Ngqumba and Another v State President and Others; Damons NO and Others v State President and Others; Jooste v State President and Others (543/86,544/86,545/86) [1988] ZASCA 23 (25 March 1988)

70 Reportability
Constitutional Law

Brief Summary

Constitutional Law — Detention — Emergency Regulations — Appellants sought release from detention under emergency regulations promulgated by the State President — The High Court dismissed the applications for release, leading to an appeal — Legal issues included the validity of the emergency regulations, the lawfulness of the arrests and detentions, and the adequacy of reasons provided for continued detention — The Supreme Court of Appeal held that the High Court erred in its findings regarding the validity of the regulations and the lawfulness of the detentions, and granted leave to appeal on specific grounds, ultimately allowing the appeal in part and ordering the release of the appellants.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1988
>>
[1988] ZASCA 23
|

|

Ngqumba and Another v State President and Others; Damons NO and Others v State President and Others; Jooste v State President and Others (543/86,544/86,545/86) [1988] ZASCA 23 (25 March 1988)

Sake Nommers 543/86 544/86
545/86 D du p -
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die sake tussen:
1.
PHILA NGQUMBA AND ANOTHER
Appellante
and THE STATE PRESIDENT AND TRHEE OTHERS
...
Respondente
2.
ADAM DAMONS N.O. AND TWO OTHERS
Appellante
and THE STATE PRESIDENT AND THREE OTHERS
...Respondente
3.
COLIN ABRAHAM GODFREY JOOSTE
Appellant
and THE STATE PRESIDENT AND THREE OTHERS
...
Respondente
Coram
: RABIE WND HR, JOUBERT, VILJOEN, HEFER
et VIVIER, ARR.
Verhoordatum:
Leweringsdatum
:
24 November 1987.
Maart 1988.
2.
UITSPRAAK RABIE WND
HR
:
Dit is 'n appèl teen die beslissing van die Oos-Kaapse
Afdeling van die Hooggeregshof wat drie aansoeke, wat saam verhoor is,
met koste
af gewys het. Die uitspraak van die hof a
quo
(
per
Kannemeyer R,
met wie Jennett R en Jones R saamgestem het) is gerapporteer: kyk
Nqumba and
Others v. State President and Others
1987 (1) SA 456
(OK). (Die spelling
"Nqumba" is foutief; dit moet Ngqumba wees.)
Die aansoeke was gerig op die vrylating van
persone
wat in aanhouding verkeer het nadat daar teen hulle opgetree is ingevolge die
bepalings van regulasie 3(1) en 3(3) van die
regulasies wat die Staatspresident
ingevolge
die/
3.
die bepalings van art. 3(1)(a) van die Wet op Openbare
Veiligheid, No. 3 van 1953, op 12 Junie 1986 in Proklamasie R 109 uitgevaardig
het. Soos op 458 van die hofverslag gesê word, is die hof a
quo
in
al drie die aansoeke gevra om 'n bevel uit te reik waarvolgens -
"1. The matter is dealt with as one of
urgency
in terms of Rule 6(12);
2. regs 3(1) and 3(3) of the emergency regula-tions proclaimed in
Government
Gazette
10280 of 12 June 1986 are declared invalid;
3. the arrest of each of the applicants is declared unlawful;
4. the detention of each of the applicants is declared unlawful;
5. the third respondent is directed to secure the release of each of the
applicants from
custody forwith;
6. alternatively to 2,3,4 and
5,
the third respondent is directed to furnish his written reasons for the
continued de-tention of the applicants within four days of
service of any order
made herein and to
hear and consider submissions made there-after by the applicants for the
termination
of/
4.
of their detention;
7. the third
respondent is ordered to pay the costs of this application."
In twee van die aansoeke is die hof ook gevra om te beveel dat beter
slaapgeriewe en voedsel aan die betrokke aan-gehoudenes voorsien
moet word.
Dié aangeleentheid is in die loop van die verhoor van die aansoeke deur
die partye opgelos en die hof moes daarna
net 'n kostebevel in verband daarmee
gegee het. Dit is
per incuriam
nie gedoen nie.
In die eerste van die
drie aansoeke was daar twee applikante, nl. Phila Ngqumba en Prince Mhamhe. In
die tweede aansoek was daar drie
applikante. Die eerste was Adam Damons, wat die
vrylating van sy minder-jarige seun, Gareth Damons, aangevra het. Die ander
twee
applikante/
5.
applikante, Mxolisi Jackson Fuzile en Brian Osteridge ,
was aan-
gehoudenes. In die derde aansoek het Colin Abraham Godfrey
Jooste om sy vrylating aansoek gedoen. In elk van die
drie aansoeke was die eerste drie respondente onderskeidelik
die Staatspresident
,
die Regering van die Republiek van
Suid-Afrika en die Minister van Wet en Orde. In al drie
die aansoeke is die bevelvoerende offisier van die polisie-
stasie of gevangenis waarin die betrokke gevangene(s) in
aanhouding was ook as respondent gesiteer.
Nadat die hof a
quo
die aansoeke afgewys
het,
het die appellante hom om verlof gevra om na
hierdie
hof te appelleer. Die aansoek is op nege gronde gedoen.
Dieselfde drie regters wat die aansoeke. verhoor het, het in
'n/.
6.
'n skriftelike uitspraak (
per
Kannemeyer R) aan die
appellante
verlof verleen om op drie van daardie gronde te appelleer
Verlof om op die ander gronde te appelleer, is geweier.
By die aanvang van die appèl in hierdie hof is daar
ook namens die appellante betoog (soos daar/in hulle skriftelike
betoogpunte betoog is) dat die bevel wat aan hulle verlof
verleen het om na hierdie hof te appelleer, inhou dat hulle
op al die gronde, d.w.s. ook dié waarop verlof om te
appelleer geweier is, kon appelleer. Die kern van die
betoog was dat wanneer 'n appellant appelleer, hy teen die
hof se bevel appelleer en nie teen sy uitspraak of die
redes vir sy bevel nie, en dat wanneer 'n hof verlof ver-
leen/.....
7.
leen om teen sy bevel te appelleer, dit inhou dat die
appellant op enige grond kan steun. Die hof se bevinding
oor die gronde waarop hy verlof om te appelleer geweier
het, lui die betoog, is dan van bloot akademiese belang.
Die advokaat vir die respondénte het in sy skriftelike betoog-
punte met die appellante se mening oor hierdie aange-
leentheid saamgestem. Ons was egter nie daarvan oortuig
dat die advokate se mening juis was nie en het, nadat
ons hulle aangehoor het, beslis dat dit die appellante nie
vrygestaan het om te appelleer op die gronde waarop die
hof a
quo
hulle nie wou toelaat om te appelleer nie.
Ons het egter aangedui dat die appellante hierdie hof
om verlof sou kon vra om ook op daardie gronde te
appelleer. Hulle het dit toe ook gedoen.
Daar/....
8.
Daar is tevore al deur hierdie hof gesê
dat verlof om te appelleer
tot sekere gronde beperk kan word en dat, wanneer dit gedoen word, die
appèl tot daardie gronde
beperk is. In
R v Jantjies
1958(2) SA 273
(A) op 275 A-B het Schreiner AR in hierdie verband gesê:
"When leave to appeal is granted the leave may be limited, so as to allow only
particular grounds of appeal to be advanced. This
was done, for instance, in
R. v. Mgxwiti
,
1954 (1) S.A. 370
(A.D.) - see p. 374. But if leave to
appeal is granted generally all issues may be canvassed (cf.
R. v.
Nzimande
, 1957(3) S.A. 772 (A.D. at p.
774.)"
In S v Williams
en
'n
Ander
1970(2) SA 654(A) op 655
G het die hof
na
R
v Jantjies
,
supra
, verwys en opgemerk dat dit
gemene saak tussen die partye was dat 'n appèl tot spesifieke gronde
beperk kan word. In
S v Sikosana
1980(4) SA 559 (A) op
563 A-B het
hierdie hof (
per
Diemont AR) , weer eens met 'n
verwysing/....
9.
verwysing na
R v Jantjies.
gesê:
"..when leave is granted the leave raay be
limited so as to allow only parricular grounds of appeal to be advanced, or
leave may be granted generally so that all the isaues
may be canvassed...."
In die onlangse beslissing van hierdie hof in
S.v. Safatsa and Others
1988 (l) SA 868 (A) op 877 B-D is weereens bevestig dat verlof om te appelleer
tot spesifieke
gronde beperk kan word.
Die beslissings waarna ek hierbo verwys het
as gesag vir die stelling dat
verlof om te appelleer tot spesifieke gronde beperk kan word, was almal
strafsake,
maar/.
10
maar dit is nie 'n aanduiding dat die posisie in siviele
sake anders is nie. In beginsel is daar geen rede waarom
'n hof, wanneer hy verlof gee dat. geappelleer kan word,
die gronde van appèl in 'n strafsaak sou kon beperk , maar
nie in 'n siviele saak nie.
Soos ek hierbo gesê het, het die
appellante
hierdie hof versoek om hulle toe te laat
om ook op dié
gronde te appelleer waarop die hof a
quo
verlof geweier
het. Nadat die advokate aangehoor is, het ons verlof
verdere gegee dat op drie/gronde geappelleer kan word. Die
gevolg is dat aan die appellante verlof verleen is om op
die ses gronde wat ek direk hierna sal uiteensit, en wat
ek/.....
11
ek geriefshalwe van 1 tot 6 nommer, te appelleer. Gronde
1, 3 en 6 is dié wat die hof a
quo
toegelaat
het, terwyl
gronde 2, 4 en 5 dié is waarop ons verlof
verleen het.
Die gronde is:
1. "The Learned Judges erred in law in finding that Regulation 3(1) of the
Regulations contained in Proclamation R 109 of 1986 promulgated
in terms of
section 3(1)(a) of the Public Safety Act No. 3 of 1953 ('the Act') ('the
Emergency Regulations') was
intra vires
the State President, and more
particularly in-not holding that the regulation was void for vagueness,
specifically by reason of failing
to clarify
(a)
(b) how and by whom the period of
detention,
within the maximum limit of 14 days indicated in
Regulation/
12
Regulation 3(2), was to be determined."
2. "The Learned Judges erred in law and in fact in
holding that the relevant members of the Police and/ or the Minister had
properly and adequately applied their minds to alternative
courses of action,
other than arrest and detention in terms of the Emergency Regulations, for the
purpose of
f
orming an opinion whether such arrest and detention were
'necessary' for any of the prescribed purposes".
3• "The Learned Judges erred in law and in fact in
holding that, insofar as criteria for an extension decision by the Minister
in terms of Regulation 3(3) could be implied, the Minister
must be considered to
have complied with such criteria, particularly in the light of the'Minister' s
failure, despite specif ic challenge,
to depose to or supply any admissible
evidence showing
(a)
that he had applied his
mind to any of the cases under consideration and
(b)
if so, what criteria, if any, he had taken into account
•"
4. "The learned Judges erred in law in
holding that in circumstances where the onus of proof was on the Respondents and
where there
was a conflict of fact on the papers the allegations made by the
Respondents
were/
13
were to be accepted for the determination of such questions."
5.
"The learned Judges erred in
law in holding that the failure to inform a detainee of the reason for his
arrest and detention as soon
as practicable after the physical apprehension, or
alternatively at least prior to the issue of a written detention order, did not
vitiate the legality of the detention, depending on the facts of each
case."
6.
"The Learned Judges erred in
failing, despite a specific request, to make an appropriate costs
order
in regard to the part of the proceedings which
resulted
in certain Applicants obtaining the relief they had
sought concerning the supply of adequate and suitable
food to them."
Die verskillende gronde van appèl word hier-
onder behandel. Ek wil
vooraf net sê dat ek aanvaar dat
lesers van hierdie uitspraak bekend is
met die inhoud
van die uitspraak van Kannemeyer R in 1987(1) SA 456.
Die
feite met betrekking tot die drie aansoeke wat voor
die/
die hof a
quo
gedien het, blyk grotendeels uit die ge-
leerde regter se uitspraak en ek sal, behalwe waar dit nodig
of gerieflik is om dit te doen, nie herhaal wat reeds in sy uitspraak
gesê word nie. Ek wil ook byvoeg dat, hoewel die appellante
se stukke, en
ook sommige van dié van die respondente, in Engels opgestel is, sowel mnr
De
Villiers
, namens die appellante, as mnr
Van der Merwe
, namens
die respondente, die hof in Afrikaans toegespreek het .Vandaar die feit dat
hierdie uitspraak ook in Afrikaans is.
