About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1988
>>
[1988] ZASCA 30
|
|
S v Ferreira (30/88) [1988] ZASCA 30 (29 March 1988)
EDWARD GERHARD FERREIRA
en Appellant
DIE STAAT
Respondent
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
(
APPÉLAFDELING
)
In die saak tussen:
EDWARD GERHARD FERREIRA
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
Coram
: HOEXTER, SMALBERGER, ARR et BOSHOFF, Wn AR
Verhoor
:
24 Maart 1988
Gelewer
: 29 Maart 1988
UITSPRAAK BOSHOFF, Wn AR
:
Die appellant is in die
Transvaalse
Provinsiale Afdeling deur
'n regter daaryan
skuldig /2
-2-
skuldig bevind dat hy op 4 September 1983 vir Johanna Agatha Gerber vermoor
het. Versagtende omstandighede is bevind en die appellant
is gevonnis tot ses
jaar gevangenisstraf. 'n Aansoek om,(a)'n spesiale aantekening van 'n beweerde
onreëlmatigheid op die oorkonde
aan te bring,en (b) verlof om te appelleer
teen die skuldigbevind-ing en vonnis is van die hand gewys. Hierdie hof het
verlof verleen
om slegs teen die skuldigbevinding en vonnis te appelleer.
Mnr
Pienaar
, namens die appellant, veg die skuldig-bevinding aan op
drie gronde, naamlik, dat die Staat nie bewys het nie, (i) dat die appellant
die
oorledene dood-
gemaak het, en alternatiewelik, (ii) dat die appellant
toerekeningsvatbaar /3
-3-
toerekeningsvatbaar was toe hy die misdaad
gepleeghet; en (iii) dat die appellant die nodige opset gehad het om dood te
maak nie.
Die appellant het nie self getuienis afgelê nie. Die getuies wat die
Staat gedagvaar het en nie opgeroep het nie, was na die
staatsaak gesluit is,
tot die beskikking van die appellant gestel. Nogtans het die appellant geen
getuienis voor die hof gelê
nie. Dit is gevolglik nodig om te let op die
getuienis waarop die staatsaak gegrond is.
Die appellant is 34 jaar oud en 'n dranksugtige met geen vastewerk of
verblyfplek nie. Hy woon somtyds by sy geskeide moeder maar
omdat sy nie daarin
kon slaag om hom van sy drinkgewoontes af te kry nie en weens pro-
bleme wat
sy met hom gehad het as gevolg van sy drinkgewoontes,
woon /4
-4-woon hy nie meer by haar nie.
Hy en Johanna Agatha Gerber, bekend as Hannetjie, wat ook 'n dranksugtigewas
en hierna die oorledene genoem word, het vir omtrent'n
jaar lank saamgeleef. Op
Sondag 4 September 1983 was hy en sy in die ongemeubileerde woonstel van ene
Nico Booyens, wat skynbaar
ook 'n drank-sugtige is. Ongeveer 11h00 het hy vir sy
moeder, mev Ferreira, getelefoneer net om vir haar te sê: "Ek het vir
Hannetjie geslaan,ek het haar aangerand." Sy was kwaad omdat sy die indruk gekry
het dat hy baie gedrink was en het gevolglik die
oproep kortgesny met die
op-merking: "Eddie is jy alweer gedrink."
Die...../5
-5-Die appellant se suster, mev Daniel, het onge-veer llh45 by
mev Ferreira se huis opgedaag. Nadat hulle tee gedrink het, het sy
die adres van
die appellant by mev Ferreira gekry en sy en'n mnr Freeman het na die woonstel
gegaan. Hulle wou vir die appellant
en die oorledene geestelik gaan bearbei.
Hulle het tussen 12hl5 en 12h30 by die woonstel aangekom en aan die deur geklop
maar niemand
het die deur oopgemaak nie. Hulle is toe daar weg.
Omtrent 13h00 het die appellant weer vir sy moeder getelefoneer en gesê
dat Hannetjie dood is en vir haar gevra om na hom toe
te kom. Volgens haar was
hy merkbaar baie bedroef. Omtrent 10 minute later het hy
weer /6
-6-
weer geskakel en gevra: "Mammie, wanneer kom jy." Hy was toe bitter hartseer.
Sy het geantwoord dat sy net vir'n taxi sal bel om vir
haar en mnr Freeman
soontoe te vervoer.
Die woonstel van Booyens is op die derde ver-dieping en loop saam met ander
woonstelle op 'n lang stoep uit. Volgens mev Ferreira,
toe sy uit die hys-bak
klim en op die stoep aanland, ongeveer 13h30, het die appellant op die stoep
gestaan en gesels met speurder-sersant
Viljoen. Die appellant het haar dadelik
opgemerk en na haar aangehardloop gekom en gesê: "Mammie, my Hannetjie is
dood." Volgens
mev Ferreira was hy nie baie dronk nie maar baie hartseer.
