongeveer twee uur met
appellant. en een-en-h-half uur met sy ouers en
h
psigometriese evaluasie van die geval het Dr Raath 'n
verslag opgestel
wat hy bevestig het toe hy getuig het en
as bewysstuk N ingelewer het. Daarin
het hy onder meer
die volgende oor appellant se persoonlike
agtergrond
gesê:
"Sy skoolloopbaan was gekenmerk deur onderprestasie en wangedrag wat op 'n
vroeë ouderdom reeds gemanifesteer het.
Nadat hy die skool verlaat het, het hy in 'n kort periode vir sy stiefvader op
die plaas gehelp. Hy was ongelukkig op die plaas en
het weggeloop om by die
weermag aan te sluit as dienspligtige. Aanvanklik was hy gestasioneer te Rooikop
en later te Ruakana. Tydens
bovermelde tydperk het hy hom skuldig gemaak aan
wangedrag deur betrokke te raak in 'n interne opstand binne weermag verband te
Ruakana
in 1982.
Nadat hy sy diensplig voltooi het, keer hy terug na Mariental. In hierdie kort
tydperk
16
i.e. ± begin van 1983 -middel 1984 raak hy betrokke in huisbraak en
diefstal sake waarvoor hy lyfstraf en gevangenisstraf opgelê
is. Sy vader
(stief) slaag daarin om hom op parool vrygelaat te kry. Die dag toe hy sy
paroolvoorwaardes nagekom het, loop hy weg
van die huis af om weereens by die
weermag permanent aan te sluit. In hierdie tydperk raak hy betrokke by
dwelmmisbruik en word gevra
om te bedank weens afwesigheid sonder
verlof."
Dr Raath het bevind dat appellant se
gedagtegang en
intellektuele vermoens normaal wás en hy het
geen
geheuestoornisse op kort- of langtermyn, of steurnisse
van
bewussynsprosesse of overte spanning by hom
waargeneem nie en sy angsvlak was
redelik laag. Hy het
egter bevind dat daar 'n afwesigheid van emosionele
gevoel
oor die gebeure by appellant was en dat hy geen berou oor
sy dade
getoon het nie. Dr Raath se gevolgtrekking was
dat appellant "beslis 'n
volslae psigopaat" is met 'n
"absoluut uitgesproke" en "baie hoë" graad van
psigopatie. As sulks het hy 'n "psigies
onvolwasse"
persoonlikheid en "geweldig lae
17
frustasietoleransiedrempel". Die rook van dagga sal so 'n
lae drempel nog
verder verlaag. Die effek van 'n dagga sigaret sou egter na 'n uur of twee begin
afneem. Dr Raath wou weens 'n gebrek
aan kennis daaromtrent, hom nie uitspreek
oor die effek van mandrax nie. Hy het egter bygevoeg dat 'n gereelde gebruiker
van dagga
'n weerstand teen die werking van die middel opbou. Maar appellant het
hom nie vertel dat hy 'n dagga en mandrax mengsel op die betrokke
aand gerook
het nie. Hy het trouens geen melding van enige dagga-gebruik gemaak nie. Dr
Raath het dit as 'n sterk moontlikheid beskou
dat daar 'n
"homoseksuele
verbintenis of kontak" was wat verband gehou het met die moord. Hy was van
mening dat daar iets moes gebeur het wat
appellant se psigopatiese
persoonlikheid tot gewelddadigheid stimuleer het en dat hy derhalwe in 'n
toestand van verminderde
toerekeningsvatbaarheid was toe hy die misdaad
gepleeg
het. Hy het egter toegegee dat appellant se weergawe
18
"nie baie geloofwaardig" is nie en dat hy slegs kan bespiegel oor wat werklik
aanleiding tot die moord kon gegee het. Weens die hoë
graad van appellant
se psigopatie was Dr Raath se opinie dat die prognose in sy geval so swak was
dat konvensionele metodes van behandeling
nie effektief sou wees nie en dat
gevangenisstraf derhalwe aangewese was in weerwil daarvan dat "die blote straf
of kondisioneringstegniek"
