S v Isaacs (120/87) [1987] ZASCA 118 (30 September 1987)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Rape — Appeal against conviction and sentence — Appellant convicted of raping a 13-year-old girl and sentenced to five years' imprisonment — Appellant's denial of the crime and claim of consensual interaction — Court considers the severity of the crime and the impact on the victim — Appeal dismissed as the sentence was deemed appropriate given the circumstances and the community's interest in addressing the prevalence of such offenses.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1987
>>
[1987] ZASCA 118
|

|

S v Isaacs (120/87) [1987] ZASCA 118 (30 September 1987)

HENRY ISAACS
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
Saaknommer 159/86
mp
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPeLAFDELING)
In die saak tussen:
HE
NRY ISAACS
Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM:
HEFER, AR , NICHOLAS, Wnd AR et STEYN, Wnd AR
VERHOOR:
24 September 1987
GELEWER:
30 September 1987
UITSPRAAK
STEYN, Wnd AR
2.
STEYN, Wnd AR,
Appellant is op 4 September 1984 in die
streekhof te Stellenbosch skuldig bevind aan verkragting van die 13 jarige
Antoinette October (die klaagster) en gevonnis tot 5 jaar
gevangenisstraf. Hy
het haar op 13 Julie 1984 verkrag op die plaas Vierkant ín die distrik
van Stellenbosch waar albei van
hulle en hul families destyds woonagtig was. Hy
het in hoër beroep teen sy vonnis gegaan na die Kaapse Hooggeregshof maar
sy
appèl is deur daardie Hof afgewys op 4 November 1985. Sy aansoek om
verlof om verder na hierdie Hof te appelleer is op dieselfde
dag geweier. Met
verlof van hierdie Hof appelleer hy nou teen die afwysing van sy appèl
deur die Kaapse hof.
Die klaagster is verkrag om ongeveer 21h00 in die nabyheid van haar tante se
huis op vierkant. Dit het so gebeur: Sy het ouder gewoonte
daardie aand na
haar ........
3.
haar tante se huis gegaan om beeldradio te gaan kyk. Sy het om
ongeveer 20h45 daar aangekom. Appellant was toe ook daarbuite. Hulle
het mekaar
goed geken. Daar was destyds 'n minneband tussen hom en klaagster se niggie en
dié was as gevolg daarvan toe 8
maande swanger. Appellant kon toe nie
meer met haar gemeenskap hou nie.
Voordat klaagster die huis kon binnegaan, het appellant na haar gegaan, haar
van die stoepie voor die huis afgetrek en haar geneem
na haar oom se motorkar
wat daar naby langs die huis gestaan het. Toe sy hom by die kar vra hoekom hy
dit doen het hy haar uitgevra
na haar kuier by
'n
plek genoem Macassar.
Sy het nie vry-
willig met hom kar toe gegaan nie maar het nie om hulp
haar geroep of verset nie omdat sy hom geken het en nie wis
wat hy beoog het nie.
By die motor het sy vir hom gesê sy wil nou terug tante se huis toe om
te gaan televisie kyk. Maar
instede
4.
instede daarvan om haar toe te laat om dit te doen het
hy haar na 'n nabygeleë boom getrek ongeveer 50 m van die motor af. Dit
was
'n koue reënerige aand. Sy het toe bang geword en in 'n flou stem om hulp
geroep. Niemand het haar blykbaar gehoor nie en
appellant is nie van stryk af
gebring níe.
Klaagster het 'n langbroek en onderbroekie aangehad. Appellant het haar al
staande teen die boom vasgedruk, haar langbroek losgemaak
en dit sowel as haar
onderbroekie tot by haar knieë af getrek. Terwyl hy besig was om dit te
doen het "oom Piet", 'n erg beskonke
tagtigjarige, slingerend naby hulle
verbygegaan. Hy het klaarblyklik nie vir klaagster en appellant raakgesien nie.
Hy sou in elk
geval nie in sy toestand kon besef het wat by hulle aan die gang
was nie. Sy verbygang het appellant nie van stryk gebring nie. Hy
het sy broek
ook laat sak en met die woorde "nou is die kans" vir klaagster verkrag.
sy
5.
