About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1987
>>
[1987] ZASCA 122
|
|
S v Laubscher (483/85) [1987] ZASCA 122; [1988] 1 All SA 378 (A) (30 September 1987)
Saaknommer: 483/85
WHN
STUART BOBBY LAUBSCHER Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
JOUBERT, AR.
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPÉLAFDELING
Insake die appel van:
STUART BOBBY LAUBSCHER
Appellant
en
DIE STAAT Respondent
Coram: JOUBERT, BOTHA et NESTADT ARR
Verhoor:
17 September 1987
Gelewer: 30 September 1987
JOUBERT
, AR. :
/Op
2
Op 10 Junie 1985 is die appellant in die Queens= town Rondgaande
Plaaslike Afdelíng aangekla van raoord op sy skoonvader Petrus
Hendrik
van Rooyen wat hy op Maandag 9 Julie 1984 op die plaas Witfontein in die distrik
van Woodhouse vermoor het (aanklag 1). Hy
is ook daarvan aangekla dat hy op
dieselfde tyd en plek gepoog het om sy skoonmoeder Maria Elizabeth van Rooyen,
sy skoonsuster Maria
Elizabeth van Rooyen, sy eggenote Anna Cecilia Laubscher
(gebore van Rooyen) en sy seun Stuart Adolf Laubscher te vermoor (aanklagte
2,3,4 en 5 respektiewelik). Hy is verhoor deur JENNETT R en twee assessore. Hy
het onskuldig gepleit op al die
/aanklagte....
3
aanklagte. Op 30 Julie 1985 is hy op aanklag 1 skuldig bevind aan moord
met versagtende omstandighede. Hy is ook skuldig bevind op
aanklagte 2,3,4 en
5,. Op 31 Julie 1985 is hy op aanklag 1 'n vonnis van 6 jaar gevangenisstraf
opgelê. Aanklagte 2,3,4 en
5 is saamgevat vir doeleindes van vonnis en
daarop is hy 4 jaar gevangenisstraf opgelê wat met die vonnis van 6 jaar
op aanklag
1 saamloop. Met verlof van die Verhoorregter kom hy tans in hoër
beroep na hierdie Hof teen sy skuldigbevindings en vonnisse.
By die aanvang van die verhoor het die appellant die aard van sy verweer in
die pleitverduideliking
/volgens
4
volgens art 115 van die Strafproseswet No 51 van 1977 soos volg uiteengesit
:
"2. Dit is die grondslag van my verweer
tot al die ten laste gelegde misdrywe dat gedurende die tydperk wat die be=
weerde misdrywe gepleeg sou gewees het, ek nie willekeurig
gehandel het nie en
derhalwe nie strafregtelik toerekenbaar was nie.
3. My gesegde ontoerekeningsvatbaarheid was tydelik van aard en is nie aan
enige permanente of tydelike geestes= ongesteldheid of-
gebrek (soos in artikels
77
en 78 van die Strafproses= wet bedoel) toe te skryf nie."
Die appellant het derhalwe sy tydelike ontoerekeningsvat= baarheid ten tyde
van die pleeg van die beweerde misdade in geskil geplaas.
Tydens die verhoor het
dit uit die
/psigiatrise ....
5
psigiatriese en klinies-sielkundige getuienis duidelik geword
dat sy verweer van tydelike ontoerekeningsvat= baarheid toegeskryf moes
word aan
totale sielkundige ineenstorting of persoonlikheidsdisintegrasie of geestelike
verbrokkeling van 'n
tydelike
aard (
wat nie aan 'n
geestesongesteldhei
d of 'n
geestesgebrek toe te skryf is nie
) sodat
hy onbewustelik en/of sonder wilsbeheer gehandel het. Dit draai dus om die
appellant se geestesvermoë o£ geestestoestand
ten tyde van die pleeg
van die beweerde misdade.
Dit is doenlik om kortliks te let op die plek van die appellant se verweer in
ons strafreg. Om
/strafregtelik ..
6
strafregtelik aanspreeklik te wees, moet 'n dader o.a ten tyde van die
pleeg van die beweerde misdaad toe= rekeningsvatbaar wees.
Toerekeningsvatbaarheid is derhalwe 'n voorvereiste vir strafregtelike
aanspreek= likheid. Die leerstuk van toerekeningsvatbaarheid
is 'n selfstandige
onderafdeling van die skuldleer, volgens de Wet en Swanepoel, Strafreg, 4 e
uitgawe p 110. Om toerekeningsvatbaar
te wees, moet'n dader se
geestesvermoëns of psigiese gesteldheid sodanig wees dat hy regtens vir sy
gedrag geblameer kan word.
