S v Nongogo (5/1986) [1987] ZASCA 104 (25 September 1987)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Possession of drugs — Appeal against conviction — Appellant found in possession of Mandrax tablets — Claimed possession was to dispose of drugs belonging to her husband — Trial court found appellant's explanation implausible and her testimony unreliable — Appeal dismissed as appellant failed to discharge the burden of proof to negate possession.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1987
>>
[1987] ZASCA 104
|

|

S v Nongogo (5/1986) [1987] ZASCA 104 (25 September 1987)

LL
Saak No 5/1986
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPeLAFDELING
Insake die appel van:
VICTORIA NONGOGO
Appellante
teen
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: CORBETT, VAN HEERDEN ARR et NICHOLAS
WAR
VERHOORDATUM
: 21 SEPTEMBER 1987
LEWERINGSDATUM
: 25 SEPTEMBER
1987
UITSPRAAK
/
VAN HEERDEN AR
...
2.
VAN HEERDEM AR
:
Die appellante is in 1983 in besit gevind van 32 Mandrax tablette bevattende
metakaloon. Sy is in die landdroshof aangekla van 'n
oortreding van art 2 (a) ,
al-ternatiewelik 2 (b), van Wet 41 van 1971. Sy het op die alternatiewe
aankïag skuldig gepleit,
erken dat sy in besit van die tabiette gevind is,
en toe getuienis ge-gee ter weerlegging van die vermoede vervat in art 10 van
die
wet. Sy is op die hoofklag skuldig bevind en ge-vormis tot 5 jaar
gevangenisstraf. Haar appël na die Kaapse Provinsiale Afdeling
is afgewys
en met die nodige verlof is die onderhawige appêl slegs teen die
skuldigbe-vinding gerig.
Die appellante, 'n Swart huisvrou, en haar man was in Guguletu woonagtig.
Gedurende die naweek voor Maandag, 22 Augustus 1983, is
een of ander partytjie
in hulle huis gehou wat eers die Maandagoggend tot 'n einde gekom het. Die
appellante se weergawe was dat
haar man toe reeds vir 'n tydperk van twee jaar
aan verdowings-
/middels ...
3.
middels verslaaf was. Sy het hom voorheen gemaan om van
dié middels af te sien maar hy wou nie gehoor gee. nie en gedurende
die
naweek het hy weer daarvan gebruik. Omstreeks 6 vm op die Maandagoggend het hy
gaan slaap. Sy het toe gemerk dat hy 'n plastieksakkie
met tablette in sy
broeksak steek. Toe hy aan die slaap was, het sy die sakkie verwyder en op haar
persoon versteek met die voorneme
om dit dié aand in 'n bos oorkant die
straat weg te gooi. Omstreeks 12 nm het die polisie egter by hulle huis
opgedaag. Sy
is deur 'n polisievrou gevi-senteer en die sakkie met tablette is
op haar gevind.
Die landdros het nie net bevind dat die appel-lante haar nie van haar
bewyslas gekwyt het nie, maar het tot die slotsom gekom dat
haar weergawe nie
redelik moont-lik wáar was nie. Nadat die landdros hierdie slotsom bereik
het, het hy en
passant
gemeld dat 'n nadelige af-leiding teen die
appellante gemaak kon word uit die feit dat haar man nie getuienis ter stawing
van haar
weergawe
/gegee ...
4.
gegee het nie. Dit was waarskynlik hierdie opmerking wat daartoe gelei het
dat die appellante 'n aansoek aan hierdie hof gerig het
vir terugverwysing van
die saak na die landdros en heropening daarvan sodat haar man ten gunste van
haar kan getuig. Dié aansoek
is egter by die verhoor van die appèl
tereg laat vaar en dit is on-nodig om enigiets verder daaroor te sê.
Die landdros het ook bevind dat die appellante 'n swak getuie was wat
haarself weerspreek het en vrae ont-wykend beantwoord het. Voorts
is haar
weergawe waarom sy nie vroeg die betrokke oggend van die tablette ontslae geraak
het nie, as hoogs onwaarskynlik bestempel.
Die appellante se advokaat het enkele oorwegings geopper ter onderskraging
van sy betoog dat sy haar van haar bewyslas gekwyt het.
Dié is egter so
klaarblyklik ongefundeer dat nadere toeligting nie nodig is nie. Ek hoef slegs
te meld dat ek die landdros
se sienswyse aan-gaande die waarskynlikhede deel.
Volgens die appellante
/sou ...
5.
sou haar man vermoed het dat sy die tablette verwyder het wanneer hy
agtergekom het dat dit nie meer in sy broeksak was nie. Sy het
dus rede gehad om
so gou moont lik van die tablette ontslae te raak, te meer aangesien sy geweet
het dat die besit daarvan onwettig
was. Tog het sy die tablette vir nagenoeg ses
uur by haar gehou, terwyl niks haar verhoed het nie om dit byvoorbeeld in 'n
asdrom
te gooi, in 'n toilet af te spoel, of in die bos oorkant die huis weg te
gooi. Die appellante se verduideliking waarom sy dit nie
gedoen het nie, is dan
ook heeltemal onaanvaarbaar.
Gevolglik word die appèl afgewys.
H.J.O. VAN HEERDEN AR
CORBETT AR
STEM SAAM
NICHOLAS WAR