Van Biljon v Theron (152/86) [1987] ZASCA 94 (22 September 1987)

70 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Contract — Cancellation — Misrepresentation — Appellant sought payment for shares sold to respondent, who counterclaimed for cancellation of the contract based on alleged misrepresentation regarding the company's solvency — Respondent claimed he was misled into purchasing shares that were ultimately worthless due to the company's insolvency, which appellant allegedly concealed — High Court ruled in favor of respondent, finding that respondent had established his claims and appellant failed to prove waiver of rights — Appeal dismissed, confirming the validity of the cancellation and the basis of the counterclaim.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1987
>>
[1987] ZASCA 94
|

|

Van Biljon v Theron (152/86) [1987] ZASCA 94 (22 September 1987)

Saaknommer 152/86 mp
IN DIE HQOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPeLAFDELING)
In die saak tussen:
HENDRIK JOHANNES VAN BILJQN
Appellant
en
FRANCOIS DOMINICUS
THERON
Respondent
CORAM:
RABIE, Wn HR, VAN HEERDEN, AR et STEYN, Wn AR
VERHOOR:
31 Augustus 1987
GELEWER:
22 September 1987
UITSPRAAK
STEYN, Wn AR
1
STEYN, Wn AR
,
In die Hooggeregshof
van Suidwes-Afrika het appellant betaling van R2 4 005 met rente
a tempore
morae
van respondent gevorder. Dit is die uitstaande saldo op die koopprys
van sy 61% aandeelhouding in Namibia Bricks (Edms) Bpk (die maatskappy)
wat
respondent van hom gekoop het op 25 Augustus 1981 te Windhoek. Appellant het
aan
respondent lewering van die aandele aangebied teen betaling van die
gemelde saldo.
Respondent het die vordering teengestaan en op sy beurt
in 'n
teeneis
kansellasie van d
ie
koopkontrak gevorder en ook terugbetaling van die som
van R25 995 wat hy reeds op gemelde koopsom afbetaal het, asook skadever=
goeding
ten bedrae van R116 684,49. In die alternatief het hy vermindering van
die koopsom na R1,00 geëis en terugbetaling van R25 994
asook betaling van
voornoemde skadevergoeding.
Die
2
Die skadevergoeding wat respondent in sy teeneis gevorder het,
is soos volg saamgestel:
"a) Aanspreeklikheid aan Barclays
Nasionale Bank Bpk as borg ingevolge
klousule 2(i) van die ooreenkoms R60 000,00
plus rente daarop volgens hersiende bankkoers bereken vanaf die 25ste Augustus
1981.
b) Aanspreeklikheid aan Bank van Suidwes-Afrika Bpk as borg, ingevolge klousule
2 ( ii) van die ooreenkoms, welke eise aan
Barclays Nasionale Bank Bpk gesedeer
is R21
412,00
plus rente bereken vanaf 3 Maart 1982.
c) Gelde wat aan die maatskappy geleen en voorgeskiet moes word vir die
voortsetting van sy besigheid R12 272,49
d) Uitbetaling van leningsrekening van advokaat J P Botha S C
ingevolge
klousule 8 van die ooreenkoms R23
000,00
R 116 684,49
Die Hof
a quo
het appellant se eis van die
hand gewys en op die teeneis uitspraak gegee ten gunste van
respondent
3.
respondent met uitsondering van die eis ten opsigte van die R 23 000 aan adv
Botha betaal, wat van die hand gewys is. Kostebevele
het daardie resultate
gevolg, met uitsondering van 'n kostebevel ten gunste van appellant wat op 5
November 1984 deur die hof gemaak
is betreffende die verspilde koste van die
uitstel van die verhoor. Laasge=
noemde
bevel het staande gebly en
daar is geen appèl daarteen
nie.
Appellant kom nou met verlof van die Verhoorhof in hoër beroep na
hierdie Hof teen die afwysing van sy vordering en respondent
het 'n
teen-appèl aangeteken teen die weiering van sy vordering aangaande die
betaling aan adv Botha. (Die teen-appèl
is in hierdie Hof laat vaar).
Appellant se eis is gegrond op respondent se versuim om te voldoen aan die
betalingsvoorwaardes van die koopkontrak. Dit is 'n geskrewe
ooreenkoms, en
klousule (1) daarvan bepaal o a dat die koopsom van R50 000 betaalbaar
is
4.
is by wyse van 24 maandelikse paaiemente van R2 375 elk, die eerste daarvan
betaalbaar op die 7de September 1981 en die res voor of
op die 7de dag van elke
daaropvolgende maand. Indien enige betaling nie stiptelik gemaak word nie, is
die hele uitstaande saldo onmiddellik
betaalbaar .
Dit is gemene saak dat die partye die koop= kontrak aangegaan het soos deur
appellant beweer en dat
respondent die paaiemente betaal het tot Maart 1982 maar
een
versuim het om die van April te betaal. Appellant se
dagvaarding is uitgereik op 19 April 1982. Op respondent se aansoek is die
maatskappy gedurende Julie 1982 finaal gelikwideer.
Soos gepleit, is respondent se verweer en teeneis gegrond op die volgende
bewerings:
1) a. dat die maatskappy te alle relevante tye, en in besonder op 25 Augustus
1981, insolvent was, en b. dat die gemelde aandele toe
vir alle praktiese
doeleindes waardeloos was;
2) dat
5
2) dat gedurende die onderhandelings tussen die partye
wat die koopkontrak
voorafgegaan het, en ook tydens
die aangaan daarvan:
a. respondent onbewus was van die maatskappy se
insolvensie, maar dat
b. appellant van die insolvensie bewus was en dit
verswyg het; of alternatiewelik
3) a. dat appellant gedurende die
voormelde onderhan=
delings die volgende wesenlike wanvoorstellings aan respondent gemaak het met
die bedoeling dat hy daardeur beweeg moet word om die
aandele te koop: (i) dat
die maatskappy solvent en winsgewend
was, en (ii) dat die omset daarvan al op
'n
keer
R3 8 000 in 'n maand was; b. dat respondent geglo het dat dié
voorstellings
waar was en daardeur tot sy nadeel beweeg is om
die kontrak aan te gaan.
