About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1987
>>
[1987] ZASCA 106
|
|
S v Radebe (270/1986) [1987] ZASCA 106 (25 September 1987)
LL
Saak No 270/1986
IN DIE HOOGGEREGSHQF VAN SUID-AFRIK
A
APPeLAFDELING
Insake die appel van:
LINDA RADEBE
Appellant
teen
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: VAN HEERDEN, SMALBERGER ARR
et BOSHOFF WAR
DATUM VAN VERHOOR
: 22
SEPTEMBER 1987
DATUM VAN INHANDIGING
: 25 SEPTEMBER 1987
REDES VIR UITSPRAAK
/
VAN HEERDEN AR
...
2.
VAN HEERDEN AR
:
Die appellant is in die streekhof skuldig be-vind op 'n aanklag van roof
asook op twee aanklagte van onregmatige besit van 'n vuurwapen
en van ammunisie.
Sy appèl na die Transvaalse Provinsiale Afdeling het ge-deeltelik geslaag
deurdat die skuldigbevindings
op laas-genoemde twee aanklagte tersyde gestel is.
Met die nodige verlof is die onderhawige appèl slegs teen sy
skuldigbevinding
op die roofklag gerig.
Ene Padotan het getuig dat hy omstreeks 2 nm op 14 April 1984 as kroegman in
die "Actonville Bar" werksaam was. Hy het met sy rug
na die toonbank ge-staan en
toe hy omdraai, het hy die appellant oor die toonbank sien spring. Laasgenoemde
het 'n mes te voor-skyn
gebring en dit oopgemaak. Die getuie was bevrees en het
teruggetree waarop die appellant 'n
R10 noot wat op die toonbank
gelê het, opgeraap het, en die kontant-kas oopgemaak het. Die appellant
het al die note in
/sy ...
3.
sy sak geprop, die laai met die kleingeld geneem en by 'n deur
uitgestap. Op daardie oomblik het 'n tweede Swart man by 'n ander deur
ingekom.
Hy het 'n vuurwapen in sy hand gehad en vir die getuie gevra waar die geld was.
Laasgenoemde het gesê dat die Swart
man se "vriend" reeds die geld geneem
het en kort daarna is die tweede per-soon ook by die kroeg uit. Die getuie is na
buite en het
vier mans sien weghardloop. Na die voorval het hy onge-veer R600
vermis.
'n Wynkelner, ene Dahni, het getuig dat hy ook die betrokke middag in die
"Actonville Bar" in Actonville werksaam was. Terwyl hy klante
by 'n tafel bedien
het, het hy drie "rowers" opgemerk. "Hulle" het vuurwapens tevoorskyn gebring en
die getuie en die klante is beveel
om by 'n
toilet in te gaan. Die getuie
het nie gesien wat by die toonbank gebeur het nie aangesien hy toe blyk-baar in
die toilet was, en hy
het ook nie die appellant as een van die rowers uitgeken
nie.
/By ...
4.
By die verhoor was dit gemene saak dat Padotan in Januarie 1985 'n behoorlik
saamgestelde uitkennings-parade bygewoon het en die appellant
uitgewys het as
die persoon wat op 14 April 1984 by die roof in die betrokke kroeg aandadig
was.
Die enigste ander getuienis wat gelei is ten einde die appellant met die roof
te verbind, was dié van adjudant-offisier Steeler.
Hy het getuig dat 'n
sersant die appellant na hom gebring het en hom meegedeel het dat die appellant
sekere uitwysings wou doen.
Die appellant het toe beduie dat die getuie na
Actonville moes ry. Hy het aanwysings van die appellant tot by die
Watville-drankwinkel
gevolg. Daar het die appellant 'n deur van die drankwinkel,
asook 'n venster langs die deur, uitgewys Dié drankwinkel, wat
"gekoppel"
was aan 'n kroeg wat op sy beurt "gekoppel" was aan '
n
biersaal, was in
Actonville woonbuurt.
Die appellant het ontken dat hy by die roof
/betrokke ...
