S v Viviers (345/86) [1987] ZASCA 139 (26 November 1987)

65 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Assault — Appeal against conviction — Appellant, a police inspector, convicted of assault with intent to cause grievous bodily harm — Evidence presented by victims detailing multiple assaults by the appellant and his accomplices — Appellant's defense based on claims of accidental injuries sustained by victims — Appellant's appeal against conviction dismissed as the court found the evidence of the victims credible and the appellant's claims unsubstantiated.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1987
>>
[1987] ZASCA 139
|

|

S v Viviers (345/86) [1987] ZASCA 139 (26 November 1987)

345/86/AV
VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
JOHAN VIVIERS
Appellant
EN
DIE STAAT
Respondent
CORAM: GROSSKOPF, JACOBS, ARR, et BOSHOFF Wn AR
VERHOOR: 23 November 1987
GELEWER: 26 November 1987
UITSPRAAK
GROSSKOPF, AR
Die appellant, 'n
inspekteur in die polisie van
Suidwes-Afrika, is in die landdroshof van Windhoek aangekla
op
2
op twee aanklagtes van aanranding met die opset om ernstig te beseer. Hy
het onskuldig gepleit maar is skuldig bevind op albei klagtes.
Vir doeleindes
van vonnis is die twee klagtes saamgeneem. Hy is gevonnis tot 'n boete van R300
met alternatiewe gevangenisstraf en
'n verdere termyn van opgeskorte
gevangenisstraf. '
n
Appèl na die hooggeregshof van Suidwes-Afrika
het misluk. Met verlof van die hof a
quo
kom hy nou in hoër beroep
na hierdie Hof.
Die getuienis van die belangrikste getuies is soos volg opgesom in die
uitspraak van BETHUNE R in die hof a
quo
:
"Petrus Salonon (een van die klaers) is 'n 45-jarige nie-blanke plaasarbeider
in die diens van die ander klaer, De Sousa. Hy het getuig
dat die appellant en
drie ander persone, almal gekleed in privaatklere,
in
3
in die nag by hom op die plaas opgedaag het en verneem het waar De Sousa
was. Nadat hy gesê het dat laasgenoemde in Klein Windhoek
woon het die
appellant vir hom met 'n geweerkolf teen die linkerslaap geslaan. Daarna het hy
nog steeds in hoofgetuienis vertel dat
die appellant hom met die voorpunt van
die geweer getref het ter-wyl hy dit in beide hande vasgehou het. Hy het verder
getuig dat
die appellant twee skote in die lug gevuur het en dáarna vir
hom geklap het, R40,00 van hom afgevat het, en toe vir hom ge-dwing
het om vir
hom vir ongeveer 500 meter ver te abba tot by 'n voertuig. Hy is beveel om in
die kattebak van die voertuig te klim en
hy is na '
n
huis in Windhoek
geneem waar hy water en whisky gegee is. Daar is hy 'n vuishou in die maag en
'
n
klap op die linkerwang toegedien. Hy het uit die huis gevlug en oor
'
n
draadheining ge-spring en weggehardloop. Daarna is hy per huur-motor
na die huis van sy werkgewer aan wie hy
'n rapport gemaak het. Gedurende
kruisonder-vraging het hy volgehou dat hy nie geval het toe hy oor die
draadheining gespring het
nie.
Die ander klaer, Jose de Sousa, het getuig dat 'n man hom die oggend van 5
Oktober 1985 gebel het en hom uitgevra het oor sy naam
en
die....