Die erkende psigologiese kenmerke van
toerekeningsvatbaarheid
is :
/1. Die ..
7
1.Die vermoë om tussen reg en verkeerd te onderskei.
Die dader het die
onderskeidingsvermoë
om die regmatig= heid of
onregmatigheid van sy handeling in te sien. Met ander woorde, hy het die
vermoë om te besef dat
hy wederregtelik optree.
2.Die vermoë om ooreenkomstig daardie onderskeidingsvermoë
te handel deurdat hy die
weerstandskrag
(wilsbeheervermoë)het om
die ver=
soeking om wederregtelik te handel, te weerstaan. Met ander woorde, hy het
die vermoë tot vrye keuse om reg= matig of onregmatig
te handel, onderworpe
aan sy wil. Ontbreek een van hierdie twee psigologiese kenmerke dan is die dader
ontoerekeningsvatbaar
, bv. waar hy nie die
/onderskeidingsvermoë.......
8
onderskeidingsvermoë het om die
ongeoorloofheid van sy handeling te besef nie. Insgelyks is die dader ten spyte
daarvan dat hy
wel die onderskeidingsvermoë het tog ontoerekeningsvatbaar
waar sy geestesvermoë sodanig is dat hy nie die weerstandskrag
het nie.
Raadpleeg dr D Wiersma , Over Toekeningsvatbaarheid, 1932, p 29-32; Snyman,
Strafreg, 2 e uitgawe, p 172 -175;
S v Campher
, 1987(1) SA 940 (A) op p
955 E-F, 956 A-B. In art 78(1) van die Strafproseswet No 51 van 1977 reël
die wetgewer ontoerekeningsvatbaarheid
soos volg:
/"Iemand
9
"Iemand wat 'n handeling verrig wat 'n misdryf uitmaak en wat ten tyde van so
'n verrigting aan 'n
geestesongesteldheid-
of
geestesgebrek
ly wat
tot gevolg het dát hy nie oor die vermoë beskik -
(a)
om die ongeoorloofdheid van
sy handeling te besef nie; of
(b)
om
ooreenkomstig 'n besef van die ongeoorloofdheid van sy handeling op te tree
nie,
is nie vir so 'n handeling strafregtelik
toerekenbaar nie."
(My onderstreping).
Die twee kriteria wat die wetgewer in art 78(1) (a) en (b) in die alternatief
stel, is onderskeidingsvermoë en weerstandskrag
waar die betrokke persoon
aan 'n geestesongesteldheid of geestesgebrek ly ten tyde van die verrigting van
die betrokke handeling.
/Weliswaar .....
10
Weliswaar gee Wet No 51 van 1977 geen omskrywing van die
begrippe
"
geestesongesteldheid" of
"
geestesgebrek" nie
maar dit word in die regspraak aanvaar dat dit op 'n sieklike of patologiese
versteuring van die geestes= vermoens
betrekking het wat van 'n permanente of
tydelike aard.kan wees. Raadpleeg
S v Mahlinza
, 1967(1) SA 408 (A) op p
417 D-E,
S v Campher
,
supra
'p 954 C-F, p 965 D-F, Snyman
op
cit
. p 171. Ons kan dit gerieflikheidshalwe
statutêre
ontoerekeningsvatbaarheid noem.
Afgesien van statutêre ontoe rekenings=
vatbaarheid kan 'n mens ook nie-patologiese ontoerekenings= vatbaarheid van
'n tydelike aard ten tyde van die pleeg van
/die
11
die misdaad kry wat aan 'n nie-patologiese toestand, d.w.s.