daarvan nie as 'n reel met psigopate werk nie. Dit
sou 'n
langtermyn van gevangenisstraf moes wees omdat appellant se
psigopatie moontlik met tydsverloop sou "uitbrand", maar nie voor sy middeljare
nie, en hy was slegs 23 toe hy die moord gepleeg het. Weens die feit dat 'n
psigopaat "nie eintlik moreel dink nie" en nie veel waarde
aan 'n
mens se
lewe heg nie, kon hy nie waarborg dat appellant 6f in die gevangenis 6f na sy
vrylating, nie weer sou moor nie. Dr Raath het
heelwat praktiese ondervinding
opgedoen met die behandeling van psigopate in Suid-
19
Afrikaanse tronke. Hy was vanaf 1974 vir agt jaar
verbonde aan die
Departement van Gevangenisse en het
tydens daardie hele tydperk intensief met psigopate
gewerk. Hy was onder
meer ook hoof van die
hospitaalgevangenis vir veroordeelde kleurling
psigopate
op Worcester. Hy het die volgende gesê oor die huidige
stand van sake by ons ten aansien van die behandeling van
psigopate in
gevangenisse:
"In Suid-Afrika is die hele situasie nog op die oomblik baie in sy kinderskoene
omdat dit 'n geweldige duur proses is. Die prognose
van diê mense is nie
baie goed nie ..."
Weens al die voormelde oorwegings
was Dr Raath van mening
dat dit nie veilig sou wees om appellant te vonnis
tot 'n
kort tydperk van gevangenisstraf nie.
Hendler R. het die meerderheidsbevinding dat
daar op
die bogaande feitekompleks versagtende
omstandighede teenwoordig was onder
meer so motiveer:
"Al het ek u getuienis verwerp in sy geheel, is daar sekere bewese feite wat tot
'n mate die Hof
20
behulpsaam kan wees om tot 'n beslissing te kom. Een daarvan is dat die
oorledene moes ontklee gewees het voordat daar enige geweld
of enige aanranding
plaasgevind het, omdat daar nie bloed op sy klere was nie en omdat sy klere glad
nie geskeur was nie. Dit is
ook hoogs waarskynlik dat uself ontklee' was voordat
hierdie aanranding plaasgevind het, omdat daar net een kolletjie bloed op u
trui
was. Derhalwe aanvaar ek dat daar moes een of ander seksuele verhouding tussen u
en die oorledene gewees het, daar is ook getuienis
voor die Hof dat die
oorledene wel 'n homoseksueel was. Ons moet ook aanvaar dat u by daardie huis
ingenooi was en nie daar ingebreek
het of daar gegaan het vir enige onwettige
doel nie.
Ons het die verslag van die psigiater voor ons wat behulpsaam is om te
besluit of u gedrag minder laakbaar was of nie. Ek kom tot
die slotsom dat u wel
'n psigopaat is en dat u 'n lae frustrasie toleransie het en dat u maklik kan
oorgaan na 'n gewelddadige gedrag.
Die feit op sigself dat u 'n psigopaat is, is
nie 'n
versagtende omstandigheid nie, maar is iets wat die Hof geregtig is
om in aanmerking te neem.
Dr Raath het ons meegedeel dat daar moes iets gebeur het deurdat u so skielik
reageer het om geweld te gebruik. U het ons nie vertel
nie en ons is nie bereid
om afleidings te maak hoekom dit gebeur het en derhalwe moet ons ons bepaal tot
die bewese feite soos ek
alreeds genoem het.
21
U advokaat het betoog dat ons u ouderdom in ag moet neem, dat u net 23 jaar oud
was toe die misdaad gepleeg is en dat volgens die
psigiater se verslag, daar 'n
mate van onvolwassenheid by u teenwoordig was. 'n Ander faktor wat na ons mening
nog 'h groter rol
speel, is die feit dat ons nie kan verwerp dat u tot 'n mate
benïnvloed was deur verdowingsmiddels wat u ingeneem het, al was
dit tot 'n
baie geringe mate.