4} dat
6
4) dat die appellant òf bedrieglik, òf roekeloos
òf
nalatig opgetree het toe hy aldus verswyg of
alternatiewelik
voorgegee het
5)dat respondent gevolglik geregtig was om die koopkon= trak te kanselleer,
wat hy inderdaad op 2 Junie 1982 gedoen het, en dat hy
ook geregtig was op die
terugbetaling en skadevergoeding deur hom gevorder.
Die kêrn van respondent se verweer en teeneis is gevolglik die
insolvensie van die maatskappy, appellant se onregmatige misleiding
van hom
daaromtrent, en sy besluit as gevolg daarvan om die koopkontrak tot sy nadeel
met appellant aan te gaan. Hy het derhalwe
appellant se vordering met
teenwerping erken. Appellant het respondent se bewerings ontken en in die
alternatief gepleit dat respondent
"sy reg op terugtrede verbeur het deurdat hy
uitdruklik, alternatiewelik, stilswyend, 'n keuse uitgeoefen het om met die
ooreenkoms
voort te gaan; alternatiewelik
het
7.
het (hy) afstand gedoen van sy reg om uit die kontrak terug te tree."
Die bewyslas was derhalwe op respondent om
sy teenwerpende bewerings op 'n
oorwig van waarskynlikhede te bewys en op appellant om insgelyks die beweerde
ver= beuring of afstanddoening
te bewys. Die verhoorhof het beslis dat
respondent en appellant onderskeidelik daarin geslaag en misluk het om hulle van
daardie
bewyslaste te kwyt.
Voordat die korrektheid al dan nie van die
Verhoorhof se beslissings oorweeg word, is dit nodig om eers die relevante
feite uiteen te sit. Die benadering en bevindings van daardie
hof verg 'n
breedvoerige uiteensetting van die verloop van sake tot die sleuteldatum van 25
Augustus 1981.
Namibia Bricks (Edms) Bpk was 'n private
maatskappy wat op 2 6 Junie 1980 ingelyf is met 'n gemagtigde aandelekapitaal
van 4000 aandele van R1,00.elk. Slegs
100
8
100 aandele is egter uitgereik. Daarvan is 61 aan appellant toegeken en
39 aan J P Botha. Appellant is
'n
prokureur en soos reeds aangedui, is
Botha 'n advokaat. Albei het destyds in Windhoek gepraktiseer.
Die maatskappy se aktiwiteite was toegespits op die boubedryf en dit het op
twee persele sake gedoen. Op die een, 'n gehuurde perseel
naby die Swakoprivier
in die omgewing van Okahandja,is sementstene vervaardig. Die sand daarvoor
benodig is van die Swakoprivier
verkry. Na hierdie perseel sal verwys word as
die steenperseel. Dit is deur die maatskappy gehuur van die South West Asbest
Cement
Company (Asbest) teen 'n
huurgeld van R25,00 per maand en blykbaar
vir die tydperk vanaf ongeveer Julie 1980 tot 31 Mei 1981 en daarna hernubaar
teen 'n huurgeld
waarop dan ooreengekom sou moes word.
Die ander perseel was geleë op 'n plaas ongeveer 20 km van die
steenperseel af, langs 'n sytak van dieselfde rivier. Uit daardie
sytak is
riviersand en klip verwyder
en
9.
en op die perseel gesif om bousand te verkry, asook ver=
skillende groottes klip wat in vier afsonderlike hope, onderskeidelik van
klip
met deursneë van 10, 19 en 32 mm, en groter, gesorteer was. Heel aan die
begin van die maatskappy se werksaamhede aldaar
is, as 'n voorsorgmaatreël,
'n noodvoorraad van gemengde materiaal versamel in 'n groot opgaarhoop (die sg
"stockpile") wat
gebruik kon word indien die rivier sou afkom. Die klip en sand
is van die rivier na die plek waar dit op die perseel gesif is, vervoer
deur
verskeie kontrakteurs, te wete mnre Mulder en du Plessis en blykbaar ook 'n mnr
Prins, en ook deur die maatskappy in sy eie
vragmotor.
Onbruikbare materiaal is van die sifplek verwyder na sg "uitskothope",
Hierdie perseel heet die klipperseel. Die klip daar ontgín
was ronde
spoelklippe wat uiters geskik was vir bou- en betonwerk, asook vir die maak van
die tipe steen wat op die steenperseel
vervaardig is.
Van
10.
Van daardie klip is gereeld soontoe vervoer vir daardie doel.
Die bestanddele van die stene was sand, sement en fyn klip wat met water
gemeng
is in die vervaardigingsproses
Op 9 Augustus 1980 het die maatskappy 'n geskrewe kontrak aangegaan met 'n
sekere Nieuwenhuisen, die eienaar van die klipperseel,
vir die aankoop van die
sand en klip. Die duur daarvan was vanaf 18 Julie 1980 tot 31 Desember
1980 maar dit was hernubaar op 'n jaarlikse basis ter keuse
van die maatskappy. Betaling vir die ontginde materiaal is
gereël deur klousules (2) en (3) van die ooreenkoms wat só gelui
het: "(2) Die koopprys van die gemelde klip en sand sal
wees R1,20 per kubieke
meter wat deur die koper of sy genomineerde vanaf die eiendom verwyder word. (3)
Die gemelde geld sal betaalbaar
wees aan die einde van elke lopende maand vir
die hoeveelheid kubieke meter wat aldus deur die koper of sy verteenwoordiger
van die
gemelde eiendom verwyder is. Die bedrag sal in kontant betaalbaar wees
teen voorlegging van state en vasstelling
van
11.
van die bedrag tussen die koper en die
verkoper." 'n Eskalasiebepaling is vervat in kl 6 wat só gelui het:
"Die prys van Rl,20 .... per kubieke meter sal aangepas word deur 'n 5% (vyf
persent) eskalasie daarby te voeg vir elke jaar wat die
kontrak duur."
