About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1987
>>
[1987] ZASCA 145
|
|
Attoney-General of Natal v Ndlovu (73/86) [1987] ZASCA 145 (30 November 1987)
Saak No. 73/86
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPêLAFDELING)
In die saak tussen:
THE ATTORNEY-GENERAL OF NATAL
Appellant
en
ISAAC NDLOVU
Respondent
Coram: RAIJIE WND MR, JOUBERT, HEFER ARR , BOSHOFF et
STEYN WND ARR.
Verhoordatum:
Leweringsdatum:
15 September 1987
30 November 1987
UITSPRAAK
RABIE WND HR:
Dit is 'n appèl deur die prokureur-generaal van
Natal/
2
Natal ingevolge die bepalings van art. 311(1) van die
Strafproseswet
,
No. 51 van 1977, teen die beslissing van die Natalse
Provinsiale Afdeling in die saak
S. v. Ndlovu
1986(1) SA 510(N). Die
bevinding van die hof waarteen die appèl gerig is, is dat skuld in die
vorm van dolus, hetsy
dolus directus
of
dolus eventualis
, vereis
word vir 'n oortreding van art. 8 ( 1) (d ) van die Wet op Publikasies, No. 42
van 1974, en dat nalatigheid (
culpa
) nie voldoende is nie.
Die betrokke bepaling lui soos volg: "8.(1) Niemand mag -
(d) 'n publikasie of voorwerp besit nie
indien die besit van daardie publika-sie of voorwerp kragtens artikel 9(3)
verbied is en daardie verbod by
kennisgewing/...
3
kennisgewing in die
Staatskoerant
bekend gemaak
is;".
Art. 9(3) van die gemelde wet bepaal dat 'n komitee "die besit deur
enigiemand van 'n publikasie of voorwerp wat volgens 'n beslissing
van 'n
komitee ongewens is",
kan verbied. Art 4 van die wet maak voorsiening
vir
die aanstel van komitees.
Dit was gemene saak by die verhoor in die
land-droshof dat 'n nommer van die periodieke publikasie
Isandlwana
wat
in 1981 uitgegee is, op 8 Desember 1983 in 'n laaikas van die beskuldigde (die
respondent in hierdie appèl) gevind is
en dat dit aan hom behoort het,
Die respondent, 'n organiseerder in diens van 'n vakbond, die National Union of
Textile Workers,
het getuig dat 'n
blanke/
blanke man genaamd Mike die publikasie in ongevéer Januarie 1983
tydens 'n vakbondsëminaar in Johannesburg aan hom gegee het; dat hy
by daardie geleentheid net vlugtig daarna gekyk het ("I
just looked at it", het hy gesê); dat hy dit huis toe
geneem het met die idee om dit later te lees, maar dat
hy nooit die tyd gevind het om dit te doen nie, en dat
hy nie geweet het dat die besit daarvan verbode is nie
Die landdros het bevind dat sekere van die inhoud van
die publikasie geweld en revolusie aanblaas; dat 'n
redelike man sou besef of vermoed het dat die besit
daarvan verbode was en dat die respondent nalatig was
deurdat hy nie navraag gedoen het om vas te stel of dit
verbode was nie. Die hof a
quo
het, soos reeds gesê,
bevind/....
4
5
bevind dat nalatigheid nie voldoende was om 'n oortreding
van die gemelde art. 8(l)(d) te skep nie. Dit het ook
bevind dat die getuienis nie 'n bevinding van
dolus
-
selfs in die sin van
dolus eventualis
- geregverdig het
nie. Die prokureur-generaal is verlof verleen om na
hierdie hof te appelleer teen die bevinding dat
dolus
vir Yt oortreding van art. 8 (1 ) (d) vereis word en dat
nalatigheid nie voldoende daarvoor is nie.
Die appellant betoog tereg nie dat art. 8(1)(d)
'n absolute verbod bevat nie. So 'n betoog sou onhoud-
baar wees. Kyk bv. S
. v. Arenstein
1964(1) SA 361 (A)
op 365 C-D;
S. v. De Blom
1977(3) SA 513 (A) op 532
B-C en
S. v. Ngwenya
1979(2) SA 96 (A) op 99 i.f Die
betoog/....