Grond van appël (1)
:
Die bepalings van art. 3(1) (a) van die Wet op Openbare Veiligheid, No. 3 van
1953 (hierna "die
Wet/
14
15
Wet" genoem) en van regulasie 3(1), (2) en (3) van die regulasies wat
daarkragtens in bogemelde Proklamasie R 109 van 12 Junie 1986
uitgevaardig is,
is hier ter sprake Art. 3(1)(a) van die gemelde wet bepaal soos volg;
"3.(l)(a) Die Staatspresident kan in 'n gebied waarin die bestaan van 'n
noodtoestand kragtens artikel
twee
verklaar is, en vir so lank die
proklamasie wat die bestaan van so 'n nood-toestand verklaar, van krag bly, by
proklamasie in die
Staatskoerant
die regulasies uit-vaardig wat hy nodig
of raadsaam ag om voor-siening te maak vir die veiligheid van die publiek of die
handhawing
van die openbare orde, en om voldoende voorsiening te maak vir die
beëindiging van so 'n noodtoestand, of om te handel met omstandighede
wat
na sy oordeel as gevolg van so 'n noodtoestand ontstaan het of waarskynlik sal
ontstaan."
Reg. 3(1), (2) en (3) van die gemelde
regulasies
lui/.....
lui soos volg:
16
"3.(1) 'n Lid van 'n Mag kan enige persoon wie se aanhouding na die oordeel
van daardie lid nodig is vir die handhawing van die openbare
orde, of die
veiligheid van die publiek of daardie persoon self, of ter beëin-diging van
die noodtoestand, sonder lasbrief arresteer
of laat arresteer, en kan so 'n
persoon by wyse van 'n skriftelike bevel deur enige lid van 'n Mag onderteken,
in bewaring in 'n
gevangenis aanhou, of laat aanhou.
(2)
Niemand word ingevolge
subregulasie (1) vir 'n tydperk van langer as veertien dae vanaf die datum van
sy aanhouding aangehou nie,
tensy daardie tydperk deur die Minister kragtens
subregulasie (3) verleng word.
(3)
Die
Minister kan, sonder kennisgewing aan enigiemand en sonder om enigiemand aan te
hoor, by wyse van 'n skriftelike kennis-gewing
deur hom onderteken en gerig aan
die hoof van 'n gevangenis, gelas dat 'n persoon wat ingevolge subregulasie (1)
gearresteer is en
aangehou word, verder in daardie ge-vangenis aangehou word vir
die tydperk in
die/
17
die kennisgewing vermeld of vir solank hier-die Regulasies van krag is."
Die Minister na wie daar in reg. 3(3) verwys word, is die Minister van Wet en
Orde, en "Mag", soos in reg.3( 1) vermeld, is, volgens
reg.
1(iv), die
Suid-Afrikaanse Polisie, die Suid-Afrikaanse Spoorwegpolisiemag, die
Suid-Afrikaanse Weermag of die Gevangenisdiens.
Die appellante se betoog is, soos hierbo aangedui, dat reg. 3(1) nietig is
vanweë die vaagheid daarvan deurdat dit nie duidelik
bepaal hoe en deur
wie
die tydperk van aanhouding tot 'n maksimum van 14 dae, soos in reg. 3(2)
vermeld, bepaal moet word nie. Die betoog is onaanvaarbaar.
Selfs indien aanvaar
word dat 'n hof die bevoegdheid het om reg. 3(1) weens vaagheid nietig te
verklaar ('n aangeleent-
heid/
18
heid wooroor ek aanstons meer sal sê), is dit my mening dat daar
geen vaagheid in die bepaling is wat tot sy nietig-heid kan
lei nie. Reg, 3(1)
magtig 'n lid van 'n Mag om iemand wie se aanhouding na sy oordeel vir die
handhawing van die openbare orde, of
die veiligheid van die publiek, ens., nodig
is, te arresteer of te laat arresteer, en hy kan dan so 'n persoon by wyse van
'n skriftelike
bevel wat deur homself, of deur 'n ander lid van 'n Mag
onderteken is, in 'n gevangenis laat aanhou. 'n Aanhouding wat op dié
wyse bewerkstellig is, duur, volgens reg. 3(2), vir hoog-stens 14 dae, tensy die
Minister die tydperk verleng (reg. 3(3)). Volgens
reg. 3(6) kan die Minister ook
te eniger tyd gelas dat 'n persoon wat ingevolge reg. 3 aange-hou word,
vrygelaat word. Hy sou dus
ook kon ge-
las/
19
las dat iemand wat ingevolge reg. 3(1) aangehou word, vóór die
verstryking van 14 dae vrygelaat moet word. Die antwoord
op die appellant se
betoog dat reg. 3(1) nie duide-lik toon hoe of deur wie die duur van
die
aanhouding bepaal word nie, i.s na my mening dus duidelik: wanneer 'n lid
van 'n Mag íemand arresteer of laat arres-teer omdat
hy van oordeel is
dat die betrokke persoon se aanhouding vir een of meer van die voorgeskrewe
doel-eindes nodig is, duur die aanhouding
van so 'n persoon vir 14 dae, tensy
die Minister die tydperk verkort, of verleng. Ek vind in die regulasie niks wat
enigsins die
mening regverdig dat, soos o.m. voor ons betoog is, die lid van 'n
Mag wat iemand arresteer, of laat arresteer, die taak,
of/
20
of die bevoegdheid, het om te bepaal vir hoe lank, binne die tydperk van 14
dae, so 'n persoon aangehou moet word nie. Die appellante
het hulle beroep op
die beslissing
in die saak
Jaffer and Another v.Minister of Law and Onder and Others
1986(4) SA 1027 (K). Die benadering van die hof (Bennan R) in daardie saak
was, as ek dit reg verstaan, dat wanneer 'n lid van 'n
Mag iemand arresteer
omdat hy van oordeel is dat die persoon se aanhouding vir een van die
voorgeskrewe doeleindes nodig is, hy moet
besluit of aanhouding vir 14 dae nodig
is en dat, indien hy nie daarvan oortuig is nie, hy die persoon alleen vir
daardie aantal
dae kan laat aan-hou wat hy nodig ag. (Kyk 1034 van die
hofverslag.)
Soos/
Soos sal blyk uit wat ek hierbo gesê het, is hierdie be-
nadering na my mening verkeerd, Die tydperk van aanhou-
ding ingevolge reg. 3(1) is 14 dae, maar die Minister
kan dit verkort (reg- 3(6)) of verleng (reg. 3(3)).
Ek het, soos hierbo aangedui, die vraag of
reg, 3(1)
weens vaagheid as nietig beskou moet word, be-
spreek in die veronderstelling dat 'n hof hom oor dié
vraag kan uitspreek. Ek het dit gedoen omdat die
respondente in die hof a
quo
, en ook weer in hierdie hof,
aangevoer het dat 'n hof deur die bepalings van art- 5B
van die Wet belet word om reg. 3(1) weens sy beweerde
vaagheid/.....
21
22
vaagheid nietig te verklaar. Art. 5B, wat deur art . 4 van Wet 67 van 1986 in
die Wet ingevoeg is, lui, vir so-ver relevant, soos
volg:
"Geen interdik of ander prosesstuk word uit-gereik vir die opskorting of
nietigverklaring van ... enige regulasie kragtens artikel
3 uitgevaardig, ... en
geen hof is bevoeg om ondersoek in te stel na of uitspraak te doen oor die
geldigheid van enige sodanige ...
regulasie nie."
Die respondente se betoog is, kort gestel, dat reg. 3(1) binne die
bevoegdheid van die Staatspresident, soos in art. 3(1)(a) van die
Wet aan hom
verleen, val; dat reg. 3(1) dus kragtens art. 3(1)(a) van die Wet uitgevaardig
is; dat, selfs indien reg. 3(1) vaag sou
wees, soos deur die appellante beweer,
daardie vaagheid nie afdoen aan die
feit/
23
feit dat dit kragtens art. 3(1) (a) van die Wet uitge-vaardig is nie en dat
die hof dus deur art. 5B van die Wet belet word om hom
oor die geldigheid van
reg. 3(1) uit te spreek. Kannemeyer R het hierdie betoog in die hof a
quo
verwerp: kyk 462 D-G van die hofverslag. In die lig van my bevinding dat reg,
3(1) nie, soos deur die appellante beweer, weens vaagheid
as nietig beskou kan
word nie, is dit nie nodig om in te gaan op die vraag of die hof a
quo
se
bevinding korrek was nie.
Grond van appèl (2)
:
Die betoog in die geval van hierdie grond
van
appèl lui dat die arrestasie van elk van
die appellante
ongeldig verklaar moet word omdat die oordeel van die
persoon/.....
24
persoon wat hom gearresteer het nie 'n oordeel was soos be-
doel in reg. 3(1) nie. Dit was nie so 'n oordeel nie, sê die
appellante, omdat die persone wat die arrestasies gedoen het
nie aangetoon het dat hulle voor-die-hand-liggende alterna-
tiewe optredes teen die appellante in plaas van hulle aan-
houding oorweeg het nie. Dieselfde betoog is ook in die
hof a
quo
gelewer.' Dit is gegrond op 'n passasie in die
uitspraak van Marais R in die saak
Dempsey v. Minxster of
Law and Qrder and Others
1986(4) SA 530 (K) op 541 H- 542 C,
waar die geleerde regter die arrestasie van 'n non (suster
Harkin ) deur ene kaptein Oosthuizen behandel het. Die be-
trokke passasie word in die uitspraak van Kannemeyer R
op 471 F-472 C aangehaal. Dit is onnodig om
dit weer volledig weer te gee, en ek haal slegs die
volgende/.....
25.
volgende gedeelte daaruit aan waaruit die benadering
van
Marais R m.i. voldoende blyk:
"As he (d.w.s. kapt. Oostuizen) saw it
,
she had been guilty of
unlawful conduct of the kind described by him and had interfered with police
action and with the restoration
and maintenance of public order. I in-terpolate
here that it follows that she had thus rendered herself liable to arrest in
terms
of the ordinary law of the land and Captain Oosthuizen must be taken to
hav.e been aware of that. His affidavit is silent on what
seems to me to be a
crucial factor in the circumstances of this particular case, namely why a
conventional arrest and prose-cution
in accordance with the ordinary law oif the
land would not have served to put an end to any threat to public order which she
may
have then represented. I can only conclude that he failed to consider it. If
he had considered it and concluded that it would not
have sufficed, I would
have
expected/
26
expected him to say so and to explain why it would not have sufficed. Before he
could conscientiously conclude that her arrest and
detention in terms of the
emergency regulations was necessary, I think it is manifest that he would have
to consider this obvious
alternative"
Daar is voor
ons betoog dat indien daar 'n alternatief tot aanhouding beskikbaar is,
aanhotftiing nie "nodig", soos in reg. 3(1) bedoel,
kan wees nie. Die lid van 'n
Mag wat dit oorweeg om iemand te arresteer, moet dus, volgens die betoog,
alternatiewe optredes oorweeg.
Hy moet ook, lui die betoog verder, in 'n
verklaring aan die hof sê of hy 'n alternatiewe optrede, of alternatiewe
optredes,
oorweeg het en, indien hy dit wel gedoen het, moet hy ook aan die hof
sê wat dit was en waarom hy be-
sluit/
27
sluit het om aanhouding te gelas eerder as om 'n alternatiewe
optrede te volg. Indien hy nie so 'n verklaring maak nie,
lui die betoog, kan die hof nie bevind dat die oordeel
waartoe hy geraak het 'n oordeel was soos in reg. 3(1)
bedoel nie, en 'n arrestasie wat hy uitgevoer het, sal dus
ongeldig verklaar moet word. Wat die appellante betref,
lui die betoog, is daar nie in die geval van enigeen van
hulle verklaar of alternatiewe optredes oorweeg is nie en
ook nie waarom, indien dit wel oorweeg is, daar nogtans
besluit is om hulle te arresteer en te laat aanhou nie.
Daar was alternatiewe optredes beskikbaar, lui die betoog
verder, en gevolglik is daar nie bewys dat die oordeel van
diegene wat die appellante gearresteer en laat aanhou het
'n/....
28 'n oordeel was soos in reg. 3(1) bedoel nie
Dieselfde betoog is, soos
reeds gesê, in die hof a
quo
gelewer. Besonderhede van die
alternatiewe optredes wat, volgens dié betoog, oorweeg moes gewees het,
asook die hof se mening
daaroor, blyk uit die uitspraak van die hof: i.v.m.
Ngqumba en Fuzile, op 476 H-477 E; i.v.m. Mhamhe, op 479 D-480 C; i.v.m. Damons,
op 477 G-H, 478 F-479 A; i.v.m. Osteridge, 479 A-D en i.v.m. Jooste, 474 D-476
G. Die hof het die betoog verwerp. In sy bespreking
van Jooste se geval het die
hof (op 475 G-H) gesê dat die alternatiewe optredes wat volgens die betoog
van sy advokate oorweeg
moes gewees het, nie "'alternatives' in terms of
Dempsey
's case" was nie, en dit wil voor-
kom/
29
kom asof dit die geleerde regter se mening in die geval
van al die appellante was. Die hof a
quo
het die appellante
se betoog na my mening tereg verwerp, maar ek vind dit nie
nodig om in te gaan op die vraag of die alternatiewe op-
tredes wat volgens die appellante se betoog oorweeg moes
gewees het alternatiewe "in terms of "
Dempsey
se saak was
nie. My mening is, kort gestel, dat die feit dat diegene
wat die appellante gearresteer het nie verklaar het dat
hulle alternatiewe optredes oorweeg het en , indien hulle
dit wel gedoen het, waarom hulle nieop 'n alternatiewe optrede
besluit het nie, nie die afleiding regverdig dat hulle
mening dat dit nodig was om die arrestasie te doen nie
'n mening was soos in reg. 3(1) bedoel nie. Ek sê hier-
onder/.....
