About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1987
>>
[1987] ZASCA 134
|
|
S v Makatu (135/87) [1987] ZASCA 134 (24 November 1987)
SIPHO ALFRED MAKATU
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
Saaknommer 29 3/87 mp
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
SIPHO ALFRED MAKATU
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM:
JACOBS, SMALBERGER ARR et STEYN, Wn AR
VERHOOR: 16 November 1987
GELEWER: 24 November 1987
UITSPRAAK
STEYN, Wn AR
2.
STEYN, Wn AR,
Die appellant is op 15 April 1987 ter dood veroordeel vir die moord op Zama
Maseko, sy minnares se 9-jarige dogtertjie (die oorledene).
Die verhoorhof het
gevind dat daar geen versagtende omstandighede was nie. Appellant korn in
hoër beroep slegs teen daardie
bevinding en teen die vonnis daarvolgens aan
hom opgelê.
Appellant het te Bethal in die Transvaalse
Oos- en Suid-Oostelike Rondgang Plaaslike Afdeling teregge= staan voor regter
J P O de Villiers en twee assessore. Hy het skuldig
gepleit op die aanklag dat
hy die oorledene op 1 Mei 1986 te of naby Hammelfontein, Davel, in die distrik
van Ermelo, vermoor het.
Sy
pro deo
advokaat
,
mnr van Rensburg,
het egter aan die Hof te kenne gegee dat die pleit nie in ooreenstemming met sy
instruksies is nie. Die geleerde
regter het toe 'n pleit van onskuldig noteer.
Daarna het die verhoor sy gang gegaan. Die verdediging het formeel
die
3.
die identiteit van die oorledene erken, asook die korrekt= heid van die
fei.te en bevindings vervat in die verslag van die lykskouing
wat op 7 Mei 1986
deur dr R J N Crozier op haar uitgevoer is. Die verslag is ingehandig as bew A-
Na aanhoor van mondelinge getuienis,
insluitende dié van appellant, is hy
skuldig bevind aan die moord. Na betoë deur die verdediging en die Staat,
maar sonder
die voorlegging van enige verdere feite, hetsy by wyse van getuienis
of erkennings, het die Hof bevind dat daar geen versagtende
omstandighede was
nie. Die verpligte doodvonnis is toe aan appellant opgelê.
Hier volg 'n opsomming van die wesenlike feite
wat volgens die trant van die uitspraak klaarblyklik deur die verhoorhof
bevind is vir sy beslissing op die meriete.
Vir ongeveer 'n jaar voor die moord was daar
'n minneverhouding tussen appellant en die oorledene se moeder, Poppie Maseko
("Poppie"). Hulle het nie saamgewoon nie
maar
4.
maar het mekaar oor en weer besoek. Die oorledene het op Davel
by haar Ouma aan moederskant, Kelina Maseko, ingewoon saam met sekere
van haar
nefies en niggies. Poppie het op Ermelo gewerk en appellant op Davel. Op die dag
van die moord, 'n Donderdag, was oorledene
by haar ouma, Poppie op Erlmelo en
appellant op Davel. Appellant was daardie dag van diens af en het die middag
sterk drank gedrink.
Hy het egter nie dronk geword nie en was te alle
tersaaklike tye by sy volle positiewe. Hy is toe na Ermelo om Poppie te besoek
by
haar verblyfplek in die swart woongebied. Sy was nie tuis nie. Hy het haar
gaan soek by haar werksplek in Ermelo. Daar was sy ook
nie. Op pad terug na die
swart woongebied het hy Poppie gesien sit met 'n blanke man in 'n geparkeerde
motor. Appellant het hulle
genader en haar gevra waarom sy nie huis toe gaan
nie. Die blanke het met 'n vuurwapen in die hand uitgeklim. Appellant het in 'n
nabygeleë perseel ingevlug en die blanke het 'n skoot op
hom
5
hom afgevuur. Appellant het in die perseel weggekruip vir
ongeveer 15 minute terwyl die blanke met die motor daar naby rondgery het,
oënskynlik op soek na hom. Uiteindelik het die blanke vertrek met Poppie
steeds by hom in die motor. Appellant was "kwaad en
hartseer" omdat hy gemeen
het dat daar 'n liefdesverhouding tussen Poppie en die blanke was. Hy het toe
terug geryloop na haar ouerhuis
op Davel. Hy het om ongeveer 18h00 daar
opgedaag. Oorledene, haar nefie, die 12-jarige Elliot Maseko, en twee ander
kleinkinders
van Kelina het buite die huis gespeel. Appellant het die oorledene
na hom geroep. Sy en haar maatjies het
na hom
gegaan. Hy het haar daar
weggelok onder die voorwendsel dat hy vir haar lekkergoed, suiker en seep wou
gaan koop. Hulle twee het geloop
na
'n
bos 2 - 3 km van Kelína se
huis af. Hy het haar daarin geneem, haar met sy hande gewurg en haar toe met 'n
kierie teen haar
kop doodgeslaan. Die hou het 'n dodelike splinterbreuk van haar
skedel veroorsaak. Appellant het oorledene se lykie met bloekomtakke
en
'n
stuk
6.
stuk motorwrak bedek. Sodoende het hy dit goed weggesteek. Hy is toe daar
weg, blykbaar huistoe. Kort na 18h00 het die oorblywende
drie kleinkinders
Kelina se huis ingegaan vir hul aandete. Sy het gevra waar die oorledene is.