4
die naam van sy werknemer. '
n
Halfuur later het sewe polisiemanne
by sy huis aangekom. Sommige van hulle was in uniform. Die appel-lant het hom
meegedeel dat hy
van die Goud- en Diamanttak was, die huis binnegekom en hom op
die linkerwang geklap, hom uitgeskel vir 'n "Portugese bastard" en
daarna die
huis deursoek. Daar was 'n telefoonoproep. Daarna is die klaer per motor geneem
na 'n kruising op die Okahandja-pad waar
'n sekere Tony vir hom uitgewys het as
'n koper van diamante. Die klaer het die be-werings ontken en is toe per motor
geneem na die
plaas, waar die appellant beveel het: "Kom, kom De Sousa gaan haal
die goed". Die klaer het weer kennis van die diamante ontken en
is daarop deur
die appellant deur die gesig ge-klap, met die dood gedreig en weer geklap, op
die bors geslaan en 'n vuishou op die
mond toe-gedien. Die klaer se mond het na
binne gebloei en hy het toe besluit om luiperdvelle wat in sy hoenderhok was aan
die polisie
te toon. Tony het nog velle en 'n stuk ivoor gevind. Die ap-pellant
het vir die klaer beskuldig van smok-kelary en het aangedring
dat hy diamante
moes hê. Die klaer is op die bors geslaan en die appellant het 'n miskoek
in sy hare gesmeer,
water
5
water oor hom gegooi en hom beveel om te was. Die appellant het verder
die klaer op die linker-oog geklap, 'n naelknipper in sy neus
opgedruk, hom drie
of vier houe op die elmboog met '
n
stuk ivoor toegedien en hom ook met 'n
stuk yster op die linkerarm geslaan. Daar was nog aanrandings gepaard met
neerhalende opmerkings
wat die appellant se maats laat lag het. Hulle is terug
na die huis waar daar weer tevergeefs na diamante gesoek is.
Later het amptenare van die Departement van Natuurbewaring die velle kom
haal. Volgens De Sousa is hy daarna in hegtenis geneem en
eers die volgende
oggend na 'n geneesheer geneem, maar Dr. Rabie het getuig dat hy vir De Sousa op
5 Oktober ondersoek het. Petrus
Salomon is op 8 Oktober 1985 in die Kakutura
Staatshospitaal deur dr. G. Gonteb behandel. Laasgenoemde het getuig van
kneusings en
swelsel van die linker-ooglid en ook in die omgewing van die
linkeroog. Die beserings was ongeveer drie dae oud. Daar was ook 'n
septiese
redelik diep horisontale laserasie aan die kant van die linkeroog. Ver-der was
die bokant van die linkervoet teer en geswel.
In kruisondervraging het hy
gesê dat
die....
6
die voetbesering moontlik veroorsaak kon ge-wees het toe die klaer teen
'n draad geval het. Hy het ook gesê dat dit moontlik
maar onwaar-skynlik
is dat die snywond langs die linkeroog kon veroorsaak gewees het indien die
klaer met sy gesig op die grond geval
het, en ook as hy teen 'n voorwerp soos 'n
draad of 'n lamppaal vas-geloop het.
Die appellant en die verdedigingsgetuie,
A/O Theron, het onder eed ontken dat die klaers op enige stadium aangerand was
en het aangevoer
dat Petrus Salomon moontlik beseer was toe hy geval het waar hy
oor die draadheining gespring het, en dat De Sousa se beserings moontlik
opge-doen was toe hy geval het terwyl hy besig was om velle van die solder van
'n hoenderhok te verwyder en '
n
stuk van die plafon op sy gesig beland
het. Toe hy meer breedvoerig ondervra was oor Salomon se beserings het die
appellant getuig
dat hy by die betrokke draadheining nie 'n los draad opge-merk
het nie, maar dat daar wel 'n plant was met doringagtige takke wat
die sny langs
die oog kon veroorsaak het."
Hiertoe wil ek net byvoeg dat 'n vrou, Lenia
Mukalele
7
Mukalele, die klaer De Sousa tot 'n sekere mate gestaaf
het oor die aanranding op hom.
Aan die einde van die verhoor het die landdros
'
n
kort uitspraak gelewer waarvan die wesentlike deel soos volg lui:
"Die hof het die versigtigheidsreël wat van toepassing is op
enkelgetuies in oënskou ge-hou en derhalwe die getuienis van
Petrus Salomon
met die nodige versigtigheid bejeën. Die hof aanvaar die getuienis van die
Staat en verwerp die getuienis van
die beskuldigde en sy getuie."
In antwoord op die kennisgewing van appèl het
die landdros hierop uitgebrei maar dit is nie nodig om verder op sy redes in
te gaan nie.