5.
betrokke was. Hy het eers gesê dat hy in April 1984 in Natal woonagtig
was, maar dit het later geblyk dat hy vanaf ongeveer
September 1983 tot middel
April 1984 in die Watville woonbuurt buite Benoni gewerk en gebly het. Die
appellant het voorts getuig
dat hy in Januarie 1985 in Natal in hegtenis geneem
is. Hy is na Benoni gebring waar hy die rede vir sy arrestasie meegedeel is,
nl,
dat hy 'n roof by 'n drankwinkel in Actonville sou gepleeg het. Die polisie wou
hê dat hy die drankwinkel moes uitwys,
en omdat hy nie geweet het waar die
roof gepleeg was nie, het hy toe 'n groot drankwinkel waarmee hy goed bekend
was, gaan uitwys.
Die landdros het bevind dat Padotan voldoende geleentheid gehad het om die
persoon wat oor die toonbank gespring het te identifiseer,
maar het dit nodig
geag om steun vir die betroubaarheid van die getuie se uitkenning van die
appellant te vind in Steeler se getuienis.
In hierdie verband het die landdros
die volgende gesê:
/"Die ...
6.
"Die Hof bevind dat hierdie uitwysing aan adjudant-offisier Steeler, en veral
die uit-wysing van hierdie plekke by hierdie drank-winkel,
die venster en die
deur, en wat daar sou plaasgevind het, dat dit saam met die uitkenning van die
beskuldigde op 'n uitken-ningsparade
wat by wyse van erkenning op 'n behoorlike
wyse uitgevoer is, as een van die rowers deur die klaer, vir die Hof die nodige
waarborg
daar stel dat die Hof kan staat maak op die uitkenning van die klaer
van beskuldigde as die persoon wat daar op die toonbank gespring
het en die geld
uit die kasregister geneem het onder dreigement van 'n mes wat hy by hom gehad
het ..."
Na my mening blyk dit nie buite redelike
twyfel uit die getuienis dat die appellant wel die kroeg waarin die roof gepleeg
is, of
'n
gebou waarvan dit deel was, aan Steeler uitgewys het nie.
Padotan en Dahni het beide ge-tuig dat hulle in die "Actonville Bar" werksaam
was. Nêrens blyk dit dat hulle bloot te kenne wou gee dat die kroeg in
Actonville geleë was maar onder
'n
ander naam as "Actonville Bar"
bekend was. Steeler het egter getuig dat die appellant 'n drankwinkel in
Actonville met die naam "Watville
drankwinkel" uitgewys het. In sy uitspraak
/verwys ...
7.
verwys die landdros na "die moontlike twyfelagtigheid oor die Actonville en
Watville drankwinkel" maar sê dan dat hy daarvan
bewus is, en dat Steeler
ook getuig het, dat die Actonville en Watville woonbuurte aangrensend is. Hy
sê voorts dat daar dikwels
verwarring is "oor van wat gepraat word" -
blykbaar oor die grens tussen die twee woonbuurte. Maar selfs indien aanvaar
word dat
die land-dros geregtig was om geregtelike kennis van sodanige
ver-warring te neem, baat dit nie die respondent nie. Daar was geen
verwarring
aangaande die ligging van die kroeg waarin die roof gepleeg is en die
drankwinkel wat deur die appellant uitgewys is nie.
Beide was in Actonville
ge-leë. Die naam van die drankwinkel waaroor Steeler getuig het kan egter
nie verbind word met die naam
wat die kroeg volgens Padotan en Dahni gehad het
nie. Die moontlikheid
dat hierdie twee getuies nieteenstaande hulle woordgebruik
slegs wou verwys na
'n
kroeg geleë in Actonville bestaan
wel, maar meer as 'n moontlikheid is dit nie. Daar is ook
/geen...
8.
geen getuienis dat die kroeg waaroor Padotan en Dahni ge-tuig aan 'n
drankwinkel of biersaal "gekoppel" was nie. Bowendien weet 'n
mens nie of daar
nie in Actonville meer as een drankwinkel of kroeg is nie.
Dit is waar dat die appellant getuig het dat die drankwinkel deur hom
uitgewys die enigste een "in daardie omgewing" was waarvan hy
bewus was. Dit is
egter onbekend hoe groot Actonville is en of indien daar meer as een drankwinkel
in hierdie woonbuurt is hulle
nie moontlik 'n aansienlike afstand van mekaar
geleë xs nie.