Vir die jaar beginnende op 9 Augustus 1981
sou die prys gevolglik. R1,26 per kub meter gewees het indien die kontrak vir
die jaar 1981 hernu sou word. Soos later
hierin uiteengesit, blyk dit dat hierdie kontrak wel hernu was vir die jaar
1981.
Die plaas waarop die klipperseel geleë is, is later deur 'n sekere
Nieuwoudt van Nieuwenhuisen gekoop en die kontrak is toe ook
deur hom
oorgeneem.
Vir doeleindes van die voornoemde werksaamhede het die maatskappy redelik
omvangryke verbeterings op albei persele aangebring en het
appellant voertuie,
masjinerie en toebehore aangeskaf wat hy op 28 Julie 1980 teen 'n geringe wins
aan die maatskappy verkoop het
vir R102 990.
Appellant was die enigste direkteur van die
maatskappy
12.
maatskappy en het die bestuur daarvan behartig vanaf sy
prokureurskantoor in Windhoek. Die boekhoudster van sy praktyk, mev Agatha
Esterhuizen, het ook die maatskappy se boekhouding behartíg. Die
ouditeurs daarvan was die firma G J Hanekom en Kie en mnr
G J Hanekom, 'n
geoktrooieerde rekenmeester, is die senior vennoot daarin.
Die ouditering van die maatskappy se boeke
is kort na 28 Februarie 1981 uitgevoer deur een van die firma se senior
klerke, mnr Liebenberg, onder toesig van mnr Hanekom en in
oorleg met
appellant.
Teen ongeveer die middel van 1981 het appellant besluit om na die RSA te
verhuis (wat hy gedurende Maart 1982 gedoen het) en om sy
aandele in die
maatskappy te verkoop. Hy het 'n sekere mnr Esterhuizen, (blykbaar nie verwant
aan die reedsgenoemde mev Esterhuizen
nie), wat toesig gehou het by die
maatskappy se persele, versoek om vir hora navrae te doen na
'n
koper.
Gedurende
Julie
13.
Julie 1981 het appellant se seun, Christiaan Adriaan Theron
(Christie), vir appellant gebel. Hy het belang gestel in die koop van
die
maatskappy se besigheid. Appellant het hom versoek om die twee persele te 'gaan
besoek en hom beduie hoe om daar te kom.
Christie het toe reeds redelike ondervinding gehad van steengroef- en
klipontginningswerk. Hy het bv
vir 2-3 jaar gewerk by 'n
dolorietvergruisingsonderneming op Keetmanshoop en vir 4-5 jaar by die
steengroewe van die Rossing-uraanmyn
naby Swakopmund. Hy was steeds by
laasgenoemde plek werksaam toe hy met appellant in verbinding getree het maar
wou daar weg weens
mediese advies dat hy vir die beswil van sy dogtertjie, wat
'n asmalyer was, liewers met haar na die binneland moes verhuis. Heel
waar=
skynlik het hy deur Esterhuizen verneem van die maatskappy en appellant se
planne daarmee.
Kort na sy telefoongesprek met appellant het Christie hom op kantoor gaan
spreek. Hy het in die koop
belang
14.
belang gestel. Hy het klaarblyklik die
maatskappy se persele gaan besigtig soos appellant voorgestel het en was tevrede
met wat hy
daar gesien het. Die boeke van die maatskappy is deur mev Esterhuizen
aan hom voorgelê en deur appellant verduidelik, maar
die voormelde
finansiële state was nog nie beskikbaar nie. Appellant het egter o a die
omsetsyfer en die toerustings-, debiteur-
en krediteurlyste aan Christie gewys.
Hy het aan appellant te kenne gegee dat hy graag die boeke op sy eie wou
deurgaan en gevra
of hy hulle met hom kon saamneem. Hy is toegelaat om dit te
doen en is weg daarmee. 'n Paar dae later het hy die boeke teruggebring.
Christie was toe vasbeslote om te koop. Hy en appellant het die terme
bespreek. In die loop van die gesprek het dit vir appellant
du'idelik geword dat
Christie nie finansiëel baie sterk was nie en hy het toe daarop aangedring
dat Christie 'n borg moes kry.
Lg het 'n sekere mnr Jan Wiese van Hentiesbaai as
borg gekry en hom aan
appellant .......
15.
appellant gaan voorstel . Wiese was gewillig om vir Christie borg te
staan maar wou hom nie verbind voordat 'n balansstaat van die
maatskappy aan sy
bankbestuurder voorsien was nie. Appellant het onderneem om dit te doen.
Op pad terug van appellant af het Christie en
Wiese die aand aangedoen by
respondent op Okahandja. Christie was baie optimisties oor die beoogde
transaksie en Wiese
was in 'n opgewekte stemming.
'n Koopkontrak is kort na Christie en Wiese se
besoek aan hom deur appellant opgestel in tsrme waarvan
Christie sy 61% aandeelhouding in die maatskappy voetstoots koop vir
die som van R50 000 wat hy appellant daarvoor aangebied het. Appellant wou
meer gehad het maar Christie wou nie hoër gaan nie.
Dit was 'n voorwaarde
van die ooreenkoms dat dit in werking sou tree na ondertekening daarvan deur die
borg. Op 6, Augustus 1981
het Christie die kontrak onderteken en die akte van
oprigting en statute van die maatskappy ontvang.
Op
16.
Op 12 Augustus het appellant die maatskappy se
konsep
finansiële state vir die tydperk tot 28 Februarie 1981 van die ouditeure
ontvang. Op dieselfde dag het hy 'n afskrif daarvan
versend aan Wiese se
bankbestuurder op Swakopmund.
Volgens daardie state het die leningsrekenings van appellant en Botha
gesamentlik R157 156,10 beloop en was hulle onder "langtermynverpligtinge"
aangedui as "onversekerde lenings van aandeelhouers waarop geen rente betaal
word nie en geen reëlings met betrekking tot terugbetaling
getref is
nie."
