About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1988
>>
[1988] ZASCA 44
|
|
S v Willemse and Others (2/87) [1988] ZASCA 44; [1988] 2 All SA 435 (A) (13 May 1988)
SAFLII Note:
Certain personal/private details of parties or witnesses have
been redacted from this document in compliance with the law and
SAFLII
Policy
DAMON WILLEHSE EN ANDERE
Appellante
en
DIE STAAT
Respondent
Saaknommer
SS 2/87 cg
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPêLAFDELING
)
In die
saak tussen:
DAMON
WILLEMSE
(BESK. 1)
JAPIE
SAMUELS
(BESK. 2)
WILLEM
LEWIS
(BESK. 3)
Appellante
ABRAHAM
KOELMAN
(BESK. 6)
C.B.
(BESK. 8)
en
DIE
STAAT
Respondent
CORAM
:
HEFER, SMALBERGER, et STEYN
ARR
VERHOOR
:
15 Maart 1988
GELEWER
:
13
Mei 1988
UITSPRAAK
STEYN
, AR
2.
STEYN
, AR
Op 5 Januarie 1987 het die vyf
appellante en drle mede-beskuldigdes, In die Kaapse Hooggeregshof
voor Lategan, R en twee assessore
tereggestaan op vier aanklagtes wat
almal betrekking het op misdade gepleeg op dle plaas Koornlandsdrif
in die distrik van Malmes=
bury op Saterdagnag, 28 Desember 1985.
Hulle is almal jong Kleurling mans of seuns. Om verdere verwysing na
hulle te vergemaklik
sit ek hul besonderhede tábelge= wyse
uiteen. Ek gee eers die nommer van elkeen as be= skuldigde tydens die
verhoor, dan
elkeen se naam, ouder= dom ten tyde van die verhoor, en
nommer as appellant. Hul mede-beskuldigdes word ook ingesluit.
Beskuldigde
no 1 : Damon Willemse, 25 : Appellant no 1 Beskuldigde no
2 : Japie Samuels, 22 : Appellant no 2 Beskuldigde no 3 : Willem
Lewis,
21 : Appellant no 3
Beskulidgde ...
3.
Beskuldigde no 4 : Jan Ceylon, 19
Beskuldigde no
5 : Ernest Hendricks,
±
19
Beskuldigde no 6 : Abraham
Koelman, 21 : Appellant no 4
Beskuldigde no 7 : F. K., 13
Beskuldigde no 8 : C.B., 15 :
Appellant no 5
Die eerste aanklag was huisbraak
met die opset om 'n misdryf aan die aanklaer onbekend te pleeg
deurdat hulle met daardie opset
by die woning van Mev H.A.J.H.
ingebreek het.
Die tweede aanklag was
verkragting van die gemelde Mev H..
Die derde aanklag was roof met
verswaren= de omstandighede deurdat hulle Mev H. van geld, 'n
polshorlosie, alkoholiese drank en
tabak beroof het.
Die vierde aanklag was een van
moord op
Mev H. deurdat hulle haar
wederregtelik en op= setlik gedood het deur haar te skop, te trap of
andersins
aan
4.
aan te rand.
By die aanvang van die verhoor was
daar
nege beskuldigdes. Voordat hulle gevra is om te
pleit het die Staat egter al die aanklagtes teen die negende
beskuldigde, Booi Adonis,
teruggetrek. Die oorblywende agt
beskuldigdes het daarna onskuldig geplelt. Hulle was deur
pro
deo
advokate verdedig. Die saak het
toe voortgegaan teen die agt. Beskuldigdes 1 tot 6 en 8 is op
aanklagtes 1, 2 en 4 skuldig bevind
soos aangekla maar op aanklag 3
slegs aan diefstal van die betrokke goed. Beskuldigde no 7 is op al
die klagtes onskul= dig bevind.
Die rede daarvcor is dat die hof
bevind het dat hy op 28 Desember 1985 slegs 12 jaar oud was en dat in
weerwil daarvan dat dit
bo redelike twyfel bewys is dat hy aan al
vier die misdade deelgeneem het dit nie ook bewys is dat hy toe
doli
capax
was nie.
Nie een van die oorblywende
beskuldigdes het na skuldigbevinding getuig ter bewys van versagtende
omstandighede ...
5. omstandighede nie. Na aanhoor van argumente
en van die getuienis van Mev M L Dearham, 'n proefbeampte van die
Departement van
Gesondheidsdienste en Welsyn in die
Administrasie van die Raad van
Verteenwoordigers, wat deur die Staat geroep is om te getuig m.b.t.
beskuldig= des 3, 4 en 5, het
die hof egter bevind dat daar t.a.v.
die moord versagtende omstandighede was in die gevalle van
beskuldigdes 4, 5 en 8. Na aanhoor
van verdere ge= tuienis deur Mev
Dearham t.a.v. beskuldigdes 3 en 6 en die inhandiging van die verslag
van 'n ander proefbeampte,
Mnr Titus, aangaande beskuldigde no 8, is
die beskuldigdes soos volg gevonnis:
beskuldigdes
1, 2, 3 en 6
klagte 1 (huisbraak) :
6 maande gevangenisstraf klagte 2 (verkragting): die doodstraf klagte
3 (diefstal) : 6 maande gevangenisstraf
klagte 4 (moord) : die
doodstraf.
beskuldigdes
...
6.
beskuldigdes 4 en 5
klagte 1
:
3
maande gevangehisstraf
klagte 2
:
10
jaar gevangenisstraf
klagte 3
:
3
maande gevangenisstraf
klagte 4
:
10
jaar gevangenisstraf
beskuldigde no 8
klagte 1
:
3
maande gevangenisstraf
klagte 2
:
5
jaar gevangenisstraf
klagte 3
:
3
maande gevangenisstraf
klagte 4
:
5
jaar gevangenisstraf
Geeneen van die vonnisse aan
beskuldigdes 4, 5 en 8
opgelê is samelopend nie.
Met verlof van die geleerde
verhoorregter kom beskuldigdes 1, 2, 3 en 6 nou in hoër beroep
teen hul skuldigbevindings en vonnisse
en beskuldigde 8 teen die
vonnisse aan hom opgelê. Beskuldigdes 4 en 5 het nie aan= soek
gedoen om verlof om te appelleer
nie. Die deelname van beskuldigde no
6 word by die oorweging van die meriete ook behandel weens die effek
daarvan op sy strafwaardigheid.
Gerieflikheidsonthalwe sal ek in
hierdie uitspraak na appellante en hul eertydse mede-beskuldigdes
bly
7. bly verwys as beskuldigdes
met die nommers wat aan hulle as sulks gedurende die verhoor toegeken
was, en waar dienlik ook op
hul name noem.
Die hieropvolgende uiteensetting
is ge= grond op feite wat erken, onbetwis of nie wesenlik in geskil
is nie.
Koornlandsdrif
is 'n geskiedkundige Bolandse plaas geleë aan die wesoewer van
die Bergrivier ongeveer 4 km van die dorpie Hermon
af in die distrik
van Malmesbury en die wyk Riebeeck-Wes. Die huidige eienaar daarvan
is 'n sekere Mnr H. wat dit sedert 1975 bewoon
en bewerk. Hy is
bygestaan in die boerdery deur sy brcer, A.P. H. (A.), wat ook sedert
daardie jaar daar woon. Gedurende ongeveer
1977 het hulle moeder, Mev
H.A.J.H., ook daar kom woon. Die moeder en haar twee seuns het elk 'n
eie huis op die plaas bewoon.
Sy het die oorspronklike opstal
betrek
en
8.
en alleen daarin gebly. Dlt is 'n ou T-vormige
Kaaps-Hollandse gewelhuis. Die staangewel bokant die voor= deur dra
die datum 1841.
Aan die sy- en agtervleuels
is wolwegewels. As mens by die voordeur staan
en na die huis kyk is die uitleg daarvan soos volg (sien plan,
bewysstuk D). Die voordeur
gee toegang direk tot die voorhuis (of
sitkamer). Links daarvan, in die huis se linkervleuel, is die kombuis
en regs 'n slaapkamer
in die regtervleuel, met 'n "kelderkamer"
weer regs daarvan, wat net van buite bereik kan word. Deure gee direk
uit die
voorhuis toegang tot die kombuis en dié slaapkamer. In
die endmuur van die huis se linkervleuel onder die linkerkantste
wolwegewel is twee klein venstertjies. Die een naaste aan die
agterkant is die venster van die spens wat in die linker agterhoek
van die kombuisvertrek ingebou is. Die ander venstertjie, naaste aan
die voor= kant van die huis, is die kombuisvenster. (Hierdie
venstertjie is gemerk met die letter C op die plan,
bewysstuk
9. bewysstuk D
en op foto's, bewysstuk C4 - van die blnne= kant van die kombuis, en
C10 - van die endmuur onderkant die linker wolwegewel).
Hierdie
venstertjie is ongeveer 18 duim hoog en 15 duim breed en is redelik
hoog (onge= veer 5
½
voet)bo die
grond . 'n Deur in die agtermuur van die linkervleuel gee toegang uit
die kombuis na die badkamer wat aan die buitekant
in die hoek van die
linker- en agtervleuels van die huis ingebou is. Reg oorkant die
voordeur in die agterste muur van die voor=
huis is 'n deur wat direk
uit die voorhuis toegang ver= leen tot 'n slaapkamer in die huis se
agtervleuel. Dit was Mev H. se slaapkamer.
Aan die agterkant daarvan
was 'n verdere kamer wat as 'n pakkamer deur haar gebruik was. 'n
Deur in hul gemeenskaplike skeidings=
muur het hierdie twee kamers
direk met mekaar verbind. Mev H. se bed, wat
al
bed in haar slaapkamer was, het in die regter
agterhoek van haar kamer gestaan oorlangs teen die agtermuur met
diekoppenent teen
die
10. die buitemuur d.w.s. skuins na regs oorkant
die deur na die voorhuis.
Dwars voor die ou opstal
verby loop 'n openbare grondpad langs die Bergrivier op van Hermon na
Wellington, tussen die opstal en
rivier. Die pad gaan o.a. na die
plaas Botmasdrif (onder die plaasarbeiders ook bekend as
"Bosmansdrif"). Regs voor die
ou opstal en ongeveer 150
tree van die rivier af is 'n padaansluit= ing waar 'n plaaspaadjie
uit die openbare pad afdraai in die
rigting van die rivier. Die
plaaspaadjie gaan tot by 'n put. Vandaar af verander dit in 'n
voetpad wat tot by die oewer van die
rivier gaan en aan die ander=
kant in 'n oostelike rigting voortgaan in die rigting van die plaas
Eikeboom. Die put is 5,5 m diep
en die water daarin staan op 1,5 m
van
onder.
Die put is geleë ongeveer 300 m padlangs van die ou opstal af.
Dit is beskerm deur 'n borswering met 'n hoogte van 900
mm bo
grondvlak,met 'n deksel daarop wat bestaan uit vyf beton
plate
11.
plate. Elk van hierdie plate is
2,1 m lank, 630 mm breed en, soos hulle vertoon op die foto,
bewysstuk C8, omtrent 100 mm dik.
Elke plaat weeg 240 kg.
A. se woning is ongeveer 200 m van dié
van sy mocder. Op Saterdag, 28 Desember 1985, het hy die boerdery
alleen behartig
want sy broer was toe met vakansie. Nadat hy daardie
aand die plaaswerk klaargemaak het, is hy na sy moeder. Sy was toe 67
jaar
oud maar nog redelik gesond. Aan die begin van Desember het sy
egter geval en 'n spierbesering aan haar been opgedoen. Die gevolg
daarvan was dat sy op daar= die Saterdag nog baie swaar en met behulp
van 'n kierie geloop het. Hy het by haar gekuier en gesels
en is on=
geveer 6.30 nm daar weg. Sy broer se hond was bedags by sy moeder. Om
ongeveer 8 nm is hy terug na haar om nag te sê
en die hond na
sy afwesige broer se huis te neem en daarin te gaan toesluit. Die
hond moes die huis oppas omdat daar vantevore
al daar ingebreek was.