Daar is nog 'n verdere faktor wat twyfel werp op die landdros - en die hof
a
quo
- se aanname dat die kroeg waaroor Padotan en Dahni getuig
het deel was van die drankwinkel wat die appellant uitgewys het. Indien
dié aanname juis was en die appellant wel die persoon was wat Padotan
beroof het, sou 'n mens verwag het dat hy die binnekant
van die kroeg en meer
bepaald die toonbank en
/kasregister ...
9.
kasregister sou uitgewys het. Volgens Steeler het hy egter slegs die Watville
drankwinkel en 'n deur en venster daarvan uitgewys.
Daar is ook nie getuienis
dat hierdie deur en venster toegang tot die kroeg van bedoelde drank-winkel
verleen het nie.
Die landdros het aanvaar dat die appellant vals-lik ontken het dat hy
benewens '
n
drankwinkel as sulks ook 'n deur en 'n venster daarvan
uitgewys het. Dit is vir my egter hoegenaamd nie duidelik dat sodanige afleiding
uit die appellant se getuienis gemaak kan word nie. Die vrae wat in hierdie
verband deur die aanklaer aan die appellant gestel is,
en díe antwoorde
deur hom verstrek, blyk uit die volgende uittreksel uit die notule:
"Die uitwysing wat u gedoen het hier by die Actonville, by die drankwinkel,
wat spe-sifiek het u daar uitgewys aan die polisie?
---Hulle wou gehad het ek moet die drank-
winkel gaan uitwys wat geroof is en omdat ek nie geweet het waar daardie
drankwinkel was, het ek toe hulle na die drankwinkel wat
ek goed ken, gevat.
Toe wys jy net vir hulle die drankwinkel?
/ Ja ....
10.
Ja.
Geen ander plekke uitgewys nie?
Geen."
Dit kom my voor dat die appellant onder "geen
ander plekke" lig kon verstaan het slegs plekke wat nie met die drankwinkel
verband
gehou het nie. 'n Deur en 'n venster van die drankwinkel kon immers
nouliks as "ander plekke" beskryf word. En omdat duidelikheid
nie ver-kry is
nie, en meer bepaald omdat die appellant, in die veronderstelling dat hy nie
Steeler se getuienis betwis het nie,
nie gevra is waarom hy spesifiek die deur
en die venster uitgewys het nie, kan geen nadelige afleiding teen die appellant
uit bedoelde
uitwysing of bostaande brokkie getuienis gemaak word nie.
In die lig van bogenoemde oorwegings meen ek nie dat die landdros op die
appellant se uitwysing peil moes getrek het nie, en kan ek
nie akkoord gaan met
die hof
a
quo
se
sienswyse dat die rede wat die appellant
vir sy uitwysing verstrek het nie redelik moontlik waar kon
/wees ...
11.
wees nie.
Geoordeel volgens die passasie uit die landdros se uitspraak wat hierbo
aangehaal is, sou hy nie die appel-lant bloot op grond van
Padotan se getuienis
op die roof-klag skuldig bevind het nie. Dit is egter steeds nodig om na te gaan
of daardie getuienis nie op
sigself 'n skuldig-bevinding geregverdig het
nie.
Padotan het die appellant vir 'n betreklike kort tydjie in die kroeg
waargeneem maar dit is duidelik dat die appellant na aan hom
was toe hy (die
appellant) die geld uit die kasregister verwyder het. In sy betoogs-hoofde het
die appellant se advokaat aan die
hand gedoen dat die beligting waarskynlik dof
was, maar die rooftog het omstreeks 2 nm plaasgevind en daar is geen suggestie
in die
getuienis dat dit enigsins skemerig in die kroeg was nie. Nietemin is
daar faktore wat twyfel werp op die betroubaarheid van Padotan
se latere
identifikasie van die appellant.
/In ...
12.
In eerste instansie blyk dit dat toe ander be-skuldigdes in
Augustus 1984 op dieselfde roofklag verhoor is, Padotan ook getuig het
en die
volgende gesê het:
"While serving, I saw someone jumping over the counter. I cannot recognise
the person."
En, met verwysing na die tweede rower wat later na die toonbank gekom
het:
"He asked me where is the money and I said
your friend has got the money I am
not able to recognise him either."
