About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1988
>>
[1988] ZASCA 9
|
|
S v Retief (332/1987) [1988] ZASCA 9 (11 March 1988)
LL
Saak No 332/1987
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPëLAFDELING
Insake die appel van:
NIEL PIETER RETIEF
Appellant
teen
DIE STAAT
Respondent
CORAM:
VAN HEERDEN, HEFER, ARR et BOSHOFF WAR
VERHOORDATUM: 22 FEBRUARIE 1988
LEWERINGSDATUM: 11 MAART 1988
UITSPRAAK
/
VAN HEERDEN AR
2.
VAN HEERDEN AR
:
Omstreeks 1 vm op 3 Januarie 1986 is wyle mnr en mev Du Toit in hulle huis in
Kraaifontein vermoor. Die volgende oggend is die lyk
van mnr Du Toit in die
egpaar se slaapkamer, en dié van mev Du Toit in die slaapkamer van hul
seun, Francois, aangetref. Daar
was 9 snywonde aan die regterkant van mnr Du
Toit se nek. Twee daarvan het die onderliggende diep bloedvate raakgesny en
aldus sy
dood veroorsaak. Die beserings wat tot mev Du Toit se dood gelei het,
is nie tans ter sake nie.
Voortspruitend uit hierdie gebeurde isdie appel-lant en Francois in die
Kaapse Provinsiale Afdeling aangekla van moord op die egpaar
asook van roof met
verswarende om-standighede. Francois is op al drie aanklagte onskuldig bevind.
Die appellant is skuldig bevind
op die eerste moordklag (ten aansien van mnr Du
Toit) maar onskuldig op die roofklag. Wat die tweede moordklag (ten aansien van
mev
Du Toit) betref, is hy skuldig bevind aan aanranding.
/Aangesien ...
3.
Aangesien geen versagtende omstandighede bevind is nie, is die
appellant op die eerste moordklag ter dood veroordeel. Met die nodige
verlof is
die onderhawige appèl slegs teen die doodvonnis gerig.
Die appellant is gebore op 26 Februarie en Francois op 1 Desember 1967. Vanaf
26 Desember 1985 tot 3 Januarie 1986 was hulle feitlik
konstant saam en het
Francois elke aand saam met die appellant oornag in die huis van laasge-noemde
se ouers wat met vakansie was.
Gedurende hierdie tydperk was die verhouding
tussen Francois en sy ouers klaar-blyklik nie na wense nie. Dit was te wyte aan
die
feit dat hy aan die einde van 1985 nie sy matriekeksamen deurgekom het nie,
dat hy dagga gerook het en dat hy 'n geslagsiekte opgedoen
het. Vir dié
siekte is hy deur dr Buys behandel. Die oggend van 2 Januarie 1986 het die
oorledenes dr Buys gespreek Hulle
was bekommerd oor Francois se gedrag en
leefwyse en veral oor sy gebruik van dagga. Hulle het dr Buys versoek om aan
Francois voorligting
te gee maar wou
/nie ...
4.
nie hê dat Francois moes weet dat hulle dr Buys genader het nie. Dit is
toe gereël dat die oorledenes vir Francois
sou sê dat hulle dr Buys toevallig raakgeloop het en dat
hy (Francois) weer vir dr Buys in verband met die geslag-
siekte moes spreek. Hierdie "boodskap" is deur mnr Du Toit aan Francois
oorgedra en omstreeks 6.30 nm het hulle saam by dr Buys se
spreekkamer opgedaag.
Laasgenoemde het toe vir Francois ingelig oor die gevare verbonde aan die
misbruik van dagga en drank en het
aan hom 'n brief gegee wat daarop gerig was
om Francois psigiatriese be-
handeling te laat ondergaan.
By mnr Du Toit en Francois se terugkeer tuis het hulle mev Du Toit en die
appellant aangetref. 'n Woordewisseling tussen Francois
en sy moeder het gevolg.
Francois het sy moeder verwyt omdat sy gereël het dat hy dr Buys sou spreek
en volgens die appellant
het hy vloek-woorde teenoor haar gebruik. Hy het ook
gesê dat hy nie die hulp van 'n dokter of 'n sielkiindige nodig 'het
nie.
/Van ...
5.
