S v Prinsloo (520/1986) [1988] ZASCA 16 (18 March 1988)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Rape — Attempted rape — Appeal against conviction and sentence — Appellant convicted of housebreaking with intent to commit rape and attempted rape — Appellant's defense of intoxication rejected — Evidence of serious psychological impact on complainant considered — Sentence of six years imprisonment, two years suspended, upheld as appropriate — Application for condonation for late filing of appeal documents dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1988
>>
[1988] ZASCA 16
|

|

S v Prinsloo (520/1986) [1988] ZASCA 16 (18 March 1988)

LL
Saak No 520/1986
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPèLAFDELING
Insake die appèl van:
JOHAN DANIëL PRINSLOO
Appellant
teen
DIE STAAT
Respondent
CORAM:
VAN HEERDEN, GROSSKOPF et NESTADT ARR
VERHOORDATUM: 4 MAART 1988
LEWERINGSDATUM: 18 MAART 1988
UITSPRAAK
/VAN HEERDEN AR
2.
VAN HEERDEN AR
:
Die appellant het in 'n streekhof op twee aan-klagte tereg gestaan, nl
huisbraak met die opset om 'n misdryf onbekend aan die Staat
te pleeg en poging
tot ver-kragting. Hy is op albei aanklagte skuldig bevind. Wat die eerste
aanklag betref, is hy egter skuldig
bevind aan huisbraak met die opset om te
verkrag. Die landdros het die twee aanklagte as een geneem vir vonnisdoeleindes
en die appellant:
gevonnis tot ses jaar gevangenisstraf, waarvan twee jaar
voorwaardelik opgeskort is.
Die appellant het na die Transvaalse Provinsiale Afdeling geappelleer teen
die skuldigbevindings sowel as die vonnis. Tydens die verhoor
van die
appèl het die appellant se advokaat egter afstand gedoen van die
appèl ten opsigte van die vonnis en slegs
die vraag of die ap-pellant
tereg skuldig bevind is, beredeneer. In die uitspraak waarin die appèl
afgewys is, is gevolglik
nie oorweging aan die appellant se vonnis geskenk
nie.
/Daarna ...
3.
Daarna het die appellant by die genoemde hof aansoek ge-doen om verlof om
teen sy vonnis na hierdie hof te appel-leer. Die aansoek
was vergesel van
beëdigde verklarings waarin beweer is dat die advokaat nie volmag gehad het
om die appèl ten opsigte
van die vonnis te laat vaar nie, en dat as
gevolg van 'n misverstand tussen hom en die opdrag-gewende prokureur hy geen
betoog oor
die vonnis gelewer het nie. Die Transvaalse Provinsiale Afdeling het
klaarblyklik hierdie verduideliking aanvaar en het aan die appellant
verlof
verleen om teen sy vonnis te appelleer
Afskrifte van die notule van die verrigtinge is by die Griffier van hierdie
hof geliasseer bykans ses weke na die datum waarop dié
volgens A A
Reël 5 (5) ingedien moes gewees het. In 'n beëdigde verklaring van die
ap-pellant se prokureur is aansoek om
kondonasie van hierdie versuim gedoen.
Daarin verduidelik sy dat die versuim te wyte was aan die feit dat die appellant
nie betyds
die nodige fondse vir die voortsetting van die appèl
voorsien
/het .......
4.
het nie. Die aansoek was egter nie vergesel van 'n
beëdig-de
verklaring van die appellant nie en dit blyk dus glad nie waaraan sy late te
wyte was nie. Die gebrek aan 'n verduideliking
in hierdie verband sou moontlik
in sigself 'n rede kon wees vir die weiering van die aansoek om kondo-nasie.
Soos hieronder sal blyk,
is ek egter in elk geval van mening dat die aanvegting
van die landdros se vonnis sonder verdienste is.
Dit blyk dat die klaagster, 'n veertigjarige ge-troude vrou, die aand van 11
September 1984 in 'n slaapkamer van die New Union Hotel
in Pretoria was waar sy
sou oornag. Sy het 'n venster van die kamer effens oopgemaak en omstreeks 9 nm
die kamerlig afgeskakel. Sy
het met haar rug na die venster gelê en
skielik bewus geword van die aanwesigheid van 'n persoon in die kamer. Die
persoon
(wat later ge-blyk het die appellant te gewees het) het op die bed
gedruk en "sjuut, sjuut" gesê. Sy het onmiddellik om hulp
ge-roep en 'n
hewige worsteling het ontstaan. Sy het die
/appellant ...