Met
12. Met sy vertrek was alles by sy moeder se
huis in orde. Hy het gewag totdat sy die vensters toegemaak het en
die voordeur gesluit
het. Die voordeur het 'n sifdeur
aan die buitekant gehad en die groter vensters
het "blindings gehad wat kon grendel", maar die klein kom=
buisvenster
was blykbaar net 'n opening in die muur met 'n ruit
daarin sonder diefwering.
Pas nadat A. van sy moeder af weggetrek
het,tref hy een van sy plaaswerkers, Jonas Carolus, aan in die
openbare grondpad voor en
ongeveer 50 m van haar huis af. By Jonas
was Japie Samuels (be = beskuldigde no 2). A. het Japle herken want
hy het hom ook 'n
paar dae tevore, op 24 Desember, op die plaas
gesien terwyl hy besig was om 'n skaap wat Jonas gekoop het op te
saag by 'n koelkamer
waarin die plaas= werkers se vleis gehou word.
A. het vir Samuels gestuur om Jonas se ma te vra hoe sy die vleis
gesaag wou hê.
Op die aand van die 28ste Desember was Jonas
redelik
13. redelik
onder die invloed van drank toe A. hom op die pad teengekom het, maar
beskuldigde 2 het toe vir hom nugter voorgekom.
A. het vir Jonas
gevra waarheen hy op pad was. Hy het geantwoord dat hy na die
buurplaas gaan. Jonas sê toe vir A. dat Samuels
met hom wou
praat. Toe A. hom vra waar= oor hy wou praat, antwoord Samuels dat
dit "allright" is, hy het niks te sê
nie. A. het toe
aangery. Hy kon die twee
op
die
pad goed sien want volgens die getuienis was dit toe net by sononder
en die daglig was nog helder.
Teen ongeveer half-agt die volgende oggend het
A. voor sy moeder se woning stilgehou en gemerk dat alhoewel die
sifdeur toe was
die voordeur oopgestaan het. Hy het ingegaan. Die
gordyne was nog toegetrek en dit was redelik donker binne-in dle
huis. Maar hy
het sy moeder se pantoffels in die voorhuis sien lê.
Haar kierie het ook in die huis gelê. Haar
bed
14. bed was deurmekaar, hy het haar handsak
onder haar bed kry lê en daar was sleepmerke op die gepoleerde
houtvloer van die
voorhuis. Die ruit van die kombuisvenstertjie
(venster C) "was uitgebreek en sy moeder was nêrens te
Vind nie. Hy het
onraad gemerk en die polisie van Riebeeck-Wes
ontbied. Hy het sy plaaswerkers bymekaar gemaak en aan die soek gesit
na sy moeder,maar
aanvanklik sonder welslae.
Toe kom Mnr Jacobus Mostert,van die WP
Kooperasie op Hermon,daar op die openbare pad verby gery om ongeveer
8 vm. Sy vrou was by
hom en hy was op pad na die plaas Brakfontein
van 'n Mnr Buckle wat met vakan= sie was. Hy moes die plaasarbeiders
daar gaan wyn
gee. A. het hom in die pad gestop, hom vertel wat
gebeur het en hom gevra om met die soektog te help. Mostert het
ingewillig en
begin help soek saam met die plaas= werkers. 'n
Plaaswerker het hom geroep en 'n sleepsel gewys in die afdraaipad na
die rivier.
Hy het daar nog
sleepmerke ....
15. sleepmerke gekry en hulle
padlangs gevolg in die rigting van die rivier. Ongeveer 3 meter van
die put af het die
sleepmerke weggeraak. Mostert
merk toe dat die lang gras wat rondom die put gegroei het,teenaan
die put plat= getrap was. By nadere
ondersoek sien hy 'n bloedspatsel
teen een van die beton plate van die put se deksel. Hy het dit
probeer wegskuif maar kon dit
nie roer nie. Dit was te swaar. Die
plaaswerker wat saam met hom was,het toe ook hand bygesit maar die
twee van hulle kon die plaat
nog nie beweeg nie. Nog twee werkers het
bygekom en die vier van hulle het toe daarin geslaag om die plaat 'n
entjie weg te skuif.
Dit was klaarblyklik 'n endplaat. Mostert het
deur die skreef afgeloer in die put. Hy het iets in die water sien
dryf wat vir hom
soos "'n opblaas-plastieksak" gelyk het.
Hulle het die plaat verder oopgeskuif. Mostert sien toe dat dit die
liggaam
van "n vrou is wat gesig-ondertoe in die water dryf. Net
die nek en rug was bokant die water. Met behulp van 'n leer
en
16.
en 'n plaaswerker wat in die put afgelaat
is,het hulle die liggaam versigtig uit die put uitgehaal sonder om
merke daaraan te laat.
Dit was die lyk van Mev Heyden= rych, A. se
moeder (van nou af aan verwys ek na haar as die oorledene).
Sy was nakend behalwe vir 'n frokkie van 'n
baie fyn wit materiaal wat om haar nek en een skouer was. Daar was
baie kneusplekke
aan haar liggaam en "bloed het onder (by) haar
geslagsdele uitgevloei".
Die volgende dag, Maandag, 30
Desember, is 'n lykskouing op oorledene uitgevoer deur Dr Martin
Muller, distriksgeneesheer van Paarl.
Sy vernaam= ste bevindings was
die volgende:
intra- en ekstra serebrale
bloeding aan die posterior en temporale gedeeltes van die
grootharsings (dit beteken dat daar bloeding
binne-in die harsings
was en ook aan die buitekant daarvan);
fraktuur van al die linkerribbes
en van al die
regterribbes ...
17.
regterribbes behalwe rib no 1 -
almal lateraal;
(c) fraktuur van twee rugwerwels - T4 en T12 â
wat saamhang met die ribbreuke;
(d) (1) verbrokkeling
(masserasie) van die lewer; (ii) breuke in die milt;
(e) Die keel- en
asemhalingsorgane is soos volg beseer:
(i) In die slukderm en
middelvlles tussen die longe (mediastinum) was daar 'n uitsypeling
van bloed uit die gekneusde weefsel; (ii)
In die hooflugpyp (trachea)
en longpype (bronchi) was daar bloederige skuim: (iii)
Die
regterlong
was gekneus, met veelvuldige laserasies, en daar was
380 ml bloed in die regter longholte;
Die linkerlong
was ook
gekneus, met veelvul= dige laserasies, en daar was 250 ml bloed in
die linker longholte;
(f) daar was positiewe tekens van
geslags-trauma; die
vaginale
18.
vaginale slymvlies aan die
agterkant van die skede was heeltemal weggestroop met kneusing van
die
perineum, en bloed was in die
geslagsdele teen= woordig - die slymvlies is vas aan die spierlae en
was heeltemal daarvan weggestroop,
en daar was ook kneusings tot in
die diepspiere;
(g) daar was 300 ml vry bloed in
die buikholte en veel= vuldige kneusings van die dermlusse;
(h) die liggaam was oortrek van kneusings en
skaafwonde, sommige nadoods, en daar was ook nog ander beserings.
Hierdie veelvuldige
verdere letsels is soos volg deur Dr Muller
beskryf in 'n aanhangsel tot sy lyk= skouingsverslag, bewysstuk B,
die inhoud waarvan
deur die verdediging erken is maar wat die genees=
heer nietemin tydens sy getuienis bevestig en toege= lig het: "1..
Veelvuldige
voordoodse skaafwonde gesig en kop met aaneenlopende
kneusings,met disseksie
onderhuids ....
19. onderhuids blootgelê
3x4 cm tot 2x6 cm.
Kneusing beide lippe met
bloeding.
Kneusing
anterior
½
tong met lasserasies en
bloeding.
Bloeding in neus gevind.
Longitudinale skaafwonde rug en
boude asook beide bene. Hierdie letsels is nadoodse beletsel= ing.
Skaafwonde beide skouers
posterior links 6x4 cm en regs 4x4 cm.
Die kneusings in nek is baie
prominent anterior en lateraal,in die diepspiere blootgelê
met dis= seksie. Dle hioied been
is ook gefraktuur.
(Dr Muller het verduidelik dat
die hioiedbeen die boonste beentjie van die lugweg in die keel is.)
8. Die regter humerus is ook
gefraktuur (boonste 1/8).
(D.w.s. die regter bo-arm was gebreek.)
Beide
arms
20. arms is oortrek met
kneusings en by beide polse is diepspier bloedings waargeneem. 9.
Daar is ook nadoodse skaafwonde op buik
en
beide bobene gevind. Die op beide
bobene anterior, het 'n geruite patroon.
Voordoodse skaafwonde beide
knieë.
Kneusings, diepspier bloedings
en skaafwonde beide onderbene veral lateraal en anterior, hierdie
trauma is diffuus en aaneenlopend
met disseksie gevind.
Die bobene mediaal: (sien sketse)
Regs: kneusing mediaal 4x5 cm.
Links: 2 krapwonde 1,8x0,0 cm en
1,7x0,1 cm.
Links: 2 prominente kneusings
ovaalvormig
1x2 cm en 1x1 cm.
Die (R) hand vinger naels 1,2 en
3 is afgebreek.
Met disseksie van die toraks en
abdomen is gevind:
(a)
21.
Regs 8-12
kneusings tot in diepspier lae
±
5x8 cm in omvang waarvan sommige aan= eenlopend is. Hierdie letsels
lê veral in die laterale lyn asook anterior en stem
ooreen met
inwendige trauma soos met disseksie gevind (fraktuur ribbes en mas=
serasie van lewer).
Links 15-18 kneusings sommige
aaneenlopend en diffuus verspreid oor laterale lyn oor= eenstemmend
met trauma gevind (fraktuur
ribbes asook ruptuur milt)."
Dr Muller se gevolgtrekking was
dat 'n "groot mate van omvattende geweld op verskillende van
die oorledene se orgaansisteme
toegepas was"; waarskynlik in die
vorm van "stompgeweld" soos bv. die toediening van skoppe
en houe met vuiste of
knuppels. Sy opinie aan= gaande die effek van
die vernaamste beserings op die oorledene se kanse op oorlewing was
soos volg: -
Met .
22. Met soveel gebreekte ribbes
kon daar nie meer vir die longe 'n vakuum geskep word nie en kon sy
nie meer asemhaal nie. Hy het
getuig dat selfs 'n normale gesonde (en klaarblyklik veel jonger)
persoon die breek
van soveel ribbes nie vir langer
as 'n kort tydjie sou kon oorleef nie.
Die brein-,
long-, milt- en lewerskade kon elkeen
op
sigself die dood veroorsaak het. Weens die
kumulatiewe effek van al die beserings was haar kanse op oorlewing
nul gewees.
Daar was geen
vog in die oorledene se longe nie. Sy het derhalwe nie verdrink nie.
Toe sy in die put gegooi is,het sy gevolglik
nie meer asem gehaal
nie. Met inagneming van die beserings wat Dr Muller as "nadoods"
beskrywe het, was hy van mening
dat die oorledene
ò
f
sterwend
ò
f reeds dood was toe sy in
die put gegooi is. (Indien sy toe sterwend, maar dus nog lewend was,
sou sy weens die effek van die gebreekte
ribbes
23. ribbes in elk geval nie meer
kon asemhaal nie en der= halwe ook nie vog in die longe kon kry nie.)
Toe hy die oorledene se woning deursoek het,
het A. die volgende items vermis: haar goue mans-polshorlosie met 'n
silwer band en
haar beursie met ongeveer R60,00 in geldnote daarin.
Uit die pakkamer aan die agterkant van haar slaapkamer is 'n vol
karton wat
12 bottels brandewyn bevat het, vermis. Uit die
"kelderkamer" is ongeveer R60,00-R70,00 vermis. Daar= die
kamer is eintlik
die plaaskelder. Daarin word groot kanne wyn, bekend
as "swartvarkies", gestoor, asook vuurhoutjies, tabak,
sigaretpapier
vir die draai van sigarette, en dies meer. A. kon nie
vasstel of daar enigiets anders behalwe die geld daaruit vermis was
nie.
Die oorledene het 'n spaarsleutel vir daardie kamer gehou in 'n
glasbakkie op 'n lessenaar in die voorhuis.