Die waarde van die maatskappy se vaste bates
is gestel op R153 161, synde Rl9 938 vir geboue ern strukture op gehuurde
eiendom, en R133 223 vir masjinerie en toe= rusting na toelating
vir
waardevermindering.
Die waarde van die voorraad is aangegee as R103 975/wat soos volg saamgestel
is:
429500 stene
17.
429 500 stene @ R50 per duisend = R21 475
3000 m
3
bousand @ R3,50 = R10 500
16 000 m
3
vergruisde klip @ R4,50 = R72 000
Hierby is die volgende nota gevoeg:
"Daar was geen fisiese opname van voorraad
gemaak nie en die grootste
gedeelte van die
voorraad is baseer op beraamde hoeveelhede
wat deur die
direksie waardeer is".
In die ouditeursverslag is die volgende opmerking ook gemaak
t o v die voorrade:
"Die maatskappy het nie 'n fisiese opname van voorraad gemaak nie en die
maatskappy se rekords het nie die aanwending van voldoende
alternatiewe
ouditprosedures met betrekking tot die voorrade toegelaat nie."
Die balansstaat het 'n opgehoopte verlies getoon van Rl 309 ,63. In die
"Algemene Oorsig"-af deling van die ouditeursverslag word
daarna verwys as 'n
geringe verlies . "
Afgesien van 'n opwaartse aanpassing van die ouditgelde is die konsepstate op
12 Augustus deur die maatskappy goedgekeur. Op 24 Augustus
1981 is die finale
state aan appellant verskaf.
Alhoewel
18
Alhoewel daar met betrekking tot die voorrade in die state verwys word na
"vergruisde klip" het die verwysing in der waarheid betrekking
op gesifte klip
want dit was nie vir die maatskappy nodig om enige klip te vergruis nie, en was
daar nooit enige vergruising daarvan
gedoen nie.
Dit is nie duidelik wat die reaksie van Wiese se bankbestuurder op die
finansiële state was nie. Op aandrang van sy vrou het
Wiese egter besluit
om nie meer vir Christie borg te staan nie. Hy het Christie van sy besluit
verwittig.
Christie, wat reeds sy werk by Rössing bedank het en na
Okahandja verhuis het, het hom toe na respondent gewend om in Wiese se
plek vir
hom borg te staan. Respondent was toe in diens van Agra Koöperatief Bpk as
"lewende hawe-beampte" en het die bemarking
van lewende hawe deur die
koöperasie se Okahandja-tak behartig. Daarbenewens was hy ook 'n beesboer
wat op ongeveer 13 500 hektaar
met om en by 1000 beeste geboer het. Van die
grond was 4500
hektaar
19. hektaar syne en die res huurgronde.
Christie het aan respondent gesê (in dié se
eie woorde tydens
kruisondervraging) dat daar baie stene en klip is "en as hy daardie goed kan
verkoop dan het hy. amper al die besigheid
betaal en dan sal hy baie goed kan
floreer en vooruit kom". Weens Christie se vorige werksondervinding het
respondent staatgemaak
op sy medelings en besluit om hom te help. Sy vrou (mev
Theron) , Christie se stiefma,
wat ook by die Agra Kooperasie werksaam was, het, hoewel met bedenkinge, raet
haar man saamgestem dat Christie onder die omstandighede
deur hulle gehelp sou
moes word. Sy het tydens kruisondervraging hul houding so beskryf:
"My man het vir Christie gehelp bloot om die rede dat hy al klaar sy trek
daar gehad het, hy het sy werk bedank, ons wou hom nie gehelp
het nie. Toe kan
jy sê het ons eintlik onder verpligting gestaan om hom te help, want hy
het nou klaar sy werk verloor. Toe
sê ek vir my man as ons onder 'n
verpligting staan om ook deel in die besigheid te hê, dan sien ek liewers
kans dat ons
as
'n......
20.
'n mede-koper moet intree, wat nie net bloot borg staan
nie."
Respondent het met haar saamgestem en besluit
dat hy en Christie as
mede-kopers saam die aandele moet koop. Hy en sy vrou se hoofbeweegrede om
Christie op hierdie besondere manier
te help, was dat hulle Christie se
bestuurs= vermoë wantrou het en dat hulle sodoende beter beheer sou kon
uitoefen oor sy bestuur
van die besigheid en derhalwe
groter sekuriteit kon verseker vir enige gelde wat respondent in die
onderneming sou moes stort.
Hulle het besef dat appellant se toestemming
nodig was vir die verwesenliking van die nuwe plan. Respon= dent en Christie
het hom toe daaroor gaan spreek. Maar die getuienis toon
dat respondent reeds
die vaste voorneme gehad het om 'n mede-koper te word nog voordat hulle na
appellant gegaan het.
Appellant het hul voorstel aanvaar en die bestaande kontrak sou
dienooreenkomstig aangepas word.
Op
21 .
Op hierdie geleentheid is die boeke van die
maatskappy volgens appellant en mev Esterhuizen aan respondent en Christie
getoon en weer eens kortliks verduidelik en het die Therons
die boeke saam met
hulle geneem. Mev Esterhuizen het getuig dat hulle die boeke na 2 - 3 dae weer
teruggebring het.
Christie het nie tydens die verhoor getuig nie.
Hy het wel op 'n vroeër stadium, in 'n onsuksesvolle aansoek om summiere
vonnis van appellant teen respondent,
'n
beëdigde verklaring ter
ondersteuning van appellant gemaak; maar hy is nie deur enige van die partye as
getuie in die verhoor
geroep nie.
Respondent het ontken dat die boeke toe aan hom getoon is en het getuig dat
hy hulle vir die eerste keer gesien het op 17 September
1981 toe hy en Christie
die boeke by appellant gaan haal het. Hy het hierdie geleentheid gekoppel aan 'n
verkeersboete wat Christie
toe gekry het, wat
hy
22.
hy onthou het. Mev Theron het hom gestaaf wat die datum betref, maar
eers nadat sy tydens 'n uitstel van die saak haar man se getuienis
gelees het.
