S v Beukus and Another (42/1986) [1987] ZASCA 105; [1988] 1 All SA 326 (A) (25 September 1987)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Participation in crime — Appellants charged with murder and attempted robbery — First appellant parked vehicle near café while second appellant's accomplice entered with a firearm — Accomplice shot police officer during robbery attempt and was subsequently killed — Appellants claimed ignorance of accomplice's intent to commit robbery — Trial court found both appellants guilty of murder and attempted robbery, establishing they were aware of the potential for violence — Appeal against convictions dismissed, with first appellant conceding guilt on robbery charge while maintaining innocence on murder charge — Court upheld findings of participation and foreseeability of consequences.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1987
>>
[1987] ZASCA 105
|

|

S v Beukus and Another (42/1986) [1987] ZASCA 105; [1988] 1 All SA 326 (A) (25 September 1987)

LL
Saak No 42/1986
IN DIE HOOGGEREGSH0F VAN SUID-AFRIKA APPeLAFDELING
Insake die appel van:
JOHANNES BEUKES
Eerste Appellant
en
ANDRE CRAWFORD
Tweede Appellant
teen
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: RABIE WHR, VILJOEN et VAN HEERDEN ARR
VERHOORDATUM
: 17 SEPTEMBER 1987
LEWERINGSDATUM
: 25 SEPTEMBER
1987
UITSPRAAK
/
VAN HEERDEN AR
...
2.
VAN HEERDEN AR
:
Omstreeks 7 nm op 1 Augustus 1984 het die eerste
appellant (Beukes) sy voertuig in die nabyheid van 'n kafee be-
kend as "Lagoon Fast Food" in Knysna geparkeer. Die tweede
appellant (Crawford) en ene Van Staden was passasiers in die
voertuig. Laasgenoemde het uitgeklim en na die kafee gestap
terwyl die appellante in die voertuig bly sit het. Toe Van
Staden die kafee binnestap, het hy 'n
pistool in sy hand gehad
en het 'n balaklava-mus sy gesig grootliks bedek. Hy het met
die pistool op die geldkas gekap en vir mev Butler, wat agter
die toonbank gestaan het, gesê dat hy geld wou hê. Onder die
voorwendsel dat die ontvangste van die kafee in die kombuis-
gedeelte daarvan was, het sy daarin geslaag om 'n werknemer in
die kombuis aan te sê om die polisie te ontbied. Kort daar-
na, en terwyl Van Staden nog voor die toonbank gestaan het,
het 'n aantal polisiemanne die kafee genader. Konstabel Rogers
het by die voordeur ingestap en Van Staden van agter af beet-
gepak. 'n Struweling het ontstaan waartydens Van Staden 'n
skoot afgevuur het. Hy het hom losgeruk waarop Rogers by die
/voordeur ...
3.
voordeur uitgehardloop het. Van Staden is agterna en buite het hy nog 'n paar
skote afgevuur. Een daarvan het Rogers noodlottig getref.
Kort hierna is Van
Staden deur die po-lisie doodgeskiet.
Voortspruitende uit bogenoemde gebeure
is die appellante in die Kaapse Provinsiale Afdeling aangekla van moord en
poging tot roof
met verswarende omstandighede. Die appellante se weergawe dat
hoewel Van Staden vroeër die míddag en aand melding gemaak
het van
'n beoogde rooftog, hulle nie bewus was dat hy sy voorneme wou uitvoer toe hy
uit die ge-parkeerde voertuig geklim het nie,
is deur die verhoorhof (Marais/
WR, en assessore) verwerp. Voorts is bevind dat albei betrokke was by Van Staden
se uitvoeringshandelinge
en dat hul le die moontlikheid voorsíen het dat
Van Staden iemand kon dood-skiet en onverskillig teenoor die intrede van hierdie
gevolg gestaan het.Beide appellante is dan ook op altwee aanklagte skuldig
bevind. Wat die moordklag betref, is bevind dat ver-sagtende
omstandighede
aanwesig was en is Beukes tot 10 jaar
/en ...
4.
en Crawford tot 8 jaar gevangenisstraf gevonnis. Op die roofklag is
Beukes 5 jaar, en Crawford 4 jaar, gevangenisstraf opgelê,
waarvan 2 jaar
voorwaardelik opgeskort is. Ten op-sigte van beide appellante is beveel dat die
vonnisse same-lopend sou wees.
