Du Plessis NO v Strauss (402/1986) [1987] ZASCA 129; [1988] 4 All SA 115 (AD) (12 November 1987)

80 Reportability
Trusts and Estates

Brief Summary

Succession — Testamentary conditions — Interpretation of fideicommissum — Testator's intention regarding heirs — The deceased, J.J. Strauss, bequeathed his farm to his son, A.L. Strauss, subject to a usufruct in favor of his wife and a condition that if any child died without lawful descendants, their share would pass to the surviving siblings or their descendants. Following the insolvency of A.L. Strauss, a dispute arose regarding the fideicommissary rights of his children. The court held that the testamentary condition did not create a tacit fideicommissum in favor of the descendants of the insolvent, as the testator's intention indicated a preference for direct descendants over collateral heirs, thereby affirming the lower court's ruling that the insolvent's estate held fiduciary rights to the property.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1987
>>
[1987] ZASCA 129
|

|

Du Plessis NO v Strauss (402/1986) [1987] ZASCA 129; [1988] 4 All SA 115 (AD) (12 November 1987)

LL
Saak No 402/1986
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIRA APPeLAFDELING
Insake die appel van:
R.D. DU PLESSIS N O
Appellant
teen
J.F. STRAUSS
Respondent
CORAM
: CORBETT, JOUBERT, VAN HEERDEN, JACOBS ARR
et NICHOLAS WAR
VERHOORDATUM
: 3 SEPTEMBER 1987
LEWERINGSDATUM
: 12 NOVEMBER 1987
UITSPRAAK
/
VAN HEERDEN AR
...
VAN HEERDEN AR
:
Inleidend
In sy testament het wyle J.J. Strauss ("Strauss") sy plaas, Simonsium, bemaak
aan sy seun, A.L. Strauss ( "die insolvent"). Twee ander
plase van Strauss is
bemaak aan sy twee dogters, H.J. Myburgh en M.M. Sinclair. Hierdie bemakings is
onderworpe gestel aan 'n vruggebruik
ten gunste van Strauss se eggenote asook
aan die volgende bepaling:
"Dit sal 'n kondisie wees dat sou enige van my drie kinders wat die
bogenoemde eiendomme erf te sterwe mag kom sonder wettige afstammelinge
sal sy
of haar deel gaan na sy of haar dood na die orige twee kinders in gelyke dele of
hulle wettige afstammelinge by plaasvervulling.
"
Sy eggenote en al drie sy kinders het Strauss oor-leef en na sy dood is
Simonsium na die insolvent oorgedra onderhewig aan die genoemde
vruggebruik en
voorwaarde. Gedurende 1975 het die Vrystaatse Provinsiale Afdeling egter op
aansoek van die insolvent 'n bevel verleen
waarvolgens hy gemagtig is om die
plaas te vervreem en gelas is dat drie stukke grond, die eiendom van A.L.
Strauss (Edms) Bpk
/"die ...
3.
( "die maatskappy"), onderhewig aan die vruggebruik en voor-waarde gestel
moes word. Ter uitvoering van die bevel is
'n
endossement in die
maatskappy se titelakte aangeteken. Dit het gelui dat die drie stukke gronde
onderworpe was aan die vruggebruik
van Strauss se eggenote en aan die volgende
bepaling:
"Dat sou Abraham Lodewicus Strauss, gebore 13 Januarie 1929, te sterwe mag
kom sonder wettige afstammelinge, gemelde eiendomme gaan
na sy dood na Hester
Johanna Myburgh en Maria Margaretha Sinclair in gelyke dele of hulle wettige
afstam-melinge by plaasvervulling,
soos geskep in Testament van wyle Jacob
Frederik Strauss ge-dateer 2 September 1955."
Gedurende 1983 is die maatskappy gelikwideer en die boedel van die insolvent
gesekwestreer. Hierna het die appellant in sy tweeledige
hoedanigheid as
likwidateur van die maatskappy en kurator van die insolvente boedel 'n aansoek
in die Vrystaatse Provinsiale Afdeling
aanhangig gemaak. Dit het gelei tot die
uitreiking van 'n bevel
nisi
. Vir die doeleindes van hierdie appel is dit
slegs
/nodig ...
4.
nodig om te verwys na para 2 (c) van die bevel waarvolgens belanghebbendes
aangesê is om redes aan te toon waarom nie verklaar
sou word nie dat:
"1.1 die insolvente boedel van A L Strauss
. . . die
fiduciarius
en die houer van die fiduciêre regte is
ingevolge die testament van wyle Jacob Frederik Strauss . . . ,
1.2 die testament van wyle Jacob Frederik Strauss ... geen fideicommissêre
regte ten gunste van die afstammelinge van die insolvent,
Abraham Lodewicus
Strauss .., daarstel nie."
Wat para 2
(c) 1.1 betref, het die appellant in sy aansoek slegs aangevoer dat dit onseker
was of die voor-waarde vervat in die testament,
soos beliggaam in bogenoemde
endossement, tot gevolg gehad het dat die insolvent, dan wel die maatskappy, die
fiduciarius
van die maatskappy se drie stukke grond was. Wat para 2 (c)
1.2 betref, was dit die appellant se standpunt dat wie ook al die
fiduciarius
was, volle eienaar van die grond sou word indien Strauss deur
sy kinders of verdere afstammelinge oorleef sou word.
/Die ...
5
Die aansoek en die bevel
nisi
is beteken op alle meerderjarige
belanghebbendes terwyl 'n kurator-
ad
-
litem
aangestel is om die
belange van moontlike minderjarige en nog te gebore bevoordeeldes te behartig.
Dit was egter slegs die huidige
respondent, '
n
meerderjarige seun van die
insolvent, wat die aangevraagde bekragtiging van para 2 (c) van die bevel
nisi
- en dan ook slegs sub-para 1.2 teengestaan het. Die
kurator-
ad
-
litem
het naamlik die houding ingeneem, soos hy ook
aanvanklik in hierdie hof gedoen het, dat die testamentêre voorwaarde nie
'n
stilswy-ende
fideicoinmissuin
ten gunste van die afstammelinge van elk
van die
fiduciarii
daargestel het nie.
In die verbygaan dien gemeld te word dat dit tereg gemene saak was dat die
voorwaarde onder bespreking nie 'n direkte substitusie
geskep het nie. Dit is
trouens reeds in 1981 deur die Vrystaatse Provinsiale Afdeling in 'n
ongerapporteerde uitspraak bevind.
Die hof
a
quo
het in eerste instansie beslis
dat
/vanweë ...
6.
vanweë die 1975 hofbevel, en die endossement waardeur uit-voering
daaraan gegee is, die maatskappy die fidusiêre reg-hebbende
van die drie
stukke grond geword het - m a w, dat die voorheen onbelemmerde eiendomsreg van
die maatskappy beperk is deur die testamentêre
voorwaarde wat op
Simon-sium van toepassing was - en dat Strauss geen regte met betrekking tot die
grond verkry het nie. Voorts is
bevind dat indien Strauss met nalating van
kinders (of verdere afstammelinge) te sterwe kom, volle eiendomsreg van die
grond op die
kinders (of verdere afstammelinge) oorgaan. Gevolglik is para 2 (c)
van die bevel
nisi
in sy geheel opgehef. Verlof is egter aan die
appellant verleen om na hierdie hof te appelleer teen die opheffing van para 2
(c)
1.2 van die bevei
nisi
. Derhalwe is slegs die tweede bevinding van
die hof
a
quo
op appël aangeveg.
Die gronde waarop bedoelde bevinding berus, kan soos volg saamgevat word: 'n
voorwaardelike fideikommissêre
/bepaling ...
7
bepaling wat gekoppel is aan 'n
is
sine liberis
decesserit
-klousule (hierna kortweg 'n
sine liberis
-bepaling genoem)
bring nie sonder meer mee dat indien die
fiduciarius
wel deur kinders
oorleef word hulle as stilswyend benoemde
fideicommissarii
opvolg nie.
Dit sal egter wel die geval wees indien die testament aanduidings bevat dat die
testateur die
liberi
wou bevoordeel. Indien die
liberi
nie
afstammelinge van die testateur is nie, is sterker aanduidings nodig as wat
vereis word wanneer hulle wel sodanige afstammelinge
is. In
casu
is die
afstammelinge van Strauss na wie in die testamentêre voorwaarde verwys
word, klaarblyklik ook afstammelinge van die
testateur en is daar genoegsame
aanduidings dat hy beoog het om hulle te bevoordeel ten opsigte van die grond
wat aan hulle voorsaat
bemaak is. Dit is naamlik duidelik dat die testateur 'n
toegeneentheid teenoor afstammelinge van sy kinders gekoester het aangesien
bepaal is dat indien een van sy kinders sonder afstammelinge te sterwe sou kom,
die
/betrokke ...
8.
betrokke grond sou vererf op sy ander kinders "of hulle wettige afstammelinge
by plaasvervulling". Dit is der-halwe onaanvaarbaar
dat die testateur beoog het
dat 'n afstammeling van 'n kind 'n moontlike
fideicommissarius
sou wees
ten opsigte van grond wat aan 'n ander kind van die testateur bemaak is, maar
geen regte sou hê nie ten opsigte van
die grond wat in eerste instansie
aan sy of haar eie voorsaat bemaak is.
Die hof
a
quo
het pertinent bevind dat die beslissing
van hierdie hof in
Estate Cato v Estate Cato and Others
nie gesag is nie
vir die stelling dat indien die
liberi
wel afstammelinge van die
testateur is, 'n
sine liberis
klousule meebring dat behoudens aanduidings
van 'n teenoorgestelde bedoeling, 'n
fideicoirmiissum tacitum
in
hul guns geskep word. Skrywers soos
Van der Merwe en
2) 1)
Rowland
en
Murray
,
3)
huldig egter 'n ander mening,
en in
1)
1915 A D 290.
2)
Die Suid-Afrikaanse Erfreg
, 5de uitg, pp 310-11
3)
1968 Annual Survey,
pp 238-9.
9
hierdie hof het die advokaat vir die respondent dan ook betoog dat
bogenoemde bevinding verkeerd is.