Van haar kant af het mev Du Toit weer vir Francois verwyt oor die uitslag van
sy eksamen, die geslagsiekte wat hy opgedoen het en
sy gebruik van dagga. Omdat
Francois kwaad was, het die appellant hom aan die arm geneem en na sy kamer
gelei. Kort daarna is hulle
vir 'n rukkie na vriende en daarvandaan na die
Kraaifontein Hotel waar hulle vanaf kort na 9 nm tot omstreeks middernag vertoef
het.
Gedurende hierdie tydperk het die appellant 4 biere en 4 sopies whisky
gedrink en het Francois op 'n stadium saam met vriende buite
die hotel gaan
dagga rook.
Terwyl Francois op '
n
tweede geleentheid die hotel uit was, het die
appellant na sy ouerhuis gestap. Later het Francois ook opgedaag en op
uittartende wyse
vertel dat hy en sy vriende 'n aantal pype dagga gerook het.
Hier dien gemeld te word dat die appellant bewus was van die feit dat
Francois
in die verlede dagga gebruik het; dat hy sterk daarteen gekant was en dat hy vir
Francois ge-sê het dat hy hom sou
slaan indien hy weer dagga sou rook.
/Wat ...
6.
Wat hierna gebeur het, was by die verhoor in ge-skil. Francois het getuig dat
hy gaan slaap het en eers weer die volgende oggend wakker
geword het. Volgens
die appellant het Francois egter gesê dat hy met sy ouers wou gaan praat
en het hy die huis verlaat. 'n
Paar minute later sou die appellant hom gevolg
het.
Dit is dienstig om op hierdie stadium te verwys na twee verklarings wat die
appellant aan landdroste ge-maak het. Die appellant is
die oggend van 3 Januarie
1986 in hegtenis geneem nadat sy vingerafdrukke op 'n ven-sterraam van die
oorledenes se slaapkamer gevind
is, en vroeg dieselfde middag het hy die eerste
verklaring gemaak. Daarin sê hy dat hy by die hotel kwaad geraak het toe
Francois
dagga gaan rook het "omrede ek hom 3 weke weg van die dagga gekry het".
Hy voeg by: "Maar a g v sy ma het hy dit weer gaan rook".
Terug by sy ouerhuis,
sê die appellant, was hy opnuut kwaad toe Francois praat van die pype
dagga wat "hulle" gerook het. Francois
het gaan
/slaap ...
7.
slaap en die appellant, aldus sy verklaring, het na die oorledenes se huis
geloop om met hulle te gaan praat. Hy "het al voorheen
met hulle daaroor
gepraat, maar hulle het aangehou karring met die besigheid". Die appellant
ver-volg:
"Ek dink ek het by die agterste venster ingekom en sy ma het my gestamp. Ek het
teen die kas geval. Ek het 'n merk op my linkerarm
gekry.
Ons het gestry. Sy het my sleggesê. Ek het haar geslaan met die vuis. Sy
het gesê ek is sleg, ek is niks beter as Francois
nie en hoe-kom gaan ek
so aan oor die storie. Sy het ge-meen sy is man genoeg om Francois te
hanteer.
Toe is ek kombuis toe. Sy het agterna gehard-loop. Daar het 'n mes op die
kombuistafel gelê. Dis 'n bruinhef mes met 'n lang
lem .... Ek kan nie
onthou wie ek met die mes gesteek het nie. Dit kan die oom of die tannie wees.
Ek weet ook ek het die tanníe
gewurg. Daarvandaan is ek huistoe deur die
voordeur."
Die appellant se tweede verklaring is die
volgende dág gemaak. Daarin meld hy dat nadat Francois by sy (d i die
appellant se
ouerhuis opgedaag het, hy gesê het dat hy met sy ouers wou
gaan praat en die huis verlaat het. 'n Paar minute later het die
appellant hom
gevolg. Hy het
/deur ...
8.
deur die venster van die oorledenes se slaapkamer gespring en gevind
dat Francois besig was om met sy ma te "baklei". Sy pa het op
die bed gesit en
sy bors vasgehou, waarna hy vooroor geval en bly lê het. Mev Du Toit het
uit die kamer gehardloop en Francois
het haar met '
n
mes in sy hand
gevolg. Die appellant het die mes afgeneem maar Francois het sy ma bly volg en
haar in sy kamer gewurg. Sy het langs
die bed inmekaar geval en bly lê.