Met die verlof van die hof
a
quo
was die onderhawige
appèl gerig teen die skuldigbevindings sowel as teen die von-nisse.
Tydens argument is egter te kenne
gegee dat die appèl teen die vonnisse
laat vaar word.
Die verhoorhof het nie in soveel woorde bevind nie of die appellante en Van
Staden saamgesweer het dat laasge-noemde die kafee vir
al drie se voordeel sou
beroof, en of hulle slegs bewus was van sy voorneme om vir sy eie voordeel 'n
rooftog uit te voer, en in
'n mindere of meerdere mate aan hom hulp verleen het.
Dit het daartoe gelei dat namens die appellante in hierdie hof betoog is dat
hulle verkeerde-lik skuldig bevind is aangesien die verhoorhof nie bevind het,
en die Staat ook nie bewys het, dat daar 'n kousale
ver-band tussen die
appellante se handelinge, aan die een kant,
/en ...
5.
en die roofpoging en Rogers se dood, aan die ander kant, was nie. Wat Beukes
betref, is egter uiteindelik toegegee dat hy tereg op
die roofklag skuldig
bevind was.
Alvorens na die hof se bevindinge teruggekeer word, is dit nodig om sekere
aspekte van die getuienis in oënskou te neem. Die
appellanter twee jong
lede van die Staande Mag, en Van Staden, 'n dienspligtige, het die middag van 1
Augustus 1984 by familie van
Beukes in Knysna opgedaag. Op 'n stadium het Van
Staden en Crawford in laasgenoemde se motor vertrek om siga-rette te gaan koop.
Hulle het 'n geruime tyd weggebly en by hulle terugkeer het Van Staden gemeld
dat hy gaan soek het vir 'n plek waar hy 'n "job" wou
"doen". Die appellante het
daar-onder verstaan dat hy die plek wou beroof. Later die middag het Van Staden
by die karavaanpark waar
hulle sou oornag weer van sy planne melding gemaak. Hy
het o a genoem dat hy op 'n vorige geleentheid 'n roof in Durban gepleeg het
en
het ten bewys daarvan 'n koerantuitknipsel aan die appellante getoon. Hy het ook
gesê dat die appellante hom moes aflaai
by 'n plek waar hy die "job wou
trek". Hiermee het Van Staden en die
/appellante ...
6.
appellante in Beukes se motor deur die strate van Knysna gery. Hy het
'n paar besighede uitgewys wat volgens hom goeie teikens was.
Hierdie besighede
het voornoemde kafee ingesluit. Die drie is terug na die karavaanpark waar Van
Staden met Beukes se toestemming
laasgenoemde se windjekker aangetrek het. Van
Staden het ook gevra of hy Beukes se seilskoene kon gebruik en gesê dat hy
beter
daarmee sou kan hardloop. Beukes het inge-stem en dit is duidelik dat hy
die moontlike hardlopery met 'n voorgenome roofpoging verbind
het. Van Staden
het toe vir Crawford gevra waar laasgenoemde se balaklava-mus was, maar Beukes
het gesê dat Van Staden sy (Beukes
se) mus moes gebruik aangesien dit 'n
"beter tipe" was.
Hierna is die drie weer in Beukes se motor
na
die middedorp van Knysna met Van
Staden in besit van Beukes se jekker, seilskoene en balaklava-mus. Van Staden
het beduie hoe Beukes
moes ry en volgens die appellante se getuienis het
eersgenoemde in Unitystraat gesê dat Beukes moes stilhou. Van Staden sou
toe gesê het dat hy na iets wou gaan kyk, en dat
/indien ...
7.
indien hy nie binne 5 minute terug sou wees nie die appellante na
Beukes se familie, waar hulle sou gaan eet, moes ry. Van Staden
sou dan self sy
weg na die karavaanpark terugvind.
Na ongeveer 15 minute, aldus die appellante, het Beukes hardop gevra: "Waar
de hel is Van Staden?" Crawford het gemompel dat Van Staden
seker weer by 'n
meisie was. Kort hierna het Beukes besluit om na sy familie te ry. Hulle het
skaars weggetrek toe hulle skote hoor
klap. Later het hulle by die polisiestasie
vasgestel dat Van Staden doodgeskiet was.
