S v Jantjies (313/86) [1988] ZASCA 42 (31 March 1988)

Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Attempted murder — Appeal against conviction and sentence — Appellant attempted to kill his mistress, her husband, and their two children by running them over with his vehicle — Appellant pleaded not guilty, claiming the victims ran into the road unexpectedly — Trial court found appellant guilty on four counts of attempted murder — Appellant's appeal against conviction dismissed, but sentence of six years imprisonment, with three years suspended, considered for review — Factors for sentencing included appellant's personal background and the circumstances of the offense.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1988
>>
[1988] ZASCA 42
|

|

S v Jantjies (313/86) [1988] ZASCA 42 (31 March 1988)

JAMES JANTJIES
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
Saaknommer 313/86 mp
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
APPeLAFDELING
In die saak tussen:
JAMES JANTJIES
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM:
JANSEN, STEYN, ARR et KUMLEBEN, Wnd AR
VERHOOR:
4 Maart 1988
GELEWER:
31 Maart 1988
UITSPRAAK
STEYN,
AR
2.
STEYN,
AR,
Toe koning Dawld Uria die
Hetiet na sy dood laat stuur het teen die Ammoniete om daardeur sy weduwee
Batseba as vrou te kon vat het
hy geswig voor twee van die oersondes van die
mens, dié wat in die 7de en lOde gebooie verbied word. Die gevolge
daarvan was
tragies vir die drie van hulle. Die een het sy lewe verloor, die
ander sy eer en die vrou haar kind gebore uit haar sondige samesyn
met die
koning. Dawid was 'n voortreflike mens wat gestruikel het in 'n slaggat van
menslike swakheid. Dit is ook die geval met die
appellant. Hy het ook op 'n
ander man se vrou verlief geraak, met haar owerspel gepleeg, en haar probeer
oorreed om haar man te verlaat
en met hom te trou. Anders as die geval van
koning Dawid het appellant egter nie daarin geslaag om sy minnares as vrou te
vat nie
maar was daar gelukkig geen lewensverlies in die moeilikheid wat op sy
mislukte pogings gevolg het nie. Vier mense is
egter
3.
egter fisies daarby betrek en nie net een soos in Uria se geval nie.
Appellant het sy minnares, mev Frederika Sawyer, haar eggenoot, Edward Sawyer
en die twee jongste Sawyer kinders, die 4 jaar oue Fiona
en twee jaar oue Byron
op Sondagaand 21 Oktober 1984 probeer vermoor deur hulle met sy motorkar in
Reddylaan, Grassy Park in die
Kaap, om te ry. Hulle is almal raakgery en ernstig
beseer maar het die aanslag genadiglik oorleef.
Appellant het weens daardie voorval in die
Streekhof te Wynberg op 1 April
1985 tereggestaan op vier
aanklagtes van poging tot moord. Hy het onskuldig
gepleit,
is deur 'n advokaat verdedig en het in eie verdediging getuig.
Sy
verweer was 'n erkenning van die minneverhouding met
Frederika Sawyer maar 'n
ontkenning dat hy die Sawyers probeer
vermoor het of doelbewus raakgery het.
Hy het beweer dat
terwyl hy in Reddylaan gery het, die Sawyers onverwags
met
die
4.
die twee jong kinders voor hom ingehardloop het. Appellant se weergawe van
die omryvoorval is egter verwerp en hy is skuldig bevind
op al vier aanklagtes.
Na*»aanhoor van
breedvoerige getuienis ter versagting van vonnis, is die
vier aanklagtes saamgeneem vir bestraffingsdoeleindes en is ses jaar
gevangenisstraf
aan appellant opgelê waarvan drie jaar voorwaardelik vir
vyf jaar opgeskort is. Sy appel teen die skuldigbevinding en vonnis
is deur die
Kaapse Hooggeregshof op 13 Februarie 1986 van die hand gewys maar hy is toe
verlof verleen om verder na hierdie Hof teen
die vonnis te appelleer. Sy aansoek
na die Hoofregter om verlof om ook verder teen sy skuldigbevinding te appelleer
is op 30 Mei
1986 geweier.