Die appellant het Francois se hande met elektriese koord vasgemaak waarna hy
terug is na
die oorledenes se slaapkamer met die mes wat Francois gehad het. Hy
het toe vir mnr Du Toit in die nek gesteek "sodat dit moes lyk
na moord". Hierna
het hy moontlike vingerafdrukke op mev Du Toit se lyk en op plekke in die huis
probeer afvee, en daarop vir Francois
terugge-neem na sy (d i die appellant se)
ouerhuis.
Op 5 Januarie 1986 het die appellant 'n derde verklaring aan luitenant Segal
gemaak. Gevra na mediese getuienis wat daarop gedui het
dat mev Du Toit 'n
besering
/aan ...
9. aan haar geslagsdele gehad het, sê die appellant:
"Ek wou dit na '
n
verkragting laat lyk. Almal
het geweet van die stryery tussen Francois en
sy ouers. Ek het die hef van die mes en 'n
waslap gebruik en in haar gedruk."
Die appellant se
getuienis het in hoofsaak ge-strook met die inhoud van sy tweede verklaring. Sy
ver-naamste verduideliking waarom
hy die eerste verklaring ge-maak het, was dat
hy vir Francois wou beskerm. Hy het ook getuig dat toe hy binne die oorledenes
se slaapkamer
gekom het mnr Du Toit vooroor op 'n bedkassie gelê het en sy
bors vasgehou het. Terwyl hy die mes by Francois afgeneem het,
het hy met sy rug
na mnr Du Toit gestaan. Toe hy later omdraai, het hy gemerk dat mnr Du Toit op
die grond langs die bed lê.
Hy het hom opgetel en op die bed
neergelê. Hy kon geen polsslag of hartklop voel nie en kon ook geen
asemhaling bespeur nie.
Hy was dus vas onder die indruk dat mnr Du Toit beswyk
het, vermoedelik aan 'n hartaanval.
Die appellant kon nie verduidelik waarom
hy,
/volgens ...
10.
volgens sy weergawe, die steekwonde aan die nek van die vermeende lyk
aangebring het nie. Al verklaring wat hy by wyse van rekonstruksie
geopper het,
was dat, soos hy dit gestel het, hy die leidrade vir die polisie deurmekaar wou
maak. Welke doel dit sou bereik het,
het hy duister ge-laat.
Volgens dr Van Ieperen het die bloedverlies wat mnr Du Toit ondervind het
onteenseglik daarop gedui dat sy hart gepomp het na die
toediening van die
steekwonde. Hy het dus die moontlikheid dat mnr Du Toit vroeër gesterf het,
uitgeskakel. Hy het ook getuig
dat weens tekens van na-doodse verkleuring op die
maag van sy liggaam mnr Du Toit na sy dood vir 'n tydperk van minstens twee uur
op sy maag moes gelê het alvorens hy op sy rug gedraai is in die posisie
waarin hy later aangetref is. Voorts het dr Van Ieperen
getuig dat weens die
aanwesigheid van verskillende bloedkolle op die laken waarop mnr Du Toit
gelê het sy liggaam van een punt
na 'n tweede en toe weer na 'n derde
/verskuif ...
11.
verskuif is, en dat parallelle skuifmerke gedui het op die waarskynlikheid
dat twee persone die liggaam verskuif het.
Die Hof a
quo
het die getuienis van dr Van Ieperen aanvaar en die
weergawe van die appellant, in soverre dit veronskuldigend was, verwerp. Omdat
hy volgens sy eie ge-tuienis die steekwonde toegedien het, is hy skuldig bevind
op die aanklag dat hy mnr Du Toit vermoor het. Wat
die moord op mev Du Toit
betref, het die hof dit waarskynlik geag dat die appellant ook haar dood
veroorsaak het, maar aangesien
daar getuienis was dat daar 'n tweede persoon,
afgesien van die oorledenes, in die huis moes gewees het, kon die hof die
redelike
moontlikheid dat dié persoon mev Du Toit gedood het, nie
uitskakel nie. Vanweë die ap-pellant se erkenning in sy verklaring
aan
luitenant Segal dat hy 'n mes in mev Du Tout se geslagsdele opgedruk het -wat
volgens dr Van Ieperen moes gebeur het terwyl sy
nog geleef het of sterwend was
- is die appellant egter op die tweede aanklag aan aanranding op mev Du Toit
skuldig bevind.
/Volledigheidshalwe ...
12.
Volledigheidshalwe dien vermeld te word dat
Francois onskuldig bevind is omdat slegs die getuienis van die appellant -
wat as ongeloofwaardig beskou is - hom direk geïmpliseer
het.