nie aan 'n geestesongesteldheid of geestesgebrek in die vorm van 'n patologiese
versteuring van sy geestes= vermoëns toe te skryf is nie, te wyte sodat hy
nie die onderskeidingsvermoë óf die weerstandskrag
(wils=
beheervermoë)gehad het nie. Vir doeleindes van hierdie appèl is dit
nie nodig om die vorme wat 'n nie-patologiese
toestand kan aanneem, te omskryf
nie. Dit is ook nie nodig vir doeleindes van hierdie appèl om te beslis
of 'n verweer, soos
die appellant s'n, wat op nie-patologiese
ontoerekeningsvatbaarheid gebaseer
is uit hoofde van 'n totale persoonlikheidsdisintegrasie van 'n tydelike aard
'n geldige verweer is nie. In die
onderhawige geval het die appellant se verweer van
/totale
12
totale sielkundige of
persoonlikheidsdisintegrasie van 'n tydelike aard tydens die pleeg van die
beweerde mis= dade op 'n nie-patologiese
toestand betrekking sodat dit op
nie-patologiese ontoerekeningsvatbaarheid slaan. Slaag 'n verweer van
nie-patologiese ontoerekeningsvatbaarheid
word daar betoog dat die beskuldigde
nie strafregtelik aanspreeklik is nie en dat hy nie aan die beweerde mis= daad
skuldig bevind
kan word nie. Hy moet dan on= skuldig bevind word, aldus die
betoog, en kan nie tot Presidentspasieiit verklaar word nie omdat hy
nie aan 'n
geestesongesteldheid of geestesgebrek van 'n patologiese aard ly nie.
/Die
13
Die wetgewer hou in art 78(7) ook rekening met verminderde
toerekeningsvatbaarheid waar 'n dader bevind word om ten tyde van die pleeg
van
die misdaad wel strafregtelik toerekeningsvatbaar te wees maar sy
onderskeidingsvermoë of weerstandskrag (wilsbeheervermoë)
was
vanweë 'n patologiese versteuring verminder. Dit speel geen rol by die
strafregtelike aanspreeklikheid nie maar dit kan
wel by vonnisoplegging in
aanmerking geneem word. Sien Snyman
op.cit
.
,
p 178. Ons kan dit
gerieflikheidshalwe
statutêre
verminderde toe= rekeningsvatbaarheid
noem. Want dit is ook moontlik om nie-patologiese verminderde
toerekeningsvatbaarheid
/te
14
te kry wat weens 'n nie-patologiese toestand die
dader se onderskeidingsvermoë of weerstandskrag
wilsbeheervermoë) ten tyde van die pleeg van die
misdaad verminder het.
Die appellant was 23 jaar oud toe
hy die misdade gepleeg het waaraan hy skuldig bevind
is. Hy was 'n 4e jaar
mediese student te
Bloemfontein. Volgens die onbetwiste en
aanvaarde getuienis is sy intelligensie
/geniaal
15
geniaal, hy is beleefd, hy is 'n introvert en hy is emosioneel
baie sensitief. Hy is baie kwesbaar vir spanning. Trouens sy
spanningsverdraagsaamheids=
drempel is laag. Dit is veral op die gebied van
interpersoonlike verhoudings dat hy 'n ondoeltreffende vermoë het om
spanning
te hanteer. Volgens die psigometriese toetse wat prof. Weyers, 'n
sielkundige van Bloemfontein, op hom gedoen het, het die appellant
'n
afwesigheid van gewelddadige neigings. Aan die einde van die verhoorverrigtinge
het die twee psigiaters drs Zabow en Marais, wat
vir die Staat en die
verdediging respektiewelik getuig het, 'n verslag uitgebring in
/terme ....
16
terme van art 7 8 (4)(d ) waarvolgens hulle bevind het dat die
appellant ten tyde van die pleeg van die misdade nie aan 'n geestesongesteldheid
of 'n geestesgebrek gely het nie. Die effek van hierdie verslag is dat die
appellant se onderskeidingsvermoë of weerstandskrag
(wilsbeheervermoë)
ten tyde van die pleeg van die misdade nie deur 'n patologiese versteuring
aangetas is nie. Daar was derhalwe
van
statutêre
ontoe=
rekeningsvatbaarheid geen sprake nie.
Die appellant en sy toekomstige eggenote (hierna Cecilia genoem) het 'n baie
intieme verhouding met mekaar gehad terwyl sy in Bloemfontein
gewerk het.
/sy
17
Op 20 Maart 1982 is die appellant en Cecilia met mekaar in
'n
kerk in Bloemfontein getroud maar haar vader wou haar nie na die
preekstoel neem nie omdat sy nie meer 'n maagd was nie. Finansieel
het dit bra
moeilik met die jong egpaar gegaan deurdat die appellant nog studeer het.Sy
skoonouers het R80 per maand tot die huur
van hul woonstel bygedra. Dit het vir
hulle -veral die skoonmoeder - die geleentheid gebied om hulle met die appellant
se huwelik
in te meng. Die ver= houding tussen die appellant en sy skoonouers
was
/volgens ....