Dit is slegs appellant se strafwaardigheid waaroor nou herbesin moet word.
Die feite vir daardie doel ter sake is hoofsaaklik te vinde
in die gronde vir
die skuldigbevinding wat nou nie meer in geskil is nie, en
die
5. die persoonlike gegewens van die appellant. Ek vat hulle
kortliks soos volg saam:
Appellant is gebore op 1 April 1933 te Beaufort-Wes. Hy was een van tien
kinders, waarvan hy die oudste seun was. Drie susters was
ouer as hy. Sy ouers
was eenvoudige landelike mense wat vir hulle kinders 'n stabiele en vaste
familielewe gegee het. Appellant het
geen formele opvoeding geniet nie maar het
op eie inisiatief na Kaapstad verhuis en daar deur bywoning van nagskole 'n
geletterdheids=
vlak gelykstaande aan standerd 3 bereik. Hy het met verloop van
tyd deur ywerige werkstoewyding uiteindelik homself so opgehef dat
hy die
eienaar van h goeie gehalte en goedtoege= ruste woonhuis geword het en in 1973 h
eie besigheid in die vorm van h ry-skool
bekom het waarin hy mense onderrig en
voorberei vir die verkryging van lisensies as motorbe= stuurders. Op 21 Oktober
1984 was appellant
51 jaar oud, was hy reeds vir 35 jaar getroud en was hy die
vader van
een
6.
een kind, 'n dogter van 30 wat 'n fabriekswerkster is. Appellant wou haar
verder laat leer nadat sy skool verlaat het, maar sy wou
nie. Dit was vir hom 'n
groot teleurstelling. Sy het 'n hegte verhouding met haar moeder, soms ter uit=
sluiting van appellant. Sy
vrou is h naïwe kind van die Groot Karoo,
feitlik onaangeraak deur die stadslewe en hunker terug na haar kinderjare op
Beaufort-Wes.
Dit is duidelik dat appellant as persoon weens sy volgehoue
self-opheffing ver meer ontwikkel het as sy vrou, dat sy belangstellings
verbreed het terwyl hare feitlik bly stilstaan het en dat hy met verloop van tyd
al minder bevrediging uit hul huwelik geput het.
Tekenend van die gevoel van
vervreemding en frustasie wat sy vrou se houding by hom gewek het is die
volgende opmerkings oor haar
wat appellant o a aan mev Edith Vries, 'n
geregistreerde maatskaplike praktisyn, gemaak het: "Sy is baie stil en besig met
haar eie
gedagtes en eie dinge; sy het haar eie manier van
enigiets doen,
jy kan haar niks leer en (haar) nie
verander
7. verander nie."
Só 'n toestand skep 'n geil teelaarde vir die aanknoop van 'n
buite-egtelike liefdesverhouding; en terwyl appellant daarin
verkeer het,
verskyn Frederika Sawyer in ongeveer 1978 op die toneel. Sy het by hom kom leer
hoe om 'n motorkar te bestuur. Terwyl
sy appellant se leerling was het daar
egter nog nie 'n liefdesverhouding tussen hulle ontstaan nie. Dit het eers
ongeveer 9 maande
tot 'n jaar later, gedurende 1979, gebeur na verdere kontak
tussen hulle twee. Sy het hom in sy besigheid kom help. Op daardie stadium
het
sy reeds drie kinders by haar man, Edward, gehad, 'n dogter, Livia, en twee
seuns. Hulle was toe onderskeidelik 13, 11 en 5 jaar
oud. Die verhouding tussen
appellant en Frederika het met verloop van tyd hegter geword. Haar huwelik was
ook aan die taan. Sy het
by appellant gekla dat haar man nie meer in haar
belangstel nie, dat hy niks meer met haar te doen wou hê nie en gesê
het dat sy seksueel yskoud
is
8.
is en 'n "ysberg" is. Hulle het klaarblyklik vertroosting by mekaar gesoek en
gekry.