Na sy skuldigbevinding het die appellant getuiê-nis ten aansien van
versagtende omstandighede gegee. Op hierdie stadium het
hy ontken dat hy in die
huis was toe die oorledenes gesterf het. Sy nuwe weergawe was dat Francois
teenoor hom laat blyk het dat
hy (Francois) en maats van hom sy ouers doodgemaak
het. 'n Paar uur later is die appellant toe na die oorledenes se huis pm vas te
stel wat gebeur het. Hy het deur die reedsgenoemde ven-ster geklim en die lyke
van die oorledenes in die huis aan-getref. Hierdie
weergawe is tereg deur die
hof a
quo
as 'n verbeeldingsvlug aangemerk.
Die resultaat was dat die appellant nooit 'n aan-vaarbare verduideliking
verstrek het nie waarom hy na mid dernag van 2 Januarie 1986
na die oorledenes
se huis gegaan
/het ...
13.
het en waarom hy mnr Du Toit vermoor het. Die ander ge-tuienis wat by die
verhoor gegee is, dui ook nie op 'n motief vir die moord
nie. Daar het
oënskynlik niks geskort aan die verhouding tussen die appellant en die
oorledenes nie; hulle het hom vertrou en
geglo dat hy Francois van die rook van
dagga en verkeerde maats sou weerhou.
By oorweging van die vraag of versagtende omstan-dighede bewys is, het die
hof a
quo
twee faktore in ag geneem, nl die jeug van die appellant en die
feit dat hy tot 'n mate onder die invloed van drank was. Samevattend
was die hof
egter van mening dat omdat nie op 'n oorwig van waarskynlikhede bepaal kon word
nie wat die aanval op mnr Du Toit uitgelok
het, nie bevind kon word dat hierdie
fak-tore versagtend ingewerk het nie. Die hof het later ook verwys na dr Van
Ieperen se afleiding
uit die groepering van dié wonde dat die aanvaller
in 'n woedebui gehandel het, máár hét opgemerk dat
woede in
sigself nie 'n versagtende omstandigheid daarstel nie.
/Die ...
14.
Die appellant se advokaat het in eerste instansie betoog dat
beïnvloeding as gevolg van drankinname dië moord op mnr Du
Toit moreel
minder laakbaar maak. Die eerste probleem wat in hierdie verband opduik, is dat
dit moeilik is om te bepaal of die appellant
aanmerklik onder die in-vloed van
drank was toe hy na die oorledenes se huis gegaan het. Ene Kruger sê
weliswaar dat die appellant
by die hotel tot so 'n mate onder die invloed was
dat hy gesteier het, maar die kroegdame getuig dat die appellant nie dronk
voorgekom
het nie en dat hy normaal geloop en gepraat het. Die appellant se
advokaat het veral gesteun op Francois se getuienis dat die appellant
terug by
sy ouerhuis gesê het dat hy wou braak en toe na buite is, maar Francois
getuig ook dat hy nie kon agterkom dat die
appellant enigsins dronk was nie.
Bowendien ontken die appellant dat hy wou braak of gesê het dat hy sulks
wou doen. En dr
Quail, 'n psigiater wat namens die appellant getuig het,
sê dat die drank wat die appellant by die hotel gedrink het sodanig
/sou ...
15.
sou uitgeskei het dat daar omstreeks 1 vm op 3 Januarie 1986 - toe die moord
waarskynlik gepleeg is - "a minimal amount of intoxication"
sou gewees het.
Die appellant self getuig dat, hoewel nie dronk nie, hy onder die invloed van
drank was toe hy na die oor-ledenes se huis gegaan het,
maar sy weergawe van sy
optrede dui nie op 'n aansienlike mate van beïnvloeding nie. Hy het geen
probleme ondervind om deur
die vyf voet hoë venster te klim nie en het
genoeg teenwoordigheid van gees gehad om moontlike vingerafdrukke in die huis te
probeer verwyder. Hy kon selfs die handelsnaar van die badreiniger waarmee hy
die bloed van die mes afgewas het, onthou.
Die appellant se advokaat het ook aangevoer dat sy onvermoë om '
n
sinvolle weergawe van die gebeurde in die oorledenes se huis te verstrek,
aantoon dat sy sinne be-neweld was. Hiermee kan ek nie akkoord
gaan nie. Daar is
geen sprake dat die appellant dusdanig beïnvloed was dat hy nie kon onthou
wat gebeur het nie, en die feit
dat
/hy ...