18
volgens die aanvaarde getuienis beslis nie hartlik en gelukkig nie. Die
skoonouers was kil en afsydig teenoor die appellant. Hy was
selfs bang vir die
oorledene. Hierdie toedrag van sake het geensins verbeter na die geboorte van
die appellant se seun op 24 Oktober
1982 nie. Die appellant het begin om swak
met sy studies te vaar. Gedurende Februarie 1983 het sy skoonouers vir Cecilia
en die kind
kom haal en plaas toe geneem wat 17 km vanaf Dordrecht is. Hulle het
reëlings getref om die kind te doop sonder om die appellant
daarin te ken.
Cecilia het daarna nie na die appellant teruggekeer nie. Sy het op 31 Maart
1983
/meerderjarig ....
19
meerderjarig geword. Sy het daartoe oorgegaan om 'n
egskeidingsaksie teen die appellant aanhangig te maak. Omstreeks April 1984 het
Cecilia begin om vir die munisipaliteit te Dordrecht te werk terwyl sy by haar
ouers op die plaas woon. Ten einde hul verhouding
op te bou en die kind te sien,
het die appellant begin om haar by haar werk te besoek. Die appellant was egter
ontsteld toe hy bemerk
dat die kind van hom ver= vreemd geraak het. Hy het
gevoel dat die oorledene hom as 'n vadersfiguur verdring.
Vrydag 6 Julie 1984 het die appellant vanaf Oos-Londen telefonies met Cecilia
gereël om haar en
/hul.....
20
hul kind te kom haal om vir die naweek by sy ouers in
Graaff-Reinet te kuier. Sy het ingewillig. Toe
die appellant egter teen skemer die plaas besoek, wou
Cecilia hom nie sien of te woord staan nie. Sy het
van gedagte verander en wou nie meer met hom saamgaan
nie. Haar houding is aan die appellant deur sy
skoonmoeder oorgedra. Laasgenoemde het hom wel toe=
gelaat om die slapende kind in sy bedjie te sien.
Sy het egter die appellant meegedeel dat dit beter
sou wees dat die egskeiding afgehandel word sodat vaste
tye gereël kon word vir hom om die kind te sien. Die
appellant het vertrek en in '
n
hotel te Dordrecht oornag
/Hy.....
21
Hy het daar 'n gesprek gevoer met mev Pieterse, die
vrou van die hotelbestuurder, oor mediese aangeleent=
hede.
Saterdag 7 Julie 1984 het die appellant vanaf
die polisiestasie te Dordrecht die oorledene gebel om
die kind te kom haal. Die oorledene het hom meegedeel
om Maandag te kom. Die appellant het dr Christiane
gaan sien om te verneem of hy nie 'n deel van sy praktiese
opleiding by hom kon doen nie. Dr Christiane het egter
geweier. Die appellant het toe na Graaff-Reinet ver=
trek, 'n afstand van ongeveer 370 na 390 km vanaf
Dordrecht.
/Dit....
22
Dit is onseker of die appellant en Cecilia met mekaar
telefonies in verbinding gedurende Sondag 8 Julie 1984 was.
Maandagoggend 9 Julie 1984 het die appellant vir Cecilia vanaf Graaff-Reinet
gebel. Hulle het afgespreek dat hy haar en die kind om
6 nm op die plaas sou
kry. Daardie middag het Cecilia en haar ouers hul prokureur te Aliwal-Noord gaan
spreek waar Cecilia die advies
gekry het dat sy nie saam met die appellant hoef
te gaan nie en dat die kind haar sorg nodig het. Toe die appellant van
Graaff-Reinet
vertrek, het hy sy 7,65 mm pistool gehad met 'n pakkie van 24
patrone. Hy het die
/magasyn....
23
magasyn vir 9 patrone gelaai met 1 patroon in die vuurkamer
van die pistool. Hy het die vuurwapen vir sy eie veiligheid geneem omdat
hy
alleen ry. Hy is 'n bedrewe skut wat dikwels skyfskiet. Toe die appellant na 6
nm die plaas aandoen, het Cecilia in die teenwoordigheid
van haar ouers hom
meegedeel dat sy nie bereid was om saam met hom te gaan nie. Die appellant wou
toe die kind neem volgens sy regs=
advies maar sy skoonmoeder het daarop gewys
dat volgens regsadvies wat hulle bekom het, hy die kind nie kon neem
nie.
Die oorledene het d
ie
appellant gevra om die huis te verlaat. Die
appellant is toe weg sonder
/om
24
om 'n woord te sê. Hy is weer na dieselfde
hotel te Dordrecht. Volgens mev Pieterse het dit gelyk of die appellant haar nie
ken nie. Die appellant was ont= settend bleek en sy gesigsuitdrukking was baie
strak gewees Hy het sy van en ander woorde verkeerd
in die hotelregister gespel.