Mettertyd het 'n warm liefdesverhcmding tussen hulle ontstaan. Dit het
appellant groot bevrediging en genot verskaf. Mev Vries het
'n reeks onderhoude
met hom gevoer om haar voor te berei om getuienis ter versagting van vonnis
namens hom te lewer. Sy het 'n verslag,
bew C, opgestel, ook vir doeleindes van
vonnis en het namens hom getuig. Tydens lewering van daardie getuienis na
appellant se skuldigbe=
vinding het sy haar verslag ingehandig en die inhoud
daarvan bevestig. Daarin het sy die liefdesverhouding só beskryf
(klaarblyklik
op grond van inligting deur appellant aan haar verskaf):
"The relationship between the accused and
Mrs Sawyer developed into a sexual
relationship.
The accused always made
the advances. He
describes Mrs Sawyer as a very
satisfactory
andexciting loyer, being
totally different
to his wife."
Appellant en Frederika het hulle verhouding
dig
gehou ........
9. gehou en gereeld uitgewyk
na Somerset-Wes waar hulle onbekend was en waar hulle hand om die lyf kon
loop.
Tydens die bestaan van hul liefdesverhouding is mev Sawyer se jongste twee
kinders, Fiona en Byron, gebore. Alhoewel hulle geboortes
onder die naam van
Sawyer geregistreer is en mnr Sawyer hulle as sy eie kinders behandel en
onderhou het, was appellant oortuig dat
hy hulle verwek het en het hy hulle as
sy kinders beskou, hulle telkens besoek en dikwels geskenke gegee. Tydens die
voorval op 21
Oktober 1984 was mev Sawyer weereens swanger en appellant was
oortuig dat hy ook daarvoor verantwoordelik was. Weens die voorval
het sy egter
'n miskraam gehad.
Mnr Sawyer was aanvanklik onbewus van die verhouding maar appellant se vrou
het snuf in die neus gekry, mev Sawyer haar huis verbied
en geweier om met haar
oor die telefoon te praat. Die verliefdes se minnedrif is egter nie deur mev
Jantjies se misnoeë getemper
nie. Mev Sawyer
het
10. het met elk van die voormelde drie swangerskappe by appellant
aangedring om haar van haar huislike omstandighede te "red". Hy
het aanvanklik
daarmee gesloer, maar met haar laaste swangerskap het hulle uiteindelik tot die
besluit gekom dat elkeen sou skei
en dat hulle dan met mekaar sou trou. Met
dié doel voor oë het appellant 'n huis op Genadedal gehuur en haar
en die twee
jongste kinders soontoe geneem in September 1984. Vandaar het sy
Kaap toe gekom om regshulp vir doeleindes van h egskeiding te reël.
Teen
hierdie tyd het mnr Sawyer egter besef dat hy daadwerklik sou moes ingryp om hul
huwelik te red. Hy het haar toe oorreed om
hul huweliksprobleme met die
Hoëpriester van hul kerk te gaan bespreek. Daar het sy gebieg oor haar
verhouding met appellant
en het hulle besluit om hul huwelikslewe te hervat.
Hierdie besluit het haar egter emosioneel so uitgemergel dat sy vir vier dae
in
'n verpleeginrigting behandel moes word. Daarna het mnr Sawyer haar vir h wyle
na Genadendal terug geneem maar
op
11.
op 6 Oktober weer gaan haal en huistoe gebring. Hulle het toe hul saamwoon
hervat.