Ongeveer /7
-7-Ongeveer 13h25 op die betrokke Sondag het speurder-sersant
Viljoen 'n berig ontvang en dadelik na die woonstel gegaan. Hy het ongeveer
13h30 daar aangekom. Die voordeur was oop en appellant het in die
ongemeubi-leerde sitkamer op sy hurke op die mat gesit met sy rug
teen die muur.
Booyens was ook daar in die sitkamer maar hy het regop gestaan. Viljoen het
homself aan hulle voorgestel en verduidelik
dat hy berig gekry het van 'n
onnatuurlike dood en dat hy daar is om aandag aan die saak te gee. Die appellant
het toe vir hom gesê
dat hy verder met die gang moet afgaan en dat hy sal
sien wat daar aangaan. Hy het die oorledene voor die deur van die toilet gekry
waar sý in haar nagklere op haar
rug /8
-8-rug dood gelê het. Haar liggaam was alreeds koud en
"stywerig" gewees.
Toe Viljoen by die woonstel kom was 'n ambulans reeds daar maar Viljoen het
die ambulans teruggestuur.
Dit is geleë om nou eers te meld wat bevind is toe'n regsgeneeskundige
lykskouing op die lyk die volgende dag uitgevoer is. Die
oorsaak van dood was
versmoring weens verwurging. Daar was die volgende beserings: êrge
kneusing van die boonste en onderste
ooglede regs; blou area onder die linker
ooglid met die voorkoms van kneusing; skaafwond op die neusbrug (lcm x /2cm);
twee klein
skaafwonde aan die onderlip waarvan die groot-
ste /9
-9-ste ½cm x ¼cm is; duidelike klein tekens van on-langse
oorsprong aan die nek (veroorsaak toe oorledene verwurg is); fraktuur
van die
1ste, 2de en 3de ribbes met erge kneusing in die omliggende weefsel; en 'n
rup-tuur in die blaas.
Volgens die staatspatoloog, dr Malan, wat die lykskouing uitgevoer het, moes
redelike geweld toegepas gewees het om die oorledene
te verwurg en die simptome
wat hy gevind het, agter te laat. Dit sou ook onmiddellike dood veroorsaak het.
Stompgeweld was ook nodig
om die gebreekte ribbes te veroorsaak. Harde geweld
met 'n hakskeen sou dit kon veroorsaak het. Stompgeweld op die buik terwyl die
blaas vol is,sou 'n ruptuur van die
blaas /10
-10-blaas veroorsaak het. Weens die sepsis in die wand van die
blaas om die ruptuur was hierdie besering ouer as 'n dag en was dit
nie opgedoen
toe die oorledene verwurg is nie.
Dit is ook vasgestel dat haar bloedalkohol-konsentrasie 0,15 gram per 100
millimeter was. Dit sou daarop dui dat sy ten tye van haar
dood ongeveer die
ge-lyke van 8 sopies drank in haar gehad het.
Om weer terug te keer na die woonstel. Net na Viljoen die lyk gesien het, het
hy vir die appellant gevra wat die situasie is. Appellant
het vir hom kortliks
die volgende vertel. Hy en Booyens het reeds van vroeg die oggend gedrink. Toe
hulle drank opraak,
het /11
-11-
het hulle twee na die stasie toe gegaan en 'n bottel rietspiritus gekoop met
geld wat hulle gekry het vir 'n broek wat hulle daar
aan h Swartman verkoop het.
Met hulle terugkeer by die woonstel het hulle saam met die oorledene van die
bottel drank gedrink. Na
hulle gedrink het, het die appellant en die oorledene
na die slaap-kamer gegaan om te slaap. Toe hy wakker word,het hy gevind dat
Booyens in die sitkamer lê en slaap. Hy het uit die woonstel gegaan om
iets te kry om die woonstel mee uit te vee. Hy het teruggekeer
met h palmtak en
gevind dat die oorledene nie meer in die slaapkamer is nie. Hy het na haar
geroep en opgemerk dat die toilet-deur
toe is. Hy het die deur probeer oopstoot
en gesien
dat /12
-12-
dat die oorledene op die toiletbak sit. Hy het vir Booyens geroep en hom
gevra om vir hom water te bring. Hy het die water oor die
oorledene gegooi. Hy
kon toe sien dat sy nie meer lewe nie en het haar uit die toilet in die gang
ingesleep en klere onder haar kop
gesit. Haar hart het nie meer geklop nie en hy
het die ambulans ontbied.