6
betoog is, soos reeds gesê, dat nalatigheid voldoende is
om 'n oortreding van art. 8( 1) (d) te skep.
Mnr Paver, namens die appellant, het sy betoog
begin deur te sê dat daar in die bewoording van
art
.
8(1)(d) geen aanduiding is van welke skuldvorm, d.w.s
nalatigheid of dolus, die wetgewer vir 'n oortreding
van die artikel vereis nie. Dit is 'n juiste stelling,
Sy betoog is egter dat daar verskeie oorwegings is wat
daarop dui dat dit die bedoeling van die wetgewen is
dat nalatigheid voldoende vir 'n oortreding van die artikel
is. Die eerste oorweging is, aldus die betoog, dat die
artikel 'n hoë graad van sorg of omsigtigheid van die kant
van die onderdaan vereis en dat dit toon dat die wet-
gewer/...
7
gewer bedoel het dat nalatigheid voldoende is om 'n
oortreding van die artikel mee te bring. Mnr
Paver
het
ons ter ondersteuning van hierdie betoog verwys na
S.v.
Arenstein,
supra, waar dit gegaan het oor die vraag of
die appellant tereg skuldig bevind is aan 'n oortreding
van art. 10
quat
(l) van die Wet op die Onderdrukking
van Kommunisme, No. 44 van 1950, soos gewysig, deurdat
hy versuim het om te voldoen aan die bepalings van 'n
kennisgewing wat hom beveel het om hom gedurende 'n sekere
tydperk elke dag behalwe Saterdae en openbare vakansie-
dae op 'n bepaalde tyd by 'n polisiestasie aan te meld.
Daar is namens die appellant betoog dat nalatigheid nie
voldoende/....
8
voldoende vir 'n oortreding van die kennisgewing was nie en dat
dolus
vereis was. Botha AR het gesê dat in die afwesigheid van woorde soos
"wilfully" of "intentionally" wat presies aandui welke
soort geestesgesteldheid
("mental state") vereis word -
"the degree of
mens rea
must depend on that foresight or care which
the statute in the circumstances demands."
Die geleerde regter het daarop voortgegaan en gesê (op 366 E-G):
"In the present case the Legislature has not given any express indication of
the degree of blameworthiness required for a culpable
failure to comply with a
notice under sec. 10
quat
(1). But in my view various considerations
indicate that a high degree of circumspection and care on the
part/
part of an addressee of a notice is demanded by the Legislature. Any failure
to exercise that degree of circumspection or care con-stitutes
the
mens
rea
necessary for a culpable violation of the notice. (Cf.
Rex v.
Federated Meat Industries Ltd and Another
, 1949(2) S.A. 795 (N) at p.
798).
The object of a notice under sec. 10
quat
(1) is clearly to facilitate
the exercise of effective control, in the interest of the safety of the State,
over the movements of
persons, whose activities or suspected activities are
regarded as a danger to the safety of the State. That object could be completely
defeated unless a high degree of circumspection or care to ensure compliance
with such a notice is required, and it is unlikely that
the Legislature could
have intended failures to comply with such a notice, other than wilful failures
only, to be excusable."
Mnr
Paver
het ons in hierdie selfde verband ook verwys na
S. v.
Oberholzer
1971(4) SA 602 (A), waar dit om 'n
oortreding/
9
10
oortreding van art. 3l(l)(a) van die Wet op Mate en Gewigte,
No. 13 van 1958 gegaan het. Botha AR het daarop gewys dat die wetgewer
deur die
gebruik van die woord "opsetlik" in sommige artikels van die wet duidelik getoon
het dat opset in die geval van daardie
artikels die vereiste skuldsoort was,
maar dat hy di t nie in die geval van art. 3l(l)(a) gedoen het nie. Hierdie
feit, het die geleerde
regter gesê (op 661
i.f
.), "lei onvermydelik
tot die gevolgtrekking dat opset nie vir 'n strafbare oortreding van
laasgenoemde artikel (d.w.s. art. 31(1)(a))
nodig is nie." Botha AR het daar-na
voortgegaan om te sê dat, waar die wet die beskerming van die algemene
publiek teen uitbuiting
in die handel
beoog/
11
beoog het, daardie doel verydel sou kon word indien slegs
opsetlike oortredings van die bepalings van die wet strafbaar sou wees.