Vroeër het sy getuig dat die boeke eers op 17 Oktober aan hulle oorhandig
is. Christie het egter reeds 'n hele aantal
maatskappytjeks voor 17 September
uitgeskryf, die eerste daarvan al op 26 Augustus 1981. Respondent en sy vrou kon
dit nie verduidelik
nie.
Met hul terugreis van appellant af na hul
eerste besoek aan hom het respondent en Christie in die laat namiddag die
maatskappy se persele gaan besigtig. Volgens respondent
het Christie aangedring
om die persele aan hom te gaan wys.
Op 25 Augustus 1981 is die gewysigde ooreenkoms deur die drie betrokkenes
onderteken. Daar was egter geen wysiging van die koopsom
of die
betalingsvoorwaardes nie. Die bewoording van die nuwe kontrak laat ook blyk dat
dit
'n.....
23.
'n aanpassing van 'n vooraf bestaande ooreenkoms was. So
is daar bv herhaaldelik verwys na "díe koper". 'n Voorbeeld
daarvan is kl 4 , wat só lui:
"Die koper erken dat hy alle bates van die maatskappy geïnspekteer het
en dat hy tevrede is daarmee."
Respondent het die nuwe kontrak egter sonder
beswaar onderteken en nooit te kenne gegee dat hy van daardie klousule
onbewus was of dat dit nie ook op hom van toepassing was nie.
Respondent en Christie het die bestuur van die maatskappy se werksaamhede
onmiddellik na ondertekening van die nuwe kontrak oorgeneem,
en appellant het
hom nie daarna daarmee ingemeng nie alhoewel hy as direkteur van die maat=
skappy aangebly het en al sy regte ten
opsigte van die aandele behou het tot
volle betaling van die koopprys.
Op 25 Augustus, net nadat hulle die kontrak met appellant onderteken het, het
respondent en Christie ook Botha se aandele vir R100
gekoop en sy
leningsrekening
vir
24.
vir R45 000. 0p 8 Oktober 1981 het hulle hom in 'n
skikkingsooreenkoms R35 000 ter volle en finale vereffening betaal nadat
respondent
R23 000 inbetaal het uit eie fondse om die maatskappy in staat te
stel om die betaling te maak.
Appellant en mev Esterhuizen het getuig dat al die boeke en dokumente
ván die maatskappy op 25 Augustus aan respondent en Christie
oorhandig is
en dat hulle daarmee weg
is. Die voormelde tjeks,wat vanaf 26 Augustus deur Christie onderteken
is,staaf hulle getuienis en weerspreek dié van respondent
en sy vrou.
Appellant het ook getuig dat hy met respondent en Christie mondelings
ooreengekom het dat hy sy leningsrekening aan hulle
sou skenk sodra hulle die
koopprys van die aandele ten volle betaal het. Respondent het aanvanklik daardie
bewering ontken, maar
hy het later toegegee dat alhoewel hy nie kan onthou dat
appellant so gesê het nie, dit wel kon gebeur het en dat hy dit nie
kan
betwis nie.
Weens
25.
Weens die Botha-kontrak moes daardie lenings= rekening
minstens op 2 5 Augustus met respondent bespreek gewees het en is dit
waarskynlik
dat dié van appellant ook toe ter sprake gekom het.
Die sleutelsteen van respondent se hele saak is dat die maatskappy op 25
Augustus 1981 insolvent was. Die las om dit op 'n oorwig
van waarskynlikhede te
bewys rus op hom. As hy hom nie daarvan kan kwyt nie, verval sy hele verweer en
teeneis.
Die insolvensie al dan nie van die maatskappy het gewentel om die voorraad
gesifte klip wat op 25 Augustus op die klipperseel was.
Daar is geen direkte
getuienis daarom= trent nie, maar respondent het getrag ora by wyse van
afleidings
van ander bewese feite te bewys dat dit veel minder was
as die 16 000 m
3
wat volgens die finansiële state op
28 Februarie 1981 daar was. Hiervoor het hy hoofsaaklik gesteun op die
getuienis van ene Barbour, 'n myningenieur, wat op 4 Oktober
1982 twee hope
gesifte klip wat op die
perseel
26.
respondent se prokureur, perseel deur mnr
Vaatz respondent se prokureur aan hom uitgewys is,opgemeet het.
Hy het hulle gesamentlike inhoud op 1380 m
3
bepaal. Maar
die werksaamhede van die maatskappy was nie later nie as Maart 1982 gestaak
en die klipperseel ontruim.
Kleynhans, 'n rekenmeester wat ook deur
respondent as getuie geroep is
maar wat nie 'n oudit van die maatskappy se boeke uitgevoer het nie, het sekere
berekenings gemaak
op gegewens en dokumente wat aan hom voorgelê is
betreffende die verkoopsyfers t o v die maatskappy se voorraad sand, klip
en
stene. Na aanleiding daarvan het hy, met aanvaarding daarvan dat Barbour se
syfer van 1380 m
3
die maatskappy se eindvoorraad was by die staking
van werksaamhede, bereken dat die voorraad klip op 28 Februarie 1981 nie 16 000
m
3
was nie, maar slegs 4756 m-Daarvolgens was daar dus op 28
Februarie 'n "tekort" van 11 424 m
3
.
Die Verhoorhof het bevind dat dit onwaarskynlik is dat só 'n groot
hoeveelheid klip onregmatiglik van die
perseel
27.
perseel verwyder kon gewees het gedurende die tydperk tussen die staking van
die maatskappy se bedrywighede en Barbour se opmeting.