Viljoen het van Booyens ook 'n verduideliking gekry. Volgens Viljoen het
beide Booyens en appellant na drank geruik en was hulle onder
die invloed van
drank. Appellant se spraak was nie normaal nie; hy het met 'n sleeptong gepraat
maar het nietemin 'n samehangende
ver-duideliking gegee en samehangend
geantwoord op al die
vrae /13
-13-vrae wat aan hom gestel is.
Viljoen het in die kombuis 3 leë brandewyn-, rietspiritus- en
vin-cocobottels gekry. Viljoen het daarna 'n beëdigde verklaring
van beide
die appellant en Booyens geneem. Die verklaring van die appellant was 14h30, d w
s 'n uur nadat Viljoen in die woonstel
gekom het, voltooi en deur die appellant
onderteken. Omdat die verklaring verduidelik hoedat die oorledene sekere van
haar beserings
opgedoen het en ook 'n aanduiding gee van die detail wat die
appellant in staat was om aan Viljoen te verstrek, word die hele verklaring
nou
weergegee:
"Ek Edward Ferriet (sic) Ferreira verklaar onder eed in Afrikaans:
Ek /14
-14-
Ek is 'n volwasse Witman 34 jaar, woonagtig te Muckleneuk te Hennie Mansions
no. 2 Middelburgstraat tel. 227571 en werksaam by Packsure
in Pretoria-wes
Industriële gebied met tel.:
Ek ken die oorledene Johanna Agatha Gerber.
Ons is nie getroud nie en woon al meer as 'n jaar saam. Sy het by Smart Dog in
Voortrekkersweg
Gezina gewerk: 708266. Op Dinsdag 1983.08.30 het ek en die
oorledene rusie gehad. Die oorledene het op Dinsdag 1983.08.30 om ongeveer
18h00
by die woonstel aangekom. Sy was gedrink. Dit was by my ma se woonstel soos bo
genoem. Ek het die oorledene in die park op
die hoeke van Troye-straat en
Kotzestraat gesien sit by ongeveer twee Witmans wat onbekend is aan my. Ek het
haar om ongeveer 17h00
op 1983-08-30 daar gesien sit. Ek het teruggegaan na my
moeder se woonstel toe. Toe die oorledene by my moeder se woonstel gekom
het,
het ek haar gevra waar kry sy die drank
en /15
-15-
en by wie het sy in die park gesit. Ons het 'n woordewisseling gehad waarop
sy my toe in die ribbes geskop het. Ek het haar met die
vuis op altwee haar oe
geslaan.
Bladsy 2
Dit is hoekom haar oë blou is. Die oorledene
het vanoggend saam met my en Nico Booyens Cane en brandewyn gedrink. Die
oorledene
was gedrink gewees en het gekla van 'n pyn in haar niere en op haar
maag. Ons is tans besig om te trek vanaf bovermeWe adres na Werk-en-Leef
Woonstelle no. 302 Troyestraat, Sunnyside. Ek het toe vir haar bed gemaak in die
kamer waar sy toe gaan lê het. Ek het vir
'n rukkie by haar gelê,
toe het ek by Nico op die sitkamermat gaan lê. Ongeveer 13h00 het ek
opgestaan en na haar kamer
toe gegaan. Sy het opgestaan en toilet toe geloop. Sy
het te lank na my sin in die toilet gebly waarop ek toe die deur oopgemaak
het
en gesien het sy het
agteroor /16
-16-
agteroor op die toilet geval met haar kop in die hoek op die grond. Sy was
blou in die gesig en het geen teken van lewe getoon nie.
Ek het haar gegryp en
in die gang in gesleep waar ek probeer het om haar by te kry. Ek het haar met
water oor haar gesig gegooi maar
sy het nog steeds geen teken van lewe getoon
nie.
Bladsy 3 D
ie oorledene het vroeg vanoggend nog voor sy gedrink het op
'n koerant gegly en in die gang op haar gesig geval. Ek en die oorledene
het nie
vandag rusie gehad nie en ook nie baklei nie. Sy het op die grond geval."
Dit is miskien nodig om net hier te meld dat Viljoen geen koerante in die
woonstel gekry het nie. 'n Foto is van die binnekant van
die toilet geneem net
na Viljoen op die toneel gekom het en daar was geen tekens
van /17
-17-van water op die vloer van die toilet of op die oorledene nie.
Mev Ferreira ontken dat die appellant en die oorledene Dinsdag,
30 Augustus
1983, by haar woonstel was.
Viljoen het die appellant op 5 September 1983 gearresteer en op 7 September
1983 het die appellant 'n verdere verklaring afgelê.