Hy het nie daar geeet nie. Dit blyk dat hy twee dubbel sopies rum en een Coke
koeldrank bestel het.
Die appellant het omstreeks 7.30 nm teruggekeer na die woonplaas van sy
skoonouers. Hy het aan die voordeur geklop en op 'n vraag
van sy skoonmoeder
gesê dat hy sy kind kom haal. Sy het geantwoord dat sy hom nie die kind
kon gee nie omdat dit sy moeder
se
sorg nodig het. Die appellant het as gevolg van
/sy ....
24
om 'n woord te sê. Hy is weer na dieselfde hotel te
Dordrecht. Volgens mev Pieterse het dit gelyk of die appellant haar nie
ken nie.
Die appellant was ont= settend bleek en sy gesigsuitdrukking was baie strak
gewees Hy het sy van en ander woorde verkeerd
in die hotelregister gespel. Hy
het nie daar geëet nie. Dit blyk dat hy twee dubbel sopies rum en een Coke
koeldrank bestël
het.
Die appellant het omstreeks 7.30 nm teruggekeer na die woonplaas van sy
skoonouers. Hy het aan die voordeur geklop en op 'n vraag
van sy skoonmoeder
gesê dat hy sy kind kom haal. Sy het geantwoord dat sy hom nie die kind
kon gee nie omdat dit sy moeder
se
sorg nodig het. Die appellant het as gevolg van
/sy ....
25
sy geheueverlies geen duidelike herinnering van die gebeure
wat
gevolg het nadat hy by die voordeur was.nie. Hy kan derhalwe geen lig werp op
die tragiese gebeure wat toe gevolg het nie.
Op daardie stadium het die ligte gebrand in slaapkamers 1, 3 en 4 asook in
die badkamers, die stort, die gang en die eetkamer maar
nie in die studeerkamer
nie. Die ligging van hierdie vertrekke kan gesien word op die plan van die
woonhuis (Bewysstuk A). Die gordyne
van die slaapkamers was toegetrek. Die
appellant was vertroud met die ligging van die woonhuis se ver= trekke. Die
oorledene was
op daardie stadium in
/slaapkamer ...
26
slaapkamer 4. Die appellant het na slaapkamer 1 gegaan waar
Cecilia en die kind gewoonlik geslaap het. Hy het die glas van die vensters
gebreek en vermoedelik daar sy regterduim beseer. Hy het egter vir 'n on=
verklaarbare rede nie slaapkamer 1 betree nie - iets wat
hy maklik kon gedoen
het indien hy wou. Die appellant het toe begin om in die vertrekke te skiet wat
met kort tussenposes opgehou
het. Drie skote het die oorledene van voor getref.
Die appellant het geskree
"
Gee my kind".Om tyd te wen, het sy skoon=
moeder teruggeskree
"
Ons sal jou kind vir jou gee". Sy reaksie was
"Gee my kind, ek gee nie om wie ek
/nog
27
nog doodskiet nie". Die polisie is gebel en die
ligte in die huis is afgesit. Cecilia was in die badkamer en mej van Rooyen het
met
die kind in die stort geskuil. Daar was nog skietery. Later is in bloedmerk
op die kombuisdeur se handvatsel gevind. Waarom die appellant
toegang tot die
woonhuis deur die kombuis you kry, is nie verklaarbaar nie. Altesaam het die
appellant 21 skote op die woonhuis afgevuur.
Die appellant het in sy motorkar
geklim en weggery. Op weg na die hoofpad het die polisie met die vangwa die
woonhuis
/genader...
28
genader met sy blou flikkerlig. Die appellant se motorkar het
teen 'n hoë spoed genader, om die
vangwa
gery, en voort beweeg na
die grootpad. Die vangwa het omgedraai en hom agtervolg. Die appellant se
motorkar het egter oor die grootpad
geskiet en deur 'n draadheining gebars waar
dit tot stilstand gekom het. Toe die vangwa agter sy motorkar stilhou, het die
appellant
die vangwa met sy hande in die lug genader. Die appellant het gevra
dat hulle hom nie moes seermaak nie. Op
'n
vraag waar sy vuurwapen is,
het die appellant geantwoord voor in sy motorkar in sy baadjie toegedraai. Dit
is inderdaad daar gevind
/Die
29
Die appellant is om 8.10 nm gearresteer. Die
vang-wa is toe na die plaaswoning geneem. Daar het die appellant agter in die
vangwa
gevomeer. Hy is toe deur die polisie na die ongevalle afdeling van die
hospitaal te Dordrecht geneem.