Die appellante het albei getuig dat
ondanks wat Van Staden gesê het hulle nie gedink het dat hy 'n ernstige
voorneme gehad het
om 'n roof te pleeg nie, en dat toe hul le in Unitystraat
stilgehou het hulle nie gemeen het dat hy na die kafee op pad was nie.
Beukes
het egter ook getuig dat hy vroeër 'n vermoede gehad het dat Van Staden
ernstig. kon wees en dat hy beplan het om hom
te oorrompel indien hy die daad by
die woord sou voeg. Hierdie weergawes is deur die ver-hoorhof verwerp en die
bevindings dienaangaande
is tereg nie
/op ...
8.
op appèl aangeveg nie.
Vroeg in sy uitspraak het die verhoorhof gesê:
"Die bewyslas berus op die Staat om bo redelike twyfel te bewys dat die
beskuldigdes kennis gedra het van wat Van Staden van voorneme
was om te doen,
dat hulle besef het dat enigeen wat Van Staden sou probeer keer of in hegtenis
sou probeer neem, dalk deur Van Staden
doodgeskiet sou word, en dat hulle
aktiewe bystand aan Van Staden verleen het onver-skillig of daardie moontlike
resultaat sou intree
al dan nie."
Die appellante se advokaat het betoog dat hierdie passasie neig tot 'n
oorvereenvoudiging van aspekte van die deelnemingsleer en dat
hulle gedraginge,
of altans die handel-inge van Crawford, nie kousaal tot die roof en die moord
by-gedra het nie. Meer bepaald is
betoog dat in die afwesig-heid van 'n
sameswering tussen Van Staden en die appellante laasgenoemde se gedraginge nie
oorsaaklik met
die pleeg van die misdrywe verbind kan word nie.
Die vraag is egter nie wat volgens die verhoorhof bevind moes word nie, maar
wat inderdaad bevind is. Om redes wat sal blyk, vind
ek dit dan ook onnodig om
op die regsbetoog aangaande mededaderskap en medepligtigheid in
te gaan.
/Wat ...
9.
Wat Beukes betref, het die verhoorhof bevind dat sy getuienis dat hy
nie aan die gepoogde rooftog "deelgeneem" het nie, nie redelik
moontlik waar kan
wees nie. Voorts is gesê dat Beukes "besef [het] dat 'n roof gepleeg sou
word en dat hy willens en wetens
daaraan deelgeneem het." Wat Craw-ford betref,
was die posisie, aldus die verhoorhof, "nog helder-der". Sy verklaring aan 'n
landdros
was naamlik 'n ondubbel-sinnige erkenning van betrokkenheid in die
pleging van die ge-poogde roof".
In bedoelde verklaring sê Crawford dat Van Staden
vir hom en Beukes by die karavaanpark ingelig het oor sy planne. Hy noem ook
dat hulle Van Staden in 'n donker straatjie afgelaai
het, dat hy die mus oor sy
kop getrek en sy pistool geneem het en in die straat afgestap het; dat hulle
later skote hoor klap en
toe gery het, en dat hulle daarna 'n polisieman op die
sy-paadjie sien lê het. Hy voeg dan by:
"Die afspraak was dat Van Staden vir ons geld sou kry. Ons moes vir hom wag
in die motor. Van Staden het gesê hy gaan
/nou ...
10. nou die 'job' trek en ons moes vir hom wag."
In 'n verdere verklaring sê Crawford dat Van Staden en Beukes "die hele
ding" beplan het, en dat hulle al op Oudtshoorn "daarvan
gepraat" het.
Indien op die inhoud van hierdie verklarings, en veral die eerste een, gelet
word, is dit vir my duidelik dat die verhoorhof, wat
Crawford betref, bevind het
dat die appellante en Van Staden saamgesweer het om 'n roof vir al drie se
voordeel te pleeg. Dieselfde
bevinding is, meen ek, ten aansien van Beukes
bereik want betreffende beide appellante is gekonkludeer dat hulle aan die
gepoogde
roof deelgeneem het, met slegs die byvoeging dat die posi-sie ten
opsigte van Crawford "nog helderder" was.
Ondanks 'n betoog tot die teendeel van die appellante se advokaat ten opsigte
van Crawford, was hierdie bevind-ings volkome geregverdig.