Sy was 'n maagd en appellant het haar defloreer. Dit was vir
klaagster geestelik en liggaamlik 'n pynlike ondervinding. Haar maagdevlies
het
in die proses veel= vuldige skeure opgedoen en haar skaamdele het gebloei.
Na die verkragting het sy haarself herklee. Appellant wou haar nog by hom hou
en het haar vasgehou. Sy het daarin geslaag om van hom
los te ruk en het gevlug
na haar ouma se huis, twee huise van dié van haar tante af. Sy het
huilend daar aangekom. Toe sy
aanklop, het haar ouma vir haar oopgemaak. Sy het
vinnig inbeweeg na haar kamer. Sy het daar gewoon. Die ouma het haar kamer toe
gevolg en haar daar met haar broeke af aangetref. Haar skaamdele het gebloei. Sy
het aan haar ouma gesê dat dit brand en dat
Buzi (appellant) haar verkrag
het. Haar ouma het haar aangesê om die beserings te was en het vaseline
aan haar gegee om aan
te smeer. Haar ouma was toe só ontsteld en kwaad
oor wat met klaagster gebeur het dat sy self aan die huil gegaan het. Sy
wis dat
appellant
se
6.
se minnares by klaagster se tante inwoon. Sy het toe vir
appellant daar gaan soek en hom daar aangetref. Sy het hom tromp-op van die
verkragting beskuldig. Hy het dit ontken en gesê dat hy net met klaagster
"gespeel" het. Die ouma is toe terug na haar huis.
Appellant het haar gevolg tot
in haar huis. Sy het hom terstond daar uitgeboender met die woord "Buzi, wat
soek jy in my huis? Jy
moet gaan. Jy het klaar my kind verkrag." Sy weet nie wat
hy kom sê het nie want sy het hom nie kans gegee om te praat nie.
Sy was
te kwaad. Die volgende dag is klaagster om 12h30 medies ondersoek deur dr
Badenhorst, die distriksgeneesheer van Stellenbosch.
Sy was toe nog steeds in 'n
geskokte toestand.
Dwarsdeur die verhoor op die meriete van die aanklag en selfs vir 'n wyle
daarna, het appellant valslik ontken dat hy klaagster verkrag
het. Hy het
volgehou dat hy met haar toestemming sy vinger in haar skede ingedruk en daarin
"gespeel" het daarmee. Vir doeleindes
van
vonnis
7
vonnis is die saak op versoek
van
die prokureur wat hom tydens
die hele verhoor bygestaan het, na skuldigbevinding uitgestel sodat 'n
proefbeampte se verslag oor appellant
verkry kon word vir doeleindes van vonnis.
Geen vorige veroordelings is teen appellant bewys nie. 'n Proef= beampte, mev
René
Symons, het onderhoude met appellant en sy ouers gevoer. Hulle het
toe reeds weggetrek van die plaas Vierkant af. Sy het 'n verslag
aangaande
appellant
opgestel. Sy is ook deur die verdediging geroep as getuie by die
voortgesette verhoor. Sy het haar verslag toe bevestig en ingehandig
(bew
A).
Tydens haar onderhoud met hom het appellant steeds die verkragting ontken en
te kenne gegee dat klaagster en haar familie hom valslik
daarvan beskuldig het.
In bew A doen sy o m soos volg verslag oor appellant se houding:
"Die betrokkene ontken die klagte van verkragting en beweer dat die familie
moontlik 'n wrok teen hom koester.
Betrokkene
8.
Betrokkene meld dat hy nie skuldgevoelens ervaar nie aangesien
hy nie die skuldige party
is nie. Hy is egter teleurgesteld in
die
klaagster omdat sy so 'n tipe klagte teen
hom aanhangig gemaak het
Betrokkene ontken die misdaad ten sterkste en ervaar geen skuldgevoelens nie.
Die getuienis teen hom blyk egter verdoemend te wees."
Haar aanbeveling ten aansien van vonnis was "dat die Hof vir vonnisdoeleindes
na goeddunke optree."
