S v Goosen (278/1987) [1988] ZASCA 31; [1988] 4 All SA 491 (AD) (29 March 1988)

58 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Accomplice liability — Appellant convicted of murder and robbery following a planned heist — Appellant's involvement included knowledge of potential violence and possession of a firearm by an accomplice — Court found appellant's intent constituted dolus directus — Appeal against death sentence based on alleged new evidence and procedural irregularities — Court held that new evidence not properly received; original conviction and sentence set aside for reconsideration of alternative applications and potential modification of appeal grounds.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1988
>>
[1988] ZASCA 31
|

|

S v Goosen (278/1987) [1988] ZASCA 31; [1988] 4 All SA 491 (AD) (29 March 1988)

LL
Saak No 278/
1987
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
Insake die appèl van:
MACHIEL ADRIAAN GOOSEN
Appellant
teen
DIE
STAAT
Respondent
CORAM
: VAN HEERDEN, NESTADT et KUMLEBEN ARR
VERHOORDATUM
: 18
MAART 1988
LEWERINGSDATUM
: 29 MAART 1988
UITSPRAAK
/
VAN HEERDEN AR
.....
2.
VAN HEERDEN AR
:
Die appellant en vier mede-beskuldigdes is in die Witwatersrandse Plaaslike
Afdeling aangekla van onder andere moord en roof. Anders
as sy
mede-beskul-digdes het die appellant op al die aanklagte skuldig gepleit waarna
Vermooten Wnd R 'n skeiding van verhore gelas
het. Slegs die appellant het toe
verder voor hom en sy assessore tereggestaan. Nadat getuienis gelei is om te
bewys dat die oorledene
vermoor is en dat die appellant sekere uitwysings gemaak
het, is die saak van beide die Staat en die appellant gesluit. Laas-genoemde
is
toe op onder andere die moord- en roofkiag skuldig bevind.
Hierna het die appellant ter versagting getuig. Dit blyk uit sy getuienis dat
hy en die ander beskuldig-des bewus was dat die oorledene,
wat aan 'n firma
verbonde was, op 'n sekere dag 'n groot geldsom vanaf die perseel
van die
firma na 'n ander plek sou neem en dat hy in 'n
/Mercedes ...
3. Mercedes sou reis. Dit is toe afgespreek dat die
appellant en twee Swart mans, Mazibuko en Tlhapane, op die betrokke dag die
Mercedes
in 'n ander voertuig sou volg; dat hulle met die voertuig voor die
Mercedes sou indraai om dit sodoende tot stilstand te dwing; dat
Tlhapane die
oorledene 'n vuishou sou toedien terwyl Mazibuko hom met 'n sub-masjiengeweer
(hierna 'n karabyn genoem) sou bedreig,
en dat hulle op hierdie wyse besit van
die geldsom sou verkry. Op 22 Februarie 1985 is die afspraak in werking gestel
en met 'n enkele
uitsondering het alles volgens plan verloop. Nadat die Mercedes
tot stilstand gebring is en die oorledene met die vuis geslaan is,
het die
Mercedes vorentoe beweeg en met die deur van die ander voertuig, 'n Cortina,
gebots. Op daardie stadium het Mazibuko naby
die Mer-cedes se neus gestaan met
die karabyn op die oorledene gerig. Toe die Mercedes beweeg, het Mazibuko
agteruit beweeg en die
appellant het toe 'n skoot hoor klap. (Dit het later
geblyk dat twee koeëls gevuur uit die karabyn
/die .....
4.
die oorledene getref het.) Hierna het Tlhapane 'n akte-tas waarin die geld
was uit die Mercedes gehaal en het die appellant en sy
makkers in die Cortina
weggejaag. Die geld is uiteindelik tussen die vyf samesweerders verdeel.