30
onder meer hieroor.
Die beslissing van Marais R in die Dempsey-
saak is
op appèl na hierdie hof omvergewerp. Kyk
The
Minister of Law and Order and Another v. Angela Dempsey
;
uitspraak gelewer op 11 Maart 1988 Hefer AR,
met wie se uitspraak die meerderheid van díe hof saamgestem
het, het bevind, om dit kort te stel, dat die applikant
se saak op twee gronde berus het, nl. (1) dat kapt. Oosthuizen
mala fide
opgetree het, en (2) dat hy nie die mening
gehuldig het dat dit nodig was om suster Harkin te
arresteer nie. Die aantyging van
mala fides
is deur die
appellant se advokaat laat vaar, en daar is geen rede om
te twyfel dat kapt. Oosthuizen wel die mening gehuldig
het/....
31
het dat dit nodig was dat suster Harkin aangehou moet
word nie. Hefer AR het gevolglik bevind dat
die applikant nie haar saak bewys het nie en het hom nie
oor die meriete al dan nie van Marais R se benadering
t.o.v. die optrede van kapt. Oosthuizen (soos dít blyk
uit die hierbo gemelde passasie in 1986(4) SA op 541 H-
542 G) uitgespreek nie.
Wat die gemelde passasie betref, blyk dit
m.i. dat
Marais R se redenering op die geval voor hom
toegespits was. Hy het naamlik gesê : "His (d.w.s.
Oosthuizen se) affidavit is silent to what seems to me to
be a crucial factor in the circumstances of this particular
case ". Maar hoe dit ook al sy, die appellante gee
daar/....
33
te bereik. Die toets is subjektxef, en die feit dat die
hof 'n ander mening oor die noodsaaklikheid van iemand se
aanhouding as die arresteerder huldig, beteken nie sonder
meer dat die oordeel van die persoon wat besluit het dat
aanhouding nodig was nie 'n oordeel is soos in reg. 3(1)
bedoel nie. Die lid van 'n Mág wat moet oorweeg of dit
nodig is om iemand te arresteer en te laat aanhou, sal in
dié proses waarskynlik gewoonweg ook, so goed hy dit in die
heersende omstandighede kan doen, oorweeg of 'n minder
drastiese optrede nie voldoende sal wees nie, maar dit
bring nie mee dat hy, telkens wanneer sy besluit aan-
geval word, verplig is om aan die hof te sê welke alterna-
tiewe optredes hy oorweeg het, ens., indien hy sy be-
sluit/.....
34
sluit staande wil hou nie. Dit is natuurlik denkbaar dat 'n besluit dat
iemand aangehou moet word in die lig van die bekende feite
van 'n saak as so
drasties en onnodig kan voorkom dat dit, in die afwesigheid van 'n bevredigende
verduideliking, die afleiding kan
regverdig dat die persoon wat die arrestasie
gedoen het nie be-hoorlik aandag aan die aangeleentheid gegee het nie. Maar dit
beteken
nie'dat die persoon wat 'n aanhouding nodig geag het altyd verplig sal
wees om te sê dat hy alternatiewe optredes oorweeg het,
wat daardie
alternatiewe was en waarom hy nie een van hulle gekies het nie. Neem bv. die
geval van Osteridge (die derde applikant
in die tweede aansoek voor die hof a
quo
). Die
inligting/
35
inligting wat die polisie met betrekking tot hom gehad
het, was dat hy 'n kampanje vir burgerlike ongehoorsaamheid
gevoer het en dat hy gedreig het om mense wat aan die
polisie inligting gee, te "necklace", d.w.s, te vermoor
deur hulle te laat doodbrand. Daar is in verband met hom
betoog dat - soos dit in die appellante se betoogpunte ge-
stel is - "the obvious alternative of arresting him under
the ordinary law of the land does not appear to have been
considered" en dat daar weens majoor Nel se versuim om
in 'n beëdigde verklaring te sê of hy alternatiewe optredes
oorweeg het, ens. , bevind moet word dat hy nie 'n
mening gehuldig het soos deur reg. 3(1) vereis word nie
Kannemeyer R het in sy uitspraak in die hof a
quo
(op
479/.....
36
479 C) hieroor gesê: "A threat to'necklace' people was
surely, in itself, sufficient to found an opinion that
arrest and detention were necessary". Ek stem hiermee
saam. Die betoog is onrealisties en dit toon hoe on-
aanneemlik die gedagte is dat wanneer 'n lid van 'n Mag
nie verklaar of hy alternatiewe optredes porweeg het nie,
ens., dit noodwendig meebring dat nie gesê kan word dat hy
'n mening gehuldig het soos in reg, 3(1) vereis word nie.
In die saak
The Bishop of the Roman
Catholic
Church of the Diocese of Port Elizabeth
and Another v.
The Minister of Law and Order and Others,
waarna daar deur
Kannemeyer R in sy uitspraak in die hofa
quo
verwys word,
het Kroon R, met verwysing na
Dempsey
se saak
supra
, o.m.
gesê/.....
37
gese:
"In my view it cannot be said that an arrest and detention is necessary for
the purposes set out in regulation 3(1) unless there is
no other viable
alternative and accordingly there can be no opinion that such arrest and
detention is necessary unless alternatives
to such action are considered and
opined to be not feasible or practicable."
(Hierdie aanhaling is deel van die passasie in die uitspraak van Kroon R wat
op 472 C-F van die uitspraak van Kannemeyer R aangehaal
word.) Die stelling van
Kroon R dat "... it cannot be said that an arrest and detention is necessary for
the purposes set out in
regulation 3(1) unless there is no other viable
alternative" is onaanneem-lik. 'n Lid van 'n Mag het die bevoegdheid om iemand
te
arresteer as hy van oordeel is dat die aanhouding van
daardie/
38
daardie persoon nodig is ter bereiking van een of meer van
die doeleindes wat in reg. 3(1) genoem word. Hy is die
persoon wat moet beslis oor die vraag of aanhouding nodig
is, en al sou daar volgens die mening van ander 'n "viable
alternative" wees, sou dit nie vanself sy mening dat aan-
houding nodig is ongeldig maak nie. Die vraag is dus nie
of 'n arrestasie en aanhouding "is necessary" nie, maar of
die persoon wat die arrestasie doen van mening is dat dit
nodig is. Die toets is, soos reeds gesê, subjektief.
Die vraag is dus nie, soos daar op een plek in die uit-
spraak van Kroon R gesuggereer word, of die feitebewerings
van kapt. Van Wyk (wat die gewraakte arrestasie laat uit-
voer het) sy rnening geregverdig ("justified") het nie,
maar/....
maar wel of hy eerlik die betrokke mening gehuldig het. Kroon R het blykbaar
self gevoel dat sy stelling met be-trekking tot alternatiewe
optredes dalk
beperk moet word, want hy het voortgegaan om te sê:
"It may be that some limitation should be placed on what would properly
constitúte an alternative course to adopt and I wish
to guard myself from
stating that every alterna-tive which counsel' s ingenuity may, after the event,
suggest, was one which ought
to have been considered before recourse was had to
the powers conferred by regulation 3(1). It is not necessary, however, that I
venture any view as to what the nature of such limita-tion should
be."
Kannemeyer R het in sy uitspraak in die hof a
quo
na hierdie woorde van Kroon R verwys en gesê (op 472 F-G):
"I/....
39
"I would suggest that one possible limitation is this. The purpose of the Public
Safety Act is to meet situations in which the ordinary
law of the land is
inadequate to enable the Government to ensure the safety of the public or to
maintain public order. If the situation
with which the arresting member is faced
is one which can properly be dealt with under the ordinary law of the land, then
a recourse
to detention will not be necessary."
Die
geleerde regter se voorstel is onaanvaarbaar. Dit hou in dat die besluit wat
deur reg. 3,(1) aan die sub-jektiewe oordeel van
'n lid van 'n Mag oorgelaat
word, aan 'n objektiewe toets onderwerp moet word, t.w. of die situasie wat 'n
lid van 'n Mag wil bekarnp
deur iemand te laat aanhou "can properly be dealt
with by the ordinary law of the land". Wat hierdie punt betref, moet ook in
gedagte/.....
40
41
gedagte gehou word dat die persone wat deur reg. 3(1)
gemagtig word om 'n arrestasie te doen, nie regsgeleerdes
is van wie verwag kan word om altyd te weet of die situasie
wat hulle wil bekamp "can properly be dealt with under
the ordinary law of the land" nie. Verder, wat die
aangehaalde passasie in die uitspraak van Kannemeyer R betref,
die feit dat die Wet die Staatspresident magtig om vir
sekere doeleindes regulasies uit te vaardig indien die
gewone landswette onvoldoende is om die Regerxng in staat
te stel om die veiligheid van die publiek te verseker of
die openbare orde te handhaaf, hou nie in dat 'n noodmaat-
reël nie toegepas kan word in gevalle waar die gewone
landswette/....
42
landswette ook toepassing sou kon vind nie.
Grond van appël
(3)
:
Die derde grond van appèl is dat die Minister (die derde
respondent in al drie die sake) nie 'n beëdigde verklaring voor
die hof
gelê het waarin hy ver-klaar waarom, of op welke gronde, hy die verdere
aanhouding van die appellante ingevolge reg.
3(3) beveel het nie. Die betoog is
dat, in die afwesigheid van so 'n verklaring, dit nie blyk dat die Minister van
oordeel was dat
die bevele nodig was ter bereiking van een
of
meer van
die doeleindes wat in reg. 3(1) en art . 3(1) (a) van die Wet genoem word nie
(kyk
State President and Others v. Tsenoli
;
KerchhofT and Another v .
Minister of Law and Order and
Others/
43
Others
1986(4) SA 1150 (A) op 1183 H-J, 1184 D-F), en ook
nie dat hy behoorlike aandag, of enige aandag hoegenaamd,
aan die hele kwessie van die aanhouding van die appellante
gegee het nie. Aangeleenthede waaraan die Minister sy
aandag moes gegee
het, lui die betoog, was (i) ander,
minder drastiese, optrede teen die appellante as hulle
aanhouding ingevolge reg. 3(3), en (ii) die tydperk
van verdere aanhouding wat na sy oordeel nodig was ter
bereiking van die doeleindes wat in art. 3(1)(a) van die
Wet vermeld word. Die gevolg van die Minister se stil-
swye oor al die bogemelde aangeleenthede, sê die appellante
is dat die aanhoudingsbevele ongeldig is.
Die/.....
44
Die hof a
quo
was van oordeel, soos in
Kannemeyer R se uitspraak oor die aansoek om verlof
om te appelleer gesê word, dat die inligting wat deur Nel
aan die Minister voorgelê is voldoende was om die Minister
te laat besluit om die aanhoudingsbevele uit te reik en,
verder, dat die hof, in die lig van die feite van die saak,
kon aanneem ("assume") dat die Minister die inligting wat
aan hom voorgelê is, oorweeg het en op grond daarvan tot
die gevolgtrekking gekom het dat dit nodig was dat die
appellante verder aangehou moes word. Die appellante se
betoog is dat die hof fouteer het aangesien daar niks
voor hom was wat aangetoon het wat die Minister werklik
gedink het, of dat hy enige alternatiewe optredes i.p.v,
die/....
45
die aanhouding van die appellante oorweeg het, of dat hy
sy aandag aan die tydperk van hulle aanhouding gegee het
nie. Soos ek hieronder aandui, is ek nie daarvan oortuig
dat die hof a quo fouteer het nie.
Die inligting in verband met die appellante
wat in
die respondente se stukke vermeld word, is deur
Nel aan die Minister voorgelê. Die Minister het nood-
wendig geweet dat dié inligting met die oog op die moontlike
verdere aanhouding van die appellante ingevolge reg. 3(3)
aan hom voorgelê is. Die inligting was vergesel van 'n
aanbeveling deur Nel. Nel het in die geval van al drie
die aansoeke 'n beëdigde verklaring gemaak. In die geval
van die eerste twee aansoeke sê Nel dat hy deur die
Minister/....
46
Minister (en ook deur die eerste twee respondente) gemagtig ("authorised") is
om die beëdxgde verklaring te maak. In die geval
van die derde aansoek
sê hy dat hy sy ver-klaring "on behalf of" en met die magtiging van die
Minister en die eerste twee respondente
maak. (Hierdie bewerings word nie betwis
nie.) Hieruit kan myns insiens
afgelei word dat die Minister bedoel het dat
die inligting
wat deur Nel aan. hom voorgelê is aan die hof voorgelê
sou word as die inligting wat hy oorweeg het en op grond waarvan hy besluit
het dat dit nodig was dat die appellante verder aangehou
moet word. Die hof a
quo
was van mening, soos reeds hierbo gesê ,
dat die
inligting wat Nel voor die
Minister/....