Crawford het van sy
verklaring probeer wegskram deur te getuig dat hy met die "afspraak"
/dat ...
11.
dat Van Staden vir hulle geld sou kry, verwys het na 'n irrelevante en
onbenullige voorval die betrokke oggend toe Van Staden geld
getrek het en vir al
drie ontbyt gekoop het. Sy verduideliking was in een woord onsinnig, en in die
samehang waarin hy in sy eerste
verklaring na die af-spraak verwys, is dit
duidelik dat dit op die voorgenome roof slaan. Crawford se tweede verklaring
doen nie
af aan hierdie gevolgtrekking nie, raaar versterk dit eerder.
Crawford se verklarings is natuurlik nie toelaat-bare bewysmateriaal wat
Beukes betref nie. Beukes se bereidwilligheid om sy jekker
en seilskoene aan Van
Staden beskikbaar te stel; sy aanbod dat laasgenoemde sy mus moes gebruik, en
die vervoer van Van Staden na
'n plek naby die kafee waar die appellante op hom
sou wag, gekoppel aan die feit dat hy 'n leuenagtige getuie was, lei egter
onaf-wendbaar
tot die gevolgtrekking dat hy deelgeneem het aan 'n sameswering om
'n roof vir al drie se voordeel te pleeg. Die appellante is gevolglik
tereg op
die tweede aanklag
/skuldig ...
12.
skuldig bevind.
Wat die moordklag betref, is betoog dat hoewel die appellante die intrede van
die gevolg - Rogers se dood - voorsien het, hulle hul
nie daarmee versoen het
nie. In hierdie verband is gesteun op 'n passasie uit Van Hattum,
Hand- en
Leerboek van het Nederlandse Straf
-
recht
, deel 1, pp 250-1, wat
aangehaal is in
S v Dladla en Andere
1980 (1) S A 1
(A) 4. Op grond
daarvan is aangevoer dat die appellante nie aan moord skuldig was nie tensy
afgelei kan word dat hulle sou gehandel
het selfs indien hulle
seker
was
dat 'n persoon tydens die rooftog deur Van Staden gedood sou word.
Eerstens dien daarop gelet te word dat Van Hattum melding maak van twee
formules waarvolgens geoordeel moet word of 'n persoon die
voorsiene gevolg op
die koop toe geneem het. Die formule waarop die advokaat vir die ap-pellant
steun, word die voorstellingsteorie
genoem. Vol-gens die wilsteorie is die vraag
egter: wat sou die dader
/liewer ...
13.
liewer wou gewil het - die verwesentliking van die beoogde gevolg tesame met
die nie-beoogde gevolg, of die agterweë laat van
sy handeling en dus ook
van die beoogde gevolg)?
In sy aparte uitspraak in
Dladla
gee Jansen R nie te kenne welke een
van die teorieë hy verkies nie en selfs nie dat hy 'n voorstander van een
daarvan is nie.
In ons praktyk is daar dan ook geen steun vir enige van die
for-mules te vind nie.
Wat word egter bedoel wanneer gesê word, soos in talle uitsprake gebeur
het, dat 'n dader hom met 'n voorsiene gevolg versoen
het, of dit op die koop
toe geneem het, of roekeloos teenoor die intrede daarvan gestaan het? Al-vorens
hieroor besin word, is dit
egter nodig om iets oor die voorsienbaarheidselement
te sê.
In
R v Bergstedt
1955 (4) S A 186
(A) 188, is
nog
gepraat van kennis van die dader dat "there was
some pro-
bability" dat die gevolg sou intree. Reeds in
R v
Thibani
1949 (4) S A 720
(A) 729-30, is die vraag egter
/oopgelaat ...
14.
oopgelaat of voorsiening van die intrede van 'n "remote" moontlikheid nie
genoegsaam was nie. Later is die vraag in 'n reeks gewysdes
bevestigend
beantwoord. Sien o a
S v De Bruyn en 'n Ander
1968 (4) S A 498
(A) 510,
S v Shaik and Others
1983 (4) S A 57
(A); en
S v Ngubane
1985 (3)
S A 677
(A) 685.