Die geleerde
Verhoorregter was nietemin van mening dat dit nie nodig was om 'n bevinding oor
die
quantum
van die klipvoorraad te maak nie omdat hy van mening was dat
selfs op die grondslag dat dit 16 000 m
3
op 28 Februarie 1981 was,
die maatskappy nogtans op 25 Augustus 1981 insolvent was. Sy kiening was gegrond
op sy mening dat die leningsrekenings
van appellant en Botha as korttermyn=
laste van die maatskappy beskou moet word, dat die geboue en strukture op die
twee gehuurde
persele nie regtens as bates van die maatskappy beskou kan word
nie, en dat appellant hom nie van sy "weerleggingslas" gekwyt het
om te bewys
dat die waarde van R4,50 per m
3
wat in die finansiële state op
die klip geplaas was telaag is nie, veral met inagneming van die R1,20 per
m
3
verwyderde klip wat aan die eienaar van die klipperseel betaalbaar
was.
Na
28.
Na my mening is die geleerde regter verkeerd. Die finansiële state is op
12 Augustus 1981 deur die maatskappy aanvaar en in die
lig daarvan is die waarde
wat in daardie state op die klipvoorraad geplaas is derhalwe
prima facie
bewys teen die appellant van die werklike waarde daarvan. Maar appellant en
Hanekom het albei getuig dat die waarde in die finansiële
state aangegee
doelbewus deur hulle verlaag was vir belastingsdoeleindes. Hanekom het getuig
dat die verkoopprys van die klip ook
'n aanvaarde basis vir waardasie is.
Kleynhans het toegegee dat die grondslag van
waardasie van voorrade soos dié hier ter sprake een van die
"grysgebiede" van die rekenmeestersberoep is waar daar ruimte is
vir verskille
in benadering. Hy het Hanekom op hierdie aspek in wese nie weerspreek nie.
Mev Esterhuizen het getuig dat die maatskappy die klip verkoop het teen R8,50
per m
3
. Sy is in haar
getuienis
29.
getuienis gestaaf deur die bewese feit dat die maatskappy getender het vir
die verkoop van klip teen daardie prys op die perseel.
Dit het gevolglik
vervoerkoste uitgesluit. Word die som van R1,26 per m
3
wat gedurende
1981 op die klip wat verkoop word betaalbaar was
,
afgetrek van R8,50 laat
dit 'n netto verkoopprys van R7,24 per m
3
. Op daardie basis is die
waarde
van
16 000 m
3
klip dan R115 840, d w s R43 840
hoër as die waarde in die finansiële state aangegee. Selfs al word die
waarde van die
geboue en strukture buite rekening gelaat en die leningsrekenings
as 'n korttermyn las beskou, is die verlies van R1 309,63 in 'n
batige saldo
omskep en was die maatskappy dan nie insolvent nie.
Die Verhoorhof het geen geloofwaardigheidsbevin=
ding t a v mev Esterhuizen gemaak nie en het trouens, met
die uitsondermg van sekere berekenings wat sy na die likwidasie
van die maatskappy gemaak het, glad nie na haar getuienis verwys nie. Daar is
na my mening geen rede om haar getuienis te betwyfel
dat die klip teen R8,50 per
m
3
verkoop is nie, en dit moet aanvaar word.
Wat
30.
Wat die hoeveelheid gesifte klip op 28 Februarie 1981 betref, het
appellant getuig dat alhoewel hy nie 'n fisiese voorraadopname gemaak
het nie,
hy oortuig was uit wat hy self op die perseel gesien en uit die rekords van die
maatskappy verneem het, dat daar op daardie
datum minstens 16 000 m klip op die
perseel was. Hy self het, slegs op díe
state van du Plessis, veel
later bereken dat daar op 28
ebruane 1982 minstens 14 873 m
3
klip was. Maar daardie
state het nie ingesluit wat deur die ander vervoerkontrakteurs en deur die
maatskappy self vervoer was nie, en gee gevolglik nie 'n
betroubare geheelbeeld
nie.
Dit is hoogs waarskynlik dat indien die hoeveelheid klip op die klipperseel
aanmerklik minder as 16 000 m
3
was Christie dit sou agtergekom het
want hy sou volgens mev Esterhuizen ten laatste op 25 Augustus in besit gestel
gewees het van
die finansiële state. Daar was egter geen suggestie dat hy
enigsins ontevrede was oor wat hy op die klipperseel
gewaar het nie.
Die
31.
Die boeke van die maatskappy is na 25 Augustus
1981 nie behoorlik gehou nie en hef later in só 'n wanorde verval dat mev
Theron,
wat vanaf November 1981 die boekhou= ding oorgeneem het, twee keer by
mev Esterhuizen om hulp moes aanklop; die eerste keer op 15
Desember en die
tweede teen die einde van Januarie 1982. Volgens mev Esterhuizen was die boeke
op 15 Desember in 'n benarde toestand
en moes sy 'n hele dag daaraan wy om mev
Theron behoorlik in te lig en te help daarmee. '
n
Swart voorradeboek wat
mev Esterhuizen behoorlik op datum gehou het tot 25 Augustus. 1981 was op 15
Desember nog beskikbaar maar het
daarna verdwyn. Die kardinale belang van
daardie boek in die
bepaling van die klipvoorraad is ooglopend. Dit het later
geblyk dat mev Theron na die likwidasie van die maatskappy
nagelaat het om al die boeke aan die likwidateur, te oorhandig 'n Aansienlike
hoeveelheid boeke is trouens gedurende die verhoor deur
haar tuis ontdek en
ingehandig. Die swart voorradeboek is egter steeds weg. Daarsonder is dit
nie
moontlik
32.
moontlik om nou te bepaal of die aangegewe hoeveelheid van 16
000 m
3
verkeerd is nie, en is dit ewe onmoontlik om te bepaal of daar
meer of minder as 16 000 m
3
gesifte klip op die perseel was op 25
Augustus 1981.
Soos reeds opgemerk, het Christie egter blykbaar aanvaar dat die hoeveelheid
wat hy opgemerk het in die omgewing van 16 000 m
3
was.