Dr Susanna Christiane het as distriksgeneesheer die appellant vanaf 10 nm tot
11 nm in die Dordrecht Hospitaal ondersoek. Sy het sy
regterduim se wond geheg.
Volgens haar was die appellant baie swak en kon hy nie sonder hulp staan nie. Hy
was bleek en het tekens
van skok gehad. Sy oriëntering van tyd en plek was
sleg. Sy geheue was verward, sy gedrag parmantig. Hy was spraaksaam, half
senuweeagtig
/en
30 en hy was verder traak-my-nie-agtig. Hy het glad
nie na alkohol geruik nie. Volgens haar was dit onwaarskynlik dat hy onder
die invloed van drank was. (Ek mag net tussen hakies vermeld
dat die uitslag van
sy bloed/alkohol toets was 0,18% d.w.s. 0,18g alkohol per 100 ml bloed) . Sy het
'n voorlopige diagnose van
"
total psýchological
disintegration" gemaak. Tydens die ondersoek het haar eggenoot dr Christiane
binnegekom. Die appellant
moes hom erken het want hy het vir laasgenoemde
gesê
"
jy is die man wat nie vir my wil werk gee nie" en
bygevoeg
"
nou het ek my fokken loopbaan opgemors".
Die oggend van Dinsdag 10 Julie 1984 was die appellant in die hospitaal
slaperig toe dr Susanna Christiane hom wakker
/gemaak
31
gemaak het. Sy het hom gevra of hy weet wat hy gedoen het. Hy
het ontkennend geantwoord. Sy het hom meegedeel dat hy sy skoonvader
geskiet
het.Hy het dit hewig ontken en begin om te huil. Hy het gesê dat hy sy
hele loopbaan opgemors het Sy het die appellant
se geval telefonies met
psigiater dr Russell bespreek. Die appellant was uitgeput vir welke toestand hy
behandel is totdat hy op
11 julie 1984 ontslaan is.
Dit is gemene saak dat die oorledene die aand van 9 Julie 1984 dood is as
gevolg van die drie skiet= wonde in sy buik met massiewe
bloeding. Volgens
/die....
32
die forensiese verslag is aanduidings van 'n vuurwapen se
ontstekingsresidu op die linkerhand van die appellant gevind.
Die vraag is
wat die toestand van die appellant se geestesvermoë ten tyde van die pleeg
van die beweerde misdade was. Het hy
'n totale sielkundige ineenstorting of
persoonlikheidsdisintegrasié van 'n tydelike aard ondergaan sodat hy
onwillekeurig
opgetree het omdat hy nie weerstandskrag (wilsbeheervermoë)
gehad het nie ? M.a.w. het hy sonder wilsbeheer ten tyde van die
pleeg van die
beweerde misdade gehandel ?
/Adv.....
33
Adv
. Erasmus het namens die appellant betoog
dat die Verhoorhof versuim het
om
die deskundige
getuienis van dr Zabow, dr Marais en prof Weyers be=
hoorlik te evalueer. Sodoende het die Verhoorhof
in effek hul getuienis sonder aangifte van redes
verwerp
Laat ons nou op die strekking van die drie
deskundiges se getuienis let wat dit met mekaar eens
was dat totale
persoonlikheidsdisintegrasië neerkom
op 'n toestand "involving
continuous uncontrolled violence,
apathy or eventual death". Gewoonlik kom
net een
van
hierdie eienskappe voor wanneer totale
persoonlikheids=
disintegrasie van 'n indiwidu onder uitermatige stres
/plaasvind
34
plaasvind. Hulle was dit verder eens dat
kontinuum 'n vlak is vanaf waar 'n indiwidu ten vol le bewus is wat aangaan
totdat hy onbewus
ís van wat om hom aangaan deurdat totale
persoonlikheidsdisintegrasie bereik word terwyl daar verskeie pieke op hierdie
kontinuum
kan wees. Dit kom neer op 'n kwessie van graad totdat totale
persoonlikheidsdisintegrasie bereik word. Volgens dr Zabow het die appellant
in
die omstandighede van die onderhawige geval nie totale
persoonlikheidsdisintegrasie bereik nie. Volgens hom was die appellant
nie
ontoe= rekeningsvatbaar nie maar verminderd toerekeningsvatbaar. Prof Weyers kon
nie sê dat definitiewe totale persoonlik=
/heids
35
heidsdisintegrasie plaasgevind het nie maar hy vermoed dit
{Band 5 p 511). Hy meen dat die appellant die stadium van "stupor" in die
vangwa
bereik het (Band 5 p 532). Volgens dr Marais het die appellant die aand by die
voordeur van die woonhuis reeds totale persoonlikheidsdisintegrasie
bereik (Band
6 pp 583, 587, 591, 597, 603) wat voortgeduur het totdat hy die hospitaal
verlaat het en sy herstelproses geleidelik
begin het (Band 6 p 587-588). Volgens
hom was die appellant dan die betrokke aand ontoerekeningsvatbaar weens totale
persoonlikheidsdisintegrasie.