Appellant wou egter nie van haar afsien nie. Hy het sy verhouding met haar
gerasionaliseer en had geen skuldgevoel daaroor nie. Hy
het haar gedurig bly
lastig val en het nie gehoor gegee aan mnr Sawyer se versoek om
nie meer in
hul huwelik in te meng nie. Hy het 'n oorlas van homself gemaak deur die Sawyers
gedurig te verpes met telefoonoproepe,
'n heen en weer ryery voor hul huis verby
en 'n herhaaldelik oorloerdery oor hul tuinmuur. Snags het hy ook hul
vertrekkende besoekers
getreiter deur agter hulle aan te ry met die hoofligte
van sy motor op helder gestel. Die Sawyers was erg onthuts deur appellant
se
optrede maar het dit nietemin vreedsaam verduur.
Op Saterdag 20 Oktober het sake egter 'n onheil= spellende wending geneem. Op
daardie dag was die Sawyers op pad huis toe na 'n besoek
aan Edward se broer.
Appellant het hulle voorgelê en "stamper teen stamper" agter hulle
aangery
12.
aangery tot by hul huis. Toe mnr Sawyer die motorhek gaan oopmaak het
appellant ook uit sy motor geklim en mev Sawyer, wat nog in
die motor gesit het,
soos volg gaan aanspreek:
"Wat dink jy, wat doen jy dan nou? Wanneer kom jy huis toe? Wat is jou
plan?"
Mnr Sawyer gaan toe na appellant, sê
aan hom:
"Kyk, mnr Jantjies, ons wil niks meer met jou te doen hê
nie."
vat hom aan sy arm en stoot hom weg. Dit het
appellant
klaarblyklik intens vererg; hy het geantwoord:
"Dit is die laaste keer wat jy jou hande op my sal sit. Ek sal sien wat ek met
jou sal doen."
Toe het appellant by die hek
uitgegaan en in sy motor vertrek. Op die Sondagoggend, 21 Oktober, het appellant
die Sawyer gesin weer
lastig geval met sy gedurige heen en weer ryery voor hul
huis.
Die Sawyers is gereelde kerkgangers en Sondagmiddag het die egpaar saam met
Livia en die twee kleintjies kerk
toe
13.
toe gegaan. Hul kerk is ook in Reddylaan gelee, skuins oorkant die straat van
hul tuiste wat geleë is op die hoek van Reddy-
en Crowielane. Kort na 18h00
het die kerk uitgekom en Livia is vooruit in die geselskap van 'n vriend. Sy is
met 'n ompad huis toe.
Haar óuers het na haar met die twee kindertjies 'n
korter roete huis toe gevolg. Mev Sawyer het Fiona aan die hand gehad en
haar
man het Byron op sy arm gedra. Op pad huis toe het Livia appellant sien sit in
sy silwer-grys Golf motorkar aan die oorkant
van die straat soos sy geloop het.
Hy was geparkeer drie erwe weg van die Sawyers se huis. Hy was alleen in die
motor. Toe die Sawyers
hul woning nader het hulle aan die oorkant van die straat
geloop en moes dit kruis om hul erf te bereik. Edward Sawyer het ook appellant
in sy voertuig gewaar voordat hulle die straat begin oorsteek het. Die motor was
geparkeer aan appellant se linkerkant van die straat,
aan dieselfde kant as die
Sawyers se huis maar aan die anderkant daarvan en omtrent 80 m van Edward
af.
Terwyl die Sawyers besig was om die straat oor
te
14.
te steek het appellant skielik met 'n geweldige vaart weggetrek en op hulle
afgepeíl. Hulle het vinniger geloop om betyds oor
die straat te kom en
het daarin geslaag om die sypaadjie te bereik by hul voorhek. Appellant het
egter na links uit die straat na
hulle toe uit geswaai en hulle teen 'n hoë
spoed met soveel krag reg van voor getref dat die vier van hulle 15 m ver bo-oor
die hoekmure van.die erf geslinger is tot in Crowielaan. Die verste hoekmuur
(dié langs Crowielaan) is 5 vt hoog. Waar hulle
geval het het hulle bly
lê, en is hulle deur mede-kerkgangers en bure te hulp gesnel.