Die Cato-uitsprake
Die testament in
Cato
het ingewikkelde bepalings bevat, maar vir huidige doeleindes en in
die lig van die bevindings waartoe op appèl gekom is,
kan die tersaaklike
gedeelte van die testament in die volgende, vereenvou-digde vorm weergegee word:
Die testateur (Cato) het sy
boedel in gelyke dele aan sy kinders bemaak en
bepaal dat dit op 'n toekomstige tydstip ("die verdelingsdatum") tus-sen hulle
verdeel
sou word. Inmiddels sou die kinders en Cato se eggenote elk geregtig
wees op 'n proporsionele gedeelte van die inkomste van die erflating.
Indien nie
een van die kinders die verdelingsdatum sou oorleef nie, moes die hele boedel in
gelyke dele gaan na die oorlewen-de kinders
van Cato se suster ("die
Richards-kinders"). Voorts is bepaal dat die dele van Cato se dogters "shall not
be liable for the debts
of ... [their]... husbands . . . , but my daughters only
shall have right to their share
/and ...
10.
and pass the residue to their children or to their brothers'
4 ) and sisters' children."
Cato is oorleef deur sy eggenote en vyf kinders, maar toe die geding
aanhangig gemaak is, was drie van die kinders reeds oorlede.
Die tweede kind wat
te sterwe gekom het, was 'n dogter, mev Cosnett, en die derde 'n seun, Spensley.
Na laasgenoemde se dood, maar
voordat die ver- delingsdatum aangebreek het, het
geskille ontstaan tussen die eksekuteurs van Spensley se boedel en die
oorblywende
twee kinders van Cato (die derde en vierde verweerders). Die
vernaamste geskil wat by wyse van '
n
gestelde saak ter beslegting
voorgelê is, was of ingevolge Cato se testament sy kinders se regte met
betrekking tot die erflating
by sy dood gevestig het dan wel of sodanige
vestiging eers op die verdelingsdatum sou plaasvind. Die eerste ver-weerders
(die eksekuteurs
van Cato se boedel) het die hof egter versoek om te beslis of
die afstammelinge van die
4) Dié bepaling word nie korrek weergegee in die uitspraak van Innes
HR op p 297 nie. Die juiste bewoording verskyn op p 291
van die verslag.
11.
oorlede kinders van Cato tot by die verdelingsdatum gereg-tig was op
'n
deel van die inkomste van Cato se boedel. Die vyfde verweerder was die voog
van mev Cosnett se kin-ders wat slegs in hierdie hof verteenwoordig
was. Die
laaste drie verweerders was die Richards-kinders wat hul op die standpunt gestel
het dat die boedel op hulle sou vererf
indien die oorblywende twee kinders van
Cato voor die verdelingsdatum te sterwe sou kom.
Hierdie hof het bevind dat elk van Cato se kin-ders reeds by sy dood 'n
aanspraak op 'n gedeelte van die boedel verkry het en dat
vestiging nie
uitgestel was tot die verdelingsdatum nie. Die regsposisie was dus dat die
kinders van Cato fidusiêre, en die
Richards-kinders voorwaardelike
fideikommissêre, erfgename was. Voorts is bevind dat laasgenoemde kinders
sou erf slegs indien
op die verdelingsdatum geen kind of kleinkind van Cato in
die lewe sou wees nie. Met 'n beroep op die beslissing van die Geheime
Raad in
Galliers v Rycroft
5)
is hierdie
5)
1901 A C 130
12.
bevinding gefundeer op 'n regsvermoede dat indien 'n tes-tateur sy kind of
kleinkind as fidusiêre bevoordeelde aanwys en bepaal
dat die erfenis of
legaat by die dood van die kind of kleinkind na 'n derde moet gaan, die
fidei-kommissêre substitusie onderhewig
is aan 'n stilswyende voorwaarde
dat dit alleen geld indien die eerste bevoor-deelde sonder kinders (of verdere
afstammelinge) te
sterwe kom. Anders gestel, word by ontstentenis aan
aanduidings van 'n teenoorgestelde bedoeling aanvaar dat die
fidei-kommissêre
substitusie onderhewig is aan
'n
stilswyende
sine liberis
-bepaling.
Die vraag of so 'n stilswyende bepaling ook mee-bring dat 'n
fideicommissuin tacitum
geskep word ten gunste van
liberi
wat die
testateur se kind of kleinkind oorleef, is nie in die gestelde saak geopper nie.
In nie een van die uitsprake van Innes HR,
De Villiers AR of Juta WAR is hierdie
vraag dan ook pertinent oorweeg nie. Dit blyk egter uit die gerapporteerde
weergawes van die
betoë
/dat ...
13.
dat die advokaat vir die vyfde verweerder (respondent) op appel aangevoer het
dat indien die Cosnett-kinders die enigste af stammelinge
van Cato sou wees wat
die verdelings-datum oorleef, die hele boedel op hulle sou vererf. Die grondslag
van hierdie betoog was waarskynlik
dat Cato
stilswyend sy kleinkinders as fideikommissêre erfgename
aangewys het
,5a)
en dit moet in gedagte gehou word wanneer
oor die trefwydte van ondergenoemde
dicta
en bevindings besin
word.
Met verwysing na die si
sine liberis decesserit
-reël het Innes HR
die volgende gesê
: 5b)
"The facts before the Court seem to support rather than to militate against
the operation of the presumption. Here unless the con-dition
si
sine
liberis
is implied, not only one set, but several sets of grandchildren
would be passed over in favour of more remote
/beneficiaries ...
5a) Die advokaat vir die derde en vierde respondente het dan ook aangevoer
(op p 295): "Counsel for the fifth defendant was compelled
to rely on a tacit
fidei commissary
substitution."
5b) Op p 304.
14
beneficiaries, and it is almost impossible to think that that could have been
the testator's intention. And so far from renouncing
his grandchildren he seems
to have had a benevolent regard for all of them (whether in
esse
or in
posse
) . For he directed that the residues of his daughter's inheritances
should pass over to their children, or if they had none, then
to the children of
their brothers and sisters. Under all the circumstances, therefore, I come to
the conclusion that the
fidei commissum
in favour of the children of Mrs.
Richards can only take ef-fect if there is no surviving child and no sur-viving
grandchild of the
testator alive at the date of division."
Anders as wat
Murray
aan die hand doen,
meen ek nie dat hierdie
dictum
noodwendig dui op 'n bevind-ing van die
Hoofregter dat kleinkinders van Cato as moont-like
fideicommissarii
aangewys was nie. Die sinsnede
/"would ...
6) Op p 304 .
15..
"would be passed over in favour of more remote benefi-ciaries" is weliswaar
goed vatbaar vir
Murray
se vertolk-ing van die
dictum
, maar Innes
HR kon ook in gedagte gehad het dat tensy
'n
sine liberis
-bepaling
in die testament inbegryp word, kleinkinders van Cato van die erflating
uitgesluit kon wees in díe sin dat hul nie
as testate of intestate
erfgename van hul ouers aanspraak op 'n deel van Cato se boedel sou kon maak
nie.
Aan die einde van sy uitspraak tabuleer Innes HR die bevindinge waartoe hy
gekom het. Een daarvan lui soos volg:
7)
"(d) If at such date [d
i die verdelings-datumj any child or the issue
of any survives then no fidei commissum operates.
The share of any
predeceased child would qo to his children; in default of children it would form
part of his qene
-
ral estate
." (My kursivering)
Die
fideicommissum
waarna verwys word, is klaar-
blyklik die uitdruklik geskepte een ten gunste van die
/Richards-...
7) Op p 305.
16.
Richards-kinders. Wat nie so duidelik is nie, is waar-om bevind word dat
indien die voorwaarde vir bevoordeling van hierdie kinders
nie vervul word nie -
d w s indien 'n kind of 'n kleinkind van Cato die verdelingsdatum oorleef -die
deel van die boedel wat gevestig
het in
'n
kind van Cato wat voor
bedoelde datum gesterf het "would go to his children". Soos dit my voorkom, is
die enigste moontlike gevolgtrekking
egter dat na die mening van die Hoofregter
kleinkinders van Cato wat die verdelingsdatum oorleef het versweë aangewese
fideikommissêre
erfgename was van dié deel van die boedel wat
gevestig het in hulle vader of moeder wat voor bedoelde datum gesterf het. Maar
was hierdie mening gegrond bloot op die effek van die geïm-pliseerde
sine liberis
-bepaling, of ook op die aanduidings van Cato se bedoeling
wat in die aangehaalde
dictum
ver-meld word (soos die hof a
quo in
casu
bevind het)? Ge-sien die feit dat Innes HR nêrens in sy
uitspraak, voordat hy sy bevindings kortweg getabuleer het, uitdruklik
bevind
/het ...
17.
het dat Cato se testament 'n
fideicommissum tacitum
ten gunste van sy
kleinkinders geskep het nie, laat die vraag hom nie ligtelik beantwoord nie. Ek
meen egter dat Innes HR die stilswyende
fideikommis bloot vanweë die
veronderstelde
sine liberis
-bepaling gekonstrueer het en dat hy na
aanduidings van Cato se bedoeling verwys het slegs om dit duidelik te maak dat
die testament
as geheel nie teen die vermoede dat dit wel stilswyend so 'n
bepaling bevat het, gespreek het nie, maar inteendeel die vermoede bevestig
het.
Op hierdie stadium is enkele opmerkings aange-wese. Eerstens dien daarop
gelet te word dat die tweede sin van bevinding (d) nie ingelyf
is by die bevel
wat gemaak is nie. Die rede hiervoor was vermoedelik dat, soos reeds aangedui,
die gestelde saak nie die regte van
kleinkinders van Cato na die verdelingsdatum
te berde gebring het nie, en dat die Cosnett-kinders eers in hier-die hof
verteenwoordig
was. Aan die ander kant is die
/bevinding . . .
18.
bevinding waarskynlik gemaak vanweë die verbreding van die geskilpunte
as gevolg van die reeds genoemde betoog van bedoelde kinders
se advokaat. Die
bevinding moet dus wel as deel van die Hoofregter se
ratio decidendi
beskou word.
In tweede instansie kan gevra word hoe die uit-druklike testamentêre
bepaling betreffende die residuum van die erfenisse van
die dogters van Cato te
rym was met 'n stilswyende fideikommis ten gunste van kinders van sowel seuns as
dogters van Cato. In hierdie
verband moet 'n onderskeid getref word tussen die
oorlye van
'n
kind van Cato voor, en na, die verdelingsdatum. Die
voorwaardelike fideikommissêre bevoordeling van die Richards-kinders was
gekoppel aan die verdelingsdatum. Indien 'n kind of klein-kind van Cato die
datum sou oorleef, sou die bevoordeling verval, en so
ook die stilswyende
sine liberis
-bepaling. 'n Seun van Cato wat op die verdelingsdatum in die
lewe was,
se aandeel sou hom dan onvoorwaardelik en onbeswaard toekom,
/'n ...
