About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1987
>>
[1987] ZASCA 124
|
|
S v Louw (134/87) [1987] ZASCA 124 (1 November 1987)
CHRISTINE FELICITY
LOUW
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
(
APPÉLAFDELING
) In die
saak tussen:
CHRISTINE FELICITY LOUW
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
Coram
: JACOBS, AR, BOSHOFF et STEYN, Wn ARR
Verhoor: 19 November 1987
UITSPRAAK
BOSHOFF, WnAR :
Die appellante is in die streekhof op
Tzaneen skuldig bevind op 18 aanklagte van diefstal
ten /2
-2-
ten opsigte van geld wat sy gesteel het van kliente
van 'n handelsbank op Hoedspruit terwyl sy gewerk het
as onderrekenmeester in die bank. Die totale bedrag
wat daarby betrokke is, is R66 992,65 en is gesteel
oor 'n tydperk van September 1983 tot Februarie 1985,
ongeveer 17 maande..
Sy het 'n vorige veroordeling ten opsigte van
9 aanklagte van diefstal vir geld wat sy in 1977 van
kliente van '
n
handelsbank op Warmbad gesteel het terwyl
sy as kassieré in die bank gewerk het. Die geld wat :daarby
betrokke was, was Rl 212,70. Die aanklagte is saam-
geneem vir doeleindes van vonnis en sy is gevonnis tot
6 maande gevangenisstraf wat vir 3 jaar voorwaardelik
opgeskort /3
-3-
opgeskort is.
Die streeklanddros het haar gevonnis tot 5 jaar
gevangenisstraf waarvan 2 jaar gevangenisstraf vir 5 jaar
opgeskort is op voorwaarde dat sy nie weer skuldig bevind
word aan diefstal of bedrog of enige poging tot sodanige
misdrywe gepleeg gedurende die tydperk van opskorting nie
'n Appèl na die Transvaalse Provinsiale Afdeling
het misluk maar die hof het die volgende opdrag by die
vonnis bygevoeg
"Die saak moet spesifieke aandag van die gevangenisowerheid geniet sodat die
psi-giaters kan vasstel of sy 'n persoon is volgens hulle
terminologie wat
vatbaar is
vir /4
-4-
vir rehabilitasie en dat sy dan sodanige behandeling gegee word of
gereël word dat sy dit kry wat die beste resultate moontlik
vir haar kan
bewerkstellig."
Die appellante is nou hier in hoer beroep teen
die
vonnis en die enigste grond waarop mnr
Van der Merwe
namens haar in enige mate kon steun is dat die verhoorhof
en die hof benede 'n mistasting begaan het deur met die
oplegging van die vonnis die volgende punte te onderbeklem-
toon:
"l Die aanbeveling van Dr Heystek, soos
in paragrawe G.1 en G.2 van sy verslag (bewysstuk B) vervat.
.2 Dat die Appellante intense berou ge-toon het.
.3 Dat die Appellante 'n sielkundige
probleem /5
-5-
probleem het en dat sy die nodige behandeling daarvoor ontvang.
4
Dat die Appellante haar
opregte voorneme uitgespreek het om nie weer '
n
betrekking te aanvaar
waar sy met ander mense se geld sal werk nie.
5
Dat die Appellante van meet af die polisie met die ondersoek van die
saak behulpsaam was.
6
Dat die Appellante haar
intense voorneme te kenne gegee het om die gesteelde geld aan die bank terug te
betaal."
Na aanhoor van die appel het die hof die
appel van
die hand gewys en onderneem om die redes
daarvoor in te handig. Die redes volg nou.
Die appellante was oorspronklik op 20 aanklagte
van diefstal aangekla. Met die verhoor van die saak
in /6
-6-
in die streekhof het die aanklaer aanklagte 14 en 15
teruggetrek en sy het toe skuldig gepleit op die oorbly-
wende aanklagte. Sy het 'n verklaring ingevolge art 112
van die Strafproseswet ingehandig waarin sy die volgende
verduideliking van haar optrede verstrek:
"1. Ek is die beskuldigde in bogenoemde saak.
2. Gedurende ongeveer 1981 het ek by die Standard
Bank te Hoedspruit begin
werk as Klerk en
is ongeveer gedurende Mei 1984 aangestel as Onder-rekenmeester.
3.
Gedurende die tydperk
September 1983 tot Februarie 1985, terwyl ek werksaam was by die Standard Bank
te Hoedspruit, het ek, sonder
dat ek daartoe geregtig was, geld ter waarde van
R66 992,65 gesteel.
4.
Die geld was die
eiendcm van die verskeie persone gemeld in die klagstate en het die persone
almal rekeninge gehad by die Standard
Bank te
Hoedspruit.
5.
Ek het die volle beheer gehad
van my man,
Daniel /7
-7-
Daniel Jacobus Louw, se tjekboekrekening by die
Standard Bank te Hoedspruit en het ek ook die
tjekboek en maandstate by die Bank gehou.
6.
AD KLAGTES 1 en 12
Die persone gemeld in die klagstate het die
bedrae daarin vermeld aan my oorhandig vir
inbetaling op hulle onderskeie Plus-Plan-
rekenings. Ek het die besonderhede van
die transaksie ingevul op die betrokkene se
Plus-Planspaarboekie sonder om '
n
ooreenstem-
mende inbetaalstrokie uit te maak. Ek het
toe die geld gevat en direk inbetaal op my
man se rekening
cm
van tyd tot tyd tjeks
daarteen uit te skryf en klein te maak. 7.