Daar kan ook nie peil getrek word op die effek van Barbour se opmetings nie
omdat daar geen getuienis is oor wat met die klipvoorraad
gebeur het gedurende
die tydperk Maart - Oktober 1982 niei. Wat deur die Verhoorhof uit die oog,
verloor is is die feit dat respondent
die klipkontrak aan die einde van 1981
laat verval het en dat die eienaar, Nieuwoudt, sy voorneme aan appellant
uitgespreek het om
die
gesifte klip self te verkoop. Gedurende die meer as ses
maande wat verloop het vandat die maatskappy sy aktiwiteite op
die perseel gestaak het totdat Barbour sy opname gemaak het , kon Nieuwoudt
wettiglik 'n baie groot hoeveelheid klip verkoop het.
Hy het nie getuig nie en
daar is gevolglik geen bewys van wat in daardie tydperk gebeur het nie. In die
lig van Nieuwoudt se verklaarde
voorneme is dit egter geensins onwaarskynlik dat
hy inderdaad gedurende daardie tydperk
baie...
33.
baie van die klip kon verkoop het nie. Hier is derhalwe geen sprake van die
onregmatige verwydering waarvan die Verhoorhof melding
gemaak en verwerp het
nie.
Nie alleen is daar geen direkte getuienis dat die voorraad gesifte klip op 28
Februarie 1981 minder as 16 000 m
3
was nie, maar daar is ook geen
bewese feite waarvan
so 'n af leiding gemaak kan word nie.
Wat ook nie uit die oog verloor moet word nie, is
dat volgens appellant se onbetwiste getuienis daar nie van die noodvoorraad
("stockpile") gemengde sand en klip wat oorspronklik opgebou
is, gebruik is in
sy tyd nie ( d w s tot 25 Augustus 1981), en dat respondent getuig het dat in sy
tyd geen materiaal op die klipperseel
gesif is nie. Daardie noodvoorraad was
hoogs waarskynlik derhalwe nog daar gedurende Oktober 1982. Dit is egter nie een
van die hope
wat deur Barbour opgemeet is nie, want hy het klaarblyklik net met
gesifte hope ge'werk. Hy en Vaatz het dit moontlik nie aangesien
vir wat dit was
nie want dit moes 'n ander voorkoms
gehad
34.
gehad het as die gesifte hope. Dat dit egter 'n
groot voorraad gemengde materiaal was, blyk duidelik uit appellant se onbetwiste
getuienis
daaromtrent.
By die bepaling van die solvensie al dan nie van die maatskappy sou daardie
noodvoorraad, om die redes later hierin uiteengesit, ook
in ag geneem moes word
en sou
'n
waardebepaling daarvan gedoen moes word, al sou dit dan net
by benadering kon wees. Tot sy nadeel het respondent dit egter nie gedoen
nie.
Die bewyslas was op respondent om op 'n oorwig van waarskynlikhede te bewys
dat die voorraad gesifte klip minder as 16 000 m
3
was; hy het geen
sodanige bewys gelewer nie. Al word dit vir doeleindes van hierdie uitspraak
aanvaar dat daar 'n "weerleggingslas"
op appellant gerus het om te bewys dat die
waarde van die klip meer was as R4,50 per kubieke meter dan het hy na my mening
uit hoofde
van wat
hierbo
35.
hierbo uiteengesit is hom van daardie las gekwyt en het
respondent in gebreke gebly om te bewys dat die waarde van die klip toe
minder was as R7,24 per kubieke meter.
Dit is namens respondent ook betoog dat die klip terwyl dit nog op die
klipperseel was, nie die eiendom van die maatskappy was nie,
dat eiendomsreg
eers op die maatskappy oorgegaan het wanneer die klip verwyder was en daarvoor
betaal is en dat die klipvoorraad
op die klipperseel gevolglik nie 'n bate van
die maatskappy was nie. Daardie betoog gaan nie op nie. Dit is duidelik dat die
maatskappy
uitsluitlike beskikkingsreg oor daardie klip gehad het en dat die
eienaar van die perseel geen reg gehad het om daarmee te handel
of om die
maatskappy te verhoed om dit te verkoop nie. Dit was eers na verkoping en
verwydering daarvan dat die maatskappy hom vir
die betrokke klip moes betaal.
Die klipvoorraad was gevolglik 'n bate van die maatskappy en is korrek as sulks
in die finansiële
state gereflekteer.
Dit
36.
Dit i
s
ook betoog dat dit nie bewys is dat die huurkontrakte hernu is
en nog op 25 Augustus 1981 van krag was nie. Daardie betoog gaan ook
nie op nie.
Die maatskappy was in openlike besit van die persele en daar was geen getuienis
of suggestie dat die eienaars enigsins
van plan was om dit daar uit te sit nie.
Namens Nieuwoudt is navraag by respondent gedoen gedurende Februarie 1982 oor
waarom die
klipkontrak nie hernu is nie. Dis is toe, na bespreking met
Nieuwoudt, dat respondent hom by die verval van die kontrak berus het.
Die
navraag is egter 'n duidelike indikasie dat die kontrak hernu was vir die jaar
1981.
Gedurende Oktober 1982 het raev Esterhuizen op
versoek van adv Botha 'n staat vir hom opgestel om by benadering die stand
van die maatskappy se sake op 25 Augustus 1981 te reflekteer.
Dit was volgens
haar getuienis egter op onvolledige gegewens gegrond en was "bloot 'n oefening"
wat bedoel was slegs vir Botha se
persoonlike doeleindes "net om te wys hoe die
sake min of meer gestaan het". Daardie staat het die maatskappy in elk geval as
solvent
aangedui.
Later, in 1983, tydens die ondervragings voor die Weesheer in die
likwidasieverrigtinge, het mev Esterhuizen op versoek van mnr Vaatz,
wat toe
'n
likwidateur was, 'n staat
opgestel
37.
opgestel betreffende sekere voor-likwidasie transaksies van die maatskappy.
Hierdie staat is egter ook op gebrekkige gegewens gegrond
en derhalwe van min
nut.
Daar kan na my oordeel derhalwe op geeneen van dié state gesteun word
vir die bepaling of die maatskappy solvent of insolvent
was op 25 Augustus 1981
nie.