Die ondersoekbeampte, kaptein Willem Neethling
van die Suid-Afrikaanse Polisie op Malmesbury,
het
24.
het tussen 10 vm en 11 vm op Sondagoggend, 29
Desember, by die oorledene se woning aangekom. (Hy was destyds
nog
'n luitenant maar was met die verhoor reeds kaptein. Ek sal in
hierdie uitspraak hom op die hoër rang noem.) Tydens sy
ondersoek het kaptein Neethling stukkies glas gevind binne en buite
die kombuisvenstertjie, maar hulle was gesamentlik heelwat
minder as
die glas van die ver= miste ruit. In die oorledene se slaapkamer het
'n stoel omgelê by die lessenaar langs haar
bed. Die beddegoed
op die bed was deurmekaar en op die tapyt was daar twee nat kolle
langs die bed aan die
voetenent
daarvan. Die aard van
daardie kollekon egter nie vasgestel word nie. Daar was ook twee
hangkaste in die slaapkamer. In een van hulle
het kaptein Neethling
'n bloedbevlekte kussing gevind. Hy het die oorledene se pantoffels
aangetref waar A. hulle vroeër die
oggend gekry lê het.
Een van hulle het gelê op die drumpel van die deur tussen die
voorhuis en die slaapkamer en die
ander een ongeveer
1,5 m
25. 1,5 m
daarvan af op die vloer van dle voorhuls. Hy het ook 'n stel
sleepmerke ongeveer 2 voet uitmekaar op die vloer van die
voorhuls
waargeneem. Hulle het van die slaapkamer se kant gekom;
Die deur
van die kelderkamer was gesluit en die spaarsleutel wat deur
oorledene gehou is soos voornoemd, was weg. Die lig in die
kelder was
afge= skakel. Aan die kelderdeur was daar merke by die slot= gedeelte
wat daarop gedui het dat iemand die deur van buite
af probeer
oopbreek het. Daar was geen dergelike tekens aan die voordeur van die
opstal nie.
'n Paar
dae later was oorledene se twee skoondogters besig om haar woning
aan kant te maak en haar besittingste.pak. Een van hulle
ontdek toe
'n bloedbevlekte kussing wat deels op 'n koffer en deels teen die
agterste muur gelê het. Dit het voorgekom asof
dit daar gegooi
was. Die bloed op dié kussing en op die een wat kaptein
Neethling gevind het, was van
groep
26. groep "O",wat dieselfde is as die
van oorledene. Die tweede kussing is klaarblyklik in die pakkamer
gegooi tydens
die geweldpleging op oorledene. Daar is nie deur
Neethling gesoek vir 'n nagrok of ander kledingstukke bo en behalwe
die frok,wat
die oorledene op die nag van 28-29 Desember kon aangehad
het nie, en daar is geen getuienis dat enige sulke kledingstukke
gevind
was nie. Kaptein Neethling het later een van dle put se beton
dekselplate laat verwyder om dit te gaan weeg. Dit was so swaar dat
die gesamentlike kragte van agt plaas= werkers nodig was om dit op te
tel en op 'n vragmotor te laai.
Op Maandag, 30 Desember, het 'n plaaslike
kleurlingvrou, Hendrika Marianna Joubert, wat toe op die naburige
plaas Botmasdrif gebly
het, 'n rapport ge= maak aan A. H.. Hy het op
dieselfde dag die polisie daarvan verwittig. Die gevolg daarvan was
dat beskuldigdes
1-7 in die vroeë oggendure van 31 Desember
1985 .
27.
deur kaptein Neethling
gearresteer is op die ver= skeie plase waar hulle in die
Wellingtonse omgewing gewoon het. Daardie plase
is, met die
plaaslike voet= paaie langs, 15-18 km van Koornlandsdrif af. Die be=
skuldigdes is almal na Malmesbury geneem vir
die ver= kryging van
hul vingerafdrukke en daarna vervoer na verskillende polisiestasies
in die omgewing waar hulle apart van
mekaar aangehou is. Die destyds
14-jarige beskuldigde no 8, C.B., is op 19 Februarie
aangehou. Die volgende dag is
die destyds 15-jarige kleurlingseun, Booi Adonis, ook aangekeer. Hy
was aan= vanklik die negende
beskuldgde.
Beskuldigde no 2, Japie Samuels, 'n ge= troude
man met twee kinders, het destyds 'n buite-egtelike liefdesverhouding
gehad met 'n
dogter van Gert Fortuin, wat gedurende 1985 'n
plaaswerker op Koornlandsdrif was en daar gebly het. Samuels het haar
heel dikwels
daar gaan besoek. Dit is gemene saak dat beskuldigdes
1-7
op
28. op voorstel van Samuels per trein op
Saterdagmiddag, 28 Desember 1985, vanaf Malan Stasie noord van
Wellington, gereis het na
Hermon met die doel om by Gert Fortuin (wat
ook "Pang" geheet het) se woning te gaan kuier en die
naweek daar te dans
en jolyt te maak. Hulle het met daardie doel voor
oe beskuldigde no 5, Ernest Hen= dricks, se radio en platespeler
saamgeneem.
Voor hul vertrek het hulle "Oom Tas"
(Tassenberg wyn) gedrink, en sommige van hulle ook bier, maar geeneen
van hulle
was dronk nie. Na aankoms op Hermon is hulle om en by 6 nm
deur spoorweg baanman JP Theunissen met sy bakkie teen 'n fooi van
R1,00
elk na Koornlandsdrif vervoer en daar afgelaai. Hulle is toe na
Gert Fortuin se huis.
Dit was nie 'n gelukklge samesyn
nie. Sake het vir hulle daar skeef geloop en hulle het nie lank daar
vertoef nle. Die redes wat
vir die onenigheid aangevoer is, was egter
uiteenlopend. Volgens Gert Fortuin was hy onwillig dat hulle, sommige
van wie hy
nie
29.
nie geken het
nie, sy rus en vrede daar kom verstoor. Hy het getuig dat hy hulle
terstond verwilder het. Sekere van die beskuldigdes
het egter getuig
dat alhoe= wel "Pang" ontevrede was met hul koms, hy op
versoek van beskuldigde no 2 hulle nogtans toegelaat
het om 'n tydjie
daar te vertoef, musiek te maak en te dans. Ander het beweer dat
beskuldigde no 2 met sy nooi Pang se dogter -
in 'n slaapkamer"op
die kooi"gaan lê het, dat dit vir hulle te stil daar was,
dat daar ook nie wyn was nie, dat
hulle toe uit eie beweging vertrek
het en dat beskuldigde no 2 daarna by hulle aangesluit het. Almal van
hulle behalwe beskuldgide
no 7, wat nie getuig het nie, het egter
beweer dat hulle van Gert Fortuin af direk teruggeloop het na hulle
verskillende woonplekke
naby Wellington en eers na middernag daar
tuisgekom het. Hulle het ontkendat
hulle by
die oorledene se huis was of enige van die ten laste gelegde misdade
gepleeg het.
Beskuldgde ....
30.
Beskuldgide
no 8, C.B., het in sy getuienis ontken dat hy daardle Saterdagaand
eniglets met beskuldigdes 1-7 te doen gehad of geslen
het. Hy het
beweer dat hy destyds op die plaas Eikeboom gewerk het en daardle
middag op versoek van sy vrlend, Bool Adonis, wat
ook daar gewerk
het, na dié se moeder op Koornlandsdrlf is en 'n wyle daar
gekuier het. Toe is hulle terug na Eikeboom om
die koeie te gaan
melk. Daar= na is hulle weer na Adonis se moeder. Sy het vir hulle
aandete gegee. Toe is die twee van hule na
'n vrpllkheid op
"Bosmansdrlf" waar hulle gedans het. Laten is hulle saam
met sekere van dle meisies wat ook daar was
terug na Koornlandsdrif.
Hy en Adonis het toe gaan slaap by die huis van Adonis se moeder.
Dle Staat
het die 16-jarige Bool Adonis as getuie geroep. Voordat hy getuig
het is dle effek van art. 204(1) van die Strafproseswet
aan hom
verduide= lik. Hy het toe getuig. Sy weergawe van die gebeure
daardie
31.
daardle Saterdagaand was die volgende.
Hy en sy
ouers het gewoon op Koornlands drlf maar hy het op die plaas
Eikeboom, oorkant die Berg= rivier, gewerk. Op Saterdagaand,
28
Desember 1985, het hy en beskuldigde no 8 lank na sononder by die
rivier aan die Koornlandsdrif kant, geslt en wyn uit 'n bottel
drink
naby die put. Terwyl hulle so in die donkerte ge= sit en drink
het,kom 'n groep mense by hulle verby. Dit was beskuldigdes
1-7. Boy
en Japie (beskuldlgdes 2en 3) , vir wle Adonis reeds geken het, het
hulle twee met dreige = mente van mesgeweld gedwing
om saam met die
groep te gaan na "die ou vrou se huis" om daar "te
gaan inbreek". Daar aangekom het "Boy"
(beskuldigde no
3, Willem Lewis), dle kombuisvenstertjie se ruit stukkend gekap en
die kleln F.K.(beskuldigde no 7) het toe deur
die opening ingeklim en
die voordeur vir hulle gaan oop= maak. Almal het ingegaan. 'n Lig het
in oorledene se slaapkamer gebrand
en almal het daar ingegaan. Sy was
aan
32,
aan die
slaap onder die komberse. Sy het wakker geskrik en geskreeu.
Beskuldlgdes 1 en 3 het die twee bedkusslngs gevat en haar
geslg
daarmee toegedruk. Van die beskuldig= des het dle komberse van haar
afgetrek en haar nagrok van haar lyf afgeskeur. Sy het
gestoei, maar
is oorwel= dig en op die bed vasgedruk deur no's 1, 2, 3 en 4,
Beskuldlgde
no 1 het toe haar bene vasge= hou en F.K.is deur beskuldgide np 3
aangesê om haar "op te klim". Hy het
haar toe
verkrag. Daar= na het C.B. (beskuldlgde no 8) haar verkrag, en toe hy
self (Booi Adonis). Daarna het al die ander beskuldlgdes
haar ook
verkrag in dlé volgorde - no's 6, 5, 4, 3, 2 en 1.
Daarna is
die oorledene deur sekere van die beskuldigdes van die bed afgetrek.
Sy het haar teen= gesit en gestoei en geskree. (In
dié proses
is die stoel by die lessenaar langs haar bed omgegooi.) Sy het op
haar knieë op die vloer te lande gekom.
Almal het haar
toe
33. toe
geskop en met hul vuiste geslaan totdat sy bewuste= loos op die mat
gelê het. Toe het beskuldlgda no 3 haar goue polshorlosie
van
haar arm afgehaal en vir homself geneem. Hy en no's 1 en 2 het haar
ult die huis uit na die put toe gesleep omdat hulle bang
was dat sy
moontlik een van die beskuldides sou kon uitken. Op pad na die put
het no 3 haar arm agter haar rug omgedraai. Al die
ander beskuldlgdes
het saamgegaan put toe,en met hul vertrek het beskuldlgde no 4 die
slaapkamerlig afgéskakel. By die put
aangekom het hulle
opaandrang van no 1 almal vir haar weer met hul geskoende voete oral
op haar lig= gaam geskop en almal het haar
weer verkrag. Toe hulle
daarmee klaar was het no's 2 en 3 gesê hulle moet oor= ledene
in die put afgooi. Hy (Bool Adonis)
en beskuldig= des 1, 4, 5, 6, 7
en 8 het toe een van dle beton plate van die put se deksel "afgelig".
Toe is sy nog lewend
in die put afgegooi deur beskuldigdes 2 en 3.
Die dek= selplaat is daarna weer teruggeplaas. No 2 het vir no 3
gesê
34. gesê
om sy hande te gaan was. Daar was van oorledene se bloed aan sy
hande. Hy (Booi Adonls),en no's 6 on 7 het in dlé
tyd, nadat
oorledene in die put afgegooi is, daar gesit en rook.
Op
aandrang van no's 2 en 3 is almal van hulle toe terug.na die
kelderkamer om geld en wyn daar te gaan soek. Beskuldigde no 1 het
die sleutel daarvan gaan haal en oopgeslult. Almal van hulle het
ingegaan. Daar was geld op 'n tafeltjie in die kamer. No's 1,
2 en 3
het die geld gevat en dit onder al die ander beskuldig= des behalwe
no 8 en Booi Adonis uitgedeel. Almal het egter wyn en
tabak gevat.
Daarna het almal vertrek, beskuldigdes 1 tot 7 per voet na Welllngton
en Adonis en no 8 na Adonis se ouerhuls waar
hulle oornag het.