5.
appellant probeer wegstamp en in die proses van die bed afgeval. Die
appellant het haar op die vloer vasgedruk en haar aan haar nagklere
gegryp. Sy
het aanhou worstel maar die appellant het haar bly vasdruk en haar borste en
privaatdele betas. Sy het haar vinger in
sy oog probeer steek waarop hy die
vinger stukkend gebyt het. Hierna het sy daarin geslaag om los te kom en het sy
by die kamer-deur
uitgehardloop terwyl die appellant op sy beurt na die
reedsgenoemde venster gehardloop het.
Afgesien van die vinger wat stukkend gebyt is, was daar 'n skaafwond onder
die klaagster se oog, was haar lip geswel en was daar 'n
stukkende plek binne in
haar mond. Sy maak ook melding van verskeie ander kneusplekke. Ek verwys later
na die psigiese nagevolge
van die voorval.
Dit is duidelik dat die appellant van binne die hotel toegang tot die
brandtrappe aan die buitekant verkry het. Daarna het hy op:
'n lysie geklim, tot
onder die venster van die klaagster se kamer beweeg, die venster
/verder ...
6.
verder oopgestoot en daardeur die kamer binnegegaan. Na-dat die klaagster
ontvlug het, het die appellant weer deur die venster tot
op die brandtrappe
beweeg, die hotel inge-gaan en met die binnetrappe vanaf die vyfde verdieping
tot in die ingangsportaal gehardloop.
Ene Ludick het hom agterna gesit. Buite
die hotel het die appellant weer . begin hardloop. Hy het toe oor 'n hoë
draadheining
ge-klim en is kort daarna onder 'n motor aangetref.
Die appellant se weergawe was dat hy tot kort voor die gebeurde 'n groot
hoeveelheid alkoholiese drank gedrink het. Die laaste wat
hy kon onthou, was dat
hy in 'n voertuig in die omgewing van die New Union Hotel sit en drink het. Die
volgende waarvan hy bewus
was, was dat hy gehardloop het, oor '
n
heining
geklim en onder 'n voertuig gaan skuil het. Hy kon dus, aldus sy getuienis, glad
nie onthou dat hy ooit in die klaagster se
kamer was
nie.
Die appellant se weergawe dat hy dusdanig onder
/die ...
7.
die invloed van drank was dat hy nie geweet het wat hy doen nie, is tereg
deur die landdros verwerp. Die skuldigbevinding op die eerste
aanklag is nie
gemotiveer nie, maar dit is duidelik dat die landdros van mening was dat die
appellant 'n inbraak gepleeg het deur
die venster wyer oop te maak en daardeur
die kamer te betree, en dat hy dit gedoen het met die opset om die klaagster te
ver-krag.
By vonnisoplegging het die landdros die appel-lant se persoonlike
omstandighede, die aard van die mis-drywe en die belange van die
gemeenskap in
ag geneem. Wat eersgenoemde betref, is daarop gewys dat die appellant slegs 23
jaar oud was; dat hy getroud was en
twee kleín kindertjies gehad het; dat
hy 'n vaste diensbetrekking be-klee het, en dat sy vorige veroordeling (in der
waarheid
was daar twee) geen verband met sy misdadige gedrag op die betrokke
aand gehou het nie. Die landdros het ook in aanmerking geneem
dat
gevangenisstraf die appellant se
/familie ...
8.
gesin nadelig sou tref en dat hy wel tot 'n mate onder die invloed van drank
was.
Aan die ander kant het die landdros die erns van die misdrywe in ag geneem en
opgemerk dat die belange van die gemeenskap vereis dat
vir sodanige misdrywe nie
strawwe wat te lig is, opgelê moet word nie. Ook is daarop gewys dat die
klaagster psigiese letsels
oorgehou het.
In sy betoogshoofde het die appellant se advokaat aan die hand gedoen dat die
landdros 'n mistasting begaan het deur telkens na die
erns van die misdrywe
(meervoud) te verwys. Hy het naamlik aangevoer dat aangesien die appellant
deurgaans slegs 'n enkele opset
gehad het - nl om die klaagster te verkrag - hy
wesentlik net een misdryf gepleeg het en slegs daarvoor gestraf moes gewees het.
By die verhoor van die appèl het die advokaat egter uitdruk-lik hierdie
betoog prysgegee. Al wat in hierdie verband vermeld
hoef te word, is dat die
appèl slegs teen die
/vonnis ...
9.
vonnis gerig is; dat die vraag of die appellant net aan een misdaad skuldig
bevind moes gewees het dus net nie ter sprake kom nie,
en dat die appellant in
elk geval slegs deur 'n enkele vonnis vir die totaliteit van sy mis-dadige
gedraginge gestraf is.
Die appellant se advokaat het ook betoog dat die landdros fouteer het deur
die belange van die gemeen-skap wat vergelding vereis te
hoog aan te slaan ten
koste van die persoonlike omstandighede van die appellant, en deur geensins op
die hervormingsaspek van straftoemeting
te let nie. Ek kan nie akkoord gaan nie.