Uit hoofde van die bogaande is ek gevolglik van oordeel dat respondent nie
daarin geslaag het om te bewys dat die maatskappy op 25
Augustus 1981 insolvent
was nie. Die respondent se verweer en teeneis is slegs op
hierdie grond al daarmee heen, en dus moet die appèl gehandhaaf
word.
Ek is egter van mening dat die respondent ook
nie bewys het dat hy deur enige verswyging of wanvoorstelling deur appellant
beweeg is om die ooreenkoms van 25 Augustus 1981 aan
te gaan nie. Hy is na my
mening in der waarheid deur Christie beweeg om dit te doen. Daarvan spreek die
feite hierbo uiteengesit
al te duidelik. Dat dit so is, word
verder
38.
verder bevestíg deur respondent se beskuldigings en
verwyte aan Christie in 'n brief wat hy op 1 Maart 1982
aan hom
geskryf
het en waarin hy Christie by duidelike implikasie daarvoor verantwoordelik hou
dat hy tot die koop toegetree het. In daardie
brief skryf respondent o m die
volgende:
"
Ook hierdie finansiële krisis waarin ons ons tans bevind is jy voor
verantwoordelik.
Ook as ons as gevolg daarvan alles sal moet inboet wat ons
ons lewe voor geswoeg en gewerk het sal dit aan jou geen duit skeel nie,
want jy
kan mos skotvry anderkant uítstap as ons bankrot gaan wat het dit met jou
te doen.
Wat jy
g
erieflikheidshalwe vergeet, is dat ons hierin beland
het om jou te help.
Ook hiervoor koester ek geen haat nie, want ek moes my
oë oopgemaak het alvorens ek my in so iets begewe het".
Ek het sekere passasies in die aanhaling benadruk.
Die geleerde regter het die bovermelde feite
nie genoem nie en het hulle blykbaar misgekyk. Die indruk wat hy van die
respondent gekry het dat hy die tipe persoon is "wat nie
bloot op sy seun se
entoesiastiese siening van die moontlikhede
van
die besigheid sou
gehandel het nie" ,
en
39.
en "dat hy ook inligting van die verkoper, wat hy alreeds ontmoet het en ook
vertrou het, sou wou inwin" is gevolglik nie op die feite
baseer nie, en is
foutief. Dit kan terloops gemeld word dat al kontak wat respondent tevore met
appellant gehad het was toe lg opgetree
het as prokureur vir die verkoper in die
oordrag van grond wat respondent gekoop het; en dit was 'n paar jaar voor die
onderhawige
geval.
Daar is ook sterk aanduidings dat indien respondent ooit enige
terugtrëdingsreg gehad het, hy afstand daarvan gedoen het. Hy
het getuig
dat hy binne 2-3 weke na die koop besef het hulle "gaan beslis probleme optel"
met die besigheid, maar hy het nietemin
voortgegaan daarmee en het teen die
einde van Oktober 1981, weens probleme met Christie, hom as't ware uit die
maatskappy "uitgesit"
en 'n verdere kontrak met respondent aangegaan in terme
waarvan hy voorts as alleen-koper vir Christie as mede-koper vervang het.
Gedurende November 1981 het hy die huurkontrak met Asbest verleng tot 31 Mei
1982, en hy was bewus van die
hulp
40.
hulp wat mev Esterhuizen aan sy vrou met die boeke verleen
het, klaarblyklik met die doel om die maatskappy se bestuur te verbeter.
Gedurende Februarie 19S2 het hy met toestemming van appellant van die masjinerie
van die maatskappy verkoop in 'n poging om die maatskappy
aan die gang te hou en
het met hom op 8 Maart 'n verdere ooreenkoms aangegaan in terme waarvan hy aan
appellant nie alleen R9 370
betaal het omdat hy sekere items van die masjinerie
onder hul reserwepryse verkoop het nie, maar ook aan hom die Maart-paaiement
op
die koopsom betaal het en onderneem het om die verdere paaiemente daarop ook te
betaal.
Hy het ook in daardie tyd sonder welslae probeer om die klipkontrak te hernu
al was hy buitenstyds daarmee. Dit was eers later in
Maart toe die bank die
maatskappy verdere kredietfasiliteite geweier het dat hy tou opgegooi het.
Respondent het beweer dat hy nie bewus was daarvan dat hy enige
terugtredingsreg weens onregmatige verswygings of wanvoorstellings
gehad het
nie. Dit is moeilik om dit te
glo
41.
glo van 'n persoon wat sake gedoen het van die aard en op die
skaal waarop
hy
dit gedoen het. Wat sou hy bv gedoen het as 'n bul wat hy
ten duurste gekoop het vir teeldoeleindes nie in staat was om te teel nie
en
daar 'n onregmatige wanvoor= stelling of verswyging deur die verkoper oor
daardie onvermoë was? Dit is egter nie vir doeleindes
van hierdie uitspraak
nodig om 'n bevinding oor die beweerde afstanddoening te maak nie, en ook nie om
ander aspekte wat tydens die
betoë geopper is te oorweeg nie.
Bygevolg slaag d
ie
appèl met koste en word die teenappèl
met koste van die hand gewys.
Die bevel van die Verhoorhof word tersyde gestel en vervang deur die volgende
bevel:
"1) Verweerder word gelas om aan eiser die bedrag van R24 005,00 te betaal
tesame met rente daarop
a tempore morae
tot datum van betaling
daarvan;
2) Die teeneis word
van die
hand gewys;
3) Koste van die geding insluitende dié met betrekking tot die
teeneis, moet deur verweerder betaal word aan eiser;
4) Eiser
4)
Eiser word '
n
noodsaaklike getuie verklaar;
5)
Verweerder betaal die koste van die verskyning op 25 Junie 1982 in
verband met eiser se aansoek om summiere vonnis.
M T
STEYN, Wn AR
RABIE, Wn HR ) VAN HEERDEN, AR ) Stem saam
42.