Dit moet in gedagte gehou word dat psigiatriese
/getuienis ...
36
getuienis oor
'n
beskuldigde se geestesongesteldheid
of
geestesgebrek in die vorm van 'n patologiese versteuring
ten tyde van die pleeg van 'n misdaad waar dit handel oor
statutêre
ontoerekeningsvatbaarheíd 'n
onmisbare
funksie
vervul om 'n hof behulpsaam te wees met sy beslissing waar
paneel van psigiaters 'n ondersoek ingevolge art 79 gedoen
het en 'n verslag ingevolge art 79(4)(d) uitgebring het. Art
78(3) magtig die hof waar sodanige bevinding eenparig is
en nie bestry word nie om die aangeleentheid aan die hand
van die verslag sonder die aanhoor van verdere getuienis
te beslis. In so 'n geval laat 'n hof hom lei deur die
eenparige bevinding van die paneel van psigiaters.
/Dog....
37
Dog waar die bevinding nie eenparig is nie, of waar dit bestry
word, moet die hof ingevolge art 78(4) die aangeleentheid na die aanhoor
van
getuienís beslis. In so 'n geval is dit wenslik om rekening te hou met
die volgende
dictum
van OGILVIE THOMPSON AR in
R v Harris
, 1965(2)
SA 340 (A) op p 365 B-C :
„- - - it must be borne in mind that - - -in the ultimate analysis, the
crucial issue of appellant's criminal responsibility
for his actions at the
relevant time is a matter to be determined, not by the psychiatrists
,
but
by the Court itself. In determining that issue the Court - initially the trial
Court; and, on appeal, this Court - must of necessity
have regard not only to
the expert medical evidence but also to all the other facts of the case,
including the
/reliability ..
38
reliability of appellant as a witness and the
nature of his proved actions through= out the relevant period."
Hierdie
dictum
is ook in die onderhawige geval toepas= lik waar dit
handel oor die vraag of die appellant ten tyde van die pleeg van die beweerde
misdade tydelik nie-patologies ontoerekeningsvatbaar was. Aangësien dit
hier oor 'n nie-patologiese toestand van die appellant
ten tyde van die pleeg
van die beweerde misdade handel, het die psigiatriese en psigologiese getuienis
nie so '
n
onmisbare funksie vervul nie omdat die Verhoorhof aan die hand
van die aanvaarde feite self in staat was om die omskrywing van die
/begrip
39
begrip totale persoonlikheidsdisintegrasie daarop toe te pas
en dan tot 'n bevinding te raak of die appellant nie-patologies
ontoerekeningsvatbaar
of slegs nie-patologies verminderd toerekeningsvatbaar
was. Die Verhoorhof het laasgenoemde bevind deur na die objek-tiewe beeld
van
die aanvaarde feite te kyk met spesiale verwysing na die volgende nege faktore
wat te same geneem is :
„{1) That the accused specifically went to the room in which he knew that
the child was likely to be
found.
(2)
That he
broke the window there.
(3) That he shot the deceased three times there, not just once but three
times
/(4) That
40
(4) That he fired shots into the next bedroom, that is bedroom no. 3.
(5) That he fired shots into bedroom No.4, which was the deceased's bedroom and
also that of Mrs van Rooyen and again here the shots
were fired into and at the
bed.
(6) Then at some stage an attempt was made to gain entry intb the house at the
backdoor.
(7) Shots were also fired into what was referred to as a "studeerkamer".
{Dit is gemene saak dat dit
"
sonkamer" i.p.v
.
"
studeerkamer" moet wees).