Die appellant het getuig dat hy die Cortina bestuur het en dat Mazibuko voor
langs hom gesit het. Terwyl hulle die Mercedes gevolg
het, het Mazibuko die
karabyn uit n sak gehaal. Hy het toe vir Mazibuko gesê om die stuurwiel
vas te hou en terwyl dit gebeur
het, het hy die magasyn uit die karabyn gehaal
en dit 'n paar keer gespan om seker te maak dat dit nie patrone bevat nie. Die
rede
was dat volgens die afspraak die vuurwapen slegs gebruik sou word om die
oorledene die skrik op die lyf te jaag sodat hy nie moes
probeer om weg te jaag
of hom teen te sit nie, en die appellant 'n "skietongeluk" wou voorkom.
/Die ...
5.
Die appellant het ook getuig dat een van
die
samesweerders die ander die versekering gegee
het dat
die oorledene bejaard was, dat hy nie aggressief was
nie en dat
hy nie 'n vuurwapen by hom sou hê nie.
Die hof a
quo
het die appellant se weergawe, insoverre dit
verontskuldigend was, verwerp. Wat be-tref die relaas aangaande ontlading van
die karabyn,
is bevind dat die appellant geimproviseer het toe hy die bewuste
stukkie getuienis gegee het. In hierdie verband is veral klem gelê
op die
volgende uittreksel uit die appellant se pleitverduideliking:
"Alhoewel ek nie die vuurwapen self gevuur het nie was ek bewus daarvan dat
beskuldigde nr. 2 [Mazibuko] in besit van die vuurwapen
was en dat die vuurwapen
gelaai was. Ek was ook bewus dat die vuurwapen gebruik sou word om die oorledene
skrik op die lyf te jaag.
Alhoewel ons ooreengekom het dat niemand sou skiet nie
het ek tog voorsien dat geweld toe-gepas kon word indien oorledene hom sou
teen-sit tydens die rooftog. Desnieteenstaande het ek volhard met die
rooftog."
Die appellant se getuienis aangaande die
/voornoemde
...
6.
voornoemde versekering is insgelyks verwerp. Die re-sultaat was 'n bevinding
dat versagtende omstandighede nie teenwoordig was nie.
Na die oordeel van die
hof a
quo
was die appellant se opsetvorm in effek
dolus directus
of het dit in elk geval daaraan gegrens. Ge-volglik is die appellant op die
moordklag ter dood veroor-deel.
Die ander beskuldigdes is deur McCreath R en assessore verhoor. Die
omstandighede wat tot hul skuldig-bevinding op die moordklag gelei
het, word
uiteengesit in die uitspraak van my kollega, Kumleben AR, in
S v Mazibuko en
Andere
(Appèl 384/1987) en dit is onnodig om diè hier te
herhaal. Dit is genoegsaam om te meld dat die appellant in daardie
verhoor
namens die Staat getuig het; dat sy getuienis wesentlik ooreengekom het met sy
voornoemde weergawe; dat hy deur Tlhapane
ge-staaf is; dat hierdie getuienis
deur die hof aanvaar is; dat Mazibuko na sy skuldigbevinding erken het dat
/hy ...
7.
hy die twee skote afgevuur het maar toe beweer het dat hy dit
nie opsetlik gedoen het nie, en dat 'n ander Staats-getuie gesê
het dat
dit die beleid van die firma was dat persone wat geld vervoer het hulle nie
tydens 'n ge-poogde rooftog moes teensit nie.
Uiteindelik is bevind dat daar
versagtende omstandighede aanwesig is en is al vier beskuldigdes tot tronkstraf
op die moordklag gevonnis.
Nadat hy gevonnis is, het die appellant aansoek gedoen om verlof om na
hierdie hof te appelleer teen onder andere die doodvonnis wat
hom opgelê
is. Terself-dertyd het hy 'n aansoek ingevolge art 316 (3) van die
Strafproseswet aanhangig gemaak. Die hoof smeekbede
van diê aansoek was
gerig op die verlening van 'n bevel waarvolgens die hof "die oorkonde van die
verrigtinge in die aangeleentheid
van die Staat teen Enoch .... Mazibuko en
Andere wat voor Sy Edele Regter S.W. McCreath
/aangehoor ...