Appellant het self ook ter versagting van vonnis getuig. Hy het toe beweer
dat hy berou het oor sy wandaad en dat hy en sy moeder
na die besoek van die
proefbeampte gegaan het na klaagster en haar familie en hulle om verskoning gaan
vra het. Uit die verslag,
bew A, en uit wat appellant self getuig het, blyk dit
dat hy toe reeds vir 4 /2 jaar by die W N N R werksaam was teen 'n pas verhoogde
salaris van R240,00 per maand en dat sy minnares op 11 Augustus 1984 geboorte
geskenk het aan 'n seuntjie wat appellant onderhou
teen R60 per maand.
By
9.
By vonnisoplegging het die streeklanddros
appellant se persoonlike
omstandighede in ag geneem. Hy het voorts opgemerk dat alhoewel klaagster effe
groter as die
gewone 13-jarige meisie was, "haar voorkoms beslis nie
dié van 'n
jong volwasse meisie (was) nie." Hy het ook in ag geneem dat daar geen getuienis
was dat sy weens die verkragting
enige permanente psigiese letsel opgedoen het
nie. Maar hy het daarenteen beklemtoon dat die klaagster goed aan appellant
bekend
was, dat hy sy posisie in haar familie misbruik het om haar by te kom en
haar toe verkrag het in a lokaliteit wat vir haar veilig
behoort te,gewees
het.
Die streeklanddros het ook die volgende gesê oor verkragting en die
voorkoms daarvan in sy regsgebied:-
"Die misdryf van verkragting is 'n baie, baie ernstige misdryf. Dit is seker
een van die mees ernstige misdrywe wat teenoor 'n vrou
gepleeg kan word. Dit is
'n misdryf wat veelvuldig voorkom in hierdie streekafdeling. Trouens dit kom so
veelvuldig voor dat die
Hof dit seker die beste kan beskryf deur te sê dat
dit epidemiese afmetings aanneem. In sekere areas binne hierdie streekafdeling
is 'n vrou nêrens veilig nie, nie eers in haar
eie
10.
eie huis nie. Selfs hulle huise word binnegedring en hulle word in hulle eie
huise verkrag. Dit noem die Hof net om agtergrond te
gee aan die misdaad om aan
te dui watter afmetings hierdie misdryf aanneem in hierdie streekafdeling."
Die landdros het tot die gevolgtrekking gekom "dat gevangenisstraf die
enigste gepaste vonnis behoort te wees" en appellant toe tot
vyf jaar
gevangenisstraf gevonnis.
In sy uitspraak in die Kaapse Provinsiale Afdeling het HOWIE, R die voormelde
opmerkings van die streeklanddros oor die aard en voorkoms
van verkrag= ting ten
volle aangehaal en die relevansie en belang daarvan bevestig. Die geleerde
Regter het t a v die proefbeampte
se verslag beklemtoon dat die Hof daarvolgens
vir vonnisdoeleindes na goeddunke moet optree. Hy het die volgende
bygevoeg:-
"Daar was byvoorbeeld geen aanbeveling of waarskuwing dat gevangenisstraf
besonder
11.
besonder nadelige gevolge vir appellant sou hê nie. Daar is ook
opgemerk dat ten tye van die ondersoek appellant geen berou
getoon het ten
opsigte van wat hy gedoen het nie."
Oor appellant se latere bewering in sy getuienis ter versagting van vonnis
dat hy berou het oor sy wandaad, het die geleerde Regter
hom soos volg
uitgelaat:
"Dit is moeilik om die afleiding te vermy dat daardie uitdrukking van
beweerde berou die gevolg was van die opmerkings van die welsynsbeampte."
Nadat hy o m die persoonlike omstandighede van appellant en die wyse waarop
hy die verkragting gepleeg het, oorsigtelik behandel het,
sluit die geleerde
regter sy uitspraak af soos volg:
"In hierdie omstandighede wil dit my voorkom dat daar nie gesê kan word
dat die vonnis wat die landdros opgelê het so
buitensporig swaar was of so
buite verhouding met die vereistes van die saak nie dat hierdie Hof kan inmeng
nie. Daar moet nie net
die persoonlike besonderhede
van...