16.
hy onaanvaarbare en selfs onsinnige weergawes van die ge-beurde gegee het,
kan dus nie aan drankinname toegeskryf word nie. Feit is
dat die appellant nie
wou openbaar waarom hy mnr Du Toit aangeval het nie, dat hy homself wou
verontskuldig en dat hy dus telkens
met 'n uitgedinkte storie voor die dag gekom
het.
Dit blyk dus dat die appellant op die tersaak-like tydstip tot 'n mate - maar
nie aansienlik so nie -onder die invloed van drank was.
Op die effek daarvan in
samehang met sy ouderdom kom ek hieronder terug.
Die appellant se advokaat het in tweede instansie op sy jeugdigheid gesteun.
Hy was ten tyde van die ge-beurde nog nie 19 jaar nie
en dit is ongetwyfeld so
dat in die geval van 'n tienderjarige dader 'n hof traag is om te bevind dat
daar nie versagtende omstandighede
is nie, veral omdat die jeugdige gemoed weens
onrypheid makliker vatbaar is vir eksterne beïnvloeding en prikkels,
emosionele
opwelling ensomeer. Jeugdigheid (bo 18 jaar) is egter nie
/in ...
17.
in sigself 'n versagtende omstandigheid nie en in elke geval moet nagegaan
word of in die lig van al die feite die jeug van die oortreder
sy daad minder
laakbaar maak.
Narnens die appellant is aangevoer dat die feit dat die appellant
verskillende verklarings gemaak het in sigself op onrypheid dui.
Indien aanvaar
kan word dat die appellant in sy eerste verklaring verkeerdelik erken het dat
dit hy - en slegs hy - was wat mev Du
Toit aange-rand en gewurg het, sou daar
iets vir dié betoog te sê gewees het. Dit blyk egter nie as 'n
waarskynlikheid
dat sy latere verontskuldigende weergawe ten opsigte van mev Du
Toit juis is nie, en die motief vir die maak van die tweede verklaring
kon dus
gewees het om valslik aandadig-heid aan die moord op haar te ontken. Hoe dit ook
al sy, die getuienis van dr Quail was dat
hoewel die appellant se persoonlikhied
nog nie ten volle ontwikkel het nie, hy "an adequately matured 18 year old" was.
Die appellant
het ook nie enige besondere persoonlikheidskeet nie, en
volgens
/getuies
18.
getuies met wie hy by '
n
motorhawe saam gewerk het, het daar niks
geskeelaan sy verhouding met. sy mede-werknemers of lede van die publiek nie.
Dat die appellant
egter wel by tye aggressief opgetree het, blyk uit sy
erkennings dat hy goed
gebreek het wanneer hy kwaad geword het en dat hy by
ge-
leenthede dronk kleurlinge in blanke woonbuurtes aangerand
het om - soos hy dit gestel het - vir hulle maniere te leer.
Soos reeds genoem, was die hof a
quo
van mening dat nie bevind kon
word dat die appellant se drankinname en sy jeug versagtend ingewerk het nie
omdat nie bepaal kon word
waarom die appellant na die oorledenes se huis gegaan
het en mnr Du Toit vermoor het nie. Wat vasstaan, is dat die appellant die
betrokke aand baie kwaad vir Francois was en ook rede daartoe gehad het. Hy het
die voorafgaande week vir Francois rojaal getrakteer
en ook die aand by die
hotel vir hom kos en drank gekoop. Desnieteenstaande het Francois, wat geweet
het dat die appellant sterk
teen dagga gekant was, vir die appellant by die
hotel verlaat om saam
/met ...
19
met sy maats dagga te gaan rook. Later het hy by die appellant se ouerhuis
uittartend gewag gemaak van die hoe-veelheid pype wat hy
gerook het. Dit is
egter moeilik om te begryp waarom die appellant sy woede vir Francois op die
oorledenes sou geprojekteer het.