8.
aangehoor en afgehandel is ... as getuienis in die saak van
die Staat teen die Applikant ... ontvang." In die alternatief is aansoek
gedoen
dat die hof op 'n datum bepaal te word die getuienis van die ander vier
beskuldig-des en 'n Staatsgetuie wat in
S v Mazibuko
getuig het, moes
ontvang. 'n Verdere alternatiewe smeekbede het nie wesentlik van die tweede
smeekbede verskil nie.
Die aansoek is deur Vermooten Wnd R aangehoor. Hy het uiteindelik verlof aan
die appellant verleen om teen sy doodvonnis te appelleer
en het ook 'n verdere
bevel gemaak, nl "dat die oorkonde van [
S v Mazibuko en Andere
] as
getuienis in die saak van die Staat teen die applikant ontvang mag word en dat
dit so gesamentlik met die oorkonde in hierdie
saak voor die Appèlhof sal
dien." Dit blyk dus dat die hoof smeekbede van die aansoek ingevolge art 316 (3)
van die Strafproseswet
toegestaan is:
Die subartikel lui soos volg:
/"Wanneer ...
9.
"Wanneer in 'n aansoek ingevolge subartikel (1) om verlof om te appelleer, by
beëdigde verklaring bewys
word—
(a)
dat verdere getuienis wat vermoedelik as waar aanvaar sal word,
beskikbaar is;
(b)
dat indien dit aanvaar word
die getuienis redelikerwys tot 'n ander uitspraak of vonnis aanleiding kan gee;
en
(c)
behalwe in buitengewone gevalle, dat
daar 'n redelik aanvaarbare verklaring
is vir die
versuim om die getuienis voor die afsluiting van die verhoor voor te
lê,
kan die hof wat die aansoek aanhoor, daardie ge-tuienis en verdere getuienis
ontvang wat daar-deur nodig gemaak word, met inbegrip
van teen-bewys deur die
aanklaer geroep en getuienis deur die hof
geroep."
In die ohderhawige geval het die appellant
weliswaar nie beëdigde verklarings van die "nuwe" getuies ingedien nie maar
vermoedelik
die notule van die verrig-tinge in
S v Mazibuko en Andere
beskikbaar gestel. Aan-gesien die betrokke getuies in daardie saak onder eed
getuig het, was die appellant se aansoek dus formeel
in orde. Dit is duidelik
dat Vermooten Wnd R van mening was dat die vereistes van art 316 (a) tot (c)
bevredig was,
/en ...
10.
en die enigste vraag is dus of hy die nuwe getuienis
"ontvang" het.
Na my mening bring die gebruik van bedoelde woord, in die samehang waarin dit
verskyn, mee dat die getuienis op 'n erkende wyse deur
die hof aangehoor moet
word. Behoudens uitsonderings wat nie tans ter sake is nie, moet die betrokke
persone dus
viva voce
getuie-nis gee. Dat dit diê bedoeling van die
wetgewer was, blyk uit die feit dat die woord "ontvang" ook slaan op verdere
getuienis wat deur ontvangs van die nuwe getuie-nis nodig gemaak word, met
inbegrip van onder ander ge-tuienis deur die hof geroep.
Laasgenoemde getuienis
sal uiteraard, of in elk geval in die reël, nie vervat wees in
beëdigde verklarings wat voor die
hof geplaas is nie.
In
casu
het die betrokke persone weliswaar getuienis gegee, maar nie
in die verhoor waarin die appel-lant uiteindelik die enigste beskuidigde
was
nie. En
/dit ...