47
Minister gelê het voldoende was om hom te laat besluit dat
dit nodig was om die appellante verder aan te hou. Hierdie
mening is myns insiens geregverdig. Die aard van die in-
ligting met betrekking tot die verskillende appellante word
kortliks in die uitspraak van die hof a
quo
genoem en dit
is nie nodig om die tersaaklike feite vollediger weer te
gee nie
Met betrekking tot die gemelde betoog
dat die hof a
quo
nie geregtig was om te aanvaar ("assume")
dat die Minister die feite wat voor hom gelê is, oorweeg
het en op grond daarvan die mening gehuldig het dat dit
nodig was dat die appellante verder aangehou moes word
nie, wil ek kortliks ook verwys na die saak
Seedat v. Rex
1942/......
48
1942 NPD 189
, waar dit ook gegaan het oor die bewys van die mening
("opinion") van iemand wat nie self getuienis voor die hof afgelê het
nie.
Dië appellant in daardie saak is daaraan skuldig bevind dat hy die
bepalings van 'n "certificate of exemption from internment"
oortree het. So 'n
sertifikaat kon ingevo.lge sekere rtoodregulasies deur die Minister van Justisie
of die "chief control officer"
(wat in Pretoria gesetel was) uitgereik word ten
opsigte van 'n persoon wie se gedrag na die oordeel ("opinion") van die Minister
of die "chief control officer" sodanig was "as to make it desirable in the
interest of the State or in that person's own interest
to control
his/.....
49
his activities". 'n Sertifikaat ten opsigte van die appellant is deur die
"control officer" in Durban (wat nie die "chief control
officer" was nie)
uitgereik, en daar is betoog dat die Staat moes bewys het dat die "chief control
officer", wie se mening in die
betrokke geval ter sake was, die vereiste mening
aangaande die appellant gehuldig het; dat die Staat derhalwe verplig was om hom
as getuie op te roep, en dat die Staat se versuim om dit te doen meegebring het
dat die saak teen die appellant nie bewys is nie.
Hathorn RP het die betoog soos
volg be-handel (op 195) :
"The question, then,is merely one of the sufficiency of proof. The evidence of
the control officer was that he
received
instructions/.....
50
instructions from the chief control officer and acted upon them. The chief
control officer had no authority to give the instruc-tions
unless he held the
opinion contemplated
by the regulation. As I am totally unable to believe that the chief control
officer would have given the instructions unless he held
the opinion
contemplated by the regulation, I infer from the fact that he gave them that he
held the opinion, or, to put the matter
in another way, the probability that he
held the opinion is, in the circum-stances, so great that I have no reasonable
doubt, that
it is a fact that he held the opinion. I can see no reason why, if
the opinion of A has to be proved, A must necessarily give evidence.
The opinion
would be proved if B gave evidence of acts by A, from which the Court was able
to infer that A held the opinion."
In die lig van wat ek hierbo gesê het, is
ek van mening dat die hof
a
quo
geregtig was om sy boge-melde afleiding aangaande die Minister te
maak.
Soos/.....
51
Soos ek hierbo gesê het, is daar namens
die
appellante betoog dat die Minister ander, minder
drastiese,
optredes teen die appellante as hulle aanhouding moes oor-
weeg het. Die betoog lui dat hy aan die hof moes gesê het
of hy sulke optredes oorweeg het en, indien hy dit wel
gedoen het, wat daardie optredes was en waarom hy besluit
het om die appellante te laat aanhou eerder as om een
van daardie optredes te volg. Dieselfde betoog is ook
in die hof a
quo
gelewer en die hof het in dié verband op
471 A-472 F uitvoerig na die uitspraak van Marais R in
Dempsey v. Minister of Law and Order and Others
,
supra,
verwys . Ek het die aangeleentheid van alternatiewe op-
tredes by grond van appèl (2) hierbo bespreek en, wat die
Minister/.....
52
Minister betref, vind ek dit voldoende om te sê dat ek
nie saamstem met die siening dat die Minister verplig is
om,telkens wanneer hy 'n aanhoudingsbevel uitgereik het, aan
die hof te verklaar dat hy alternatiewe optredes oorweeg
het, wat daardie alternatiewe optredes was en waarom hy
nie een van hulle gekies het eerder as om te beveel dat die
betrokke persoon langer aangehou moet word nie. Die kern-
vraag by optrede ingevolge reg. 3(3) is of die Minister
van oordeel is dat dit nodig is dat 'n persoon wat na 'n
arrestasie ingevolge reg. 3(1) in aanhouding verkeer, ter
bereiking van een of meer van die doeleindes wat in r.eg.
3(1) en art. 3 (1) (a) van die Wet vermeld word, verder aan-
gehou moet word. AS hy so 'n mening huldig, kan hy ingevolge
reg. 3(3) optree. Dit wil natuurlik nie sê dat sy be-
slissing/.....
53
slissing onaanvegbaar is nie. Dit is bv. denkbaar
(soos ek hierbo ook i.v.m. optrede ingevolge reg. 3(1)
gesê het) dat 'n aanhoudingsbevel in die lig van die f eite
van 'n saak as so kras of ongeregverdig kan voorkom dat
dit, in die afwesigheid van 'n bevredigende verduideliking,
die afleiding kan regverdig dat die Mxnister nie behoorlik
aandag aan die saak gegee het nie. Dit beteken egter nie
dat die Minister altyd moet aandui dat hy alternatiewe
optredes oorweeg het en daarteen besluit het voordat hy
besluit het om 'n aanhoudingsbevel uit te reik nie. In die
a quo is daar, volgens die uitspraak geoordeel, in die geval van sommige van
die appellante (t. w. Ngqumba
en/
54
en Fuzile, op 477 C-E, en Jooste, op 475 I-H) betoog dat
sekere alternatiewe stappe teen hulle gedoen kon gewees
het. Die hof het die betoog verwerp, en die voorgestelde
alternatiewe laat my geensins daarvan oortuig dat gesê
kan word dat die Minister nie behoorlik aandag aan die
betrokke gevalle gegee het en dat sy bevele dus as ongeldig
beskou moet word nie. Die betoog i.v.m. Ngqumba en Fuzile
is in hierdie hof herhaal . Daar is ook betoog dat Mhamhe
(die tweede applikant in die eerste aansoek), in verband
met wie daar inligting was dat hy die oogmerke van die ANC
op vergaderings gepropageer het, onder die gewone wette
van die land gearresteer kon gewees het en dat dit nie
nodig was om hom te laat aanhou nie. In die geval van
Damons/....
55
Damons is aangevoer dat dit nie blyk dat daar enige rede
vir sy aanhouding was nie.Ek stem nie saam met die betoog
dat afgelei moet word dat die Minister nie sy aandag aan
die noodsaaklikheid vir die aanhouding van hierdie persone
gegee het nie . Nog skraler om die lyf is die betoog dat
die Minister moes aangetoon het waarom hy nie tot 'n ander
optrede as. aanhouding in die geval van Osteridge besluit
het nie. Ek het reeds hierbo aangedui wat dxe inligting
in verband met hom was.
Ek let vervolgens op die appellante se
betoog aangaande die tydperk van aanhouding wat in die
geval van die appellante bepaal is. Die betoog is dat die
respondente/....
56
respondente nie getoon het dat die Minister sy aandag aan
hierdie aangeleentheid gegee het nie. Die Minister, sê
die appellante, moes in 'n beëdigde verklaring getoon het
dat hy die aangeleentheid behoorlik oorweeg het, en daar
is aangevoer dat veral die geval van Damons die afleiding
regver-dig dat die Minister nie die vraag van die duur
van die aanhouding van die appellante behoorlik oorweeg
het nie. Wat Damons betref, lui die betoog dat daar geen
goeie rede was waarom hy vir selfs die aanvanklike periode
van 14 dae aangehou is nie. Ek vind die geheel van die
betoog onaanvaarbaar. Dit blyk uit die Minister se aan-
houdingsbevele dat hy besluit het dat elke appellant aan-
gehou/....
57
gehou moes word vir so lank as wat die regulasies van krag
bly. Hy het m.a.w. besluit om nie 'n korter periode te
bepaal nie, en ek vind dit moeilik om die betoog te be-
gryp dat afgelei moet word dat hy nie sy aandag aan die
kwessie van die tydperk.van die aanhouding van die appellante
gegee het nie. Daar moet ook in gedagte gehou word dat
die Minister ingevolge reg. 3(6) te eniger tyd 'n aange-
houdene kan vrylaat, en daar kan aanvaar word dat hy sou
geweet het dat hy oor hierdie bevoegdheid beskik. Wat
Damons betref, verloor die appellante se betoog uit die oog
dat die inligting in verband met hom nie net was dat hy 'n
optrede beoog het wat burgerlike ongehoorsaamheid op, of
tot op, 16 Junie 1986 sou bevorder nie, maar ook "for
the/....
the period thereafter". (Kyk op 477 H van die hofver-slag.)
Wat hierdie
kwessie van die oorweging van die tydperk van aanhouding betref, het die
appellante o.m. gesteun op die uitspraak van
Selikowitz Wnd R in die saak
Hester Swart v. Minister of Law and Order and Others
, wat op 3 April 1987
in die Kaapse Hooggeregshof gelewer is. In daardie saak is die seun van die
applikant op 17 Junie 1986 ingevolge
reg. 3(1) gearresteer. Die Minister van Wet
en Orde het in 'n beëdigde verklaring wat voor die hof gelê is,
gesê
dat hy op 25 Junie 1986 'n skriftelike lasgewing onderteken het
waarin hy gelas het
dat/....
58
dat die aangehoudene "verder aangehou word vir solank die
noodregulasies van krag is." Hy het bygevoeg: "A1-
vorens ek die gemelde lasgewing onderteken het, is sekere
feite en omstandighede met betrekking tot die optrede
van die aangehoudene gedurende die tydperk wat sy
arrestasie voorafgegaan het aan my voorgelê, op grond
waarvan ek tot die gevolgtrekking gekom het dat dit nodig
was vir die handhawing van openbare orde, die veiligheid
van die publiek en die beëindiging van die Noodtoestand
dat die aangehoudene verder aangehou word." Selikowitz
Wnd R het die volgende i.v.m. hierdie verklaring van die
Minister gesê:
"The/.....
59
60
"The lst respondent,does not say that he held an opinion as to
the duration of any further detention. An opinion that it was necessary
that the
'aangehoudende verder aan-gehou word' does not, in my view, address the question
of duration. Further detention
simpliciter
is vague and is not empowered
by regulation 3. I consider that it was incumbent upon lst respondent, even on
the ipse
dixit
approach, to state that he had an opinion which included
the question of the duration of the further detention of the applicant.
If the
lst respondent had, on 25 June 1986, found himself in the position where he was
unable to form an opinion as toa definite
duration he should have set this out
in his affidavit."
Die hof het vervolgens bevind dat die respondente nie bewys het dat daar
"lawful cause" vir die Minister se bevel was nie en dat dit
gevolglik ongeldig
was. Die geleerde regter se siening van die aangeleentheid toon 'n
wanbegrip/
wanbegrip van wat die Minister
gesê het en is onjuis.
Wat die eerste sin van die aangehaalde passasie in die
uitspraak betref: Die feit dat die Minister in die aan-
houdingsbevel bepaal het dat die aangehoudene aangehou
moet word "vir solank die noodregulasies van krag is",
hou cluidelik in dat die Minister van oordeel was dat die
aanhouding moes voortduur vir solank as wat die regulasies
van krag bly, d.w.s.nie vir 'n korter tydperk nie. Wat
die tweede sin van die passasie betref: Die Minister sê
wel dat dit na sy mening nodig was dat die aangehoudene
verder aangehou moes word, maar dit moet gekoppel word
met die feit dat hy gelas het dat die aangehoudene aange-
hou moes word vir solank as wat die noodregulasie van
krag/.....
61
62
krag bly. Wanneer dit gedoen word, blyk immers welke
mening hy gehuldig het oor die tydperk wat die aanhouding
moes duur. Wat die derde sin betref: Reg. 3(3) bepaal
dat die Minister kan beveel dat 'n persoon wat ingevolge
reg. 3(1) aangehou word, "verder ...aangehou" kan word, en
die Minister het in sy beedigde verklaring gesê dat dit
na sy oordeel nodig was dat die aangehoudene "verder
aangehou" word. Hy het nie bloot beveel dat die aangehou-
dene "verder aangehou" moet word nie, maar wel dat hy aange-
hou moet word vir solank as wat die noodregulasies van krag
bly. Hy het dus niks in oorweging geneem, en niks gedoen,
wat nie deur reg. 3 gemagtig word nie. Wat die vierde
sin van die aangehaalde passasie betref, sou ek meen dat dit
realisties/...
63
realisties is om te sê dat die feit dat die Minister
bepaal
het vir hoe lank die aangehoudene aangehou moes word die
afleiding regverdig dat hy 'n mening oor die tydperk van
aanhouding gehuldig het. Wat die laaste sin van die
aangehaalde passasie betref: Ek begryp nie waarom gesê
word dat indien die Minister hom op 25 Junie 1986 in die
posisie bevind het "where he was unable to form an opinion
as to a definite duration" hy dit in sy beëdigde verklaring
moes gesê het nie. 25 Junie 1986 was die dag waarop hy
gelas het dat die aangehoudene aangehou moes word vir solank
as wat die regulasies van krag bly. Dit toon dat hy
van oordeel was dat die aangehoudene vir solank as wat
moontlik was, aangehou moes word, en nie dat hy nie in
staat/.....