Padotan het verduidelik dat tydens die vorige verhoor die beskuldigdes 'n
entjie weg van hom was terwyl hy getuienis gegee het, dat
hy bysiende is, en dat
hy dus nie in staat was om diegene in die beskuldigdebank uit te ken nie. Tydens
die hou van die uitkennings-parade
het hy egter, aldus sy getuienis, tot naby
die appellant beweeg. Hierdie verduideliking is klaarblyk-lik deur die landdros
aanvaar
maar laat na om indruk te maak. Padotan getuig dat hy nie weet of die
appellant
/in ...
13.
in Augustus 1984 een van die beskuldigdes was nie, en indien
dit slegs sy bysiendheid was wat hom op daardie stadium verhinder het
om vas te
stel of hy een of meer van die beskuldigdes kon identifiseer, is dit bra
onwaar-skynlik dat hy nie by die vorige verhoor
daarvan melding sou gemaak het
nie. Op sy beste vir Padotan dui sy aangehaalde brokkies getuienis daarop dat hy
in Augustus 1984
nie gemeen het dat hy een van die twee rowers wat hy in die
kroeg gesien het, sou kon uitken nie.
In tweede instansie het die appellant nie volgens Padotan enige besondere
gelaatstrekke of fisiese eienskappe gehad wat hom maklik
uitkenbaar gemaak het
nie. Hy getuig aanvanklik dat hy die appellant aan sy gelaats- kleur uitgeken
het, maar gevra wat opmerklik
in verband daarmee was, sê hy slegs dat die
appellant nie so donker soos die ander rower was nie. Later meld hy dat die
lengte
van die appellant ook tot sy uitkenning bygedra het, maar uit die feit
dat die nege persone op die uitkennings-parade almalmin of
meer dieselfde
liggaamsbou gehad het,
/kan ...
14.
kan afgelei word dat die appellant nie besonder lank of kort
is nie. Ek wil geensins te kenne gee dat 'n uit-kenning nie aanvaar kan
word nie
indien die uitkenner nie op onderskeidende fisiese eienskappe van die betrokke
persoon kan wys nie, maar dit is nietemin
'n faktor wat oorweeg moet word
wanneer oor die betroubaarheid van die identifikasie besin word.
Derdens dien daarop gelet te word dat die uit-kenningsparade eers ongeveer 9
maande na die rooftog ge-hou is, en dat dit vanselfsprekend
is dat hoe langer
die tydperk is tussen 'n geleentheid waarop 'n getuie 'n persoon vir die eerste
keer gesien het totdat hy 'n uitkenning
maak, hoe groter die moontlikheid is dat
die eerste waar-neming vervaag het en dat die getuie se herinnering
on-betroubaar mag wees.
Vgl
S v Mputing
1960 (1) SA 785
(T) 788.
Die respondent se advokaat het aangevoer dat die appellant se getuienis in 'n
aantal opsigte onbevredigend
/was ...
15.
was, maar behoudens een aspek meen ek nie dat die kritiek
wesentlik is nie. Die appellant het wel 'n leuen ver-kondig toe hy getuig
het
dat hy nie 'n vuurwapen en ammu-nisie in Natal aan speurdersersant Manjika
uitgewys het nie, maar hom slegs geneem het na 'n
ander persoon wat die
uitwysing gedoen het. Ek meen egter nie dat hierdie leuen op sigself daarop dui
dat die appellant se ontkenning
dat hy by die roof betrokke was vals is nie.
In ag genome die bedenkinge wat aangaande die betroubaarheid van Padotan se
identifikasie van die appel-lant bestaan, is ek van oordeel
dat dit nie buite
redelike twyfel blyk dat die appellant die persoon was wat die geld in die kroeg
buitgemaak het nie. Die advokaat
vir die respondent het dan ook toegegee dat die
appellant nie op slegs Padotan se getuienis skuldig bevind kon ge-wees het
nie.
/Om ...
16.
Om bogenoemde redes is die appêl by die verhoor daarvan gehandhaaf en
is die skuldigbevinding en vonnis op die roofklag tersyde
gestel.
H.J.O. VAN HEERDEN AR
EK STEM SAAM :
SMALBERGER AR
EK
STEM SAAM:
BOSHOFF WAR