Dit is weer nodig om
na die volledige verklaring te verwys want dit wyk af van die appellant se
vorige verklarings.
"Woensdagaand het ek vir Hannetjie 'n klap op die linkeroog gegee. Dit was in
die park. Toe gaan ons na my ouers toe, toe kry ons
'n woorde-wisseling, ek, my
ma en sy. Daar is toe nie met haar baklei nie, maar dit was ek en my swaer en my
ma, wat my
toe /18
-18-
toe dieselfde aand laat toesluit het. Dieselfde aand het my ma vir Hannetjie
gesê sy moet na haar ouers toe gaan. Toe sy my
kom uithaal het by Sentraal
Polisiestasie, die volgende dag, was sy saam met haar baas. Ons het na mev.
Gerber se moeder toe gegaan
in Weavind Park, waarop ek toe vir Hannetjie gevra
het hoekom haar oog blou is en sy my meegedeel het dat ek haar geklap het en sy
my gekrap het op my linkeroor. Ek het telke-male die rofie afgetrek waarop dit
gebloei het en weer 'n roof gevorm het. Ek het haar
tasse geneem en
terugge-kom-na die park toe waar ons weer ge-sit en drink het. Ons twee het toe
na Nico Booyens se woonstel gegaan
nadat ons gedrink het. Ek het mnr. Booyens
meegedeel
Bladsy 2
dat ek uit die tronk gekom het en sonder blyplek
is. Mnr. Booyens het ons toe blyplek gegee. Ons het die Donderdagaand daar
geslaap,
waarop mnr. Booyens my meegedeel het dat hulle
seun /19
-19-
seun kom Vrydag terug en ons kan nie daar slaap nie. Hannetjie het die Vrydag
werk toe gegaan, dit is die dag wat sy geld gekry het,
toe't ons weer drank
gekoop. Die Vrydag het mnr. Booyens se vrou die aand, die helfte van sy meubels
kom haal. Ek het Vrydagaand
nie daar geslaap nie maar Hannetjie wel, waarop ek
in die park vir Tony gekry het en saam met hom by die kerk geslaap het. Vroeg
Saterdagoggend is ek terug na die woonstel toe. Mnr. Booyens het die deur
oopgesluit toe ek daar gekom het. Ek het Hannetjie in die
sitkamer aangetref
waar sy op die bed geslaap het. Ons het gewag tot die bottel-store oopmaak, toe
gaan koop ons drank. Ons het gedrink
totdat mnr. Booyens se
Bladsy 3
moeder opgedaag het en die ander meubels verwyder het. Ek en Nico het
uitgegaan Saterdag om ongeveer 13h00 en het een van my seilbroeke
verkoop aan 'n
Swarte vir R4,00 (vier rand) waarmee ons 'n bottel Vin Coco gekoop
het /20
-20-
het. Ons het teruggegaan en Hannetjie op die bank aangetref waar sy nog
gelê en slaap het. Na sy ouers weg is, het ons almal
gaan slaap. Die
volgende oggend het ek in die kamer ingegaan en deur die tasse gekyk en op die
bottel brandewyn afgekom. Dit is die
Sondag, waarop ons begin drink het vroeg in
die oggend en groot doppe gegooi het. Toe ons klaar was daarmee het ons nog 'n
bottel
Cane by die stasie gaan koop. Toe ons terugkom het Hannetjie naak op die
vloer gelê. Ek het haar gevra wat soek sy so nakend
op die vloer, waarop
sy my meegedeel het dat sy kry warm. Ek kan nie onthou of ek aan haar geraak het
nie, want ek was onder die
invloed van sterk drank. Sy het haar pienk nagklere
en haar pienk kamerjapon toe gaan aantrek. Ons het toe
Bladsy 4
op die
mat gaan sit en drink. Toe ons klaar was het sy my meegedeel dat haar maag pyn.
Ek het haar toe gevra
of /21
-21-
of sy nie verwagtend is en of sy nie dalk spierpyne het nie. Ek het vir haar
toe 'n bed gaan maak op klere op die vloer in die slaapkamer,
waarop ek toe by
Nico op die mat in die sit-kamer gaan lê het. Ek het wakker geword na 'n
slag wat ek gehoor het. Ek was nie
vas aan die slaap nie, want ek het nog
gelê en rook. Han-netjie het toe in die sitkamer ingekom en oor ons gekyk.
Sy het omgedraai,
daar was koerante wat losgelê het in die gang waar sy op
gegly het en vooroor geval het. Ek staan toe op en help haar na die
kamer toe.