Dle
volgende dag, Sondag, 29 Desember, is hy en sy maat "Stukkle"
B. (beskuldigde no 8) deur kaptein Neethling gearresteer
en oor die
voorval ondervra. Hy (en blykbaar ook no.8) het alle kennis
daarvan .
. ....
35.
daarvan
ontken Hulle is toe albei weer vrygelaat later dleselfde dag. Sewe
weke daarna is hy egter weer in hegtenls geneem. Hy het
sy
aandadigheid aan die mlsdade toe erken en 'n bekentenis gaan maak aan
landdros van Houwellngen van Malmesbury.
Tydens
kruisondervraging het Adonls hom= self in sekere opsigte weerspreek
en telkens dle inhoud van sy bekentenis en van sy aanvanklike
getuienis (d.w.s. dié wat hy in hoofondervraging gegee het) in
sekere be = sonderhede aangevul of gewysig. So het hy bv.
in sy
bekentenis gesê dat dit C.B. was wat die oor= ledene se goue
polshorlosle gevat het. Daarin het hy ook gesê dat
die
oorledene in die huis gewurg was, maar tydens kruisondervraging kon
hy nle onthou dat dit ooit gebeur het nie. Volgens sy aanvanklike
getuienis het beskuldigdes 2 en 3 oorledene met 'n kussing gedemp;
later getuig hy egter dat dit no's 2 en 3 was wat haar met twee
kussings gedemp het. Di-t was bv. ook eers
tydens
36.
tydens kruisondervraging dat
Adonis getuig het dat die oorledene van die bed afgetrek is en in die
slaapkamer geslaan en geskop
is. 'n Onwaarskynilke aspek van sy
getuienis is dat hy ook gedwing was om die oorledene te verkrag.
Weens dle aard van die manlike
wese se deelname aan die geslagsdaad
is dit moeilik om so 'n bewering
te
glo. Die verhoorhof
het dan ook sterk daar= aan getwyfel. Booi Adonis was klaarblyklik
nie,'n ge= tuie op wie se weergawe 'n hof
sonder meer sou kon staat
maak nle. Die verhoorhof het dit ook nie gedoen
nie. Op grond van die getuienis van Gert Visser, wat des= tyds op
Koornlandsdrif
gewoon en gewerk het, het die verhoorhof ook getwyfel
aan Adonis se bewering dat hy deurgaans 'n onwillige deelnemer aan
die betrokke
ge= beure was.
Gert Visser het vir die Staat getuig. Hy het
Japie en Boy (beskuldigdes 2 en 3 respektlewelik) wie hy geken het,
laat op die namiddag
van 28 Desember
op
37.
op
Koornlandsdrif sien arriveer in Theunissen se bakkie saam met ander
persone wat hy nie geken het nie. Hy het die groep na "Pang"
sien gaan en hoe dié vir hulle terstond verwilder het. Hy het
hulle toe sien loop "al met die pad op Botmasdrif toe"
en
dat Japie Samuels hulle later van agter af ingehardloop het. Op pad
terug van Botmasdrif, waar hy die aand gaan kuier het, het
Gert
Visser tussen 10 en 11 nm in die helder maan= lig 'n groep mense op
Koornlandsdrif gewaar wat op pad rivier toe was. Hulle
was toe
ongeveer 8 m van die put af en het in die rigting daarvan beweeg.
Hulle het 'n "wit ding" gesleep. Weens die
feit dat hy te
vêr van hulle af was en dat hulle "in 'n bolling" be=
weeg het kon hy nie sien wie hulle was of
wat die "wit ding"
is nie. Hy het vir hulle geskree en gevra waar= heen hulle gaan maar
het nie 'n antwoord gekry nie.
Terwyl hy die groep nog so gadegeslaan
het gewaar hy twee persone wat hy geëien het as Booi Adonis
en
C.
B..
38,
B.. Hulle
het gekom vanaf die rigting van dle "ou stoor" op die werf
van die oorledene se opstal. Hulle het deur die "plaasdraad"
gekruip. Hy het huile gevra waarheen hulle gaan maar ook van hulle
geeh ant= woord gekry nie. Nadat hulle deur die draad is, het
hulle
"agter die span" met die wit ding aangegaan. Gert Visser
was seker dit was Adonls en B. wat hy gesien het. Hy het
erken dat hy
"'n doppie ingehad het"maar het beweer dat "daardie
dopple het al so halfpad uitgetrek" toe hy
hulle geslen het. Ek
handel later weer met hierdie uitkenning.
Uit wat
vroeër in hierdie uitspraak omtrent haar gesê is, het dit
reeds geblyk dat Hendrika Joubert 'n belangrike bron
van inligting
was oor dle identiteit van die mlsdadigers. Sy was inderdaad 'n
kardinaal belangrike staatsgetuie. Hier volg 'n same=
vatting van
haar relaas.
Op daardie
Saterdagaand het sy gaan kuier op dle plaas Eikeboom, oorkant die
rivier van Botmasdrif
en
39.
en
Koorniandsdrif af. Sy het om ongeveer 10 nm terug= gekeer en met die
voormelde voetpad langs opgeloop nadat sy dle rivier oorgesteek
het.
Toe
gewaar sy in die helder maanlig vyf
manspersone en 'n vrou by die put (volgens die kalender vir 1985 was
dit volmaan op 27 Desember).
Sy het gaan staan en na hulle gekyk om
uit te vind wat aan die gang was. Sy was alleen en het naby 'n
boompie gestaan. Daar was
niks tussen haar en die groep nie en sy kon
hulle goed sien. Sy was van mening dat sy vir hulle ook sigbaar sou
gewees het indien
hulle in haar rigting sou gekyk het. Die vrou het
teen die put gelê en kreun. Sy was gekleed in 'n kort wit
kledingstuk.
Hendrika kon nie uitmaak of sy 'n blanke of 'n kleurling
was nie maar kon aan haar borste sien dat sy 'n vrou was. Sy hoor een
van die groep roep "Booi". Sy het gemeen dat dit
beskuldigde no 8 se kwaai oom Booi was wat geroep word. Toe kyk sy
waar
hy is, want sy was baie bang vir hom en het
gedink
40. gedink hy Is met sy vrou aan die baklei. Sy
het hom nie opgemerk nie, maar sien en herken toe vir "Boy"
-beskuldigde
no 3 - en vir "Japie" - beskuldgde no 2 -wat
sy albei geken het. Sy het getuig dat sy ongeveer 10 treë van
die groep
af was,maar toe sy gevra is om dle afstand in die hof aan
te toon het sy 'n distansle van 6 treë uitgewys. Dit is duidelik
dat sy deurgaans te kenne gegee het dat sy baie naby aan hulle was.
Een van die groep het die vrou aan haar regterhand vasgehou.
Langs
dié een het 'n ander lid van die groep gestaan. Die "twee
kleintjies" was by die put en beskuldlgde no 1
het langs hulle
twee ge= staan. Sy het hulle almal in die hof uitgeken as
beskuldigdes 1, 2, 3, 6 en 7. Op 'n stadium het Hendrika
deurmekaar
geraak met die nommers van die beskuldlgdes soos hulle in die
beskuldigdebank geplaas was. Maar nadat sy die geleentheid
gegun was
om nie alleen die nommers op die beskulóLigdebank nie, maar
ook
41. ook die nommers op die beskuldigdes self,
na te gaan, het sy daarby gehou dat die vyf wat sy by die put gesien
het, dié
was wat hierbo genoem is. Omdat sy só bang was
vlr "Oom Booi" en gedink het "netnou'is dit iemand wat
hulle
verkrag en as ek daar verby kom dan kry hulle vir my ook beet",
het sy besluit om nie langer daar te vertoef nie en haar maar
liewer
uit die voete te maak. Toe hoor sy een van die groep sê dat hy
die bloed van sy hande gaan afwas. Dit het haar laat
skrik en sy het
onmiddellik padgegee terug Eikeboom toe waar sy oornag het.
Die Sondagaand eers het sy van haar. ma verneem
van die moord op oorledene. Sy het toe op Maandag aan A. H. gaan
vertel wat sy by
die put gesien het. Twee van haar broers was ook vir
'n tyd as verdagtes aangehou, maar sy het ontken dat sy die betrokke
beskuldigdes
valslik by die ge= beure betrek het om haar broers te
beskerm. Weens
kommer .
42.
kommer oor haar persoonlike veiligheid het die polisie nie 'n
uitkenningsparade gehou waarop sy die betrokke beskuldigdes sou
kon
uitgewys het nie. Sy het hulle slegs in die hof uitgewys terwyl sy
besig was om te getuig.
Alhoewel
beskuldigde no 8 nie deur Hen= drika Joubert by die gebeure betrek
is nie, het die getuie Flip Heyns dlt wel gedoen. Hy
was ook 'n
staats= getuie. Gedurende Desember 1985 - Januarie 1986 het hy gewoon
en gewerk op die plaas Vredenhof naby Hermon.
Hy het getulg dat
gedurende Januarie 1986 beskuldlgde no 8 'n goue polshorlosie aan hom
te koop aangebied het vir R25,00. Die aanbod
is aan hom gemaak naby
dle win= kel op Hermon "by die boom waar voertuie mense oplaai".
Flip Heyns het die aanbod geweier
en beskuldigde no 8 het die
horlosie toe in sy sak teruggesit en weg beweeg. C.B. het ontken dat
hy ooit so 'n aanbod aan Heyns
gemaak het.
Geen
43, Geen vingerafdrukke, spore, merke, voor=
werpe of ander soortgelyke bewysmiddele wat die beskul= digdes met
die pleeg van die
misdade sou kon verbind het, is op die toneel
gevind nie. Beskuldigdes 2-8 het hulself egter direk daarmee verbind
by wyse van
beken= tenlsse wat hulle aan landdroste te Malmesbury
gemaak het. Die volgende tabel dui aan deur wie, wanneer en aan wie
daardie
bekentenise gemaak is. Beskuldigde no 2 : 01.01.1986 :
Landdros de Roubaix Beskuldigde no 3 : 01.01.1986 : Landdros de
Roubaix
Beskuldigde no 4 : 02.01.1986 : Landdros van Houwelingen
Beskuldigde no 5 : 31.12.1985 : Landdros van Houwelingen Beskuldgide
no
6 : 31.12.1985 : Landdros van Houwelingen Beskuldigde no 7 :
31.12.1985 : Landdros van Houwelingen Beskuldlgde no 8 : 19.02.1986
:
Landdros van Houwellngen Elkeen se verhaal het in sekere opsigte
verskil van dlé van die ander maar in hooftrekke het
hulle
merkwaardiglik met mekaar en met die weergawe van Booi Adonis
ooreengekom.
Die .
44.
Die toelaatbaarheid van al die bekentenisse is
betwis in 'n uitgerekte tussenverhoor waarln die betrok= ke
beskuldigdes ook self
getuig het. By die aanvang van die hoofverhoor
het beskuldige no 7, die jeugdlge F. K., wat later onskuldig bevind
is soos hierbo
vermeld, formeel by monde van sy advokaat, Mnr
Berthold, erken dat hy sy bekentenls vrywilllglik gemaak het. Mnr
Berthold het egter
voorbehoude gehad oor die korrektheld van die
inhoud daarvan. Die bekentenls is nietemin met sy instemming toe deur
die aanklaer,
Mnr Theron, ingehandig as bewysstuk H. Op 'n later
stadium van die verhoor is beskuldgde no 7 se erkenning terug= getrek
en is
die toelaatbaarheid van sy bekentenis ook betwis.
Omdat die beskuldigdes almal hul bekente= nisse
voor landdroste gemaak het, is die bewyslas inge= volge die bepalings
van art. 217(1)
van die Strafproses= wet, no 51 van 1977, op hulle om
"op 'n oorwig van waar=
skynlikhede ...
45. skynlikhede te bewys dat daardie
bekentenisse nle vry= williglik deur hulle gemaak is nie,
In die tussenverhoor het elkeen
yan hulle dan ook getuig en beweer dat hulle op die een of ander wyse
deur die polisle aangerand
is om hulle daardeur te dwing om valslik
hul skuld te beken. Almal behalwe beskuldigde no 6 het beweer dat die
polisie met voor=
noemde doel ook traangas op hulle gebruik het.