12.
van die oortreder in ag geneem word nie maar ook die belange
van die gemeenskap en dit is die Hof wat uitlating moet gee aan wat die
belange
van die gemeenskap verg. Soos reeds gesê, dit was 'n ernstige misdryf .
Tweedens , moet 'n mens daarteen balanseer
die omstandighede en eienskappe van
die oortreder self en dan derdens, in ag neem wat die gevoelens van die
gemeenskap is. 'n Mens
moet kyk na wat die gevoelens van die familie van die
klaagster moes gewees het na hierdie misdryf. Nadat "n mens alles opgeweeg
het
insluitende die behoefte aan wat somtyds 'mercy' of 'compassion' genoem word, is
ek nie daarvan oortuig dat die mate van verskil
in die vonnisse bestaan wat
hierdie Hof toelaat om in te meng nie."
By die aanhoor van die appël voor hierdie Hof het mnr Mohamed namens
appellant aan ons meegedeel dat appellant aanbied om aan
klaagster
skadeverdoeding ten bedrae van R5 000 te betaal teen maandelikse paaiemente van
R200. Hy het betoog dat dit gepas sou wees
om die vonnis op te skort op
voorwaarde dat appellant daardie vergoeding aldus betaal.
Daar
13.
Daar kan om twee redes nie aan daardie versoek voldoen word nie. Eerstens,
omdat dit weens sy inkomste duidelik is dat appellant nie
instaat sal wees om
daardie vergoeding te betaal nie. Tweedens, omdat dit sal neerkom op
ongeoorloofde inmenging deur hierdie Hof
met 'n diskresionêre vonnis deur
die verhoorhof opgelê en deur die,Kaapse Hof bekragtig. Dit is oorbekende
reg dat hierdie
Hof slegs 'n beperkte vermoë het om met so 'n vonnis in te
meng. Die vereistes om sodanige inmenging te regverdig is onlangs
soos volg
saamgevat en verduidelik deur BOTHA, AR in
S v Pieters
1987 (3) SA 717
(A) op 727 F - 728 C:-
"Met betrekking tot appèlle teen vonnis in die algemeen is daar
herhaaldelik in talle uitsprake van hierdie Hof beklemtoon
dat vonnisoplegging
berus by die diskresie van die Verhoorregter. Juis omdat dit so is, kan en sal
hierdie Hof nie ingryp en die
vonnis van '
n
Verhoorregter verander nie,
tensy dit blyk dat hy die diskresie wat aan hom toevertrou is nie op 'n
behoorlike of redelike wyse uitgeoefen
het nie. Om dit
andersom
14.
andersom te stel: daar is ruimte vir hierdie Hof om 'n Verhoorregter se
vonnis te verander alleenlik as dit blyk dat hy sy diskresie
op 'n onbehoorlike
of onredelike wyse uitgeoefen het. Dit is die grondbeginsel wat alle
appèlle teen vonnis beheers. Met die
toe= passing van daardie beginsel in
individuele gevalle word daar in die uitsprake van hierdie Hof van tyd tot tyd
verskillende
toetse, hulpmiddels en maatstawwe geformuleer en aangewend om, na
gelang van die besondere omstandighede wat onder behandeling is,
te bepaal of
ingryping geregverdig sou wees. Wat dit betref, is daar soms verskille in die
bewoording wat in verskillende uitsprake
aangetref word. Sulke verskille moet
met omsigtigheid benader word, want dit sou verkeerd wees om - soos advokate te
dikwels geneig
is om te doen - 'n oënskynlik algemene stelling, wat
toepaslik is in die samehang van die besondere feite wat behandel word,
uit die
verband van 'n uitspraak as geheel te neem en te probeer, amper asof dit die
krag van
'n
statutêre voorskrif het of 'n wet van Mede en Perse is,
om dit op 'n andersoortige stel feite toe te pas waarop dit in der waarheid
nie
toepaslik is nie. Dit is daarom dat ek hierbo weer eens die grond= beginsel
beklemtoon het: per slot van sake is dit daardie
beginsel wat uiteindelik en
altyd van deurslaggewende belang is. In verband met daardie beginsel sou ek nog
net een verdere oorweging
wou byvoeg. Hierbo het ek verwys na gevalle waar 'dit