In 'n
passasie waarin hy na
S.v. Arenstein
,
supra
, verwys het, het Botha
AR ook gesê (op bl. 612 A-C):
"Die Wetgewer verg egter klaarblyklik vir die verwesenliking van sy oogmerke
'n hoë mate van omsigtigheid van diegene op wie
die bepalings van die Wet
van toepassing is, en die opsetlike of nalatige versuim om daardie mate van
omsigtigheid uit te oefen,
maak die nodige
mens rea
uit vir 'n strafbare
oortreding van, onder meer, art. 3l(l)(a). (
S. v. Arenstein, supra
op bl.
366). Dit volg dus dat, aangesien die ver-bod in art. 3l(l)(a) vervat nie 'n
absolute verbod is nie, nalatigheid of
culpa
vol-doende is vir 'n
strafbare oortreding daarvan. (
R. v. H
. ,
supra
op bl. 130.)"
Mnr
Paver
het voorts betoog dat dit die oogmerk van die Wet op
Publikasies is om streng beheer oor die
voortbrenging/
12
voortbrenging, verspreiding, invoer en besit van verbode
publikasies uit te oefen en dat die wetgewer nie kon
bedoel het dat slegs opsetlike oortredings van die be-
palings van die wet strafbaar sou wees nie. Die oogmerk
van die wetgewer met art. 8(1)(d) van die wet sou dus
ondergrawe of verydel kon word, aldus die betoog, indien
bevind sou word dat nalatigheid nie voldoende is om 'n
oortreding daarvan te skep nie.. In hierdie verband is
ook aangevoer dat die besitter van 'n verbode publikasie
maklik aanspreeklikheid sou kon vermy indien
dolus
as
vereiste vir 'n oortreding van art. 8( 1) (d) gestel word
aangesien dit vir die Staat baie moeilik is om
dolus,
selfs in die vorm van
dolus eventualis
te bewys
Mnr/...
13
Mnr
Paver
het vir sy betoog ook gesteun op die strawwe
wat in art. 43(1) van die wet voorgeskryf word. Sy betoog is dat dié
strawwe
'n sterk aanduiding is dat groot sorg en omsigtigheid van die kant van
die onder-daan vereis word en dat dit 'n faktor is wat daarop
dui dat
nalatigheid voldoende is om 'n oortreding van art. 8(l)(d) te skep. Die straf
vvat vir 'n oortreding van art. 8(1)(d) (asook
die ander bepalings van art. 8)
voorgeskryf is, is: (i) indie geval van 'n eerste skuldig-bevinding, 'n boete
van hoogstens R500
of gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens 6 maande, of
sowel sodanige boete as sodanige gevangenisstraf; (ii) in die geval
van 'n
tweede skuldigbevinding, 'n boete van minstens R500
en/
14
en hoogstens R1 000 of gevangenisstraf vir 'n tydperk van
hoogstens 6 maande, of sowel sodanige boete as sodanige
gevangenisstraf; en (iii) in die geval van 'n derde of
daaropvolgende skuldigbevinding, 'n boete van minstens
R1 000 of gevangenisstraf vir 'n tydperk van minstens 6
maande, of sowel sodanige boete as sodanige gevangenis-
straf.
Die bogemelde betoog laat my geensins daarvan
oortuig dat die bevinding van die hof a
quo
nie korrek
was nie. Nie een van die oorwegings wat deur die ad-
vokaat genoem is, en ook nie almal van hulle tesame, weeg
na my mening so swaar as die onbillike en onaanvaarbare
gevolge wat die aanvaarding van nalatigheid as die
vereiste skuldvorm by art. 8(1)(d) sou meebring nie, en
ek/....