Hulle het almal beweer dat hulle a.g.v. daardie aanrandings.
inderdaad gedwing is
om valslik hul skuld te beken. Hulle het egter
ook beweer dat hulle deur dle polisie voorgesê is wat om in hul
bekentenisse
te sê.
Beskuldigde no 2 het o.a. getuig
dat hy twee keer voor dieselfde landdros gebring is. Die eer= ste
keer was op 31 Desember 1985.
Hy was voor en na hierdie geleentheid
deur die polisie aangerand. Hulle het hom o.a. geslaan en met
elektrisiteit geskok terwyl
sy hande geboei was,en hom toegesluit in
'n bakkie vol
traangas
46.
traangas.
Hulle het hom ook vertel wat om aan die landdros te sê. Die
eerste keer het hy in weerwil van die aanrandings en
voorsegging
nogtans aan die landdrps gesê dat hy nie weet wat om te
verklaar nie. Na ver= dere aanrandings,wat so erg was
dat sypolse
gebloei het en dat die rande van sy moue, sy trui en sy broek be=
bloed geraak het, het hy besluit om aan die landdros
sy skuld te gaan
beken soos deur die polisie aan hom voorgesê. Toe hy weer voor
dieselfde landdros gebrlng is op die volgende
dag was hy steeds
bebloed en het hy sigbaar gebewe. Wat hy toe beken het was deels sy
eie opmaaksels en deels wat die polisie hom
voorgesê het.
Beskuldigde
no 3 het o.a. beweer dat die polisie aan hom gesê het om die
landdros mee te deel dat hy berou had. Hulle het
egter nie gesê
waar= oor nie en hy wis nie wat "berou" beteken nie. Hy het
dit nogtans aan die landdros gesê
maar geen rede daar= voor
gegee nie. Sy bekentenis, bewysstuk M, eindig
met
47.
met die sin "Ek het berou oor die ou vrou
wat hulle doodgemaak het". Hy het ontken dat hy daardie woorde
gebruik het en
het beweer dat dielanddros dlt self opge= maak het.
Beskuldigde no 4 het o.a. beweer
dat hy met blou-geslane oë, 'n geswelde gesig en "'n klein
gaatjie" in sy kop wat
gebloei het, op die 1ste Januarie voor 'n
landdros met snor en bril gebring was en aan hom vertel het dat hy só
deur die
polisie aangerand is en voorge= sê is om valslik skuld
opdie moord te beken. Hy het sy aanrander,wat buitekant "by die
kar gestaan het teen die pad",ook aan die landdros uitgewys. Die
landdros het dit alles neergeskryf. Daarna is hy weer deur
die
polisie aangerand. Op die 2de Januarie het hy toe voor 'n ander
landdros, die een met die baard, (Mnr van Houwelingen), verskyn
en 'n
bekentenis gemaak in die terme soos deur die polisie.aan hom
voorgesê. Voor die tweederlanddros het hy nog effens gebewe,
alhoewel
hy
48. hy
hom probeer styf hou het, en die landdros kon sy gebewe moontlik
geslen het (sý blou-geslaande oë van die vorige
dag moes
sekerllk toe ook nog duidelik sig= baar gewees het).
Beskuldigde
no 5 het o.a. beweer dat hy herhaaldelik deur die polisie gemartel is
met traán= gas, skoppe, getrap en houe.
As gevolg van die her=
haalde blootstelling aan en brand deur die traangas is die vel aan
die eenkant van sy gesig afgestroop van
agter sy oor tot onder by sy
nek, en toe hy voor die landdros verskyn het, was dié besering
nog sigbaar. Hy het ook daarmee
volgehou dat wat hy in sy bekentenis
gesê het onwaar is en deur dle polisie aan hom voorgesê
is. Hy het vir die landdros
gesê dat hy deur die po= lisie
gedreig en aangerand is. Die landdros was ver= baas om dit te hoor
maar het versuim om dit
aan te teken.
Dié
beskuldlgde het later beweer dat
die
49.
die
landdros.hom gedwing het om die bekentenis te maak, maar het daarna
weer daardie aantyglng teruggetrek.
Beskuldigde
no 6 het ook o.a. beweer dat hy met twee duidellk slgbare
dlkgeswelde, blou-ge= slane oë voor die landdros verskyn
het
weens die pollsie se volgehoue aanrandings op hom en dat die landdros
sy "blou oe" sekerllk gesien het. Hy het egter
geen navrae
daaroor gedoen nie. Hy het ook beweer dat hy deur die polisie
voorgesê is wat om voor die landdros te verklaar.
Daar was
egter in verskeie opsigte verskille tussen wat hy na bewerlng
voorgesê is en wat in sy bekentenis staan. So het
hy bv. gesê
dat alhoewel die speurder aan hom gesê het om nie te sê
wie die brandewyn gevat het by oorledene
se huis nie, hy in sy
bekentenis gesê het dat "Boy en die ander man" dit
gevat het., Sy verduideliking was dat
hy "dit sómmer
opgemaak (het) dat die verklaring kan klaarkom".
Beskuldigde
no 8 het o.a. beweer dat hy
met
50.
met 'n
"rubber snorkel" waarmee hy duik en wat hy in sy kamer
gehou het, deur sersant Haarhoff van die Suld-Afrikaanse
Polisie
geslaan is; en dat hy later her= haaldelik toegesluit is in 'n kamer
waarin die pollsie toe traangas gespuit het. Hy is
ook met die vuis
in
die gesig
geslaan en voorgesê wat om aan die landdros te verklaar. In sy
verklaring moes hy o.a. die naam "Japie"
genoem het; hy het
dié naam vergeet en die naam "Boy" toe in die plek
daarvan gebrúik.
Die
betrokke polisiebeamptes en twee landdroste het ook getuig en hulle
het almal die be= skuldlgdes se bewerings sover dit hulle
respektiewelik aangaan, ontken. Die polisie het egter erken dat hulle
nie altyd die voorskriftevir die in-en-uitneem van die beskuldigdes
na en van die polisieselle waarin hulle by die verskillende
polisiestasies weg van mekaar aan= gehou is, nagekom het nie. Hulle
het ook nagelaat om die beskuldigdes binne 48 uur na aanhouding voor
'n
geregshof
51.
geregshof
te bring (soos geverg by art. 50 van die Strafproseswet). Kaptein
Neethllng wat, soos reeds genoem, in bevel van dle ondersoekspan
was,
het ver= duidelik dat die versuim om dlt te doen te wyte was aan 'n
bona
fide
misverstand wat veroorsaak is deur 'n foutlewe departementele
instruksle dat waar dit 'n perlodieke hof is waar 'n aangehoudene
voorgebring moet word, die polisle hom voor dié hof moet bring
by die eerste sitting daarvan al vind so 'n sltting plaas
meer as 48
uur na dle aanhouding. Die beskuldigdes is ook nooit deur 'n
distriksgeneesheer ondersoek om vas te stel of hulle enige
tekens van
aanranding toon nie.
Die
geleerde verhoorregter was aandagtig aan die kritiek op die
modus
operandi
van die onder= soekspan en het dit as geldige kritiek beskou wat aan=
dag verdien. Hy het nietemin tot die slotsom geraak dat daar
niks
sinisters is in die gebrekkige optrede van die polisie nie en dat die
tekortkominge in dle
werkswyse
52.
werkswyse van dle ondersoekspan te wyte was aan dle druk waaronder
hulle moes werk en aan die redelik onervarend= heid van die
span wat
só 'n tipe ondersoek betref. Met ultsondering van beskuldigde
no 4 is al die ander be= trokke beskuldigdes egter
klaarblyklik binne
48 uur na hul onderskeie arrestasles voor die genoemde landdroste
gebring en het hulle toe hul bekentenisse
gemaak soos voormeld. Die
effek van die versuim om hulle formeel binne daardie tydperk voor 'n
hof te bring is, wat die bekentenisse
betref, derhalwe grootliks
getemper. Die geleerde regter het dle getulenis van dle betrokke po=
lisiebeamptes en twee landdroste
aanvaar dat die be= skuldigdes nie
aangerand of voorgesê is nie en dat hulle normaal voorgekom het
toe hulle voor die land=
droste verskyn het en geen tekens van enige
aanrandings getoon het nie. Sersant Haarhoff se reaksie van ver=
baasde en
laggende
ontkenning van die aantyglng dat hy vir B. met die snorkel sou
aangerand het is bv.
deur
53.
deur die
geleerde regter gesien en aanvaar as die op= regte reaksie van 'n
inderdaad onskuldige persoon. Hy het die beskuldigdes
se bewerings
verwerp en gevind dat hulle nie daarin geslaag het om hulle van die
be= wyslas te kwyt dat hul bekentenisse nie vrywillig
en ongedwonge
deur hulle gemaak is nie? Hy het pertinent ook bevind dat die
beskuldigdes self die bron was van die inhoud van hul
verklarings en
dat hulle nie voor= gesê is wat om daarin te verklaar nie.
Die
geleerde regter het só besluit op grond van sy bevindings
aangaande die geloofwaardigheid van die betrokke getuies.
Dit is
oorbekende reg dat 'n hof van appel slegs in uitsonderlike gevalle
sal. inmeng met 'n verhoorhof se geloofwaardigheidsbevindings.
Vide
bv.
REX v DHLUMAYO AND ANOTHER
1948 (2) SA 677
(A) op 701 en
705-706, en
S v ROBINSON AND OTHERS
1968 (1) SA 666
(A) op 675
G-enduit.
Na my
mening kan daar nie fout gevind word met die geleerde regter se
geloofwaardigheidsbe= vindings op die onderhawige aspek nie.
Hý
het nie misgetas of hom in enige ter saaklike opsig wanvoorgelig nie.
Afgesien van wat ek reeds aangaande hul weergawes
gesê
54. gesê het, was die
beskuldigdes almal in vele opsigte hoogs onbevredigende getuies. Die
inhoud van hul ge= tuienis is in
belangrike opsigte só
onwaarskynlik dat dit klaarblyklik onwaar is. Die inhoud van iedereen
se bekentenis is bv. van só
'n aard en verskil in soveel
kleiner besonderhede van mekaar dat dit, om die minste daarvan te sê,
hoogs onwaarskynlik is
dat dit die resul= taat van voorsegging kan
wees. En dit is onmoontlik om te glo dat 'n landdros geen aantekening
sou maak van
die sigbare beserings aan of onthutsing van sekere van
die beskuldigdes wat deur die polisie voor hulle ge= bring is met die
klaarblyklike
doel om bekentenisse aan hulle te maak nie. Die
betrokke twee landdroste het ook ontken dat enige van die
beskuldigdes twee keer
voor hulle verskyn het. Daar is na my mening
niks in die getuienis van dié landdroste wat die verwerping
van hul weergawes
sou regverdig nie.
Die geleerde verhoorregter het,
soos reeds genoem, die polisiegetuienis met omsigtigheid oorweeg. Ek
kan geen fout vind met sy hantering
van die betrokke polisiegetuienis
nie. Sy bevinding dat die bekentenisse van die beskuldigdes
toelaatbaar is
kan
55. kan
na my mening derhalwe nie aangeveg word nie.
Die
sleutelvraag wat nou egter beantwoord moet word is of die
skuldigbevindings van die betrokke beskuldigdes regtens korrek was.
Dit gaan hier slegs oor die identiteit van die misdadigérs en
nie ook oor die pleeg van die misdade nie, want dat die oorledene
inderdaad deur iemand verkrag en vermoor is en dat goedere uit haar
huis gesteel is, is nie in geskil nie.
Booi
Adonis is 'n mededader en daarbenewens nie in alle opsigte 'n
bevredigende getuie nie. Daar is gevolglik 'n dubbele rede om
sy
getuienis met versigtig= heid te benader. Die verhoorhof het dit
besef en die getuienis van Booi Adonis op daardie grondslag
benader
en deeglik oorweeg.
Die
verhoorhof het na my mening tereg stawing vir Adonis se getuienis
gevind in diebekentenisse van beskuldigdes 2, 3, 4, 5, 6 en
8. Dit
het trouens ook tereg bevind dat daar, wat hul bekentenisse betref,
vol= doen is aan albei vereistes van art. 209 van die
Straf=
proseswet, te wete, dat hul bekentenisse nie alleen in wesenlike
opsigte bevestig is nie maar ook dat daar deur ander getuienis
as hul
bekentenisse bewys is dat die
betrokke
56.
betrokke
misdrywe inderdaad gepleeg is.