Suid-Afrikaanse skrywers verskil van mekaar oor die vraag of naas die
voorsienbaarheidselement daar in
dolus eventualis
nog 'n verdere element
opgesluit lê. Die-gene wat die negatiewe leer, vereis egter dat die dader
die moontlikheid as "reëel"
of "konkreet" of op 'n ander wyse byvoeglik
gekwalifiseer, moes voorsien het. Hulle teenstanders vereis
'n
voluntatiewe element maar gee nie inhoud daaraan nie.
Daar is, sover ek kon nagaan, geen gewysde waar-in pertinent beslis is dat'n
dader 'n gevolg voorsien het maar nie onverskillig teenoor
die intrede daarvan
gestaan het nie. Die rede is voor die hand liggend. Die kanse
/dat ...
15.
dat 'n beskuldigde sal erken, of dat uit ander direkte getuienis sal blyk,
dat hy inderdaad 'n verwyderde gevolg voorsien het, is
bitter skraal. 'n Hof
maak dus 'n af-leiding aangaande 'n beskuldigde se gemoed uit die feite wat
daarop dui dat dit, objektief gesien,
redelik moontlik was dat die gevolg sou
intree. Indien so 'n moontlikheid nie bestaan nie, word eenvoudig aanvaar dat
die dader nie
die gevolg in sy bewussyn opgeneem het nie. Indien wel, word in
die reël uit die blote feit dat hy handelend op-getree het af
gelei dat hy
die gevolg op die koop toe ge-neem het.
Dit kom my dus voor dat die tweede element nor-maalweg slegs bevredig is
indien die dader die intrede van die gevolg as 'n redelike
moontlikheid voorsien
het. Is dit dan nog nodig om twee kriteria in verband met
dolus
eventualis
te formuleer, of kan volstaan word met die enkele vereiste dat
die dader die gevolg as 'n rede-like moontlike een aangemerk het?
Ek meen dat
die twee kriteria wel nog nut het. Eerstens kom hulle ter
/sprake ...
16.
sprake indien 'n dader besef dat 'n gevolg bes moontlik kan intree, maar dan
stappe neem om teen die intrede daarvan te waak. Wesliswaar
sou in so 'n geval
gesê kon word dat die dader uiteindelik nie die gevolg as 'n redelike
moontlikheid in ag geneem het
nie,
maar die tweeledige toets vervul dan
tog 'n praktiese funksie. Tweedens kan dit gebeur dat 'n dader aanvanklik nie
die intrede van
die gevolg as redelik moontlik aangemerk het nie, maar nadat die
kousale verloop 'n aanvang geneem het, tot 'n veranderde siening
kom. In so 'n
geval sou hy onverskillig teenoor die intrede van die gevolg staan indien hy nie
stappe doen om die kousale verloop
te beëindig nie. Neem bv die geval
waarin A, B, C en D saamsweer om 'n roof te pleeg A, die leier, en D sal volgens
die af spraak
in 'n motor wag terwyl B en C die rooftog onderneem. A deursoek B
en C om seker te maak dat hulle geen wapens by hulle het nie, veral
omdat hy
weet dat hulle ligtelik van messe gebruik maak. Tevrede in sy gemoed dat niemand
sal sterf nie,
/laai ...
17.
laai A vir B en C by die betrokke perseel af. Terwyl hulle na die gebou
daarop stap, vertel D vir A dat hulle vroeër die betrokke
dag messe op die
perseel versteek het. Nou voorsien A dat hulle, as 'n redelike moontlikheid,
iemand wat hom teen die roof verset,
kan dood. Indien A nie stappe neem ora
hierdie gevolg te vermy nie, staan hy onverskillig daarteenoor.
Ek keer dan terug na die feite van hierdie geval. Beukes en Crawford het
beide geweet dat Van Staden met
'n
gelaaide vuurwapen na die kafee gestap
het. Hulle het ook geweet dat hy vroeër gesê het dat hy enigiemand
sou skiet wat
hom gedurende die voorgenome rooftog sou teen-staan. Hulle het dit
dus
as
'n redelike - indien nie sterker nie - moontlikheid voorsien dat
Van Staden iemand sou kon doodskiet. Desnieteenstaande het hulle
saamge-werk en
derhalwe onverskillig teenoor die intrede van die voorsiene gevolg gestaan.
/Die ...
18. Die appelle word gevolglik afgewys.
H.J.O. VAN HEERDEN AR
RABIE WHR
STEM SAAM
VILJOEN AR