Die belangrikste punt wat op appèl in hierdie
hof
8
hof en in die hof a
quo
geargumenteer is het
gespruit uit 'n deel van die appellant se kruisverhoor. Dit is nodig om eers 'n
kort agtergrond hieroor te verstrek.
Dit blyk dat, toe die appellant
oorspronklik gedagvaar was met betrekking tot die huidige misdade, hy die
geleentheid gegee is om
'
n
skulderkenningsboete van R100,00 kragtens art.
57 van die Strafproseswet te betaal. Hy het van hierdie geleentheid gebruik
gemaak
en gevolglik is die appellant "geag ... deur die hof ten opsigte van die
betrokke misdryf skuldig bevind en gevonnis te gewees het"
(art. 57(6)). Die
landdros het egter ingevolge art. 57(7) van die Wet die skuldigbevinding en
vonnis ter syde gestel en gelas dat
die appellant op die gewone wyse vervolg
word. Dit het toe gebeur, soos ek reeds
gemeld
9
gemeld het. Gedurende die appellant se
kruisverhoor het die staatsaanklaer die volgende vrae gevra:
"V: Weet u wat die terme 'erkenning van skuld'
behels? A: Korrek. V: Is u op 'n vorige geleentheid gedagvaar en
erkenning van skuld gegee op die betrokke
saak? A: Ek is in kennis gestel dat die Prokureur-
generaal erkenning van skuld R100,00 op die
betrokke saak vasgestel het. Ek het ken-
nisgewing of dagvaarding in die verband
ontvang."
Hierop het die appellant se prokureur beswaar
gemaak teen enige verdere vrae in verband met die "erkenning van skuld wat
beskuldigde destyds betaal (het)". Sy gronde van beswaar
was: "Beskuldigde het
dit destyds gedoen uitsluitlik sonder benadeling van regte en dit uitsluitlik
gedoen om 'n
lang...
10
lang verhoor te verhoed." Die landdros het hierdie beswaar van
die hand gewys, en die verdere kruisverhoor oor hierdie aspek lui soos
volg:
"V: Dra u kennis wat die praktiese implikasie is om 'n erkenning van skuld te
betaal?
A: Ja, ek het die R100,00 erkenning van skuld betaal omdat ek geadviseer is
om dit te be-taal.
V: Het u regsadviseur u adviseer?
A: Ja.
V: Is dit vir u as Inspekteur in die polisie belangrik om '
n
skoon
rekord te hê vir be-vordering?
A: Ja.
V: Waarom is u dan nog steed bereid in die lig van die feit dat dit vir u
belangrik is om '
n
skoon rekord te hê, om erkenning van skuld te
betaal wat neerkom op '
n
skuldigbevinding in '
n
hof?
A: Daar is sekere redes rondom die aspek waarom ek die skulderkenning betaal
het, maar ek is onder die omstandighede bly dat dit van
die hand gewys is en ek
vandag in die hof staan.
V:....
11
V: Hoekom het u dit betaal?
A: "Ek het dit betaal. Ek is geadviseer om
dit
te betaal en ek het daarby aangepas. V: Weet u waarom die erkenning van
skuld nie
bekragtig is nie? A: Ek dra nie kennis nie. Het later
verneem
daarvan. V: Die erkenning van skuld is dit op beide
klagte betaal?
A: Ek het so aangeneem. V: Betaal iemand erkenning van skuld as hy on-
skuldig is? A: Onder die omstandighede het ek die erkenning
van skuld betaal. V: Is u nie bereid om te sê hoekom u dit betaal
het nie? A; Nee. V: Hoe dink u moet die hof tot 'n bevinding kom
as u nie al die feite tot u kennis wil open-
baár nie? A: Die omstandighede rondom die geval is volgens
my mening so vuil dat ek verkies om daaroor
te swyg.
V: Neem u nie die hof in u vertroue nie? A: Ja."
Die...
12
Die appellant se prokureur het weer in herverhoor
hierop teruggekeer, waar die volgende passasie voorkom:
"V: U sê u regsadviseur het u geadviseer om er-kenning van skuld te
betaal. Wat was die hoofrede van daardie advies?