15
ek meen nie dat die wetgewer sulke gevolge kon beoog
het nie. Voordat ek in meer besonderhede hierop ingaan,
behandel ek net eers kortliks die verskillende oorwegings
waarop die advokaat gesteun het
Die eerste van hierdie oorwegings is, soos hierbo
gesê , dat art. 8(1)(d) 'n hoë graad van sorg en omsigtigheid
van die onderdaan vereis en dat dit daarop dui dat die
wetgewer bedoel het dat nalatigheid voldoende vir 'n
oortreding van die artikel sou wees. Soos hierbo aan-
getoon is, het mnr
Paver
hom in hierdie verband beroep
op wat Botha AR in die saak
S. v. Arenstein, supra
,
gesê het. My siening van die aangeleentheid is dat,
hoewel die feit dat 'n wetsbepaling groot sorg en omsig-
tigheid van die onderdaan vereis 'n aanduiding kan wees
dat/...
16
dat die wetgewer bedoel het dat 'n nalatige versuim om die
bepaling te gehoorsaam voldoende is om 'n oortreding te skep, dit nie noodwendig
of altyd so is nie. Daar moet op alle relevante oorwegings gelet word, onder
meer ook, soos in die onderhawige geval, op wat die
gevolge sou wees indien
nalatigheid eerder as
dolus
as die ver-eiste skuldvorm beskou sou word,
en welke gevolge die wetgewer in die omstandighede sou beoog het. Ek meen ook
nie dat
Botha AR in
S. v. Arenstein
,
supra
, te kenne wou
gegee het dat waar 'n wetsbepaling 'n hoë graad van sorg of omsigtigheid
vereis, dit noodwendig of altyd 'n af
doende bewys is dat die wetgewer
nalatigheid eerder as
dolus
as voldoende vir 'n oortreding van die
bepaling bedoel het nie. In
S. v. Oberholzer
,
supra
, op 612, het
die-
selfde regter, met verwysing na
S. v. Arenstein
, die
volgende/.....
17
volgende gesê in 'n passasie wat ek reeds hierbo
aange-haal het, maar wat ek geriefshalwe ween hier aanhaal:
"Die Wetgewer verg egter klaarblyklik vir die verwesenliking van sy oogmerke
'n hoë mate van omsigtigheid van diegene op wie
die bepalings van die Wet
van toepassing is, en die opsetlike of nalatige versuim om daardie mate van
omsigtigheid uit te oefen,
maak die nodige
mens rea
uit vir 'n strafbare.
oor-treding van, onder meer, art. 31 (l) (a). (
S. v. Arenstein, supra
op
bl. 366). Dit volg dus dat, aangesien die verbod in art. 31 (l) (a) vervat nie
'n absolute verbod is nie, nalatigheid of
culpa
voldoende is vir 'n
strafbare oortreding daarvan. (
R. v.
H.,
supra
op bl. 130.)"
Die geleerde regter gee hier te kenne, indien ek die passasie reg verstaan,
dat in die geval van wetsbepalings wat "'n hoë mate
van omsigtigheid"
vereis van diegene
op/...
18
op wie dit van toepassing is,
mens rea
in die
opsetlike
of nalatige versuim om dit na te kom, kan bestaan.
Maar hoe dit ook al sy, dit is van belang om daarop te
let dat (soos sal blyk uit wat ek hierbo gesê het)
die hof in
S. v. Oberholzer
op verskeie oorwegings ge-
let het toe dit besluit het dat nalatigheid die vereiste
skuldvorm vir 'n oortreding van art. 31(1)(a) van die
Wet op Mate en Gewigte was. Dit het m.a.w. nie die
enkele feit dat art. 31 (1) (a) 'n hoë mate van sorg en omsig-
tigheid vereis as afdoende bewys dat nalatigheid die
vereiste skuldvorm was, beskou nie.