19.
'n Dogter van Cato wat aldus in die lewe was, se aandeel sou egter onderhewig
wees aan die uitdruklike voorwaarde dat die residuum
van haar deel by haar dood
toeval aan haar kinders, of by ontstentenis van eie kinders, haar broers en
susters se kinders. Daarenteen
sou die
fidei
-
commissum tacitum
,
volgens Innes HR se bevinding, slegs gegeld het ten opsigte van 'n kind van Cato
se deel indien
daardie kind
voor
die verdelingsdatum gesterf het met nalating van
'
n
kind of kinders, en 'n kind of kleinkind van Cato die verdelingsdatum
oorleef het.
In derde instansie moet die oorredingskrag van die bevinding onder bespreking
beoordeel word in die lig van die, feit dat dit nie
uit die uitspraak blyk nie
dat Innes HR bewus was van 'n omstrede strydvraag in Wes-Europa, waarna
vollediger hieronder verwys word,
en van 'n beslissing wat reeds in 1908 deur die Kaapse
Hof daaromtrent gegee is
.8)
Hierdie vraag was of in
/geval ... 8) Steenkamp v Marais, N O and Others
25 SC 483.
20.
geval van 'n uitdruklike
sine liberis
-bepaling diegene
positi in
conditione
geag moet word ook
positi
in
dis
-
positione
te wees; m a w, of die
liberi
as stilswyend aangewese
fideicommissarii
beskou moet word. En dit spreek vanself dat, behoudens
aanduidings van die testa-teur se bedoeling, 'n stilswyende
sine
liberis
-bepaling nie sterker as 'n uitdruklike een ten gunste van
bevoor-deling van die
liberi
kan spreek nie.
Ek kom dan by die aparte uitspraak van De Villiers WAR, wat instemming betuig
het met die bevel vervat in die uitspraak van die Hoofregter.
Hy het ook bevind
dat, afgesien van die reël geformuleer deur Voet 36.1.17 wat in
Galliers
,
supra
, goedgekeur is, Cato se testament aanduidend was
van 'n bedoeling dat die Richards-kinders sou erf slegs indien geen van Cato se
kinders of kleinkinders die verdelingsdatum sou oorleef nie. Die woorde wat hy
gebruik het, lei egter nog minder as die aangehaalde
dictum
van Innes HR
tot die
/noodwendige . ..
21.
noodwendige gevolgtrekking dat na sy mening kleinkinders van Cato moontlike
stilswyende
fideicommissarii
was nie. Hy het naamlik gesê (op p
308):
"For the testator provides that his daughters are to pass the residue of their
shares to their children or their brothers' and sisters'
children. There is, it
is true, no similar
fidei commissum residui
imposed on the sons' shares,
but the provision is important as show-ing that the testator was not indifferent
to the children of
his sons either, as on failure of children of their own the
daughters have to pass the residue of their shares,
inter alia
, to 'their
brothers' children.' There is, therefore, an implied condition here that tiie
fidei commissum
only vests in the children of Mrs. Richards if there are
no lawful des-cendants of the testator alive at the date of the division.
If
there are, the
fidei commissum
lapses."
Die
uitspraak van De Villiers WAR, bevat dan ook nie 'n bevinding wat ooreenstem met
dié vervat in die tweede sin van paragraaf
(d) van die opsomming van die
Hoofregter wat hierbo aangehaal is nie. Aan die ander kant kan nie uit die
woorde "the
fidei commissum
lapses" afgelei word dat na die mening van De
Villiers
/WAR....
22.
WAR die testament nie 'n
fideicommissum tacitum
geskep het nie, want
die sinsnede verwys klaarblyklik na die uitdruklike, maar voorwaardelike,
bevoordeling van die
Richards-kinders.
Die uitspraak onder bespreking bevat egter wel die eienaardige bevinding dat
"each of the children of the testator, the issue of deceased
children
per
stirpes
and the executors of Spensley Cato are entitled to be
paid an equal share of the income of the estate of the
9)
testaror until ... [die verdelingsdatum]."9)
Ek sê
dit omdat hierdie bevinding sover dit op kinders van 'n oorlede kind var Cato
betrekking het, nêrens in die uitspraak gemotiveer
word nie en bowendien
bots met die volgende slotsom van Innes HR
:10) "
Pending the date of
division, each such child or (in the event of decease before distribution),
his estate
is entitled to one-sixth share of the income ..." (My
kursivering.) In
/elk . . .
9)
Op p
309.
10)
Op p
305.
23.
elk geval dui bedoelde bevinding nie op 'n
fideicommissum tacitum
wat
op grond van 'n stilswyende
sine liberis
-bepaling gekonstrueer is nie,
want hierdie bepaling het
betrekking gehad op die verdelingsdatum en nie op
die afsterwe van to kind van Cato voor daardie datum nie.
Die derde uitspraak was dié van Juta WAR,
wat
ten aansien van die vermoede ten gunste van
bogenoemde
bepaling die volgende gesê het:
11)
"The words of the will confirm this presumption. In the case of his daughters,
the testator burdened their shares with a
fidei commissaum
in favour of
their children and their brothers' and sisters' children, and not in favour of
the Richards' children.
It may be said that this provision only operates upon the shares of the
daughters, and that unless the latter survive the various
dates of division it
can have no operation; but there is nothing to show why the testator should
desire his grandchildren to inherit
if his daughter survived the marriage of his
widow, and should desire that they should get nothing because their mother died
a day
before that date."
11) Op p 312.
24.
Hierdie
dictum
dui myns insiens ook nie noodwen-dig daarop dat na die
mening van Juta WAR die stilswyende
sine liberis
-bepaling op sy beurt tot
'n
fideicommissum tacitum
gelei het nie. Die laaste bysin van die
dictum
is naamlik ook vereenselwigbaar met 'n siening dat Cato nie kon
beoog het dat 'n kleinkind wat die verdelingsdatum oorleef het,as
testate of
intestate erfgenaam van sy vooroorlede moeder van haar deel van die erf enis
uitge-sluit sou wees nie indien sy '
n
dag voor die verdelings-datum
gesterf het- Anders gestel, kan nie sonder meer aanvaar word dat Juta WAR dit as
onwaarskynlik beskou
het dat Cato kon beoog het dat sodanige kleinkind in die
gepostuleerde geval nie sy moeder as fideikommissêre bevoordeelde
sou
opvolg nie.
Net soos die geval is met die uitspraak van De Villiers WAR, kom Juta WAR
nêrens tot dieselfde slot-som as Innes HR in die tweede
sin van paragraaf
(d) van sy opsomming nie. Dit is egter nodig om die aandag
/op ...
25.
op die volgende te vestig. Die laaste sin van die ge-rapporteerde uitspraak
van Juta WAR lees soos volg: "The
appeal must therefore be allowed with costs
here and
in the Court below.
" 12)
In die oorspronklike uit-
spraak is die woorde "with costs here and in the Court below" egter
deurgehaal en deur die volgende in manuskrip vervang:
"I agree with the order. made
by
the learned Chief Justice. I may add
that having had an opportunity of (? perusing) his judgment I agree with his
conclusions of law."
Die regskonklusies waarna Juta
WAR verwys, is klaarblyklik die voormelde getabuleerde bevindings van Innes HR.
Uit die oorspronklike
stukke in die argief blyk dit egter nie met welke van die
uitsprake die ander twee lede van die hof, Solomon AR en Wessels WAR,
saamge-stem
het nie.
Uit bostaande volg dat hierdie hof nie in
Cato
uitdruklik of by
implikasie beslis het dat 'n
/uitdruklike 12) Op p 313.
26
uitdruklike of stilswyende
sine liberis
-bepaling van regs-weë
aanleiding gee tot 'n vermoede dat die testateur 'n
fideicommissum
tacitum
ten gunste van die
liberi
geskep het nie. Wat wel gesê
kan word, is dat Innes HR en Juta WAR, as deel van hul
ratio decidendi
sulks bevind het in 'n geval waarin die
liberi
af stammelinge van die
testateur was, en dat hierdie bevinding moontlik deur Solomon AR en Wessels WAR
onderskryf is. Die beslissing
in
Cato
kan derhalwe nie as bindend beskou
word ten op-sigte van die vraag waaroor in die onderhawige appël be-sleg
moet word nie. En
sover ek kon vasstel, het dié vxaag nie in enige ander
gewysde van hierdie hof ter sprake gekom nie.
Die gemene reg
Alvorens op ander Suid-Afrikaanse gewysdes ge-let word, is dit dienstig om 'n
kort oorsig van die gemene reg te gee. Hierbo is reeds
verwys na die fel
omstrede
/vraag ...
27.
vraag wat soos volg deur Groenewegen geformuleer word:
"An et quando positus in conditione censeatur positus in dispositione?" Met
ander woorde, is diegene vermeld in die voorwaarde geroepe
tot die beskikking?
Sommige skrywers bestempel hierdie vraag as dié een waaroor die grootste
meningsverskil geheers het. Van
Leeuwen sê
dat "the question seems to have been rendered perplexed
by the authorities ",
14)
Sande meen "there is among
Jurists no guestion more debated than this;"
15)
terwyl
Christinaeus
16)
dit 'n moeilike en onoplosbare vraag noem en
sê dat volgens kardinaal Mantica die antwoord nie deur redenasie gegee kan
word
nie. Die skrywers het selfs verskil aangaande die verdere vraag of 'n
meerderheid 'n positiewe dan wel 'n negatiewe antwoord gegee
het. So bv sê
Gail
17)
en Sande
18)
dat die meerderheid ontken dat
/die....
13)
De Legibus Abrogatis
28.5.85.
14)
Cens. For.
1.3.7.18 (Schreiner se vertaling, p 97).
15)
Dec. Fris
. 4.6.5 (Vos se vertaling, p 101)
16)
Band 1, beslissing
37.
17)
Practicarum Observationum,
band
2, Obs. 136.
18)
Op.
cit
.
28.
die
liberi
bevoordeeldes is, terwyl Domat
19)
en Menochius
20)
'n teenoorgestelde mening huldig. Met verwysing na latere skrywers sê
Christinaeus (vry vertaal):
"Dan is daar meer resente skrywers wat dan die een en dan die ander steun en so
onder mekaar veg en mekaar so weerspreek dat enige
een van die twee as die
gangbare mening beskou kan word soos berig deur Dom Johannes van Castille waar
hy sê dat enige van
die menings maklik verde-
digbaar is en die ander een volledig weerspreek
kan word."