AD KL
AG
TES 2, 3, 4,
5, 6, 7, 8, 9, 10, 11,
13, 16, 17, 19 en 20
In al hierdie gevalle het ek onttrekkings gedoen
uit die betrokkenes, na verwys in die klagstate,
se rekeninge deur die onttrekkingstrokies te
voltooi en die geld direk te krediteer op my
man se rekening waarteen ek bank tjeks uitge-
skryf en kleingemaak het.
9.
AD KL
AGTE 18
In hierdie geval het die betrokkene, vermeld
in die klagstaat, 'n tjek vir die bedrag van
R3
000,00 aan
haar uitgemaak deur
STANNIC
aan /8
-8-
aan my oorhandig vir inbetaling op haar Plus-Planrekening en het ek, nadat ek
die transaksie in haar Plus-Planspaarboekie aangeteken
het, dit direk inbetaal
op my man se rekening waarteen ek tjeksuitgeskryf en kleingemaak het.
10. Ek het ten opsigte van al die voorgaande
transaksies besef dat ek verkeerd doen en dat ek uitgevang kon word maar kon
myself daarvan nie weerhou nie.
11. Indien die Bestuurder en die Rekenmeester behoorlike kontrole uitgeoefen
het oor die daaglikse transaksies van die Bank sou hulle
dadelik agtergekom het
dat ek die ongeoorloofde onttrekkings gemaak het uit die betrokkenes se
rekeninge en sou hierdie situasie
nie ont-staan het dat ek in staat was om dit
te doen oor 'n tydperk van ongeveer agtien maande nie.
12. Ek besef dat ek 'n sielkundige probleem het wat daartoe aanleiding gegee
het dat ek die geld gesteel het en het ek reeds sielkundige
be-handeling gaan
aanvra by dr. J. Heystek te Pietersburg. "
Dit blyk uit die getuienis dat sy wel by
Dr /9
-9-
Dr Heystek was. Hy is '
n
kliniese sielkundige op
Pietersburg en het 'n verslag oor haar uitgebring. Die
verslag is duidelik bedoel om 'n tydelike een te wees en
Dr Heystek gee daarin te kenne dat hy 'n finale opinie
kan gee "slegs by die beskikbaarstelling, aanhoor en inag-
neming van alle feitelike en tersaaklike gegewens."
Volgens die appellante het hy haar nooit gesê wat sy
vindings was nie. Volgens Dr Heystek se veslag dwing
die geheelbeeld van die appellante se persoonlikheids-
funksionering en haar gedragshandeling tot 'n psigodiagnose
van Kleptomanie. By die verhoor in die streekhof het
die appellante se prokureur en die staatsaanklaer nie
hierdie diagnose as korrek aanvaar nie vir die eenvoudige
rede /10
-10-
rede dat die appellante oor 'n tydperk van sowat 17 maande
groot bedrae geld periodiek op 'n berekende manier gesteel
het van uitgesoekte persone wat nie nougeset en versigtig
omtrent hulle geldsake is nie
Daar was geen aanneembare getuienis voor die hof
van enige sielkundige probleme wat die appellante sou
gehad het nie behalwe dat sy geneig is om te steel wat
ook geblyk het uit die vorige veroordeling en die feite
van die onderhawige saak. Dr Heystek verwys verder
slegs na 'n emosionele probleem wat sy gehad het. Hoe
dit ook mag wees, die hof benede het 'n opdrag tot die
vonnis wat opgelê is, bygevoeg om te verseker dat die
appellante in die gevangenis die nodige psigiatriese
aandag /11
-11-
aandag kry
Die appellante het getuig dat sy ontsettend
spyt is
oor wat sy gedoen het en dat sy haar nie weer in
posisie sal plaas om dit weer te kan doen nie.
Sy het oor 'n tydperk van sowat 17 maande R66 992,65
gesteel en wat opvallend is, is dat sy op 12 Januarie 1985
R9 000 {klagte 19) en op 16 Pebruarie 1985 R4 000 (klagte
20), '
n
totaal van R13 000, gesteel het waarvoor sy nie
behoorlik verantwoording kon doen toe die saak teen
die einde van Februarie 19 85 onder die aandag van die
polisie gekom het nie. Al wat sy bereid was om te erken
is dat sy dit op rokke, en allerhande bogterye en snuis-
terye /12
-12-
terye uitgegee het. Dit is klaarblyklik nie die waarheid
nie want sy kan nie, benewens die R53 992 wat sy toe reeds
al gesteel het, nog vanaf 12 Januarie tot einde Februarie
1985 Rl3 000 spandeer het waarvoor sy eintlik niks kon
wys nie. Sy was duidelik nie bereid om te openbaar
wat van die geld geword het nie. Haar intense voorneme
om die gesteelde geld aan die bank terug te betaal kan
onder die omstandighede sekerlik nie eg wees nie want
sy is klaarblyklik nie bereid om enige van die gesteelde
geld wat nog nie spandeer was,terug te betaal nie. Die
saak het onder die aandag van die polisie gekom op die
uiterste 14 dae nadat sy die R4 000 gesteel het
Die feit dat sy die polisie met die saak
behulpsaam /13
-13-
behulpsaam was, kan ook nie onder die omstandighede 'n
te belangrike oorweging wees nie want uit die aard van
die saak moes die polisie 'n baie - sterk saak teen haar
gehad het vanweë die groot bedrae wat elke keer gesteel
is ten opsigte waarvan daar bewyse moes gewees het dat
die appellante op een of ander manier met die bedrae
iets te doen gehad het.
Nadat mnr
Van der
Merwe
na die beste
van sy
vermoë probeer het om sy aanval teen die vonnis op die
voornoemde
gronde te steun,
moes
hy in die lig
van
die
voorgaande feite sy saak ruiterlik gewonne gee.
Die /14
-14-
Die appel is toe van die hand gewys.
Waarnemende Appelregter
Ek stem saam
Ek stem saam