Ek het haar toe laat lê en het langs haar gaan lê. Ons het op ons
sye gelê in mekaar se arms, waarop
sy my meegedeel het dat sy jammer is.
Ons het probeer om gemeenskap te hê, maar ons was toe onder die invloed.
Daar het toe
iemand aan die deur geklop en ek wou dit nie oopmaak
nie,
Bladsy 5
want ek het gedink dit is Nico se vrou en ek was bang
vir moeilikheid.
Ons /22
-22-
Ons het toe later aan die slaap geraak. Toe ek wakker word het ek nie h benul
van tyd gehad nie. Hannetjie het toe opgestaan en haar
kamerjapon uit-getrek.
Dieselfde tyd het ek ook opgestaan. Ek het haar by die kamer-deur op die wang
gesoen en vir haar gesê
ek gaan gou vir ons kos maak en dan 'n besem haal
om die woonstel uit te vee. Ek is met die hyser af, waarop Nico nog op die mat
gelê en slaap het. Die voordeur het oopgestaan. Ek kon nie 'n besem kry
nie en het h tak gekry wat dieselfde doelkon verrig.
Ek het teruggekom en haar
naam geroep. Sy het my nie geantwoord nie. Ek het na die toilet toe gegaan toe
ek sien die deur is toe,
waarop ek ge-sukkel het om die deur oop te kry want
haar voete het die deur toegehou. Ek het die deur ongeveer 6 (ses) duim
oopgemaak,
en ingeloer en gesien laat sy met haar boude op die bank, haar
nagbroek op haar knieë en haar rug heeltemal agteroor en haar
kop in die
hoek skuins gelê het. Ek
het /23
-23-
het geskrik,
Bladsy 6
en omgevlieg en Nico gaan wakker maak. Ek het
hom meegedeel dat Hannetjie lyk vir my dood. Ek het teruggegaan en die deur met
mening
oopgedruk. Ek het teruggegaan en Nico weer geruk en op hom geskree toe
spring hy op en kom saam met my toilet toe. Han-netjie het
in 'n baie
ongemaklike posisie gelê. Sy was nog warm, haar gesig was persrooi en sy
was baie slap. Ek het op Nico geskree om
water te gaan haal, wat hy toe ook
gedoen het. Ek het my hande onder haar kop en haar nek ingedruk en haar in 'n
sittende posisie
opgeruk op die bank. Ek het haar om die nek vasge-hou en haar
kop agteroor gedruk en vir haar gesê het "Koko's Koko's". Sy
het geen lewe
getoon nie en ons het water op haar kop gegooi. Toe skree ek vir Nico om die
ambulans te gaan bel. Hy was weg en in
die tydperk het ek Hannetjie in die
gang
ingesleep /24
-24-
ingesleep. Ek het haar gemaklik laat lê met klere onder haar kop. Ek
het my oor op haar hart gedruk
Bladsy 7
en het geen klopping gehoor nie. Nico het teruggekom en my
meegedeel hy kry nie die ambulans se nommer nie. Ek het toe uitgehardloop
en die
am-bulans gebel, waarop hulle toe ongeveer 15 (vyftien) minute later daar
opge-daag het en my toe onder in die straat gekry
het. Hulle het eers opgegaan
woonstel toe en toe weer afgegaan en die polisie ontbied het. Ek is seker sy was
dood die moment wat
ek daar-ingeloer het."
Dit blyk uit hierdie verklarings dat die appellant ten opsigte van alles wat
hy onthou het,berekend opgetree het Hy het trouens self
die ambulans laat kom.
Die ambulansdrywer het die polisie ontbied.
Op. /25
-25-
Op 5 September 1983, nadat die appellant arres-teer is, het dr
Pietersen, die distriksgeneesheer, vir hom ondersoek en die volgende
beserings
aan hom gekry: twee blou kolle op die regter bo-been wat ouer as drie dae kon
gewees het; 'n blou kol op die ribbes voor
links wat minder as drie dae oud kon
gewees het; 'n rofie aan die linker oorskulp, vier by vier millimeter, wat ouer
as 24 uur kon
gewees het; 'n droë rofie op die neusbrug, so groot as 'n
vuurhoutjiekop, tussen die oë wat meer as 24 uur kon gewees het
'n blou kol
by die linker knie wat waarskynlik jonger as 24 uu kon gewees het; twee klein
parallele krapmerkies by die regter bo-been,
een en twee sentimeter lank, wat
jonger as 24 uur was en deur vingernaels kon veroorsaak gewees
het; /26
-26-
het; en 'n bytplek oor die linker tepel, wat waarskynlik jonger as 24 uur kon
gewees het.