21)
Daar was egter ook '
n
derde benadering wat getrag het om die botsende positiewe en negatiewe
standpunte te versoen. Diegene wat tot die derde groep behoort
het, het naamlik geleer dat indien die
liberi
afstammelinge
22)
van die testateur was, hulle wel bevoordeel was.
Romeins-Hollandse skrywers verwys in verband met bogemelde vraag na 'n stuk
of veertig regsgeleerdes van die sestiende en vroeë
sewentiende eeu;
meestal "Franse en
/Italianers ...
19)
Les Loix Civiles
2.5.3.3.16.
20)Raadpleeg Christinaeus, band 4, beslissing 46.
21)Band 1, beslissing 37.
22)Sien o a
Menochius
,
De Praesumptionibus
, 4.76.23; Christinaeus,
beslissing 56.
29.
Italianers, maar ook enkele Spanjaarde en Duitsers, soos Cajucius, Duarenus,
Boerius, Hartmanus Pistoris, Grivel-lus, Fachinaeus,
Menochius, Mantica,
Hotomanus, Salicetus, Maynard, Gail en Anselmus. Die lys sluit ook in skry-wers
wat hedendaags onbekend of vrywel
onbekend is, bv Bouvot, Grassus, Forcabilus,
Hondedaeus en Autumnus. Die groot verskil van mening was te wyte aan die feit
dat in
die Romeinse reg die vraag onder bespreking nooit uit-druklik gestel en
beantwoord is nie. Daar is dus ge-
poog om afleidings te maak uit tekste wat vir verskillende
23)
interpretasies vatbaar was. Soos sal blyk, gaan dit
in die onderhavige appèl egter nie om die juiste gevolg-trekkings vat
uit sodanige tekste gemaak moet word nie -tekste wat
in elk geval, vir sover
hulle leidrade mag bied, vry obskuur is - maar wel om die stand van die
Romeins-Hollandse reg teen die einde
van sy ontwikkeling in sy
land van herkoms.
/Sover ...
23. Bv D 28.5.86 (85); D 36.1.59 (57) .1; C 2.3.1 en C6.25.7 (6) pr.
30.
Sover ek kon vasstel, is die Nederlandse skrywers van die sewentiende en
agtiende eeu dit eens dat 'n
sine liberis
-bepaling nie in sigself en in
alle gevalle aan-leiding gee tot 'n vermoede dat die
liberi
versweë
aange-wese
fideicommissarii
is nie. De Groot 2.20.5 bied 'n gerieflike
vertrekpunt. Hy postuleer die geval waarin die testateur sy goed aan Jan bemaak
en bepaal
dat indien laasgenoemde sonder kinders sterf die goed na Paul moet
gaan. Indien Jan na die testateur sterf, leer De Groot, is die
mees algemeen
aanvaarde opvatting dat Jan nie ver-plig is om die goed aan sy kinders na te
laat nie tensy hulle (1) afstammelinge
van die testateur is, of (ii) indien
hulle ingevolge die oorspronklike erflater se tes-tament met 'n las beswaar was,
of (iii) indien
uit ander aanduidings in die testament 'n bedoeling om die
kinders te bevoordeel, afgelei kan word.
Nie een van die diegene wat kommentaar op De Groot se Inleiding gelewer het,
verskil van bogenoemde
/sienswyse ...
31 .
sienswyse nie, en bepaaldelik nie van die stelling dat die
liberi
stilswyend aangewese
fideicommissarii
is in-dien hulle afstammelinge van
die testateur is nie. Schorer, Voet en Groenewegen verwys glad nie daarna nie
soos hulle stellig
wel sou gedoen het indien hulle nie met De Groot akkoord
gegaan het nie. In sy Voorlesinge is Scheltinga dit blykbaar met De Groot
eens.
Hy sê dat die reël
liberi positi in conditione
,
non sunt in
posi
-
tione
van toepassing is, maar onderhewig aan 'n uitsonder-
ing, vermeld deur De Groot, in geval die kinders die in-
24)
testate erfgename van die testateur is.
In
Praelectiones
, ad Gr. 2.20.5., laat Van der
25) Keessel hom soos volg uit:
"
Maar of Jan
ens. Netso, indien in die gestelde geval Jan die erflater
oorleef het en sy erfgenaam geword het, word die vraag gestel of met 'n
fidei-kommis beswaar is ten gunste van daardie kinders wat die erflater in die
voorwaarde gestel het. Dit moet ook netso ontken
/word ...
24) Voorlesinge, p 177.
25) Praelectiones, band 2, pp 411-412 (Gonin se vertaling) ..
32
word uit hoofde van dieselfde reël [d i dat kinders genoem in 'n voorwaarde
nie daarom be-voordeeldes is nie] ; dit was ook
die standpunt van die Eof van
Holland, behoudens die geval vaar daar aanduidings van die teenoorgestelde wil
aanwesig was ...
ten waar die kinderen
ens. Indien Jan in die gestelde geval die seun van
die erflater sou wees en sy kinders dus dieselfde erflater se afstammelinge sou
wees. Nou word aanvaar dat hulle vir die fideikommis aangewys is, soos die Hof
van Holland na bewering beslis het."
Laastens skryf
Fockema Andreae in sy aantekeninge dat wat De Groot in 2.20.5 sê "de
gewone leer van schrivers en jurisprudentie
[was], gelijk v. Bynkershoek opmerkt
in
Okserv
. 1, no. 1032". Ek kom hieronder op Van Bynkers-hoek terug.
Van Leeuwen het uit twee monde gespreek. In
Cen. For.
1.3.7.18 verwys
hy na die mening van sommige dat indien die
liberi
, afstammelinge van die
testateur is, wel 'n
fideicommissum tacitum
tot stand kom, maar dat in
ander gevalle daar duidelike aanduidings van sodanige bedoeling van die
testateur moet wees, en vervolg
dan: 26) Schreiner se vertaling, boek 3, p
98.
33.
"This distinction however, has justly been
disapproved of by others (w)ho
hold that the
children and grandchildren themselves of the
testator
mentioned in the condition are no more
to be considered as summoned (to the
inheritance)
than any other people who are no relations would
be, unless
unmistakable and very evident infer-
ences, and necessary deductions from the
testa-
tor's intention require this, since the rule
as to intention is not
different in the case
of descendants from what it is in the case
of
persons who are no relations, and if the testa-
tor wish to summon the
latter (to the inheritance)
by means of a
fideicommissum
he ought
expressly
to say so; since in cases of doubt the presump-
tion is always
in favour of the heir and against"
the
fideicommissum
, and in such a
case the tes-
tator is not to be presumed to have placed a
greater burden
on his children, than would have
been placed by such a provision on anyone
who
was no relation "
In sy
Het Rooms-Hollands Recht,
wat na
Censura Forensis
verskyn
het, wyk Van Leeuwen egter af van sy vorige standpunt. Met verwysing na o a De
Groot 2.20.5, sê Van Leeuwen 3.8.12
dat in geval van 'n
sine
liberis
-bepaling 'n onderskeid juis tussen
liberi
wat kleinkinders
van die testateur is, en diê wat in. die sylinie verwant of vreemdes is,
getrek moet word. Is die
liberi
wel
/kleinkinders ...
34
kleinkinders -
"it would be considered from the obviously good
intention that the grandchildren are also called
to the inheritance ..."
27)
Wat ander
liberi
betref, moet daar, aldus Van Leeuwen, duidelike
aanduidings wees dat die testateur hulle as bevoordeeldes wou betrek het.
Sommige hedendaagse skrywers sê dat Groenewegen,
ad
D 28.5.85, die opvatting gehuldig in
Censura Forensis
deel, maar inderdaad verwys hy slegs na uiteenlopende ge
sag en neem hy nie self standpunt in nie.
Die inleidende gedeelte van Voet 28.2.9 lui soos
volg:
28)
"But as to whether those also are to be con-sidered as passed over who have
only been given a place in a condition there are differing
views among the
commentators. Sande displays an ar-ray of them on both sides. But if it behoves
us to follow natural reason and the
directions of the Civil law, the position is
rather that such persons ought to be deemed to have been altogether passed
over."
In 28.2.10 noem Voet egter vier uitsonderings
/op ...
27)
Kotze se vertaling, band 1,
p 383.
28)
Gane se vertaling, band 4, p
666.
35.
op die reël dat diegene vermeld in 'n voorwaarde 'nie self bevoordeeldes
is nie. Die eerste twee hou verband met afleidings aangaande
'n testateur se
bedoeling wat uit sekere bepalings in 'n testament gemaak kan word,
terwyl
die derde uitsondering nie hedendaags kan geld nie. Die
29) vierde uitsondering word soos volg geformuleer:
"Finally Neostadius is authority for saying that with collaterals indeed, such
as the child-ren of brothers or of blood-relations
and others like them who have
been given place under a condition, the view of the Roman law demonstrated above
ought in case of doubt
to be approved; but that actual descendants of the
testator who have been given place by him under a condition appear by our
customs
to have been summoned by the last will apart from any combination of
reasonable inference such as has been already described. Nay
it has been clearly
enacted in the Spanish Netherlands that those who are given place under a
condition must be considered as having
been summoned, according to Petrus
Stokmans."
In 39.5.44 sê Voet dat in die geval
van 'n skenking gemaak onderhewig aan die voorwaarde dat indien die begif-
tigde sonder kinders sterf die goed na die skenker terugval,
/die ...
29) Gane se vertaling, band 4, p 669.
36.
die kinders nie fideikommissêre regte op die goed verkry nie. Voet gaan
egter voort om dit duidelik te maak dat wat hy in 28.2.9
en 10 gesê het,
ook op sodanige skenking van toepassing is, en konkludeer:
"Hence if there is a rule anywhere by constant practice that those given place
in a condition are also deemed to have been embraced
in the disposition, or the
combination of circumstances suggests some such thing, it ought not to be
doubted that in those cases
also a right has accrued to them on a donation so
framed."
In
Peiris v Appu,
31)
'n beslissing van die
Ge-
heime Raad aangaande die reg van Sri Lanka, word
die passasie
in Voet 28.2.10 wat hierbo aangehaal is, ook weergegee
32)
waarna Lord Wilberforce die volgende sê:
"The cautious statement of this fourth proposition is to be noted: it is placed
under the authority of Neostadius without direct
en-dorsement by the author.