Hulle het 'n rapport aan haar gemaak
as gevolg waarvan sy om 07h00 die volgende
oggend vir appellant om
'n
verduídeliking gevra het. Hy het toe
aan haar gesê dat die oorledene weg is met haar moeder. Hy het bygevoeg
dat net
toe hy en sy by die winkel uitgekom het 'n motor daar gestop het met
Poppie
en 'n blanke man daarin. Poppie het die oorledene gevat en die motor het toe
weer vertrek. Kelina het met Poppie in verbinding getree.
Dié het
appellant se bewering ontken. Kelina het die saak toe by die polisie aangegee om
en by 09h00 op dieselfde dag - 2
Mei.
Appellant is later daardie oggend in hegtenis geneem en het vir sers
Oostendurp, van die Suid-Afrikaanse Polisie op Davel, geneem
na die plek waar hy
die vorige aand
oorledene
7
oorledene se lyk versteek het. Dit was nog bedek soos hy
dit gelaat het.
Op hierdie stel feite het die verhoorhof
eenpariglik bevind dat appellant die oorledene opsetlik gedood het om uiting
te gee
aan
sy wrewel teenoor Poppie vir haar vermeende ontrouheid. Daar
is geen appèl teen hierdie feitebevindings nie. Omdat geen verdere
feite
aan die verhoorhof voorgelê is nie, is daardie feitebevindings die basis
waarop die hof moes besluit of daar versagtende
omstandighede teenwoordig was al
dan nie. In
S v Mongesi en Andere
1981(3) SA 204 (A) op 207 C - D het
JOUBERT, AR die volgende gesê:
"Die bewyslas om die bestaan van versag= tende omstandighede op 'n oorwig
van
waarskynlikhede vas te stel, rus op 'n beskuldigde. Ten einde dit te kan
doen, moet daar 'n feitebasis vir die verhoorhof wees waarvan
die bestaan van
die versagtende omstandighede afgelei kan word (
S v Ndlovu _
1970 (1) SA
430
(A) te 433 H)."
By
8
By 'n meerderheidsbeslissing het die
verhoorhof bevind dat daar geen
versagtende omstandighede was nie. Daardie bevinding lui so:
"Dit gaan hier oor die vraag of daar versagtende omstandighede is al dan nie.
Wat versagting betref het die Verdediging aangevoer
dat die beskuldigde aangetas
was deur die drank en dat dit tot
'n
mate sy oordeelsvermoë en insig
aangetas het. Hy was van mening dat sy vrou en die Witman hoereer. '
n
Wapen is op hom gehou en hy was geskiet.
Een van my Assessore is van mening dat hierdie feite genoegsaam is wat die
morele blaamwaardigheid van die beskuldigde verminder.
Die meerderheid van die
Hof is egter van mening dat hoewel die beskuldigde gedrink het, die drank nie so
'n groot rol gespeel het
nie, dat die beskuldigde die feite wat die voorval die
aand voorafgegaan het, duidelik vir die Hof uiteengesit het, en dat hoewel
hy
kwaad was vir sy vrou en miskien ook vir die Witman wat op hom gevuur het, dit
'n
tydjie geneem het vir hom om te ryloop van Ermelo af na Davel toe en dat hy
genoegsame tyd gehad het om af te koel en oor die gebeure
na te dink. Hierdie
was nie 'n
geval waar die beskuldigde skielik as gevolg van die gebeure opgetree het
nie. Hy het ongeveer twee kilometer met die
oorledene
9.
oorledene geloop en in daardie tyd kon hy oor sy beoogde optrede nadink. Hy
het 'n onskuldige kind van die huis af weggelok, haar
daarna op 'n wreedaardige
wyse vermoor. Dat hy haar aan die keel beetgehad het en haar verwurg het (soos
hy sê) word gestaaf
deur die mediese getuienis. Daarna het hy haar met 'n
voorwerp oor die kop geslaan en haar lyk toe verberg.
Twee lede van die Hof is van mening dat die faktore waarna die Verdediging
verwys nie die morele blaamwaardigheid van die beskuldigde
verminder nie en
bevind dus dat daar geen versagtende omstandighede is nie."
Na my oordeel is die meerderheidsbevinding korrek. Daar was geen regverdiging
vir appellant om sy wrewel teenoor Poppie op haar dogtertjie
oor te dra nie.
Oorledene was
'n
algeheel onskuldige kindjie wat appellant geen leed
aangedoen het nie, en sy het niks te doen gehad met Poppie se optrede nie. Dit
is wel denkbaar dat daar gevalle mag voorkom waar die ontsteltenis by 'n
beskuldigde gewek deur die gedrag van een persoon, regtens
as 'n versagtende
omstandigheid beskou kan word t a v sy moord op
'n
10.
'n onskuldige derde persoon. Maar die onderhawige is nie só 'n geval
nie.
Die appèl word afgewys.
M T STEYN Wn AR
JACOBS ) AR SMALBERGER) AR