63 (a)
staat was om tot 'n mening oor die tydperk van aanhouding
te geraak nie.
Gronde van appèl (4) en (5)
:
Die
appellante aanvaar dat die kwessie van
onus
, soos in appèlgrond
(4) genoem, alleen by die vraag van die geldigheid van hulle arrestasie en
aanhouding ter sprake kom,
en gronde (4) en (5) word dus saam bespreek. Die
appellante se betoog kan soos volg saamgevat word:
(a) Daar was 'n
onus
op die respondente om te bewys dat
die
arrestasie en aanhouding van die appellante inge-
volge reg. 3(1) geldig was; as dit nie geldig was nie, sou die Minister nie
hulle verdere aanhouding inge-volge reg. 3(3) kon gelas
het nie.
(b) Daar was feitegeskille tussen die partye in verband
met die arrestasie
van die appellante, en omdat die
onus
op die respondente gerus het,
moes die hof a
quo
,
anders as wat hy gedoen het, die bewerings wat in
die
appellante se beëdigde verklarings oor hulle arrestasie
gemaak
word, aanvaar het.
(c) /
(c)'n Geldige arrestasie ingevolge reg. 3(1) vereis dat elke appellant ten tyde
van sy arrestasie, of so gou doenlik daarna, maar
in ieder geval
vóór die ondertekening van sy aanhoudingsbevel, van die rede, of
redes,vir sy arrestasie ver-wittig
moes gewees het; dat die hof a
quo
fouteer het deur te bevind dat daar 'n voldoende en, tydige mededeling van
die rede(s) vir hulle arrestasie aan die appellante gedoen
is, en dat hy moes
bevind het dat hulle arrestasie en aan-houding ingevolge reg. 3(1) ongeldig
was.
Wat die kwessie van
onus
betref, kan vir
die doeleindes van die appèl aanvaar word dat die
onus
op die
respondente gerus het om te bewys dat die arrestasie en aanhouding van die
appellante geldig was. Die vraag is egter of, soos
die appellante betoog, die
hof a
quo
die bewerings wat in hulle beëdigde verklarings aangaande
hulle arrestasie gemaak word, moes aanvaar het waar dit
strydig/
64
65
strydig was met die bewerings van die persone deur wie hulle
gearresteer is. Daar is al meermale gesê dat wanneer 'n applikant
'n hof
by wyse van kennisgewing van mosie nader, hy 'n finale bevel kan verkry indien
die feite wat in sy beëdigde verklarings
voorkom en wat deur die respondent
erken word, tesame met die bewerings wat deur die respondent gemaak word, so 'n
bevel regverdig.
In
Plascon-Evans Paints Ltd v. Van Riebeeck Paints (Pty)
Ltd
1984(3) SA 623 (A) het hierdie hof (
per
Corbett AR) op 634 H-635
C die volgende i.v.m. hierdie benadering (waarna ek hierna as die algemene
reël sal verwys) gesê:
"It is correct that, where in proceedings on notice of motion disputes of fact
have arisen on the affidavits, a final order, whether
it be an interdict or some
other form of relief, may be granted if those facts averred in the applicant's
affidavits which have been
admitted by the
respondent,
together/
66
together with the facts alleged by the respondent, justify
such an order. The power of the Court to give such final relief on the
papers
before it is, however, not confined to such a situation. In certain instances
the denial by respondent of a fact alleged by
the applicant may not be such as
to raise a real , genuine or
bona fide
dispute of fact If in such a
case
the respondent has not availed himself of fais right to apply for the
deponents concerned to be called for cross-examination under
Rule 6(5)(g)
of
the Uniform Rules of Court and the Court
is satisfied as to the inherent
credibility of the applicant' s factual averment, it may proceed on the basis of
the correctness thereof
and include this fact among those upon which it
determines whether the applicant is entitled to the final
relief which he
seeks Moreover, there
may be exceptions to this general rule, as,
for
example, where the allegations or denials of the
respondent are so
far-fetched or clearly untenable
that the Court is justified in rejecting
them
merely on the papers " .
Die/....
67
Die appellante betoog egter dat hierdie reël alleen geld waar die
onus
op die applikant rus en dat dit nie van toe-passing is in 'n geval
soos die onderhawige waar die
onus
op die respondent is nie. Die betoog
is gegrond op 'n passasie in
United Technical Equipment Co (Pty) Ltd v.
Johannesburg City Council
1987(4) SA 343 (T) waar Harms R (met wie se
uitspraak Preiss R en Myburgh Wnd R saamgestem het) na die bogemelde passasie in
die
Plascon-Evans
-saak verwys het en gesê het (op 348 B-D):
"Appellant" s counsel submitted that, since there are factual disputes with
regard to the probable success of the application to
the Administrator, the
Judge a
quo
ought to have accepted the evidence of the appellant in
accordance with the principles stated in
Plascon-Evans Paints Ltd v. Van
Riebeeck Paints (Pty) Ltd
1948(3) SA 623 (A) at 634-635. What was lost sight
of is the fact that the rules as formulated in that case did not deal with the
situation where the
onus
in respect of an
issue
is/
68
is on the respondent in application proceedings-In such a case the rules work in
reverse. The matter is considered on the basis that
the applicant' s allegations
are true subject to the exceptions mentioned in the
Plascon-Evans
judgment. Cf.
Cresto Machines (Edms) Bpk v. Afdeling Speur
-
offisier,
SA Polisie, Noord-Transvaal
1972(1) SA 376
(A)".
Die onderhawige saak, sê die appellante,
is 'n geval waar "the rules work in reverse", en nie soos dit in die
Plascon
-Evans-saak gestel word nie.
Dit klink waarskynlik logies om te
sê dat indien die
onus
om 'n feit te bewys op die respondent rus,
hy hom nie van daardie
onus
kwyt as die applikant sy bewerings aangaande
die betrokke feit ontken en die hof nie die applikant se bewerings sonder meer
kan verwerp
nie, maar die vraag is of hierdie siening van wat as logies voorkom
die gevolg meebring wat Harms R in die
United Technical
Equipment/
69
Eguipment
-saak,
supra
, genoem het. Dit blyk nie
duidelik uit die uitspraak van Kannemeyer R of die appellante se betoog in
hierdie hof ook in die hof a
quo
geopper is nie. Op 468 B-C van die
hofverslag sê die geleerde regter die volgende i .v.m. die kwessie van die
arrestasie en
aan-houding van die appellante:
"These questions involve not only legal issues but also factual ones. Thus,
where there is a factual conflict between the affidavits
filed in support of the
applications and those of the respondents, the latter must be accepted for the
determination of these questions."
Op 468 I-J word gesê:
"The applicants claim that on the respondent's version their arrests were
unlawful and accordingly that their subsequent detention
is invalid."
fetwat later in die uitspraak (op 475 B-C)sê die geleerde
regter/
70
regter die volgende met betrekking tot die applikant.
Jooste:
"In his replying affidavit,. Jooste controverts much of what is said by Nel.
However his counsel accepted the position flowing from
a conflict of fact in
motion proceedings and did not suggest that the matter should be referred for
oral evidence."
Hierdie passasies - en veral die
derde - wek die indruk
dat die appellante in die hof a
quo
aanvaar het
dat die
algemene reël by die behandeling van feitegeskille, soos
in
die
Plascon-Evans
-saak,
supra
, gestel, op die onderhawige
geval
van toepassing was. Maar hoe dit ook al sy, dit
blyk dat die appellante in
hulle aansoek om verlof om te
appelleer dieselfde betoog gelewer het as wat
hulle in
hierdie hof gedoen het. Kannemeyer R het die betoog
onaanvaarbaar bevind en gesê:
"The/
71
"The approach laid down in
Plascon-Evans Paints Ltd v. Van Riebeeck Paints
(Pty) Ltd
1984(3) SA 623 (AD) is not concerned with the question of
onus
. It determines the evidence upon which an application on notice of
motion must be decided when there is a conflict of fact on the
affidavits,"
Ek stem met hierdie mening saam. Die
algemene reël,
soos in die Plascon-Evans-saak vermeld, het te doen met
die wyse waarop 'n hof 'n saak benader waar 'n applikant 'n
finale bevel in mosie-verrigtinge aanvra en daar 'n ge-
skil uit die stukke blyk. Dit vloei nie daaruit voort dat
'n applikant wat 'n hof by wyse van 'n kennisgewing van mosie
nader die
onus
dra en derhalwe genoodsaak is om in die geval
van 'n feitegeskil die bewerings van die respondent te
aanvaar as hy sy aangevraagde bevel wil verkry nie. Die
grondslag van die algemene reël skyn te wees dat 'n party
wat/.....
72
wat besluit om mosieverrigtinge aanhangig te maak nor-
maalweg weet
dat daar 'n gevaar bestaan dat sy feitebe-
werings betwis kan word en dat hy
dan gedwing kan word
om die respondent se bewerings te aanvaar indien hy 'n
finale bevel op die stukke wil verkry. (Dit is nie nodig
om hier in te
gaan op die hof se bevoegdheid om kragtens
reël 6(5)(g) van die Eenvormige Hofreels te beveel dat
mondelinge
getuienis aangehoor moet word nie.) In
Tamarillo
(Pty) Ltd v. B N Aitken (Pty) Ltd
1982(1) SA 398(A) het
hierdie hof
(
per
Miller AR) gesê (op 430 G-431 A) :
"A litigant is entitled to seek relief by way of notice of motion. If he has
reason to believe that facts essential to the success
of the claim will probably
be disputed he chooses that procedural form at his peril, for the Court in the
excercise
of...../
73
of its discretion might decide neither to refer the matter for trial nor to
direct that oral evidence be placed before it, but to
dismiss the application.
(
Room Hire Co (Pty) Ltd v. Jeppe Street Mansions (Pty) Ltd
1949(3) SA
1155 (T) at 1168.) But if, notwithstanding that there are facts in dispute on
the papers before it, the Court is satisfied
that on the facts stated by the
respondent, together with the admitted facts in the applicant's affidavits, the
applicant is entitled
to relief (whether in respect of all his claims or one or
more of them ) it will make an order giving effect to such finding, with
an
appropriate order as to costs. (Cf
Stellenbosch Farmers' WineryLtd v.
Stellenvale Winery (Pty
) Ltd 1957(4) SA 234 C at 235;
Burnkloof Caterers
(Pty) Ltd v. Horseshoe Caterers (Green Point
)
(Pty) Ltd
1976(2) SA
930 (A) at 938.)"
Miller AR het nie na die kwessie
van
onus
verwys nie,
maar dit blyk m.i. dat hy na die algemene
reël, soos in die
Plascon-Evans
-saak,
supra
, vermeld, verwys het as 'n
reël
wat/
74
wat normaalweg toegepas word wanneer iemand by wyse
van
mosieverrigtinge 'n bevel wil verkry en daar dan feitege-
skille ontstaan. In
Associatedpouth African Bakeries (Pty
)
Ltd
v. Oryx & Vereinigte Bäckereien (Pty) Ltd en Andere
1982
(3) SA 893 (A), waar dit om die afdwing van 'n voorkoops-
reg gegaan het, het Botha Wnd AR in 'n minderheidsuitspraak
(waarmee Hoexter AR saamgestem het) beslis dat die benade-
ring wat ek hierbo die algemene reël genoem het ook geld
waar die
onus
op die respondent rus. (Die aangeleentheid
is nie in die meerderheidsuitspraak behandel nie.) Die
geleerde regter het o.m. gesê (op 923 G-924 B):
"As algemene uitgangspunt kan 'n applikant in mosieverrigtinge op finale
regshulp van die soort
wat/
75
wat hier ter sprake is op die stukke en sonder die aanhoor van mondelinge
getuienis aanspraak maak slegs as dit blyk dat hy op sodanige
regs-hulp geregtig
is op grondslag van die bewerings wat gemaak word deur die respondent en
sodanige van die applikant se bewerings
as wat deur die respondent erken word
(vgl
Stellenbosch Farmers
'
Winery Ltd v. Stellenvale Winery (Pty)
Ltd
1957 (4) SA 234
(K) te 235 E-G;
Burnkloof Caterers
(
Pty) Ltd
v. Horseshoe Caterers (Green Point
) (
Pty) Ltd
1976(2) SA 930 (A) te
938 A-C;
Tamarillo (Pty) Ltd v. B N Aitken (Pty) Ltd
1982(1) SA 398 (A)
te 430 G-431 A). Ek sal na hierdie posisie verwys as die algemene reël wat
geld by mosieverrigtinge. Op die
algemene reël is daar wei, uitsonderings,
soos bv waar die bewerings of ontkennings van die respondent so vergesog of
klaarblyklik
onhoudbaar is dat die verwerping daarvan bloot op die stukke
geregverdig is. Vir my doeleindes is dit nie nodig om verder hierop
uit te brei
nie. Van belang is dat die algemene reël na my mening klaarblyklik ook van
toepassing is op verwere wat die respondent
teen die applikant se eise opper in
sy beantwoordende verklaring. As die respondent se bewerings 'n verweer
openbaar, dan
kan/....