That Voet himself considered the point a doubtful one is shown by a footnote to
the passage last cited
in which he refers to Grotius and Van Leeuwen on one side
and to Sande's disagreement on the other. His own view appears to go no
further
than ac-ceptance of the relevance of 'various circumstances
.'"
/Ek....
30) Gane se vertaling, band 6, p 138.
31 )
(1968) A C 869.
32) Op pp 878-9.
37
Ek kan, met eerbied, nie met hierdie sienswyse akkoord gaan nie, want dit kom
my voor dat Voet instemming betuig het met dit wat hy
aan Neostadius toegeskryf
het. In sy opsomming wat 28.1.10 voorafgaan sê Voet uitdruklik dat hy o a
vermeld wat die reg van
Holland aangaande die-gene
positi in conditione
is, en indien die gedeelte van 28.2.10 wat hierbo aangehaal is saam met 39.5.44
gelees word, is dit duidelik, meen ek, dat Voet aanvaar
het dat volgens die
praktyk van Holland afstammelinge van '
n
testa-teur wel as
positi in
dispositione
beskou moes word. In
'n
nota tot bedoelde gedeelte
beroep Voet hom op Neostadius, De Groot en Van Leeuwen,
Cens. For
.
,
1.3.7.18, en vermeld hy slegs sydelings cat Sande 'n ander mening huldig.
Dit is waar dat, soos hierbo blyk, Van Leeuwen in
Cens. For
. juis nie 'n
onderskeid tussen afstammelinge van die testa-teur en ander
liberi
trek
nie, maar hy vermeld o a 'n be-slissing van die Hof van Holland van 31 Julie
1651 waarin so 'n onderskeid blykbaar wel gemaak
is, en bes moontlik het
Voet
/se ...
38. se verwysing na Van Leeuwen op hierdie beslissing geslaan.
Die twee Friese skrywers, Sande en Huber, bied gesag vir die stelling dat. in
geval van '
n
sine liberis
-bepaling nie vermoed word dat die
liberi
stilswyend aan-gewese bevoordeeldes is nie. Sande verwerp
perti-nent die standpunt dat so 'n vermoede wel geld indien die
liberi
.
afstammelinge van die testateur is. Hy verlaat hom egter uitsluitlik op sy
vertolking van sekere Romeins-regtelike tekste, veral
C.6.43.3, en soos blyk uit
28.2.9 het Voet nie van Sande se siening van die Romeinse Reg verskil nie.
Huber
34)
skryf dat indien ek my broer as
erf-
genaam aanwys, en Klaas as alternatiewe
erfgenaam benoem in geval my broer sonder kinders sterf, die kinders nie ook
moontlike erfgename
is nie aangesien "
erfstellinge
met duidelijke woorden
moet geschieden". In 2.16.40 voeg Huber egter by "
hoewel de stilswijgende
wille van
/
den
...
33)
Dec. Fris
.
4.6.5.
34)
Hed. Rechtsg.
2.16.39.
39.
den Testateur genoeg saem blijkt
, dat hy ook sijn broeders kinderen de
goederen liever heeft toegewilt, als aen vreemde lieden."
Opgelet sal word dat in Huber se voorbeeld
die
liberi
nie afstammelinge van die
testateur is nie. Die enigste gesag waarop Huber hom beroep, is egter dié
van Sande, en dit is dus
'n redelike aanvaarding dat hy laasgenoemde se
sienswyse ten volle gedeel het.
Wat Sande en Huber betref, moet natuurlik in gedagte gehou word dat daar in
Friesland 'n sterker resepsie van die Romeinse Reg as
in Holland was; soveel so
dat Huber 1.2.47 geskryf het dat die Romeinse Reg in Friesland "suiwerder en
platter onderhouden wort,
als in eenig deel, land of staet van de
Christene
wêreld." In
'n
geval waarin die reg van Holland
wel, maar nie dié van Friesland nie, van die Romeinse reg af-gewyk het,
kan gevolglik hier
te lande nie op die gesag van Friese skrywers gesteun word
nie. Soos Van den Heever AR gesê het:
34a)
"Since we observe the law of Holland we must excluce the Romanists of other
countries as well as the pragmatists from neighbouring
regions. Accordingly we
leave out of consideration Flemish authorities such as Zoesius (
Comment
ad
. C. 4.44
quaest
. 3) and
Tulden
(
ad
C.4.44). There is
a special reason why we should ignore the Frisians. In Friesland the Roman law
was received not mere-ly in
subsidio
as
ratio scripta
but as a
system which operated
proprio vigore
."
/Wat ...
34a)
Tjollo Ateljees (Eins) Bpk v Small
1949 (1) S A 856
(A)
865-6.
40.
Wat die Suid-Nederlande betref, het art 18 van die Ewige Edik
van 1611 bepaal dat
liberi
wat in 'n voor-vaardelike beskikking vermeld
is, wel as testamentêre bevoordeeldes beskou moes word. Aldus, sê
Stockmans,
35)
het 'n einde gekom aan "lawaaierige gevegte" wat
voorheen in die hof van Brabant geheers het.
Christinaeus het aanvanklik die bogenoemde derde, versoenende, mening
verwerp, maar later het hy met klaar-blyklike goedkeuring verwys
na Mantica se
oplossing dat
'n vermoede ten gunste van die
liberi
wel geld indien hulle
36)
afstammelinge van die testateur is.
Wat Utrecht betref, leer Wassenaar dieselfde as De Groot. Hy sê dat in
geval van 'n
sine liberis
-bepaling die primêre erfgenaam nie
verplig is om die erfenis aan die
liberi
na te laat nie "
ten ware de
kinderen waren afkomelingen van den testateur
, ofte dat de kinderen
/ook ....
35)Beslissing 29.
36)Band 4, beslissing 46.
37)
Practijk Notariael
, hoofstuk 18, no 116 (op p
381) .
41 .
ook met eenige maekinge ofte conditie belast waren, ofte
andersins van des testateurs meyninge so te zijn, uit de despositie quame
te
blijken ofte aangenomen konde worden. (My kursivering.)
Hoe was dit in die praktyk van Holland gesteld? Ek het reeds melding gemaak
van die beslissing van die Hof van Holland van 31 Julie
1651 hoewel toegegee
moet word dat Van Leeuwen se verwysing daarna nie glashelder is nie. Neostadius,
Dec
. 22, waarop Voet steun, vermeld egter 'n geval waarin 'n testateur sy
twee susters as erf-gename aangewys het onderhewig aan die
bepaling dat in-dien
een van hulle sonder kinders sou sterf, haar deel van die erfenis aan die
langslewende suster, of haar kin-ders,
sou toeval. Een van die susters,
Margarete, het voor die testateur gesterf maar het 'n kind nagelaat. Die vraag
het toe ontstaan
of bedoelde kind by wyse van direkte substitusie in die plek
van sy moeder getree het. Op grond van sekere
conjecturae
het die Hof van
Holland dié
/vraag ...
42.
vraag bevestigend beantwoord. Wat egter vir huidige
doeleindes van belang is, is dat die Hof van Holland blyk-baar aanvaar het dat
aanduidings van die testateur se
bedoeling nodig
was omdat
Margarete
se kind nie 'n afstam-meling van die testateur was nie, en dus nie uit die
sine liberis
-bepaling sonder meer afgelei kon word dat die kind in
Margarete se plek moes tree nie.
Dit het in hierdie eeu geblyk dat outeurskap van die Decisiones voorheen
verkeerdelik aan Neostadius toegeskryf is,
en cat dit die werk was van
Pelgrim van Loo, 'n raadsheer van die Hof van Holland. 'n Afskrif van die
oorspronklike teks van Van Loo
is in 1936 deur Van Apeldoorn op 'n veiling
aangekoop, en hy gee die vol-
gende opsomming van Dec. 22 soos dit in Van Loo se teks
voorkom (my vertaling):
38)
"Wanneer iemand by testament sy twee susters as erfgename aanwys met die
bepaling dat 'bij kinderloos overlijden' van een van hulle
haar
/deel ... 38) Uit de Practijk van het Hof van
Holland, p 48.
43.
deel die ander suster sal toekom, en een van die susters voor
die erflater met nalating van n kind sterf, mag - 'aangezien dit kind
dén
erflater niet in de rechte lijn maar in de zij-lijn bestaat" - uit die klousule
'bij kinder-loos overlijden' nie sonder
meer afgelei word dat die kind as
erfgenaam vir sy moeder gesub-stitueer was nie. Dit mag slegs aangeneem word
indien uit die verdere
inhoud van die tes-tament blyk dat dit die bedoeling van
die tes-tateur was."
Ek is egter nie seker dat Voet in 28.2.10 op hierdie beslissing gesteun het
nie. In nota (a) tot Dec. 22 word verwys na 'n beslissing
van die Hof van
Holland van 7 Mei 1632 as gesag vir die stelling dat 'n vennoede ten gunste van
liberi
wel geld indien hulle afstammelinge van die testateur is, en
moontlik het Voet hierdie latere
beslissing in gedagte gehad. Van der Keessel steun dan
ook spesifiek op die beslissing van 1632.
39)
40)
Van Bijnkershoek vermeld 'n geval wat
voor
die Hooge Raad van Holland, Zeeland en
Wes-Friesland gedien
/het . ...
39)
Op.
cit
., band
2,
p 515, deel 20, voetnota 7.
40)
Observationes Tumultuariae, no
1032.
44.
het.Sempronius het die kinders van sy broers as erfge-name
aangewys onderhewig aan 'n fideikommissêre substitusie indien een
van die
erfgename
sonder vettige
afstammelinge sou sterf. Een van die erfgename
is insolvent oorlede maar het kinders nagelaat. Bedoelde erfgenaam se
kredi-teure wou
hul vorderings bevredig uit goed wat Sempronius aan die
oorledene nagelaat het, terwyl die voogde van die kinders van die oorledene
beweer het dat 'n stilswyende
fideiconunissum
ten gunste van die kinders
geskep was. Van Bynkershoek sê dat die geskil betrekking het op die
bekende vraag waaroor daar in
die literatuur en die praktyk skerp meningsverskil
bestaan het, nl of "liberi positi in conditione censeantur vocati?" Meestal,
vervolg
van Bynkershoek, word beslis dat die antwoord bevestigend is indien die
liberi
afstammelinge van die testateur is, maar dat indien hulle in die
sylinie aan die testateur verwant is, daar aanduidings in die testament
moet
wees dat die testateur hulle as
fideicommissarii
/wou ...