Die
geleerde regter het in sy uitapraak op die meriete na my mening
tereg opgemerk dat waar daar stawing vir getuienis wat 'n beskuldigde
by die pleeg van 'n misdaad betrek, geverg word, daar beswaarlik
beter stawing daarvoor kan wees as 'n bekentenis deur so 'n
beskuldigde
waardeur hy homself by die pleeg van die betrokke misdaad
inkrimineer.
Die
verhoorhof het verdere wesenlike stawing vir Adonis se getuienis in
albei voornoemde opsigte gevind in die getuienis van Hendrika
Joubert
t.a.v. beskuldigdes 1, 2, 3, 6 en 7. Laasgenoemde beskuldigde kan
egter nou buite rekening gelaat word. Ten aansien van
beskuldigde no
1 is haar getuienis al stawing vir Booi Adonis se bewering dat
beskuldigde no 1 ook aan die pleeg van die misdade
deelgeneem het,
want hy is die enigste van die beskuldigdes wat nie 'n bekentenis
gemaak het nie.
Daar is
vier hoofredes waarom haar ge= tuienis met besondere versigtigheid
bejeën moet word. Sy het beskuldigde no.l nie tevore
geken nie,
sy het hom in die nag en slegs met behulp van maanlig uitgeken,
en
57. en geen uitkenningsparade is
gehou waarop sy hom sou
kon uitwys nie,
en
twee van haar
broers
was ook as ver=dágtes aangehou. Hierdie is almal grondige
oorwegings. Die
verhoorhof was daarvan bewus en
het hulle inaggeneem.
Dit is welbekende reg dat
uitkennings=getuienis om verskeie redes nie altyd betroubaar is
nie,al is die uitkennende getuie heeltemal
eerlik, en dat sulke
getuienis besondere gevare inhou wat verg dat dit baie sorgvuldig
benader en oorweeg moet word voor= dat dit
aanvaar word. Vide bv.
R
v MPUTING
1960 (1) SA 785
(T) op 786 H - 789 H;
S
v MEHLAPE
1963 (2) SA 29
(A) op 32 A - 33 B;
S v
MTHETWA
1972 (3) SA 766
(A) op 768 A-D;
S v MLATI
[1984] ZASCA 88
;
1984 (4)
SA 629
(A) op 632 F - 633 D; en Hoffmann and Zeffert :
THE SA LAW
OF EVIDENCE
, 3de uitgawe (1981) 478 - 479.
Die verhoorhof het besondere
aandag gewel aan die aanvaarbaarheid van Hendrika Joubert se
getuienis en het tot die slotsom gekom
dat sy 'n
geloofwaardige,d.w.s. eerlike en betroubare, getuie was. Sy was
sekerlik
so
58.
so
naby aan die groep beskuldigdes dat sy 'n mens na wie sy doelbewus
gekyk het sou kon uitken in die lig van die feitlik nog volle
maan.
En sy
het
s
ò
na hulle, in= sluitend beskuldigde no 1, gekyk. Sy het hom aan sy
lengte, sy donkerbruin velkleur en sy gesig uitgeken. Die verhoorhof
het haar aanvanklike verwarring aangaan= de die nommers van die
beskuldigdes in ag geneem asook
die rede
daarvoor en het bevind dat sy nogtans geglo moet word. In sy
uitspraak het die geleerde regter die hof se bevinding so
geformuleer:
"Ons
is bewus van al hierdie kritiek teen haar getuienis, maar aan die
einde van die dag is ons tevrede, as ons in-gedagte
hou die
besondere stewige en be= troubare indruk wat hierdie vrou gemaak het
en die beslistheid en sekerheid waarmee sy beskuldigde
no 1 hier in
die hof uitgeken het, dat sy die waarheid gepraat het en 'n
betroubare rekolleksie het van die feit dat sy no 1 daar
gesien het."
Haar
uitkenning van beskuldlgdes 2, 3 en 6 is ewe eens
deur die
verhoorhof aanvaar.
Tydens
59.
Tydens die
beredenering van die appêl
is
Hendrika Joubert se geloofwaardigheid aangeveg op 'n verdere grond
nl. dat sy te kenne gegee het dat sy by"'n boompie"
gestaan
het toe sy die groep beskuldigdes by die put betrag het, térwyl
kaptein Neethllng getuig het dat daar nie bome so
naby aan die put
was as waar sy gesê het sy sou gestaan het nie. Hy het egter
nie van boompies of struike in daardie nabye
omgewing ge= praat nie
en Hendrlka het nie gaan uitwys presies waar sy gestaan het nie, en
is noolt deur enigiemand gevra om dit
te doen nie. Kaptein Neethling
het egter wel soos volg getuig: "Ek sal sê waar sy beduie
het, daar is bome in die bmgewing."
Hierdie aspek was nooit
tydens die verhoor deurtastend ondersoek nle en na my mening kan dit
nle gesê word dat daar nie "'n
boompie" was waar sy
gestaan het nle. Daar is gevolgllk geen meriete in hierdie verdere
beswaar teen haar geloof= waardigheid
nie.
Flip
60.
Flip Heyns se getuienis oor die
aanbod van die goue horlosie aan hom deur beskuldigde no 8 is na
verwys deur die geleerde regter
in sy uitspraak, Alhoewel hy nie laat
blyk het of die hof Flip Heyns ge= glo het nie, is daar geen rede om
daaraan te twyfel dat
sy getuienis inderdaad aanvaar is nie. B. het
dus ook geldelike voordeel uit die pleging van die misdade probeer
put.
Soos reeds
hierbo opgemerk, het die ver= hoorhof getwyfel oor die waarheid van
Booi Adonis se bewering dat hy en C.B. (beskuldigde
no 8) gedwing was
om aan die misdade deel te neem. Die hof het verdere regverdiging vir
sy houding gevind en Gert Visser se bewering
dat dit Adonis en B. was
wat agter die groep wat die "wit ding" gedra het, aangegaan
het. Nog Adonis in sy getuienis
n
ò
g
B. in sy
bekentenis ...
61
bekentenis het egter beweer dat hulle by die opstal agtergebly het en
die groep later gevolg het Maar beskuldigde no 2, Japie
Samuels, het
in sy bekentenis, bewysstuk L, beweer dat hy en "Toensie"
(beskuldglde no 6, Abraham Koelman) kelder toe
is toe die ander
beskuldigdes die oorledene put toe geneem het en dat hulle twee later
agter "die span" aangehardloop
het en by hulle aangesluit
het net voordat hulle die put bereik het. Dit mag gevolgllk wees dat
Gert Visser hom vergis het oor
die identiteit van die twee wat agter
die groep aangehardloop het. Die verhoorhof het nietemin in Adonis se
guns bevind dat dit
wel so mag wees dat hy en B. aanvanklik onder
dwang by die groep aangesluit het en dat hy eers later "toe hy
reeds in die
ding was ... met 'n redelike mate van oorgawe daaraan
deelgeneem het".
'n
Hof van app
è
l sal alleenlik met 'n
skuldigbevinding deur 'n verhoorhof inmeng as dit oortuig
is
62.
is dat die
skuldigbevinding verkeerd is. Uit hoofde van die voorafgaande
breedvoerige uiteensetting is ek nie daarvan oortuig nie.
Ek is
trouens tevrede dat die skuldigbevindings regtens. korrek is. Booi
Adonis se beskrywing van die wyse waarop die misdade gepleeg
is word
treffend gestaaf deur die toestand van die lyk en die voorkoms van
die toneel, selfs betreffende wat eintllk as die fyner
besonderhede
daarvan beskou kan word, soos bv sy latere getuienis dat twee
kussings gebruik was om die oorledene te demp en dat
die dek=
selplaat van die put só swaar was dat sewe van hulle nodig was
om dit te skuif. Maar die bekentenisse van die betrokke
beskuldigdes
en die getuienis van Hendrika Joubert is die werklik kardinale
stawing vir Adonis se getuienis dat die beskuldigdes
die betrokke
misdade gepleeg het.
Uit hoofde
van die bogaande kan daar na my oordeel gevolglik nie met die
skuldigbevindings inge=meng word nie.
Dit
63.
Dit is
nie nodig om wyd uit te wei oor die verhoorhof se bevinding dat
daar, wat dle moord betref, geen versagtende omstandighede
t.a.v.
beskuldigdes 1, 2,
3
64.
3, en 6 (appellante 1-4) is nie.
Daar is geen fout
daarmee te vind nie. In S
v
MONGESI EN ANDERE
1981 (3) SA 204
(A) het Joubert AR die volgende
gesê op g07 C - 208 1ste reël:
"Die bewyslas om die bestaan van verság=
tende omstandighede op 'n oorwig van waar= skynlikhede vas te stel,
rus op
'n beskul= digde. Ten einde dit te kan doen, moet daar 'n
feitebasis vir die Verhoorhof wees waarvan die bestaan van die
versagtende
dmstandighede afgelei kan word. (S v NDLOVU
1970 (1) SA
430
(A) te 433H.) 'n Versagtende omstandigheid is 'n baie wye begrip
omdat dit dui op 'n feit of omstandigheid, aanwesig by die pleeg
van
die moord, wat die morele skuld, die ver= wytbaarheid, van die
beskuldigde ten op= sigte van die dood van die oorledene verminder
of
minder laakbaar maak. (S v PETRUS
1969 (4) SA 85
(A) te 94 in
fine
-95A.)
Die benadering wat deur 'n Hof in 'n bepaalde geval gevolg moet word
by 'n ondersoek om die bestaan van versagtende omstandighede
vas te
stel, is deur hier= dle Hof soos volg neergelê:
of daar omstandighede is wat op
die geestesvermoëns of die gemoedstoes= tand van die
beskuldige betrekking kon gehad het,
indien wel
of sodanige omstandighede in die
be= paalde geval die geestesvermoëns of gemoedstoestand van die
beskuldigde subjektief beïnvloed
het, en
of die subjektlewe beinvloeding
van
die
65.
die beskuldigde se geestesvermoëns of
gemoedstoestand van so 'n aard was dat die beskuldigde se optrede ten
opsigte van die
dood van die oorledene volgens die objektiewe oordeel
van dle Hof daardeur minder laakbaar of verwytbaar word. (S v BABADA
1964 (1) SA 26
(A) te 27H-28A; S v VAN DER BERG
1968 (3) SA 250
(A)
te 252 F-G.)
Dit is bekende reg dat dit in die eerste plek
'n Verhoorhof se taak is om oor die bestaan al dan nie van
versagtende omstan= dighede
te beslis en dat die bevoegdheid van
hlerdie Hof om 'n Verhoorhof se bevind=
ing dat daar nie versagtende
omstandighede is nie te wysig streng beperk is. Soos dit gestel is in
S v BOWERS
1971 (4) SA 646
(A) te 649 A:
'Hierdie Hof kan alleen ingryp en
sy eie mening vir dié van die Verhoorhof substitueer indien
die Verhoorhof 'n mlstasting
of ander onreëlmatigheld begaan
het, of indien sy bevinding in die lig van al die getuienis be=
oordeel, van so 'n aard is
dat dit nie redelikerwyse daartoe gekom
kon ge= wees het nie.'"
Dle betrokke beskuldigdes het, soos reeds
genoem, nie self aangaande die bestaan aldan nie van versagtende
omstandighede getuig
nie en het hulle ver=laat slegs op argumente
deur hul advokate. Die hof het'nogtans, soos dit moet, gekyk "na
die geheelbeeld
van
die
66.
die getuienis
en al die omstandighede omringend tot die pleging van die misdryf wat
op elkeen [van die beskuldigdes] betrekking
het". Daar is tereg
gevind dat drank geen rol "by enige van hulle gespeel het toe
hulle laat daardie aand die vrou verkrag
en vermoor het nie".
Die hof het tereg na my mening bevind dat daar ook nie in hulle ge=
valle enige beïnvloeding deur
hul mede-beskuldigdes om die moord
te pleeg bewys is nie, maar dat hulle inteen= deel "gesamentlik
as 'n groep op pad na hulle
huise besluit het om liewer om te draai
om by die dame se huis te gaan inbreek". Die feit dat een van
hulle so 'n voorstel
ge= maak het en dat die ander daarmee ingeval
het is nie na my mening iets wat die morele verwytbaarheid van hul
dade sonder meer
kan verminder of versag nie. Die hof het ook tereg
bevind dat alhoewel hulle nie lank tevore reeds oor hul optrede
besluit het
nie, dit nogtans oor= woë en beplande optrede was.