76
kan die applikant op die stukke nie slaag nie, al sou hy sodanige bewerings in
sy repliserende verklaring ontken, en al sou die bewyslas
ten opsigte van die
verweer volgens die gewone toe-paslike reëls by die respondent
berus."
Die geleerde regter se mening
dat die algemene reël geldself:
waar die
onus
om die feit in geskil te bewys op die respon-
dent
rus, is na my mening korrek. Ek verwys na enkele
sake waarin daar m.i. steun
vir die standpunt te vind is.
In
Adbro Investment Co Ltd v. Minister of
the Interior
1956(3) SA 345 (A), waar 'n verklaring van regte aangevra
is, het Centlivres HR op 349 E - G gesê:
"Mr
Fischer
on behalf of the appellant contended that the
onus
of
proving that the appellant was an Asiatic company rested on the Minister
inasmuch as his notice under sec. 20 of Act 41 of 1950
was a serious invasion of
his rights based on an allegation that the properties were acquired in
contravention of a law.
Assuming/........
77
Assuming that the
onus
does rest on the Minister, it does not follow
that, if the Minister does not discharge the
onus
in motion proceedings
where relevant facts are in dispute or when the full facts have not been
disclosed, the appellant is entitled
to an order in his favour. For in such a
case the Minister is entitled to discharge the
onus
by means of
viva
voce
evidence."
Hier is nie steun te vind vir
die stelling in
die
United Technical Equipment
-saak,
supra
, dat
waar die
onus
op die respondent rus, die algemene reël
andersom
werk en dat die saak dan behandel moet word op die basis
dat "the
applicant's allegations are true" nie. Die
laaste sin van die aanhaling kan miskien die indruk wek
dat in 'n geval waar die
onus
op die respondent rus en
hy hom nie op die stukke van daardie
onus
kwyt nie, hy
verplig is om mondelinge getuienis voor te lê indien hy
wil/
78.
wil verhinder dat die apllikant se aansoek teen hom toege-staan word.
Ek glo egter nie dat die hof dit so bedoel het nie. Waar 'n
applikant bv. moet
verwag dat sy bewerings bestry kan word, is hy nie noodwendig geregtig op 'n
bevel indien die respondent, op die
wie
onus
rus, nie vra dat die
feitegeskille deur mondelinge getuienis besleg moet word nie. Die hof sou in die
uitoefening van sy diskresie
die aansoek kon afwys. Kyk bv. die aanhaling uit
die
Tamarillo
-saak,
supra
. Ek verwys ook na twee vroeëre
beslissings. Die eerste is
Meyers v. Braudo
1927 TPD 393.
Dit was die
keerdag van 'n voorlopige sekwestrasiebevel. Die
onus
was op die
respondent om te bewys dat hy sekere bedrae nie geskuld het nie, en die
applikant het 'n finale sekwestrasiebevel op die
stukke aangevra. Greenberg
R
het/
79 het op 396 gesê:
"And as the applicant claims a decision on the matter and does not ask for
evidence to be heard, I do not think I am justified in
ordering the hearing of
evidence."
Die tweede saak,
Priest v. Collett
1930 CPD 372
, was 'n
appèl teen 'n finale sekwestrasiebevel. Die
onus
was op
Priest om te bewys dat hy 'n promesse-skuld aan Collett
be-
taal het. Gardiner RP (met wie Van Zyl R en Sutton R
saamgestem het)
het gesê (op 374
i.f.
- 375):
"The ordinary way of establishing a claim is by way of action. In sequestration
proceedings a petitioner is allowed to set up a claim
which he has not
established by way of judgment, but if he takesthis course, hê incurs a
great risk. The respondent may deny
the debt, or set up a contra account, and
even if the Court is not satisfied as to the denial, or as to the validity of
the contra
account, yet if it thinks it possible that the respondent may succeed
in making good
his/
80
his defence upon action, it should refuse to sequestrate."
(Die bogemelde beslissing in
Priest v. Collett
is deur
hierdie hof tersyde gestel op grond daarvan dat die Kaapse
hof nie die bevoegdheid gehad het om 'n appél teen 'n sekwe-
strasiebevel wat deur die Plaaslike Afdeling van die Hoog-
geregshof in die Oostelike Distrikte uitgereik is, aan te
hoor nie. Die hof het hbm nie uitgelaat oor wat Gardiner
RP, soos hierbo aangehaal, gesê het nie.)
Die enigste beslissing waarna Harms R verwys het
toe hy sy hierbo aangehaalde stelling in die
United
gemaak
Technical Equipment
-saak/het, is
Cresto Machines
(Edms
)
Bpk v. Afdeling Speuroffisier, S.A. Polisie, Noord-Trans-
vaal
1972(1) SA 376 (A). Dié saak bevat geen bespreking
van, of beslissing oor, wat ek hierbo die algemene reël
genoem/
81
genoem het nie, en dit bied nie gesag vir Harms R se
boge-melde stelling nie.
Uit hoofde van die voorgaande meen ek dat Kannemeyer
R dit reg gehad het toe hy die feitegeskille aangaande die arrestasie van die
appellante behandel het op die grondslag dat die respondente se bewerings
aanvaar moes word.
Ek behandel vervolgens die appellante se betoog, soos in
(c) hierbo saamgevat, dat hulle arrestasie ongel-dig was.
Reg. 3(1) bepaal dat 'n arrestasie sonder lasbrief uitgevoer kan word. Dit
bepaal egter nie hoe 'n arrestasie uitgevoer moet word
nie. Dit bepaal ook nie
of 'n persoon
by/
82
by, of ná, sy arrestasie die rede vir sy arrestasie mee-
gedeel moet word nie. Wat die appellante betref, hoef
ons nie stil te staan by die vraag of hulle gearresteer
is nie: hulle sê, en aanvaar, dat hulle gearresteer is en
hulle saak is dat hulle arrestasie ongeldig was. Die ge-
skil tussen die partye is, kort gestel, of die lede van die
Veiligheidspolisie wat die appellante gearresteer het aan
hulle die rede vir hulle arrestasie moes gegee het en, in-
dien wel, of hulle dit gedoen het en, daarby, of hulle
dit tydig gedoen het. Die hof a
quo
het die betoog van
die appellante aanvaar dat, hoewel art. 39 van die Straf-
proseswet, No. 51 van 1977, 'n artikel is in 'n wet wat op
straf prosedure betrekking het, dit 'n kodif ikasie is van
die reëls wat in die Romeins-Hollandse reg met betrekking
'tot/
83
tot alle arrestasies gegeld het en dat die bepalings
daarvan dus ook op
arrestasies ingevolge reg. 3(1) van toe-
passing is. (Kyk 468 I-J en 470 A-C
van die hofverslag.)
Die gesag vir die betoog dat die gemene reg vereis het
dat
'n gearresteerde by sy arrestasie van die rede daaryoor
verwittig moes
word, is 'n passasie in Van Zyl se
The
Judicial Practice in South
Africa
, 4de uitg., p. 207.
Dit lui soos volg:
"As to what constitutes an arrest of a person, it is not necessary that there
should be a forcible attachment and detention of the
person of the defendant,
for as regards the mode of making the arrest, the slightest touch accompanied
with a declaration of the
object will suffice; and it is not even necessary that
the officer should touch the defendant, provided that the conduct of the parties
shew that he is in custody; for instance, the officer may
come
into/....
84
into the room and lock the door
2
.
Immediately a person is arrested he should be informed of the object of the
arrest, and the writ authorising the arrest should be
exhibited to him, and a
copy of it handed to him; but a copy of the affidavit need not be served, -
this
the defendant can always obtain upon applying
to the Registrar.
3
"
Die gesag waarna Van
Zyl by voetnoot (1) verwys, is Merula 4.24.9.2, en, by voetnoot (3), "Rule of
Court 14 and
Silberbauer v. Ruthven
, B. 1868 p. 100 ".
In
Silberbauer v. Ruthven
,
supra
, is die respondent op 'n skip in die
hawe van Port Elizabeth weens die nie-betaling van 'n geldskuld gearresteer. Die
arrestasie
moes ingevolge 'n lasbrief, soos deur die gemelde hofreel l4 vereis,
geskied het, maar die nodige lasbrief was ten tyde van die arrestasie
nog op pad
van Kaapstad af, waar dit uitgereik
is/
85
is. Daar was 'n telegrafiese berig dat daar 'n lasbrief
uitgereik was, en
die vraag wat die hof moes beslis, was
of die arrestasie geldig was sonder
dat die lasbrief of
'n afskrif daarvan ten tyde van die arrestasie in die
hande
van die adjunk-balju was en aan die gearresteerde getoon
is. Hierdie
saak het alleen te doen gehad met 'n arrestasie
ingevolge 'n lasbrief soos in
die gemelde hofreël bepaal.
Die uitspraak bevat geen verwysing na
arrestasie in die
Romeins-Hollandse reg nie; en geen bespreking van
arrestasie
sonder 'n lasbrief nie.
Wat die verwysing na Merula,
Manier van Procederen
,
4.24.9.2 betref, moet vooraf kortliks gesê word dat in die
siviele reg van destyds 'n arrestasie in eintlik net twee
gevalle toegelaat is, nl. (i) 'n arrestasie ter versekering
van 'n skuld waar daar goeie rede was om te glo dat die
skuldenaar/.
86 skuldenaar sou vlug, en (ii) 'n arrestasie om aan 'n hof
jurisdiksie oor 'n persoon te gee wat dit andersins nie sou gehad het
nie. (Kyk
Van der Linden,
Verhandeling over de Judicieele Practycq of Form van
Procedeeren
, 2.18.1; Voet 2.4.18) In albei gevalle was dit nodig om vooraf
'n bevel wat die arrestasie magtig van 'n regter te verkry. In Merula
4.24.9.2
word daar verwys na "Reële Citatie", d.w.s. "Arrest of Aantasting van
Persoonen en Handstelling van Goederen", en daar
word gesê dat dit in die
siviele reg meestal tpepassing vind in die geval van 'n skuldenaar "die suspect
is van vlugten of
weg te loopen." Soos reeds gesê, was 'n bevel nodig wat
so 'n arrestasie magtig. Dit blyk dus dat in Merula 4.24.9.2 niks gesê
word wat enig-
sins/
87
sins op arrestasie sonder 'n voorafgaande bevel, of lasbrief,
betrekking het nie. Wat die strafprosedure betref, kon iemand wat in
die geval
van'n "lijfstraffelijke misdaad" op heterdaad betrap is, sonder 'n voorafgaande
bevel van 'n regter in hegtenis geneem
word (Van der Linden, op
cit
.,
4.5.3), maar andersins moes daar vooraf 'n bevel van 'n regter verkry word om 'n
kriminele proses te kon aanlê. Daar was
hoofsaaklik twee soorte sulke
bevele, nl. 'n "Decreet van Apprehensie" en 'n "Decreet van Dagvaarding in
persoon." Eersgenoemde,
wat die arrestasie van die beskuldigde gemagtig het, is
toegestaan wanneer daar ten opsigte van die daad wat die beskuldigde gepleeg
hêt "bij de Wet
eene/
88
eene lijfstraf gestatueerd" was. 'n Dagvaarding is verleen in die geval van
minder ernstige misdade, waar dit vol-doende geag is om
'n persoon te beveel om
op 'n sekere dag voor 'n regter te verskyn. (Van der Linden, op
cit
.,
4.5.5.) Daar moet bygevoeg word, soos Voet 2.4.27 sê, dat die prosedure by
arrestasie 'n saak van plaaslike ge-
woonte en die praktyk van die
verskillende howe was.
Die bostaande toon dat Merula 4.24.9.2 en die
ander
bewysplekke deur Van Zyl genoem nie die
stelling van die
hof a
quo
regverdig dat art. 39 van die
Strafproseswet
van 1977 as 'n kodifikasie van die "Common Law" aangaande
alle arrestasies beskou kan word nie.
Die/
89
In vóór-Unie-wetgewing in die vier
Provinsies
was daar, sover ek weet, geen bepaling
wat beveel het
dat by 'n arrestasie sonder lasbrief die gearresteerde die
rede vir sy arrestasie meegedeel moes word nie. So 'n
bepaling is in 1917,
met die aanvaarding van die Wet op
Kriminele Procedure en Bewijslevering, No.
31 van 1917,
ingevoer. Art. 33(2) van daardie Wet het bepaal:
"Wanneer een arrest zonder lastbrief gemaakt wordt, moet aan de gearresteerde
persoon on- middellik door de arresterende persoon
de reden van het arrest
worden meegedeeld."
Hierdie artikel is deur art.
5(b) van die Algemene Regs-
wysigingswet, No. 46 van 1935 geskrap, maar art.
4 van
laasgenoemde wet het 'n byna gelykluidende artikel (art.