Die tweede oorweging waarop mnr
Paver
gesteun het,
is, soos hierbo aangedui, dat art. 8(1)(d) deel uitmaak
van/...
19
van 'n wet wat beoog om 'n streng vorm van beheer oor nie
net die voortbrenging, verspreiding en invoer van verbode
publikasies en voorwerpe uit te oefen nie, maar ook oor
die besit daarvan, en dat hierdie oogmerk ondermyn en
verydel sou word indien bevind sou word dat die besit van
'n verbode publikasie strafbaar is slegs indien daar
dolus
aanwesig is. Ek aanvaar dat dit normaalweg vir die
Staat moeiliker sal wees om dolus (selfs in die vorm van
dolus eventualis)
as nalatigheid te bewys, maar dié feit
weeg na my mening nie so swaar dat bevind moet word dat
'n nalatige oortreding van art. 8 ( 1) (d) strafbaar moet
wees nie. Ek moet dit op hierdie tydstip miskien ook
net duidelik stel dat hierdie uitspraak net oor art.
8(l)(d)/
20
8(1)(d) gaan en dat nie aanvaar moet word dat wat ek
i.v.m. dié bepaling sê noodwendig ook op die ander be-
palings van art. 8(1) van toepassing is nie. In hier-
die verband kan daarop gewys word dat prof. J C W
Van Rooyen (die huidige voorsitter van die Appèlraad
oor Publikasies) se
Censorship in South Africa,
op 141-
142, blyke gee van 'n mening dat vir 'n oortreding van
8(l)(b), wat op die verspreiding van verbode publikasies
betrekking het,
culpa
vereis word, maar vir 'n oortreding
van art. 8(1)(d), dolus. Ek vind dit nie nodig om op
hierdie mening aangaande art. 8( 1) (b ) in te gaan nie.
Mnr
Paver
het ook betoog, soos hierbo gesê,
dat die straf wat vir 'n oortreding van art. 8( 1) (d)
voorgeskryf is, daarop dui dat dit die bedoeling van die
wetgewer/
21
wetgewer is dat nalatigheid voldoende vir 'n
oortréding
van die artikel is. Ek vind dit voldoende om te sê
dat die. voorgeskrewe straf na my mening geen regverdiging
bied vir 'n bevinding dat die wetgewer bedoel het dat
nalatigheid eerder as
dolus
vir 'n oortreding van art
8(l)(d) vereis word nie.
Ek het reeds hierbo gesê dat die hof a
quo
na my
mening tereg bevind het dat die vereiste skuldvorm by
art. 8(l)(d) nie nalatigheid is nie aangesien dit ge-
volge sou meebring wat die wetgewer nie kon beoog het
nie. 'n Bevinding dat nalatigheid die vereiste skuld-
vorm is, sou beteken dat daar by die bepaling van die
vraag/....
22
vraag of iemand die artikel oortree het van 'n objektiewe
maatstaf, t.w. die maatstaf van die
bonus paterfamilias,
of redelike man, gebruik gemaak moet word. Die goeie
huisvader, of redelike man, is, soos in
R. v. Mbombela
1933 AD 269
op 272 deur De Villiers AR gesê is, "the man
of ordinary intelligence, knowledge and prudence".
Waar iemand van 'n oortreding van art. 8( 1) (d) aangekla
word, sal sy gedrag dus met die maatstaf van "the man of
ordinary intelligence, knowledge and prudence" gemeet
moet word, wat die werklike peil van sy intelligensie,
kennis en verstandigheid ook al mag wees. In Suid-
Afrika, gesien sy heterogene bevolking en die bestaan
van mensegroepe wie se ontwikkelings- en onderwyspeil
soms wyd van mekaar verskil, sou die toepassing van so
'n/......