45
wou bevoordeel. Van Bynkershoek sê ook dat hy nie na
gesag verwys nie omdat dit reeds so beslis is.
In Obs. 2266 word voorts positief gesê dat dit "ons reg" is, en dat dit
dikwels beslis is, dat
liberi
wat in '
n
voorwaardelike beskikking
vermeld is wel testamentêr
bevoordeel is indien hulle kinders of ander afstammelinge
41 ) van die testateur is. Amerasinghe
41)
se dan ook tereg
dat die Hooge Raad in die verband onder bespreking kon-stant 'n onderskeid
tussen die direkte en die sylinie ge-trek het.
42)
Ek is nie bewus van enige uitspraak van die Hof van Holland of die Hooge Raad
waarin hierdie reël be-twyfel is nie, en dit moet
dus aanvaar word dat
volgens die praktyk van Holland in die sewentiende en agtiende eeu 'n
sine
liberis
-bepaling, gekoppel aan 'n voorwaarde-like fideikommissêre
substitusie, die vermoede meegebring het dat die testateur 'n
fideicommissum
tacitum
ten gunste
/van ....
41)
Tacit Fideicommissa
,
p 47, n 233 A.
42)
Sien ook Obs. 1979, 2937 en
3099.
46.
van die
liberi
geskep het mits hulle afstammelinge van die testateur
was. Indien die
liberi
nie afstammelinge was nie, was hulle. bevoordeel
slegs indien die testament aan-duidings bevat het dat die testateur hulle as
stilswyend
aangewese
fideicommissarii
wou betrek.
Met die uitsondering van Van Leeuwen en bogenoemde twee Friese juriste, is
dit ook wat Nederlandse skrywers van die sewentiende en
agtiende eeu geleer het.
Soos reeds genoem, het Van Leeuwen egter in sy latere werk sy vroeëre
opvatting laat vaar en was daar
dus, wat die reg van Hol-land betref, geen
wanklank nie. Indien aan die heersende gemeenregtelike standpunt gevolg gegee
word, geld
daar ge-volglik
in
casu
'n vermoede dat die testateur,
Strauss, stil-swyend die af stammelinge van sy kinders as fideikornmissêre
legatarisse aangewys
het. Die appellant se advokaat het dan ook nie betwis dat
die meermaal genoemde vermoede in die gemene reg gegeld het nie, maar het
op
twee gronde betoog dat dit nie in
casu
toepassing vind nie.
/Ek . . .
47.
Ek kom later op hierdie gronde terug.
Verdere
Suid-Afrikaanse Regspraak
43)
Re Milne's Estate; Ex parte Robinson is
die eerste Suid-Afrikaanse saak waarin die onderhawige
vraag ter sprake gekom het. Die vraag wat deur Connor
HR ondersoek is, is deur hom soos volg geformuleer:
44)
"Is a person made part of a conditional devise, made a devisee?" Hy het na
verskeie ou skrywers verwys, maar het uiteindelik die vraag
onbeantwoord
gelaat.
45) In SteenkamD v Marais N 0 and Others is in
'n gesamentlike testament plase bemaak aan die testateur se seun Carel,
onderhewig aan o a die voorwaarde dat indien hy sonder erfgenáam
te
sterwe sou kom, die grond op die testateur se ander seu, Daniel, sou oorgaan.
Die vraag waaroor die hof moes beslis, was of die
testament 'n stilswyende
fideicommissum
ten gunste van Carel se kin-ders geskep het. Maasdorp R
het verwys na De Groot
/2.20.5 ...
43)
3 N L R
56.
44)
Op p
57.
45)
25 S C
483.
48.
2.20.5, Van Leeuwen,
Cens For.
3.7.16 en
R H R
3.8.12, en Voet 36.1.67, 36.1.13, 36.1.14 en 36.1.17, en op grond van hierdie
gesag tot die gevolgtrekking gekom dat die kinders
van Carel nie
fideikommissêre regte verkry het nie. Wat laasgenoemde skrywer betref, was
Maasdorp R van oordeel dat:
"Voet all through treats the condition 'if he dies without children' merely as a
condition
upon which the
f ideicommissum
depends, and not
46) as a disposition in favour of the
grandchildren."
Aangesien daar in die testament geen
aanduidings was van '
n
bedoeling om die kinders van Carel te bevoordeel
nie, is gevolglik beslis dat Carel met toestemming van Daniel (dit is
per
incuriam
andersom in die uitspraak gestel) vryelik oor die grond kon
beskik.
Alvorens Maasdorp R na bogenoemde bewysplekke in Voet verwys het, het hy
genoem dat dit vreemd was "that a question so much discussed
by some of the
authorities is
/not....
46) Op p 495.
49
not, as far as I can find, touched upon by Voet." Hier-
die opmerking het van McGregor
47)
die lakonieke uitlating
"Quandoque bonus dormitat Homerus" ontlok, want soos reeds aangetoon,
bespreek Voet wel die vraag in 28.2.9 en 10 en 35.9.44. Maasdorp
R het dus sy
beslissing gegrond op die gesag van Van Leeuwen,
Cens. For.
, en wat hy
ver-keerdelik as Voet se opvatting beskou het. Bowendien ontbreek in die
uitspraak enige verwysing na die praktyk van
Holland, terwyl latere skrywers
soos Van Bynkershoek
en Van der Keessel glad nie vermeld word nie. (
Obs
.
Tum. was toe egter nog nie beskikbaar nie.)
Die enigste ander saak waarin getrag is om die
48) stand van die gemene reg te bepaal, is Ex Parte Odendaal.
Die tersaaklike gedeelte van die testament wat ter sprake was, het bepaal dat
indien een of meer van die testateurs se erfgename sou
sterf sonder om kinders
na te laat, hul erfenisse moes terugval na die ander erfgename of hul
/afstammelinge.....
47)
1936 S A L J 265 op
273.
48)
1926 0 P D
223.
50.
afstammelinge. Hoewel beslis is dat die testament 'n direkte
substitusie, en nie 'n fideikommissêre een nie, geskep het, is
tog
ingegaan op die vraag of die
liberi
vermeld in die
sine
liberis
-bepaling as fideikommissêre bevoordeeldes beskou kon word.
McGregor R, met wie De Villiers RP, saamgestem het, het dan ook
'n veel
grondiger ondersoek van gemeenregtelike bronne gedoen as wat in
Steenkamp
die geval was. -Hy het o a verwys na De Groot, Van Leeuwen se twee werke, Voet
28-2.9 en 10 en 39.5.44, Neostadius
Dec
. 22, Sande,
Dec. Fris
.
4.6.5 en Van . Bynkershoek,
Obs
. 1032. McGregor R se uiteindelike slotsom
is soos volg geformuleer:
48a)
"One is now in a position to attempt a summary of the way in which the saying
an et
quando posi
-
tus in conditione censeatur positus in dispositione
should be regarded and applied. I think that
prima facie
(and without
more) the inclusion in the condition does not strictly imply and consti-tute
inclusion in the succession (
i.e
.,in the class of beneficiaries). Where
the persons sought to be included are collaterals,
i.e
., not descendants
in the direct line, the indications in the will (
conjecturae
) would have
to be very strong (more or less of the nature indicated in the
Censura
Forensis
,
supra
) before such inclu-sion could be approved. Where they
are direct descendants, however, the tendency is the other way, and the
indications
on which it is legiti-mate to found a manifestation of desire to
include may be much slighter. The high authority of Grotius and
Bynkershoek
seems to support this conclusion."
/Ek...
48a) Op p 234.
51.
Ek kan, met eerbied, nie hierdie slotsom onder-skryf nie. De
Groot en
Van
Bynkershoek is na my mening duidelike gesag vir die stelling
dat 'n
sine liberis
-bepaling, gekoppel aan 'n voorwaardelike
fideicommissum
, sonder meer aanleiding gee tot 'n vermoede dat die
liberi
fideikommis-sêre bevoordeeldes is. Nie een van bogenoemde
skrywers nie, en so ook nie o a Voet en Van der Keessel nie (na laasgenoemde
skrywer is nie verwys nie), vereis dat daar bowendien aanduidings (sy dit dan
ook "much slighter") moet wees van die testateur se
bedoeling om 'n stilswyende
fideicoimmissum
te skep.
Wat Neostadius betref, wys McGregor R ook nie daarop dat in Dec. 22 die
liberi
nie afstammelinge van die testateur was nie en dat juis daarom nie
sonder meer vermoed is dat hulle bevoordeeldes was nie. Ook verwys
die geleerde
regter nie na die beslissing van die Hof van Holland genoem in nota (a) van Dec.
22 of na O
bs
. Tum.
/2266 ...
52
2266 nie.
In
die verbygaan
kan genoem word dat
regter
McGregor na sy
aftrede blykbaar van oordeel was dat die vermoede wat hierbo genoem is, wel geld
indien die
liberi
afstammelinge van die testateur is.
In latere gewysdes het die Provinsiale en Plaaslike Afdelings sondër
uitsondering uitgegaan van die standpunt dat in geval van
'n
sine
liberis
-bepaling die
liberi
nie stilswyend aangewese
fideicommissarii
is nie. Meestal is '
n
beroep gedoen op die
Steen
-kamp-saak, en soms ook op die
Odendaal-
saak, en in 'n hele
aantal van die gewysdes is nie eens melding gemaak nie van die voorbehoud wat in
die beslissings in beide sake
gestel is, nl dat ander aanduidings in 'n
testament kan lei tot die gevolgtrekking dat die testateur wel
/die ... 50) 1936 S A L J 265 e v.
53.
die liberi wou bevoordeel.
51)
Vreemd genoeg, is daar nie 'n enkele gewysde, waarvan ek bewus is, waarin
pertinent daarop gewys is dat in
Odendaal
, anders as in
Steenkamp
,
'n onderskeid getrek is tussen
liberi
wat af stammelinge van 'n
testa-teur is en dié wat dit nie is nie, betreffendé die aard van
aanduidings wat vereis
word om aan te toon dat 'n
testateur wel die
liberi
as fideikommissêre bevoordeel-
des wou betrek. In
E. p. Van Schalvyk
52)
word egter
wel
in die verbygaan gemeld dat die
liberi
in daardie
/saak ...