11.
dit spreek vanself dat, behoudens moontlik 'n ooreenkoms
tussen die Staat en 'n beskuldigde, getuienis in een saak nie deur "ontvangs"
van die oorkonde daarvan getuienis in 'n ander saak word nie. Die Staat is
naamlik gereg-tig om nuwe getuies, al sou hul voorheen
in 'n ander saak getuig
het, opnuut ingevolge art 316 (3) onder kruisver-hoor te neem en daarna, indien
gewens, aansoek te doen om
weerleggende getuienis aan te bied.
'n Verdere oorweging is dat die getuienis in
S v Mazibuko en Andere
in
sekere opsigte rakende kardi-nale aspekte teenstrydig is. 'n Mens weet dus nie
welke van die strydige weergawes Vermooten Wnd
R beoog het om te "ontvang" nie.
Bowendien, en soos reeds gesê, het die appellant in daardie saak namens
die Staat getuig.
Het die geleerde regter dus in gedagte gehad dat sy ge-tuienis
ook as deel van die oorkonde "ontvang" moes word?
Dit kom my gevolglik voor dat Vermooten Wnd R 'n bevel gemaak het wat nie
deur art 316 (3) gemagtig word
/nie ...
12.
nie en derhalwe nietig is. Dit het meegebring dat hy nooit aandag gegee het
nie aan die alternatiewe smeekbedes wat wel binne die
raamwerk van die
subartikel tuisgebring kan word. Na my oordeel moet die aansoeke dus
terugver-wys word sodat die hof a
quo
opnuut kan besin oor die vraag of
die alternatiewe smeekbedes toegestaan moet word, asook of verlof om te
appelleer verleen moet
word.
Dit is nodig om die aandag op 'n verdere aspek te vestig. Volgens getuienis
wat Mazibuko by sy verhoor gegee het, het hy per ongeluk
die skote afgevuur.
In-dien hierdie getuienis aanvaar sou word, sou hy moontlik onskuldig aan die
moord, of slegs skuldig aan strafbare
mansslag, bevind kan word. Indien dit sou
gebeur, sou dit kon blyk dat die appellant ook nie skuldig aan moord is nie.
Gevolglik
kan die appellant oorweging daaraan skenk om sy aansoek in die hof a
quo
dusdanig te wysig dat ver-lof aan hom verleen word om teen sy
skuldigbevinding
/aan ...
13.
aan moord sowel as teen die doodvonnis te appelleer.
Ten slotte is dit nodig om die aandag te ves-tig op 'n aspek wat nie direk
ter sprake is nie. Soos ek die oorkonde verstaan, het Vermooten
Wnd R 'n
skeiding van verhore gelas hoewel dit deur nòg die Staat nóg enige
van die beskuldigdes versoek is. Die advokate
wat beide by die verhoor en op
appèl (ook in die
Mazibuko
-appèl wat op dieselfde dag
verhoor is) opgetree het, het ons dan ook die versekering gegee dat geen
sodanige aansoek in die
hof a
guo
gerig is nie. Art 157 (2) van die
Strafproseswet magtig egter 'n hof om 'n skeiding van verhore te gelas slegs
indien 'n aansoek
daartoe deur die aanklaer of enige van die beskuldigdes gerig
word. Dit volg dan dat Vermooten Wnd R nie bevoeg was om die bevel
onder
bespreking te verleen nie.
Geen bevel word dus ten aansien van die appèl as sodanig gemaak.nie.
Die aangeleentheid word terug
verwys na die hof a
quo
om opnuut die
appellant se
/aansoeke ...
14.
aansoeke ingevolge art 316 (3) van die Strafproseswet te oorweeg en dan
sodanige bevele as waarop dit mag besluit, te verleen. Die
appellant moet binne
'n tydperk van een maand die nodige stappe doen om die aansoeke ter rolle te
plaas.
H.J.O. VAN HEERDEN AR
NESTADT AR
STEM SAAM
KUMLEBEN AR