Appellant het sy motorkar by die straataansluiting tot stilstand gebring,
uitgeklim en na die beseerdes gaan kyk, maar hulle nie gehelp
versorg nie. Hy
was klaarblyklik ongevoelig oor hul lot en sonder berou vir wat hy aan hulle
gedoen het. 'n Mede-kerkganger van die
Sawyers, Emanuel Brooks, het aan
appellant, wat met gevoude arms na die
beseerdes
15.
beseerdes gestaan en kyk het, gevra waarom hy "hulle so gestamp het".
Appellant se antwoord was dat dit hul eie
skuld is. Hy het lankal vir die
vrou gesê sy moet haar man los en dat hy, appellant, 'n huis vir haar het
maar "sy wil nie",
en dat dit sy kinders is wat "hier rondloop." Dit is waarom
hy dit gedoen het. Hy het later bygevoeg hy "sal hulle vrekgery het."
Ten
aanhore van ander helpers en omstaanders het appellant met dieselfde soort van
houding, gesê "as ek dit nie op dié
manier gedoen het nie sou ek
hulle tog maar vrek geskiet het", en "dit is my vrou daai en sy vat my kinders
ook weg; ek het mooi
gepraat met hulle maar hulle wil nie luister nie."
Die aanwesiges was verontwaardig deur appellant se gedrag en van hulle het
hom aangesê om in sy motorkar te gaan sit. Hy het
dit gedoen maar is
daarna te lyf gegaan deur een van hulle toe appellant hom tydens 'n
woordewisseling gevloek het. Toe konstabel
Meyer van die
Suid-Afrikaanse
16.
Suid-Afrikaanse Polisie by die toneel opdaag was die ambulans reeds daar en
was die beseerdes al daarin gelaai. Appellant was steeds
by sy motor en was
volgens konstabel Meyer "very cool and calm" en het hy geen besorgdheid oor die
beseerdes getoon nie. Appellant
het aan Meyer verduidelik dat 'n stuk yster
onder sy sitplek hom gehinder het terwyl hy bestuur het. Dit het onder sy
sitplek uitgegly
en toe hy buk om dit terug te stoot het die ongeluk gebeur.
Meyer het wel 'n stuk yster in die motor gevind maar dit was onder die
passassierssitplek langs dié van die bestuurder en sou nie vir appellant
kon gehinder het nie. Appellant se voertuig was aan
die voorkant omtrent in die
middel beskadig. Meyer het nie gesê deur wie die polisie ontbied is nie.
Appellant het getuig dat
hy dit gedoen het. Van die staatsgetuies het gesê
dat hy pas na die voorval in sy motor vertrek het en na 'n kort rukkie weer
teruggekeer het. Die landdros het melding gemaak van appellant se bewering in
dié verband maar nie laat blyk of hy dit aanvaar
het of
nie
17. nie. Vir doeleindes van hierdie uitspraak sal ek aanvaar dat appellant
wel die polisie ontbied het soos deur hom beweer.
Die feit dat hy dit gedoen het is onder die omstandighede egter geen
ondubbelsinnige aanduiding van berou nie. Appellant se optrede
na die voorval
was nie konsekwent nie. Op die toneel het hy aan die omstanders te kenne gegee
dat hy die Sawyers opsetlik omgery
het en dat hy goeie rede gehad het om dit te
doen. Maar daarna het hy homself deurgaans probeer beskerm deur valslik te
beweer dat
dit 'n blote ongeluk was. In die verhoor het hy selfs sover gegaan om
die skuld op die Sawyers to probeer pak deur valslik te beweer
dat hulle
onverwags voor hom ingehardloop het en sodoende deur hom getref is in weerwil
daarvan dat hy hulle probeer vermy het deur
na links weg te swaai.
Die feit dat appellant die polisie gaan ontbied het is waarskynlik deel van
sy poging om homself aldus te beskerm. Daardie waarskynlikheid
is versterk deur
die
verontskuldigende
17(a)
verontskuldigende verduideliking wat hy op die toneel aan konst Meyer gegee
het.