Ons moet ook aanvaar dat u nooit doelbewus daarheen gegaan het om die oorledene
dood te maak nie, maar dat dit gebeur het nadat julle
eers ontklee was, en daar
vir een of ander rede geweld toegepas was.
Ons moet nou kyk na die kumulatiewe effek van al hierdie faktore om te kan
besluit of die misdaad tot 'n mate minder laakbaar is
en of daar wel versagtende
omstandighede teenwoordig is.
Die belangrikste feit is dat daar wel homoseksualiteit hierby betrokke was. Dit
saam met al die ander faktore, beskou die meerderheid
van die Hof as versagtende
omstandighede en dit is die meerderheidsbeslissing van die Hof wat bevind dat
daar wel versagtende omstandighede
aanwesig is."
Die Staat het net een vorige veroordeling
teen
appellant bewys, te wete aan roof van R170,00
met
22
toediening van vuishoue, op 9 Mei 1983, waarvoor appeilant bestraf is met
sewe houe met 'n ligte rottang. Dit is gemenesaak dat appellant
gebore is op 30
Maart 1964. Hy was gevolglik toe reeds 19 en die maksimum toelaatbare getal houe
ingevolge art 294(1) van die Strafproseswet,
1977, is aan hom opgelê. Dit
is nie duidelik of Dr Raath verkeerd ingelig is oor appellant se
misdaadsgeskiedenis nie. Dit
kan byvoorbeeld wees dat die Staat fouteer het met
die opstel van die vorm SAP 69 ten aansien van hom. Dit is egter wel duidelik
dat appellant reeds voor die onderhawige geval 'n medemens onwettig geweld
aangedoen het.
In sy vonnis-uitspraak het die geleerde regter die beginsels
wat in verskeie beslissings van hierdie Hof geformuleer is ten aansien
van die
diskresionêre doodvonnis oorweeg, en aangehaal uit
S v MATTHEE
1971
(3) SA 769
(A);
S v V
1972 (3) SA 611
(A);
S v BAPELA AND ANOTHER
1985 (1) SA 236
(A) en
S v S
1987 (2) SA 307
(A).
23
Hy het ook Dr Raath se gevolgtrekkings en aanbevelings in
sy verslag vervat behandel, en soos volg voortgegaan:
"Ek weeg nou hierdie verslag op saam met al die ander faktore, soos u ouderdom,
dat u net 23 jaar oud was en dat u miskien tot 'n
mate deur dwelmmiddels
geaffekteer was, maar ook die grusame manier waarop u die oorledene doodgemaak
het.
Ek kom tot die gevolgtrekking dat hierdie 'n geval is waar ek nie rehabilitasie
ernstig kan oorweeg nie, as gevolg van die verslag
en ook dat daar volgens die
psigiater se getuienis 'n
moontlikheid bestaan dat u weer misdade van 'n ernstige aard sal kan pleeg, al
is u in die gevangenis of nadat u uitgelaat is, behalwe
as u hierdie
psigopatiese neigings uitbrand en dit is ook net 'n moontlikheid.
Derhalwe is ek van mening dat hierdie 'n geval is waar die gemeenskap sal verwag
dat ek my diskresie uitoefen en die uiterste vonnis
oplê. Ekself is van
mening dat in al die omstandighede dit die enigste gepaste vonnis is."