Al aanduidings wat in hierdie verband bestaan,
is dat die appellant die feit dat Francois weer dagga gerook het aan mev Du Toit
se
ge-drag toegeskryf het. Hy getuig naamlik dat hy van mening was dat Francois
weer dagga gebruik het juis om sy ma teen te gaan omdat
sy hom in verband met sy
daggaprobleem "ge-terroriseer" het. Hy getuig ook dat mev Du Toit -
ver-keerdelik, na sy mening - aanmekaar
dieselfde onderwerp opgerakel het. En in
sy eerste verklaring gee die appel-lant te kenne dat hy kwaad was toe hy na die
oorledenes
se huís gegaan het en dat hy met hulle wou gaan praat oor die
feit dat Francois weer 'n misstap begaan het. Hieruit sou 'n
mens moontlik kon
aflei dat hy op daardie stadium vir mev Du Toit kwaad was omdat sy, volgens sy
siening, die
/oorsaak ...
20.
oorsaak was dat Francois weer by 'n daggarokery betrokke geraak het,
en dat die wrewel in woede ontvlam het as
gevolg van iets wat die oorledenes
in die huis gesê of
gedoen het. In sy genoemde verklaring sê die
appellant
dan ook dat mev Du Toit hom sleggesê het nadat hy deur
die
venster geklim het.
Die eerste probleem is egter dat toe die appel-lant
getuig het, hy die tersaaklike gedeelte van sy eerste verklaring weerspreek het
(soos hy trouens reeds in sy
tweede verklaring gedoen het). Hy het toe
volgehou dat
Francois die een was wat met sy ouers wou gaan praat en
dat hy vir Francois gevolg het slegs omdat hy bevrees was Oor die uitwerking
wat Francois se opwagting in 'n midder-
nagtelike uur en geklee net in sy
onderbroek op sy ouers
sou kon hê. Hy getuig ook dat hy toe vir slegs
Francois kwaad was; vir sy ouers het hy jammer gevoel. In tweede instansie kan
nòg uit sy verklarings nòg uit sy getuienis '
n
verduideliking vir die aanval op mnr Du Toit gekonstrueer
/word ...
21
word. Indien die appellant om voornoemde rede vir mev Du Toit kwaad was en
die wrewel vererger is deurdat sy hom *.
sleggesê het, verduidelik dit
immers nie waarom hy mnr Du
Toit vermoor het nie.
Die appellant se advokaat het egter gesteun op
die
reedsgenoemde afleiding wat dr Van Ieperen gemaak het en betoog dat iets in die
appellant gebreek het wat meege-bring het dat
hy in 'n woedebui die mesaanval op
mnr Du Toit gedoen het.. Wat ook al die aanleidende oorsaak was, so is
aangevoer, het die gekombineerde
effek van die appellant se beïnvloeding
deur drank, sy jeugdigheid en sy woede versagting daargestel.
Daar kan seker gevalle wees waarin 'n hof kan bevind dat versagtende
omstandighede aanwesig is hoewel dit nie blyk waarom die dader
die oorledene
vermoor het nie. In die onderhawige geval is dit egter moeilik om as'n
waar-skynlikheid af te lei dat, ongeag wat gebeur
het, die genoemde faktore die
appellant se daad minder verwytbaar maak. Die
/hof ...
22.
hof a
quo
het tereg daarop gewys dat woede in sigself nie 'n
versagtende omstandigheid is nie, maar indien die appel-lant se onrypheid,
gekoppel
aan die mate van beïnvloeding van drank wat daar was, tot 'n
woedebui en gevolglik tot die moord gelei het, sou versagting bes
moontlik wel
be-vind kon word. 'n Mens stuit egter weer voor die probleem dat omdat dit nie
blyk wat die mesaanval voorafgegaan het
nie, nie sonder meer gekonkludeer kan
word dat die appellant se jeug en drankinname tot die aanval bygedra het nie.
Weens die leuenagtigheid
van die appellant se getuienis weet 'n mens net nie
waarom hy in die nag na die oorledenes se huis gegaan het en deur hul
kamervenster
geklim het nie. Hy kon dit om 'n
verskeidenheid redes
,gedoen het en eweneens kon daar uitlopende redes vir die moord op mnr Du Toit
ge-wees het. Uiteindelik kan 'n
mens slegs bespiegel oor wat werklik gebeur het
en is dit nie moontlik om as 'n
waarskyn-likheid te bevind dat die
faktore onder bespreking versagtend ingewerk het nie.
/Samevattend ..-
23
Samevattend is ek van mening dat die verhoofhof nie 'n mistasting begaan het
nie en dat die bevinding waar-toe dit gekom het nie een
is nie waartoe geen
redelike hof kon geraak het nie.
Die appèl word gevolglik afgewys.
H.J.O. VAN
HEERDEN AR
HEFER AR
STEM SAAM BOSHOFF WAR