Die geweld deur appellant teen sy slagoffers gebesig was van 'n besonder
ernstige graad. Ek deel LATEGAN, R se siening dat dit "net
h wonderwerk (is) dat
die mense inderdaad nie gesterf het nie". Edward Sawyer is deur die geweld van
die raakry katswink geslaan
en het eers in die hospitaal weer bygekom. Hy is tot
'n ernstige, en sy vrou tot 'n tragiese mate beseer. Edward se regterhand is
gesny van die binnekant van die duim oor die kneukels tot by die pinkie en ten
tyde van die verhoor was die gebruik van daardie hand
nog nie ten volle herwin
nie. Sy linker skouer was uit die potjie geruk en een van die bene van die
linkerarm gekraak. Aan die agterkant
van sy linkerkuit en aan albei knieë
het hy oop wonde gehad. Hy het ook oop wonde aan die kop en gesig gehad wat met
hegsteke
toegewerk
moes
18.
moes word en sigbare littekens gelaat het. Sy beseerde hand is geopereer.
Frederika het skedelbreuk opgedoen; een van haar linker
oogspiere is beseer; met
daardie oog sien sy nou dubbel en moet 'n regstellende bril dra. Haar bekkenbeen
het gebreek en lê
nou skeef na links. As gevolg daarvan loop sy mank. Haar
nek was ernstig verwring; 'n tandvleis senuwee in een van haar kakebene
is
beseer; en sy het oop wonde aan haar gesig, hande, bene en regtervoet opgedoen
wat duidelik sigbare littekens gelaat het. Sy het
haar sintuie van smaak en reuk
verloor en ten tyde van die verhoor nog nie herwin nie. Sy was ses maande
swanger en het, soos reeds
gemeld, die kind verloor. Wonderbaarlik is die twee
kindertjies minder ernstig beseer. Fiona was slegs "vol seerplekkies op die kop"
maar Byron het 'n lang sny aan sy kop gehad. Mev Sawyer en Fiona het ook aan
skok gely en was ten tyde van die verhoor nog gespanne.
Appellant se vergryp teen die Sawyers was sonderling en amper dodelik.
Só sterk was sy beheptheid
met
19.
met en versmagting na Frederika egter dat dit hom nie tot besinning gebring
het nie. Anders as koning Dawid, wat na sy vergryp teen
Uria hom met die
komponering van sy boetelied (psalm 51) veróotmoedig het, was appellant
daarna weer op haar spoor en het
hy hulle by Stilbaai, waar hulle in Desember
1984 vir die kersvakansie gaan uitkamp het, so lastig geval dat mnr Sawyer
genoop was
om by die polisie om hulp te gaan aanklop.
Ek het die verloop van die verhouding waarin appellant en Frederika. Sawyer
met sulke kwade gevolge verstrengel geraak het breedvoeriglik
uiteengesit omdat
dit so duidelik toon dat appellant se vergryp 'n klassieke voorbeeld van die
gevoelsmisdaad (
crime passionel
) is. Sy geval is dié van 'n
voortreflike mens wat homself al hoe meer te buite gegaan het omdat hy vasgevang
was in die greep
van die menslike geslagsdrang en die gemoedsteenstellings
gebore uit die dwarsboming daarvan. Sy gevoel vir Frederika was uiteindelik
op
21 Oktober 1984 klaarblyklik dié van
Catullus
20.
Catullus teenoor sy minnares, wat gevoelvol deur
T J Haarhof
só in Afrikaans weergegee is:
"Ek haat haar,
Ek bemin haar.
Hoe kan dit gebeur?
Ek weet nie,
maar ek voel dit,
dit folter en verskeur."
En toe probeer
hy haar doodmaak deur haar om te ry. Maar daarna is hy weer agter haar aan.