Dit is 'n gevestigde en nou reeds
oorbekende
beginsel van ons strafproses dat hierdie
Hof slegs h
beperkte bevoegdheid het om in te meng met
h
diskresionêre vonnis deur 'n verhoorhof opgelê. In S v
24
PIETERS
1987 (3) 717 (A) het Botha AR. daardie beginsel
soos volg herbevestig op 727 F-H:
"Met betrekking tot appelle teen vonnis in die algemeen is daar herhaaldelik in
talle uitsprake van hierdie Hof beklemtoon dat vonnisoplegging
berus by die
diskresie van die Verhoorregter. Juis omdat dit so is, kan en sal hierdie Hof
nie ingryp en die vonnis van 'n Verhoorregter
verander nie, tensy dit blyk dat
hy die diskresie wat aan hom toevertrou is nie op 'n behoorlike of redelike wyse
uitgeoefen het
nie. Om dit andersom te stel: daar is ruimte vir hierdie Hof om
'n Verhoorregter se vonnis te verander alleenlik as dit blyk dat
hy sy diskresie
op 'n onbehoorlike of onredelike wyse uitgeoefen het. Dit is die grondbeginsel
wat alle appelle teen vonnis beheers."
Op 735 H-I
het die geleerde regter dit weereens
beklemtoon dat "die uiteindelike, deurslaggewende vraag
steeds bly: kon die Verhoorregter redelikerwyse die
doodstraf opgelê
het?" As die antwoord daarop "ja" is,
is dit die einde van die saak. Hierdie benadering geld
ook by die
diskresionêre doodstraf vir moord waar daardie
vonnis opgelê is
in weerwil van 'n bevinding dat daar
versagtende omstandighede was wat onder meer die
25
psigopatie van die veroordeelde ingesluit het. In S v
SAMPSON
1987
(2) SA 620
(A) het Nestadt AR. die volgende
daaromtrent gesê op 624
I-625E:
"On appeal the competence to interfere with the death sentence imposed by the
trial Judge in the exercise of his discretion is restricted.
The issue is not
whether the Appellate Division would have imposed it, but whether the trial
Judge failed to properly exercise his
discretion in doing so. Such a conclusion
would be justified where, for example, he misdirected himself (
S v
PIETERSEN
1973 (1) SA 148
(A) at 152C;
S v LEKAOTA
1978 (4) SA 684
(A) at 689B) or because the sentence was one which no reasonable Court would
have imposed (S
v M
1976 (3) SA 644
(A) at 649 in fine). But the
so-called striking disparity test is ordinarily not appropriate (
S v
NTULI
1978 (1) (A) SA 523 (A) at 527D).
That this was a case where serious consideration had to be given to the
imposition of the death sentence cannot be gainsaid. It is
plain that the crimes
committed were of a most serious nature. Appellant murdered two defenceless
people in a particularly brutal
and callous manner. He obviously acted with
dolus directus. His attacks on them were largely unprovoked. Moreover, no fault
can be
found with the trial Judge's classification of appellant, consequent upon
his psychopathic personality, as an extremely dangerous
person
26
whose removal from society was required. Of course, this approach could be said
to be in conflict with that adopted when extenuating
circumstances were being
dealt with. Then, it was held that appellant's psychopathy rendered him less
blameworthy. Having regard
to the serious nature of his disorder and its direct
connection with the crimes committed, this was a justifiable finding (
S v
PIETERSE
1982 (3) SA 678
(A)). For the purpose of sentence, however, it was
regarded as aggravating and indeed as the main reason for the imposition of the
death sentences. In principle, this is understandable. Whereas at the stage of
considering extenuation the Court was concerned with
factors subjective to
appellant, when it carne to sentencing, the wider interests of the community had
to be taken into account."
Na my
mening kon Hendler R. die doodstraf in
die onderhawige geval redelikerwys opgelê het. Hy het
geen feitelike
wanvoorligting, evalueringsfout of
regsdwaling begaan nie. In die lig van die
bewese feite
kan daar geen sprake wees van enige ander vorms
van
bestraffing as óf die doodvonnis 6f 'n
langtermyn
gevangenisstraf nie. Maar laasgenoemde vonnis sou die
geslote
tronkgemeenskap van prisoniers teen appellant nie
27
kon beskerm nie. Volgens Dr Raath sou hy in die gevangenis weer kon moor. Ons
howe het alte dikwels te doen met die sogenaamde "tronkmoorde",
by vele waarvan
gewelddadige psigopate betrokke is. Die gevangenisgemeenskap is ook geregtig om
teen sulke gevare beskerm te word.