Wat die ouderdomme van die betrokke beskuldigdes betref
het
die verhoorhof
die
67.
die volgende bevind:
"Daar is ook oor dle
jeugdlgheid van die beskuldigdes deur elke advokaat namens elke
beskuldigde gewag gemaak. Nr's 1, 2, 3
en 6 is volwasse manne. Hulle
kom ons opsigtellk as geharde grootmense voor en kan in ons oordeel
in geen sin as jeugdiges aangemerk
word nie, alhoewel hulle maar net
pas oor 20 is. In ons oordeel is hulle jeugdigheid wat hler aan=
gemerk is, geen faktor om opsigself
of in enlge sin as versagting te
dien nie."
Daar is geen rede om van hierdie
oordeel te verskil nie.
Dit was 'n volgehoue en ulters
ernstige geweldpleging op die oorledene. Die wyse waarop dle
oorledene beseer en in die put afgegool
is laat geen ruimtevir'n
bevinding dat die beskuldigdes nle haar dood as hul direkte doel
beoog het nie. Die opsetvorm van
dolus eventualls
is gevolglik
nie hier ter sprake nie.
Die moord is een van die kwade
gevolge van 'n inbraak wat minstens weens hebsug gepleeg is. Daar is
geen suggestie dat die beskuldigdes
deur brood=
gebrek
68.
gebrek of geldnood daartoe beweeg
is nie. Hulle het trouens ook vir wyn gaan soek.
Na my oordeel is dit gevolglik
duidelik dat daar geen sprake van versagtende omstandighede in die
geval van beskuldgdes 1, 2, 3
en 6 kan wees nie. Die verhoorhof was
derhalwe verplig om die doodstraf aan hulle op te lê vir die
moord.
Die doodstraf wat aan hulle vir
die verkragting opgelê is verg 'n ander benadering. Dit was 'n
vonnis waarop die geleerde
regter in die uitoefen= ing van sy
diskresie besluit het. Dit is ge= ykte reg dat hierdie Hof met so 'n
vonnis sal inmeng
alleenlik indien dit oortuig is
dat dit verkeerdelik opgelê is, of anders gestel, "dat
hierdie Hof op appèl daarvan
oortuig (is) dat die uitoefening
van die diskresie op onbehoorlike of onredelike wyse geskied het"
- per Botha AR in
S v PIETERS
1987 (3) SA 717
(A) op 728 B-C.
By die besluit of die doodstraf
vir die
verkragting ...
69.
verkragting
in hierdie geval aan die betrokke beskuldiges opgelê behoort te
word het die geleerde regter gesê dat in
sy oordeel "val
hierdie verkragting in die ernstigste moontlik denkbare kader van
seksuele aanranding op 'n vrou." Dit
is baie sterk gestel. Uit
hoofde van die grusame beserings aan die oorledene, veral van dié
aan haar geslagsorgane, en met
inagneming van hoe die be= skuldigdes
met haar te werk gegaan het,is ek genoop om te bevind dat die
geleerde regter grondige redes
vir sy siening gehad het. En die toets
van dle sg. "uit= erste geval" by die oorweging of 'n
doodstraf vir ver= kragting
opgelê 'n gepaste vonnis is aldan
nie, is in elk geval deur Rabie HR oorboord gegooi in
S
v TSHOMI EN 'n ANDER
1983 (3) SA 662
(A) op 666 C-end.
Die
geleerde verhoorregter het nie uit= druklik oorweging geskenk aan 'n
lang termyn van gevange= nisstraf as 'n gepaste alternatiewe
bestraffing nie. Dit beteken egter nie dat hy inderdaad nie oorweging
daaraan
70.
daaraan
geskenk het en daarteen besluit het nie. Die oorweging dat so 'n
termyn van gevangenisstraf moontlik nie 'n opvallend onaanvaarbare
vonnis sou gewees het nie is ook nie beslissend nie. Vide:
S
v
PIETERS
,
supra, op 728
I
-
729 F. In daardle saak het Botha AR "die grondbeginsel wat alle
app
è
lle teen vonnis beheers"
soos volg op 727 F - 728 C toegelig:
"Met
betrekklng tot appelle teen vonnis in die algemeen is daar
herhaaldelik in talle uitsprake van hierdie Hof beklem= toon
dat
vonnisoplegging berus by die diskresie van die Verhoorregter. Juis
omdat dit so is kan en sal hierdie Hof nie ingryp en die
vonnis van
'n Verhoor= regter verander nie, tensy dit blyk dat hy die diskresie
wat aan hom toevertrou is nie op 'n behoorlike
of redellke wyse
uitgeoefen het nie. Om dit andersom te stel: daar is ruimte vir
hierdie Hof om 'n Verhoorregter se vonnis te verander
alleenlik as
dit blyk dat hy sy diskresie op 'n onbehoorllke of onredelike wyse
uitgeoefen het. Dit is die grondbegin= sel wat
alle appelle teen
vonnis beheers. Met die toepassing van daardie beginsel in
indivlduele gevalle word daar in die uitsprake van
hierdle Hof van
tyd tot tyd verskillende toetse, hulpmiddels en maat= stawwe
geformuleer en aangewend om, na
gelang
71.
gelang van
die besondere omstandighede wat onder behandeling is, te bepaal of
ingryping geregverdig sou wees. Wat dlt betref, is
daar soms
verskille in die bewoording wat in verskillende uit= sprake aangetref
word. Sulke verskille moet met omsigtlgheld benader
word, want dit
sou verkeerd wees om - soos advokate te dikwels genelgfis om te doen
- 'n oën= skynlik algemene stelling, wat
toepaslik is in die
samehang van dle besondere feite wat behandel word, uit die verband
van 'n uitspraak as geheel te neem en te
probeer, amper asof dit die
krag van 'n statutêre voorskrif hetof'n wet van Mede en Perse
is, om dit op 'n andersoortige
stel feite toe te pas waarop dit in
der waarheid nie toepasllk is hle. Dlt is daarom dat.ék hierbo
weer eens dle grond=
beginsel beklemtoon het: per slot van sake is
dit daardie beginsel wat uitein= delik en altyd van deurslaggewende
beiang is. In
verband met daardie beginsel sou ek nog ne.t een
verdere oorweging wou by= voeg. Hlerbo het ek verwys na gevalle waar
'dit blyk'
dat die Verhoorregter sy diskresie op 'n onbehoorlikeof
onredelike wyse uitgeoefen het. Dit moet verstaan word in die sin dat
hlerdie
Hof op appél daarvan oortuig moet wees dat die uit=
oefenlng van die diskresie op onbehoor= like of onredelike wyse
geskied
het. Na my mening spreek dit eintllk vanself, want, juis
omdat hierdie Hof nie sonder meer 'n eie diskresie het om uit te
oefen
nie, sou daar sonder sodanige oortuiging geen vol= doende rede
bestaan om in te gryp nie."
Ter
72.
Ter
samevatting van sy oorsig het Botha AR die volgende gesê op 735
H-J:
"Terselfdertyd
is dit noodsaaklik om weer eens te beklemtoon dat die uitein= delike,
deurslaggewende vraag steeds bly: kon
die Verhoorregter redelikerwyse
die doodstraf opgelê het? Dit sou gevolglik alleenlik sin hê
vir hierdie Hof om 'n
bevinding te boekstaaf dat hy in die eerste
instansie nie die doodstraf sou opgelê het nie, indien die
omstandighede van
die saak van so 'n aard is dat daardie bevinding
aanleiding gee tot die verdere bevinding dat hierdie Hof oortuig is
daar= van
dat die Verhoorregter nie redeliker= wyse die doodstraf kon
opgelê het nie. In die afweslgheid van sodanige verdere
bevinding
sou dit onnodig en selfs on= wenslik wees vir hierdie Hof
om hom uit te laat oor watter vonnis hy in die eer= ste instansie sou
opgelê het."
Verkragting
is uiteraard 'n ernstige en vernederende vergryp teen 'n vrou. Weens
die skade en lyding wat dit aan die slagoffer berokken,
is dit 'n
misdaad wat in alle beskaafde gemeenskappe met afkeer bejeën en
gedug bestraf word. Maar soos in die geval van feitlik
alle ander
misdade is
daar groot verskille
in
73.
in die
wyse waarop dit gepleeg kan word en dus ook wat die erns daarvan
betref.
In dle
onderhawige geval was dit 'n veel = vuldlge bendeverkragtlng ("gang
rape") wat met groot gepaardgaande geweld
en wreedheld op 'n
weerlose en kreupele ou dame gepleeg is. Die verhoorhof het gemeen
dat sy reeds dood was tydens dle tweede verkragting.
Daardie slenlng
is gegrond op die redelik tentatiewe menlng van Dr Muller. Maar die
hof het klaarblykllk Hendrlka Joubert se getuienis
uit dle oog
verloor dat die vrou (d.w.s. die oorledene) nog by die put lê
en kreun het en gevolglik toe nog lewend was, asook
dié van
Booi Adonis dat sy nog gelewe het toe sy in die put afgegooi is. Hoe
dit ookal sy, dit was nogtans 'n grusame en
wrede verkragting, selfs
al moet dit beperk word tot wat in haar slaapkamer aan haar gedoen
was.
As ek
derhalwe aan myself dle vraag stel of die verhoorregter
redelikerwyse die doodstraf kon
opgelê
74. opgelê
het moet my antwoord na my beskeie mening be= vestigend wees. Daar is
gevolglik geen gronde waarop daar regtens
met die doodvonnis aan die
beskuldigdes vir die verkragting opgelê ingemeng kan word nie.
Met die
vonnisse aan beskuldigde no 8 opgelê is dit egter anders
gesteld. Die kumulatiewe effek van die vonnisse aan hom vir
die moord
en ver= kragting is 10 jaar gevangenisstraf, en saam met dié
vir die inbraak en diefstal, 10½ jaar.
Die
geleerde Regter het weliswaar na my mening tereg bevind dat Adonis sy
vriend B. tot 'n mate wou beskerm en sy getuienis vir
daardie doel in
sy guns aangepas het. Maar B. was n kind van/ slegs 14 jaar toe hy
die misdade gepleeg het. Om aan so n jong kind
'n effektiewe vonnis
van 10
½
jaar tronk= straf op te lê is 'n heel uitsonderlike
bestraffing. Indien 'n mens, gedagtig aan die oneindige skakerings
van
menslike boosheid, moet aanvaar dat daar denkbaar
redes
75.
redes mag
wees wat só 'n bestraffing kan regverdig, is sulke redes
nietemin nie in die onderhawige geval te vind nie.
By
vonnisoplegging het die geleerde regter inderdaad faktore wat 'n
sterk strafversagtende uitwerking het, in ag geneem ten gunste
vah
beskuldigde no 8 maar nietemin op die voormelde bestrafflng besluit.
Die redes daarvoor het hy soos volg uiteengesit:
"
BESKULDIGDE
NR 8
,
jy was maar 14 jaar oud toe jy hlerdle ding gedoen het. Maar nou moet
ek dadelik sê dat 'n 14-jarige seun genoeg verstand
het om baie
goed te besef, veral die mlsdrywe wat jy gepleeg het, hoe verkeerd
dit is. Dit is so dat jy klaarblyklik as jongste
lid van die groep
beïnvloed was deur die res en nie net beïnvloed nle, maar
dat daar 'n hoë mate van druk aan die
begin op jou ge= plaas
was. Dit het ons uit die getuie= nis'van jou vriend Adonis. Maar dit
was, soos ek reeds vroeër in my
uitspraak ge= sê het, ook
vir ons duidelik dat alhoewel daar aan die begin waarskynlik druk
was, julle twee bale lustig saamgedoen
het toe julle eers op stryk
gekom het. Ek het dit oorweeg, soos die proefbeampte aanbeveel, om
jou na 'n verbeteringskool
te
76.
te stuur,
maar myns insiens sal dit nie genoegsame sensuur wees vir jou optrede
nie. In elk geval het jy nie 'n lang geskiedenis
van misdadigheid
voor jou nie. Verder is ek as Regter van hierdie hof bewus daarvan
dat daar gedurig te enige tyd groot getalle
mense wat na verbe=
terlngskole gekommitteer is, ontsnaptes is en in die samelewing
rondloop om verder kwaad te doen. Ek is ook
bewus van die feit dat
bende-aktiwiteite en aan= sporing tot misdadigheid tot feitlik net so
'n mate in die verbeteringskool botvier
as wat dit in die tronke
doen. Ek sien nie kans om die kans te vat dat 'n man wat gedoen het
wat jy gedoen het, dat jy miskien
ook maar soos die ander, want dit
is blykbaar maklik om uit 'n verbeter= ingskool weg te loop, feitlik
na wille= keur sal wegloop
en dat jy, met reeds 'n moord en 'n
verkragting feitlik tot dode toe op jou kerfstok, jouself binne= kort
in die gemeenskap begewe
nie. Ek neem al jou omstandighede in ag, jou
jeugdigheid en die faktore wat ek hierbo genoem het."