32
bis
) in Wet 31 van 1917 ingevoeg.
Dit/
90
Dit lui soos volg:
"Wanneer iemand een ander zonder lastbrief arresteert, moet hij aan de
gearresteerde on-verwijld de reden van het arrest
meedelen."
Daar waa 'n dergelike bepaling in art. 26
van die Straf-
proseswet, No. 56 van 1955:
"Wanneer iemand 'n ander persoon sonder. lasbrief in hegtenis neem, moet hy aan
die persoon wat in hegtenis geneem word die rede
vir die inhegte-nisneming
onverwyld meedeel."
Die ooreenstemmende bepaling -
art. 39(2) -van die huidige
Strafproseswet van 1977 lui soos volg:
"Die persoon wat 'n inhegtenisneming uitvoer, moet, ten tyde van die uitvoering
van die inhegtenis-neming of onmiddellik nadat die
inhegtenisneming uitgevoer
is, die gearresteerde persoon meedeel wat die rede vir die inhegtenisneming is
of, in die geval van 'n
inhegtenisneming wat uit hoofde van 'n lasbrief geskied,
op versoek van die ge-
arresteerde/
91
arresteerde persoon 'n afskrif van die lasbrief aan hom oorhandig."
Hierdie art. 39(2) is 'n bepaling in 'n wet wat
met
die strafprosesreg te doen het en daar kan dus nie
gesê word dat dit in
die geval van arrestasies ingevolge
reg. 3(1) geld nie. Indien dit die
bedoeling was dat
die artikel op arrestasies ingevolge reg. 3(1) van
toe-
passing moes wees, sou dit maklik so bepaal kon gewees het.
In
hierdie verband kan daarop gelet word dat reg. 5(3)
artikels 27 en 29 van die
Strafproseswet van 1977 met
betrekking tot die deursoeking of betreding van
persele
en die deursoeking van persone deur 'n polisie-beampte
mutatis
mutandis
op enige visentering of betreding kragtens
reg./
92 reg. 5 deur 'n lid van 'n Mag van toepassing verklaar. Daar is
geen sodanige bepaling met betrekking tot art.39 nie. In die omstandighede
sou
nie gesê kon word dat 'n arrestasie ingevolge reg. 3(1) ongeldig is
vanweë die nie-nakoming van die vereistes van
art. 39(2) nie. Ek meen
nietemin dat bevind moet word dat dit in die geval van 'n arrestasie ingevolge
reg. 3(1) nodig is dat aan
die gearresteerde die rede vir sy arrestasie
meegedeel moet word. (Wat die rede moet behels, en op welke tydstip dit
meegedeel moet
word, is vrae waarna hieronder verwys word.) Ek meen dat so
bevind moet word in die lig van wat die posisie vandag in ons reg is
m.b.t.
arrestasies in sowel siviele as strafverrigtinge, en op grond daarvan dat
aanvaar moet word dat die Staatspresident met die
proklame-
ring/
93
ring van reg. 3(1) van hierdie posisie bewus was. Dit is in ieder geval ook
kwalik denkbaar dat bedoel kon ge-wees het dat iemand
gearresteer sou kon word,
en dus van sy vryheid beroof word, sonder dat aan hom aangedui word waarom hy in
hegtenis geneem word.
Arrestasies in siviele aangeleenthede (t.w. ad
fundandam jurisdictionem
en in die geval van 'n
suspectus de fuga)
het in ons reg nog altyd ingevolge 'n lasbrief geskied, en die gearresteerde
word dus altyd meegedeel, of kan by navraag uitvind,
op welke grond hy
gearresteer word. By arrestasies met die oog op strafregtelike vervolging is dit
(soos hierbo aangetoon) nou al
vir 70 jaar die posisie dat waar 'n arrestasie
sonder lasbrief geskied, die gearresteerde van die rede vir sy
arrestasie/
94
arrestasie verwittig moet word.
Wat betref die vraag hoe volledig iemand
by 'n arrestasie ingevolge reg. 3(1) oor die rede vir sy arrestasie ingelig moet
word, meen
ek dat dit uit die aard van die saak nie moontlik is om
één algemeen geldende antwoord te gee nie. Die vraag sal, net
soos
by arrestasies inge-volge die Strafproseswet, in die lig van die feite van elke
saak beantwoord moet word. Daar is namens die
appellante betoog dat die lid van
'n Mag wat iemand arresteer aan hom die "feitebasis" waarop hy ge-arresteer
word, of, soos dit
ook gestel is, "die
feite/
95
feite wat teen hom beweer word", moet meedeel. (Indien dit nie gedoen word
nie, lui die betoog, weet die gearres-teerde nie waarom
hy gearresteer word nie,
en sy arrestasie sal dus ongeldig wees.) Indien ek die betoog reg verstaan, hou
dit in dat die lid van 'n
Mag wat iemand arnesteer méér moet doen
as wat art. 39(2) vereis van 'n vredesbeampte wat 'n arrestasie uitvoer. Indien
dit die betoog is, vind ek dit onaanvaarbaar. Wat art. 39(2) betref, is dit in
hierdie verband voldoende om na
Brand v. Minister of Justice and Anothe
r
1959(4) SA 712 (A) te verwys. Art. 26 van Wet 56 van 1955 (hierbo aangehaal) het
destyds gegeld.
Die/
96
Die beskuldigde in daardie saak is by sy arrestasie mee-
gedeel dat hy
weens "disturbance" gearresteer word, en daar is betoog dat die inligting wat
deur dié mededeling aan hom verskaf
is onvoldoende was om aan die
vereistes van art. 26 te voldoen. Hierdie hof het (
per
Ogilvie Thompson
AR) die betoog as "without substance" verwerp en onder meer gesê dat die
artikel net vereis dat die ge-arresteerde
"should in substance be apprised of
why his liberty is being restrained." Die betrokke passasie in die uitspraak van
die geleerde
regter, wat ook op ander aspekte van art. 26 (en nou ook art. 39
van die huidige Strafproseswet) betrekking het, lui soos volg (op
718 A-C):
"Decisions/
97
"Decisions exist to the effect that, if this section be not complied with,
the arrest is unlawful (see Gardiner and Lansdown, 6th
ed. vol 1 at p. 215 and
R. v. Kistesamy
1947(4) SA 788 (N) at p. 792). It may be that such a
result will not always follow if the circumstances be such that the arrested
person - for instance, a thief who is caught red-handed - necessarily must know
why he has been arrested (cf.
Christie and Another v. Leachinsky
, (H.L.)
1947(14 A.E.R. 567, and
R. v. Ndara
, 1955(4) SA 182 (A.D.) at p. 184). It
is, however, not necessary, for the purposes of this appeal, to express any
opinion on that
question; for, upon the learned trial Judge's findings, second
respondent did, when he arrested appellant, 'forthwith' inform him
that he was
arrested for 'disturbance'. The submission that this was insufficient
information to constitute compliance with the section
is without substance. Sec.
26 manifestly does not require the arrested person to be informed of the
ipsissima verba
of the charge which is later to be proffered against him.
What is required is that the arrested person should in substance be apprised
of
why his liberty is being restained."
Die/
98
Die aanklag teen die beskuldigde in
Brand
se saak was dat
hy 'n bepaling van Johannesburg se verkeersverordeninge
oortree het wat, soos in die uitspraak van die hof aange-
haal, soos volg gelui het:
"No person shall disturb the public peace by making noises or by shouting,
roaring, wrangling,
quarreling or by riotous, violent or
unseemly behaviour by day or night, in any public or private place, or
premises or on any street."
Hieruit blyk dat die oortreding op meer as een manier
en op meer as een soort plek gepleeg kon word, en dit is
duidelik dat daar dus aan die beskuldigde by sy arrestasie
bloot die kern, of aard, van sy gedrag wat die oortreding
geskep het, meegedeel is - d.w.s. geen feite, of besonder-
hede, van die wyse, plek of tyd van die beweerde oortreding
nie/
99
nie.
Volgens die appellante is daar nie aan een van hulle 'n rede vir sy
arrestasie gegee nie. Vier van hulle -Ngqumba, Damos, Fuzile en
Jooste - gee toe
dat daar aan hulle gesê is dat hulle ingevolge die noodregulasies
gearresteer word, maar hulle betoog is dat
dit bloot 'n mededeling van die gesag
waarvolgens hulle gearresteer is, was en nie 'n mededeling van die rede waarom
hulle ge-arresteer
is nie. Volgens die beëdigde verklarings van die
polisiemanne wat die appellante gearresteer het, is al die appellante meegedeel
dat hulle ingevolge die nood-regulasies gearresteer word en is daar ook aan
elkeen gesê waarom hy gearresteer is. Soos ek hierbo
gesê het,
moet/
100
moet hierdie feitegeskil tussen die partye benader word
op die grondslag
dat die respondente se bewerings juis is.
Wanneer dit gedoen word, blyk dit
dat daar aan elk van die
appellante gesê is op grond van welke
inligting wat daar
oor hom tot die beskikking van die polisie was,
hy
gearreskeer is. Daar is nie.namens die appellante be-
toog dat, selfs
indien die polisie aan elk van hulle ge-
sê het wat hulle (die polisie)
beweer dat hulle gesê het,
dit nogtans 'n onvoldoende mededeling van
die rede vir
hulle arrestasie was nie. Die appellante se saak was
dat die
polisie nie aan hulle gesê het wat hulle beweer
dat hulle gesê
het nie. Besonderhede van
wat, volgens die respondente, aan die appellante m.b.t.
hulle/
101
hulle arrestasie gesê is, word hieronder weergegee, wanneer ek ook sal
aandui op welke tydstip die mededeling volgens die polisie
aan die verskillende
appellante gedoen is. Ek behandel eers kortliks die appellante se betoog oor die
vraag wanneer 'n gearresteerde
die rede vir sy arrestasie meegedeel moet word,
en wat die gevolg is indien die mededeling nie op die vereiste tyd geskied
nie.
Wat betref die tyd wanneer 'n gearresteerde per-soon van die rede vir sy
arrestasie verwittig moet word, is dit duidelik dat art.
39(2) van die
Strafproseswet van 1977, waarop die appellante steun, nie vereis dat dit
noodwendig gelyktydig met die arrestasie moet
geskied nie. Die subartikel bepaal
naamlik dat die mededeling "ten tyde
van/
102 van die uitvoering van die inhegtenisneming of onmiddellik nadat
die inhegtenisneming uitgevoer is", moet geskied. Dit was ook
die posisie met
die voorgangers van art. 39(2), hoewel daarop gewys moet word dat waar art.
39(2) die woord "onmiddellik" gebruik,
sy voorgangers (behalwe art. 33(2) van
Wet 31 van 1917, wat ook die woord "onmiddellik" gebruik het) die woord
"onverwyld" gebruik
het, én dat waar die woord "immediately" in die
Engelse teks van art. 39(2) as die ekwivalent van "onmiddellik" gebruik word,
al
die vroeëre bepalings die woord "forthwith" gebruik het. Dit is egter te
betwyfel of die wetgewer met hier-die veranderde
woordgebruik in art. 39(2) 'n
verandering in betekenis wou teweeggebring het. Daar is al meermale beslis dat
die woord "forthwith"
nie "onmiddellik", in sy
letterlike/
103
letterlike betekenis, beteken nie, maar "so gou prakties moontlik".
Kyk bv.
R v. September
1959(4) SA 256 (K) op 258 D-259 A en
R v. West
and Wild
1953(2) 675 (SR). In laasgenoemde saak, waar dit gegaan het oor die
betekenis van die woord "forthwith" in 'n bepaling wat vereis
het dat "the
person arrested shall be informed forthwith by the person arresting of the cause
of the arrest", het Beadle R beslis
dat "in the context in which the word is
used in this sub-section it means nothing more than 'as soos as reasonably
possible in the
circumstances.'" (Kyk 677 H - 678 A.)
Die feit dat in art. 39(2) nie vereis word dat die mededeling aan 'n
gearresteerde persoon van die rede vir sy arrestasie noodwendig
gelyktydig met
sy arrestasie
moet/.
104
moet geskied nie, maar ook daarna kan plaasvind,
hou in
dat die mededeling van die rede vir 'n arrestasie nie as
'n deel
van die arrestasie gesien kan word nie. Dit blyk
ook uit wat deur hierdie hof
gesê is in
R v. Ndara
1955
(4) SA 182 (A), waar art. 32
bis
van Wet 31 van 1917
(hierbo aangehaal) ter sprake was. Schreiner AR het o.m.
gesê (op 184 A-C);
"... the Crown is clearly right that the section only applies to what must be
done after the arrest has been effected .... Assuming
that the section is not
merely directory, its non-observance may affect the lawfulness of the custody
resulting from the arrest,
but that is not in issue in this
case."