Die geieerde verhoorregter het hierdie aspek
tereg in ag geneem. Sou appellant uit die gevangenis ontsnap sou hy 'n gevaar
vir die
breër gemeenskap ook wees, en ontsnappings uit ons tronke is geen
onbekende of rare gebeurtenis nie. En appellant het reeds
een keer ontsnap uit
aanhouding. Weens die swak prognose in sy geval is dit boonop geensins
waarskynlik dat sy psigopatie tydens
die duur van gevangenisstraf sou "uitbrand"
nie sodat hy by vrylating nie meer 'n gevaar vir sy medemens sou wees nie. Die
gevalle
van psigopate wat na lange inkerkering uiteindelik vrygelaat word en dan
weer moor is ongelukkig ook geen onbekende verskynsel nie.
Die geleerde regter
het ook daarop ag geslaan.
28
Daar is geen betroubare aanduiding dat slegs die sneller van provokasie of
gevaar appellant tot gewelddadigheid kan beweeg nie. Dat
hy die aanvaller en die
oorledene die teiken van sy geweld was, word heel duidelik getoon deur die
afwesigheid van enige ernstige
beserings aan appellant en die grusame omvang van
dié aan oorledene. 'n Heel besondere faset van hierdie geval is dat daar
inderdaad sodomie gepleeg is met mekaar deur appellant en die oorledene en dat
dit appellant was wat die aktiewe rol gespeel het.
Daar kan geen twyfel wees dat
dit hy was wat volle anale gemeenskap met die oorledene gehad het nie; en dit is
algeheel onwaarskynlik
dat hy aldus met hom verkeer het na die aanranding. Daar
is gevolglik geen aanduiding van enige provokasie deur oorledene nie. Appellant
het trouens sy homoseksuele wellus op hom bevredig. Die oorledene het
ongetwyfeld doodgebloei op die twee komberse wat op die stoel
gevind is en dit
is duidelik dat dit appellant was
29
wat dié komberse daarna op die stoel gepak het. Waarom hy dit gedoen
het, die lyk verskuif het, nog 'n donskombers toe op oorledene
se bene gegooi
het, en waarom die rusbank se onderdele so opmekaar gestapel was, weet nugter.
Appellant het ongetwyfeld die voordeur
agter hom toegetrek en die ysterpyp ook
gaan weggooi, want, soos reeds gemeld, was die deur die volgende oggend gesluit
en geen sodanige
pyp is in die huis gevind nie. Die suggestie deur appellant dat
iemand anders, moontlik een van die oorledene se "homoseksuele vriende",
later
in die huis kon kom rondsnuffel het, die lyk verskuif het, die komberse op die
stoel gepak het, die pyp verwyder het en die
voordeur toegetrek het, is
só vergesog dat dit geen oorweging waardig is nie.
Appellant het
klaarblyklik op planmatige wyse te werk gegaan om sy spore dood te vee en die
diefstal te pleeg. Hy het ook 'n goeie
herinnering van die gebeure, byvoorbeeld
oor wat plaasgevind het nadat hy die
30
oorledene se woning verlaat het, en ten aansien van sekere ander aspekte
waarop sy getuienis heel duidelik nie verwerp is nie, soos
byvoorbeeld die getal
komberse in die sitkamer en die gebruik van die waslap. Dit was nie die optrede
en herroepingsvermoë van
iemand wat hewig ontsteld was en ylings wou wegkom
van die toneel van 'n onthutsende ervaring, of van 'n verstand wat ernstig deur
dwelms verdof was nie.
Na my mening kan die geleerde regter ook nie
gekritiseer word oor die gewig wat hy onder die omstandighede van hierdie geval
aan die
oorweging van die openbare belang geheg het nie. Daar is gevolglik geen
gronde waarop met die doodvonnis ingemeng kan word nie.
Die appèl word afgewys.
M T STEYN./&R.
HEFER, AR.)
E M GROSSKOPF, AR.)