C.B. is
gebore op 25 Maart 1971
volgensdiewebsynsverslag
oor hom wat deur 'n proefbeampte, Mnr E W Titus, opgestel is en by
ooreenkoms tussen die partye as bewysstuk
ingehandig is. Daardie
datum is
geensins
77.
geensins
deur enigiemand in twyfel getrek nie. B. was gevolglik 14 jaar en 9
maande ten tyde van die pleeg
van
die misdade. Alhoewel die geleerde Regter korrek was in sy opmerking
dat 'n 14-jarige seun genoeg verstand het om te besef dat
dit
verkeerd is om misdrywe soos dié hier ter sprake te pleeg, het
hy blykbaar Rumpff HR se opmerkings in
S
v LEHNBERG EN 'n ANDER
1975
(4) SA 553
(A) op 561 A uit die oog verloor, te wete:
"Vanselfsprekend
is daar grade van vol= wassenheid by tienderjariges, maar uiter= aard
het geen tienderjarige die rypheid van
'n volwassene nie. Jeugdigheid
is onvolwassenheid, gebrek aan lewenserva= ring, onbesonnenheid, en
veral 'n geestes= toestand van
vatbaarheid vir beïnvloed= ing,
veral deur volwassenes."
Al
is 'n 14-jarige seun reeds tot mlsdaad in staat, sal hy weens sy
onrypheid dikwels nie oor die insig, self= beheersing en oordeel
beskik om homself daarvan te weerhou nie. Dit sal veral die geval
wees waar hy deur ouer persone ten kwade beïnvloed
word.
In weerwil
van
78
van die
geleerde regter se bevinding dat beskuldlgde no 8 aldus beïnvloed
was, het hy nogtans nie gehoor gegee aan die proefbeampte,
Mnr Titus,
se aanbeveling dat B. na 'n verbeterlngskool verwys word nie. Die
proefbeampte se aanbeveling was in die volgende terme
(bewysstuk
W, paragraaf 10.7 en 10.8):
"Wanneer
daar op die aard van die mis= daad, die beskuldigde se jeugdlge
ouder= dom asookdie feit dat dit sy eerste oortreding
is, gelet word,
blyk dit dat verwysing na 'n Verbeteringskool as ge= paste
vergeldings- en hervormingsmaat= reël aangewend
kan word. Die
beskuldigde sal sodoende aan konse= kwente dlssiplinêre
maatreëls onderworpe wees asook die geleentheid
gebied word om
hom beter te bekwaam vlr die ope ar= beidsmark om hom sodoende tot 'n
meer sosiaal aanvaarbare leefwyse te motiveer."
Die
skepping van verbeteringskole vir
die
aanhoudlng van veroordeelde jeugdigesis.klaarblyklik te wyte aan die
besef dat sulke instelllngs 'n minder skadelike inwerking
op
jeugdiges het as tronke. Die geleerde regter het dit blykbaar "besef,
soos afgelel
kan
79.
kan word van sy opmerking "dat bende-aktlwiteite en aansporing
tot misdadigheid tot feitlik net
,
so
'n mate in die verbeteringskool botvier as wat dit in die tronke
doen". Daardeur gee hy heel duidelik te kenne dat al= hoewel
sulke skadelike aktiwiteite ook in verbeterlng= skole voorkom,
dieselfde vlak darem nie daar bereik word as in gevangenisse nie.
Wat egter
by die geleerde regter die meeste getel het was klaarblyklik sy
bewustheid van dle omvang van ontsnappings uit verbeteringskole.
Die
mate van die geleerde regter se kennis daaromtrent soos deur homself
beskryf, regverdig na my mening nie sy gevolgtrekking
dat dit
blykbaar maklik is om
feitlik na willekeur
van
verbeteringskole weg te loop nie. Vir doeleindes hiervan aanvaar ek
egter die betroubaarheid van sy inligting dat ontsnappings
uit
verbeteringskole gereeld voorkom en dat hy van sy kennis daarvan as
regter gebruik kon maak. Die feit van sulke ontsnappings
is
80
is
egter na my mening nie 'n genoegsame rede om so 'n jong persoon soos
beskuldigde
no
8 tronk te stuur nie. Ontsnappings mag wel meer dikwels in verbe=
teringskole as in tronke voorkom, maar is nogtans dáár
ook 'n redelik bekende verskynsel waarvan die be = staan van die
"Airforce" tronkbende (die wat "wegvlieg")
so
duidelik
81.
duidelik
getuig. In 'n verbeteringskool kom 'n veroor= deelde jeugdige
gewoonlik met minder ervare en minder geharde misdadigers
in
aanraking as in die tronke, In 'n verbeteringskool is hy in die
geselskap van mede-jeugdiges, in die tronke is hy in die geselskap
van volwassenes, vele waarvan reeds geharde en deurtrapte misdadigers
is. So 'n omgewing is uiteraard meer be= nadelend vir 'n
jeugdige as
dié van 'n verbeteringskool. Die geleerde regter se aandag was
heel= waarskynlik nie gevestig op die saak van
S
v THERON
1986 (1) SA 884
(A) nie. Daar het Botha AR gehandel met die
bestraffing van 'n persoon wat aan 'n verkragting, wat hy 18 jaar
tevore op 16-jarige
ouderdom gepleeg het, eers in Augustus 1984
skuldig bevind was. Na aanlelding van die verhoorregter se mening dat
indien die beskuldigde
in 1966 tereggestaan het hy waarskyn= lik 'n
periode van gevangenlsstraf opgelê sou gewees het, het die
geleerde Appèlregter
op 897 F-G die volgende
gesê:
82.
gesê:
"Geoordeel
bloot aan die hand van die beskikbare inligting, is ek van mening dat
dit onwaarskynlik is dat die appel= lant,
as 'n seun van sê 16
jaar, gevange= nisstraf opgelê sou gewees het, vanweë die
welbekende en verstaanbare ongeneent=
heid van regterlike amptenare
om kinders bloot te stel aan die nadele van tronk= straf. Die
voor-die-hand-liggende en waarskynlike
wyse van optrede teenoor die
appellant sou gewees het om hom na 'n verbeterlngskool te verwys."
Na my
mening behoort beskuldide no 8 ongetwyfeld na 'n verbeteringskool
verwys te gewees het. Die geleerde regter het gevolglik
fouteer deur
hom tronkstraf op te lê, want 'n ontkennende antwoord moet in
hierdie geval gegee word op die vraag of die geleer=
de regter
redelikerwyse die vonnis van gevangenisstraf kon opgelê het.
Die koeël
is nou egter as't ware deur die kerk omdat B. reeds vir meer as 'n
jaar in die gevangenis is en dit nie meer enige
nuttige doel sal dien
om hom nou na 'n verbeteringskool te verwys nie.
Weens
83.
Weens die
oorwegings waarna hierbo ver= wys is, meen ek egter dat 'n effektiewe
vonnis van 10½ jaar gevangenisstraf in hierdie
geval skokkend
onvanpas is, selfs met inagneming van die ernstige en grusame misdade
waaraan beskuldigde no 8 aandadig was. Daar
is geen suggestie dat hy
die misdade uit "inherente boosheid" gepleeg het nie. Hy
was tot 'n mate die slagoffer van omstandighede.
Die geleerde regter
het inderdaad be= vind dat hy aanvanklik by die groep booswigte
aange= sluit het weens die "hoë mate
van druk" wat
deur som= mige van hulle op hom geplaas is, en dat hy daarna onder
invloed van die lede van daardie groep "lustig
saamgedoen het".
Sy strafwaardlgheid behoort bepaal te word met insigryke begrip vir
die kwesbaarhede voortsprultend uit sy
onvolwassenheid.
Toe hy
gevonnis is was hy nog onder 16 jaar. Hy kon derhalwe ingevolge die
bepalings van art. 290(1)(d) van die Strafproseswet verwys
gewees
het
84.
het na 'n verbeteringskool, waar
hy ingevolge art.
291(1)(a) sou moes bly totdat hy die ouderdom
van 18 jaar bereik het. Hy sou gevolglik vir ietwat meer as 2 jaar in
aanhouding gebly
het. Weens die aard van sy oortredings en die
omstandighede waaronder hulle gepleeg was, is dit hoogs onwaarskynlik
dat hy voor
bereiking van daardie ouderdom vrygelaat sou gewees het.
Diè aanhoudingstydperk van 2 jaar behoort na my oordeel as
maatstaf
te dien vir dle bepaling van die tydperk van sy werklike
aanhouding in 'n gevangenis. Maar om hom na vrylating te help om nie
weer
in misdadigheid te verval nie, behoort die spreekwoor= delike
Swaard van Damocles oor sy kop gehou te word in die vorm van
bykomstige
opgeskorte tydperke van ge= vangenisstraf. Hierdie doel
sal bereik word deur die vonnisse opgelê vir die inbraak en
diefstal
in die geheel voorwaardelik op te skort, 3 jaar van elk van
die vonnisse opgelê vir die moord en verkragting ook
voorwaardelik ...
85.
voorwaardelik
op te skort en te beveel dat die onop= geskorte gedeeltes van
laasgenoemde twee vonnisse saamlopend uitgedien moet
word. Dit sal
tot gevolg hê dat beskuldigde no 8 dan 'n effektiewe tydperk
yan 2 jaar tronkstraf opgelê word.
Geen
betoë is namens die ander appellante aan ons gerig m.b.t. die
vonnisse aan hulle opgelê vir die huisbraak en diefstal
nie.
Daar is na my mening geen fout met daardie vonnisse te vind nie.
Die
volgende bevele word gemaak:
Die
appelle van appellante 1 tot 4 word afgewys.
(a)
Die app
è
l
van die vyfde appellant teen die vonnisse aan hom opgelê slaag
gedeeltelik.
(b)
Daardie vonnisse word soos volg gewysig:
Klagte
1
:
3 Maande
gevangenisstraf, wat in die geheel vir 'n tydperk van 4 jaar
opgeskort word op voorwaarde dat die beskuldigde nie skuldig
bevind
word aan die misdryf van huisbraak gepleeg binne die tydperk van die
opskorting nie.
Klagte
2
:
5 .
86.
5 Jaar
gevangenisstraf, waarvan 3 jaar opgeskort word vir n tydperk van 4
jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie skuldig bevind
word aan
die misdryf van verkragting gepleeg binne die tydperk van opskorting
nie.
Klagte
3
:
3 Maande
gevangenisstraf, wat in die ge= heel opgeskort word vir 'n tydperk
van 4 jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie skuldig
bevind word
aan die misdryf van diefstal gepleeg binne die tydperk van opskorting
nie.
Klagte
4
:
5 Jaar gevangenisstraf, waarvan 3 jaar opgeskort word vir 'n tydperk
van 4 jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie skuldig
bevind word
aan die misdryf van moord of aan enige ander misdryf waarvan
aanranding element is en waarvoor hy gevonnis word tot
gevangenisstraf sonder die keuse van 'n boete,gepleeg binne die
tydperk
......
87.
tydperk van opskorting nie. 3. Dit word beveel dat die onopgeskqrte
gedeeltes van die vonnisse aan die beskuldigde opgelê
op
Klagtes 2 en 4 saamlopend uitgedien word.
M T
STEYN,AR
HEFER,
AR)
SMALBERGER,
AR)