Vingernaelskraapsels waarin daar velweefsel en bloed was, is onder die naels
van die oorledene uitgehaal. Die bloed was van die A-groep
wat ook die groep is
waar-onder die bloed van die appellant en Booyens val. Die bloed was nie van die
oorledene afkomstig nie want
haar bloed val onder die O-groep.
Dit was die somtotaal van die getuienis teen die appellant aan die einde van
die Staat se saak.
Mnr
Pienaar
betoog nou dat dit deurgaans die saak van die appellant
was dat iemand anders vir die dood
van /27
-27-
van die oorledene verantwoordelik was. Dit strook egter nie met die
feite nie. Op geen stadium in die saak was die verweer van die
appellant aan die
getuies gestel nie. Daar was geen suggestie dat enige iemand anders die
oor-ledene kon verwurg het nie. Booyens
was in die sitkamer en het volgens die
appellant gedurende die tersaaklike tye geslaap. In besonder het hy geslaap toe
die appellant,
op een weergawe, uit was en weer teruggekom het en vir die
oorledene gesoek het en in die toilet gekry het. Daar was ook geen suggestie
dat
Booyens enige rusie of probleme met die oorledene gehad het nie. Al getuienis
wat daar is, is dat die appellant 'n rusie met
haar gehad het en haar aangerand
het. Selfs met die verrigtinge kragtens
artikel /28
-28-
artikel 119 van die Strafproseswet, 1977,was daar geen suggestie dat
Booyens haar kon vermoor het nie. Hy het aanvaar dat hy haar
aangerand het omdat
sy, volgens hom, naak op die vloer gelê het toe hy en Booyens teruggekom
het nadat hulle twee drank gaan
koop het. Toe die landdros vir hom gevra het hoe
hy haar aangerand het, het hy soos volg geantwoord:
"Ek het haar aangerand, dit bewys alles, maar ek kan nou nie presies sê
hoe het ek haar aangerand nie. Ek was onder die invloed
van drank. Of ek haar
geskop het, dit moet wees, of ek haar met die vuis geslaan het, dit moet wees,
ek kan nie presies sê
nie. Maar na ek haar aangerand het, het ons op die
mat gaan sit en verder drink.
HOF
: Nou wanneer is sy toe dood,
daardie /29
-29-
daardie selfde dag?
BESKULDIGDE
: Dieselfde dag, daardie
middag dood.
HOF
:
BESKULDIGDE
:Ek kan net daar noem, na
ek haar
aangerand het, het ek blykbaar
uit die woonstel uitgegaan om my
ouers te
skakel en te sê ek het haar
aangerand, dit is wat hulle my ver-
tel,
ek het nie eers onthou daarvan
nie. Maar hulle het my daarna dit
vertel.
Dit is waarop my moeder my
suster en my swaer gestuur het om te
kyk wat
aangaan. Dit was ongeveer
12h00.
HOF
r U sê u weet nie hoe u haar aan-
gerand het
nie, maar hoekom, hoe weet
u dan nou u het haar
aangerand?
BESKULDIGDE
: Die bewyse van die foto's,
jammer ek het nou die foto's, dit
moet wees dat ek haar aangerand
het.
HOF
: Weet u uit u eie uit dat u
haar aangerand
het?
BESKULDIGDE
: Ja, ek was kwaad vir
haar omdat sy kaal
gelê het op die mat,
wetend /30
-30-
wetend daar is ander mans ook in die woonstel, en die woonstel was leeg. HOF:
Nou kan die Hof die volgende feite as erkennings aanteken.
Dit beteken, indien u
toestem daartoe, en u is nie verplig om toe te stem daartoe nie, dan staan dit
as bewys teen u, en is dit nie
nodig vir die Staat om dit te bewys nie. Dit is
naamlik dat u op 4 September 1984 (sic) vir Johanna Agatha Gerber aangerand het?
BESKULDIGDE
: Ja."
In die tersaakrlike gedeelte van sy pleitverduide-liking kragtens artikel 115
van die Strafproseswet, 1977, ontken hy slegs dat enige
handeling aan sy kant of
deur hom gepleeg die dood van die oorledene veroorsaak het.
Al die getuienis dui sterk daarop dat die
oor-
ledene /31
-31-
ledene in die toilet verwurg is, omdat verwurg-ing onmiddellike dood
veroorsaak, en dat dit gebeur het terwyl die appellant en Booyens
in die
woonstel was. Booyens het niks met die oorledene te doen gehad nie, net die
appellant was alleen in haar gesêlskap en
het met haar rusie gehad en haar
aangerand. Hy het 'n vars bytplek en vingernaelskrape, wat deur die oorledene
kon veroorsaak gewees
het, aan hom gehad wat hy nie verduidelik het nie en hy
het ook nie in die getuiebank gegaan om die ander beserings aan die oorledene,
soos haar gebreekte ribbes, te verduidelik nie. Dit is ook opmerklik dat die
appellant homself in sy verskillende verklarings weerspreek
ten opsigte van die
stadium van die gebeure
wanneer......../32
-32-
wanneer die oorledene na die toilet sou gegaan
het.