blyk' dat
die Verhoorregter sy diskresie op 'n onbehoor-
pf onredelike like wyse uitgeoefen het. Dit moet verstaan
word
15
word in die sin dat hierdie Hof op appèl daarvan oortuig moet wees dat
die uitoefening van die diskresie op onbehoorlike of
onrede— like wyse
geskied het. Na my mening spreek dit eintlik vanself, want, juis omdat hierdie
Hof nie sonder meer
'n
eie diskresie het om uit te oefen nie, sou daar
sonder sodanige oortuiging geen voldoende rede bestaan om in te gryp nie-"
In
Pieters
se saak het BOTHA, AR ook aandag geskenk aan die
vroeëre uitspraak van hierdie Hof in S v M
1976 (3) SA 644
(A). Daar het
MULLER, AR die toets wat toegepas moet word om vas te stel of hierdie Hof die
bevoegdheid het om met so 'n diskresionêre
vonnis in te meng op
tweërlei wyse geformuleer. Op 734 B - F het BOTHA, AR daardie twee
formulerings só tot 'n enkele
saamgesnoer:
"Aangesien die twee formulerings as verwissel baar langs mekaar gestel is,
staan dit 'n mens vry om kommentaar te lewer oor die verskille
in die bewoording
daarvan en om na gemeen= skaplike grond tussen die twee te soek. Die tweede
formulering, 'dat geen redelike Hof
die vonnis sou opgelê het nie wat deur
die Verhoorhof opgelê is', het na my oordeel die
nadeel
16.
nadeel dat dit moontlik die indruk kan skep dat ingryping
slegs geoorloof is as die vonnis van die Verhoorregter so verregaande onredelik
is dat dit bykans grens aan die absurde, wat natuurlik nie die geval is nie.
Daarteenoor het die eerste formulering, 'of die Verhoorhof
redelikerwys die
diskresie uitgeoefen het wat aan hom toevertrou is', na my oordeel moontlik die
nadeel dat dit nie ten volle uiting
gee nie aan die gedagte dat ingryping slegs
geoorloof is as die Hof op appèl oortuig is daarvan die die Verhoor=
regter sy
diskresie op 'n onredelike wyse uitgeoef en het. Met die oog op
hierdie oorwegings is ek van mening dat die twee formulerings genoem
deur
MULLER, AR saamge= snoer kan word in een enkele vraag: of díe
Verhoorregter redelikerwyse die vonnis kon opgelê
het wat hy wel
opgelê het. Dit is die deurslaggewende vraag: as die antwoord daarop .
bevestígend is, is dit die einde
van die saak."
By die toepassing van die benadering in
Pieters
op die onderhawige
geval is ek van mening dat daar nie met die opgelegde vonnis ingemeng kan word
nie. Dit is weliswaar 'n gedugte
bestraffing wat aan appellant toegemeet is.
Maar 'n beskaafde gemeenskap moet sy vroue en dogters se liggaamlike en
geestelike integriteit
effektief
17.
effektief beskerm, veral teen die wrede en vernederende
skending daarvan deur verkragting. As daardie skending so dikwels in 'n bepaalde
streek voorkom dat dit, soos hier
,
"epidemiese afmetings"aanneem, moet
die beskerming daarteen versterk word deur verskerpte bestraffing daarvan. Dit
is wat in die onderhawige
geval gebeur het. Daarbe= newens is die
strafversagtende werking van appellant se persoonlike omstandighede grootliks
geneutraliseer
deur . die verswarende omstandighede van klaagster se jeugdigheid
en deflorasie, die aard van die omgewing waarin appellant haar
verkrag het en
die misbruik wat hy gemaak het van die vertroue wat klaagster weens sy verband
met haar familie in hom gehad het.
Ek is derhalwe tevrede dat die streekslanddros redelikerwyse die vonnis van
vyf jaar gevangenisstraf aan appellant kon opgelê
het en dat die Kaapse
Hooggeregshof korrek was met die bekragtiging daarvan. In die woorde
van
18. van BOTHA, AR "is dit die einde van die saak". Die appel word
afgewys.
M T STEYN, Wnd AR
HEFER, AR)
Stem saam
NICHOLAS, Wnd AR )