51) Gewysdes waarin die
liberi
afstammelinge van die
testateur was,
sluit in
E.p. De Klerk
1912 C P D
388
, 389; E
. p. De Wet
1921 C
P D 812
, 813;
Bredenkamp v South African Association and
Others
;
1935 C P D 130
, 138;
Scholtz's Executors v Roux
and
Others
1939 C P D 144
, 151;
E. p. Van der
Heyde and Others
1945 C P D 67
, 71;
E. p. Richter
Visser
1945 O P D 297
, 299;
Engelbrecht N O v
Engelbrecht en Andere
1958 (3) S A 571
(O)
574;
E. p. Van Tonder
1978 (3) S A 369
(O K A) 369, 371;
E. p. Gluckman
and Others NN O
1980 (3) S A 1127
(W) 1135, en
E. p, Botha
1981 (1) S
A 1211
(0) 1214.
52)
1968 (4) S A 441
(O) 443.
54.
saak nie afstaminelinge van die testateur was nie, en word
daar dan na
Odendaal
verwys.
Dit is ook vreemd dat in slegs
Van Tonder
na
Cato
verwys word,
maar sonder vermelding van die meer-
maal genoemde bevinding van Innes HR terwyl skrywers soos Hahlo en
Kahn,
53)
Murray,
54)
Cronje
55)
en Van der
Merwe en Rowland reeds sedert die sestigerjare met b beroep op
Cato
aanvaar dat volgens ons positiewe reg die meermaal genoemde vermoede wel geld
indien die
liberi
afstammelinge van die testateur is.
/Dit....
53)
The Union of South
Africa
, p 636-
54)
1968 A S op pp
238-9.
55)
1978 T H R R R
445.
56)
Die Suid-Afrikaanse Erfreg
,
5de uitg, pp 310-11.
57)
Ander Suid-Afrikaanse
skrywers verskil van mekaar oor die vraag of die soort bepaling onder
besprek-ing 'n
fideicommissum tacitum
daarstel. Raadpleeg o a Lee,
An
Introduction to Roman Dutch Law
5de uitg, p 379; Wille,
Principles of
South African Law
7de uitg, p 287; Neethling, Codicillus, vol II, deel 2, pp
17-18; en Corbett, Hahlo and Hof-meyr,
The Law of Succession in South
Africa
,
p 263..
55.
Dit blyk dus dat oor 'n tydperk van nagenoeg 80 jaar Provinsiale en Plaaslike
Afdelings konstant beslis, of aanvaar, het dat 'n
sine liberis
-bepaling
nie aan-leiding gee tot 'n vermoede dat die
liberi
testamentêre
bevoordeeldes is nie, selfs nie indien hulle afstamme-linge van die testateur is
nie. Dit blyk ook dat slegs in
Odéndaal
geleer is dat in geval van
liberi
wat in die direkte linie aan die testateur verwant is minder
aanwysings van 'n andersduidende bedoeling van die tes-tateur benodig
word as
wat die geval is indien hulle nie afstammelinge is nie.
Die appellant se betoë
Die appellant se advokaat het eerstens betoog dat al sou bogenoemde
beslissings van Provinsiale en Plaaslike Afdelings op 'n verkeerde
vertolking
van die gemene reg gefundeer gewees het, hierdie hof weens
/uniformiteit....
56.
uniformiteit oor 'n tydperk van bykans 80 jaar nie tans
daarvan moet afwyk nie; m a w,
communis error facit jus
.
Ten aansien van hierdie spreuk het Innes R
in
Webster v Ellison
58)
die volgende gesê:
"This is not a case for the application of
that dangerous maxim, with
regard to which
Lord KENYON remarked : 'I am not
dxiven, nor will I ever resort to the maxim
communis error f acit jus
but uniform and [un?]broken usage
facit jus
.' The English Courts have
refused to interfere with a long established " and uniform interpretation of
Statutes upon questions materially
affecting rights of property ... And there
may be cases not concerned with the interpretation of old Statutes in which we
might properly
regard uniform and unbroken usage as altering the law. But this
is not such a case. The question here is, what was the Common Law
of Holland
with regard to a landlord's
/legal...
58)
1911 A D 73
op 92-3.
57
legal rights under certain circumstances? And the fact that there are old
decisions in conflict with our view, which have been followed
by the Courts of
the Province con-cerned, is no sufficient reason for refusing to give effect to
the conclusions at which we now
arrive. If it were otherwise, the result would
be an unfortunate one. For when does a decision become so venerable that its
original
error is to be regarded as modifying the
Law?"
Solomon R het hom met verwysing na 'n Engelse
beslissing soos volg uitgelaat:
59)
"Here also a practice is alleged to have grown up, based upon the original
decision of CONNOR, C.J., in
Badcock vs. Skeen
. That decision was given
27 years ago, and has been acquiesced in ever since; but, if it was wrong, there
is no principle, as Lord
Mc-NAGHTEN said, which precludes us from cor-recting
the error. To hold otherwise would be to perpetuate an erroneous interpretation
of the law merely because it has happened, for some reason or other, to remain
unchal-lenged for 25 years. The only distinction that
can be drawn between the
two cases is that in the English case the decision turned upon the construction
of a Statute, whereas
/in ... 59) Op pp 98-99.
58.
in the Natal case it depended upon the inter-pretation of the Common Law. But I
can see no différence in principle between
a wrong de-cision, based upon
an erroneous reading of an Act of Parlíament, and one based upon a wrong
reading of the Common
Law. I am not prepared to say that there may not be
circumstances under which we should be justified in holding our hands and in
declining to interfere with a course of practice which had been in existence for
a very long period of time, and which, in our opinion,
may have originally been
founded in error. But the present, in my opinion, is certainly not one of such
cases."
Ek is dan ook nie bewus van enige gewysde
van hierdie hof waarin pertinent beslis is dat aan verkeerde beslissings van
laer howe
bloot
weens uniformiteit oor 'n
lang tydperk gevolg gegee
moet word nie. Hierdie hof mag traag wees om van so 'n verkeerde siening af te
wyk indien dit waarskynlik
is dat landsburgers hulle sake in-geklee het in die
veronderstelling dat die betrokke beslis-sings die reg juis weergee, maar sal
dit na my mening
tog
doen tensy buitengewone omstandighede aanwesig
is.
/In ...
60)
Holmes Executors and Others v Rawbone and Others
1954 (3) S A 703
(A) 711.
59.
In die onderhawige geval moet eerstens in gedagte gehou word dat dit nie gaan
om 'n regsposisie waaroor daar in Holland 'n verskil
van mening was nie. En soos
Lee tereg opmerk:
"The works of the older writers .... have a weight comparable to that of the
decisions of the courts, or of the limited number of
'books of authority' in
English Law. They are authentic statements of the law itself, and, as such, hold
their ground until shown
to be wrong."
In
casu
het die Hof van Holland en die Hooge Raad bowendien in die praktyk aan
die skrywers se standpunt ge-volg gegee.
In tweede instansie is daar in werklikheid nie van volslae uniformiteit
sprake nie want, soos blyk uit wat reeds gesê is, is
in
Odendaal
in
'n belangrike opsig van
Steenkamp
afgewyk.
Derdens geld die oorweging dat die
dictum
van
/Innes HR ...
61)
Introduction to Roman-Dutch Law
5de uitg p 14.
60.
Innes HR in Cato, en veral die mening van skrywers soos Van
der Merwe en Rowland aangaande die beslissing in daar-die saak,waarskynlik
nie
onbekend was aan sommige adviseurs wat testateurs in verband met die bewoording
van hul testa-mente van raad bedien het nie.
Vierdens is daar geen ander dwingende rede om van die gemeenregtelike
standpunt af te wyk nie. Diegene wat hulle teen die vermoede
ten gunste van
afstammelinge van die testateur verset, voer in eerste instansie aan dat indien
die testateur wel die
liberi
wou bevoordeel, hy uit-druklik so sou bepaal
het. Hierdie oorweging is nie sonder oorredingskrag nie, maar dit is hier te
lande 'n
regsreël dat indien
'n
testateur 'n afstammeling as
erfge-naam of legataris aanwys onderhewig daaraan dat dit na sy dood op 'n derde
moet vererf, 'n
sine liberis
-bepaling in die testament ingelees moet word
tensy, natuurlik, daar blyke van 'n ander bedoeling is. En ook wat betref
hier-die reël
van die gemene reg soos bekragtig in
Galliers
en
/Cato ...
61.
Cato, sou geargumenteer kan word dat indien die testateur wel
'n voorwaardelike
fideicommissum
beoog het, hy uitdruk-lik sulks sou
bepaal het.
Vervolgens word aangevoer dat hoewel
'n
sine liberis
-bepaling toe te skryf is aan die testateur se
welwillendheid teenoor die
liberi
, altans as hulle sy afstammelinge is,
hierdie oorweging nie aanleiding gee tot 'n vermoede dat die testateur hulle uit
hoofde van
sy tes-tament wou bevoordeel nie. Want, so word geleer, die
liberi
kan nog steeds as testate of intestate bevoordeeldes van die
fiduciarius
'n aanspraak op die testateur se goed verkry, terwyl by
ontstentenis van sodanige bepaling die goed op die onvoorwaardelik aangewese
fideicommissarii
moet oorgaan. Hierby aansluitende word aangevoer dat in
die reël die
liberi
wel die goed, of 'n deel daarvan, uit die boedel
van die
fiduciarius
sal verkry. Die teen-argument, wat vir my
aanneemliker is, is egter dat indíen die testateur nie die
liberi
uit hoofde van sy testament
/wou ...
62.
wou bevoordeel nie, en dus dit vir die
fiduciarius
moontlik wou maak om by afsterwe met nalating van
liberi
die goed aan 'n
derde te laat vererf, daar geen rede was om hoege-naamd 'n voorwaardelike
fideicommissum
te skep nie. Anders gestel, waarom sou die testateur beoog
het dat indien die
fiduciarius
wel kinders nalaat hy vryelik in sy
testament oor die goed kan beskik, maar nie as hy sonder kinders te sterwe kom
nie?
Hierdie oorweging geld natuurlik ook indien die
liberi
nie
afstammelinge van die testateur is nie. Dit is dan ook nie heeltemal logies om
die vermoede ten gunste van die
liberi
toe te pas slegs indien hulle
afstammelinge van die testateur is nie. Indien byvoorbeeld 'n kinderlose
testateur sy goed aan sy enigste
suster bemaak met 'n voor-waardelike
fideikommissêre substitusie ten gunste van 'n vreemdeling indien sy sonder
kinders te
sterwe kom, sou dit moeilik wees om te aanvaar dat die broer se
toegeneent-heid teenoor sy suster se kinders noemenswaardig swakker
/is ...