Om op te som het ons die posisie dat die oorledene saam met die appellant by
Booyens se woonstel ingetrek het. Daar is geen getuienis
hoegenaamd dat Booyens
enige iets met die oorledene te doen gehad het nie. Daar was rusies en
aanrandings tussen die appellant en
die oorledene en die getuienis dui daarop
dat die appellant die laaste persoon is wat in die geselskap van die oorledene
was terwyl
sy nog gelewe het. Daar was op die getuienis wat voor die verhoorhof
gelê is geen aanduiding dat enige ander persoon die beserings,
wat aan die
oorledene gevind is, kon veroorsaak het nie.
Mnr
Pienaar
betoog verder dat die Staat nie
bewys
het /33
-33-
het dat die appellant toerekeningsvatbaar was toe hy die oorledene verwurg
het nie en beroep hom grotendeels op die getuienis wat
toon dat hy onder die
invloed van drank was.
In die huidige geval, waar die appellant 'n dranksugtige is en die dood van
iemand veroorsaak, is hy nie toerekenbaar vir sy handeling
nie slegs wanneer hy
so besope is dat hy nie besef nie dat wat hy doen ongeoorloof is, of dat sy
inhibisies wesenlik verkrummel het,
sien
S v Chretien
1981(1) SA 1097 (A)
op 1106 B-C Behalwe dat die bewyslas op die Staat in so 'n geval berus om
toerekeningsvatbaarheid te bewys, is
die toets vir toerekeningsvatbaarheid daar
dieselfde
as /34
-34-
as die in die geval van geestesongesteldheid of geestes-gebrek nl of die
dader nie oor die vermoë beskik -(a) om die ongeoorloofdheid
van sy
handeling te besef nie; of (b) om ooreenkomstig 'n besef van die
ongeoor-loofdheid van sy handeling op te tree nie, sien
art 78(1)
van die
Strafproseswet, 1977.
In die laasgenoemde saak (p 1108 C-D) wys Rumpff HR daarop dat een van die
probleme in verband met die dade gepleeg in dronkenskap
is dat die beskonkene
wel weet wat hy doen terwyl hy dit doen, maar dikwels later vergeet het wat hy
gedoen het. Die blote feit dat
hy vergeet het wat hy gedoen het, maak hom nie
on-toerekeningsvatbaar nie.
Dit /35
-35-Dit kan aanvaar word dat die appellant op die betrokke dag
gedrink was maar alles dui daarop dat hy nogtans subjektief geweet
het en besef
het wat hy doen en beredeneerd en berekend opgetree het. Hy het sy moeder om
llhOO gebel en vertel wat hy gedoen het;
om llh45 nie die voordeur oopgemaak nie
nadat hy die geklop aan die deur gehoor het; om 13h00 sy moeder gebel en
gerapporteer dat
Hannetjie dood is; ongeveer tien minute later ontsteld gevra
wanneer sy kom; die ambulans gebel; toe sy moeder opdaag, na haar gehardloop
en
gesê dat sy Hannetjie dood is; en toe Viljoen hom ongeveer 13h30 ondervra,
het hy samehangend sy vrae beantwoord. Feitlik
onmiddel-lik daarna het hy 'n
beëdigde verklaring aan Viljoen gemaak
waarin /36
-36-waarin hy besonderhede verstrek wat toon dat sy geheue
redelik min geaffekteer was deur die drank al was sy spraak geaffekteer.
Viljoen
het die mening uitgespreek dat die appellant teen die muur geleun het toe hy op
sy hurke gesit het omdat hy nie kon staan
nie. Volgens mev Ferreira egter het hy
na haar aangehardloop gekom toe hy haar uit die hysbak sien kom; hy was nie baie
dronk nie
maar hartseer. Volgens kaptein Raubenheimer wat die Sondagmiddag ook
by die woonstel was, het die appellant daar rondgestaan.