23
'n maatstaf wat vir almal oral in die land geld onbillike
gevolge kon meebring wat die wetgewer nie kon beoog
het nie. Laat ons kortliks kyk na art. 8(1)(d) en wat
dit verg om jou nie aan 'n oortreding daarvan skuldig te
maak nie. Die artikel belet die besit van 'n publikasie
indien 'n komitee (ingestel kragtens art. 4 van die wet)
dit verbied en daardie verbod in die Staatskoerant be-
kend gemaak is. Indien iemand dus wil verseker dat hy
art. 8(l)(d) nie oortree nie , sal hy telkens wanneer hy
'n boek of ander soort publikasie koop, of van iemand anders
ontvang, of wanneer hy 'n pamflet in sy posbus vind,
ens., moet vasstel of die betrokke publikasie nie ver-
bode verklaar is nie. Hy sal ook, met betrekking tot
publikasies wat reeds in sy besit is, met elke verskyning
van/....
24
van 'n Staatskoerant, d.w.s. minstens een maal elke week,
moet vasstel of die een of ander van daardie publikasies
nie verbode verklaar is nie, want 'n publikasie wat die
vorige week nie verbode was nie, kan dalk nou verbode
wees. In dié respondent se skriftelike betoogpunte
word, met verwysing na gegewens wat uit
Staatskoerante
geneem is
,
getoon dat daar elke jaar etlike honderde
publikasies verbied word, en dit behoef geen betoog dat
dit geen geringe taak sal wees om op die hoogte van alle
verbiedinge te bly nie. Art. 16 van die wet maak
voorsiening vir die publikasie in die
Staatskoerant
van 'n jaar en 'n vyf jaarlys van verbode publikasies.
Teen die einde van Januarie 1987 (toe die respondent
se skriffelike betoogpunte opgestel is) het daar nog
net/...
25
net een vyfjaarlys verskyn, t.w. dié vir die
periode
1975-1979 (
Staatskoerant
440 van 13 Maart 1981), terwyl
die laaste jaarlys dié ten opsigte van die jaar Januarie -
Desember 1983 was. Dit blyk dus duidelik te wees dat,
om op die hoogte van verbode publikasies te bly, 'n mens
op
Staatskoerante
soos dit van week tot week (en soms
met korter tussenpose) verskyn, aangewese is. (Mnr.
Paver
het te kenne gegee dat daar biblioteke is waar 'n
mens (waarskynlik) die nodige inligting sal kan bekom.
Ek weet nie of dit so is nie, maar ek meen dat in ieder
geval aanvaar kan word dat daar nie sulke bronne van
inligting in plattelandse gebiede beskikbaar is nie.)
Ek het ernstige bedenkinge oor die vraag of selfs diegene
wat werklik oor die persoonlike eienskappe beskik wat
die/....
26
die redelike man veronderstel is om te hê, in staat
sal
wees om steeds op dié hoogte te wees van publikasies wat
verbode verklaar is, en die gedagte dat almal in'die land,
dus ook diegene wat nie oor daardie eienskappe beskik nie, veronderstel moet
word om wel daaroor te beskik wanneer 'n oortreding van
art. 8(1) (d) ter sprake
is, is so on-realisties dat die wetgewer dit na my mening nie kon bedoel het
nie.
Die hof a
quo
was dieselfde mening toegedaan. Shearer R het in die
loop van sy uitspraak (op 514 C-E) o.m. gesê dat die volgende passasie
in
die uitspraak van Fannin R in die saak
S. v. Naidoo
1974(4) SA 574 (N)
-'n saak wat oor art. 3 van die Wet op die Misbruik van
Afhanklikheidsvormende/
27
Afhanklikheidsvormende Stowwe en Rehabilitasiesentrums,
No. 41 van 1971 gegaan het - na sy mening ook op die
onderhawige geval van toepassing is:
"In coming to the conclusion that mere
culpa
is not sufficient, I am
mindful of the widely different standards óf culture, education and
social awareness of various groups
of persons to whom, as citizens of South
Africa, the Act applies, and of the fact that application of an objective
standard to many
of such persons may well result in a hardship so unjust as to
make it unlikely that Parliament could have in-tended any such result."
Ek stem saam met die mening van die geleerde regter dat
die aangehaalde woorde van Fannin R ook op die onder-
hawige geval van
toepassing is. Ek stem ook saam met
sy opmerking wat op die aangehaalde woorde volg,nl.:
To/....