63.
is as die van 'n grootvader ten opsigte van sy kleinkinders.
Die reg is egter nie altyd ten volle logies nie - "the life of the law
has not
been logic, it has been experience"
62)
en feit is dat die
gemeenregtelike gesag eensluidend is dat die meermaal genoemde vermoede geld
slegs indien die
liberi
afstammelinge van die testateur is.
In die lig van bostaande oorwegings is ek der-halwe van mening dat die
onderhawige nie een van daardie uitsonderlike gevalle is nie
vaarin hierdie hof
vanweë. (gedeeltelike) uniformiteit oor 'n lang tydperk in laer howe gevolg
sal gee aan 'n verkeerde vertolking
van die regsposisie,
Die appellant se advokaat het ook betoog dat die draagwydte van die meermaal
genoemde vermoede aan 'n verdere beperking onderhewig
is; nl dat dit van
toepassing is slegs indien die
liberi
wel, maar nie die voorwaardelike
fideicommissarii
nie, afstammelinge van die testateur is. Hy kon egter
nie op enige gemeenregtelike gesag wys wat
/steun ... 62) Holmes , aangehaal deur Amerasinghe, op.
cit
.
64.
steun vir die betoog bied nie, en na my mening toon twee oorwegings aan dat
dit nie houdbaar is nie. Eerstens is dit duidelik dat
'n
sine
liberis
-bepaling vermoed word selfs indien die aangewese
fideicommissarii
wel afstara-melinge van die testateur is. In sy bekende
advies ver-vat in D. 35.1.102 vermeld Papinianus juis 'n
geval waar-in
die
fideicommissarius
ook 'n afstammeling van die testa-teur is, nl 'n
testament waarin
'n
grootvader sy seun en sy kleinseun (die kind van 'n
ander seun) as erfgename aanwys en bepaal dat indien die kleinseun voor sy
dertigste
ver-jaarsdag sterf sy deel van die erfenis na sy oom moet gaan. Toe
die kleinseun binne die voorgeskrewe tydperk gesterf het maar
op sy beurt
kinders nagelaat het, het Papinianus geadviseer dat vanweë oorwegings van
grootvaderlike
pietas
die voorwaarde nie vervul is nie, aangesien die
testateur nie uitdruklik sy volle bedoeling in die testament weerge-gee het nie.
'
n
Sine liberis
-bepaling is dus in die tes-tament ingelees.
/Papinianus ...
65.
Papinianus se vertolking is later deur keiser-like dekreet
bekragtig en uitgebrei om ook van toepassing te wees indien die erfgenaam
nie
kinders nie maar wel ver-dere afstammelinge nalaat, asook indien die erfgenaam
nie 'n kind nie, maar 'n verder verwyderde af
stammeling van die testateur
is.
63)
In verband met die vermoede ten gunste van 'n
sine
liberis
-bepaling leer Voet 36.1.17 dan ook:
64)
"It makes no difference who has been summoned to the fidelcommissum, whether
a stranger, or on the other hand a blood-relation or
even a descendant of the
very person imposing the burden, but one who is collateral to the per-son
burdened, as when a grandfather
requests
a grandson to hand back the inheritance to his uncle."
Aangesien sodanige bepaling vermoed word selfs indien die
fideicommissarius
ook 'n afstammeling van die testateur is, sou dit
beslis vreemd wees indien volgens die gemene reg die verdere vermoede dat in
geval
/van
63)C 6.25.6 en 6.42.30.
64)Gane se vertaling, band 5, p 357.
66.
van 'n uitdruklike bepaling die
liberi
, synde
afstammelinge van die testateur, versweë aangewese
fideicommissarii
is, nie geld nie indien die uitdruklik benoemde fideikommissêre
bevoordeeldes ook afstammelinge van die testateur is. Ek kon
dan ook geen gesag
vind wat tot sodanige resultaat lei nie.
Voorts is daar geen rede waarom veronderstel
raoet
word dat die testateur die
liberi
wou bevoordeel slegs indien die
uitdruklik aangewese
fideicommissarii
nie ook in die direkte linie aan
hom verwant is nie. Ongetwyfeld koester so n testateur toegeneentheid ook
têenoor sodanige
fideicommissarii
("die gesubstitueerdes"); juis
daarom wys hy hulle as bevoordeeldes aan. Hul bevoordeling is egter steeds
voorwaardelik - hulle verkry
die goed slegs indien die eerste erfgenaam of
legataris sonder kinders (of verdere afstammelinge) sterf. Die testateur se
wel-willendheid
teenoor hulle is dus ook voorwaardelik begrens. By beantwoording
van die vraag of die
liberi
stilswyend
/aangewese ...
67.
aangewese
fideicommissarii
is, is die feit dat die
gesubsti-tueerdes ook afstammelinge van die testateur is dus van geen betekenis
nie. Juis omdat die eerste
bevoordeelde kinders nagelaat het, verdwyn die
gesubstitueerdes immers uit die prentjie.
Slotopmerkings
Opsommenderwyse is ek dus van mening dat in ons reg 'n
sine
liberis
-bepaling, gekoppel aan '
n
voorwaardelike
fideicommissum
, aanleiding gee tot 'n vermoede dat die tes-tateur die
liberi
stilswyend as fideikommissêre bevoor-deeldes aangewys het,
mits die
liberi
af stammelinge van die testateur is. Anders gestel
,
in geval van afstam-melinge is 'n
sine liberis
-bepaling in sigself 'n
indicium
van die testateur se bedoeling om die
liberi
te
bevoordeel. By ontstentenis van ander
indicia
word dus aanvaar dat hulle
bevoordeeldes is. Vanselfsprekend moet die vermoede eg-ter wyk indien die
testament as geheel aandui dat
die tes— tateur nie 'n
fideicommissum
tacitum
wou skep nie. Andersom
/kan ...
68.
kan
liberi
wat nie afstammelinge van die testateur is
nie, wel bevind word bevoordeeldes te wees indien die testament genoegsame
aanduidings
van '
n
dusdanige bedoeling bevat. En in hierdie verband
strook die volgende siening van Van . Bynkershoek (vry vertaal) met normale
menslike
er-
varing:
"Die erflater is vir [afstammelinge] liéwer as vir aanverwante en hy is
vir aanverwante liewer as vir buitestaanders."
Daar
is ook geen rede waarom die vermoede nie sal geld nie indien 'n
sine
liberis
-bepaling nie in 'n tes-tament voorkom nie maar wel as stilswyend
inbegrepe beskou moet word.
In casu
is die
liberi
wel afstammelinge van die testateur
(Strauss) en geld die vermoede dus wel in hulle guns. Die appellant se advokaat
het getrag om
aan te toon dat die testament andersduidende
indicia
bevat,
maar die betoog is so klaarblyklik ongegrond dat ek dit
/nie ....
55) Obs. 1979.
69.
nie nodig vind om dit te behandel nie. Inteendeel gaan ek akkoord met die
siening van die hof a
quo
dat daar in die testament juis 'n aanduiding is
dat Strauss die
liberi
wou bevoordeel. Dit is naamlik onwaarskynlik dat
Strauss sy kleinkinders (en verdere afstammelinge) sou aangewys het as moontlike
fideikommissêre bevoordeeldes ten aansien van die grond wat aan hulle oom
of tante be-maak is, maar nie betreffende die grond
wat aan hulle eie ouer
nagelaat is nie.
Die appellant het in twee hoedanighede ageer terwyl hy in sy hoedanigheid as
kurator van die boedel van die insolvent geen belang
by die uitslag van die
appèl gehad het nie. Aangesien die partye dit eens was dat, in geval
di
e
appèl sou misluk, onderstaande kostebevel gemaak moet word,
hoef daar egter nie verder op die aspek inge-gaan te word nie.
Dit is ten slotte nodig om iets te sê oor die optrede van die
kurator-
ad
-
litem
. Diegene wat hy moes
/verteenwoordig ..
70.
verteenwoordig het o a kinders wat die insolvent en sy seuns
nog mag verwek, ingesluit. Sodanige ongeborenes se belange was dus dieselfde
as
dié van die respondent in wie se guns die hof a
quo
uitspraak
gegee het. Nogtans het die kurator in 'n verslag wat hy by hierdie hof inge-dien
het argumente aangevoer waarom die appèl
moes slaag. Hy het gesê
dat argumente tot die teendeel volledig deur die respondent aangevoer is en dat
dit hierdie hof sou
baat indien hy 'n "meer objektiewe" standpunt inneem.
Hierdie houding was klaarblyklik strydig met sy pligte, want dit is nouliks
nodig om te sê dat 'n kurator-
ad
-
litem
se eie siening
ontersaaklik is en dat van hom verwag word om alle moontlike argumente ten
be-hoewe van die betrokke minderjariges
en ongeborenes aan
te voer; soveel te meer indien uitspraak reeds in hulle
guns gegee is.
66)
Die kurator is dan ook in kennis gestel dat by
/die ...
66) Vgl
E. p. Estate Ortlepp and Another
1966 (1) S A 809
(N) 812.
71
die verhoor van die appel redes aangetoon moes word waar-om nie beveel
sou word dat hy nie op enige fooie geregtig is nie. Dit het
meegebring dat hy in
'n verdere verslag 'n verduideliking vir sy optrede verskaf het en ook betoog
het dat die appel afgewys behoort
te word. Die essensie van sy verduideliking
was dat na sy aanvanklike mening die belange van diegene wat hy verteenwoordig
het ten
volle deur die respondent se betoog onderskraag is, en dat hy hom as
advokaat as't ware as '
n
amicus curiae
beskou het. Nieteenstaande
die kurator se aanvanklike ernstige pligs- versuim bestaan daar geen rede om sy
bona fides
in twyfel te trek nie, en aangesien hierdie hof nog nie
vantevore die pligte van 'n
kurator-ad-litem
uitgestippel het nie, is
besluit om geen spesiale bevel aangaande die fooie van die betrokke kurator te
maak nie.
Die appel word
afgewys met koste, insluitende die koste van twee
advokate. Die koste sal gesamentlik en afsonderlik verhaalbaar wees van die
insolvent
se boedel
/en ...
72
en die maatskappy in likwidasie, en wel as deel van die
koste van bereddering en likwidasie.
H.J.O. VAN HEERDEN AR
JACOBS AR
STEM SAAM
NICHOLAS WAR