Die land-dros het wel deeglik bedoelde omstandighede in ag geneem en gesê
dat dit
nie sy funksie was om slegs wraak te neem nie, maar dat hy moes poog om
met inagneming van alle fak-tore 'n regverdige straf te bepaal.
Die landdros was
dan ook volkome geregtig om daarop te wys dat die belange van die gemeenskap
vereis dat vir 'n ernstige misdaad
'n vonnis wat nie te lig is nie, opgelê
moet word. En hoewel
/die ...
10.
die landdros nie in soveel woorde na die hervorming van die appellant verwys
het nie, kan ek my nie voorstel dat by hierdie aspek
buite rekening gelaat het
nie.
Ten aansien van 'n verdere betoog dat die vonnis treffend onvanpas is, het
die appellant se advokaat veral gesteun op die feit dat
hy onder die invloed van
drank was. Hoewel die appellant sy drankinname klaarblyklik oordryf het en daar
dus nie op grond van sy
getuienis bepaal kan word tot welke mate hy
beïnvloed was nie, is aangevoer dat sy inhibisies en oordeelsvermoë
aansienlik
aangetas was. In eerste instansie is peil getrek op die getuienis van
dr Van Coller wat die appellant die betrokke aand om 11.45
(d w s meer as twee
uur na die gebeurde) ondersoek het. Hy het toe bevind dat die appellant lig
onder die invloed van alkohol was.
Op daardie stadium was die konsentrasie
alkohol in die appellant se bloed 0,07 gram per 100 milli-liters en omstreeks
9.30 nm moes
die eerste syfer volgens dr Van Coller in die omgewing van 0,12
gewees het. Die
/vroeëre ...
11.
vroeëre konsentrasie, getuig die geneesheer, sou meege-bring het dat die
appellant "eintlik nog lig onder die invloed" was.
Tweedens is gesteun op getuienis dat die appel-lant kort voordat hy die
klaagster se kamer binnegegaan het op die binnetrappe van
die hotel tussen die
derde en vierde verdieping aangetref is. Die appellant het sy gulp oopgemaak en
die getuie het die indruk gekry
dat hy water wou afslaan. Gevra wat hy
daár maak, het die ap-pellant nie geantwoord nie en na die vierde
verdieping geloop.
Hierdie gedrag van die appellant dui weliswaar op 'n mate van
beneweling, maar aan die ander kant getuig Ludick dat die appellant
nooit
geslinger of gestruikel het nie toe hy met die binnetrappe van die hotel
vanaf;die vyfde verdieping tot in die ingangsportaal
gehardloop het en dat hy
daarna met gemak oor 'n ses voet hoë draadheining geklim het. Bowendien
toon 'n foto van die brandtrappe
aan dat dit heelwat behendigheid moes geverg
het om oor
/die ......
12.
die reling van die trappe op die reedsgenoemde lysie te klim en daarop te
beweeg. Die geheelbeeld is dus nie dié van '
n
persoon wie se sinne
aansienlik aangetas was nie. Gevolglik het die appellant se drankinname slegs 'n
beperkte versagtende inslag.
Aan die ander kant van die skaal moet die effek van die gebeurde op die
klaagster in ag geneem word. Weliswaar het sy nie ernstige
liggaamlike beserings
opge-doen nie, maar sy getuig dat sy na die voorval vir 'n tyd-perk van nege dae
deur haar huisdokter weens
'n angstoestand behandel is. Hy het haar na 'n
psigiater verwys waarna sy vir twee weke in 'n kliniek behandel is. Gevra by die
verhoor
of die ondervinding nog 'n uitwerking op haar het, se sy: "Ek glo nie ek
sal gou daaroor kom nie want ek het
'n
vrees vir 'n man ontwikkel. "
Dan ook was hierdie nie 'n geval waarin die appel-lant skielik voor 'n
versoeking geswig het nie. Hy het
naamlik nie net gepoog om die klaagster te verkrag nie,
/maar ...
13.
maar het op 'n sluwe wyse toegang tot haar kamer verkry om in die privaatheid
daarvan sy vooropgestelde oogmerk te probeer volvoer.
Samevattend is ek van mening dat die landdros
nie
'
n
wanvoorligting begaan het nie en dat die vonnis
sekerlik nie een is wat nie redelikerwyse opgelê kon ge-
wees het
nie.
Die aansoek om kondonasie van die versuim om die afskrifte van die oorkonde
betyds in te dien, word gevolglik afgewys.
H.J.O. VAN HEERDEN AR
GROSSKOPF AR
STEM SAAM NESTADT AR