Met betrekking tot die punt dat die
mededeling aan 'n ge-
arresteerde/
105 arresteerde van die rede vir sy arrestasie nie deel van
die arrestasie is nie, kan ook verwys word na
R v. September
supra, waar die hof (op 258 C-D) in verband
met art. 26 van Wet 56 van 1955 (hierbo aangehaal) gesê
het dat "the
informing of an accused of the cause of the
arrest is not an ingredient of
the arrest itself", en na
S v. Dladlha
1975(1) SA 762(T), waar die hof (
per
Botha
R)
met verwysing na gemelde art. 26 en
R v. Ndara,
supra
,
gesê het (op 764 C):
"Die arrestasie self was nie onregmatig nie, want art. 26 het betrekking op wat
gedoen moet word nadat die inhegtenisneming bewerkstellig
is."
Daar is namens die appellante betoog dat in
die
geval/
106
geval van 'n arrestasie ingevolge reg. 3(1) die rede vir die arrestasie
gelyktydig met die arrestasie aan die ge-arresteerde gegee
moet word, of,indien
nie dan nie, dan so gou prakties moontlik daarna. Indien dit nie gedoen word
nie, lui die betoog, is die arrestasie
en die aan-houding wat daarop volg
ongeldig. Daar is verder betoog dat, selfs volgens die respondente se
verklarings, die appellante
(of ten minste sommige van hulle) nie ten tyde van
hulle arrestasie, of so gou doenlik daarna, die rede vir hulle arrestasie
meegedeel
is nie, en dat hulle arrestasie en aanhouding derhalwe ongeldig
was.
Reg. 3(1) vereis na my mening nie dat die mede-deling van die rede vir iemand
se arrestasie noodwendig
gelyktydig/
107
gelyktydig met die arrestaie moet plaasvind nie. So 'n
vereiste sou
strenger wees as wat in die geval van art. 39
(2) van die Strafproseswet gestel word, en dit is bowen-
dien na my mening
onwaarskynlik dat die Staatspresident
so 'n bedoeling sou gehad het. Dit is
redelik om te
aanvaar, meen ek, dat daar met die opstel van die
regulasie
voorsien sou gewees het dat daar gedurende die noodtoe-
stand
omstandighede sou kon ontstaan waarin dit onprak-
ties, of onmoontlik, of strydig met veiligheidsvereistes
sou kon wees om aan 'n gearresteerde die rede vir sy
arrestasie gelyktydig met sy arrestasie te gee. Ek
meen dat dit juis sou wees om te bevind dat, indien 'n
gearresteerde nie by sy arrestasie van die rede vir sy
arrestasie verwittig word nie, hy so gou doenlik daarna
daarvan/....
108.
daarvan verwittig moet word. Hiermee bedoel ek nie dat die mededeling
noodwendig moet geskied sodra dit fisies moontlik word om dit
te doen nie. Die
vraag wat doenlik is, sal van die omstandighede van elke besondere geval afhang.
Dit is bv. denkbaar dat dit fisies
moontlik sou wees om aan iemand die rede vir
sy arrestasie te gee, maar dat dit weens veiligheidsoorwegings onraadsaam, of
selfs
gevaarlik, sou wees om dit te doen waar daar ander mense teenwoordig of
binne hoorafstand is. Die laaste oomblik waarop so 'n mededeling
gedoen word,
meen ek verder, is wanneer die laaste handeling waarvoor daar in reg. 3(1)
voorsiening gemaak word, geskied, d.w.s.
die ondertekening van die bevel wat
gelas dat die gearresteerde in 'n gevangenis aangehou moet word. In die
onderhawige
saak/.
109 saak het daar na my mening, soos sal blyk uit wat ek
hier-onder sê, nie in die geval van enige van die appellante so 'n
lang
tyd tussen sy arrestasie en die tyd waarop hy van die rede vir sy arrestasie
verwittig is, verloop dat gesê kan word dat
die aanhouding wat
op sy
arrestasie gevolg het, as gevolg daarvan ongeldig geword het nie. (Vgl die
tweede gedeelte van die hierbo aangehaalde stelling
van Schreiner AR in
R v.
Ndara, supra
, m.b.t. art. 32
bis
van Wet 31 van 1917.)
Ek verwys
vervolgens na wat daar in die stukke gesê word oor die arrestasie van die
appellante en die mededeling aan hulle van
die rede vir hulle arrestasie. Ek het
reeds hierbo gesê dat volgens die respondente al
die/
110 die appellante by hulle arrestasie meegedeel is dat hulle
ingevolge die noodregulasies gearresteer word en dat vier van die appellante
dit
erken. Ek het ook reeds gesê dat al die appellante ontken dat daar ooit
aan hulle gesê is waarom hulle gearresteer
is. Wat hieronder in verband
met die verskillende appellante volg, kom hoofsaaklik uit die stukke van die
respondente.
Ngqumba
:
Hy is ten tyde van sy arrestasie meegedeel
waar-om hy gearresteer word. Sers. C A Williams, wat Ngqumba gearresteer het,

dat hy aan hom gesê het dat hy be-troubare inligting gehad het
dat hy (Ngqumba) van plan was om 'n nuusbrief "on behalf of
radical
organisations and persons" te publiseer.
Mhambe/...
111
Mhamhe
:
Dit is gemene saak dat Mhamhe by die hek van 'n fabriek in King William's
Town, waar hy met ander persone gestaan en gesels het, gearresteer
is. Sers. J T
Pieterse, wat Mhamhe gearresteer het, sê dat hy aan hom gesê het om
met hom saam te kom en dat hy hom toe
in sy motorvoertuig gesê het waarom
hy hom gearresteer het, nl. "that he had organised secret meetings at which he
had propagated
the aims of the ANC in the presence of black youths. He was also
in the process of organising a strike at Bundy Tubing".
Damons
:
Damons is, volgens sy eie verklaring, gearresteer in die slaghuis van ene
Swartz in King William's Town waar hy besig was om Swartz
se vrou te help.
Swartz, sê hy,
is/
112 is tevore ingevolge art. 50 van die Wet op Binnelandse Veiligheid
aangehou. Sers. Pieterse, wat Damons ge-arresteer het, sê
dat hy aan
Damons buite die slaghuis, by sy polisiemotor, gesê het waarom hy hom
gearresteer het, nl. dat hy (Pieterse) betroubare
inligting gehad het dat hy
(Damons) "had undertaken to distribute pamphlets and placards urging civil
disobedience, commencing on
the 16th June 1986 and for the period thereafter."
Fuzile
:
Fuzile is in sy kantoor in King William's Town deur sers. Pieterse
gearresteer. Pieterse sê dat hy Fuzile toe na die Veiligheidspolisie
se
kantore geneem het en dat hy hom daar meegedeel het waarom hy hom gearresteer
het, nl. dat hy betroubare inligting gehad het dat
hy
(Fuzile)/
113 (Fuzile) onderneem het "to publish a newsletter to propagate the views of
radical persons and organisations in the Border area.
Through this reporting and
through publications such as the one proposed he also campaigned for and
instigated civil disobedience."
Osteridge
:
Osteridge verklaar dat hy
besig was om met iemand te praat toe hy deur Nel en 'n ander polisieman
(Stewart) nader geroep is na waar
Nel by sy motorkar gestaan het. Nel sê
dat hy Osteridge gearresteer het en meegedeel het dat hy hom kragtens die
noodregulasies
arresteer. Nel sê verder dat daar mense om sy motor
saamgedrom het en dat daar ook ander mense in sy motor was. Hy het Osteridge
toe/
114 toe in sy motor na die plaaslike (King William's Town)
polisiekantore geneem en daar het hy aan hom die rede vir sy arrestasie
gegee,
nl. "that he had undertaken to continue the freedom struggle in die absence of
leaders that had already been detained and
that he also campaigned for civil
disobedience. I also told him that he personally threatened persons with the
'necklace' if they
provided information to the police." Nel sê dat hy
hierdie mede-deling aan Osteridge "as soon as practicable" ná sy
arrestasie gedoen het.
Jooste
:
Jooste is by sy huis in King William's Town deur luit. P J Fouché
gearresteer. Fouché sê dat hy Jooste
ná/
115 ná sy arrestasie in sy motor na die plaaslike polisie-stasie
geneem het en dat hy hom meegedeel het waarom hy hom gearresteer
het terwyl
hulle in die motor was, nl. dat hy volgens inligting tot die polisie se
beskikking "betrokke was by die reëling van
plakkaatoptogte,
her-denkingsdienste en dat dit kan lei tot burgerlike ongehoor-saamheid."
Die
volgende blyk dus, kort gestel, m.b.t. die tyd wanneer die appellante van die
rede vir hulle arrestasie verwittig is: Ngqumba
is by sy arrestasie meegedeel
waarom hy gearresteer word, en aan Damons is daar enkele oomblike ná sy
arrestasie gesê
waarom hy gearresteer is. Mhamhe en Jooste is van die rede
vir hulle arrestasie
verwittig/
116
verwittig terwyl hulle ná hulle arrestasie in 'n polisie-
motor op pad was na die polisiestasie. Fuzile en Osteridge
is há hulle arrestasie by die polisiestasie meegedeel
waarom hulle gearresteer is. Soos ek reeds hierbo gesê
het, was die
tydverloop tussen die oomblik waarop elk
van die appellante gearresteer is en
die oomblik waarop
hy van die rede vir sy arrestasie verwittig is na my
mening nie so groot, of wesenlik, dat dit die geldigheid van sy aanhouding

sy arrestasie kan affekteer nie. Indien 'n mens sou moet aanvaar - wat
na my mening nie gedoen kan word nie - dat Fuzile en Osteridge
vroeër van
die rede vir hulle arrestasie verwittig kon gewees het as wat gebeur het en dat
dié versuim die geldigheid
van hulle aanhouding geaffekteer het, dan sou
die geldigheid
daarvan/
117
daarvan na my mening herstel gewees het toe hulle, terwyl hulle nog steeds
onder arres was, die rede vir hulle arresta-sie en aanhouding
meegedeel
is.
Wat Fuzile en Osteridge betref, moet nog die volgende gesê word.
Daar is betoog dat hulle volgens die stukke wat daar voor die
hof a
quo
was eers ná die ondertekening van hulle aanhoudingsbevele van die rede
vir hulle arrestasie verwittig is en dat hulle aanhouding
om daardie rede
ongeldig is. In die uitspraak van Kannemeyer R in die hof a
quo
word die
volgende gesê i.v.m. die oomblik waarop die appellante van die rede vir
hulle arrestasie verwittig is (op 470 G-H):
"It/.
118
"It has not been suggested that the orders for detention in terms of reg. 3(l)
were signed before the reasons for their arrest had
been conveyed to
them."
Die appellante se advokate sê dat dit
'n foutiewe stelling
is aangesien hulle die hof glad nie oor die feite m.b.t.
hierdie
aangeleentheid toegespreek het nie. Die betoog
is, soos reeds gesê, dat Fuzile en Osteridge eers ná
die
ondertekening van hulle aanhoudingsbevele meegedeel is
waarom hulle
gearresteer is. Ek aanvaar die stelling
van die appellante se advokate, maar
die gemelde betoog
m.b.t. Fuzile en Osteridge is nietemin ongegrond.
Ek
het die stukke gelees en vind niks daarin wat enigsins
toon dat die
redes vir Fuzile en Osteridge se arrestasie
eers ná die ondertekening van hulle aanhoudingsbevele
aan/
119 aan hulle gegee is nie.
In die lig van my bevinding hierbo dat aanvaar
moet word dat aan elk van die appellante nie net gesê is dat hy ingevolge
die
noodregulasies gearresteer word nie, maar ook waarom hy gearresteer is, is
dit nie nodig om in te gaan op die vraag of clie mededeling
aan 'n persoon dat
hy ingevolge reg. 3(1) gearresteer word op sigself voldoende is of, afhangende
van die omstandighede, kan wees
om as 'n mededeling van die rede vir sy
arrestasie te kan geld nie.
Grond van appél (6)
:
Ek het hierbo aangedui dat toe die hof a
quo
die/
120
die appellante se aansoek met koste afgewys het, hy
per incuriam
nagelaat het om 'n kostebevel t.o.v. sekere aangeleenthede ten gunste van die
appellante te gee. Die hof het in sy uitspraak oor
die appellante se aansoek om
verlof om te appelleer aangedui hoe die bevel wat hy aan die einde van die saak
gegee het,aangevul behoort
te word, en die partye is tevrede daarmee. Daar is
nie be-toog dat die wysiging van die bevel, soos deur die hof a
quo
voorgestel, 'n kostebevel deur hierdie hof ten gunste van enige van die
appellante regverdig nie.
Uit hoofde van al die voorgaande word soos volg
beveel:
(1)/..
121
(1)Al drie die appêlle word met koste afgewys,
insluitende die koste van twee advokate.
(2)Die
bevel van die hof a
quo
(soos weergegee op
482 G-H van die hofverslag) word gewysig deur
die volgende woorde daarby te voeg, nl:
"provided
that the third respondent is ordered to pay the costs occasioned by the two
affidavits of Joan Margaret Huskisson, the two
affidavits of James Bloomberg and
the affidavits of Frederick Jacobus Le Roux and Lieut. Van Wyk as also the
qualifying expenses,
if any, of Joan Margaret Huskisson."
P J RABIE
WND HOOFREGTER. JOUBERT JA
VILJOEN JA
Stem saam
HEFER JA
VIVIER JA