Die staatspatoloog het aan die hand van die hoeveelheid drank wat die
oorledene ingehad het en die
tyd wanneer hulle kon begin drink het en ook die toestand
van /37
-37-van styfheid van die oorledene se liggaam om 13h30, baie
rofweg geskat dat sy om 09h00 kon gesterf het. Alles was so onseker dat
hy
toegegee het dat hy nie 'n betrou-bare skatting kon maak nie. Hoe dit ookal mag
wees, die appellant het vanaf ten minste llhOO
toe hy vir sy moeder gesê
het dat hy die oorledene aangerand het, getoon dat hy geweet het en besef het
wat aangaan totdat
die polisie om 13h30 opgedaag het. Daarbenewens het hy
verskillende relase aan die polisie gegee van wat gebeur het wat mag aandui
dat
hy die volgorde van die gebeure nie meer mooi onthou nie of selfs dat hy 'n
onbetroubare persoon is wat nie altyd die waarheid
praat nie.
Hoe dit ookal mag sy, dit is opmerklik dat
hy
in /38
-38-
in die laaste verklaring wat hy aan Viljoen
gemaak het spesifiek daarna verwys dat hy die oorledene in die toilet om haar
nek vasgehou
het nadat hy haar met sy hande onder haar kop en haar nek vasgevat
het en in 'n sittende posisie opgeruk het. Dit kan die indruk
skep dat hy geweet
het van die merke aan haar keel en 'n onskuldige verklaring daarvoor probeer gee
het.
Mev
van der Walt
, namens die Staat, steun sterk op die feit dat die
oorledene in die toilet verwurg is. Daar was duidelike tekens dat die oorledene
in die toilet op die toiletbak was en dat sy uitgesleep was tot in die gang voor
die toiletdeur waar sy deur Viljoen dood aangetref
is. Indien sy wel op die
toiletbak was toe sy
verwurg /39
-39-
verwurg is, is dit uiters onwaarskynlik dat sy
in h wors-teling met die appellant verwurg is. 'n Sterk afleiding is dan dat die
appellant
na haar gegaan het waar sy in die toilet besig was en haar daar
verwurg het. Dit volg dus dat hy doelbewus na die toilet gegaan het
en haar om
die nek beetgepak het en, volgens die oordeel van die staats-patoloog, 'n
redelike mate van geweld toegepas het om sy
klaarblyklike doel te bereik.
In die lig van al hierdie getuienis en oorwegings is dit nie moontlik om te
bevind dat die appellant ontoe-rekeningsvatbaar was toe
hy die oorledene verwurg
het nie.
Dit word verder namens die appellant betoog
dat
die .../40
-40-die Staat nie, in die lig van
die getuienis dat die appellant onder die invloed van drank was, bo redelike
twyfel bewys het dat
hy die bedoeling gehad het om die oorledene te vermoor
nie.
Dit is natuurlik so dat die appellant 'n dranksug-tige is en op die betrokke
dag onder die invloed van drank was maar, soos reeds
aangevoer hierbo, dui alles
daarop dat hy besef het wat gebeur het en berekend opgetree het. Dit kan nie uit
die getuienis duidelik
vasgestel word wat sy toestand was die oomblik toe hy die
oorledene verwurg het nie. Omdat hy nie self getuienis afgelê het
nie geld
wat daar gesê is in
S v Saaiman
1967(4) SA 440 (A) op 442 F-G:
"Die /41
-41-
"Die appellant self was die beste in staat om
oor die hoeveelheid drank wat hy ingeneem het, oor die uitwerking wat die inname
van
drank gewoonlik, of op die betrokke dag, op hom gehad het, en oor sy
toestand ten tyde van die misdaadpleging, te getuig, en om,
indien hy aan moord
onskuldig was, sy handelswyse wat andersins onvermydelik tot 'n gevolgtrekking
van moord lei, te verduidelik.
Dat hy dit nie gedoen het nie, regverdig 'n
ongunstige afleiding teen hom. (
S v Masia
,
1962 (2) S.A. 541
(A.A.) op
bl. 546)."
In die lig van die voorafgaande feite en oor-wegings is ek nie oorreed dat
die appellant verkeerdelik aan moord skuldig bevind is
nie.
Mnr
Pienaar
betoog ten slotte dat die
vonnis
uitermatig /42
-42-
uitermatig swaar is en gee in oorweging dat die
helfte daarvan opgeskort word. Die verhoorregter het aandag geskenk aan die
wenslikheid
van 'n opgeskorte vonnis maar daarteen besluit. Mnr
Pienaar
gee toe dat die geleerde regter nie in enige opsig misgetas het nie. Inagnemende
al die feite van die saak en die persoonlike omstandighede
van die appellant is
dit nie moontlik om tot die slotsom te kom dat geen redelike hof so 'n vonnis
sou opgelê het nie.
Bygevolg word die appèl teen beide die skuldig-bevinding en die vonnis
van die hand gewys.
Waarnemende Appèlregter
HOEXTER, AR )
stem saam
SMALBERGER, AR )