28
"To apply, for example, an objective standard to an illiterate
living near the border at whose home offensive literature has been
left would
create so unjust a result that it could not have been intended."
Mnr
Paver
het hom in die loop van sy betoog ver-plig gevoel om toe te
gee dat indien nalatigheid voldoende vir 'n oortreding van art . 8(1)
(d) sou
wees, dit vanweë die "widely different standards of culture, education and
social awareness" van die verskillende bevolkingsgroepe
in Suid-Afrika waarvan
Fannin R in
S. v. Naidoo
,
supra
, gepraat het, dikwels tot
onbillike gevolge sou kon lei. Die oplossing wat hy vir hierdie situasie
voorstel, is dat hierdie hof moet
verklaar dat die toets vir nalatig-heid nie
objektief is nie, maar subjektief. As dit ge-
doen/
29
doen sou word, sê hy, sal die gedrag van elke
persoon
wat van 'n oortreding van art. 8(1) (d) aangekla word, in
die lig van sy eie persoonlike eienskappe beoordeel word,
en nie diê van die denkbeeldige redelike man nie. Die
advokaat het ons daarop gewys dat daar in geskrifte
van sekere regsakademici die draak gesteek word met die
hele begrip van die redelike man en die redelike man-
toets by die bepaling van nalatigheid. Hy het ook be-
toog dat daar reeds in sekere beslissings, ook in be-
slissings van hierdie hof, te kenne gegee is dat die
toets vir nalatigheid nie volkome objektief is nie, en
het gevolglik 'n beroep op die hof gedoen om nou die knoop
deur te hak en reguit te verklaar dat die toets vir na-
latigheid/....
30
latigheid subjektief is. In die onlangse saak
S. v.
Ngubane
1985(3) SA 677 (A) het Jansen AR daarop gewys dat sekere
regsakademici 'n subjektiewe toets vir na— latigheid voorstaan en
beweer
dat daar in sekere resente beslissings van ons howe 'n neiging te bespeur is om
'n subjektiewe toets te aanvaar. Die hof se
mening oor die aangeleentheid blyk
uit die volgende woorde van Jansen AR op 686 E-F:
"The view generally held by our Courts is that
culpa
is constituted by
conduct
falling short of a particular standard, viz that of the
reasonable man .... Although the reasonable man standard may to some extent
be
individualised in certain circumstances
,
it remains an objective
standard."
Ek/....
31
Ek is nie bereid om die beroep wat die advokaat op die hof
gedoen het, te aanvaar nie en ek is nie voornemens om die aangeleentheid.
verder
te bespreek nie. Ek sou net wou byvoeg dat dit na my mening totaal onwaarskynlik
is dat die wetgewer ten tyde van die aanneem
van die wet in 1974 die mening sou
gehuldig het dat die toets vir nalatigheid in ons
reg
enigiets anders as
die objektiewe toets van die redelike man is.
Ek is dus van mening, soos reeds hierbo
gesê is, dat die beslissing
van die hof a
quo
korrek was. Hieruit volg dat die bevinding in
S. v.
Mati
1986(2) SA 248 (OKA) op 25O D-E dat
culpa
voldoende is om 'n
oortreding van art. 8(1)(d) te skep, na my mening ver-
keerd is.
Die/
32
Die respondent het versoek dat die appellant ge-
las moet word om sy koste te betaal indien die appêl
nie slaag nie. Art. 311(2) van die Strafproseswet,
No. 51 van 1977 magtig die hof om so 'n bevel te gee, en
daar is geen rede waarom dit in die onderhawige geval
nie gedoen moet word nie. Kyk
Attorney-General,
Transvaal v. Lutchman and Another 1959(2) SA 583 (A)
op 588.
Die appèl word met koste afgewys, insluitende die
koste van twee advokate.
P J RABIE
WND HOOFREGTER.
JOUBERT AR
HEFER AR
Stem saam
STEYN WND AR