Dit is h innig menslike tragedie waarin appellant en die Sawyers hul
uiteindelik bevind het en sy strafwaardigheid moet bepaal word
met insigryke
begrip vir die oerkwesbaarhede van die mens.
Behalwe in die geval van verpligte vonnisse is straftoemeting 'n
waarde-oordeel wat 'n gebalanseerde benadering verg. Vir so 'n benadering
moet
die bekende straftriade van die misdadiger, sy misdaad en die gemeen=
skapsbelang behoorlik oorweeg en toegepas word.
By die huidige herbesinning oor appellant se
strafwaardigheid
21.
strafwaardigheid moet in ag geneem word dat hierdie Hof slegs 'n beperkte
bevoegdheid het om in te meng met die vonnis deur 'n verhoorhof
opgelê.
Appellant is weliswaar 'n voortreflike mens en so 'n persoon behoort in die
gemeenskapsbelang waar moontlik uit die tronk gehou te
word. Maar die begrip
"waar moontlik" beteken hier waar die vereistes van geregtigheid dit toelaat.
Daar is baie gevalle waar die
menslike voortreflikhede van 'n oortreder hom nie
van tronkstraf kon red nie. Wat in die geval van diskresionêre vonnisse in
meeste gevalle by daardie klas oortreder die deurslag na die een of ander kant
toe gee is die aard van die misdaad, die rede daarvoor
en die wyse waarop dit
gepleeg is. Die mate van inbreuk op die betrokke gemeehskapsbelange word ook
grootliks daardeur bepaal.
Poging tot moord is uiteraard 'n ernstige misdaad en een waarvoor
gevangenisstraf in meeste gevalle opgelê word. Kyk bv na
S v Human
1979 (3) SA 331
(OK) 337 C. In die onderhawige geval is appellant se optrede
klaarblyklik
22.
klaarblyklik toe te skryf aan intense gegriefdheid veroorsaak deur die
dwarsboming van sy drang na Frederika. Maar dit was nogtans
'n berekende en goed
beplande aanslag op haar en haar man en twee kinders se lewens. Dit is na my
oordeel : ook duidelik dat hy werklik
bedoel het om hulle dood te maak. Daarvan
getuig sy keuse van moordwapen, sy wyse van aanwending daarvan en sy houding en
uitlatiags
kort na die voorval. Dit het hom blykbaar nie geskeel dat hy
onskuldiges ook probeer doodmaak het nie. Sulke optrede verg gedugte
bestraffing. Maar appellant is basies 'n goeie,voorbeeldige mens. En alhoewel sy
misdaad weersin= wekkend is het hy tot die pleging
daarvan oorgegaan omdat hy
geswig het voor die aanslag van sy emosies. Dit is ook onwaarskynlik dat hy weer
so 'n misdaad sal pleeg.
Die-ïanddros hetal die voormelde oorwegings asook die breedvoerige
getuienis van mev Vries waarin sy appellant se persoonlike
omstandighede in
detail behandel
het
23.
het, behoorlik in ag geneem en tot die slotsom gekom dat
'n tydperk van
onopgeskorte gevangenisstraf die enigste
gepaste vonnis was. Daarmee is geen fout te vinde nie.
Hy het besluit dat
'n termyn van ses jaar deur die omstandig= hede van die geval geverg word, maar
het die helfte daarvan voorwaardelik
opgeskort. Daardeur het hy oordeelkundige
genade.aan appellant betoon. LATEGAN, R kon op appèl geen fout met die
opgelegde
vonnis vind nie en MARAIS, R het met hom saamgestem. Ek deel hulle
siening. Na my oordeel is appellant behoorlik na verdienste bestraf.
Daar kan
derhalwe nie gevolg gegee word aan mnr
Webster
se versoek namens
respondent dat die vonnis verswaar word nie.
Die appèl word afgewys.
M T STEYN, AR
JANSEN, AR) Stem saam KUMLEBEN, Wnd AR )