A: Ek glo dit was om sekere amptelike hoedanig-hede af te kry van 'n
deportasie van Mnr De Sousa wat ek van verneem het."
In sy uitspraak onmiddellik na die verhoor waar-na ek reeds verwys het,
sê die landdros dat "die hof nie die aspek oor die betaling
van erkenning
van skuld deur die be-skuldigde op die onderhawige aanklagte ... in aanmerking
ge-neem het nie."
Op appèl in die hof a
quo
is daar op verskeie
gronde betoog dat die bogemelde kruisverhoor onreëlmatig was, Eerstens
is betoog dat 'n hof glad nie verwys mag word na 'n
skulderkenning
13
skulderkenning wat kragtens art. 57(7) weggeval het nie. Dan
het die appellant volgehou met die betoog dat die er-kenning sonder benadeling
van regte geskied het. Ten slot-te is betoog dat die Staat nie bewys het dat die
erkenning vrywillig gemaak was nie. Die hof a
quo
het hierdie be-sware
almal verwerp.
Op appèl voor ons het Mnr Liebenberg, wat nie in die
laer howe opgetree het nie, '
n
nuwe beswaar geopper. Sy betoog was dat
die vertroulikheid van die professionele mededeling en raadpleging deur die
appellant van
sy prokureur geskend was deur die gewraakte kruisverhoor. Hierdie
be-toog gaan myns insiens nie op nie. Die appellant was in geen
stadium gelas om
enige vertroulike mededeling tussen
hom
14
hom en sy prokureur te openbaar nie. Dit was eers onder
herverhoor, in antwoord op 'n vraag van sy eie prokureur, dat hy die redes
vir
sy prokureur se advies aangedui het. Of selfs dit 'n ontbloting was van
inligting wat andersins ge-privilegieer sou gewees het,
laat ek daar - die feit
is dat dit uit eie beweging geskied het. Daar was dus duidelik 'n afstanddoening
van enige moontlike privilegie.
Maar die finale antwoord op hierdie hele betoog
is dat die landdros hierdie getuienis in elk geval behandel het asof dit
ontoe-laatbaar
was. Die appellant kon dus hoegenaamd nie bena-deel gewees het
deur enige inligting wat deur hierdie kruis-verhoor ontbloot was nie.
Die
verdere betoog dat die kruis-verhoor so 'n growwe onreelmatigheid uitgemaak het
dat dit
per se
tot
15
tot die tersydestelling van die skuldigbevinding moet lei kan
ook nie gehandhaaf word nie.
In die appellant se betooghoofde is daar nog
steeds staatgemaak op die argument (wat ook voor die hof a
quo
geopper
was) dat die Staat nie bewys het dat die skuld-erkenning vrywillig geskied het
nie. Mnr Liebenberg het hierdie punt nie geargumenteer
nie, en myns insiens is
dit duidelik ongegrond.
Dit bring my dan by die meriete van die appèl. Die twee klaers gee 'n
samehangende relaas en, wat De Sousa betref, word hy
tot 'n
mate gestaaf
deur Lenia Mukalele. Dit blyk uit die mediese getuienis dat die klaers wel
beserings opgedoen het van die aard wat hulle
aan die appellant toe-
skryf
16 skryf. Die appellant en die ander verdedigingsgetuie se
getuienis oor hoe die klaers beseer kon geword het, is uiters onoortuigend.
Daar
is ook heelwat ander onwaarskyn-likhede in hul getuienis.
Mnr Liebenberg het
betoog dat die landdros se redes onbevredigend was deurdat hy nie gemotiveer het
hoekom hy die staatsgetuienis
verkies bo dié van die verdediging nie,
Daar is meriete in hierdie betoog, maar by die deuflees van die oorkonde kan ek
geen
rede vind om te twyfel aan die juist-heid van die landdros se
gevolgtrekking nie, al was sy redes effens karig.
Weens die voorgaande word die appel van die hand gewys.
E M GROSSKOPF, AR JACOBS, AR
BOSHOFF, Wn Stem saam