(8) During the firing there
would have had
to have been at least two occasions when the firearm was reloaded,
and
(9) There was then the shouting of the words
/"Gee
41
"Gee my die kind, ek gee nie om wie ek nog doodskiet" which words clearly
indicate, that the accused appreciated what he was doing."
Die
Verhoorhof het hiertoe bygevoeg die faktor dat die appellant in staat was om met
sy motorkar die plaaswoning te verlaat. Hy het
besef dat die vangwa agter hom op
die plaaspad was. Die appellant was in staat om die polisie te sê waar sy
vuurwapen was.
Ofskoon die appellant se optrede irrasioneel was en nie in
ooreen= stemming met sy gewone persoonlikheid was nie, het hy wel willekeurig
opgetree omdat hy onderskeidingsvermoë en weerstandskrag
(wilsbeheervermoë) gehad het sodat
hy nie ontoerekeningsvatbaar was nie
maar wel
/verminderd ....
42
verminderd toerekeningsvatbaar. Na my oordeel het
die Verhoorhof tereg tot hierdie bevinding op die bewese
feite bo redelike twyfel geraak. Die Verhoorhof het
ook geen mistasting begaan nie. Die Verhoorhof het
derhalwe na my oordeel nie fouteer orn die appellant
skuldig te bevind op aanklagte 1, 2, 3 en 4 nie. Wat
aanklag 5 (poging tot moord op sy kind) betref, is
ek egter van oordeel dat die Staat nie bo redelike twyfel
wys het dat die appellant die nodige subjektiewe opset in
die vorm van
dolus eventualis
gehad het om sy kind te
dood nie veral waar die hele doel van sy besoek daardie
aand by die plaaswoning was om sy kind te kom haal.
/Adv....
43
Adv. Redpath het namens die Staat dan ook, tereg na my
mening, nie die skuldigbevinding op aanklag 5 gesteun
nie.
Adv
. Redpath het 'n sterk argument gelewer dat
die bewyslas op die appellant rus om sy nie-patologiese ontoerekenings=
vatbaarheid te bewys. Gelet egter op die omstandigheid dat dit bo redelike
twyfel in die onderhawige geval blyk dat die appellant
nie ontoerekeningsvatbaar
was tydens die pleeg van die misdade vermeld in aanklagte 1,
2,
3 en 4
nie, ag ek dit nie nodig om te beslis of die bewyslas oor nie-patologiese
ontoerekeningvatbaarheid op die appellant of op die
Staat rus nie.
/Wat ....
44
Wat vonnisoplegging betref, is een van die uitstaande faktore
dat die appellant gewis aan geweldige stres blootgestel is, wat hoofsaaklik
aan
die optrede van sy skoonouers en sy vrou Cecilia toe te skryf is, toe hy die
misdade gepleeg het, Wat die kumulatiewe effek van
die opgelegde vonnisse
betref, is ek oortuig dat 'n gepaste vonnis op aanklag 1 6 jaar gevangenisstraf
is waarvan die helfte voorwaardelik
vir 5 jaar opgeskort word terwyl die
vonnisse van 1 jaar gevangenisstraf elk op aanklagte 2, 3 en 4 daarmee
saamlopend is. Sodanige
vonnis verskil aanmerklik van die opgelegde vonnisse
sodat hierdie Hof bevoeg en verplig is om in te gryp.
/Die ........
45
Die resultaat is dan soos volg:
1. Die appèl slaag teen die skuldigbevinding op aanklag 5
en die
opgelegde vonnis van 1 jaar gevangenisstraf.
En hierdie skuldigbevinding en vonnis word tersyde gestel
2.
Die appèl word van
die hand gewys wat die skuldig= bevindinge op aanklagte 1, 2, 3 en 4
betref.
3.
Die appèl slaag tot die mate
dat die vonnisse deur die HOF
a
quo
op aanklagte 1, 2, 3 en 4
opgelê deur die volgende vonnise vervang
word:
(i) Op aanklag 1 6 jaar gevangenisstraf
waarvan
helfte vir 'n tydperk van 5 jaar opgeskort word op voorwaarde dat die
appellant gedurende die tydperk van opskorting nie skuldig bevind
word
/aan
46
aan 'n misdaad waarvan geweld teen 'n persoon
'n element is nie en ten opsigte waarvan
vangenisstraf sonder die keuse van 'n boete
opgelê word.
(ii) Op aanklagte 2,3 en 4 elk 1 jaar gevangenisstraf
wat saamloop met die vonnis op aanklag 1.
C.P. Joubert AR
BOTHA AR)
NESTADT AR) Stem saam